# Agricultural Technology Grade 12 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology exam guideline from the Agricultural Technology 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/12b4b43c-63c0-4edb-9d6c-7b346aee5679
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Agricultural Technology
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/12b4b43c-63c0-4edb-9d6c-7b346aee5679)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · Agricultural Technology · 2021. Exam guideline, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     LANDBOUTEGNOLOGIE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2017

                        Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                         2                   DBE/2021
                                    Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE
                                                             Bladsy

1.    Inleiding                                                 3

2.    Assessering in Graad 12                                   4
2.1   Eksterne Assessering in Graad 12                          4
2.2   Kognitiewe Vlakke                                         5
2.3   Assesseringsprogram vir Graad 12                          6

3.    Uitbreiding van die Inhoud vir Graad 12 (KABV)            6

4.    Algemene Inligting                                        8
4.1   Hoeveelhede, Simbole en Eenhede                           8
4.2   Aanbevole Hulpbronne                                      9

5.    Slot                                                      9

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             3                                        DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Landboutegnologie gee 'n
uiteensetting van die aard en doel van die vak Landboutegnologie. Dit lei die filosofie wat
onderliggende is tot die onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Landboutegnologie geassesseer gaan word
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die
skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne
praktiese eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word,
hanteer word.

Hierdie Eksamenriglyne moet saam met die volgende gelees word:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Landboutegnologie
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
     Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
     rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, graad R tot 12

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             4                                           DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

2.    ASSESSERING IN GRAAD 12

2.1   Eksterne assessering in Graad 12

Die eksterne eksamen vir Landboutegnologie graad 12 sal uit een vraestel bestaan wat ses vrae
bevat en 200 punte tel. Die tydsduur van die vraestel is 3 uur. Al die vrae is VERPLIGTEND.

Die indeling van vrae is soos volg:

     VRAE                             BEGRIPPE GEDEK                                       PUNTE
       V1     Meervoudigekeuse-vrae kan alle inhoud dek (10 x 2)                             20
              Een-woord/-konsep (5 x 2)                                                      10
              Kolom A/Kolom B (5 x 2)                                                        10

      V2      Strukturele materiaal en tekeninge, afmetings en veiligheid                     35

      V3      Elektriese energie en verwante gereedskap, materiaal en veiligheid              20

      V4      Vaardighede en konstruksieprosesse en verwante gereedskap,                      35
              materiaal, tekeninge, afmetings en veiligheid

      V5      Gereedskap, implemente en toerusting en verwante gereedskap,                    40
              materiaal, tekeninge, kalibrering en veiligheid

      V6      Besproeiing en watervoorsiening. Verwante gereedskap, materiaal,                30
              tekeninge en metings en kommunikasie

                                                                            TOTAAL           200

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                                5                                           DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

2.2   Kognitiewe vlakke

 KATEGORIEË           BESKRYWING                  ENKELE VOORBEELDE                     GEWIGS-
      VAN                  VAN                                                        TOEKENNING
KOMPLEKSITEIT          KATEGORIEË
Onthou                Onthou inligting     Herken, maak 'n lys, beskryf, herwin,
                                           benoem, vind, gee byskrifte en noem of
                                                                                           ± 40%
                                           identifiseer funksies, prosesse,
                                           meganismes, ens.
Begrip en             Gebruik inligting    Implementeer, voer uit, gebruik, verrig,
toepassing            in 'n ander,         interpreteer, som op, parafraseer,
                      bekende              klassifiseer en verduidelik prosesse,
                      situasie.            meganismes; maak direkte afleidings
                      Verduidelik          uit data wat gegee word; doen
                      idees of             berekeninge, interpreteer data;
                      konsepte.            verduidelik aanpassings of
                                           omgewingsfaktore wat doeltreffendheid
                                                                                           ± 40%
                                           beïnvloed; teken vloeidiagramme of
                                           breinkaarte om prosesse of
                                           meganismes te illustreer; die skep van
                                           tabelle en grafieke om data te
                                           organiseer en aan te bied; maak sketse
                                           om begrippe te ondersoek;
                                           kommunikeer bevindinge en pas
                                           formules toe
Skep, evalueer en     Genereer nuwe        Ontwerp, konstrueer, beplan,
analiseer             idees.               produseer, dink uit, gaan na, vorm 'n
                      Regverdig 'n         hipotese, lewer kritiek, eksperimenteer,
                      besluit of           beoordeel, vergelyk, organiseer,
                      handeling.           dekonstrueer, uitvra en vind                    ±20%
                      Breek inligting in
                      dele op om
                      begrip en
                      verwantskappe
                      te ondersoek.
TOTAAL                                                                                     100%

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               6                                           DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

2.3      Program van Assessering vir Graad 12

Die assesseringsprogram het ten doel om 'n eweredige verspreiding                     van   formele
assesseringstake vir al die vakke in die skool gedurende 'n kwartaal te verseker.

