# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                         

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                            SENIOR CERTIFICATE
                                  GRAAD 12

                       LANDBOUWETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                     2                          DBE/November 2023
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                               3                   DBE/November 2023
                                                   NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

         1.1.1       Die bemarkingskanaal waar lewende hawe aan die hoogste bieër
                     verkoop word:

                     A       Plaashek
                     B       Veiling
                     C       Direkte bemarking
                     D       Indirekte bemarking

         1.1.2       Die fase in die entrepreneursproses waar 'n boer kapitaal vir
                     infrastruktuur en toerusting verseker:

                     A       Begin 'n onderneming
                     B       Hulpbronmobilisering
                     C       Identifikasie van 'n geleentheid
                     D       Beplanning

         1.1.3       Die volgende is NIE 'n probleem wat tydens die opstel van 'n
                     besigheidsplan ondervind word nie:

                     A       Plan is vaag met skuiwergate
                     B       Onrealistiese aannames en projeksies
                     C       Onderneming is finansieel baie sterk
                     D       Swakhede en risiko's word weggesteek

         1.1.4       Wanneer 'n prys in 'n mark vasgestel is, sal …

                     (i)  prysvasstelling van goedere en dienste onderhandelbaar wees.
                     (ii) die prys konstant gehou word ongeag die koste van produksie.
                     (iii)die prys op 'n gegewe vlak gehandhaaf word deur vraag en
                          aanbod te beheer.
                     (iv) daar 'n ooreenkoms tussen die deelnemers wees om teen 'n
                          vooraf bepaalde prys te koop en te verkoop.

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                               4                         DBE/November 2023
                                                   NSS

         1.1.5       Die bestuurstrategieë wat 'n boer in staat stel om risiko's te bestuur:

                     A       Diversifikasie en risikodeling
                     B       Risikodeling en probleemoplossing
                     C       Diversifikasie en organisering
                     D       Spesialisasie en beplanning

         1.1.6       … is 'n oorsaak van arbeidstekorte op plase.

                     A       Regverdige arbeidspraktyke
                     B       Die voorsiening van mediese versekering en pensioen
                     C       Minder aantreklike werksomstandighede
                     D       Die voorsiening van aansporings

         1.1.7       Die volgende beskrywing beteken dat grond onvernietigbaar is:

                     A       Het verskillende produksiepotensiale
                     B       Word in 'n spesifieke omgewing aangetref
                     C       Kan nie enigiets self produseer nie
                     D       Kan vanself herstel na degradasie

         1.1.8       Die volgende is probleme wat met kapitaal as 'n produksiefaktor
                     verband hou:

                     (i)     Skaarsheid
                     (ii)    Lae risiko
                     (iii)   Onderkapitalisering
                     (iv)    Hoë rentekoerse

                     Kies die KORREKTE kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iv)
                     B       (ii), (iii) en (iv)
                     C       (i), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)

         1.1.9       Waar die allele van homoloë chromosome verskil, is 'n organisme …

                     A       heterosigoties.
                     B       resessief.
                     C       dominant.
                     D       homosigoties.

         1.1.10 … is 'n maatstaf van hoeveel beter of laer as die gemiddeld die
                nageslag van 'n individu vir 'n spesifieke eienskap sal wees.

                     A       Teelstelsel
                     B       Stamboomprestasie
                     C       Teelmetodes
                     D       Verwagte teelwaarde                                      (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            5                           DBE/November 2023
                                                NSS

1.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Die reaksie van vraag of aanbod        A   volhoubare bemarking
                     op 'n verandering in die prys van 'n
                     produk                                 B   kommunikasievaardighede

         1.2.2       Die gebruik van herwinbare             C   toelaag
                     materiaal wanneer produkte
                     verpak word                            D   oorerwing

         1.2.3       Befondsing deur die staat voorsien     E   nageslag
                     wat nie terugbetaal hoef te word
                     nie                                    F   pryselastisiteit

         1.2.4       Die vermoë van 'n plaasbestuurder G        multigesegmenteerde
                     om toekomstige vraag, pryse en             bemarking
                     tendense te voorspel
                                                       H        prysonelastisiteit
         1.2.5       Die oordrag van eienskappe van
                     ouers na die nageslag             I        lening

