# Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-afr/7ffbeef7-3f87-4cff-a5d4-5a92f3861dd1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-afr/7ffbeef7-3f87-4cff-a5d4-5a92f3861dd1)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              LANDBOUTEGNOLOGIE

                                          2021

                                                                        PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              2                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1          Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                      en AFDELING B.

         1.2          ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3          Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                      hierdie vraestel gebruik is.

         1.5          Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6          Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1          Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2          Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1          Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2          Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               3                                 DBE/2021
                                             SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        … kameras word op hommeltuie geïnstalleer om waarneming in
                      die nag te doen.

                      A   Seismiese
                      B   Radar-
                      C   Infrarooi
                      D   Doppler-                                                              (2)

         1.1.2        'n … word gebruik om groot ronde bale veilig op 'n vragmotor
                      te laai.

                      A   Katrol
                      B   Driepunt-hystoestel
                      C   Laaibank
                      D   Vurkvoorlaaigraaf                                                     (2)

         1.1.3        'n Toestel wat in 'n sonkraglaaistelsel geïnstalleer word wat
                      voorkom dat die battery oorlaai:

                      A   Multimeter
                      B   Transformator
                      C   Reguleerder
                      D   Omsetter                                                              (2)

         1.1.4        ... word NIE met 'n trekker se lopende uitgawes geassosieer NIE.

                      A   Depresiasie
                      B   Brandstof
                      C   Arbeid
                      D   Toesighouding                                                         (2)

         1.1.5        … is 'n term wat met landbou geassosieer word, waar alle
                      plaastoerusting en onderdele aan sekere algemene vereistes moet
                      voldoen.

                      A   Presisieboerdery
                      B   Standaardisering
                      C   Meganisasie
                      D   Produksie                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              4                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

         1.1.6        'n Materiaal wat effektief as 'n seël rondom die deur van 'n
                      koelkamer gebruik kan word:

                      A   Vesconite
                      B   Glasvesel
                      C   Teflon
                      D   Rubber                                                                   (2)

         1.1.7        Die … bepaal die volume van die gasvloei wanneer met 'n
                      oksiasetileenstel gesweis word.

                      A   snyhefboom
                      B   grootte van die spuitstuk
                      C   grootte van die silinders
                      D   terugflitsweerder                                                        (2)

         1.1.8        Die tande van hierdie tipe rat loop teen 'n hoek oor die buite-
                      omtrek van die rat:

                      A   Sperrat
                      B   Reguittandrat
                      C   Kransrat
                      D   Heliese rat                                                              (2)

         1.1.9        Die … kan effektief in 'n kettingaandryfstelsel gebruik word.

                      A   V-band
                      B   kettingrat
                      C   visgraatrat
                      D   wurmrat                                                                  (2)

         1.1.10       … is NIE 'n funksie van GPS-navigasiestelsels by moderne
                      stropers NIE.

                      A   Opbrengsmonitering
                      B   Outonome stuur
                      C   Identifisering van 'n meganiese probleem
                      D   Bepaling van posisie                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             5                                   DBE/2021
                                           SS/NSS

1.2      Verander die ONDERSTREEPTE woord in elk van die volgende stellings om
         dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1        Gehoorverlies word met lang werkskofte, oormatige werkslading en
                      teistering geassosieer.                                                   (2)

         1.2.2        Verskuif die koppelaar na neutraal nadat 'n trekker tot stilstand
                      gebring is wanneer 'n implement gekoppel word.                            (2)

         1.2.3        Chroom as 'n legeringselement by vlekvrye staal verminder
                      sweisbaarheid.                                                            (2)

         1.2.4        Die katalisator en versneller wat by glasveselherstelwerk gebruik
                      word, moet altyd apart gestoor word om vergiftiging te voorkom.           (2)

         1.2.5        Die hamers van 'n hamermeul moet gereeld vervang word om
                      vibrasie te voorkom.                                                      (2)

1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
         1.3.1 'n Hooffaktor wat in ag              A   saamgeperste lug
               geneem moet word tydens
               sweising in die oorhoofse            B   termiese beelde
               oksiasetileenposisie
                                                    C   lateks
         1.3.2 Verwyder die gesmelte metaal
               wanneer plasmasnywerk                D   spanningsmeter
               gedoen word
                                                    E   GPS
         1.3.3 Sintetiese materiaal wat vir die
               vervaardiging van higiëniese         F   gravitasie
               handskoene gebruik word
                                                    G   spilpunt
         1.3.4 Gereedskap wat gebruik word
               om die voginhoud van grond           H   navorsing
               te bepaal