                         FORMELE ASSESSERING: GRAAD 12 (SES TAKE)

    KWARTAAL 1            KWARTAAL 2               KWARTAAL 3              SERTIFISERINGSPUNT
1. Navorsingstaak:      3. Junie-toets:      4. Voorbereidings-           SGA: Intern
   25%                     100%                 eksamen: 100%             Kwartaal 1: 100
                                                                          Kwartaal 2: 100
2. Kontroletoets:                                                         Kwartaal 3: 100
   75%                                                                    Totaal: 300/12 = 25%

                                                                          5. PAT:
                                                                          Ontwerp: 25
                                                                          Konstruksieproses: 50
                                                                          Finale produk: 25
                                                                          Totaal: 100/4 = 25%

                                                                          6. Finale Eksamen: Ekstern
                                                                          Totaal: 200/4 = 50%
          100                  100                         100             Totaal sertifiseringspunt:
                                                                                      100%
     Intern opgestel                                                     PAT
     Intern geassesseer                                                   Intern opgestel
     Ekstern gemodereer                                                   Intern geassesseer
     Aangeteken op gerekenariseerde SGA-puntestate wat deur die           Ekstern gemodereer
      provinsiale assesseringsliggaam voorsien word                        Aangeteken op
                                                                              gerekenariseerde PAT-
                                                                              puntestate wat deur die
                                                                              provinsiale
                                                                              assesseringsliggaam
                                                                              voorsien word

                                                                          November-eksamen
                                                                           Ekstern opgestel
                                                                           Ekstern geassesseer
                                                                           Ekstern gemodereer
                                                                           Ekstern aangeteken

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           7                                        DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

VOORBEELDE VAN ASSESSERINGSTAKE IN LANDBOUTEGNOLOGIE

Kontroletoetse
 Die kontroletoetse in Landboutegnologie moet substantief wees ten opsigte van tyd en punte.
 Minimum 75–100 punte met 'n tydsduur van 2 uur.
 Toetse moet die teorie van die tegnologiese proses, beginsels en konsepte en die toepassing
   daarvan in die produksie van produk/artefak insluit.

Navorsingstaak
 Hierdie taak moet gebaseer wees op aktiwiteite soos navorsing, gevallestudie, projekte,
   simulasies, modellering, bou, vervaardiging en demonstrasie en moet fokus op 'n
   verskeidenheid tegnologiese temas wat met 'n landboukonteks verband hou.
 Minimum punte vir die navorsingstaak is 100 punte.
 Take soos simulasies gebruik teoretiese kennis op 'n praktiese wyse en vereis gewoonlik nie
   gevolgtrekkings nie.
 Simulasies sal dus nie uitgebreide werkkaarte en gevolgtrekkings insluit nie, maar eerder
   riglyne en kriteria lewer wat benodig word.

Voorbeelde van Navorsingstake: Graad 12
 Navorsing oor die instandhouding van 'n elektriese heining
 Opstel van 'n kleinskaalse sonpaneelstelsel op die plaas
 Navorsing oor 'n spilpuntbesproeiingstelsel

Voorbereidingseksamen Graad 12
 Die voorbereidingseksamen vir graad 12 moet uit een vraestel met ses vrae bestaan en sal
   200 punte tel.
 Die voorgestelde duur van die vraestel is 3 uur. AL die vrae is VERPLIGTEND.
 Die voorbereidingseksamen moet nou verband hou met die finale eksamen ten opsigte van
   tydstoedeling, uitleg van die vraestel en vakvereistes.

Eksterne Assessering in Graad 12
Die eksterne assesseringstaak in graad 12 bestaan uit 'n eksterne vraestel (50%) en 'n PAT
(25%).