                                                            J   analitiese vaardighede
                                                                                     (5 x 2)            (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die proses van die versameling, rekordhouding, analise en
                     interpretering van data oor verbruikers, kompetisie en die omgewing
                     vir 'n produk

         1.3.2       'n Finansiële dokument wat bates en laste opsom

         1.3.3       'n Tipe selverdeling wat tot die produksie van haploïede geslagselle
                     aanleiding gee

         1.3.4       Die seleksie van organismes wat gedryf word deur die spesifieke
                     eienskappe wat 'n teler verlang

         1.3.5       Die tegnologie wat hoogs ontwikkelde wetenskaplike tegnieke behels
                     om gene te verander sodat 'n gewenste eienskap verkry kan word
                                                                                 (5 x 2)                (10)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        6                           DBE/November 2023
                                            NSS

1.4      Verander die onderstreepte woord(e) in elk van die volgende stellings om
         hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.4.1   'n Kleinhandelaar is die tipe koper wat vir kommissie namens ander
                deelnemers werk.

        1.4.2   Veranderlike koste verander nie met die vlak van produksie nie.

        1.4.3    Biolistiek is 'n tegniek waar bakterieë gebruik word om gene van 'n
                 verlangde plant in die DNA van 'n ander organisme te inkorporeer.

        1.4.4    Genetika is 'n maatstaf waar die gene tot die fenotipe bydra.

        1.4.5   Onvolledige dominansie is 'n patroon van oorerwing waar eienskappe
                van beide ouers in die fenotipe van 'n nageslag getoon word. (5 x 1)             (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           7                              DBE/November 2023
                                               NSS

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1     Die diagram hieronder toon die verskillende landboubemarkingstelsels.

                 A                            LANDBOU-
                                             BEMARKING-
                                                                                     B
         Lede werk vrywillig                                              Boere kan wanneer en
                                              STELSELS
            saam om 'n                                                    waar hulle wil teen die
        gesamentlike doel te                                                hoogste moontlike
              behaal                                                          prys verkoop

                                                   C
                                    Die regering besluit oor pryse van
                                  landbouprodukte, soos koring, om die
                                    stabilisering van pryse te verseker

        2.1.1        Identifiseer landboubemarkingstelsels A, B en C wat in die diagram
                     hierbo voorgestel word.                                                            (3)

        2.1.2        Noem TWEE beginsels van bemarkingstelsel A.                                        (2)

        2.1.3        Noem EEN nadeel van bemarkingstelsel B.                                            (1)

        2.1.4        Noem EEN voordeel van bemarkingstelsel A vir die lede.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                              8                          DBE/November 2023
                                                  NSS

2.2     Die grafiek hieronder toon die prys en die hoeveelhede in 'n mark.

                           A                                       B
                Prys
                           r                  D                    r
                           i                  r                    i
                           c                  i                    c
                           e                  c                    e
                                              e         C
                     P
                                                        r
                                                        i
                                                        c
                                                        e

                                               E
                                               r
                                               i
                                               H        Hoeveelhede
                                               c
                                               e
        2.2.1        Identifiseer krommes A en B in die grafiek hierbo.                               (2)

        2.2.2        Gee die ekonomiese term vir punt C.                                              (1)

        2.2.3        Identifiseer die situasie by die mark, geïllustreer deur D en E.                 (2)

        2.2.4        Verduidelik die verhouding tussen die prys en krommes A en B wat in
                     die grafiek aangedui is.                                                         (3)

2.3     Die wetgewende en regulatoriese raamwerk beheer die bemarking
        van landbouprodukte. Die doel van wetgewing is om beide produsente en
        verbruikers te beskerm.

        2.3.1        Noem TWEE rolle van wetgewing vir die effektiewe bemarking van
                     landbouprodukte.                                                                 (2)

        2.3.2        Noem TWEE faktore wat die bemarking van landbouprodukte
                     bemoeilik.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            9                          DBE/November 2023
                                                NSS

2.4     Die prent hieronder illustreer 'n funksie van landboubemarking.

                                            KAAS

                                MELK

                                           ROOMYS

        2.4.1        Identifiseer die landboubemarkingsfunksie wat in die prent hierbo
                     uitgebeeld word.                                                               (1)

        2.4.2        Noem TWEE voordele van die bemarkingsfunksie in VRAAG 2.4.1
                     geïdentifiseer.                                                                (2)

        2.4.3        Noem TWEE ander hooffunksies van landboubemarking wat NIE in
                     die prent hierbo getoon word NIE.                                              (2)

2.5     Dit is belangrik dat entrepreneurs oor goeie kwaliteite moet beskik sodat hulle
        in staat is om 'n onderneming suksesvol te bedryf.

