# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2013-afr/d0bdd877-3c19-4ab9-9411-64a82bd762f2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2013-afr/d0bdd877-3c19-4ab9-9411-64a82bd762f2)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                             DBE/November 2013
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

3.       Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.       Toon AL jou berekeninge, insluitend die formules, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            3                         DBE/November 2013
                                                NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1       Aan die begin van September is die pryse van somergewasse baie
                     hoër as aan die einde van Januarie, want ...

                     A   die somergewasse het 'n beter smaak en kwaliteit in Januarie.
                     B   die aanbod van somergewasse is beperk in September.
                     C   dit is makliker om somergewasse aan die einde van Januarie te
                         hanteer.
                     D   die vraag na somergewasse is onvoorspelbaar.

         1.1.2       Die reguitlyn (X) in die grafiek hieronder verteenwoordig die ...
                     'n landbouproduk.

                                                      X

                         Prys (R)

                                    Hoeveelheid van die produk (kg)

                     A   markewewig van
                     B   tekort aan
                     C   vraag na
                     D   aanbod van

         1.1.3       Die tipe bemarking wat deur Afrikastamme gebruik is in die tyd toe
                     mense goedere en kommoditeite begin ruil het, staan bekend as ...

                     A   verkopings.
                     B   kommersiële handel.
                     C   smoushandel.
                     D   ruilhandel.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          4                               DBE/November 2013
                                              NSS

         1.1.4       Die prent hieronder verteenwoordig die faktor wat die bemarking van
                     landbouprodukte bemoeilik waar 'n verbruiker nie met die rakleeftyd
                     van aartappels tevrede is nie.

                     Identifiseer die faktor wat deur die prent hierbo voorgestel word:

                     A   Langtermynproduksie
                     B   Bederfbaarheid
                     C   Seisoenale skommeling
                     D   Groot volume en lae eenheidswaarde

         1.1.5       'n ... is 'n opsomming van alle inkomste en uitgawes van 'n
                     onderneming vir 'n bepaalde tydperk.

                     A   Begroting
                     B   Inkomstestaat
                     C   Besigheidsplan
                     D   Faktuur

         1.1.6       Die tipe kapitaal wat gebruik word om kunsmis vir gewasproduksie
                     te koop, word ... kapitaal genoem.

                     A   onbeweeglike
                     B   vlottende
                     C   beweeglike
                     D   vaste

         1.1.7       Die volgende aspek is direk verwant aan die diensvoorwaardes van
                     plaasarbeiders:

                     A   Meganisasie
                     B   Daaglikse beplanning
                     C   Verlof
                     D   Vaardigheidsopleiding

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        5                             DBE/November 2013
                                            NSS

         1.1.8       Die volgende Wet verplig die boer om seker te maak dat die
                     werksomgewing op die plaas altyd veilig is:

                     A   Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, 1993 (Wet 85
                         van 1993)
                     B   Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993
                         (Wet 130 van 1993)
                     C   Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
                     D   Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)

         1.1.9       Die struktuur wat erflikheidseienskappe in plante en diere dra,
                     is die ...

                     A   mitochondrion.
                     B   Golgi-apparaat.
                     C   chloroplast.
                     D   chromosoom.

         1.1.10      'n Teelmetode wat deur die meeste boere gebruik word om
                     basterkrag (hibridisasie) te verhoog, staan bekend as ...

                     A   kruisteling.
                     B   lynteling.
                     C   opgradering.
                     D   inteling.                                             (10 x 2)        (20)

1.2      Kies die term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                                 KOLOM A                           KOLOM B
         1.2.1        'n Oplossing wat gebruik word   A    fenotipe
                      om die risiko om
                      landbouprodukte te bemark,      B    genotipe
                      beperk
                                                      C    oorlewing van die sterkste
         1.2.2        'n Interne bron van
                      boerderykapitaal                D    rentekoerse

         1.2.3        Die natuurwet wat               E    versekering
                      verantwoordelik is vir die
                      selektering en aanpassing van   F    besparings
                      spesies
                                                      G    krediet
         1.2.4        'n Kenmerk van 'n geneties
                      gemodifiseerde gewas            H    verbeterde weerstand
                                                           teen onkruiddoders
         1.2.5        Die fisiese voorkoms van 'n
                      organisme wat deur sy            I   werkloosheid
                      genetiese samestelling bepaal
                      word                             J   werksverskaffing
                                                                                (5 x 2)        (10)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                               DBE/November 2013
                                             NSS

