# Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2024-afr/81782c4d-d347-40f6-ab2c-0a2bb1dc02ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2024-afr/81782c4d-d347-40f6-ab2c-0a2bb1dc02ef)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                        LANDBOUWETENSKAPPE V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landbouwetenskappe/V2                      2                        DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Landbouwetenskappe/V2                                   3                   DBE/November 2024
                                                   NSS Vertroulik

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.         NV

         1.1.1       Die bemarkingsproses behels die …
                     A       bepaling van die produk wat die verbruiker wil hê.
                     B       bepaling van die produk van belang vir die verskaffer.
                     C       bestuur van verkoopsvolume.
                     D       beplanning gebaseer op huidige produkte.
         1.1.2       EEN van die volgende stellings is NIE KORREK oor faktore wat die
                     bemarking van landbouprodukte belemmer NIE:
                     A       Swak infrastruktuur
                     B       Bederfbaarheid van die produk
                     C       Hoë waarde in vergelyking met volume
                     D       Wye verspreiding van die produk
         1.1.3       'n Kanaal waar produkte aan 'n globale verbruiker geadverteer
                     word en vooruit daarvoor betaal moet word, is …-bemarking.
                     A       kontrak
                     B       plaashek
                     C       veeveiling
                     D       internet
         1.1.4       Die kurwe wat afwaarts na regs in 'n mark neig, impliseer dat:
                     (i)      Soos die prys van 'n produk styg, daal die hoeveelheid
                              gevra.
                     (ii)     Wanneer die prys van 'n produk styg, bly die aanbod
                              konstant.
                     (iii)    Daar is 'n omgekeerde verhouding tussen prys en
                              hoeveelheid gevra.
                     (iv)     Die hoeveelheid gevra is hoog want die prys van 'n produk
                              is laag.
                     Kies die KORREKTE kombinasie:
                     A       (ii), (iii) en (iv)
                     B       (i), (iii) en (iv)
                     C       (i), (ii) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.5       EEN van die volgende is NIE 'n metode om die produktiwiteit van
                     grond te verhoog NIE:

                     A       Tussenverbouing
                     B       Verbetering van grondvrugbaarheid
                     C       Monoverbouing
                     D       Herstel van grondpotensiaal
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Landbouwetenskappe/V2                                   4                              DBE/November 2024
                                                   NSS Vertroulik

         1.1.6       EEN van die volgende is NIE 'n bron van kapitaal NIE:
                     A       Risikofaktor
                     B       Trustmaatskappy
                     C       Besigheidsvennoot
                     D       Landbank
         1.1.7       'n Boer kan die maatreëls hieronder toepas om die produktiwiteit
                     van arbeid op die plaas te verhoog:
                     (i)  Om die korrekte tipe en aantal werkers te hê
                     (ii) Stel duidelike onbereikbare doelwitte vir werkers
                     (iii)Gee werkers die geleentheid om by besluitneming betrokke
                          te wees
                     (iv) Verseker die welsyn van werkers
                     Kies die KORREKTE kombinasie:
                     A       (i), (ii) en (iv)
                     B       (i), (iii) en (iv)
                     C       (ii), (iii) en (iv)
                     D       (i), (ii) en (iii)
         1.1.8       Die eksterne krag wat 'n boerderyonderneming kan beïnvloed:
                     A       Kwaliteit en koste van 'n produk
                     B       Beskikbare toerusting en masjinerie
                     C       Hoeveelheid skuld wat 'n boer by 'n bank het
                     D       Beleide oor die arbeidsmag
         1.1.9       Indien 'n homosigotiese lang plant (TT) met 'n homosigotiese
                     resessiewe plant (tt) gekruis word, sal die genotipiese en
                     fenotipiese persentasies van lang plante in die F1-generasie …
                     wees.
                     A       50%
                     B       100%
                     C       75%
                     D       25%
         1.1.10      Die illustrasie hieronder                 toon   'n   voorbeeld     van    …     in
                     chromosoommutasies.

