# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                         2023

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                                  DBE/2023
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             3                                   DBE/2023
                                               SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       Die hoeveelheid van die produk wat deur verbruikers teen 'n gegewe
                     prys aangekoop kan word:
                     A   Aankoop
                     B   Aanbod
                     C   Vraag
                     D   Verkoop

         1.1.2       'n Situasie in die mark waar die prys van goedere konstant gehou
                     word ongeag die koste van produksie, staan as prys-… bekend.
                     A   bepaling
                     B   vasstelling
                     C   instelling
                     D   aanwysing

         1.1.3       EEN van die volgende is 'n riglyn vir die verpakking van vars
                     produkte:
                     A   Verpakking moet nie inligting oor die produk insluit nie
                     B   Verpakkingsmateriaal moet chemikalieë bevat
                     C   Houer moet sag wees vir maklike hantering
                     D   Produkte moet goed in die houer pas

         1.1.4       Die volgende gebeur in 'n mark indien die prys van 'n produk hoog is:
                     (i) Die vraag is hoog en die aanbod is laag
                     (ii) Die vraag is laag en die aanbod is hoog
                     (iii) Hoe meer produkte, hoe meer is produsente gewillig om te
                           verkoop
                     (iv) Die gewilligheid om 'n produk te koop, verminder
                     Kies die KORREKTE kombinasie:
                     A   (i), (ii) en (iv)
                     B   (ii), (iii) en (iv)
                     C   (i), (iii) en (iv)
                     D   (i), (ii) en (iii)

         1.1.5       'n Ekonomiese konsep waar produksie-uitset nie verhoog teen
                     dieselfde tempo as waarteen kunsmistoediening verhoog nie:
                     A   Wet van dalende meeropbrengs
                     B   Wet van aanbod
                     C   Wet van vraag
                     D   Wet van onelastisiteit

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                 4                               DBE/2023
                                                   SS/NSS

         1.1.6       'n Finansiële rekord wat die kwitansies en betalings oor 'n gegewe
                     periode toon:

                     A       Begrotingstaat
                     B       Inkomstestaat
                     C       Kontantvloeistaat
                     D       Balansstaat

         1.1.7       'n Bestuursbeginsel wat die evaluering van planne en die remediëring
                     daarvan behels om die gestelde doelwitte te bereik:

                     A       Motivering
                     B       Koördinering
                     C       Organisering
                     D       Kontrole

         1.1.8       Arbeiders kan verliese in 'n produksie-onderneming veroorsaak indien
                     hulle nie …

                     (i)      vaardig in hulle werk is nie.
                     (ii)     onder toesig werk nie.
                     (iii)    gemotiveerd is nie.
                     (iv)     werksverwante uitdagings ervaar nie.

                     Kies die KORREKTE kombinasie.

                     A        (i), (iii) en (iv)
                     B        (i), (ii) en (iii)
                     C        (i), (ii) en (iv)
                     D        (i), (iii) en (iv)

         1.1.9       Die illustrasie hieronder toon 'n teelstelsel wat as … bekend staan.

                                              ×              =
                     A       spesiekruising.
                     B       inteling.
                     C       kruisteling.
                     D       opgradering.

         1.1.10 'n Modifikasietegniek waar 'n geengeweer gebruik word om koeëls af
                te vuur wat met die verlangde gene bedek is, staan as … bekend.

                     A       mikro-inspuiting
                     B       elektroporasie
                     C       biolistiek
                     D       bakterieë as draers                                    (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           5                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

1.2      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letters (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.

                             KOLOM A                                    KOLOM B
          1.2.1 Die hoeveelheid produkte aangebied,               A   geslagsgekoppel
                oorskry die hoeveelheid gevra
                                                                  B   toelaag
          1.2.2 Bemarkingsbenadering wat dieselfde
                produk op verskillende maniere by                 C surplus
                verskillende groepe verbruikers bevorder
                en verkoop                                        D interpersoonlik

          1.2.3 Die befondsing maak voorsiening vir 'n            E   massabemarking
                spesifieke doel en word nie terugbetaal
                nie                                               F   tekort

