# Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2015-afr/8edf6b7d-ce2e-43a9-aac9-21d1238a5d0f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2015-afr/8edf6b7d-ce2e-43a9-aac9-21d1238a5d0f)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                               LANDBOUTEGNOLOGIE

                                   NOVEMBER 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                                  2                        DBE/November 2015
                                                  NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1         Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

         1.2         ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3         Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

         1.5         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6         Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2         Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1         Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              3                          DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

         1.1.1        Die geraasvlak wat in 'n werkswinkel ervaar word, word volgens
                      die regulasies in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid,
                      1993 (Wet 85 van 1993) as te hard geklassifiseer wanneer ...

                      A   'n selfoon nie gehoor kan word wanneer dit lui nie.
                      B   die klopgeluid van 'n enjin nie gehoor kan word nie.
                      C   'n los klep in 'n enjin skaars gehoor kan word.
                      D   iemand wat 'n meter van jou af staan, hard moet praat om
                          gehoor te word.

         1.1.2        'n Plasmasnymasjien werk deur 'n baie hoë spanning en
                      ... te gebruik.

                      A   'n waterstraal om die werkstuk af te koel
                      B   lae stroomsterkte
                      C   'n oksiasetileenvlam
                      D   hoë stroomsterkte

         1.1.3        'n Voordeel van die gebruik van 'n MIG-sweismasjien is dat ...

                      A   koper gesweis kan word.
                      B   baie dik metaal gesweis kan word.
                      C   die aanvanklike opstelkoste baie laag is.
                      D   geen vloeimiddel na sweising verwyder hoef te word nie.

         1.1.4        Die punt van 'n MIG-sweispyp is bedek met 'n ... wat die elektrode
                      beskerm en die gasvloei rig.

                      A   rubberomhulsel
                      B   Vesconite-buis
                      C   ghrieslaag
                      D   brandervoering/branderskerm

         1.1.5        'n Voorbeeld van 'n biobrandstofgewas wat as 'n alternatief vir
                      diesel gebruik kan word:

                      A   Mielies
                      B   Sonneblomsaad
                      C   Suikerriet
                      D   Houtagtige plantvesel

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              4                          DBE/November 2015
                                              NSS

         1.1.6        EEN van die volgende veroorsaak NIE dat 'n trekker na die kant
                      toe omslaan as gevolg van 'n verandering in die trekker se
                      swaartepunt NIE:

                      A   Vul die trekker se agterste bande met water
                      B   Dra 'n baal te hoog op die voorlaaigraaf
                      C   Ry te vinnig om 'n draai
                      D   Vervoer vragte wat die vragkapasiteit van die voertuig oorskry

         1.1.7        ..., soos teistering, is 'n gesondheidsgevaar wat beroepsiektes kan
                      veroorsaak.

                      A   Werkplekstres
                      B   Biologiese gevare
                      C   Fisiese agente
                      D   Chemiese gevare

         1.1.8        Die spoedverhouding van 'n ratsamestelling as die dryfrat 60 tande
                      en die aangedrewe rat 20 tande het:

                      A   1:3
                      B   3:1
                      C   1:1
                      D   1:2

         1.1.9        Die voorgeskrewe mengverhouding op 'n houer Roundup-
                      onkruiddoder is 5 mℓ onkruiddoder gemeng met 1 ℓ water.

                      Bepaal hoeveel van die onkruiddoder by 20 ℓ water in 'n rugspuit
                      gevoeg moet word:

                      A   50 mℓ
                      B   100 mℓ
                      C   5ℓ
                      D   1ℓ

         1.1.10       Die agtergrondkleur van veiligheidstekens op elektriese heinings
                      wat mense teen elektriese skok waarsku:

                      A   Geel
                      B   Swart
                      C   Wit
                      D   Rooi                                                   (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               5                            DBE/November 2015
                                               NSS

1.2      Verander die ONDERSTREEPTE woord(e) in elk van die volgende stellings
         om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 Trekker.

         1.2.1         'n Suiwer chroom-sweisstafie word gebruik om gebreekte of
                       gekraakte gietysteronderdele te sweis.

         1.2.2         Huishoudelike rioolwater in 'n septiese tenk word deur sure
                       afgebreek.

         1.2.3         Die boonste stang word gebruik om die kruishoek van 'n implement
                       in verhouding tot 'n trekker te verstel.