        2.5.1        Onderskei tussen 'n entrepreneur en entrepreneurskap.                          (2)

        2.5.2        Identifiseer die suksesfaktore hieronder wat by ELK van stellings (a)
                     en (b) sal pas:

                          Waardering
                          Stiptelikheid
                          Leierskap
                          Motivering
                          Selfvertroue

                     (a)   Die entrepreneur stel standaarde en gee uitvoering aan die rolle
                           van 'n suksesvolle onderneming.                                          (1)

                     (b)   Die entrepreneur is elke dag betyds vir werk.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                          10                         DBE/November 2023
                                              NSS

2.6     Dui die komponente van die SWOT-ontleding aan soos voorgestel deur ELK
        van die stellings (2.6.1 tot 2.6.4) hieronder.

        2.6.1        Verhoogde mededinging van ander produseerders                               (1)

        2.6.2        Het verouderde en oneffektiewe masjinerie                                   (1)

        2.6.3        Vaardige werksmag                                                           (1)

        2.6.4        Nuwe tegnologie wat die doeltreffendheid van die plaas sal verhoog,
                     is bekendgestel en sal binnekort beskikbaar wees                            (1)

2.7     'n Besigheidplan is 'n dokument wat 'n besigheid beskryf wat 'n boer wil begin,
        die doelwitte en mikpunte daarvan.

        2.7.1        Noem TWEE komponente wat by 'n goeie besigheidsplan ingesluit
                     moet word.                                                                  (2)

        2.7.2        Gee EEN rede vir die opstel van 'n besigheidsplan.                          (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             11                           DBE/November 2023
                                                 NSS

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die tabel hieronder toon die hoeveelheid kunsmis toegedien en die
         hoeveelheid mielies geproduseer op 'n stuk grond.

                      KUNSMIS (kg)                             MIELIES (sakke)
                          5                                          10
                          10                                         25
                          15                                         35
                          20                                         40
                          25                                         40

         3.1.1       Teken 'n lyngrafiek deur die inligting in die tabel hierbo te gebruik.            (6)

         3.1.2       Identifiseer die ekonomiese eienskap van die grond wat in die tabel
                     hierbo uitgebeeld word.                                                           (1)

         3.1.3       Lei die funksie van die grond af, soos weergegee in die tabel hierbo.             (1)

         3.1.4       Stel TWEE metodes voor om die produktiwiteit van die grond te
                     verhoog, buiten die een in die tabel.                                             (2)

3.2      Hieronder is verskillende tipes arbeid wat in diens geneem word om verskeie
         take in 'n skaapproduksieonderneming te verrig:

             Seisoen
             Permanent
             Los

         3.2.1       Identifiseer vanuit die bostaande die tipe arbeid wat in diens geneem
                     word om die volgende take te verrig:

                     (a)   Die voer van stoetramme                                                     (1)

                     (b)   Die skeer van skape                                                         (1)

                     (c)   Die installasie van waterbakke op die plaas                                 (1)

         3.2.2       Noem TWEE maniere waarop die boer die lewensomstandighede van
                     plaaswerkers in hierdie boerderyonderneming kan verbeter.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           12                          DBE/November 2023
                                               NSS

3.3      'n Wettige dokument wat bindend is tussen die boer en die arbeider moet met
         die aanvang van diens onderteken word soos deur arbeidswetgewing vereis.
         Ander wetgewing hanteer die werkstoestande van plaaswerkers, soos
         hieronder gelys.

         A       Aanspraak op tee-, etenspouses en verlof
         B       Reg om by arbeidsvakbonde te affilieer
         C       Voorsiening van beskermingstoerusting wanneer daar met gevaarlike
                 chemikalieë gewerk word
         D       Vergoeding vir beserings aan diens

         3.3.1       Identifiseer die letter (A–D) wat met die toestande hierbo geassosieer
                     word, wat deur ELK van die volgende Wette hanteer word:

                     (a)   Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)                        (1)

                     (b)   Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                           1993)                                                                    (1)

                     (c)   Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)                  (1)

         3.3.2       Benoem die wettige dokument wat tussen die boer en die
                     plaasarbeider onderteken moet word.                                            (1)

3.4      Die diagram hieronder toon voorbeelde van verskillende tipes kapitaal wat
         algemeen in boerdery gebruik word.