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die  woord/term  langs   die  vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in       die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Dokument wat die begin van 'n besigheid beskryf en sy doelwitte
                      en doelstellings aandui

         1.3.2        'n Begroting wat al die ondernemings op 'n plaas saamvat

         1.3.3        Die tipe tydelike plaaswerker wat aangestel word vir nieherhalende
                      take soos die oprigting van 'n heining vir 'n plaasstal

         1.3.4        Die kruising van ouers waar twee stelle hoofallele betrokke is

         1.3.5        'n Groot groep gene waar elke geen tot die waarde van sekere
                      fenotipiese eienskappe in die nageslag bydra          (5 x 2)               (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Prys-bepaling verteenwoordig die verwantskap tussen 'n
                      verandering in prys en die verandering in die vraag na die produk.

         1.4.2        Die produksiefaktor wat duursaam is           en   gewoonlik     deur
                      langtermynkrediet verkry word, is arbeid.

         1.4.3        Die wet van stygende meeropbrengste verwys na wanneer
                      agtereenvolgende eenhede van een produksiefaktor toegedien
                      word, maar nie tot 'n ooreenstemmende verhoging in opbrengs
                      lei nie.

         1.4.4        Die bedrag geld wat aan 'n finansiële verskaffer terugbetaal word,
                      bo en behalwe die geld wat geleen is, is versekering.

         1.4.5        Die skielike verskyning van 'n swart kalf in 'n kudde met uitsluitlik
                      rooi beeste word erfdwang genoem.                            (5 x 1)        (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         7                             DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING B

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR

2.1      Die tabel hieronder toon landbouprodukte, pryse en persentasieveranderinge
         van pryse vir 2010 en 2011 op die ope mark in Suid-Afrika.

                 PRODUK                  2010           2011           PERSENTASIE-
                                                                     VERANDERINGS (%)
         Geelmielies (R/ton)             1 173           1 760              33
         Melk (c/liter)                    310             297             -4,4
         Koring (R/ton)                  2 245           3 281              32
         Beesvleis A2/A3 (c/kg)          2 528           2 722                7
         Sojabone (R/ton)                2 520           3 290              23
         Lamvleis A2/A3 (c/kg)           3 660           4 671              22
         Varkvleis (c/kg)                1 651           1 629             -1,4
         Witmielies (R/ton)              1 105           1 735              36

         2.1.1        Teken 'n kolomgrafiek om die pryse van plantprodukte in 2010 met
                      dié van 2011 te vergelyk.                                                 (6)

         2.1.2        Identifiseer die produk in die tabel met die hoogste prysverhoging
                      van 2010 tot 2011.                                                        (1)

         2.1.3        Vergelyk die tendens in die verandering van gewas- en
                      diereprodukpryse tussen 2010 en 2011.                                     (2)

         2.1.4        Verduidelik die uitwerking van die verandering in koringpryse
                      tussen 2010 en 2011 op arm huishoudings wat van brood as
                      stapelvoedsel afhanklik is.                                               (2)

         2.1.5        Stel TWEE maatreëls voor wat 'n boer kan tref om die daling in
                      varkvleispryse in die tabel hierbo te hanteer.                            (2)

2.2      Die volgende illustrasie verteenwoordig 'n deel van 'n agribesigheidsketting.

           Mielie-                                      Ketting-
                                 Meulenaar                                      Verbruiker
         produsent                                      winkel

         Identifiseer die skakel in hierdie agribesigheidsketting wat met elk van die
         volgende beskrywings verband hou:

         2.2.1        'n Supermark wat 'n groot verskeidenheid goedere aanhou                   (1)

         2.2.2        'n Fabriek met 'n verskeidenheid swaar masjiene en gereedskap             (1)

         2.2.3        'n Familielid wat van voorneme is om mieliemeel te koop                   (1)

         2.2.4        'n Boer wat probeer om die risiko van 'n lae mielie-opbrengs te
                      beperk deur besproeiing te gebruik                                        (1)

         2.2.5        'n Plek waar die onverwerkte produk in kleiner en meer
                      verbruikersvriendelike eenhede verpak word                                (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          8                          DBE/November 2013
                                              NSS

2.3      Daar is voorspel dat vleispryse bestendig tot hoër sou verhandel op medium
         termyn soos wat die vraag 'n hoogtepunt bereik in die aanloop tot die Orange
         Afrika-nasiebeker. Die toernooi het op 12 Januarie 2013 begin en op 17
         Februarie 2013 geëindig. Die tabel hieronder toon die aanbod, vraag en prys
         van vleis gedurende en na die toernooi.

