# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2012-afr/1ff30c76-47e0-49af-bd50-93a4f5cd2906
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2012-afr/1ff30c76-47e0-49af-bd50-93a4f5cd2906)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                    NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 21/ 2 uur

              Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                     2                        DBE/November 2012
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       AFDELING A (VRAAG 1) moet op die aangehegte ANTWOORDBLAD
         beantwoord word.

3.       AFDELING B (VRAAG 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
         word.

4.       Begin ELKE vraag in AFDELING B op 'n NUWE bladsy.

5.       Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs wat gevra word.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik word.

7.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op die ANTWOORDBLAD.
         Plaas jou ANTWOORDBLAD vir AFDELING A (VRAAG 1) voor in jou
         ANTWOORDEBOEK.

8.       Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             3                   DBE/November 2012
                                                 NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die
         vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. GEEN
         punte sal toegeken word as daar meer as een kruisie (X) vir 'n antwoord
         verskyn nie.

         VOORBEELD:            1.1.11        A         B     C        D

         1.1.1        ... is die vorming van pryse van produkte en dienste in die mark
                      deur die spontane werking van prysvormingsfaktore.

                      A   Pryselastisiteit
                      B   Vraag
                      C   Aanbod
                      D   Prysbepaling

         1.1.2        'n Proses waardeur landbouprodukte in meer bruikbare nommerpas
                      vorms verander word om aan verbruikers se behoeftes te voldoen,
                      byvoorbeeld rou katoen na gare en watte:

                      A   Verpakking
                      B   Prosessering
                      C   Standaardisering
                      D   Gradering

         1.1.3        Onbeheerbare toestande, soos droogtes, hael en plae, wat enorme
                      negatiewe gevolge kan hê op die hoeveelheid produkte wat in
                      werklikheid geproduseer word in vergelyking met dit wat verwag is:

                      A   Groot volume met betrekking tot waarde
                      B   Seisoenale skommelings in produksie
                      C   Kompetisie/Mededinging
                      D   Stoor

         1.1.4        Produsente wat 'n formele groep vorm om hulle produkte te bemark
                      en wat die gemiddelde prys betaal word wat vir 'n bepaalde jaar
                      behaal is, volg ...

                      A   'n nis-bemarkingsbenadering.
                      B   'n vryemarkstelsel.
                      C   plaashekbemarking.
                      D   'n poelstelsel.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           4                      DBE/November 2012
                                               NSS

         1.1.5        'n Finansiële beplanningsaspek van 'n plaas wat noodsaaklik is om te
                      verseker dat die geld wat benodig word om die produksieproses aan
                      die gang te hou, te alle tye beskikbaar is, word ... genoem.

                      A   inkomstebelasting
                      B   versekering
                      C   kontantvloei
                      D   'n staatsheffing

         1.1.6        'n Ondernemingsuitgawe wat bestaan uit daardie deel van die totale
                      koste wat vir 'n bepaalde produksieonderneming onveranderd bly,
                      ongeag of meer of minder geproduseer word:

                      A   Vraagkoste
                      B   Vaste koste
                      C   Aanbodkoste
                      D   Veranderlike koste

         1.1.7        Die plaasbestuursbeginsel wat die nagaan en verifiëring van die
                      resultaat van besluitneming behels, staan as ... bekend.

                      A   motivering
                      B   koördinasie
                      C   organisasie
                      D   kontrole/beheer

         1.1.8        'n Aksie om die probleem van onderkapitalisasie van 'n plaas op te
                      los:

                      A   Werk langer ure
                      B   Betaal hoër lone
                      C   Huur plaasmasjinerie
                      D   Vermeerder die getal arbeiders

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            5                          DBE/November 2012
                                                NSS

         1.1.9        Die volgende kruising tussen 'n resessiewe wit koei (aa) en 'n
                      dominante swart bul (AA) het gelei tot 'n nageslag wat slegs swart
                      is in die F 1 -generasie. In die F 2 -generasie, wanneer inteling
                      toegepas word, sal dit lei tot 'n ...