November Eksterne Eksamen NSS
 Die eksterne eksamen vir Graad 12 sal uit een vraestel bestaan wat ses vrae bevat en
   200 punte tel.
 Die tydsduur vir die vraestel is 3 uur. AL die vrae is VERPLIGTEND.
 Die eksamenvraestelle moet die kennis en vaardighede wat in Landboutegnologie gedek
   word, toets.

EKSAMENRIGLYNE VIR LANDBOUTEGNOLOGIE

Algemene opmerkings:
Hierdie riglyne is van toepassing op Graad 12 Landboutegnologie.
Spesifikasies
Een vraestel
Graad 12
Voorbereidingseksamen
Tydsduur 3 uur
Punte: 200
 Al die vrae moet beantwoord word.
 Sketse moet netjies wees.
 Al die berekeninge en eenhede moet aangetoon word.
 Die vrae sal nie noodwendig dieselfde tel nie aangesien die verskillende afdelings van die werk
    verskillende gewigwaardes het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            8                                       DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

3.   UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)

Die finale eksamen vir Landboutegnologie graad 12 sal die kennis en vaardighede soos hieronder
uiteengesit, dek.

Veiligheid            Veiligheidsgevare: drie stappe van 'n gevaarbeheerstelsel
                      Wet op BGV: plaasveiligheidsregulasies volgens die Wet op BGV vir:
                       Gevare wat met die plaasomgewing verband hou
                       Trekkerveiligheid
                       Geraasbesoedeling
                       Basiese, algemene veiligheidsregulasies
Strukturele           Metaalallooie
materiaal             Sintetiese materiaal
                      Elektriese heinings
Energie               Alternatiewe energie:
                       Windenergie
                       Sonenergie
                       Geotermiese energie
                       Bio-energie
Konstruksie-          Gevorderde sweistegnieke:
prosesse               CO2-sweiswerk
                       Gevorderde sweislasse en hulle toepassings
                       Oksiasetileen-snytegnieke
                       Plasma-sny
Gereedskap en         Oes-implemente/-toerusting/-masjiene:
toerusting            Trekkerstelsels
                       Trekker hidrouliese stelsels
                       Drie-punt-/Skakelpunt-koppeling van 'n trekker
                       Massaverplasing en die trekkrag van 'n trekker
                       Aandrywingstelsels
                       Komponente van die aandrywingstelsel van 'n voertuig
                       Pneumatiese en hidrouliese gereedskap: identifiseer en funksies
                       Ekonomie wat met trekkers, toerusting en gereedskap verband hou
Besproeiing en        Oorhoofse besproeiingstelsels (makro-besproeiingstelsels):
watervoorsiening       Besproeiingskedulering
                       Watermetingstegnieke en -toestelle wat saam met doeltreffende
                           waterskedulering gebruik word
                      Afvalwaterverwydering:
                       Dreineringstelsels wat gebruik word om van water rondom plaasgeboue
                           ontslae te raak
                      Watersuiwering/-versagting

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           9                                       DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

Kommunikasie          Rekenaarbeheerprogramme:
                       Besproeiingsbeheerstelsels
                       Rekenaarbeheer en monitering van enjins, implemente en toerusting
                       Rekenaartegnologie-inligting
                       Globale posisioneringstelsel (GPS)
                       Geografiese Inligtingstelsel (GIS)
                       Veranderliketempo-tegnologie (VTT)
                       Afstandbeheerstelsels
                      Verskillende soort kommunikasiestelsels
                      Bronne van kennis, vaardighede en inligting
                      Uitstallings, seminare, landbou-unies, besprekingsgroepe

Tekeninge             Vryhand-ontwerptekeninge van die strukture, geboue of implemente
                      Stel leerders bekend aan en maak hulle vertroud met die basiese
                      sagtewareprogramme vir die ontwerp van geboue, strukture of
                      masjienonderdele

Meting,               Probleemoplossing uit data wat ingesamel is:
berekeninge en         Gebruik data wat uit afmetings en kosteberekeninge versamel is in
kalibrering               doelgemaakte vervaardiging
                       Effektiewe gebruik van gereedskap, toerusting en implemente deur
                          korrekte afmetings, kalibrering en verstellings toe te pas

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               10                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

4.      ALGEMENE INLIGTING

4.1     Hoeveelhede, simbole en eenhede

Die algemeenste hoeveelhede, simbole en SI-eenhede wat in inleidende fisika gebruik word, word
hieronder getoon.