         1.2.4         'n Veranderliketempo-tegnologiestelsel word gebruik om 'n
                       presiese ligging te bepaal deur verskillende satelliete te gebruik.

         1.2.5         Die rotor van 'n windturbine word aan 'n hoofas verbind wat 'n
                       motor draai wat elektrisiteit opwek.                    (5 x 2)              (10)

1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.

                              KOLOM A                                 KOLOM B
        1.3.1        Huisves die skutplate en slytplate van   A    rotor en hamers
                     'n hamermeul
                                                              B    waaier
        1.3.2        Vergemaklik die proses om grondstof
                     in 'n hamermeul in te voer               C    sikloon

        1.3.3        Vergruis die voer tot 'n vasgestelde     D    raamwerk
                     grootte in 'n hamermeul
                                                              E    sif
        1.3.4        Bepaal die grootte van die finale
                     gemaalde materiaal wat deur 'n           F    glygeut
                     hamermeul geproduseer is
                                                              G    kragaftakas
        1.3.5        Skei die gemaalde materiaal en lug in
                     'n hamermeul
                                                                                      (5 x 2)       (10)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             6                         DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die instrument hieronder toon dat koper in baie toepassings in en om die huis
         gebruik word.

         2.1.1        Skryf die materiaal neer wat by koper gevoeg word om die
                      volgende te vorm:

                      (a) Geelkoper
                      (b) Brons                                                                 (2)

         2.1.2        Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om koperprodukte
                      permanent te las.                                                         (2)

         2.1.3        Noem 'n middel wat tin kan oplos.                                         (1)

2.2      Daar is 'n kraak in jou trekker se dieseltenk en jy benodig 'n kleefmiddel om
         die kraak tydelik te herstel.

         2.2.1        Noem die TWEE belangrikste aspekte wat in ag geneem moet
                      word wanneer 'n kleefmiddel gekies word om die dieseltenk te
                      herstel.                                                                  (2)

         2.2.2        Verduidelik die proses om die dieseltenk voor te berei voordat die
                      kleefmiddel aangewend word.                                               (1)

2.3      Beskryf die volgende eienskappe van Vesconite:

         2.3.1        Delamineringsvermoë                                                       (2)

         2.3.2        Wrywingsvermoë                                                            (2)

         2.3.3        Verweringsvermoë                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              7                           DBE/November 2015
                                              NSS

2.4      Elektriese heinings is 'n baie effektiewe manier om diere veilig te hou en kan
         in verskeie tydelike en permanente toepassings gebruik word.

         2.4.1        Stel TWEE metodes voor om weerligskade aan 'n elektriese
                      heining se energieopwekker te voorkom.                                       (2)

         2.4.2        Bespreek die prosedure wat gevolg moet word wanneer die
                      aardingstelsel van 'n elektriese heining getoets word.                       (4)

         2.4.3        Beskryf kortliks die aardterugleidingstelsel van 'n elektriese heining
                      en noem TWEE moontlike oorsake van 'n spanningsval in die
                      elektriese heining se kring.                                                 (3)

2.5      Die draad van 'n elektriese heining moet baie sterk wees as gevolg van die
         hoë spanning in die draad.

         2.5.1        Dui die korrekte soort draad aan wat gebruik word om 'n elektriese
                      heining op te rig.                                                           (1)

         2.5.2        Noem die voorgeskrewe minimum dikte van die draad wat vir 'n
                      elektriese heining gebruik word.                                             (1)

         2.5.3        Stel TWEE metodes voor wat gebruik kan word om die kaal drade
                      van 'n elektriese heining teen verwering te beskerm.                         (2)

2.6      Isoleermateriaal wat op die plafon van 'n plaasgebou gebruik word om die
         gebou in die somer koel en in die winter warm te hou, moet aan sekere
         veiligheidsvereistes voldoen.

         Noem VIER van hierdie veiligheidsvereistes.                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           8                         DBE/November 2015
                                           NSS

2.7      Die foto's hieronder toon vier komponente wat die energie verskaf wat vir die
         energieopwekker van 'n elektriese heining benodig word.