                                                      wit koei       swart bul

                                                      1                      2
                          ouers                                  X

                          1ste generasie
                                                 3                           4
                                                                 X

                      A    nageslag wat slegs swart is.
                      B    nageslag van drie swart en een wit.
                      C    50% swart nageslag.
                      D    75% wit nageslag.

         1.1.10       Die skielike verskyning van 'n rooi kalf in 'n kudde van rasegte
                      swart Drakensbergers is die gevolg van ...

                      A    atavisme.
                      B    variasie.
                      C    verbastering.
                      D    'n voedingstekort.                                         (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                           DBE/November 2012
                                             NSS

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) op die
         aangehegte ANTWOORDBLAD neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1 Dra by tot die bemarkings-          A     Vaardigheidsontwikkelingswet,
               koste van landbouprodukte                 1998

         1.2.2 Mediumtermyn-kapitaalitem           B     Arbeidsverhoudingewet, 1995

         1.2.3 Gepromulgeer om ook aan die         C     homosigoties
               opleidingsbehoeftes van
               plaaswerkers aandag te gee          D     heterosigoties

         1.2.4 'n Individu met twee                E     produsente
               verskillende allele van
               dieselfde geen                      F     tussengangers

         1.2.5   Die gebruik van vee vir teling    G     grond
                 gebaseer op die gehalte van
                 die dier se voorouers             H     masjinerie

                                                   I     massaseleksie

                                                   J     stoetseleksie
                                                                                     (5 x 2)      (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die aangehegte
         ANTWOORDBLAD neer.

         1.3.1        Meer produksievertakkings word in 'n boerderybedryf ingesluit om
                      verkope en seisoenale volumes te verbeter

         1.3.2        Die voorsiening van standaardspesifikasies wat eenvormigheid aan
                      'n groep produkte sal verleen met betrekking tot faktore soos
                      gehalte, grootte, massa, kleur en vog

         1.3.3        'n Meganisme wat deur 'n boer gebruik word om finansiële
                      beskerming te verskaf teen onvoorsiene gebeure soos vloede,
                      brande, ensovoorts

         1.3.4        Wanneer een geen die uitwerking van 'n ander geen geheel en al
                      oorskadu wat betref 'n oorerflikheidsfaktor

         1.3.5        Die spontane veranderings in die DNS-struktuur wat moontlik
                      geforseer word deur blootstelling aan sekere chemikalieë of
                      straling wat lei tot die ontstaan van nuwe unieke individue (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         7                          DBE/November 2012
                                             NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) by elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

         1.4.1        In   'n   koöperatiewe bemarkingstelsel word    produsente
                      aangemoedig om produkte van die beste gehalte te produseer
                      omdat hulle produkte met ander produsente met soortgelyke
                      produkte meeding.

         1.4.2        Vraag en aanbod is die twee faktore wat gebruik word wanneer die
                      waarde van 'n landbouproduk vasgestel word.

         1.4.3        Geleentheidsarbeiders word op lang termyn op die plaas in diens
                      geneem en geniet voordele soos toereikende behuising en 'n
                      mediese fonds.

         1.4.4        Epistase is 'n groot groep gene wat elkeen waarde toevoeg tot
                      sekere fenotipiese kenmerke.

         1.4.5        Spontane variasie is 'n volledige reeks variasies van die kenmerke
                      van een uiterste tot 'n ander.                               (5 x 1)        (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         8                          DBE/November 2012
                                             NSS

AFDELING B

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR

2.1      Boere wat beplan om suksesvolle pluimveeboerderye te bedryf, moet eers 'n
         markopname doen om te verseker dat alle goedere wat geproduseer word,
         wel verkoop sal word. Die produksie moet daagliks gemoniteer word sodat
         hulle duidelik kan sien of hulle doelwitte behaal is of nie.

         2.1.1        Noem VIER belangrike bemarkingselemente wat 'n boer moet
                      kombineer om 'n bemarkingstrategie te ontwikkel.                             (4)

         2.1.2        Identifiseer VIER landboubestuurskonsepte wat aan aspekte
                      genoem in die paragraaf hierbo, gekoppel kan word.                           (4)

         2.1.3        Dui DRIE kenmerke van 'n suksesvolle entrepreneur aan wat uit
                      die data hierbo verskaf, afgelei kan word.                                   (3)

2.2      'n Besigheidsplan is 'n aksieplan wat 'n entrepreneur vir die besigheid het.

