# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2016-afr/b4a82b78-d842-43dc-91b9-9f649ad70d0f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2016-afr/b4a82b78-d842-43dc-91b9-9f649ad70d0f)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                  NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                     2                         DBE/November 2016
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                3                         DBE/November 2016
                                                    NSS

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
         kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
         VOORBEELD:

         1.1.11           A                B         C          D

         1.1.1        'n Maatreël deur 'n boer om die risiko op sy/haar inkomste te
                      verlaag:

                      A          Versekering
                      B          Verkope
                      C          Verpand goedere
                      D          Ruilhandel

         1.1.2        Die wet van vraag stel dat …

                      A          hoe meer verbruikers daar is, hoe laer is die vraag na 'n
                                 spesifieke produk.
                      B          hoe hoёr die inkomste van verbruikers is, hoe laer sal die
                                 vraag na 'n spesifieke produk wees.
                      C          indien die prys van 'n produk styg, die vraag daarna ook
                                 sal styg.
                      D          indien die prys van 'n produk daal, die vraag daarna sal styg.

         1.1.3        Watter EEN van die volgende stellings oor 'n entrepreneur is
                      VERKEERD?

                      'n Entrepreneur is 'n persoon wat …

                      A          risiko's loop.
                      B          slegs vir iemand anders werk om 'n salaris te verdien.
                      C          hard werk.
                      D          'n begeerte het om sukses te behaal.

         1.1.4        Perskes is somervrugte in Suid-Afrika. Dit is duurder in die winter
                      en aan die begin van die lente, want die …

                     (i)       aanbod van perskes word in hierdie tyd streng beheer.
                     (ii)      vroeër perskes smaak beter.
                     (iii)     aanbod van perskes in die winter en lente is beperk.
                     (iv)      prys van perskes word deur hulle beskikbaarheid beïnvloed.

                      Kies die korrekte kombinasie:

                      A       (i), (ii) en (iii)
                      B       (ii), (iii) en (iv)
                      C       (i), (ii) en (iv)
                      D       (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                4                  DBE/November 2016
                                                    NSS

         1.1.5        Watter EEN van die volgende is 'n interne faktor wat 'n boerdery-
                      onderneming kan beïnvloed?

                      A       Wetgewing oor arbeidspraktyke
                      B       Die bevoegdheid en bekwaamheid van die bestuur en die
                              plaaswerkers
                      C       Waardes en leefstylkeuses van verbruikers
                      D       Wisselkoerse en belasting

         1.1.6        Die volgende is NIE 'n probleem wat met kapitaal as 'n
                      produksiefaktor geassosieer word nie:

                      A       Onderhewig aan risiko
                      B       Te min kapitaal word belê
                      C       Beperkte leeftyd van goedere
                      D       Laer bevoegdheid van tegnici

         1.1.7        Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) gee
                      aandag aan die volgende sake:

                      (i)     Die produksiestatus van diere
                      (ii)    Prosedures om arbeidsgeskille op te los
                      (iii)   Verseker dat sekere werkers finansiële opleiding ontvang
                      (iv)    Verseker sosiale geregtigheid en regverdige werks-
                              omstandighede

                      Kies die korrekte kombinasie:

                      A       (i), (iii) en (iv)
                      B       (ii), (iii) en (iv)
                      C       (i), (ii) en (iv)
                      D       (i), (ii) en (iii)

          1.1.8       'n Voorbeeld van 'n produksiefaktor met 'n waarde wat met tyd
                      toeneem:

                      A       Toerusting
                      B       Masjinerie
                      C       Boerderygrond
                      D       Geld

         1.1.9        'n Heterosigotiese Brahmaanbul word met 'n heterosigotiese koei
                      gepaar. Die verwagte fenotipiese verhouding sal … wees.

                      A       3:1
                      B       1:3:1
                      C       1:1
                      D       1:2:1

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                              5                                DBE/November 2016
                                                  NSS

         1.1.10        Die diagram hieronder stel … voor, wat die mutasie van
                       chromosome veroorsaak.

                           A       C          E     G            I

                           A       C                G            I

                           A       C          E     G        I

                       A       skrapping
                       B       translokasie
                       C       inversie
                       D       duplisering                                                   (10 x 2)      (20)

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                                KOLOM A                                       KOLOM B
          1.2.1      'n Tipe volhoubare maatreël gemik op            A   Internetbemarking
                     verbruikers wat omgewingskwelpunte
                     in ag neem                                      B   oorkapitalisering