          1.2.4 'n Bestuursvaardigheid waar 'n boer die           G finansieel
                belasting- en rentekoerse moet verstaan
                                                                  H hoogte
                                                   h
          1.2.5 'n Eienskap voorgestel deur X Y met                 B
                'n XHXh-genotipe
                                                                                       (5 x 2)      (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die proses om verbruikers na 'n spesifieke produk te lok deur
                     verskillende vorms van kommunikasie

         1.3.2       'n Maatstaf van produksie-uitset in die arbeidsmag

         1.3.3       Die genetiese eienskappe wat aan 'n reeks van fenotipes oorsprong
                     gee

         1.3.4       'n Individu wat verskillende allele vir 'n spesifieke geen op elke
                     homoloë chromosoom dra

         1.3.5       'n Tipe risiko wat voorkom wanneer gene van geneties
                     gemodifiseerde gewasse na wilde plante oorgedra word wat hulle
                     teen onkruiddoders bestand maak                        (5 x 2)                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           6                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       In beheerde bemarking word produkte van individuele produsente
                     saamgevoeg, gegradeer en as een massa hanteer.

         1.4.2       'n Lys van bates op die plaas staan as laste bekend.

         1.4.3       Die wet van dominansie stel dat 'n organisme twee allele bevat wat
                     skei sodat elke gameet slegs een alleel ontvang.

         1.4.4       Kunsmatige seleksie is waar slegs individue wat die beste by die
                     omgewing aanpas, oorleef.

         1.4.5       Biometrie is die mate waartoe 'n eienskap grotendeels deur gene
                     bepaal word.                                             (5 x 1)            (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            7                                      DBE/2023
                                              SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die skematiese voorstelling hieronder toon die verskillende kanale wat tydens
         die bemarking van landbouprodukte gebruik word.

                                                 A
                                       Produkte word direk aan die
                                       kleinhandelaar verkoop

                 D                                                            B
      Goedere word aan 'n                                            Produkte word by 'n
      agent gelewer wat dit                                          punt van produksie
                                                 E
      namens die boer                                                verkoop
      verkoop

                                                 C
                                      Lewende hawe word aan
                                      die hoogste bieër verkoop

         2.1.1       Identifiseer die volgende in die skematiese voorstelling hierbo:

                     (a)   Bemarkingstelsel E                                                       (1)

                     (b)   Bemarkingskanaal A                                                       (1)

         2.1.2       Skryf die letter (A–E) neer wat die bemarkingskanaal verteenwoordig
                     wat by ELK van die volgende beskrywings pas:

                     (a)   Die boer moet kommissie betaal                                           (1)

                     (b)   Geen vervoerkoste vir die boer nie                                       (1)

         2.1.3       Noem TWEE nadele van die bemarkingstelsel wat in VRAAG 2.1.1(a)
                     geïdentifiseer is.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             8                                   DBE/2023
                                               SS/NSS

2.2      Die tabel hieronder toon die vraag na twee produkte teen veranderlike pryse.

           PRODUK              PRYS 1           VRAAG             PRYS 2         VRAAG
                               (R/SAK)           (SAK)            (R/SAK)         (SAK)
                 A                10              200                15            100
                 B                20              200                25            190

         2.2.1       Identifiseer die produk waarvan die vraag:

                     (a)   Prysonelasties is                                                       (1)

                     (b)   Pryselasties is                                                         (1)

         2.2.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1(a).                               (2)

         2.2.3       Noem TWEE faktore wat tot pryselastisiteit van die produk wat in
                     VRAAG 2.2.1(b) geïdentifiseer is, kon bygedra het.                            (2)

2.3      Die prente hieronder illustreer faktore wat die bemarking van landbouprodukte
         kan belemmer.

                           PRENT A                                  PRENT B
                           VERVOER                                  BERGING

         2.3.1       Lei 'n probleem af wat met elke faktor hierbo geassosieer word wat
                     die bemarking van landbouprodukte kan belemmer soos hieronder
                     verteenwoordig:

                     (a)   Prent A                                                                 (1)

                     (b)   Prent B                                                                 (1)

         2.3.2       Dui aan hoe die probleem in VRAAG 2.3.1(a) opgelos kan word om
                     'n verbeterde agribesigheidsketting te verseker.                              (1)

         2.3.3       Dui EEN kostefaktor in Prent B aan wat 'n impak op die bemarking
                     van die landbouproduk kan hê.                                                 (1)

         2.3.4       Noem TWEE rolle wat wetgewing in die doeltreffende bemarking van
                     landbouprodukte speel.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           9                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

2.4      Die tabel hieronder toon die hoeveelheid koring aangebied en gevra teen
         veranderlike pryse oor 'n periode van vyf jaar.