                                  Tetraploïed                                 Heksaploïed

                     A       haploïedie
                     B       pentaploïedie
                     C       poliploïedie
                     D       diploïedie                                                        (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Landbouwetenskappe/V2                        5                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.2      Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.

                        KOLOM A                                    KOLOM B
         1.2.1   Bemarkingstrategie wat die          A   berging
                 hele mark met 'n enkele aanbod
                 teiken                              B   XX en XY

         1.2.2   Hou goedere totdat dit vir          C   beide die boer en die
                 toekomstige gebruik benodig             plaaswerker dra by
                 word en voedselsekerheid
                 waarborg                            D   depresiasie

         1.2.3   Werkloosheidversekerings-           E   multigesegmenteerde
                 fonds                                   bemarking

         1.2.4   Die waarde van bates verhoog        F   X-gekoppelde en Y-gekoppelde
                 met tyd                                 eienskappe

         1.2.5   Geslagschromosome                   G   appresiasie

                                                     H   waardetoevoeging

                                                     I   slegs die boer dra by

                                                     J   massabemarking
                                                                                    (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       'n Langtermynplan wat die bestuurder in staat stel om die risiko om
                     produksie as gevolg van droogte te verloor, te minimaliseer

         1.3.2       'n Maatstaf van uitset per eenheid inset

         1.3.3       'n Situasie waar een ouer meer homosigoties dominante allele vir
                     sekere eienskappe het wat aan die nageslag oorgedra word as die
                     ander ouer

         1.3.4       Die gebruik van statistiek om biologiese data te analiseer

         1.3.5       Onkruiddoderbestande hibriede plante wat die produkte van 'n
                     kruising tussen wilde plante en geneties gemodifiseerde gewasse
                     is                                                        (5 x 2)           (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Landbouwetenskappe/V2                        6                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
         (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Bemarkingsmengsel is die gevolg van die interaksie tussen die
                     vraag en aanbod van goedere en dienste.

         1.4.2       Koste is die geld betaalbaar bo en behalwe die bedrag geleen.

         1.4.3       'n Dominante alleel word nie in die fenotipe van 'n heterosigotiese
                     organisme uitgedruk nie.

         1.4.4       Die paring van 'n suiwer geteelde bul met minderwaardige koeie,
                     generasie ná generasie, verwys na inteling.

         1.4.5       Teelwaarde is 'n vorm van tegnologie wat hoogs gevorderde
                     wetenskaplike tegnieke behels om gene in te voeg om verlangde
                     eienskappe te verkry.                                  (5 x 1)             (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Landbouwetenskappe/V2                          7                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1      Die illustrasies hieronder verteenwoordig vraag en aanbod in 'n mark.

                                          ILLUSTRASIE A

                      PRYS                                       PRODUKBESKIKBAARHEID

                                          ILLUSTRASIE B

                      PRYS                                             PRODUK GEKOOP

           2.1.1     Identifiseer die     illustrasie      wat   ELK   van    die    volgende
                     verteenwoordig:
                     (a)   Vraag                                                                     (1)
                     (b)   Aanbod                                                                    (1)
           2.1.2     Verduidelik die wet van toepassing op ILLUSTRASIE B.                            (2)
           2.1.3     Noem TWEE faktore wat die illustrasie by A beïnvloed, behalwe
                     die een wat aangedui is.                                                        (2)
2.2        Die grafiek hieronder toon die reaksie op die verandering in die hoeveelheid
           gevra in verhouding tot prys in 'n mark.
                     GRAFIEK A                                     GRAFIEK B

          Prys                                          Prys

            P2
                                                            P2
            P1                                              P1

                           H1           H2                                   H1 H2

         2.2.1       Dui die tipe elastisiteit geïllustreer in die volgende aan:
           (a)       (a)    Grafiek A                                                                (1)
                     (b)    Grafiek B                                                                (1)
         2.2.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1(a).                                 (1)
         2.2.3       Noem TWEE faktore wat kon gelei het tot die situasie wat in
                     GRAFIEK A geïllustreer word.                                                    (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Landbouwetenskappe/V2                         8                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.3      Die prent hieronder toon 'n stelsel wat vir die bemarking van landbouprodukte
         gebruik word.