          1.2.2      'n Bestuurstrategie waarin die koste            C   variasie
                     van onvoorsiene insidente deur
                     verskeie rolspelers gedeel word                 D   spesialisering

          1.2.3      Plaaswerker met 'n tersiêre boerdery-           E   eko-etikettering
                     kwalifikasie en baie jare boerdery-
                     ervaring                                        F   oorerflikheid

          1.2.4      Te veel kapitaal word in 'n boerdery-           G risiko-deling
                     onderneming belȇ in verhouding tot die
                     beskikbare grond en arbeid                      H   arbeidswetgewing

          1.2.5      Die verskil in die genotipes en                 I   onderkapitalisering
                     fenotipes van beeste van dieselfde ras
                                                                     J   geskoolde arbeid
                                                                                              (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                         DBE/November 2016
                                             NSS

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1        Die manier waarop prys 'n vraag- of aanbodkurwe verander

         1.3.2        Die beweging van geld in 'n onderneming oor 'n spesifieke tydperk

         1.3.3        Die totale getal geeneffekte wat deur die nageslag oorgeërf word
                      en wat hulle prestasie vir teeldoeleindes sal bepaal

         1.3.4        Die verskynsel waar een geen die fenotipiese uitkoms van 'n ander
                      geen beïnvloed

         1.3.5        'n Geleidelike agteruitgang in die prestasie van generasie tot
                      generasie as gevolg van die aanhoudende paring van verwante
                      diere                                                  (5 x 2)            (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Waardetoevoeging is die verandering van grondstowwe na 'n vorm
                      wat makliker deur verbruikers benut kan word.

         1.4.2        Arbeidsmoegheid is die hoeveelheid werk wat gedoen word in
                      verhouding tot die hoeveelheid geld wat bestee word.

         1.4.3        Elektroporasie behels die gebruik van vette as draers van die
                      verlangde DNS/DNA deur die selmembraan na 'n selkern.

         1.4.4        Erfdwang beteken dat albei allele ewe dominant en sigbaar in die
                      fenotipe van die nageslag is.

         1.4.5        Die doelbewuste metode om te besluit watter individuele plante en
                      diere vir teeldoeleindes gekies moet word om spesifieke
                      eienskappe in die nageslag te bepaal, word epistase genoem.
                                                                                 (5 x 1)        (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         7                            DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die meeste produkte word ná die oes na 'n fasiliteit geneem waar dit
         skoongemaak, gegradeer, in houers verpak, gestoor en dan na die mark
         vervoer word.

         2.1.1        Identifiseer die funksies van landboubemarking hierbo met
                      verwysing na elk van die volgende:

                      (a)   Produkte word van die plaas na die mark geneem.                       (1)

                      (b)   Produkte word op die plaas gehou voordat dit na die mark
                            vervoer word.                                                         (1)

         2.1.2        Gee 'n ekonomiese term wat gebruik word om elk van die volgende
                      stellings te omskryf:

                      (a)    Produkte word in houers verpak.                                      (1)

                      (b)    Produkte word verkoel om die rakleeftyd te verleng.                  (1)

                      (c)    'n Produk word vanaf sy grondstofvorm verander.                      (1)

         2.1.3        Noem TWEE voordele van die prosessering van landbouprodukte.                (2)

2.2      Die tabel hieronder stel TWEE boere voor wat soetrissies verbou.

                          BOER A                                     BOER B
          •   Besef dat geel soetrissies vinniger   •   Doen navorsing om te bepaal
              groei en 'n hoёr opbrengs lewer           watter soetrissie verbruikers
          •   Besluit om twee hektaar met 'n            verkies
              opbrengs van 300 ton aan te plant     •   Verbruikers toon belangstelling in
          •   Stel 'n middelman aan om die              rooi soetrissies
              produkte op verskillende markte te    •   Plant een hektaar en produseer
              verkoop                                   150 ton
          •   Produkte word teen R4/kg verkoop      •   Produkte word teen R8/kg verkoop
          •   Besef dat verkope swak is en              ná die berekening van
              verlaag die prys na R2/kg                 produksiekoste en wins
                                                    •   Produkte word volgens verbruikers
                                                        se voorkeure verpak
                                                    •   Sluit 'n kontrak vir die volgende
                                                        oes met die plaaslike supermark
                                                        en groothandelaars

         2.2.1        Identifiseer watter boer (A of B) die produk suksesvol bemark het.          (1)

         2.2.2        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         8                           DBE/November 2016
                                             NSS

         2.2.3        Noem TWEE aspekte waarop die boer in VRAAG 2.2.1 gefokus
                      het tydens die ontwikkeling van 'n bemarkingstrategie.                        (2)

         2.2.4        Noem die bemarkingstrategie wat deur BOER B gebruik is.                       (1)

         2.2.5        Noem TWEE maniere waarop die strategie in VRAAG 2.2.4 die
                      boer kan bevoordeel.                                                          (2)

2.3      Die tabel hieronder toon die resultate van 'n pryseksperiment oor sakkies
         lemoene wat per week teen verskillende pryse verkoop is.