                       Lewende hawe,                             Heining,
                        voertuie en                             geboue en
                        masjinerie                                grond

                                VOORBEELDE VAN VERSKILLENDE
                                      TIPES KAPITAAL

                                        Saad, kunsmis
                                         en brandstof

         3.4.1       Identifiseer die tipe kapitaal voorgestel deur A, B en C in die diagram
                     hierbo.                                                                        (3)

         3.4.2       Noem TWEE metodes hoe kapitaal geskep word.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             13                           DBE/November 2023
                                                 NSS

3.5      Die tabel hieronder verteenwoordig 'n finansiële rekord van 'n boerdery-
         onderneming.

        MAANDE VAN DIE DERDE KWARTAAL                  OKTOBER       NOVEMBER         DESEMBER
      AANVANGSALDO                                         R500         R10 150          R13 538
      Inkomste (Kwitansies):
      Lewendehaweverkope                                   R3 500          R3 500            R2 000
      Verkope van gewasse                                  R4 300
      Kapitaal                                             R5 500          R4 500            R2 200
      TOTALE INKOMSTE (KWITANSIES)                        R13 300          R8 000            R4 200
      Uitgawes (Betalings):
      Vervoer                                              R2 800          R3 700           R4 600
      Rente op bedrag geskuld                                R350           R412              R674
      Lone vir arbeiders                                     R500           R500            R3 500
      TOTALE UITGAWES (BETALINGS)                          R3 650          R4 612           R8 774
      WINS/VERLIES                                         R9 650          R3 388           A
      EINDSALDO                                             B             R13 538

         3.5.1       Identifiseer die finansiële rekord in die tabel hierbo.                             (1)

         3.5.2       Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 3.5.1 deur na die tabel te
                     verwys.                                                                             (1)

         3.5.3       Bereken die wins of verlies vir Desember wat deur A in die tabel
                     hierbo voorgestel word. Sluit die formule in en toon ALLE
                     berekeninge.                                                                        (3)

         3.5.4       Bereken die eindsaldo wat deur B in die tabel hierbo voorgestel word.
                     Toon ALLE berekeninge.                                                              (2)

3.6      Bestuur is die effektiewe kombinering en koördinering van menslike, fisiese
         en finansiële hulpbronne om wins te maksimaliseer.

         3.6.1       Dui die bestuursbeginsel aan van toepassing op ELK van die
                     volgende stellings:

                     (a)   Die bestuurder stel verskillende beplande aktiwiteite in werking              (1)

                     (b)   Ontwikkeling van kort- en langtermynstrategieë op beskikbare
                           hulpbronne gebaseer                                                           (1)

         3.6.2       Noem EEN voorbeeld van ELK van die volgende:

                     (a)   Interne krag wat boerderybesighede beïnvloed                                  (1)

                     (b)   Eksterne kragte wat boerderybesighede beïnvloed                               (1)
                                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           14                          DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Mendel het die eienskappe van tuinertjies bestudeer en tot die gevolgtrekking
         gekom dat daar twee allele vir elke eienskap is, wat tydens gametogenese
         van mekaar skei om die genetiese samestelling van 'n individu te vorm.
         Gebaseer op hierdie bevindinge het Mendel die wette ontwikkel wat vandag
         nog deur genetici gebruik word.

         4.1.1       Gee 'n term vir die onderstreepte woorde in die paragraaf hierbo.              (1)

         4.1.2       Lei Mendel se Wet van Oorerwing af wat in die paragraaf
                     hierbo geïllustreer word.                                                      (1)

         4.1.3       Verduidelik Mendel se Wet van Onafhanklike Herkombinasie.                      (2)

4.2      By varke is rooi haarkleur (R) dominant oor wit haarkleur (r). 'n Wit sog is met
         'n rooi beer gepaar en al die varkies in die F1 was rooi.

