# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                       AGRS.2

                           LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                        DBE/November 2020
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                               3                       DBE/November 2020
                                                 SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

         1.1.1        'n Vrye bemarkingskanaal waar goedere aan die hoogste bieër
                      verkoop word, staan as …-bemarking bekend.

                      A    plaashek
                      B    direkteverkope
                      C    internet
                      D    veeverkope

         1.1.2        Watter EEN van die volgende elemente van 'n SSGB('SWOT')-
                      ontleding is 'n sterk punt van 'n besigheid?

                      A    Verbruikers kan nie die mark maklik betree nie
                      B    Produksie van hoëgehalteprodukte
                      C    Hoë vraag na 'n produk
                      D    Baie produsente wat 'n produk verkoop

         1.1.3        Hierdie proses behels die produksie van die produk en die beweeg
                      daarvan na verbruikers:

                      A    Bemarking
                      B    Prosessering
                      C    Standaardisering
                      D    Gradering

         1.1.4        Ooraanbod in 'n mark kan deur die volgende vermy word:

                     (i)   Omskakel van oortollige produkte na ander verbruikbare
                           produkte
                     (ii) Aangaan van toekomstige kontrakte met groothandelaars
                     (iii) Verhoog die prys van die produk
                     (iv) Om 'n bergingsfasiliteit te hê

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A     (i), (iii) en (iv)
                     B     (ii), (iii) en (iv)
                     C     (i), (ii) en (iv)
                     D     (i), (ii) en (iii)

         1.1.5        Die volgende verteenwoordig 'n vastekapitaal-item:

                      A    'n Trekker
                      B    'n Dam
                      C    Brandstof
                      D    Saad

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                 4                     DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

         1.1.6        'n Produksiefaktor wat ook as kapitaal beskou word:

                      A      Grond
                      B      Arbeid
                      C      Bestuur
                      D      Geld

         1.1.7        Daar word na 'n aantal verskillende produksievertakkings op
                      'n plaas as … verwys.

                      A      spesialisasie
                      B      buigbaarheid
                      C      diversifikasie
                      D      verskansing

         1.1.8        Die skep van kapitaal deur by finansiële instellings te leen, word …
                      genoem.

                      A      krediet
                      B      'n toelaag
                      C      kapitaal
                      D      skuld

         1.1.9        Die volgende is die hooftipes geenmutasies:

                     (i)     Invoeging/Inhegting
                     (ii)    Duplisering
                     (iii)   Inversie
                     (iv)    Skrapping/Wegval

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (ii), (iii) en (iv)
                     B       (i), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)

         1.1.10       EEN van die volgende is NIE Mendel se wet van oorerwing NIE:

                      A      Wet van dominansie
                      B      Wet van dalende meeropbrengste
                      C      Wet van segregasie
                      D      Wet van onafhanklike sortering                         (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            5                           DBE/November 2020
                                              SS/NSS

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.

                           KOLOM A                                  KOLOM B
         1.2.1        Metode van reklame waar        A        prysvasstelling
                      verbruikers 'n produk mag proe
                                                     B        inventaris
         1.2.2        'n Toestand waar 'n prys
                      konstant gehou word ongeag     C        verkoopsreklame in 'n winkel
                      die produksiekoste
                                                     D        netto waarde
         1.2.3        'n Lys van al die kapitaal-
                      goedere op 'n plaas            E        begroting

         1.2.4        Die verskil tussen bates en         F   dominant
                      laste
                                                          G   resessief
         1.2.5        'n Alleel wat nie in die fenotipe
                      van 'n heterosigotiese              H   advertensie
                      organisme uitgedruk word nie
                                                                                        (5 x 2)     (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        Die situasie in 'n mark waar die hoeveelheid produkte verskaf,
                      presies aan die hoeveelheid aangevra, gelyk is

         1.3.2        Die tipe arbeid wat in diens geneem word om 'n kraal te bou

         1.3.3        Vorm van biotegnologie wat 'n geneties gemodifiseerde organisme
                      lewer

         1.3.4        Die kruising van plaasdiere van verskillende spesies

         1.3.5        Die mate waartoe 'n eienskap meer deur gene as deur
                      omgewingsfaktore bepaal word                  (5 x 2)                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Multisegment is 'n bemarkingsbenadering waar 'n omgewing-
                      sensitiewe wyse gebruik word om op produkte te reageer en dit te
                      bemark.