           PRYS            GETAL            TOTALE       VASTE      VERANDERLIKE             WINS
          (RAND          VERKOOP          INKOMSTE       KOSTE         KOSTE                  (R)
           PER           (SAKKIES             (R)         (R)            (R)
         SAKKIE)       LEMOENE PER
                           WEEK)
                  5            2 500           12 500         800                    400     11 300
                 10            1 000           10 000         800                    350      8 850
                 15              500            7 500         800                    300      6 400
                 20              300            6 000         800                    250      4 950
                 25               20            1 000         800                    200          0
                 30               15              450         800                    150       –500

         2.3.1        Formuleer 'n hipotese vir die eksperiment hierbo.                             (2)

         2.3.2        Noem EEN faktor wat die vraag na lemoene beïnvloed het, volgens
                      die data hierbo.                                                              (1)

         2.3.3        Verduidelik die invloed van die faktor in VRAAG 2.3.2.                        (2)

         2.3.4        Verduidelik kortliks die invloed van 'n stygende prys op die wins,
                      soos in die data hierbo getoon.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           9                             DBE/November 2016
                                               NSS

2.4      Lees en ontleed die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  VARS GROEN KOOL!
                                ORGANIES GEPRODUSEER
                             VERPAK IN HERWINBARE SAKKIES
                                  GEEN KINDERARBEID

         2.4.1       Identifiseer die tipe etikettering in die advertensie hierbo.                   (1)

         2.4.2       Gee TWEE redes in die advertensie wat die antwoord op
                     VRAAG 2.4.1 ondersteun.                                                         (2)

         2.4.3       Die advertensie bevorder omgewingsbewustheid. Motiveer hierdie
                     stelling deur na die advertensie te verwys.                                     (1)

         2.4.4       Noem die bemarkingsbenadering wat gebruik is om die produk te
                     bemark.                                                                         (1)

2.5      Die skematiese voorstelling hieronder toon aspekte van 'n SWOT-ontleding
         wat 'n opkomende boer gedoen het.

                              A                                        B
                 Boer het bewerkbare grond              Daar is 'n vraag na miniatuur-
                 met toegang tot besproeiing                  worteltjies oorsee

                              C                                        D
                                                       'n Plaaslike voorligtingsbeampte
                 Boer het geen ondervinding
                                                              help boere met die
                    in die verbouing van
                                                                 produksie van
                   miniatuurworteltjies nie
                                                              miniatuurworteltjies

                             E                                         F
                       Produksie van
                   miniatuurworteltjies is              Die Landbank bied finansiёle
                 arbeidsintensief en lone is            bystand aan behoeftige boere
                            hoog

         2.5.1        Pas stelling A, B, C en E in die skematiese voorstelling by die
                      elemente van 'n SWOT-ontleding.                                                (4)

         2.5.2        Verduidelik hoe kan die boer die sterk punte en geleenthede in die
                      skematiese voorstelling hierbo gebruik om die boerdery-
                      onderneming te verbeter.                                                       (2)

2.6      Noem DRIE persoonlike eienskappe van 'n suksesvolle entrepreneur.                           (3)
                                                                                                     [35]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                         DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder toon die bevolkingsgrootte en beskikbare bewerkbare
         grond in 'n sekere streek oor 'n tydperk van ses dekades.