         1.3.5 Tegnologie wat gebruik word
               om areas met vertraagde groei
               in 'n mielieland te bepaal
                                                                                    (5 x 2)     (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            6                                 DBE/2021
                                          SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Vlekvrye staal, sagte staal, koper en aluminium is almal metale wat vir
         verskillende toepassings op die plaas gebruik word.

         2.1.1        Watter EEN van die metale hierbo kan vir die vervaardiging van
                      waterpype vir 'n plaashuis gebruik word?                               (1)

         2.1.2        Gee 'n rede waarom die metaal, wat in VRAAG 2.1.1 genoem is,
                      die geskikste vir hierdie toepassing sal wees.                         (1)

         2.1.3        Watter verbindingsmetode moet gebruik word om twee koperpype
                      permanent te las?                                                      (1)

         2.1.4        Noem die metaal wat die beste vir die vervoer van melk in 'n
                      melkstal sal wees.                                                     (1)

         2.1.5        Gee 'n rede waarom die metaal, wat in VRAAG 2.1.4 genoem is,
                      die geskikste vir hierdie spesifieke toepassing sal wees.              (1)

         2.1.6        Watter verbindingsmetode sal die geskikste wees om vlekvrye
                      staal permanent te las?                                                (1)

         2.1.7        Noem 'n metaal wat die mees ekonomiese vir die vervaardiging
                      van 'n plaashek sal wees.                                              (1)

         2.1.8        Noem 'n middel wat koper maklik kan wegvreet.                          (1)

         2.1.9        Noem die metaal wat algemeen vir stoordoeleindes in die
                      voedselbedryf gebruik word.                                            (1)

2.2      PVC-pype wat met PVC-sweisel gelas word, kan soms lek. Beveel DRIE
         voorbereidingsprosedures aan wat gevolg moet word voor die kleefmiddel
         aangewend word om 'n effektiewe las te verseker.                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              7                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

2.3      Die prent hieronder toon 'n elektriese heining.

         2.3.1        Beskryf die aardlekstelsel van die elektriese heining.                        (6)

         2.3.2        Noem die soort draad wat NIE in die konstruksie van 'n elektriese
                      heining gebruik moet word NIE.                                                (1)

         2.3.3        Noem TWEE daaglikse aktiwiteite wat 'n boer moet uitvoer om 'n
                      elektriese heining behoorlik in stand te hou.                                 (2)

2.4      Verduidelik waarom jy Vesconite as die beste materiaal sou aanbeveel om vir
         die vervaardiging van busse te gebruik.                                                    (5)

2.5      Noem EEN elektriese eienskap van Teflon en gee 'n rede vir jou antwoord.                   (2)

2.6      Noem VYF eienskappe wat op die veiligheidskerms wat op stropers gebruik
         word van toepassing is.                                                                    (5)

2.7      Gee TWEE redes vir die gebruik van geelkoper in plaas van koper by die
         vervaardiging van elektriese verbindings.                                                  (2)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              8                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Noem TWEE alternatiewe energiebronne wat 'n turbine en 'n generator
         gebruik om elektrisiteit op te wek.                                                      (2)

3.2      Die prent hieronder toon 'n fotovoltaïese sonpaneelstelsel van 3 000 watt.

         3.2.1        Hoeveel van hierdie stelsels het jy nodig om genoeg krag aan 'n
                      6 kW-dompelpomp te voorsien.                                                (1)

         3.2.2        Bepaal of die panele in parallel of in serie gekoppel moet word.
                      Gee 'n rede vir jou antwoord.                                               (2)

         3.2.3        Gee 'n rede vir die gebruik van silikon in die vervaardiging van
                      sonkragselle.                                                               (1)

         3.2.4        Noem die laag van die sonkragpaneel wat negatiewe elektrone
                      dra.                                                                        (1)

         3.2.5        Wat kan gedoen word om te verseker dat daar ook gedurende die
                      aand elektrisiteit beskikbaar is as jy 'n sonkrag- elektriese stelsel
                      gebruik?                                                                    (1)

