# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-afr/3fcded68-13f7-42e9-b27a-5dee90470e29
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-afr/3fcded68-13f7-42e9-b27a-5dee90470e29)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                           

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                              SENIOR CERTIFICATE
                                    GRAAD 12

                         LANDBOUWETENSKAPPE V2

                                NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                     2                            DBE/November 2022
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                              3                           DBE/November 2022
                                                  NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       Markewewig kom voor wanneer die …

                     A      vraag en die aanbod nie gelyk is nie.
                     B      aanbod meer as die vraag is.
                     C      markaanbod gelyk aan die markvraag is.
                     D      vraag laer as die aanbod is.

         1.1.2       Die volgende is NIE 'n komponent van verkoop NIE:

                     A      Bestuur is verkoop-volume-georiënteerd.
                     B      Die klem is op die behoeftes van die verbruiker.
                     C      Die fokus is op die behoeftes van die verkoper.
                     D      Die klem is op die landbouproduk.

         1.1.3       'n Operasionele produksieplan in 'n besigheidsplan fokus op die …

                     A      aantal en tipe werknemers.
                     B      werwing van geskikte personeel.
                     C      opsomming van die onderneming se besonderhede.
                     D      monitering van prestasie en verseker kwaliteitsbeheer

         1.1.4       Die beskrywings hieronder hanteer geleenthede wat deur die
                     SWOT-ontleding verwesenlik kan word.

                     (i)   Nuwe markte wat geopen word om verkope te verhoog
                     (ii)  Nuwe tegnologieë om die doeltreffendheid van die onderneming
                           te verbeter
                     (iii) Beperkte hulpbronne om effektief te boer
                     (iv) Toegang tot 'n toelaag van die regering

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A      (i), (ii) en (iv)
                     B      (ii), (iii) en (iv)
                     C      (i), (iii) en (iv)
                     D      (i), (ii) en (iii)

         1.1.5       Die deel van die uitgawes van 'n boerdery-onderneming wat NIE deur
                     die vlak van produksie beïnvloed word NIE:

                     A      Koste van vraag
                     B      Vaste koste
                     C      Koste van aanbod
                     D      Veranderlike koste
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                               4                          DBE/November 2022
                                                   NSS

         1.1.6       Die tipe arbeid wat in diens geneem word om slegs 'n kraal te bou:

                     A       Permanent
                     B       Seisoenaal
                     C       Voltyds
                     D       Los werker

         1.1.7       Die handeling deur 'n boer om onderkapitalisering op die plaas aan te
                     pak:

                     A       Hou ou, nielewensvatbare trekkers aan
                     B       Betaal hoër lone
                     C       Huur spesifieke masjinerie
                     D       Belê meer geld in die bank

         1.1.8       Die vaardigheid wat die bestuurder in staat stel om die onderneming
                     teen monetêre verliese te beskerm:

                     A       Finansiële bestuur
                     B       Besluitneming
                     C       Interpersoonlik
                     D       Probleemoplossing

         1.1.9       Die volgende stellings handel oor Mendel se wette van oorerwing:

                     (i)     Pare allele verdeel ewekansig tydens meiose.
                     (ii)    Pare allele rangskik hulleself afhanklik van mekaar.
                     (iii)   Pare allele rangskik hulleself onafhanklik van mekaar.
                     (iv)    In 'n heterosigotiese staat sal 'n dominante alleel die fisiese
                             voorkoms van 'n organisme beïnvloed.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (i), (iii) en (iv)

         1.1.10 'n Voorbeeld van 'n heterosigotiese genotipe vir blomkleur:

                     A       FRFR
                     B       FWFW
                     C       FRFW
                     D       FBFB                                                   (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            5                              DBE/November 2022
                                                NSS

1.2      Kies 'n woord/term in KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.

                              KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       'n Vorm van volhoubare landbou-         A   kleinhandelaar
                     bemarking wat op die toenemende
                     besorgheid oor die omgewing             B   interne
                     reageer
                                                             C   agribemarking
         1.2.2       Die tipe verkoper wat as 'n agent vir
                     kommissie werk                          D   X-strale