         2.2.1        Voordat jy 'n besigheid begin, is daar gewoonlik drie vrae wat jy jou
                      moet afvra om te besluit of jou besigheidsidee lewensvatbaar is of
                      nie.

                      Skryf TWEE sulke vrae neer om hierdie stelling te ondersteun.                (2)

         2.2.2        Noem die VIER hoofitems wat in 'n goeie besigheidsplan ingesluit
                      moet wees.                                                                   (4)

         2.2.3        Bespreek kortliks die hoofrede vir die insluiting van 'n
                      besigheidsplan wanneer daar om 'n lening by 'n finansiële instelling
                      aansoek gedoen word.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          9                          DBE/November 2012
                                              NSS

2.3      Die prent hieronder toon 'n straatsmous wat landbouprodukte verkoop.

                                         TE
                                        KOOP

         2.3.1        Identifiseer die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo geïllustreer
                      word. Motiveer jou antwoord.                                                  (2)

         2.3.2        Die bemarkingstelsel hierbo is aan sekere risiko's onderhewig.
                      Noem TWEE moontlike risiko's vir hierdie tipe bemarkingstelsel.               (2)

         2.3.3        Noem die DRIE hoofnadele van die bemarkingstelsel hierbo.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                  10                             DBE/November 2012
                                                      NSS

2.4      Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die prys soos die ewewig van
         aanbod verander.

                                                                          Aanbod (voor)

                                                     A                     Aanbod (na)

                 Prys (rand)
                                                                      B

                                                                                  Vraag

                                                 Hoeveelhede (100de)

         2.4.1                 Dui die ewewigsprys aan toe die hoeveelheid aangebied 400 was.                (1)

         2.4.2                 Die aanbod van vrugte styg in die somer omdat die meeste vrugte
                               seisoenaal is. Motiveer hierdie stelling deur na die data hierbo te
                               verwys.                                                                       (3)

         2.4.3                 Verduidelik kortliks die onelastisiteit    van   die     aanbod    van
                               landbouprodukte oor kort termyn.                                              (2)

         2.4.4                 Bespreek hoe prosessering die inkomste van 'n boer kan
                               stabiliseer.                                                                  (3)
                                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          11                              DBE/November 2012
                                              NSS

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE EN BESTUUR

3.1      Judas is 'n graanboer wat 40 ha kommersiële grond bekom het deur middel
         van 'n huurooreenkoms met die plaaslike tradisionele stamowerheid. Na
         matriek het Judas by sy pa aangesluit op 'n klein gemeenskapskleinhoewe,
         waar hulle groente verbou het. Omdat hulle nie 'n geskikte mark gehad het
         om hulle produkte te verkoop nie, het Judas ingeskryf vir 'n paneelklopkursus.
         Hy het toe 'n werk in die motorbedryf gekry.

         In 2004 het hy uit die motorbedryf bedank en sy spaargeld gebruik om 'n
         trekker en 'n planter te koop. In plaas van om geld by die bank te leen, het hy
         'n inkomste verdien deur sy toerusting aan kleinskaalse boere in die dorpie te
         verhuur. Hy kweek sonneblomme op sy grond. Hy laat die grond vir etlike
         maande rus na die oes ingesamel is.

                                          [Aangepas en vertaal uit Farmer's Weekly, 29 April 2011]

         3.1.1        Identifiseer DRIE produksiefaktore in die gevallestudie.                          (3)

         3.1.2        Tabuleer die DRIE vorms van bates in die gevallestudie en
                      groepeer hulle volgens hulle lewensduur as korttermyn-,
                      mediumtermyn- en langtermynbates.                                                 (3)

         3.1.3        Lei 'n probleem met kapitaal af uit die data in die gevallestudie
                      hierbo en wys hoe die boer die probleem vermy het.                                (2)

         3.1.4        Dui TWEE maniere aan wat Judas gebruik het om kapitaal vir sy
                      boerderybedryf te skep.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        12                         DBE/November 2012
                                            NSS