             JAAR          PRYS (R/ton)        KORING               KORING GEVRA
                                            AANGEBIED (ton)             (ton)
             2018              450               180                     230
             2019              500               190                     210
             2020              650               200                     175
             2021              720               220                     165
             2022              800               250                     140

         2.4.1       Teken 'n staafgrafiek om die hoeveelheid koring aangebied en gevra
                     vanaf 2018 tot 2022 te toon.                                                (6)
         2.4.2       Uit die tabel hierbo, lei die tendens van elk van die volgende oor 'n
                     periode van vyf jaar af:
                     (a)    Hoeveelhede aangebied                                                (1)
                     (b)    Hoeveelhede gevra                                                    (1)

2.5      'n Groep boere het 'n maalprojek begin om mense in die omliggende gebiede
         te help om mielies tot mieliemeel te maal. Hulle het vir 'n meule en ander
         geskikte toerusting gesorg en die onderneming is met vyf werkers begin.
         Binne 'n tydperk van twee jaar het die onderneming vinnig tot vyftien werkers
         gegroei.

         2.5.1       Identifiseer TWEE fases van entrepreneurskap in die scenario hierbo.        (2)
         2.5.2       Noem die bemarkingsfunksie in die scenario hierbo.                          (1)
         2.5.3       Gee 'n voordeel van die bemarkingsfunksie in VRAAG 2.5.2 vir die
                     gemeenskap.                                                                 (1)
2.6      Die stellings hieronder toon die aspekte van 'n SSGB('SWOT')-ontleding:
         A           Die boer het 'n gebrek aan kapitaal en bestuursvaardighede om die
                     onderneming te bedryf
         B           Verhoogde rentekoerse maak die onderneming minder kompeterend
         C           Nuwe markte ontstaan
         D           Die boer het baie grond om 'n boerderyonderneming te bedryf
         2.6.1       Gee EEN doel van 'n SSGB('SWOT')-ontleding in 'n onderneming.               (1)
         2.6.2       Skryf die letter (A–D) neer wat die stelling verteenwoordig wat ELK
                     van die volgende aspekte van die SSGB('SWOT')-ontleding
                     ondersoek:
                     (a)   Geleentheid                                                           (1)
                     (b)   Bedreiging                                                            (1)
                     (c)   Swak punt                                                             (1)
                     (d)   Sterk punt                                                            (1)
                                                                                                 [35]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Hieronder is 'n lys van produksiefaktore.

         A       Kapitaal
         B       Bestuur
         C       Grond
         D       Arbeid

         3.1.1       Identifiseer, in die lys hierbo, die produksiefaktor waar elk van die
                     volgende van toepassing is:

                     (a)   Word as waarborg gebruik                                              (1)

                     (b)   Word gebruik om die salarisse van plaaswerkers te betaal              (1)

                     (c)   Die boer                                                              (1)

         3.1.2       Regverdig die antwoord op VRAAG 3.1.1(a).                                   (1)

3.2      Die tabel hieronder toon die projeksie van 'n bevolkingsgrootte en die
         bewerkbare grond vir 'n sekere streek vanaf 1983 tot 2023.

                 JAAR          BEVOLKINGSGROOTTE            BEWERKBARE GROND
                                    (miljoen)                 (miljoen hektaar)
                 1983                  24                            12
                 1993                  29                            10
                 2003                  34                             8
                 2013                  39                             6
                 2023                  44                             4

         3.2.1       Lei die ekonomiese eienskap van grond af soos wat dit in die tabel
                     hierbo geïllustreer is.                                                     (1)

         3.2.2       Gee TWEE funksies van grond wat duidelik in die tabel hierbo is.            (2)

3.3      MIV/Vigs het 'n negatiewe invloed op die produktiwiteit van plaaswerkers.

         3.3.1       Dui TWEE gevolge van HIV/Vigs op die landbousektor aan.                     (2)

         3.3.2       Noem EEN maatreël wat boere kan tref om die probleem van
                     MIV/Vigs op die plaas te hanteer.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  Landbouwetenskappe/V2                        11                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