         3.2.6        Noem DRIE toepassings van elektriese sonpanele op 'n wildplaas.             (3)

3.3      Noem VIER voordele van 'n geotermiese kragstasie.                                        (4)

3.4      Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n geskikte ligging
         vir die installeer van 'n windturbine op 'n plaas gekies word.                           (4)

3.5      Noem die proses wat gebruik word om etanol te vervaardig.                                (1)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                       9                              DBE/2021
                                     SS/NSS

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die tabel hieronder toon vier sweisdefekte. Teken die tabel in jou
         ANTWOORDEBOEK oor en skryf die antwoorde op VRAAG 4.1.1 tot 4.1.8
         neer.

                    ILLUSTRASIE     NAAM VAN     GEE DIE MOONTLIKE
                                         DIE         OORSAKE
                                   SWEISDEFEK
                                   4.1.1      4.1.2

                                   4.1.3         4.1.4

                                   4.1.5         4.1.6

                                   4.1.7         4.1.8

                                                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           10                                 DBE/2021
                                          SS/NSS

4.2      Die illustrasie hieronder toon die MIG-sweisproses. Benoem A–D.

                                B
                            A                C
                                                 D

                                                                                             (4)

4.3      Die prentjie hieronder toon 'n oksiasetileen-snyapparaat.

         4.3.1        Name TWEE tipes materiaal wat met die apparaat hierbo gesny
                      kan word.                                                              (2)

         4.3.2        Verduidelik VYF stappe om te volg wanneer 'n reguit snit op 'n
                      10 mm dik sagtestaalplaat met 'n oksiasetileen-snyapparaat
                      gemaak word.                                                           (5)

         4.3.3        Gee DRIE wenke om 'n hoë kwaliteit sweislas te verseker wanneer
                      oksiasetileen-sweiswerk in die oorhoofse sweisposisie gedoen           (3)
                      word.

4.4      Scenario
         Jy word versoek om 'n werksbank te ontwerp. Die mates van die werksbank
         moet 1 200 mm x 600 mm x 900 mm (hoog) wees.
          Materiaal benodig:
             o    Hoekyster van 50 mm x 50 mm x 5 mm
             o    Sagtestaalplaat van 2 500 mm x 1 200 mm x 5 mm
          Gebruik skaal 1 : 100

         Gebruik die inligting hierbo en teken 'n netjiese ontwerpskets van die
         werksbank.

         Punte sal soos volg toegeken word:
           Ontwerp                  2
           Skaal (Toepassing)       1
           Maatskrywing             2
           Netheid                  1                                                        (6)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                         11                                 DBE/2021
                                        SS/NSS

4.5      Noem 'n gas wat tydens plasmasnywerk gebruik kan word om die gesmelte
         metaal te verwyder.                                                               (1)

4.6      Gebruik 'n tabel en vergelyk die omsettersweismasjien ('inverter') met die
         MIG-sweismasjien.                                                                 (6)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            12                                   DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1      Die skets hieronder toon drie onderdele wat in 'n stelsel saamwerk.

         5.1.1        Identifiseer die komponent in die skets wat as 'n konneksie tussen
                      die onderdele dien.                                                       (1)

         5.1.2        Noem die middel wat gebruik word om die komponent wat in
                      VRAAG 5.1.1 geïdentifiseer is, te smeer.                                  (1)

         5.1.3        Noem EEN toepassing van die komponent wat in VRAAG 5.1.1
                      geïdentifiseer is.                                                        (1)

         5.1.4        Noem TWEE meganismes wat in die aandryfstelsel van 'n
                      vierwielaandrywingvoertuig geïnstalleer word wat ontkoppeling
                      van aandrywing na die voorwiele moontlik maak en noem EEN
                      voordeel van ELKE meganisme.                                              (4)

5.2      Dui die tipe hidrouliese silinder aan wat gebruik kan word om die vurk van die
         baalhanteringsmeganisme te aktiveer wanneer geforseerde beweging in
         omgekeerde rigtings verlang word.                                                      (1)

5.3      Gee die funksie van die voering van die koppelaarplaat soos in die
         koppelaarsamestel van 'n voertuig gevind.                                              (1)

5.4      Noem TWEE voordele van 'n ewenaarslot soos op 'n trekker gevind.                       (2)

5.5      Sommige kruiskoppelinglaers word sonder 'n ghriesnippel vervaardig. Noem
         EEN voordeel van so 'n laer.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             13                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

5.6      'n Elektriese motor is deur middel van katrolle en 'n V-band aan 'n sentrifugale
         pomp verbind. Die pompkatrol het 'n deursnee van 450 mm en die elektriese
         motor het 'n katrol van 150 mm.