3.2      Die illustrasie hieronder toon 'n plaaseienaar wat met bestuurstake besig is.

                                              kapitaal

                                                               arbeid

                              grond

                                              plaaseienaar

         3.2.1        Identifiseer 'n produksiefaktor wat deur die plaaseienaar in die
                      illustrasie hierbo voorgestel word. Motiveer jou antwoord.                (2)

         3.2.2        Noem TWEE maniere om die produktiwiteit van grond as 'n
                      produksiefaktor te verbeter.                                              (2)

         3.2.3        Verduidelik hoe doeltreffende beplanning deur 'n plaasbestuurder
                      die werksomstandighede van plaaswerkers kan verbeter met
                      verwysing na die volgende:

                     (a) Daaglikse beplanning                                                   (2)

                     (b) Doeltreffende meganisering                                             (2)

         3.2.4        Stel TWEE strategieë voor wat 'n plaasbestuurder kan toepas om
                      te verseker dat sy plaasarbeiders bewus word van die invloed van
                      HIV/Vigs op hulle gesondheid.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                                              13                                                         DBE/November 2012
                                                                                  NSS

3.3      Die tabel hieronder toon die finansiële data van 'n landbouproduksie-
         onderneming. Die finansiële data is van Januarie tot April 2009.

                                                   BATES                 WAARDE                                              LASTE                 WAARDE
                                                                           (R)                                                                       (R)
           Bedryfsbates                                                     95 000                                   Bedryfslaste                     33 600
           Mediumtermynbates                                                58 000                                   Mediumtermynlaste                15 000
           Langtermynbates                                                  34 300                                   Langtermynlaste                  48 000
           TOTALE BATES                                                    187 300                                   TOTALE LASTE                     96 600
           NETTO WAARDE

         3.3.1                                      Identifiseer die tipe finansiële staat wat hierbo gegee word.                                                     (1)

         3.3.2                                      Verduidelik die hoofdoel van die tipe finansiële staat wat in
                                                    VRAAG 3.3.1 genoem is.                                                                                            (2)

         3.3.3                                      Definieer die term netto waarde.                                                                                  (2)

         3.3.4                                      Bereken die netto waarde uit die data in die tabel hierbo.                                                        (2)

         3.3.5                                      As 'n boer 'n produksie-eenheid wil vergroot, sal die boer 'n lening
                                                    of 'n toelaag moet bekom. Onderskei tussen 'n lening en 'n toelaag.                                               (4)

3.4      Die grafieke (GRAFIEK A en GRAFIEK B) hieronder toon twee plase in
         dieselfde boerderydistrik wat oor 'n tydperk van 30 jaar op verskillende maniere
         bestuur is. Die plaas CONCORDIA is vir baie jare oorbewei en erosie is sigbaar
         op die plaas, terwyl POLANI nooit bo die weidingskapasiteit vir vee in daardie
         veeproduserende gebied belaai is nie.
                                                     GRAFIEK A                                                                     GRAFIEK B

            Produksie-uitset (% van maksimum)                                           Produksie-uitset (% van maksimum)

                                                   Jare van landbouproduksie
                                                Tyd (jare van landbouproduksie)                                               Jare
                                                                                                                            Tyd     van
                                                                                                                                (jare vanlandbouproduksie
                                                                                                                                           landbouproduksie)

         3.4.1                                      Noem die plaas wat deur GRAFIEK B verteenwoordig word. Gee 'n
                                                    rede om jou antwoord te ondersteun.                                                                               (2)

         3.4.2                                      Dui TWEE moontlike oorsake vir die daling in die produksie-uitset
                                                    in GRAFIEK A aan deur na die data hierbo te verwys.                                                               (2)
                                                                                                                                                                      [35]
Kopiereg voorbehou                                                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                      14                         DBE/November 2012
                                                          NSS

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
4.1      'n Groep graad 12-leerders het 'n opname gedoen oor geneties
         gemodifiseerde (GG) voedsel deur 'n vraelys aan 60 mense te versprei. Hulle
         wou ondersoek instel na die waarde van GG-voedsel in vergelyking met
         normale voedsel en bewustheid skep oor enige gevare van GG-voedsel.
         Die opname het slegs op twee stellings gefokus, wat soos volg geformuleer
         is:

         1.   Die genetiese samestelling van alle GG-voedsel bevat nie genetiese
              materiaal van enige ander organismes nie.
         2.   GG-voedsel beïnvloed geensins die gesondheid van mense wat hierdie
              voedsel verbruik nie.
         Die resultate van die ondersoek word in die kolomgrafiek hieronder getoon.