         Herrangskik die onderdele in 'n logiese gebruiksvolgorde.

                       Sonreëlaar                          GS/WS-omsetter

                       Sonpaneel                                Battery
                                                                                               (4)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           9                           DBE/November 2015
                                           NSS

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die windturbine hieronder word gebruik om elektrisiteit op te wek waar geen
         elektrisiteit beskikbaar is nie of om die nasionale kragnetwerk aan te vul.

         Beskryf kortliks elk van die volgende windturbine-onderdele:

         3.1.1        Rotorlemme                                                                (1)

         3.1.2        Hoofas                                                                    (1)

         3.1.3        Ratkas                                                                    (1)

         3.1.4        Generator/Opwekker                                                        (1)

3.2      Die son straal elke dag 'n groot hoeveelheid sonenergie na die aarde uit.
         Nege-en-negentig persent van die son se energie gaan verlore as gevolg
         van mense se beperkte vermoë om sonenergie na elektriese energie om
         te skakel.

         3.2.1        Noem die TWEE tipes energie waaruit sonstrale bestaan en noem
                      'n metode wat gebruik kan word om elkeen te benut.                        (4)

         3.2.2        Noem TWEE faktore          wat   die   doeltreffendheid   van     'n
                      sonkragpaneel bepaal.                                                     (2)

         3.2.3        Noem die apparaat wat gebruik word om die gelykstroom van 'n
                      sonpaneel in bruikbare wisselstroom te verander.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                          10                         DBE/November 2015
                                          NSS

3.3      'n Geotermiese kragstasie gebruik die aarde se hitte-energie om elektrisiteit
         op te wek.

         Identifiseer TWEE probleme wat met geotermiese energie geassosieer
         kan word.                                                                            (2)

3.4      Plant- en diermateriaal, soos kanola, alge en diervet, kan verbrand word om
         as biobrandstof gebruik te word.
                                                                                              (3)
         Name DRIE nadele van biobrandstof.

3.5      Beskryf kortliks die begrippe etanol en metanol as alternatiewe brandstof in
         die landboubedryf.                                                                   (4)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             11                         DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die foto hieronder toon 'n plaaswerker wat met 'n boogsweismasjien sweis.

         Noem DRIE veiligheidsrisiko's wat jy in die foto kan identifiseer wat die werker
         ignoreer en wat tot beserings kan lei.

                                                                                                (3)

4.2      'n Foto van 'n oksiasetileen-snyapparaat word hieronder getoon.

                               Oksiasetileen-snyspuitstuk

         4.2.1        Noem die tipe metaal waaruit die snyspuitstuk vervaardig word.            (1)

         4.2.2        Gee VIER wenke om sweislasse van hoë gehalte te verseker
                      wanneer oksiasetileen-sweiswerk in die oorhoofse sweisposisie
                      gedoen word.                                                              (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           12                      DBE/November 2015
                                           NSS

4.3      'n Sweisoperateur kan sekere foute begaan wanneer daar met 'n
         MIG-sweismasjien gesweis word.

         Noem die sweisdefek wat tydens MIG-sweising deur die volgende veroorsaak
         kan word. Skryf slegs die defek langs die vraagnommer (4.3.1–4.3.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                     MOONTLIKE OORSAAK                            DEFEK
         - Winderige toestande                            4.3.1
         - Geverfde, nat of olierige plaat
         - Nat of geroeste vullerdraad
         - Voorbereiding is te nou                        4.3.2
         - Wortelgaping is te klein
         - Verslete kontakpunt wat onreëlmatige boog
           veroorsaak
         - Onvoldoende induktansie                        4.3.3
         - Spanning is te laag
         - Geroeste plaat of plaat met grondlaag geverf
         - Sweisspoed te vinnig                           4.3.4
         - Stroom te hoog
         - Swak tegniek
                                                                                           (4)

4.4      Beskryf die MIG-sweisproses van die oomblik wat die boog geslaan word
         totdat die sneller gelos word.                                                    (5)

4.5      Noem TWEE gasse wat in die MIG-sweisproses as 'n skermgas rondom die
         sweislasarea gebruik kan word.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             13                         DBE/November 2015
                                             NSS