                     VERBIND BOERE MET KLANTE
                                                          ONMIDDELLIKE BETALING
        BOER                  KOPER
                                                          GEEN MIDDELMAN

                                      0% KOMMISSIE

         2.3.1        Identifiseer die bemarkingstelsel wat in die prent hierbo voorgestel
                      word.                                                                      (1)

         2.3.2        Uit die prent hierbo, lei TWEE voordele af van die bemarkingstelsel
                      wat in VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is, vir die verkoper.                    (2)

         2.3.3        Gee die ekonomiese term wat verwys na die verskynsel waar
                      produsente pryse kunsmatig onderhandel eerder as om vry mee te
                      ding.                                                                      (1)

         2.3.4        Noem TWEE beginsels van landboukoöperasies.                                (2)

2.4      'n Boer wat een hektaar grond besit, het 'n geleentheid gesien om 'n klein
         besigheid te begin deur eiers te produseer en aan die gemeenskap te
         verkoop. Ten spyte van twee inbrake en 'n waterskaarste, het die boer met die
         besigheid voortgegaan. Toegewydheid, veerkragtigheid en passie het die boer
         aan die gang gehou.

         2.4.1        Die boer in die gevallestudie hierbo is 'n entrepreneur. Regverdig
                      hierdie stelling deur 'n rede uit die gevallestudie te gee.                (1)

         2.4.2        Identifiseer TWEE entrepreneursuksesfaktore van die boer in die
                      gevallestudie hierbo.                                                      (2)

         2.4.3        Gee EEN voorbeeld uit die gevallestudie van ELK van die
                      volgende:

                      (a)   Sterk punt van die onderneming                                       (1)

                      (b)   Bedreiging vir die onderneming                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Landbouwetenskappe/V2                         9                               DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.5      Die diagramme hieronder verteenwoordig 'n landboubemarkingsketting.

                                          DIAGRAM A

                 Bemarking
                 Bemarking                 Verkope                       Kliënte-
                                                                          diens

                                         DIAGRAM B

                  Aankoop                Produksie
                                         Produksie                Verspreiding
                 van insette
                                         Bemarking                kope

         2.5.1       Dui die tipe landboubemarkingsketting aan verteenwoordig deur:
                     (a)   DIAGRAM A                                                                 (1)
                     (b)   DIAGRAM B                                                                 (1)
         2.5.2       Identifiseer die landboubemarkingsketting (DIAGRAM A of
                     DIAGRAM B) wat deur elk van die volgende stellings beskryf word:
                     (a)   Fokus    op    doeltreffendheid,       korttermyn-georiënteerd,
                           beplanning en beheer                                                      (1)
                     (b)   Fokus op doeltreffendheid, langtermyn-georiënteerd, vraag,
                           bestuur en aanbod                                                         (1)
         2.5.3       Dui TWEE maniere aan wat boere kan gebruik om die
                     landboubesigheidsketting vaartbelyn te maak en te verbeter.                     (2)
2.6      Noem TWEE rolle van wetgewing in die doeltreffende bemarking van
         landbouprodukte.                                                                            (2)
2.7      Voordat 'n boerderyonderneming begin word, moet 'n dokument wat die
         besigheid en die doelstellings en doelwitte beskryf, ontwikkel word.
         2.7.1       Identifiseer die dokument in die stelling hierbo.                               (1)
         2.7.2       Gee TWEE redes vir die ontwikkeling van die dokument wat in
                     VRAAG 2.7.1 geïdentifiseer is.                                                  (2)
         2.7.3       Noem TWEE probleme wat 'n boer kan ondervind wanneer die
                     dokument wat in VRAAG 2.7.1 geïdentifiseer is, opgestel word.                   (2)
                                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Landbouwetenskappe/V2                             10                     DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1       Al die produksiefaktore is belangrik en moet goed bestuur word om produksie
          te maksimaliseer.