         1.2.3       Mediumtermynbeleggingsbates             E   eksterne

         1.2.4       Kragte wat op die plaas ontstaan en     F   makelaar
                     'n invloed op plaasbestuur het
                                                             G   vaste kapitaal
         1.2.5       Beskadig die DNA-molekuul en
                     veroorsaak dat dit breek                H   groenbemarking

                                                             I   roerende kapitaal

                                                             J   salpetersuur
                                                                                       (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die bemarkingstelsel waar die prys van 'n produk deur die regering
                     bepaal word

         1.3.2       'n Praktyk waar onekonomiese dele landbougrond bymekaar gevoeg
                     word om produktiwiteit te verhoog

         1.3.3       'n Tipe dominansie waar geeneen van die ouer-eienskappe by die
                     nageslag sigbaar is nie

         1.3.4       'n Tegniek waar 'n elektriese stroom deur 'n oplossing wat die
                     verlangde geen bevat, gestuur word

         1.3.5       'n Organisme met meer as twee stelle chromosome                   (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           6                            DBE/November 2022
                                               NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Prysmonopolie is die vasstel van die prys van goedere en dienste
                     waar geen bedinging toegelaat word nie.

         1.4.2       Die geld wat aan 'n finansiële instelling terugbetaal word bo en
                     behalwe die geld wat geleen is, is krediet.

         1.4.3       Verwagte teelwaarde is die gebruik van statistieke om biologiese data
                     te analiseer.

         1.4.4       Die voorkoms by pluimvee van 'n bykomende toon wat vir baie
                     generasies afwesig was, is 'n voorbeeld van erfdwang.

         1.4.5       'n Klein deeltjie van die DNA wat oorerflikheidsinligting van 'n
                     eienskap dra, staan as 'n chromosoom bekend.              (5 x 1)            (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                    7                          DBE/November 2022
                                                        NSS

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1     Die grafiek hieronder toon hoeveelhede van twee landbouprodukte wat oor 'n
        periode van ses maande in 'n mark beskikbaar is.

                                       Hoeveelheid van twee produkte beskikbaar
                                            oor 'n periode van ses maande

                                             Produk 1              Produk 2

         Hoeveelheid (ton)

                                                  Maande van die jaar

        2.1.1                Dui die hoeveelheid van produk 1 beskikbaar in maand 3 aan.                 (1)

        2.1.2                Identifiseer die produk wat oor 'n periode van ses maande konstante
                             beskikbaarheid getoon het.                                                  (1)

        2.1.3                Noem die probleem wat met produk 2 in die mark kan ontstaan indien
                             die vraag 20 ton is.                                                        (1)

        2.1.4                Noem die faktor wat die bemarking van produk 1 kan belemmer.                (1)

        2.1.5                Noem TWEE faktore wat die vraag na produk 1 en 2 kan beïnvloed.             (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            8                             DBE/November 2022
                                                NSS

2.2      Die vloeidiagram hieronder illustreer die bemarkingstelsel en die kanale wat
         gebruik word wanneer produkte bemark word.

                                         BEMARKING-
                                          STELSEL

                     A                             B                      C

                Produkte word               Boere bemark              Lewende hawe word
              vanaf die plaas aan           deur 'n agent.              aan die hoogste
               smouse verkoop.                                           bieër verkoop.

         2.2.1       Identifiseer die bemarkingstelsel hierbo geïllustreer.                         (1)

         2.2.2       Identifiseer kanaal A en B wat in die bemarkingstelsel in VRAAG 2.2.1
                     gebruik is.                                                                    (2)

         2.2.3       Noem EEN voordeel van kanaal A vir ELK van die volgende:

                     (a)   Boer                                                                     (1)

                     (b)   Verbruiker                                                               (1)

         2.2.4       Noem EEN nadeel van kanaal C vir die verkopers.                                (1)

2.3      'n Groep jeugdiges naby 'n lewendehaweplaas het besluit om mis op die
         plaas te versamel en biobrandstof te vervaardig om as 'n bron van energie te
         gebruik. Hulle het 'n besigheidsplan saamgestel wat gebruik is om fondse by
         'n bank vir die aankoop van 'n biogasverwerker te bekom. 'n Ou gebou is as 'n
         fabriek gebruik en vaardige personeel is in diens geneem om die
         onderneming te bedryf. Die onderneming het gefloreer en hulle het begin om
         dienste aan die gemeenskap te lewer.

