# Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-afr/ccd38003-2303-4ac6-b6d8-0c07141d8a3f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-afr/ccd38003-2303-4ac6-b6d8-0c07141d8a3f)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              LANDBOUTEGNOLOGIE

                                          2022

                                                                        PUNTE: 200

                                                                          TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               2                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1         Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

         1.2         ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3         Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

         1.5         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6         Toon ALLE bewerkings.

         1.7         Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2         Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1         Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               3                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Die soorte gasse wat by MIG-sweising gebruik word:

                      A    Argon, helium en CO2
                      B    Saamgeperste lug
                      C    CO2 en suurstof
                      D    Asetileen en argon

         1.1.2        Tipiese spanningsomvang van die plasmasnymasjien:

                      A    10 to 100 volt
                      B    220 to 230 volt
                      C    20 to 50 volt
                      D    350 to 380 volt

         1.1.3        'n Pneumatiese gereedskapstuk wat gebruik kan word om
                      wielmoere op 'n trekker los te draai:

                      A    Skroefbektang ('Vice-grip spanner')
                      B    Wringsleutel ('Torque wrench')
                      C    Ratelsleutel ('Ratchet spanner')
                      D    Lugsleutel ('Air wrench')

         1.1.4        Watter EEN van die volgende word as 'n sekondêre bewerkings-
                      implement beskou?

                      A    Ploeg
                      B    Skoffelploeg ('Rotavator')
                      C    Korsbreker ('Tiller')
                      D    Skeurploeg ('Ripper')

         1.1.5        'n Grassnyer se lem word uit ... vervaardig.

                      A    koolstaal.
                      B    vlekvrye staal.
                      C    geelkoper.
                      D    gietyster.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             4                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

         1.1.6        Watter EEN van die volgende kan NIE gebruik word om
                      aandrywing vanaf die trekker na die waterpomp op 'n gewasspuit
                      te voorsien NIE?

                      A    V-band
                      B    Kragaftakas ('PTO shaft')
                      C    Aandrywingsketting
                      D    Plat band

         1.1.7        Die ram-tipe baalmasjien word toegerus met 'n ... vas aan die kant
                      van die stamper om die hooi in die baalkamer van die res te skei.

                      A    pak-arm
                      B    lem
                      C    naald
                      D    awegaar

         1.1.8        Hierdie aksie veroorsaak dat 'n windturbine minder doeltreffend
                      werk:

                      A    Vermeerder die aantal lemme
                      B    Verander die helling van die lemme om die oppervlakte te
                           vergroot
                      C    Verander die rigting van die turbine sodat dit na die
                           aankomende wind wys
                      D    Gebrek aan instandhouding

         1.1.9        Die energie vasgevang in sonstrale:

                      A    Kinetiese
                      B    Statiese
                      C    Son-
                      D    X-strale

         1.1.10       ... verander die bandstruktuur van vlekvrye staal en veroorsaak 'n
                      vermindering in slaankrag.

                     A     Mangaan
                     B     Nikkel
                     C     Titaan
                     D     Wolfram ('Tungsten')                                  (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             5                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

1.2      Verander die ONDERSTREEPTE woord(e) in die volgende om die stellings
         WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1        Die swart gaspyp van die vlamsnyer is aan die asetileengassilinder
                      verbind.

         1.2.2        Sweissoldering is 'n sweisproses waartydens verslete onderdele
                      met neerlegging van 'n slytbestande metaal opgebou kan word.

         1.2.3        Lugbesoedeling is 'n ernstige gesondheidsrisiko wat spanning,
                      uitputting en skade aan die ore kan veroorsaak.

         1.2.4        VTT-stelsels kan gebruik word om die presiese posisie tot op een
                      meter noukeurig aan te wys.

         1.2.5        Ovaal bale word maklik hanteer en stoorplek word optimaal benut.
                                                                                 (5 x 2)        (10)

1.3      Kies 'n woord of term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                            KOLOM A                                  KOLOM B
         1.3.1        'n Metode om mielies in nat      A     water
                      toestande te oes
                                                       B     stroper
         1.3.2        'n Hoofoorsaak van metaal-
                      verswakking op 'n hamermeul      C     nikkel

         1.3.3        'n Sweisstaaf wat gebruik word   D     vuursteenaansteker ('flint
                      om gietysterdele te sweis              lighter')

         1.3.4        'n Materiaal wat met 'n MIG-     E     met die hand pluk
                      sweismasjien gesweis kan word
                                                       F     aluminium
         1.3.5        Die gereedskapstuk wat gebruik
                      word om die oksiasetileen-       G     vibrasie
                      sweisvlam aan te steek
                                                       H     aansteker
                                                                                  (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            6                                 DBE/2022
                                          SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die foto hieronder toon 'n persoon wat 'n pakstuk ('gasket') vir 'n ewenaar-
         deksel maak.