                     JAAR    BEVOLKINGSGROOTTE                 BESKIKBARE
                                  (miljoen)                    BEWERKBARE
                                                                   GROND
                                                              (miljoen hektaar)
                     1961                24                          15
                     1971                27                          12
                     1981                30                          10
                     1991                34                           8
                     2001                39                           6
                     2011                47                           4

         3.1.1        Teken 'n staafgrafiek om die bevolkingsgrootte en die beskikbare
                      bewerkbare grond oor 'n tydperk van ses dekades voor te stel.              (6)

         3.1.2        Noem die ekonomiese eienskap van grond wat in die grafiek
                      in VRAAG 3.1.1 geïllustreer word.                                          (1)

         3.1.3        Beskryf hoe die eienskap           in   VRAAG     3.1.1     genoem,
                      landbouproduksie beïnvloed.                                                (2)

         3.1.4        Stel TWEE maatreëls voor wat 'n boer kan toepas om die
                      produktiwiteit van grond te verbeter.                                      (2)

3.2     Die tabel hieronder toon die diensvoorwaardes van twee werkers (A en B) in
        'n boerderyonderneming.

                DIENSVOORWAARDES                     WERKER A             WERKER B
           Daaglikse tarief                            R120                 R120
           Werksure per dag                             8                    12
           Betaling vir vier Sondae/openbare
           vakansiedae                                   R960                 R800
           Verlofkrediete per drie-jaar-siklus          30 dae               10 dae

         3.2.1        Identifiseer die werker wie se werksomstandighede onbillik is.             (1)

         3.2.2        Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 3.2.1 deur na die
                      inligting in die tabel hierbo te verwys.                                   (2)

         3.2.3        Gee TWEE voorbeelde van arbeidswetgewing waarmee die
                      arbeider in VRAAG 3.2.1 die werkgewer kan konfronteer.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         11                           DBE/November 2016
                                             NSS

3.3      Noem die metode om arbeidsproduktiwiteit te verhoog wat deur ELK van die
         volgende beskrywings voorgestel word:

         3.3.1        Suiwelbeeskraal       Hooistoor      Melkstal

                                         Verkoelde stoorkamer                                     (1)

         3.3.2        Stuur trekkerbestuurders vir 'n basiese kursus in meganiese
                      ingenieurswese                                                              (1)

         3.3.3        Verskaf gratis vervoer aan werkers tussen die werk en hulle huise           (1)

         3.3.4        Gebruik 'n stroper om 'n 100 ha-land te stroop                              (1)

3.4      'n Opkomende braaikuiken-en-eierboer wil 'n kontantvloeibegroting vir 'n
         maand opstel, met 'n openingsbalans van nul. Werkers se lone beloop
         R4 000 'n week. Hoendervoer kos R7 000 'n per week, elektrisiteit is R2 500
         'n week en van die ander koste beloop R1 500 'n week. Die boer se inkomste
         bestaan uit die volgende:

         • Kontantverkope van eiers aan plaaslike winkels beloop R10 000 'n week.
         • Braaikuikens word een keer 'n maand vir R50 000 aan die slagpale
           verkoop.

         3.4.1        Stel 'n minikontantvloeibegroting vir EEN week op.                          (4)

         3.4.2        Bepaal die netto kontantinkomste vir EEN maand.                             (3)

         3.4.3        Verduidelik of die netto inkomste van hierdie onderneming op
                      grond van hulle kontantvloei gewaarborg kan word.                           (2)

3.5      Noem die probleem met kapitaal wat met elk van die volgende stellings
         geassosieer word:

         3.5.1        'n Boer het drie trekkers en twee luukse bakkies gekoop wat
                      onderbenut word.                                                            (1)

         3.5.2        Drastiese klimaatsveranderinge het tot 'n daling in die verwagte
                      opbrengs gelei.                                                             (1)

         3.5.3        Korttermynkrediet word gebruik om arbeiders te betaal.                      (1)

         3.5.4        'n Boer verkoop 'n trekker wat vyf jaar gelede gekoop is teen 'n
                      laer prys.                                                                  (1)

3.6      Identifiseer die effektiewe bestuursbeginsel wat deur ELK van die volgende
         stellings voorgestel word:

         3.6.1        Besluit op die grootte van die boerdery-onderneming en die uitsette
                      wat dit sal lewer                                                           (1)

         3.6.2        Monitor alle aspekte van produksie                                          (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          12                          DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1    'n Rasegte ram met 'n swart gesig word met 'n rasegte ooi met 'n wit gesig
       gekruis. B verwys na die ram se gesigkleur, wat dominant is oor die ooi se wit
       gesigkleur.