         1.4.2        'n Permit is 'n regtens bindende dokument tussen twee partye.

         1.4.3        Die seleksie van diere gebaseer op die prestasie van hulle
                      bloedverwante, staan as massaseleksie bekend.

         1.4.4        'n Skatting van hoeveel 'n nageslag beter of swakker as die
                      gemiddeld vir 'n spesifieke eienskap sal wees, staan as teling
                      bekend.

         1.4.5        Atavisme is wanneer een ouer 'n groter as normale vermoë het om
                      eienskappe na die nageslag oor te dra.                   (5 x 1)          (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          7                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die prente hieronder illustreer die funksies van bemarking.

                                                 A

                                               B

                                                                                        C

         2.1.1        Identifiseer die bemarkingsfunksies wat by B en C geïllustreer is.          (2)

         2.1.2        Noem TWEE riglyne vir die bemarkingsfunksie by C.                           (2)

         2.1.3        Noem TWEE voordele van die bemarkingsfunksie by A.                          (2)

2.2      Die tabel hieronder toon die vraag na twee produkte teen verskillende pryse.

              PRYS PER SAKKIE (R)                    HOEVEELHEID GEVRA (kg)
                                                   PRODUK 1        PRODUK 2
                          R5                          600            2 500
                          R10                         500            2 300
                          R15                         400            2 000
                          R20                         300            2 000
                          R25                         200            2 000
                          R30                         100            2 000

         2.2.1        Teken 'n lyngrafiek wat die hoeveelheid van PRODUK 1 teen die
                      verskillende pryse gevra, toon.                                             (6)

         2.2.2        Identifiseer die produk (1 of 2) in die tabel wat die wet van vraag
                      weerspieël.                                                                 (1)

         2.2.3        Regverdig die antwoord op VRAAG 2.2.2.                                      (1)

         2.2.4        Noem die vorm van elastisiteit wat in PRODUK 1 en PRODUK 2
                      vertoon word.                                                               (2)

         2.2.5        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.4 vir ELKE produk.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           8                             DBE/November 2020
                                             SS/NSS

2.3      In 'n vryemarkstelsel verkoop produsente hul produkte waar en wanneer hulle
         wil teen 'n prys waaroor beide die koper en die verkoper ooreengekom het.
         2.3.1        Identifiseer 'n voordeel van 'n vryemarkstelsel vir die verbruiker.            (1)

         2.3.2        Noem TWEE nadele van 'n vryemarkstelsel vir die produsent.                     (2)

         2.3.3        Noem TWEE bemarkingskanale wat die produsente in 'n
                      vryemarkstelsel kan gebruik om hul produkte te bemark.                         (2)
2.4      Die vloeidiagram hieronder stel 'n bemarkingsketting voor.

              A                          B                                C

            Plaas                    Produk-                          Prosesserings-
                                   voorbereiding                          fabriek

                                                          D

                                                      Supermark

                                                               E

                                                        Kleinhandelaar

         2.4.1        Identifiseer die bemarkingsketting wat hierbo geïllustreer word.               (1)
         2.4.2        Noem die faktor wat die bemarking by stadium E kan bemoeilik as
                      minder produkte verkoop word.                                                  (1)
         2.4.3        Dui TWEE maniere aan waarop die landboubedryfsketting tussen
                      stadium A en stadium E verbeter kan word.                                      (2)
2.5      Die volgende is persoonlike eienskappe wat maak dat 'n entrepreneur in 'n
         besigheid sukses behaal.
                         deursettingsvermoë; innovasie; neem risiko's;
                           selfvertroue; interpersoonlike vaardighede
         2.5.1        Kies 'n persoonlike eienskap van 'n entrepreneur hierbo wat by
                      ELK van die volgende stellings pas:
                     (a) Vind maniere om nuwe idees te ontwikkel om uitdagings te
                         oorkom                                                                      (1)
                     (b) Vermoë om met mense om te gaan                                              (1)
                     (c) Gee nie maklik op nie, selfs in moeilike tye                                (1)
                     (d) Koop nuwe toerusting met die hoop dat dit produksie sal
                         verhoog                                                                     (1)
         2.5.2        Noem TWEE fases van die entrepreneursproses.                                   (2)
         2.5.3        Noem TWEE probleme wat die entrepreneur kan ondervind
                      wanneer 'n besigheidsplan opgestel word.                                       (2)
                                                                                                     [35]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           9                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      'n Persoon wat 'n graad in Landbouwetenskappe behaal het, wou geld bekom
         en 'n plaas koop om 'n boerderyonderneming te begin. Die gegradueerde het
         daarin geslaag om geld op krediet te bekom.