         5.6.1        Bereken die katrolverhouding van die elektriese motor na die
                      pomp. (Toon ALLE berekeninge.)                                              (3)

         5.6.2        Gee VIER redes waarom 'n boer V-bandaandryfstelsels bo
                      platbandaandryfstelsels sou verkies.                                        (4)

         5.6.3        Identifiseer die onderdeel wat in die omhulsel van die elektriese
                      motor geïnstalleer word om vrye rotasie van die rotor-as toe te laat.       (1)

5.7      Blou rook wat by die uitlaatpyp van 'n trekker uitkom, dui op olie in die
         ontbrandingskamer. Gee VIER moontlike oorsake vir die teenwoordigheid van
         olie in die verbrandingskamer van 'n enjin.                                              (4)

5.8      Beskryf die eienskappe van 'n funksionele koppelaar.                                     (5)

5.9      Noem VIER onderdele wat op 'n tweedehandse trekker ondersoek moet word
         voordat jy besluit om dit te koop.                                                       (4)

5.10     Noem die funksies van die volgende onderdele van 'n hamermeul:

         5.10.1       Glygeut                                                                     (1)

         5.10.2       Sikloon                                                                     (1)

5.11     Gee 'n rede hoekom die wiele van 'n voorlaaigraaf op die wydste moontlike
         posisie gestel moet word.                                                                (1)

5.12     Beskryf die diensprosedures wat gevolg moet word wanneer 'n stroper vir die
         oesseisoen voorberei word.                                                               (4)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            14                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1      Noem VIER belangrike faktore wat in ag geneem moet word voor daar op 'n
         relevante besproeiingsmetode besluit word.                                        (4)
6.2      Wat is die hoofdoelwitte met besproeiingskedulering?                              (3)
6.3      Identifiseer TWEE strukturele probleme wat op die sproeier hieronder getoon
         word wat effektiwiteit negatief kan beïnvloed.

                                                                                           (2)
6.4      Noem 'n toestel wat 'n boer kan gebruik om die verdampingstempo in
         'n mielieland te meet.                                                            (1)
6.5      Teken 'n benoemde vryhandskets van 'n stapelriool-waterdreineringstelsel.
         Punte sal soos volg toegeken word:

          Ontwerp 1
          Tekening 1
          Byskrifte 4                                                                      (6)

6.6      Maak 'n lys van VYF items wat nooit in 'n huishoudelike septiese tenk gegooi
         mag word nie.                                                                     (5)
6.7      Gee DRIE redes waarom dit vir 'n boer noodsaaklik is om te weet hoe om die
         vloeitempo in 'n watertoevoerpyp te bepaal.                                       (3)
6.8      Die foto hieronder toon 'n spilpuntbesproeiingstelsel.

         6.8.1        Noem DRIE voordele van spilpuntbesproeiingstelsels.                  (3)
         6.8.2        Watter DRIE elemente word in die ontwerp van 'n
                      spilpuntbesproeiingstelsel ingebou om eweredige verspreiding van
                      water oor die hele lengte van die stelsel te verseker?               (3)
                                                                                           [30]
                                                                  TOTAAL AFDELING B:       160
                                                                      GROOTTOTAAL:         200
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-eng/3f54a9c3-3e0a-4cf0-a219-4664361b8bd4) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-mg-afr/427a8975-2250-4eaa-98ec-79fd8d83222d) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-mg-eng/bb8abf1f-a9c0-4d72-915e-31e75ca3201d) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2020-afr/a61a52db-ba87-4f60-93f1-8aa7f810b224) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/85728b95-5774-4d6d-85dd-de20dc4ca39b) — Agricultural Technology · QP · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-eng/6e72892b-deb8-4820-8758-b91c5592448a) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