         4.2.1   Gebruik die Punnett-vierkantmetode om die genotipe van die
                 F1-generasie te bepaal.                                                            (4)

         4.2.2   Bereken die persentasie homosigotiese rooi varkies.                                (2)

4.3      Veronderstel dat vier pare gene die hoogte van groenrissieplante bepaal. Die
         basishoogte van 'n resessiewe plant (aabbccdd) is 40 cm. Elke additiewe
         alleel dra 4 cm tot die basishoogte by.

         4.3.1   Bereken die hoogte van 'n plant met 'n AaBbCcDD-genotipe.                          (2)

         4.3.2   Bepaal ELK van die volgende:

                 (a)     Genotipe van 'n plant met 'n hoogte van 68 cm                              (1)

                 (b)     Fenotipe van die kortste plant                                             (1)

4.4      Gestreepte haarloosheid is 'n afwyking wat aanleiding gee tot stroke met
         geen hare nie by Holsteinbeeste. Dit word veroorsaak deur 'n dominante
         alleel wat op die X-chromosoom geleë is.

         4.4.1       Dui aan of die eienskap wat hierbo verduidelik is, X-gekoppelde of
                     Y-gekoppelde oorerwing is.                                                     (1)

         4.4.2       Gee 'n term wat verwys na die eienskappe wat op die X- en
                     Y-chromosome aangetref word.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                             15                         DBE/November 2023
                                                 NSS

4.5      Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van vaglengte by skape.
         Lang vagte is dominant (L) oor kort vagte (l).

                                                                           SLEUTEL
                 1                           2
                                                                   Geskakeer: Lang vag
                                                                   Ongeskakeer: Kort vag
                                                                   Sirkel:      Vroulik
                                                                   Vierkant:    Manlik

                     3                   4                   5

                               6         7          8        9       10

         4.5.1       Uit die data hierbo, dui 'n eienskap aan wat dominant is.                        (1)

         4.5.2       Bepaal die genotipe van indiwidu 5.                                              (1)

         4.5.3       Gee die fenotipe van indiwidu 9.                                                 (1)

         4.5.4       Dui aan of indiwidu 8 homosigoties of heterosigoties is.                         (1)

         4.5.5       Identifiseer die aantal vroulike diere in die stamboomdiagram wat
                     homosigoties resessief is.                                                       (1)

4.6      Variasie is die grondslag vir seleksie en teling.

         4.6.1       Definieer die term variasie.                                                     (2)

         4.6.2       Noem TWEE oorsake van variasie.                                                  (2)

         4.6.3       Noem EEN tipe mutageen.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                     16                                DBE/November 2023
                                                         NSS

 4.7     Die skematiese voorstelling hieronder toon verskillende teelstelsels by
         beeste.

         Teelstelsel 1:

                           Afrikaner (bul)                         Hereford (koei)

                           9
                                                 F1-nageslag

         Teelstelsel 2:

                           Holstein (bul 1)                        Holstein (koei 1)

                           9
                                               Holstein (vers 1)                       Holstein (bul 2)

                            Holstein (bul 1)                       Holstein (vers 2)

                                               Holstein (vers 3)

         4.7.1       Identifiseer die teelstelsels wat deur ELK van die volgende voorgestel
                     word:

                     (a)       Teelstelsel 1                                                                    (1)

                     (b)       Die kruising van Holstein (bul 1) met Holstein (vers 2) in
                               teelstelsel 2                                                                    (1)

         4.7.2       Identifiseer, vanuit die skematiese voorstelling hierbo, die teelstelsel
                     wat heterose bevorder.                                                                     (1)

         4.7.3       Noem TWEE nadele van inteling.                                                             (2)

 4.8     Genetiese modifikasie is 'n tegnologie wat deur plant- en dieretelers gebruik
         word om die prestasie van organismes te verbeter.

         4.8.1       Noem TWEE gesondheidsvoordele van geneties gemodifiseerde
                     gewasse.                                                                                   (2)

         4.8.2       Noem TWEE doelwitte van genetiese modifisering by diere.                                   (2)
                                                                                                                [35]

                                                                                 TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                                     GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/51750641-1490-4c7b-92b0-3ccf08e8849b) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2020-afr/918c6249-e1a1-4206-936e-b596b5a34ceb) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-eng/6c337330-79b6-4740-a20d-b2543e405206) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2019-afr/568de80f-4ea2-43e0-b560-9a21dcddc184) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