         3.1.1        Dui die tipe krediet aan wat bekom is om die plaas te koop.                  (1)

         3.1.2        Verduidelik die tipe krediet wat by VRAAG 3.1.1 aangedui is.                 (2)

         3.1.3        Identifiseer TWEE probleme met kapitaal wat die gegradueerde
                      kan ondervind.                                                               (2)

         3.1.4        Noem TWEE ander maniere om kapitaal te skep.                                 (2)

3.2      Boerdery is 'n besigheid wat bestuur as 'n produksiefaktor vereis om dit
         effektief te bestuur.

         3.2.1        Definieer die term bestuur.                                                  (2)

         3.2.2        Maak 'n lys van DRIE hoofkomponente van bestuur.                             (3)

3.3      Die volgende is eksterne kragte wat 'n besigheid beïnvloed.

                       Omgewingskragte                     Ekonomiese kragte

                                             Regskragte

                       Tegnologiese kragte                Sosiokulturele kragte

         Pas die eksterne kragte hierbo by die beskrywings hieronder.

         3.3.1        Beïnvloed 'n boerderyonderneming deur die inflasiekoers                      (1)

         3.3.2        Die wyse waarop 'n boerderyonderneming werksomstandighede vir
                      hulle arbeidsmag verskaf                                                     (1)

         3.3.3        'n Verandering in die bevolkingsdemografie, soos ouderdom, ras
                      en geslag, kan verbruikers se behoeftes en voorkeure beïnvloed               (1)

         3.3.4        Die invloed van droogtes en vloede op 'n boerderyonderneming                 (1)

         3.3.5        Die invloed van infrastruktuur en telekommunikasie op 'n boerdery-
                      onderneming                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                              DBE/November 2020
                                             SS/NSS

3.4      ARBEIDSWETGEWING

         3.4.1        Noem DRIE aspekte in die kontrak van 'n plaaswerker wat die Wet
                      op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) hanteer.                      (3)

         3.4.2        Dui die wetgewing aan wat vir plaaswerkers voorsiening maak om
                      die volgende te doen:

                     (a) Dra rubberstewels en oorpakke tydens die melkproses                            (1)

                     (b) Die reg om te staak en onregverdige arbeidspraktyke                            (1)

3.5      Grond kan beskadig word, maar dit kan nie vernietig word nie.

         3.5.1        Dui 'n ekonomiese eienskap van grond aan wat deur die stelling
                      hierbo verteenwoordig word.                                                       (1)

         3.5.2        Noem enige DRIE ander ekonomiese eienskappe van grond.                            (3)

         3.5.3        Noem TWEE metodes wat                   gebruik        kan    word      om
                      grondproduktiwiteit te verbeter.                                                  (2)

3.6      Die tabel hieronder toon die begroting van 'n braaikuikenproduksie-
         onderneming.

                     UITGAWE-ITEMS                              INKOMSTE
                           (RAND)                                 (RAND)
          Kosprys van 1 500                     1 500 Verkope van 1 450                 79 750
          braaikuikens                                braaikuikens
          Voer (aanvang, groei en              45 000 Verkope van mis                     3 700
          afronding)
          Elektrisiteit en water                6 000
          Inentings                               800
          Saagsels                                700
          Lone                                  1 600
          Versekering                             800
                                 Totaal:

         3.6.1        Identifiseer, in die tabel hierbo, 'n voorbeeld van:

                     (a) Vaste koste                                                                    (1)

                     (b) Veranderlike koste                                                             (1)

         3.6.2        Bereken die wins/verlies van die begroting hierbo.                                (3)

         3.6.3        Noem TWEE tipes begrotings op 'n plaas.                                           (2)
                                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          11                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      By Nguni-beeste is die swart (B) kleur dominant oor die wit (b) kleur.
         'n Homosigotiese swart bul word met 'n homosigotiese wit koei gekruis.

