# Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-afr/0a79565a-1cf4-4b59-bd47-7c7ae750b4f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-afr/0a79565a-1cf4-4b59-bd47-7c7ae750b4f3)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             LANDBOUTEGNOLOGIE

                                         2023

                                                                       PUNTE: 200

                                                                        TYD: 3 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             2                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1         Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

         1.2         ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3         Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

         1.5         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6         Toon ALLE bewerkings.

         1.7         Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2         Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1         Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             3                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die ...-sny-apparaat gebruik 'n wolframelektrode ('tungsten') om 'n
                     elektriese boog te dra vir die sny van metale.

                     A   waterstraal
                     B   laser
                     C   plasma
                     D   oksiasetileen

         1.1.2       Watter EEN van die volgende gasse is NIE geskik vir gebruik
                     tydens die plasmasnyproses NIE?

                     A   Asetileen
                     B   Stikstof
                     C   Argon
                     D   Suurstof

         1.1.3       Watter EEN van die volgende stellings is NIE 'n voordeel van
                     MIG-sweising NIE?

                     A   Nie nodig om aanhoudend die elektrode te vervang nie
                     B   Kan in winderige toestande gebruik word
                     C   Die proses word maklik geoutomatiseer
                     D   Beter sweispoelsigbaarheid as gevolg van die afwesigheid van
                         slak

         1.1.4       Hierdie soort metaal maak sweising moeilik en daar word
                     aanbeveel dat die buite-oppervlak met 'n hoekslypmasjien
                     verwyder word:

                     A   Titaan
                     B   Koper
                     C   Vlekvrye staal
                     D   Gegalvaniseerde metaal

         1.1.5       'n Voordeel van die gebruik van 'n omsettersweismasjien is dat ...

                     A   geen slak na die sweisproses verwyder hoef te word nie.
                     B   koper gesweis kan word.
                     C   dit min weeg en maklik rondgedra kan word.
                     D   geen elektrisiteit benodig word nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               4                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

         1.1.6       Die turbine wat elektriese energie in 'n hidroëlektriese kragstasie
                     opwek, is aan 'n … gekoppel.

                     A   generator
                     B   stator
                     C   fotovoltaïese sel
                     D   solarsel

         1.1.7       Hierdie deel van 'n septieseriool-stelsel stel 'n persoon in staat om
                     die binnekant van die rioolstelsel te inspekteer:

                     A   Verspreidingsveld
                     B   Mangat
                     C   Glygeut
                     D   Demper

         1.1.8       Uitermatige windspoed van 'n stroper veroorsaak dat ...

                     A   pitte deur die waaier van die masjien uitgewaai word.
                     B   pitte van verskillende groottes in die opgaarbak beland.
                     C   V-bande van hulle katrolle afgegooi word.
                     D   pitte nie van die stronke verwyder word nie.

         1.1.9       'n ... voorkom opgeboude druk in die tenk van 'n septiese riool.

                     A   Ventilasieopening
                     B   Terugflitsweerder
                     C   Soort bakterium
                     D   Venturi

         1.1.10      Die kleefmiddel wat die geskikste is vir die aanmekaarsit van die
                     glaspanele van 'n akwarium:

                     A   Epoksi
                     B   Silikon
                     C   Resorsinol
                     D   Lateks                                                     (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             5                                      DBE/2023
                                           SS/NSS

1.2      Verander die ONDERSTREEPTE woord(e) in die volgende sinne om die
         stellings WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1       Die sweishelling verander aanhoudend in die                 vastepyp-
                     sweisposisie soos wat die sweiser 'n sweislopie maak.

         1.2.2       Bekleding is die sweisproses wat gebruik word om 'n ploegskaar
                     op te bou deur dit met 'n slytbestande metaal op te vul.

         1.2.3       Die stootrigting is sterker as die trekrigting van die hidrouliese
                     silinder omdat 'n groter slaglengte aan die oliedruk blootgestel is.

         1.2.4       'n Laer is 'n masjienkomponent wat wrywing skep tussen 'n
                     bewegende komponent en 'n as.