         3.1.1        Noem 'n produksiefaktor wat duursaam is en in 'n spesifieke
                      omgewing aangetref word.                                                    (1)

         3.1.2        Noem TWEE ekonomiese funksies van die produksiefaktor in
                      VRAAG 3.1.1 genoem.                                                         (2)

3.2      Die tabel hieronder illustreer die hoeveelheid kunsmis toegedien en
         mielieproduksie.

                     KUNSMIS (kg)                     MIELIEPRODUKSIE (kg)
                         1                                      8
                         5                                     20
                         10                                    35
                         15                                    38
                         20                                    39
                         25                                    39

         3.2.1        Identifiseer die ekonomiese eienskap van grond in die tabel hierbo
                      geïllustreer.                                                               (1)

         3.2.2        Vergelyk die reaksie van die mielieproduksie op die verhoogde
                      kunsmistoediening vanaf:

                      (a)   1 kg tot 10 kg                                                        (1)
                      (b)   15 kg tot 20 kg                                                       (1)

3.3      Die tabel hieronder toon pligte wat deur twee verskillende werkers op die
         plaas uitgevoer word.
                    WERKER 1                              WERKER 2
             Bou 'n dam                           Skeer skape
             Rig 'n heining op                    Pluk avokadopere
             Verf plaasgeboue                     Oes druiwe

         3.3.1        Identifiseer die tipe tydelike werker wat deur ELK van die volgende
                      verteenwoordig word:

                      (a)   WERKER 1                                                              (1)
                      (b)   WERKER 2                                                              (1)

         3.3.2        Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.3.1(b).                             (1)

         3.3.3        Noem TWEE maniere om arbeidsproduktiwiteit in landbou te
                      verhoog.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Landbouwetenskappe/V2                          11                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.4      'n Uittreksel uit 'n indiensnemingskontrak tussen 'n boer en 'n plaaswerker
         word hieronder getoon.
                               INDIENSNEMINGSKONTRAK
           1.Postitel: Bestuurder (Drywer)
           2.Tydsduur van kontrak: 1 Februarie 2021 tot aftrede
           3.Metode van betaling: Betaling in bankrekening (maandeliks)
           4.Vergoeding: Minimum loon ten opsigte van die spesifieke area
           5.Voorwaardes van indiensneming:
             5.1 Werksure: 08:00 tot 17:00
             5.2 Verlof: Soos deur wetgewing voorgeskryf
          6. Beskermende drag: Geen
          Handtekening: ………………………………. Datum: …………………………
                         (Werknemer – Plaaswerker)
          Handtekening: …………………………….… Datum: …………………………
                         (Werkgewer –Boer)
         3.4.1       Kies 'n item uit die indiensnemingskontrak hierbo wat op elk van die
                     volgende arbeidswette betrekking het:
                     (a)   Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)               (1)
                     (b)   Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                           1993)                                                                 (1)
         3.4.2       Noem TWEE maniere waarop migrasie van arbeid vanaf plase na
                     ander industrieë produksie van 'n boerderyonderneming sal verlaag.          (2)
3.5          Die skematiese voorstelling hieronder toon tipes kapitaal met voorbeelde.

                                                    Kapitaal

      Tipes                                        Produksie
      kapitaal

 Voorbeelde van                Voerstoorsilo's                                Trekker
 kapitaal

         3.5.1       Identifiseer die tipes kapitaal wat deur A en B in die skematiese
                     voorstelling hierbo verteenwoordig word.                                    (2)
         3.5.2       Gee EEN voorbeeld van 'n kapitaalitem wat deur C verteenwoordig
                     word.                                                                       (1)
         3.5.3       Stel die tipe krediet voor wat by 'n finansiële instansie bekom kan
                     word om die volgende tipes kapitaal te verkry:
                     (a)   A                                                                     (1)
                     (b)   C                                                                     (1)
         3.5.4       Noem EEN metode om kapitaal te skep.                                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Landbouwetenskappe/V2                                                   12                           DBE/November 2024
                                                                   NSS Vertroulik

3.6       Die grafiek hieronder toon die inkomste en uitgawes vir verskillende boerdery-
          ondernemings vir die 2023/24 finansiële jaar.