4.6      SCENARIO

         Jy is gevra om 'n veiligheidshek te maak vir die stoorkamer op die plaas
         waar gevaarlike stowwe geberg word. Die buite-afmetings van die hek is
         2 000 mm (hoogte) by 900 mm (breedte). Die buiteraamwerk van die hek
         moet met 19 mm vierkantige pyp gemaak word. Die prys van die vierkantige
         pyp is R25,00 per meter. Die binnekant van die hek moet met Ø 12 mm-
         sagtestaalstawe gemaak word. Die spasies tussen aangrensende staalstawe
         moet 100 mm wees. Die prys van die Ø 12 mm-staalstawe is R6,00 per
         meter. Die prys van die slot is R80,00 en die twee skarniere is R10,00 elk.

         4.6.1        Berei 'n materiaallys voor van al die materiaal wat benodig word
                      om die veiligheidshek te maak.                                            (4)

         4.6.2        Bereken die totale koste van die materiaal wat gebruik word om die
                      veiligheidshek te maak. Toon ALLE berekeninge.                            (5)

         4.6.3        Teken 'n netjiese skets van die veiligheidshek met die dele wat in
                      die SCENARIO genoem word.

                      Punte sal vir die volgende toegeken word:

                      Skarniere                                                        (1)
                      Slot                                                             (1)
                      Afmetings                                                        (1)
                      Netheid                                                          (1)      (4)

4.7      Die gasse in die lys hieronder word in plasmasnywerk gebruik vir die sny van
         verskillende soorte metale.

         Dui aan watter gas in elk van die volgende toepassings gebruik sal word.
         Skryf slegs die gas langs die vraagnommer (4.7.1–4.7.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                              lug/suurstof; waterstof; stikstof; argon

                            TOEPASSING                                   GAS
         Beste kwaliteit snit vir sagte aluminium, vlekvrye   4.7.1
         staal of koolstaal

         Word gebruik om dik staal en metaal te sny en        4.7.2
         is die warmste gas beskikbaar

         Sny teen 'n konstante spoed en verleng die           4.7.3
         masjien se leeftyd
                                                                                                (3)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             14                        DBE/November 2015
                                             NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1      Bestudeer die foto hieronder van 'n kragaftakas wat in die aandryfstelsel van
         'n snymasjien gebruik word en beantwoord die vrae wat volg.

           5.1.1      Noem die meganisme wat deur die pyl in die foto hierbo aangetoon
                      word.                                                                     (1)

           5.1.2      Gee TWEE redes vir die installering van die meganisme wat deur
                      die pyl aangedui word in die aandryfstelsel van die snymasjien.           (2)

           5.1.3      Beskryf TWEE prosedures wat gevolg moet word indien die
                      snymasjien vir 'n lang tydperk gestoor moet word.                         (2)

5.2      Die illustrasie hieronder toon twee tipes rondebalers.

                           A                                    B
                        VERMEER                               WELGER

         5.2.1        Verduidelik kortliks die baalvormingsmeganisme van elke baler.            (2)

         5.2.2        Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat 'n arbeider in
                      gedagte moet hou wanneer bale teen 'n helling of heuwel gebaal
                      moet word.                                                                (2)

5.3      Beskryf die rol van gevorderde tegnologiese toestelle, soos rekenaars en
         satellietposisionering-stelsels, in moderne trekkers.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             15                         DBE/November 2015
                                             NSS

5.4      Die hidrouliese olie in die transmissiestelsel van 'n trekker moet tydens 'n
         diens vervang word.

         5.4.1        Waar kan jy betroubare inligting kry om die korrekte graad olie vir
                      die trekker te kies?                                                       (1)

         5.4.2        Noem DRIE voordele van die gebruik van outomatiese transmissie-
                      olie in die hidrouliese stelsels van trekkers.                             (3)

5.5      Bestudeer die illustrasie van die driepunt hidrouliese stelsel van 'n trekker
         hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        .