         Noem DRIE moontlike faktore wat in aanmerking geneem moet word
         wanneer 'n geskikte hegmiddel vir hierdie spesifieke toepassing gekies word.        (3)

2.2      Bespreek die voordele van die gebruik van 'n waterkrip gemaak van glasvesel
         eerder as staal.                                                                    (3)

2.3      Noem VIER chemiese stowwe wat NIE enige uitwerking op Teflon het NIE.               (4)

2.4      Die Vesconite-busse wat hieronder getoon word, is uit hoogs
         gespesialiseerde, inwendig gesmeerde, termoplastiese polimere vervaardig.

         2.4.1       Gee EEN rede waarom Vesconite in droë toepassings gebruik word
                     en verduidelik die antwoord.                                            (2)

         2.4.2       Noem TWEE omstandighede waar Vesconite doeltreffend op 'n
                     trekker gebruik kan word om bestaande metaalbusse te vervang.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               7                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

2.5      Metaalblikkies word vir die stoor en preservering van kos en drank gebruik.

         2.5.1       Noem DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
                     tin vir die vervaardiging van kosblikkies geïdentifiseer word.             (3)

         2.5.2       Dui TWEE kommersiële gebruike van tin aan, behalwe vir gebruik in
                     die voedsel-inmaakbedryf.                                                  (2)

2.6      Verduidelik TWEE eienskappe van bronsbusse wat dit geskikter maak vir
         gebruik in implemente.                                                                 (2)

2.7      Noem DRIE invloede van mangaan op vlekvrye staal.                                      (3)

2.8      Die prent hieronder toon 'n geelkoperpasstuk. Regverdig die gebruik van
         geelkoper eerder as koper vir die vervaardiging van waterkoppelstukke.

                                                                                                (2)

2.9      Die illustrasie hieronder toon 'n elektriese heining wat op 'n plaas gebruik
         word om diere van mekaar te skei. Bestudeer die illustrasie en beantwoord
         die vrae wat volg.

                                   A
                                        B

         2.9.1       Identifiseer komponent A en B in die diagram.                              (2)

         2.9.2       Wat is die maksimum spanning wat volgens wetgewing in die stelsel
                     hierbo toegepas kan word?                                                  (1)

         2.9.3       Beskryf die daaglikse take wat uitgevoer moet word om 'n elektriese
                     heining in stand te hou.                                                   (2)

         2.9.4       Verduidelik VIER grondtoestande wat 'n negatiewe effek op die
                     aardingsdoeltreffendheid van 'n elektriese heining kan hê.                 (4)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               8                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die prent hieronder toon 'n windturbine.

         3.1.1       Noem DRIE belangrike faktore wat in aanmerking geneem moet word
                     wanneer 'n windturbine geïnstalleer word.                                   (3)

         3.1.2       Verduidelik TWEE voordele van windturbines vir 'n plaaseienaar.             (2)

3.2      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.2.1       Noem die halfgeleidende materiaal wat vir die vervaardiging van die
                     fotovoltaïese sonpanele gebruik word.                                       (1)

         3.2.2       Verduidelik die proses wanneer elektriese energie in 'n sonpaneel
                     opgewek word.                                                               (4)

3.3      Bespreek die voordele van 'n geotermiese kragstasie bo 'n steenkool-
         kragstasie.                                                                             (4)

3.4      Noem VIER voordele van biobrandstof.                                                    (4)

3.5      Noem TWEE hulpbronne vir die vervaardiging van metanol.                                 (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                                   9                                 DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die diagram hieronder toon die snyspuitstuk ('nozzle') van 'n plasmasnyer wat
         gebruik word om vlekvrye staal te sny.

         4.1.1       Identifiseer onderdeel A.                                                      (1)

         4.1.2       Identifiseer die probleem, wat deur pyl B aangedui word, wat kan
                     voorkom wanneer dik materiaal met die plasmasnyer gesny word.                  (1)

         4.1.3       Stel 'n handeling voor          om   die   probleem   geïdentifiseer   in
                     VRAAG 4.1.2, reg te stel.                                                      (1)

         4.1.4       Noem TWEE soorte gas wat algemeen in die plasmasnyproses
                     gebruik word.                                                                  (2)

4.2      Bestudeer die prent hieronder van die oksiasetileen-snyapparaat wat gebruik
         word om metaal te sny en beantwoord die vrae wat volg.