                 DATUM               PRYS              AANBOD             VRAAG
                                     (R/kg)              (ton)             (ton)
         6 Januarie                    30                  10                7
         20 Januarie                   37                  22                20
         3 Februarie                   43                  34                33
         10 Februarie                  49                  36                33
         24 Februarie                  40                  37                23
         3 Maart                       35                  30                15

         2.3.1        Voorspel die verwagte reaksie van boere op die prys van vleis in
                      hierdie tydperk.                                                        (2)

         2.3.2        Noem TWEE faktore wat verantwoordelik is vir die styging in die
                      vraag na vleis in hierdie tydperk.                                      (2)

         2.3.3        Na die toernooi was daar 'n oorskot vleis. Noem DRIE maatreëls
                      wat veeboere kon gebruik het om hierdie oorskotsituasie te
                      oorkom.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                                  9                            DBE/November 2013
                                                                      NSS

2.4        Die grafiek hieronder toon die prysneiging in 'n markstelsel.

                                                Veranderinge in die pryse van twee
                                              landbouprodukte met verloop van tyd
                                  70
                                  60

         Prys van produk (rand)
                                  50
                                  40
                                  30                                                                    Produk A
                                  20                                                                    Produk B
                                  10
                                  0
                                       Januarie   Februarie   Maart     April   Mei     Junie
                                                                Tyd (maand)

           2.4.1                          Identifiseer die produk (A of B) met pryse wat meer waarskynlik op
                                          'n vryemarkstelsel van toepassing sal wees. Gee 'n rede vir jou
                                          antwoord.                                                                    (2)

           2.4.2                          Noem TWEE moontlike kanale waar landbouprodukte in so 'n
                                          vryemarkstelsel verkoop kan word.                                            (2)

2.5        Die stappe hieronder is deel van die besluitnemingsproses:

            •                     Evalueer alternatiewe
            •                     Identifiseer die probleem met betrekking tot die belangrikheid daarvan
            •                     Kies en volg die beste oplossing
            •                     Ontleed moontlike alternatiewe

           2.5.1                          Herrangskik die stappe hierbo in die korrekte volgorde.                      (4)

           2.5.2                          Identifiseer TWEE faktore wat           die   effektiwiteit   van    'n
                                          besluitnemingsproses beïnvloed.                                              (2)
                                                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                                   DBE/November 2013
                                              NSS

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE EN BESTUUR

3.1                      VERTRAGING IN DIE IMPLEMENTERING VAN
                              GRONDHERVORMINGSBELEID

         Die grondhervormingsprogram het nie die verwagte uitkomste gelewer nie.
         Hierdie mislukkings word toegeskryf aan die volgende: vertraging in die
         finalisering van eise; die onvanpastheid van die beginsel van gewillige koper
         en gewillige verkoper; die meeste begunstigdes van grondeise het geld bo
         grond verkies; 'n gebrek aan ondersteuning vir nuwe begunstigdes oor hoe
         om te boer. As gevolg hiervan het die regering middeltermyn- hersienings- en
         ingrypingstrategieë opgestel. Daarteenoor is gelykheidskemas een van die
         moontlike ooreenkomste wat algemeen gebruik word deur begunstigdes van
         grondhervorming en privaatsektorvennote.