         2.3.1       Identifiseer DRIE fases van entrepreneurskap in die scenario hierbo.           (3)

         2.3.2       Gee TWEE ander redes vir die opstel van 'n besigheidsplan, behalwe
                     vir die een in die scenario hierbo.                                            (2)

         2.3.3       Dui 'n suksesfaktor van hierdie groep aan wat hulle in staat gestel het
                     om ELK van die volgende te doen:

                     (a)   Sodat ander mense in hulle idee kan glo en saam met hulle werk           (1)

                     (b)   Belê in nuwe toerusting met die hoop om sukses met die
                           onderneming te behaal                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          9                           DBE/November 2022
                                              NSS

2.4      Die tabel hieronder toon sakkies aartappels wat oor 'n periode van vyf weke in
         'n mark aangebied word.

             WEKE              PRYS (RAND)        HOEVEELHEID AANGEBIED (SAKKE)
              1                    10                          500
              2                    20                         1 000
              3                    30                         1 500
              4                    40                         2 000
              5                    50                         2 500

         2.4.1       Teken 'n lyngrafiek wat die hoeveelhede aartappels toon wat teen
                     verskillende pryse beskikbaar word.                                        (6)

         2.4.2       Beskryf die bemarkingswet van toepassing op die data wat in die
                     tabel hierbo verskaf word.                                                 (2)

         2.4.3       Noem TWEE faktore, behalwe die prys, wat tot die hoeveelhede
                     aartappels wat beskikbaar is, kon bygedra het.                             (2)

2.5      Die skematiese voorstelling hieronder toon die stadiums van die bemarkings-
         ketting waardeur produkte vanaf die plaas tot by die verbruikers gaan.

             Plaas              Gradering           Prosessering         Stoor

            Verbruiker           Kleinhandelaar        Groothandelaar      Vervoer

         2.5.1       Dui TWEE koste in die skematiese voorstelling hierbo aan wat die
                     prys van 'n produk kan verhoog wanneer dit die verbruiker bereik.          (2)

         2.5.2       Identifiseer die stadium in die bemarkingsketting hierbo waarin die
                     volgende plaasvind om die agribesigheid te verbeter:

                     (a)   Die installering van koelkamers om bederf te voorkom voor
                           vervoer na die groothandelaar                                        (1)

                     (b)   Die verbetering van padinfrastruktuur sodat die produk die
                           verwerkingstadium kan bereik                                         (1)

         2.5.3       Noem TWEE maniere waarop die kleinhandelaar die produk aan die
                     verbruiker kan bekendstel.                                                 (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                        10                              DBE/November 2022
                                                            NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1           Die beskikbaarheid van landbougrond is beperk.

              3.1.1             Noem TWEE ander ekonomiese eienskappe van grond.                                  (2)

              3.1.2             Noem TWEE maniere waarop die produktiwiteit van grond verbeter
                                kan word.                                                                         (2)

              3.1.3             Noem TWEE funksies geassosieer met grond as 'n produksiefaktor.                   (2)

3.2           Die grafiek hieronder toon die aantal mense in diens van 'n boer en hulle
              uitsette.

         Hoeveelheid uitsette

                                                       Aantal werkers in diens

              3.2.1             Identifiseer die produksiefaktor in die grafiek hierbo geïllustreer.              (1)

              3.2.2             Uit die grafiek hierbo, lei die verwantskap af tussen die aantal mense
                                in diens van 1 tot 5 en hulle uitsette.                                           (2)

              3.2.3             Noem TWEE probleme met arbeid in 'n boerderyonderneming.                          (2)

              3.2.4             Noem TWEE maniere waarop die boer die ekonomiese toestande
                                van plaaswerkers kan verbeter.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           11                           DBE/November 2022
                                               NSS