                                              Totale inkomste
                                              Total income andenexpenditure
                                                                 uitgawes van
                                                                            for verskillende ondernemings
                                                                                different enterprises

           Inkomste/Uitgawes (R)
                                    70000
                                                                                            Total
                                                                                            TotaleIncome
                                                                                                   Inkomste
                                    60000
                                                                                            Total
                                                                                             TotaleExpenses
                                                                                                    Uitgawes

         Income/expenditure   (R)
                                    50000
                                    40000
                                    30000
                                    20000
                                    10000
                                     9R   0   0
                                                        A                           B                    C
                                                                        Ondernemings
                                                                          Enterprises

             3.6.1                             Identifiseer die onderneming in die grafiek hierbo met die:
                                               (a)   Hoogste inkomste                                                        (1)
                                               (b)   Laagste uitgawes                                                        (1)

          3.6.2                                Noem die finansiële rekord wat die inligting in die data hierbo toon.         (1)
          3.6.3                                Bereken die wins of verlies vir onderneming A. Toon ALLE
                                               berekeninge, die formule ingesluit.                                           (3)
3.7       Noem die probleem geassosieer met kapitaal wat op ELK van die volgende
          stellings van toepassing is:
          3.7.1                                Die boer het nie genoeg kapitaal om toerusting aan te koop om die
                                               boerderyonderneming te bedryf nie.                                            (1)
          3.7.2                                Te veel kapitaal is in die onderneming belê in verhouding tot die
                                               beskikbare grond en arbeid.                                                   (1)

3.8          Die boer het die geleentheid om 'n boord te bekom, gebruik en het 'n
             onderneming begin deur konfyt en droë- en geblikte vrugte te maak.
             Die onderneming het gegroei totdat die toerusting gebreek het, wat tot 'n
             afname in verkope gelei het. Die boer het toe 'n vark-, pluimvee- en
             skaapboerdery begin en mis aan ander boere en gemeenskapslede verkoop.

          3.8.1                                Identifiseer TWEE risikobronne in die scenario hierbo.                        (2)
          3.8.2                                Regverdig ELKE risikobron wat in VRAAG 3.8.1 geïdentifiseer is,
                                               gebaseer op die scenario.                                                     (2)
          3.8.3                                Identifiseer die risikobestuurstrategie wat die boer gebruik het om
                                               die risiko's te hanteer wat in VRAAG 3.8.1 geïdentifiseer is.                 (1)
          3.8.4                                Noem EEN toepaslike bestuursbeginsel wat die boer sal help om
                                               die risiko's te bestuur.                                                      (1)
                                                                                                                             [35]
Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Landbouwetenskappe/V2                         13                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      By ertjieplante is sferiese saad (S) dominant oor ingeduikte saad (s). Twee
         heterosigotiese plante vir saadvorm is gekruis, soos in die Punnett-vierkant
         hieronder getoon.

                            GAMETE           S                s
                              S              SS               Ss
                              s              Ss               ss

         4.1.1        Dui die breuk van die nageslag aan wat ingeduikte saad sal hê.              (1)

         4.1.2        Bereken die persentasie heterosigotiese sferiese saad.                      (2)

         4.1.3        Bepaal die fenotipiese verhouding van die F1-generasie.                     (1)

         4.1.4        Gee die getal nageslag wat dieselfde as die ouers sal lyk.                  (1)

4.2      Die illustrasies hieronder toon die kruising van verskillende blomme.

                 ILLUSTRASIE A                            ILLUSTRASIE B

                     RR        WW                         R            W
                     R
                                RW

         4.2.1        Identifiseer die patroon van oorerwing verteenwoordig deur ELK
                      van die volgende:

                      (a)   ILLUSTRASIE B                                                         (1)

                      (b)   ILLUSTRASIE A                                                         (1)

         4.2.2        Regverdig die antwoord op VRAAG 4.2.1(b).                                   (1)

         4.2.3        Dui die genotipe van die nageslag in ILLUSTRASIE B aan.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Landbouwetenskappe/V2                         14                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

4.3      Kwantitatiewe eienskappe word deur baie genepare beheer en het meer
         vorms sonder grense, terwyl kwalitatiewe eienskappe deur een geen beheer
         word en net 'n paar duidelike grense toon.