                               [Aangepas uit die Stand van die Nasie-toespraak, 14 Februarie 2013]

         3.1.1        Identifiseer TWEE uitdagings wat die regering tydens die
                      implementering van grondhervormingsbeleid ondervind het, uit die
                      gevallestudie hierbo.                                                             (2)

         3.1.2        Noem TWEE grondhervormingsprogramme wat nie suksesvol
                      geïmplementeer is nie.                                                            (2)

         3.1.3        Gee DRIE redes vir die implementering van 'n grondhervormings-
                      program in Suid-Afrika.                                                           (3)

         3.1.4        Noem TWEE doelwitte van gelykheidskemas.                                          (2)

3.2      Die tabel hieronder dui die verskillende boerderyondernemings en
         markvennote van 'n plaas aan. Die boer bestuur alle aktiwiteite en verseker
         dat produkte vir spesifieke bemarkingsdatums gereed is.

            ONDERNEMING               PLAASPRODUK                 MARKVENNOOT
         Kontantgewas-               Groente                 Kontrak met supermark
         produksie
         Veeproduksie                Varkvleis               Slaghuise
                                     Eiers                   Koshuise/Hostelle
         Weidingsgewas-              Hooi                    Naburige veeplase
         produksie

         3.2.1        Noem TWEE risikobestuurstrategieë wat die boer kan gebruik
                      wanneer plaasprodukte bemark word. Motiveer jou antwoord in
                      elke geval.                                                                       (4)

         3.2.2        Noem VIER bestuursbeginsels wat hierdie boer moet toepas om te
                      verseker dat die produkte op spesifieke datums beskikbaar is.                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        11                             DBE/November 2013
                                            NSS

3.3      'n Familie in 'n landelike gebied van die land besluit om te begin boer.
         Die vader het vir 20 jaar by 'n konstruksiemaatskappy gewerk en het 'n
         pensioenpakket van R189 000,00 ontvang, wat hy in grond belê het om die
         boerderyonderneming te begin. Die familie het nie genoeg kapitaal gehad nie
         en het die Vukuzenzele Trust genader vir 'n toelaag. Hulle het 'n totaal van
         R80 000,00 ontvang.

         Die familie het hierdie toelaag gebruik om 'n besproeiingstelsel vir R7 000,00
         en 'n trekker vir R58 000,00 te koop. R15 000,00 is vir plaagdoders, saad en
         kunsmis gebruik.

         3.3.1        Tabuleer DRIE vorme van kapitaal wat hierdie familie gebruik het
                      en gee 'n voorbeeld van elk uit die gevallestudie hierbo.                 (6)

         3.3.2        Noem TWEE bronne van kapitaal wat deur die familie in die
                      gevallestudie hierbo gebruik is.                                          (2)

         3.3.3        Bereken die totale waarde        van   die   bates   van    hierdie
                      boerderyonderneming.                                                      (2)

         3.3.4        Definieer die netto waarde van 'n boerderyonderneming.                    (2)

3.4      Plase verloor arbeid aan nywerhede teen 'n skrikwekkende tempo.

         3.4.1        Noem TWEE kenmerke wat gebruik word om 'n permanente
                      plaasarbeider te beskryf.                                                 (2)

         3.4.2        Noem die TWEE hoofoorsake van die verlies van plaasarbeid aan
                      nywerhede.                                                                (2)

         3.4.3        Noem TWEE maniere waarop boere hulle arbeid kan behou.                    (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        12                            DBE/November 2013
                                            NSS

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

4.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die kleur van 'n blom vir drie
         opeenvolgende generasies.

                                    A

                                                  B

                                                          C

           Sleutel:

                          Wit (W)

                          Rooi (R)

                          Pienk (P)

         4.1.1        Noem die tipe dominansie wat in die illustrasie hierbo voorgestel
                      word. Motiveer jou antwoord.                                             (2)

         4.1.2        Gebruik die letter W vir wit en R vir rooi om die genotipe en
                      fenotipe van blom B aan te dui.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         13                              DBE/November 2013
                                             NSS

4.2      'n Boer ontvang die volgende varke:
         • Twee sôe waarvan een wit en die ander donker is
         • Twee bere wat albei donker is
         Hulle word in twee broeipare verdeel, elk met die volgende F 1 -generasie:
         Paar 1:      'n Wit sog wat met 'n donker beer gekruis word, produseer
                      twee wit en twee donker varkies
         Paar 2:      'n Donker sog wat met 'n donker beer gekruis word, produseer
                      een wit en drie donker varkies