                                                  Resultate van die vraelys oor
                                                geneties gemodifiseerde voedsel

                     Getal respondente
                                                                                       Antwoord
                                                                                       JA
                                                                                       Antwoord
                                                                                       NEE

                                                    Statement number
                                                     Stellingnommer

         4.1.1                     Uit die data hierbo, bereken die terugvoerkoers, as 'n persentasie,
                                   van mense wat aan hierdie opname deelgeneem het (respondente)
                                   in vergelyking met die getal mense wat die vraelys ontvang het.            (2)

         4.1.2                     Uit die opname hierbo, lei af watter stelling was hoofsaaklik gemik
                                   op elkeen van die volgende aspekte:

                                  (a) Die gevare van GG-voedsel                                               (1)

                                  (b) Kennis van GG-voedsel                                                   (1)

         4.1.3                     Verwys na die grafiek hierbo en som die resultate op van hierdie
                                   opname wat oor geneties gemodifiseerde voedsel gedoen is.                  (2)

         4.1.4                     Noem TWEE potensiële voordele van genetiese modifikasie vir
                                   voedselproduksie.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         15                          DBE/November 2012
                                             NSS

4.2      Die tabel hieronder toon die resultate wat verkry is deur 'n rasegte bok met 'n
         swart pels te kruis met 'n bok met 'n bruin pels. Die alleel vir swart pels (B) is
         dominant oor die alleel vir bruin pels (b). Die nageslag van die ouers
         (F 1 -generasie) is gebruik as ouers (bestaande uit 4 teelpare) vir die
         F 2 -generasie.

                                            GETAL SWART          GETAL BRUIN
                                               BOKKE               BOKKE
          Ouers                                     1                    1
          F 1 -generasie                            8                    0
          F 2 -generasie
              Nageslag van 1ste teelpaar            8                    0
              Nageslag van 2de teelpaar             7                    1
              Nageslag van 3de teelpaar             5                    3
              Nageslag van 4de teelpaar             4                    4

         4.2.1        Uit die data hierbo, bepaal die fenotipiese verhouding van die
                      bokke met swart pels en die bokke met bruin pels in die
                      F 2 -generasie.                                                             (2)

         4.2.2        Teken 'n Punnet-vierkant om die genotipiese verhouding van die
                      nageslag (F 2 -generasie) aan te toon deur die genotipes van die
                      F 1 -generasie-ouers te gebruik.                                            (3)

         4.2.3        Bepaal die fenotipiese verhouding van die nageslag (F 2 -generasie)
                      wat in VRAAG 4.2.2 genoem is.                                               (2)

4.3      Variasie is belangrik vir boere omdat dit die basis van natuurlike
         teelprogramme vorm. 'n Boer sal verkies om diere aan te hou wat ideaal pas
         by die spesifieke landbouproduksieomgewing. Skape in die strawwe,
         halfwoestyngebied van die Karoo is deur die natuur geselekteer deur
         droogtes en ander strawwe omgewingsfaktore. Slegs die beste aangepaste
         diere en hulle nageslag slaag daarin om te oorleef.