3.4    Die volgende personeel is op die plaas in diens:

          'n Melkery-voorman
          Twee algemene werkers
          'n Bouer/Messelaar
          'n Elektroniese voermasjienoperateur

       3.4.1   Identifiseer, in die lys personeel hierbo, 'n voorbeeld van elk van die
               volgende:
                                                                                                   (1)
               (a)     Los werker
                                                                                                   (1)
               (b)     Bestuurder
                                                                                                   (1)
               (c)     Ongeskoolde werker
                                                                                                   (1)
               (d)     Geskoolde werker

       3.4.2   Verwys na die wetgewing wat elk van die volgende reguleer:

               (a)     Betaling as gevolg van 'n ongeluk by die werksplek                          (1)

               (b)     Voorsiening van sekuriteit indien werkers werkloos raak                     (1)

               (c)     Werksure, verlof en werk op openbare vakansiedae                            (1)

3.5    Die tabel hieronder toon 'n finansiële rekord met die verwagte uitgawes en
       inkomste van 'n tuinbouboerdery-onderneming.

              VERWAGTE UITGAWES                         VERWAGTE INKOMSTE
                ITEM         BEDRAG (R)                  ITEM       BEDRAG (R)
       Besproeiing               10 300            Blomme (winkel)      150 000
       Bemesting                 22 400            Blomme (kwekery)       40 000
       Brandstof                 13 300            Kompos                  7 500
       Arbeid                    24 500
       Potgrond                   8 800
       Vegetatiewe materiaal     45 500
       Chemikalieë               18 700
       TOTALE UITGAWES                             TOTALE INKOMSTE

       3.5.1   Identifiseer die tipe finansiële rekord in die tabel hierbo verteenwoordig.         (1)

       3.5.2   Gebruik 'n formule om die wins of verlies van hierdie onderneming te
               bereken. (Toon ALLE berekeninge.)                                                   (4)

       3.5.3   Dui aan of die boer met die onderneming moet voortgaan of nie.                      (1)

       3.5.4   Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.5.3.                                        (1)

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  Landbouwetenskappe/V2                                               12                       DBE/2023
                                                                    SS/NSS

3.6    Die grafiek hieronder verteenwoordig die waarde van verskillende tipes bates in
       'n gewasproduksie-onderneming.

                                              A

               Waarde van bates (rand)         B

                                         0                      Tyd (Jare)

       3.6.1               Identifiseer die kurwe (A of B) wat die volgende verteenwoordig:

                           (a)                Roerende kapitaalbates                                        (1)

                           (b)                Vaste kapitaalbates                                           (1)

       3.6.2               Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 3.6.1(b) te ondersteun.                     (1)

       3.6.3               Noem TWEE probleme van kapitaal as 'n produksiefaktor.                           (2)

3.7    'n Boerderyonderneming moet goed bestuur word om finansieel suksesvol te
       wees en te verseker dat die onderneming sy voorgenome doelwitte en teikens
       bereik. Die boer moet dus daarop voorbereid wees om risiko's te hanteer soos
       wat dit voorkom.

       3.7.1                Noem TWEE tipes risiko's wat die boerderyonderneming kan beïnvloed.             (2)

       3.7.2                Gee TWEE bronne van risiko's in 'n boerderyonderneming.                         (2)

       3.7.3               Noem TWEE risikobestuurstrategieë.                                               (2)
                                                                                                            [35]

  Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                              13                                     DBE/2023
                                                 SS/NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die illustrasie hieronder toon 'n kruising tussen 'n swart bul (B) en 'n
         wit koei (W).