         1.2.5       Die optelmeganisme op 'n ram-tipe baler beweeg in en uit om die
                     hooi in die baalkamer in te voer.                        (5 x 2)              (10)

1.3      Kies 'n woord/term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                           KOLOM A                                  KOLOM B
         1.3.1       Dit gebeur wanneer staal tot 'n     A      uitsetting
                     hoë punt verhit word en dan weer
                     afgekoel word                       B      gietyster

         1.3.2       Kom op die oppervlak van sekere     C      krimping
                     metale voor as gevolg van
                     oksidasie                           D      elektrolise

         1.3.3       Die materiaal wat in die            E      omgekeerde osmose
                     vervaardiging van trekkerenjin-
                     blokke gebruik word waar gewig      F      roes
                     'n belangrike rol speel
                                                         G      VTT ('VRT')
         1.3.4       Die tegnologie wat die
                     toedieningstempo van kunsmis        H      meganiese tydreëlaar
                     op 'n presisieplanter beheer
                                                         I      tensiometer
         1.3.5       'n Tuinbesproeiingsreguleerder
                     wat nie 'n eksterne kragbron        J      aluminium
                     nodig het nie
                                                                                     (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              6                                DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die masjinering van Vesconite hou geen gesondheidsrisiko's in vir die
         persone wat daarmee werk nie.

         2.1.1       Verduidelik die stelling hierbo deur DRIE redes te gee om die
                     antwoord te staaf.                                                       (3)

         2.1.2       Noem TWEE produkte wat van Vesconite vervaardig kan word.                (2)

2.2      Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot tin.

         2.2.1       Wat is die kleur van tin?                                                (1)

         2.2.2       Noem DRIE gevalle waar tinlegerings kommersieel gebruik word.            (3)

2.3      Vlekvrye staal is 'n allooistaal wat in verskillende toepassings op die plaas
         gebruik kan word.

         Hoe kan die magnetisme-eienskap van vlekvrye staal verminder word sonder
         om die treksterkte daarvan te affekteer?                                             (1)

2.4      Interne spanning word in geelkoper opgewek wanneer dit koud bewerk word.
         Beskryf die proses om hierdie interne spanning te verlig sonder dat die
         eienskappe van geelkoper in gevaar gestel word.                                      (2)

2.5      Noem TWEE gebruike van fosforbrons.                                                  (2)

2.6      Genkem-kontakkleefmiddel is 'n sterk, meerdoelige kleefmiddel wat vinnig
         droog word en ontwerp is om goeie kleefeienskappe te verskaf wanneer dit
         op 'n wye verskeidenheid huishoudelike materiaal aangewend word.

         2.6.1       Noem VIER huishoudelike materiale waarop                Genkem-
                     kontakkleefmiddel doeltreffend aangewend kan word.                       (4)

         2.6.2       Beveel VIER maniere aan om die sterkte van die las te verbeter
                     wanneer 'n kontakkleefmiddel aangewend word.                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             7                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

2.7      Die prent hieronder toon 'n tipe diereheining wat gebruik word om die
         beweging van perde te bekamp.

         2.7.1       Identifiseer die tipe heining wat in die prent getoon word en gee 'n
                     rede vir die gebruik van hierdie tipe heining.                              (2)

         2.7.2       Wat is die funksie van die opwekker ('energiser') gebruik in die tipe
                     heining wat in VRAAG 2.7.1 geïdentifiseer is?                               (2)

         2.7.3       Noem DRIE eienskappe van die isolators wat gebruik word om die
                     draad van 'n elektriese heining aan die paal vas te maak.                   (3)

         2.7.4       Wat sal gebeur as 'n persoon aan 'n elektriese heining raak wat 'n
                     hoër stroomsterkte het as wat deur die wet voorgeskryf word?                (2)

2.8      Identifiseer onderdele A en B en noem EEN funksie van elk.

                                                                                                 (4)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            8                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Bestudeer die prente van twee alternatiewe energiestelsels, A en B gemerk,
         hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               A                                  B

         3.1.1       Watter EEN van die stelsels, A of B, is geskik om elektrisiteit aan
                     'n waterpomp in 'n vallei of bergagtige gebied te voorsien? Gee 'n
                     rede vir jou antwoord.                                                     (2)

         3.1.2       Noem DRIE voordele van stelsel A wanneer dit met stelsel B
                     vergelyk word.                                                             (3)

3.2      Noem DRIE nadele van songeisers.                                                       (3)

3.3      Noem DRIE probleme geassosieer met 'n elektriese kragstasie wat steenkool
         as 'n energiebron gebruik.                                                             (3)

3.4      Beskryf die proses om geotermiese energie uit die Aarde in te span om
         elektrisiteit te produseer.                                                            (6)

3.5      Noem DRIE voordele van metanol wanneer dit as 'n aanvullingsbrandstof vir
         'n voertuig gebruik word.                                                              (3)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             9                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1     Die prente hieronder toon belangrike toerusting wat op 'n plaas gebruik word.

                             A                                      B

                             C                                      D

        Kies 'n prent hierbo wat by elk van die volgende scenario's sal pas. Skryf slegs
        die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) neer, bv. 4.1.6 E.