         4.2.1       Noem die TWEE gasse wat gedurende die oksiasetileen-snyproses
                     gebruik word.                                                                  (2)

         4.2.2       Maak 'n lys van die voordele van die gebruik van die oksiasetileen-
                     apparaat bo die plasmasnyer.                                                   (3)

         4.2.3       Noem die belangrike veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word
                     wanneer met die oksiasetileen-snyapparaat gewerk word.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              10                                     DBE/2022
                                             SS/NSS

4.3      Die prent hieronder toon die MIG-sweisspuitstuk.

         4.3.1       Beskryf die proses wanneer 'n verslete sweispunt vervang word.              (4)

         4.3.2       Verduidelik die gebruik van anti-spatselsproei tydens die MIG-
                     sweisproses.                                                                (2)

         4.3.3       Gee VIER redes hoekom die sweisdraad nie glad deur die sweispyp
                     beweeg nie.                                                                 (4)

4.4      Die tabel hieronder toon drie maatreëls wat die beweging van verskillende
         laste tydens sweiswerk kan voorkom. Voltooi die tabel deur die voorkomings-
         maatreëls in VRAAG 4.4.1 tot 4.4.3 te noem.

          4.4.1

          4.4.2

          4.4.3

                                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            11                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

4.5      SCENARIO

         Jy is gevra om 'n deur vir 'n perdestal te ontwerp en te vervaardig.

         Die afmetings vir die stalopening is 2 000 mm x 1 000 mm.

         Twee skarniere en 'n grendel moet aan die deur vasgeheg word.

         Gegee:

            Vierkantige pyp: 50 mm x 50 mm x 3 mm
            Ronde staaf: 10 mm
            Sagtestaalplaat: 1 000 mm x 1 000 mm x 3 mm
            Twee skarniere en een grendel

         Gebruik die inligting hierbo en teken 'n skets van die staldeur.

         Punte sal soos volg toegeken word.

                        Ontwerp                                 1
                        Skarniere en grendel                    2
                        Afmetings                               2
                        Netheid                                 1                                (6)

4.6      'n Boer moet 'n gebreekte implement in 'n land regmaak. Verduidelik waarom
         hy/sy 'n omsettersweismasjien ('inverter welder'), aangedryf deur 'n generator,
         eerder as 'n MIG-sweismasjien sal gebruik.                                              (3)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              12                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1      Die prent hieronder toon 'n vyftien hektaar-lusernland.

         5.1.1       Noem VYF basiese implemente wat gebruik kan word om lusern te
                     oes.                                                                       (5)

         5.1.2       Noem DRIE voordele van die gebruik van masjinerie in die
                     oesproses.                                                                 (3)

         5.1.3       Noem 'n ander manier wat gebruik kan word om lusern te sny.                (1)

         5.1.4       Noem EEN veiligheidstoestel wat op 'n baalmasjien geïnstalleer word
                     om die onderdele te beskerm sodat dit nie deur onvoorsiene
                     obstruksies beskadig word nie.                                             (1)

5.2      'n Stroper is 'n baie duur masjien om mee te werk en 'n boer moet 'n
         kosteberaming doen voordat hy/sy hierdie masjien vir oesdoeleindes wil
         gebruik.

         5.2.1       Gebruik die volgende inligting (belasting op toegevoegde waarde
                     uitgesluit) om die lopende koste van 'n stroper te bereken:

                            Brandstof                         R8 100,00
                            Olie                              R1 200,00
                            Filters                           R1 500,00
                            Arbeid                            R3 000,00
                            Onderdele                         R8 000,00

                     Toon ALLE bewerkings.                                                      (2)

         5.2.2       Bereken die belasting op toegevoegde waarde (15%) betaalbaar op
                     die totale lopende koste van die stroper.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                                13                                  DBE/2022
                                               SS/NSS

5.3      Die grafiek hieronder illustreer die tydlyn van 'n nuwe trekker wat deur 'n boer
         gekoop is. Die trekker is met 'n vyfjaar-diensplan gekoop.

          Waarde van
           trekker

                                                         Tydlyn in jaar

         5.3.1       Gee 'n gepaste opskrif vir die grafiek.                                       (1)

         5.3.2       Bepaal die regte tyd om die trekker te verkoop deur die data in die
                     grafiek hierbo te analiseer EN gee TWEE redes vir jou antwoord.               (3)

         5.3.3       Noem DRIE stappe wat 'n boer kan doen om buitensporige
                     depresiasie op die waarde van tweedehandse implemente te
                     minimaliseer.                                                                 (3)

5.4      Die prente hieronder illustreer drie komponente wat gebruik word om 'n
         implement aan 'n trekker te koppel.