         4.3.1        Identifiseer die seleksieproses waarna in die paragraaf hierbo
                      verwys word.                                                                (1)

         4.3.2        Noem die TWEE belangrikste gebruike van variasie in teling.                 (2)

         4.3.3        Beskryf hoe die oorerflikheid van kenmerke die sukses van 'n
                      teelprogram sal beïnvloed.                                                  (2)

         4.3.4        'n Indekswaarde gee die gemiddeld vir 'n kenmerk bereken as 'n
                      waarde van 100. Verduidelik kortliks hoe 'n boer so 'n
                      indekswaarde moet gebruik om diere vir die kudde te selekteer.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         16                         DBE/November 2012
                                             NSS

4.4      Die diagram hieronder toon die kloning van 'n skaap genaamd Dolly.

                                      HOE DOLLY GEKLOON IS

                                Eerste skenker
                                                              Tweede skenker

             1. 'n Liggaamsel
             word uit die
             skenkerskaap                                     3. Die kern van 'n eiersel
             verwyder.                                        word uit die tweede skaap
                                                              verwyder en weggegooi.

              2. Die liggaamselkern
              word verwyder.
                                                              4. Die liggaamselkern
                                                              word in die eiersel
                      5. Die embrio word
                                                              ingeplaas.
                      gekweek.

           6. Die embrio word
           in die baarmoeder
                                                                   7. Dolly word gebore
           van 'n ander skaap
                                                                   en is 'n kloon van die
           ingeplant.
                                                                   eerste skenkerskaap.

         4.4.1        Gee die rede waarom die kern uit die eiersel van die tweede
                      skenker verwyder is voordat die skaap gekloon kon word.                     (2)

         4.4.2        In stap 5 in die diagram hierbo, word gesê 'die embrio word
                      gekweek'. Dui die proses van seldeling aan waardeur die embrio
                      ontwikkel.                                                                  (1)

         4.4.3        Verduidelik waarom dit vir Dolly onmoontlik is om enige van die
                      kenmerke van die tweede skenkerskaap te vertoon.                            (2)

         4.4.4        Bespreek kortliks     TWEE   voordele    van    kloning     vir   die
                      landbouveebedryf.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         17                           DBE/November 2012
                                             NSS

4.5      Wanneer leeubekkieplante met rooi blomme (FRFR) gekruis word met
         leeubekkieplante met wit blomme (FWFW), is die F 1 -generasie heterosigoties
         (FRFW) en almal het pienk blomme. Dit wil voorkom asof nie die rooi of die wit
         allele dominant is nie.

                      Ouers:

                                          rooi                  wit
                                        blomme               blomme

                     Gamete:

                                            alle blomme is pienk

                        kruising:

                                    A                   B                  C

         4.5.1        Identifiseer die tipe dominansie wat in die diagram hierbo
                      geïllustreer word.                                                       (1)

         4.5.2        Voltooi die diagram deur die byskrifte aan te bring vir genotipes wat
                      verteenwoordig word deur A, B en C.                                      (3)

         4.5.3        Bepaal die fenotipiese verhouding van die F 2 -generasie.                (2)
                                                                                               [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                      GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                              DBE/November 2012
                                           NSS

ANTWOORDBLAD

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

AFDELING A

VRAAG 1.1                                   VRAAG 1.3

                                            1.3.1    _______________________________
1.1.1         A        B   C    D

1.1.2         A        B   C    D           1.3.2    _______________________________

1.1.3         A        B   C    D           1.3.3    _______________________________

1.1.4         A        B   C    D           1.3.4    _______________________________

1.1.5         A        B   C    D           1.3.5    _______________________________
                                                                           (5 x 2) (10)
1.1.6         A        B   C    D

1.1.7         A        B   C    D
                                             VRAAG 1.4
1.1.8         A        B   C    D

1.1.9         A        B   C    D            1.4.1    ______________________________

1.1.10        A        B   C    D            1.4.2    ______________________________

                           (10 x 2) (20)     1.4.3   ______________________________
                                             1.4.4   ______________________________
VRAAG 1.2
                                             1.4.5   ______________________________
                                                                           (5 x 1) (5)
1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.2.5
        (5 x 2) (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2012-eng/be8b97cf-6b96-4809-84a5-5548953a5537) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2012-memo-afr/7ba4775b-1018-4316-b999-e67ae4bf45e6) — Agricultural Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2012-eng/b5d1fc80-e692-4f2a-8e00-05a7e7a46195) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Gr12 AGRS P2 S12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-agrs-p2-s12-qp-eng/37b73d20-2fe7-4010-bf73-806d858511e4) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