                       P1                   BB            X         WW

                       Proses 1

                       Gamete             B                         W
                                                          X

                       F1-generasie               BW (Almal grys)

                       F1                   BW            X             2

                       F2
                                      3            BW          BW           Wit

         4.1.1       Identifiseer die oorerwingspatroon in die diagram hierbo.                         (1)

         4.1.2       Regverdig die antwoord op VRAAG 4.1.1.                                            (1)

         4.1.3       Gee die term vir elk van die volgende in die diagram hierbo:

                     (a)    Proses by 1                                                                (1)

                     (b)    Genotipe by 2                                                              (1)

                     (c)    Fenotipe by 3                                                              (1)

         4.1.4       Skryf neer elk van die volgende:

                     (a)    Genotipiese verhouding van die F1-generasie                                (1)

                     (b)    Fenotipiese verhouding van die F2-generasie                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           14                                  DBE/2023
                                              SS/NSS

4.2      Boere van drie provinsies het tamatiesaad wat geneties identies is by
         planttelers gekoop. Die tamaties is in verskillende provinsies gekweek, maar
         is op dieselfde datums geplant en geoes.
         Die tabel hieronder toon die opbrengs van die tamaties vir die drie boere in
         die drie verskillende provinsies.

                          PROVINSIE                              OPBRENGS (TON)
                             1                                        35
                             2                                        20
                             3                                        60

         4.2.1       Identifiseer die genetiese verskynsel wat deur die data in die tabel
                     hierbo voorgestel word.                                                     (1)
         4.2.2       Noem DRIE moontlike oorsake van die verskynsel wat tot die
                     resultate in die tabel hierbo kon aanleiding gee.                           (3)
4.3      Die verskillende tipes mutageniese agente wat tot variasie lei, word in die blok
         hieronder getoon:

                                 chemies;       biologies;        fisies

         Pas die tipes mutageniese agente hierbo by hulle effekte hieronder:
         (a)      Abnormale selverdeling wat lei tot poliploïdie wat deur kolgisien
                  veroorsaak word                                                                (1)

         (b)      Bestraling soos X-strale beskadig die DNS-molekules en veroorsaak              (1)
                  dat dit breek
         (c)      Bakterieë veroorsaak ontsteking wat chemikalieë vrystel en die                 (1)
                  DNS-molekule beskadig
4.4      Seleksie van meerderwaardige diere vir teeldoeleindes is baie belangrik vir
         boere.
          4.4.1      Dui die akkuraatste metode aan wat boere gebruik om diere te
                     selekteer.                                                                  (1)
          4.4.2      Noem EEN ander metode wat boere gebruik om diere te selekteer.              (1)
          4.4.3      Gee EEN rede waarom variasie in seleksie en teling belangrik is.            (1)
          4.4.4      Onderskei tussen kruisteling en inteling.                                   (2)
4.5      By bokke is die alleel vir swart pels (B) dominant oor die alleel vir bruin
         pels (b). 'n Bok met bruin pels word met 'n heterosigotiese bok met swart pels
         gekruis.
         4.5.1 Gebruik die Punnett-vierkant om die genotipe van die F1-generasie
               van die nageslag te bepaal.                                                       (4)
         4.5.2 Bereken die persentasie van die bokke met swart pels.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          15                                 DBE/2023
                                             SS/NSS

4.6      Die lengte van sybokhaar in bokke word deur twee pare gene beheer. Die
         basislengte vir 'n resessiewe bok is aabb en dit is 25 cm lank. Elke additiewe
         alleel dra 3 cm tot die basislengte by.

         4.6.1 Identifiseer die patroon van oorerwing wat die lengte van sybokhaar
               beheer.                                                                       (1)

         4.6.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.6.1.                                  (1)    (

         4.6.3 Bereken die sybokhaarlengte van 'n bok met 'n genotipe van AABb.              (2)    (

         4.6.4 Dui 'n ander genotipe van 'n bok aan met dieselfde lengte sybokhaar
               as die een in VRAAG 4.6.3.                                                    (1)

4.7      Baie telers in ontwikkelende lande gebruik al hoe meer genetiese modifikasie.

         4.7.1       Definieer die term genetiese modifikasie.                               (2)

         4.7.2       Gee TWEE doelwitte van genetiese modifikasie by plante en diere.        (2)

         4.7.3       Noem EEN voordeel van genetiese modifikasie bo dié van die
                     tradisionele metode.                                                    (1)
                                                                                             [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                     GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/51750641-1490-4c7b-92b0-3ccf08e8849b) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2021-eng/d54e848c-ad65-4fb9-8c38-48322a9746a0) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-eng/937908b0-043a-4f01-bc4b-ced5f0f420b2) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2019-afr/6635808b-3d01-48ca-a122-3cffc5188602) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2018-afr/86e5e52c-05c1-4d99-9c8a-35c164e9087b) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