         4.1.1        Bepaal die genotipe van die koei.                                            (1)
         4.1.2        Teken 'n Punnett-vierkant om die fenotipe van die F1-generasie
                      te bepaal.                                                                   (4)
         4.1.3        Noem die tipe dominansie wat by Nguni-beeste voorkom.                        (1)
         4.1.4        Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 4.1.3 te motiveer.                      (1)

4.2      Vrugtekleur by plante word deur twee allele, swart (B) en rooi (b), beheer.
         Vrugtevorm word deur twee allele beheer, rond (R) en verrimpel (r). Swart en
         rond is onderskeidelik dominant oor rooi en verrimpel. Twee plante,
         heterosigoties vir beide eienskappe, is met mekaar gekruis.

                 Eienskap 1:     (Kleur)
                                      B - Swart
                                      b - Rooi
                 Eienskap 2:     (Vorm)
                                      R - Rond
                                      r - Verrimpel

         Die tabel hieronder toon die moontlike genotipes van die nageslag van die
         eerste generasie.

                         BR           Br          bR            br

          BR             BBRR         BBRr        BbRR          BbRr

          Br             BBRr         BBrr        BbRr          Bbrr

          bR             BbRR         BbRr        bbRR          bbRr

          br             BbRr         Bbrr        bbRr          bbrr

         4.2.1        Identifiseer die tipe kruising wat hierbo voorgestel word.                   (1)
         4.2.2        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.2.1.                                 (1)
         4.2.3        Noem EEN genotipe van die nageslag wat verskil van die ouers in
                      die Punnett-vierkant hierbo, wat oorsprong sal gee aan die fenotipe
                      wat aan dié van die ouers soortgelyk is.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           12                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

4.3      Ouers:
                        RR              WW
                        Red
                      Rooi              Wit

                                 RW
         F1                     Pienk

         4.3.1        Dui aan of die ouers homosigoties of heterosigoties is.                        (1)

         4.3.2        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.1.                                   (1)

         4.3.3        Bepaal die volgende na inteling van die F1-nageslag:

                     (a) Die fenotipiese verhouding van die F2-generasie                             (1)

                     (b) Die persentasie rooi nageslag                                               (1)

4.4      Genotipies identiese mieliesade is in verskillende dele van die provinsie
         geplant. Die sade is op dieselfde tyd geplant. Die tabel hieronder toon die
         hoogte van die mielieplante na drie maande.

              DEEL            HOOGTE
               A                Hoog
               B               Dwerg
               C               Medium

         4.4.1        Dui die genetiese verskynsel aan wat in die tabel hierbo
                      geïllustreer word.                                                             (1)

         4.4.2        Definieer die genetiese verskynsel in VRAAG 4.4.1.                             (2)

         4.4.3        Noem DRIE omgewingsfaktore wat tot die verskil in hoogte van die
                      mielieplante kon bygedra het.                                                  (3)

         4.4.4        As twee verskillende mieliekultivars gekruis word, toon die
                      nageslag normaalweg 'n baie groot en dramatiese verbetering in
                      opbrengs. Gee 'n wetenskaplike term vir hierdie verbetering.                   (1)

         4.4.5        Noem die tipe teelstelsel wat in die stelling in VRAAG 4.4.4 gegee
                      word.                                                                          (1)

4.5      Die hoogte van 'n tamatieplant word deur twee pare gene beheer. Die
         basishoogte van 'n resessiewe plant (aabb) is 30 cm. Elke additiewe alleel
         dra 10 cm tot die basishoogte by.

         4.5.1        Definieer die konsep poligeniese oorerwing.                                    (2)

         4.5.2        Bepaal die hoogte van 'n AABB-tamatieplant.                                    (2)

         4.5.3        Noem die DRIE verskillende genotipes van 'n tamatieplant wat
                      50 cm hoog is.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                     13                      DBE/November 2020
                                        SS/NSS

4.6      GENETIESE MODIFIKASIE

         4.6.1        Noem TWEE tegnieke wat gebruik kan word om plante te
                      modifiseer.                                                     (2)

         4.6.2        Noem TWEE voordele van GG gewasse.                              (2)

         4.6.3        Dui TWEE nadele van GG gewasse aan.                             (2)
                                                                                      [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:        105
                                                                GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-english/17ddbf94-a5ae-44d7-b197-3336e2ffb873) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-afr/568de80f-4ea2-43e0-b560-9a21dcddc184) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