         Dui aan of die eienskappe hieronder kwalitatiewe of kwantitatiewe eienskappe
         is:

         4.3.1       Hoogte                                                                       (1)

         4.3.2       Horingkonformasie                                                            (1)

         4.3.3       Melkproduksie                                                                (1)

4.4      Die prent hieronder toon 'n ooi met haar drieling.

         4.4.1       Identifiseer die verskynsel sigbaar ten opsigte van die kleur van elk
                     van die drieling.                                                            (1)

         4.4.2       Noem of die verskynsel in die prent hierbo van die omgewing of
                     geneties is.                                                                 (1)

         4.4.3       Dui EEN oorsaak aan wat tot die verskynsel by die drieling hierbo
                     kon gelei het.                                                               (1)

         4.4.4       Noem die belangrikheid van die verskynsel wat in VRAAG 4.4.1
                     geïdentifiseer is, in 'n teelprogram.                                        (1)

4.5      'n Boer het twee kultivars, KULTIVAR A (PPLL) en KULTIVAR B (ppll),
         gekruis om die eienskappe van KULTIVAR B te verbeter. Neem aan dat P vir
         pers saad, p vir geel saad, L vir lang blare en l vir kort blare is.

         4.5.1       Identifiseer EEN eienskap wat die boer moet verbeter.                        (1)

         4.5.2       Gebruik 'n Punnett-vierkant om die F1-generasie van die twee
                     kultivars in die uittreksel hierbo te toon.                                  (4)

         4.5.3       Dui die wet aan wat gedurende gameetvorming in VRAAG 4.5.2
                     van toepassing is voordat kruising gedoen word.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Landbouwetenskappe/V2                            15                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

4.6      Die skematiese voorstelling hieronder is 'n voorbeeld van verskillende
         teelstelsels by beeste.

                 Bul

                 Koei

         4.6.1          Identifiseer, in die skematiese voorstelling hierbo, die teelstelsel
                        wat deur ELK van die volgende geïllustreer word:

                        (a)   As dier 1 'n Hereford is en paar met dier 2 wat 'n Korthoring is       (1)

                        (b)   As dier 3 met dier 4 paar en beide rasegte Holsteins is wat
                              nie verwant is nie                                                     (1)

         4.6.2          Noem EEN voordeel wat diere 12, 13 en 14 bo hulle ouers sal hê.              (1)

         4.6.3          Noem EEN seleksiemetode wat vir die diereteelstelsels wat in
                        VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, gebruik kan word.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Landbouwetenskappe/V2                         16                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

4.7      Die vloeidiagram hieronder illustreer 'n tegniek wat in plantteling gebruik word.

         4.7.1       Identifiseer die planttelingstegniek hierbo geïllustreer.                  (1)

         4.7.2       Noem TWEE potensiële omgewingsvoordele van GG-gewasse.                     (2)

4.8      Die tabel hieronder verteenwoordig data van geneties gemodifiseerde (GG)
         mielies en nie-GG mielies ten opsigte van opbrengs in verskillende
         provinsies.

                 PROVINSIE           NIE-GG MIELIE-               GG MIELIE-
                                    OPBRENGS (kg/ha)           OPBRENGS (kg/ha)
                     A                    3 500                      4 500
                     B                    5 500                      8 000
                     C                    8 000                      9 500
                     D                    8 500                     10 000
                     E                    4 500                      6 000

         Teken 'n lyngrafiek wat die opbrengste van geneties gemodifiseerde (GG )
         mielies en nie-GG mielies in die verskillende provinsies op dieselfde
         assestelsel voorstel.                                                                   (6)
                                                                                                 [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Sciences P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2024-afr/c13f3083-05d1-4557-b051-e0dd3897b42d) — Agricultural Sciences · QP · 2024 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — Agricultural Sciences · QP · 2024 · Sesotho
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Agricultural Sciences · Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-english-june-2024-question-paper/be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813) — Agricultural Sciences · QP · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/51750641-1490-4c7b-92b0-3ccf08e8849b) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — Agricultural Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