         Gebruik die letters D en d om die allele vir die kleur van die varke voor te stel.
         4.2.1        Bereken die persentasie van elke fenotipe in die nageslag van
                      Paar 1.                                                                     (2)
         4.2.2        Bepaal die genotipe van die nageslag in Paar 2 deur 'n Punnet-
                      vierkant te gebruik.                                                        (4)
         4.2.3        Bepaal die fenotipiese       verhouding   van    die   nageslag     in
                      VRAAG 4.2.2 hierbo.                                                         (1)
         4.2.4        In 'n ope mark is daar 'n hoër vraag na wit varkies. Watter
                      broeipaar (Paar 1 of Paar 2) hierbo sal die meeste wit varkies
                      oplewer? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                      (2)
4.3      Die tabel hieronder dui die oorerflikheidswaardes van sekere eienskappe van
         skape aan.

                                       OORERFLIKHEIDSEIENSKAPPE
                              GEBOORTE-     GEWIGS-      MAER                        VAG-
      OORERFLIKHEID
                                MASSA     TOENAME NA     VLEIS                     KWALITEIT
                                            SPENING
       Persentasie (%)            33           60         35                            17

         4.3.1        Identifiseer die eienskap wat die doeltreffendste sal wees om die
                      kudde te verbeter. Motiveer jou antwoord.                                   (2)
         4.3.2        Evalueer die doeltreffendheid van die keuse van vagkwaliteit in die
                      verbetering van die kudde. Motiveer jou antwoord.                           (2)
         4.3.3        Een skaap in 'n kudde lewer gemiddeld 4 kg wol per jaar, terwyl die
                      gemiddelde wolproduksie per dier vir die kudde 3,5 kg is. Die
                      oorerflikheidswaarde vir wolproduksie vir hierdie skaapras is 65%.
                      Bereken 'n eenvoudige geskatte teelwaarde (GTW) vir hierdie
                      kudde deur die volgende formule te gebruik:
                      GTW = (WD – WK) × oorerflikheid van wolproduksie

                      waar GTW = geskatte teelwaarde
                           WD = wolproduksie van die dier
                           WK = gemiddelde wolproduksie van die kudde                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           14                               DBE/November 2013
                                               NSS

4.4      Die diagram hieronder dui 'n tipe teelstelsel aan wat deur sekere veeboere
         gebruik word.

         4.4.1        Identifiseer die tipe teelstelsel wat hierbo geïllustreer word.              (1)

         4.4.2        Noem die tipe dier wat deur die teelstelsel in VRAAG 4.4.1
                      geproduseer word.                                                            (1)

         4.4.3        Noem TWEE gebruike van die dier wat deur hierdie teelstelsel in
                      boerdery geproduseer word.                                                   (2)

4.5      Die opbrengs wat deur twee mielieboere in 'n tipiese mielieproduserende
         gebied verkry is, word in die tabel hieronder getoon. Boer A het
         konvensionele bastersaad gebruik en Boer B het oorgeskakel na die nuutste
         beskikbare    geneties   gemodifiseerde    tegnologie   deur     geneties
         gemanipuleerde saad te gebruik.

                     JAAR                BOER A                   BOER B
                                     (Opbrengs in t/ha)       (Opbrengs in t/ha)
                     2008                   10                       10
                     2009                   11                       11
                     2010                    9                        9
                     2011                   11                       11
                     2012                   10                       15
                     2013                   11                       17

         4.5.1        Bepaal die verskil in opbrengs (t/ha) in 2013 tussen Boer A en
                      Boer B deur na die tabel hierbo te verwys. Toon ALLE
                      berekenings.                                                                 (2)

         4.5.2        Identifiseer die jaar waarin Boer B na GGO's oorgeskakel het.
                      Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

         4.5.3        Noem TWEE tegnieke wat gebruik                  word    om        geneties
                      gemodifiseerde plante te ontwikkel.                                          (2)

         4.5.4        Onderskei tussen konvensionele bastersaad en GGO-saad.                       (2)

         4.5.5        Noem DRIE voordele van genetiese ingenieurswese.                             (3)
                                                                                                   [35]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                        GROOTTOTAAL:               150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [AGRIC P2 QP ENG GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/agric-p2-qp-eng-gr12-sept2013/0ecf0fe3-95a6-498a-9821-2b6854693298) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