        4.1.1        Die sny van geroeste metaal waar elektrisiteit nie beskikbaar is nie        (1)

        4.1.2        'n Kompakte sweismasjien, gekoppel aan 'n kragopwekker, word
                     gebruik om 'n plaashek in die veld te herstel                               (1)

        4.1.3        Presisie-sny van metaal sonder om asetileen te gebruik                      (1)

        4.1.4        Sweismasjien waarvan die sweisstaaf nie gereeld vervang hoef te
                     word nie                                                                    (1)

        4.1.5        Die masjien wat nie gas nodig het wanneer dit gebruik word nie              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           10                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

4.2     'n Boer moet 'n oprit bou om sy motorfiets op sy bakkie te laai. Die oprit moet
        van hoekyster vervaardig word.
        Bestudeer die ontwerpskets van die oprit hieronder en gebruik die afmetings
        van die materiaal wat verskaf word om die vrae te beantwoord.
        Hoekyster vir buiteraam: 32 mm x 32 mm x 5 mm = R95,00/meter
        Hoekyster vir sporte: 25 mm x 25 mm x 3 mm = R43,00/meter

        4.2.1        Bestudeer die tabel hieronder en herrangskik die stappe van die
                     vervaardigingsproses in die korrekte volgorde, bv. 6, 9, 7, 10, 8.

                      STAPPE               VERVAARDIGINGSPROSES
                         1   Maak die oppervlak skoon waar sweising gaan
                             plaasvind.
                         2   Gebruik die geskikte gereedskap om die hoekyster in
                             die korrekte lengtes te sny.
                         3   Werk af en verf die oprit.
                         4   Meet en merk die korrekte lengtes van die hoekyster.
                         5   Puntsweis om te verseker dat die opritkomponente vas
                             is en voltooi dan die sweisproses.                                (5)

        4.2.2        Gebruik die inligting hierbo om die totale koste te bereken van die
                     hoekyster wat aangekoop moet word om die oprit te bou.                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            11                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

4.3     Bestudeer die prent hieronder van 'n komponent wat op die MIG-sweisapparaat
        gebruik word en beantwoord die vrae wat volg.

        4.3.1        Benoem die komponent.                                                      (1)

        4.3.2        Verduidelik die belangrikheid daarvan om die komponent te stel om
                     die korrekte gasdruk te lewer voordat die sweisproses begin.               (4)

        4.3.3        Wat is die gasdrukinstelling wat aanbeveel word vir doeltreffende
                     sweising om plaas te vind?                                                 (1)

4.4     Die prent hieronder toon 'n persoon wat in die oorhoofse boogsweisposisie
        sweis.

        4.4.1        Beskryf die oorhoofse boogsweisproses.                                     (5)

        4.4.2        Identifiseer 'n veiligheidsmaatreël wat die sweisoperateur toepas om
                     homself te beskerm. Gee 'n rede vir jou antwoord.                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            12                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

4.5     Die oksiasetileenapparaat hieronder getoon, word vir sny- en sweisdoeleindes
        gebruik.

        4.5.1        Noem DRIE tipes persoonlike beskermende toerusting wat gedra
                     moet word wanneer 'n taak met die oksiasetileen-snyapparaat
                     gesny word.                                                                (3)

        4.5.2        Noem die silinder wat eerste oopgemaak moet word voordat die
                     snyproses begin. Gee EEN rede vir jou antwoord.                            (2)

        4.5.3        Daar word aanbeveel dat beide die silinders altyd in 'n regop posisie
                     gebruik moet word.

                     Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord.                  (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           13                                   DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1     Bestudeer die prente van TWEE tipes kuilvoerkerwers hieronder en
        beantwoord die vrae wat volg.

                              A                                    B

        5.1.1        Noem VIER meganiese probleme wat met die snymeganisme van
                     die masjien in prent A ondervind kan word.                                (4)
        5.1.2        Kies tussen A en B die geskikste kuilvoerkerwer wat 'n kleinskaalse
                     boer kan gebruik om sy kuilvoer te oes. Motiveer jou antwoord.            (3)
        5.1.3        Beskryf die prosedure wat gevolg moet word wanneer die masjien
                     wat in prent A getoon word vir gebruik voorberei word.                    (5)
5.2     Bestudeer die illustrasie van die driepunt- hidrouliese stelsel van 'n trekker
        hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        5.2.1        Hoekom is dit belangrik dat ghriesnippels op die kruiskoppelings
                     van die kragaftak-as ('PTO') geïnstalleer word?                           (1)
        5.2.2        Beskryf die funksie van komponent B.                                      (1)
        5.2.3        Komponent A moet altyd afgeskerm word om ernstige beserings te
                     voorkom. Noem DRIE vereistes van hierdie tipe skerm.                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            14                                     DBE/2023
                                           SS/NSS