                       A                         B                        C

         5.4.1       Identifiseer komponente A, B en C en noem TWEE funksies van ELK.              (9)

         5.4.2       Beskryf DRIE belangrike veiligheidsmaatreëls wat op komponent C
                     van toepassing is.                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             14                                 DBE/2022
                                            SS/NSS

5.5      Die prent hieronder illustreer die DRIE hoofkomponente van 'n koppelaar-
         samestelling.

         5.5.1       Identifiseer komponente A, B en C.                                        (3)

         5.5.2       Gee VIER redes hoekom 'n trekker met 'n koppelaar toegerus word.          (4)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             15                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1      Bestudeer die prent van 'n           spilpuntbesproeiingstelsel   hieronder    en
         beantwoord die vrae wat volg.

         6.1.1       Verduidelik die struktuur se vermoë om die swaar vrag van die
                     besproeiingstelsel te dra.                                                  (2)
         6.1.2       Stel EEN moontlike oorsaak vir die verstopping van                die
                     sproeierspuitstuk voor en gee 'n oplossing vir die probleem.                (2)
         6.1.3       Noem DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
                     'n waterpomp vir die stelsel hierbo gekies word.                            (3)
6.2      Noem die proses wanneer 'n besproeiingsboer die korrekte frekwensie en
         duur van watertoediening vir 'n gewas stel om plantegroei te maksimeer.                 (1)
6.3      Die prent hieronder toon 'n septiese tenk.

                                 A

         6.3.1       Identifiseer die komponent deur pyl A aangedui en noem die funksie
                     daarvan.                                                                    (2)

         6.3.2       Noem die vereistes wat nagekom moet word om hierdie septiese
                     stelsel funksioneel te hou.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                                 16                                   DBE/2022
                                                SS/NSS

6.4      Die illustrasie hieronder toon 'n dreineringstelsel wat gebruik kan word om
         versuipte landerye te dreineer.

         6.4.1       Verduidelik die tegniese uitleg van hierdie dreineringstelsel.                  (3)

         6.4.2       Noem 'n stelsel wat vinnig groot hoeveelhede water uit versuipte
                     landerye kan verwyder.                                                          (1)

         6.4.3       Verduidelik 'n paar aspekte wat probleme kan veroorsaak as daar
                     geen dreineringstelsel rondom die buitegrense 'n gebou geïnstalleer
                     is nie.                                                                         (3)

6.5      Die prente hieronder toon besproeiingstydhouers. Bestudeer die prente en
         beantwoord die vrae wat volg.

                                 A                                     B

         6.5.1       Identifiseer tydhouer A.                                                        (1)

         6.5.2       Noem TWEE nadele van tydhouer B.                                                (2)

         6.5.3       Identifiseer die tydhouer       (A    of   B)   wat   'n   meervoudige
                     programmeringsfunksie het.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                          17                               DBE/2022
                                         SS/NSS

6.6      Noem DRIE voordele van die gebruik van die kraanwater-filtreerstelsel
         hieronder getoon.

                                                                                       (3)

6.7      Beveel 'n moniteringstelsel aan vir ELK van die scenario's in die tabel
         hieronder. Skryf die antwoorde langs die vraagnommers (6.7.1 en 6.7.2) in
         die ANTWOORDEBOEK.

                         SCENARIO                     MONITERINGSTELSEL
          Kontroleer die kunsmis-toedieningstempo     6.7.1
          op 'n gewas noukeurig
          Bepaal areas met ondergroei in 'n landery   6.7.2                            (2)
                                                                                       [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:       160
                                                                  GROOTTOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-eng/8efb3673-3f48-4d22-aad9-4af8efb3c7be) — Agricultural Technology · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-mg-eng/80cec2f1-af20-4a7a-bd4b-a41f7966a36e) — Agricultural Technology · Memo · 2022 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2022-mg-afr/655a1b9b-18a2-4cf2-8f3a-991e76df10f1) — Agricultural Technology · Memo · 2022 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2022-eng/c3d21a49-1d99-4db4-89e1-881053003584) — Agricultural Technology · QP · 2022 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/85728b95-5774-4d6d-85dd-de20dc4ca39b) — Agricultural Technology · QP · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-eng/6e72892b-deb8-4820-8758-b91c5592448a) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