                                     ♂ A            X       ♀ B

                                         F1       C

                                         D                  E

                      F2     BB               F             G          H

         4.1.1        Skryf die genotipe van ouer B neer.                                         (1)

         4.1.2        Dui aan of ouers A en B homosigoties of heterosigoties is.                  (1)

         4.1.3        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.1.2.                                (1)

         4.1.4        Identifiseer die fenotipe van die F 2 -generasie, soos deur F, G en
                      H voorgestel.                                                               (3)

         4.1.5        Dui die genotipiese en die fenotipiese verhouding in die
                      F 2 -generasie aan.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          13                        DBE/November 2016
                                              NSS

4.2      Die tabel hieronder toon die verwagte teelwaarde (VTW) van spesifieke
         eienskappe van Bonsmarabeeste en boerbokke.

                   SPESIE                 EIENSKAP               OORERFLIKHEID
                 Bonsmara         Geboortegewig                       38
                                  Gewig na speen                      30
                                  Sagtheid van vleis                  65
                                  Maer vleis                          38
                 Boerbok          Geboortegewig                       35
                                  Gewig na speen                      60
                                  Maer vleis                          35
                                  Vaggewig                            12

         4.2.1         Identifiseer EEN eienskap van ELKE dier (Bonsmarabeeste en
                       boerbokke) wat boere vir teeldoeleindes sal selekteer.                    (2)

         4.2.2         Gee 'n rede vir die keuse van die eienskappe in VRAAG 4.2.1.              (2)

         4.2.3         Gee TWEE redes waarom boerbokboere waarskynlik                   nie
                       geboortemassa, vaggewig en maer vleis sal selekteer nie.                  (2)

4.3      Variasie verwys na die verskille in eienskappe tussen lede van dieselfde
         spesie. Die verskille kan deur beide interne en eksterne faktore veroorsaak
         word.

         Noem die omgewingsfaktor wat tot ELK van die volgende variasies gelei het:

         4.3.1       Diere by hoёr hoogtes bo seevlak het donkerder pigmentasie as diere
                     by laer hoogtes bo seevlak.                                                 (1)

         4.3.2       Diere is as gevolg van 'n nutriënttekort kleiner as ander diere met
                     dieselfde geen vir grootte.                                                 (1)

         4.3.3       Bokke wat op steiler hellings aangehou word, het langer en sterker
                     bene as bokke wat op platter hellings aangehou word.                        (1)

         4.3.4       Herefords wat in koeler streke aangehou word, het dikker hare as dié
                     wat in warmer streke aangetref word.                                        (1)

4.4      Veronderstel eierproduksie van Leghorn-lȇhenne word deur drie paar gene
         beheer. Die netto produksie van 'n lêhen met die genotipe bbggkk is 60 eiers
         'n week. Elke additiewe alleel dra vyf eiers tot die netto produksie by.

         4.4.1       Bepaal die netto produksie van 'n lȇhen met die genotipe BbGgkk.            (3)

         4.4.2       Noem die genotipe wat 90 eiers sal lewer.                                   (1)

         4.4.3       Dui die tipe oorerflikheid aan wat eierproduksie in Leghorn-lêhenne
                     beheer.                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             14                        DBE/November 2016
                                                 NSS

4.5      In 'n diereproduksie-eenheid is die volgende data oor verse vir teeldoeleindes
         ingesamel:

      Lewende
                       134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146
      massa (kg)
      Getal diere          10   15   20   30     40     60   75   65   45   35    15    10      5

         4.5.1       Gee die toepaslike term vir die verskynsel wat deur die data hierbo
                     voorgestel word.                                                           (1)

         4.5.2       Bepaal die getal verse indien 12% van die totale getal verse gekies
                     word.                                                                      (3)

         4.5.3       Gebruik die data om die massa van 'n gemiddelde vers te bepaal.            (1)

         4.5.4       In 'n normale kommersiële produksie-eenheid, wat sal 'n boer doen
                     met:

                     (a)    Verse wat die hoogste lewende massa het                             (1)

                     (b)    Verse wat die laagste lewende massa het                             (1)

4.6      Die illustrasie hieronder toon 'n tegniek wat deur boere gebruik word om
         tamaties geneties te modifiseer.

         4.6.1       Identifiseer die tegniek hierbo.                                           (1)

         4.6.2       Noem TWEE voordele van die tegniek in VRAAG 4.6.1 vir die boer.            (2)

         4.6.3       Stel TWEE sosio-ekonomiese implikasies voor wat plante wat uit die
                     tegniek in VRAAG 4.6.1 en ander verwante tegnieke geproduseer is,
                     vir die boer sal inhou.                                                    (2)
                                                                                                [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:           105
                                                                       GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2016-memo-afr/7d957c3f-26dc-458c-9c33-c32d3ca5e792) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