5.3     Die illustrasie hieronder toon 'n trekker wat met 'n voorlaaigraaf toegerus is.

        5.3.1        Noem VIER vereistes wat in ag geneem moet word voordat 'n
                     trekker, wat met 'n voorlaaigraaf toegerus moet word, aangekoop
                     word.                                                                        (4)

        5.3.2        Noem VIER veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word
                     wanneer daar met 'n voorlaaigraaf teen 'n helling gewerk word.               (4)

5.4     Die ram-tipe baler hieronder getoon, word gebruik om klein reghoekige bale te
        produseer.

        5.4.1        Benoem onderdeel A.                                                          (1)

        5.4.2        Verduidelik hoe om die baaldigtheid van 'n ram-tipe baler te
                     verander.                                                                    (2)

        5.4.3        Beskryf die funksies van die glykoppelaar op die ram-tipe baler.             (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             15                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

5.5    Die illustrasie hieronder toon 'n ewenaar wat in die aandryfmeganisme van 'n
       trekker gebruik word.

                                                B

                              A

       5.5.1          Verduidelik die rede vir die installering van 'n ewenaar op 'n trekker.      (2)

       5.5.2          Benoem onderdele A en B in die illustrasie.                                  (2)

5.6    Foutiewe dieselenjins toon altyd sekere sigbare tekens. Voltooi die tabel
       hieronder deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf die ontbrekende woord
       langs die vraagnommers (5.6.1 tot 5.6.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               SIMPTOOM                            FOUT OP TREKKER
               Swart rook                                   5.6.1
                  5.6.2                    Water lek in die ontbrandingskamer in.
                Blou rook                                   5.6.3                                  (3)

5.7    Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       5.7.1          Benoem die gereedskapstuk wat in die prent hierbo getoon word.               (1)

       5.7.2          Noem die kragbron wat gebruik word om hierdie gereedskapstuk
                      aan te dryf.                                                                 (1)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            16                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 6: WATERBESTUUR

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1     Die prent hieronder toon 'n beweegbare sprinkelbesproeiingstelsel.

        6.1.1        Verduidelik waarom hierdie besproeiingstelsel die doeltreffendste
                     een is om op klein areas in besproeiingslande te gebruik.                  (4)

        6.1.2        Beskryf die werking van hierdie besproeiingstelsel.                        (4)

6.2     Die prent hieronder toon 'n sproeier van 'n spilpuntbesproeiingstelsel wat aan 'n
        veranderliketempotegnologie(VTT)-toediener gekoppel is.

        6.2.1        Verduidelik die rede waarom 'n besproeiingsproeier aan 'n
                     veranderliketempo-toediener gekoppel is.                                   (1)

        6.2.2        Gee TWEE redes vir die posisionering van die sproeiers op 'n
                     spesifieke hoogte bokant die gewas.                                        (2)

6.3     Verduidelik die term besproeiingskedulering.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             17                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

6.4     Noem VIER aspekte wat in ag geneem moet word voordat 'n geskikte plek
        gekies word om 'n septiesetenk-stelsel op te rig.                                     (4)

6.5     Identifiseer 'n dreineringstelsel wat in die volgende scenario's gebruik kan word:

        6.5.1        Om groot hoeveelhede water uit voorstedelike gebiede te verwyder         (1)

        6.5.2        Om oortollige water vanaf grasperke te verwyder                          (1)

6.6     Beskryf hoe rekenaarsagteware doeltreffend in 'n moderne besproeiingstelsel
        gebruik kan word.                                                                     (2)

6.7     Noem TWEE toestelle wat gebruik kan word om verdamp-transpirasie in 'n land
        te meet.                                                                              (2)

6.8     Noem TWEE nadele van die gebruik van distillasie as 'n watersuiwerings-
        metode.                                                                               (2)

6.9     Beskryf die proses van waterfiltrasie met 'n houerfiltreerstelsel.                    (2)

6.10    Gee DRIE redes vir die montering van 'n GPS-eenheid op plaasmasjinerie.               (3)
                                                                                              [30]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           160
                                                                     GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-eng/6e72892b-deb8-4820-8758-b91c5592448a) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-mg-afr/49b9303d-33e4-4f5e-adbe-90dbadf7c5b7) — Agricultural Technology · Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-mg-eng/db10383d-7cc4-41f6-9140-68d351a16776) — Agricultural Technology · Memo · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-afr/c3b8b589-9e64-4570-b82b-604d612b5c5d) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-eng/86f6afe6-d48c-4deb-850f-b5ecd800d688) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/85728b95-5774-4d6d-85dd-de20dc4ca39b) — Agricultural Technology · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