'n Hoeveelheid moenie verwar word met die eenheid waarin dit gemeet word nie.

4.1.1    Formules

       Die bepaling van die spoed van 'n katrol
        Na X Da = Ng X Dg
        Na = spoed van die dryfkatrol
        Da = diameter van die dryfkatrol
        Ng = spoed van die gedrewe katrol
        Dg = diameter van die gedrewe katrol

        Voorbeeld
         Die skets hieronder toon 'n elektriese motor wat met 'n waaierband aan 'n katrol verbind is.
         Die diameter van die katrol op die elektriese motor is 70 mm en die draaispoed is
         4 000 omwentelinge per minuut. Die pomp wat aan die gedrewe katrol verbind is, benodig
         'n spoed van 2 000 omwentelinge per minuut.
         Bereken die diameter van die gedrewe katrol deur die formule hieronder te gebruik. Toon
         ALLE berekeninge.
         Na x Da = Ng x Dg
        Waar:
        Na = Spoed van dryfkatrol
        D = Diameter van dryfkatrol
          a
        Ng = Spoed van gedrewe katrol
        Dg = Diameter van gedrewe katrol

        Na x Da = Ng x Dg
        4 000 x 70 = 2 000 x Dg
        Dg = 4 000 x 70
                2 000
         Gedrewekatrol-diameter Dg = 140mm                                   (5 punte)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            11                                          DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

    Die bepaling van die spoedverhoudings van katrolle

     Verhouding = Dryfrat
                 Gedrewe rat

     Voorbeeld:

      Bereken die ratverhouding indien die groot dryfrat 54 tande en die klein gedrewe rat
      18 tande het. (Toon ALLE berekeninge.)

      Ratverhouding = Dryfrat
                        Gedrewe rat
                      = 54
                        18
     Die ratverhouding is 1:3                                                       (3 punte)

    Bereken die vloeitempo in 'n waterstelsel
     Vloeitempo = Inhoud
                    Tyd
      Voorbeeld:

       Berekening van die vloeitempo (liter per minuut) deur de volgende data te gebruik:
       (Toon alle berekeninge)
       Die kapasiteit van die tenk is 20 kℓ
       Dit het 40 minute geneem die tenk tot bo vol te maak.

       Vloeitempo = kapasiteit
                     Tyd
                  = 20 x 1000
                        40
                  = 20000
                      40
                  = 500 ℓ/minuut                                                       (4 punte)

4.1.2 Eenhede en hul simbole

Metale
    Koper             Cu
    Tin               Sn
    Sink              Zn
    Geelkoper         Cu Zn
    Brons             Cu Sn

Sintetiese materiale
    Glasvesel
    Vesconite)
    Teflon

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           12                                         DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

4.2   Aanbevole hulpbronne

Goedgekeurde handboeke

Graad 10
Notas van die Departement van Basiese Onderwys

Graad 11
Notas van die Departement van Basiese Onderwys

Graad 12
Notas van die Departement van Basiese Onderwys

4.     SLOT

Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie Eksamenriglyne-dokument as 'n instrument sal dien
om onderwysers te versterk en te bemagtig om geldige en betroubare assesseringsitems in al hul
klaskameraktiwiteite op te stel.

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-pat-gr-12-2021-afr/8b38d5e1-5ae5-4995-addb-96738c081e3c) — Agricultural Technology · PAT · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology PAT GR 12 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-pat-gr-12-2021-eng/8a2238f0-4c56-4c58-833f-90714290816a) — Agricultural Technology · PAT · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-mg-afr/427a8975-2250-4eaa-98ec-79fd8d83222d) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-mg-eng/bb8abf1f-a9c0-4d72-915e-31e75ca3201d) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-afr/7ffbeef7-3f87-4cff-a5d4-5a92f3861dd1) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-eng/3f54a9c3-3e0a-4cf0-a219-4664361b8bd4) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Agricultural Technology Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/d47614f1-1c99-4acc-87f4-eefd7c63d61e) — QP · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/f45f941f-dd15-410f-97ae-f0ce8a673078) — QP · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-afr/f4723cfb-5760-424c-a00a-2c0e3b5e5dbb) — QP · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-eng/f63c1a66-fac4-4a77-acdc-6e16d5d7293f) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