3.3      Dui die arbeidswetgewing aan wat ELK van die volgende reguleer:

         3.3.1       Verlofdae, werksure, salarisse en oortyd                                     (1)

         3.3.2       Poog om die bevoegdhede van werkers om masjinerie effektief te
                     hanteer, te ontwikkel en verbeter                                            (1)

         3.3.3       Plaaswerkers moet oorpakke en rubberstewels vir hulle daaglikse
                     take dra                                                                     (1)

3.4      Die tabel hieronder verskaf inligting oor die bates en laste op 'n plaas.

                                  BATES/LASTE               WAARDE (RAND)
                     A     Waarde van die plaas               R3 500 000
                     B     Trekkerlening                       R365 000
                     C     Waarde van voertuie                 R275 000
                     D     Oortrokke bankrekening              R150 000
                     E     Verbandlening                      R4 200 000
                     F     Kontant                              R50 000
                     G     Waarde van geboue                   R650 000

         3.4.1       Identifiseer, uit die tabel hierbo, die item wat ELK van die volgende
                     verteenwoordig:

                     (a)   Bate                                                                   (1)

                     (b)   Las                                                                    (1)

         3.4.2       Gebruik 'n formule om die netto waarde van die plaas te bereken.             (4)

         3.4.3       Verwys na die berekening in VRAAG 3.4.2 om die lewensvatbaarheid
                     van hierdie boerderyonderneming aan te dui.                                  (1)

         3.4.4       Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 3.4.3 te ondersteun.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           12                      DBE/November 2022
                                               NSS

3.5      Die prent hieronder stel 'n plaas met verskillende boerderyondernemings
         voor.

                                       E                            A
                                                          F

                                                                B

                                   D
                                                         C

         3.5.1       Identifiseer die tipe kapitaal wat deur ELK van die volgende
                     voorgestel word:

                     (a)   C                                                                 (1)

                     (b)   B                                                                 (1)

         3.5.2       Dui die probleem van kapitaalitem F aan.                                (1)

         3.5.3       Noem 'n tipe krediet benodig vir die aankoop van ELK van die
                     volgende kapitaalitems, voorgestel deur:

                     (a)   D                                                                 (1)

                     (b)   E                                                                 (1)

3.6      'n Boerderyonderneming moet goed bestuur word om suksesvol te wees en
         om die verlangde doelwitte en mikpunte te bereik.

         3.6.1       Definieer die term bestuur.                                             (2)

         3.6.2       Noem TWEE bestuursbeginsels van 'n onderneming om suksesvol te
                     wees.                                                                   (2)

         3.6.3       Noem TWEE risikobestuurstegnieke.                                       (2)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            13                             DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die illustrasie hieronder toon die kruising van plaasdiere waar dieselfde bul
         herhaaldelik gebruik is om die groeitempo van die kudde te verbeter.

              Simmentaler-koei     x     Brahmaan-bul                        Kruising 1

                           Simbra-vers F1      x      Brahmaan-bul           Kruising 2

                                     Simbra-vers F2      x    Brahmaan-bul   Kruising 3

                                                      Simbra F3

         4.1.1 Noem die teelstelsel wat deur ELK van die volgende verteenwoordig
               word:
                 (a)    Kruising 1                                                                   (1)
                 (b)    Kruising 3                                                                   (1)

         4.1.2 Definieer die teelstelsel voorgestel deur Kruising 3.                                 (1)

         4.1.3 Noem EEN nadeel van die teelstelsel voorgestel deur Kruising 2.                       (1)

         4.1.4 Noem TWEE voordele van die teelstelsel voorgestel deur Kruising 1.                    (2)

 4.2     Variasie word deur beide interne en eksterne faktore veroorsaak.

         4.2.1 Noem TWEE interne oorsake van variasie.                                               (2)

         4.2.2 Noem TWEE belangrike aspekte van variasie by teling.                                  (2)

 4.3     Pas die seleksiemetodes hieronder by ELK van die stellings wat volg.

           massa-seleksie; familie-seleksie; nageslagseleksie; stamboomseleksie

         4.3.1 Diere word geselekteer op grond van hulle voorgeslagte se rekords.                    (1)

         4.3.2 Seleksie word op die kwaliteit van verwante van hulle eie generasie
               gebaseer.                                                                             (1)

         4.3.3 Plaasdiere word op grond van hulle eie prestasie geselekteer.                         (1)

         4.3.4 Seleksie word op die kwaliteit van die nageslag gebaseer.                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         14                          DBE/November 2022
                                             NSS

 4.4     Die Punnett-vierkant hieronder stel 'n kruising voor tussen 'n bul,
         heterosigoties vir beide eienskappe, en 'n heterosigotiese poenskop- wit koei.

          SLEUTEL:

             Eienskap 1:      (horingkonformasie)
                              H – poenskop (geen horings nie)
                              h – horings

             Eienskap 2:      (haarkleur)
                              W – wit
                              R – rooi
                              RW – skimmel

                            ♂
                     ♀               HR          HW          17        hW

                                 1           2          3           4
                         HW       HHRW           HHWW       HhRW    HhWW

                                 5        6    7                    8
                         HW          HHRW HHWW   HhRW               HhWW
                                 9        10   11                   12
                         hW          HhRW HhWW hhRW                  hhWW
                                 13    14               15          16
                         hW       HhRW HhWW              hhRW        hhWW

         4.4.1 Gee die genotipe van die volgende individue:

                 (a)    Vroulike ouer                                                          (1)

                 (b)    Gameet genommer 17                                                     (1)

         4.4.2 Bepaal die fenotipes van ELK van die volgende individue:

                 (a)    Nommer 9                                                               (1)

                 (b)    Nommer 16                                                              (1)

         4.4.3 Dui die getal gehoringde skimmelbeeste in die Punnett-vierkant hierbo
               aan.                                                                            (1)

         4.4.4 Dui die getal poenskop- rooi beeste in die Punnett-vierkant hierbo.
               hierbo aan.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         15                           DBE/November 2022
                                             NSS

 4.5     Plaasdiere het geslagschromosome, bekend as gonosome, en liggaams-
         chromosome, bekend as outosome. Perde het 64 chromosome en bokke
         het 60.

         4.5.1 Dui ELK van die volgende aan:

                 (a)    Die getal geslagschromosome in bokke                               (1)

                 (b)    Die getal pare outosome in perde                                   (1)

         4.5.2 Indien 'n ram (XY) met 'n ooi (XX) gepaar word:

                 (a)    Dui die kans in persentasie aan dat 'n manlike nageslag
                        geproduseer kan word                                               (1)

                 (b)    Bepaal die verhouding van die manlike tot vroulike nageslag        (1)

4.6      Die tabel hieronder toon oorerflikheid van verskeie eienskappe by plaasdiere.

                          OORERFLIKHEIDSEIENSKAPPE
                             Melkproduksie  Oogkleur                     Vagmassa
           OORERFLIKHEID (%)      40          70                            20

         4.6.1 Definieer die term oorerflikheid.                                           (2)

         4.6.2 Identifiseer die volgende uit die tabel hierbo:

                 (a)    Kwalitatiewe eienskap                                              (1)

                 (b)    Kwantitatiewe eienskap                                             (1)

         4.6.3 Dui die persentasie van omgewingsinvloed op melkproduksie aan.              (1)

         4.6.4 Verduidelik die verwantskap tussen oorerflikheid en die verwagte
               teelwaarde (VTW).                                                           (2)

4.7      Genetiese modifikasie is die tegniek waar die eienskappe van 'n organisme
         verander word deur die invoeg van gene van 'n ander organisme by die
         oorspronklike organisme se DNA.

         4.7.1 Noem TWEE voordele van genetiese modifikasie bo tradisionele
               telingmetodes.                                                              (2)

         4.7.2 Noem TWEE negatiewe invloede van GM gewasse op die omgewing.                (2)
                                                                                           [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:        105
                                                                     GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-afr/568de80f-4ea2-43e0-b560-9a21dcddc184) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