         5.5.1        Benoem onderdeel A en B soos in die illustrasie hierbo getoon.             (2)

         5.5.2        Beskryf die werking van onderdeel C soos in die illustrasie hierbo
                      getoon.                                                                    (2)

5.6      Die illustrasie hieronder toon 'n trekker wat probeer om 'n boomstomp uit die
         grond te trek.

         5.6.1        Noem TWEE maniere waarop 'n trekker se massaverplasing
                      positief teengewerk kan word om sodoende te voorkom dat die
                      trekker agteroorslaan.                                                     (2)

         5.6.2        Noem die DRIE faktore wat 'n invloed op die dieptebeheerstelsel
                      van 'n trekker het wanneer ploegwerk gedoen word.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              16                       DBE/November 2015
                                              NSS

5.7      Noem DRIE vereistes van die skerms wat gebruik word om alle bewegende
         dele van implemente te beveilig.                                                      (3)

5.8      Die agterste as van 'n trekker bestaan uit twee hoofdele, naamlik die ewenaar
         en die finale aandrywing, soos hieronder getoon.

         5.8.1        Noem die TWEE hooffunksies van 'n trekker se agterste ewenaar.           (2)

         5.8.2        Verduidelik die volgende stelling:

                      'n Geslote ewenaar het 'n beduidende traksie-/trekkragvoordeel bo
                      'n oop ewenaar.                                                          (2)

5.9      Stel 'n werkbare oplossing voor om rukkerige rotasie te voorkom wanneer die
         soort kruiskoppeling in die foto hieronder gebruik word.

                                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                          17                         DBE/November 2015
                                          NSS

5.10     Skryf die naam van die plaaswerkswinkeltoestelle, A, B en C, hieronder neer.

                      A                         B                       C                    (3)

5.11     Alle plaasimplemente en trekkeronderdele moet aan sekere vereistes
         voldoen.

         Noem DRIE voordele van die standaardisering van plaasimplemente en
         trekkeronderdele.                                                                   (3)

5.12     Wat is fout met 'n dieseltrekker wanneer swart rook by die uitlaatstelsel
         opgemerk word?                                                                      (1)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                          18                         DBE/November 2015
                                          NSS

VRAAG 6: WATERBESTUUR

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1      Die foto's hieronder toon verskillende besproeiingsmetodes. Skryf die naam
         van elke besproeiingsmetode neer en noem EEN voordeel van die soort
         besproeiingstelsel.

                          A                                         B

                                                C                                            (6)

6.2      Beskryf die stappe wat jy moet volg wanneer 'n geskikte pomp vir 'n nuwe
         besproeiingstelsel gekies word.                                                     (6)

6.3      Gee TWEE redes waarom 'n               boer   die   watervloeitempo    in   'n
         pypbesproeiingstelsel moet bepaal.                                                  (2)

6.4      Beveel TWEE voorsorgmaatreëls aan wat 'n boer in gedagte moet hou om
         diefstal te voorkom wanneer elektriese besproeiingskabels aangelê word.             (2)

6.5      Dui aan hoe rekenaarsagteware kan help om 'n besproeiingstelsel effektief te
         reguleer om 'n beter oes te verseker.                                               (2)

6.6      Noem TWEE toestelle wat gebruik word om verdamping in 'n mielieland
         te bepaal.                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                                 19                   DBE/November 2015
                                                 NSS

6.7      'n Bespoeiingsproeier word hieronder getoon.

         6.7.1        Onsuiwerhede soos roes en kalkaanpaksels in besproeiingspype
                      kan sproeiers verstop. Hoe kan hierdie onsuiwerhede doeltreffend
                      verwyder word sonder om die hele stelsel uitmekaar te haal?          (1)

         6.7.2        Beskryf die interne konstruksie van die sproeierkop van 'n
                      besproeiingsproeier en verduidelik die rede vir die ontwerp.         (3)

6.8      Noem die dreineringsmetode wat in elk van die volgende gevalle gebruik kan
         word:

         6.8.1        Rioolwater van 'n toilet                                             (1)

         6.8.2        Water van 'n kombuisopwasbak                                         (1)

         6.8.3        Oortollige tuinwater                                                 (1)

6.9      Beskryf kortliks hoe 'n septiese tenk funksioneer.                                (3)
                                                                                           [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           160
                                                                  GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2015-eng/fe9393d6-8236-4fbe-8276-b8872d220040) — Agricultural Technology · QP · 2015 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2015-memo-eng/a97f4f17-e8ef-4097-82c9-5d32a1011fb2) — Agricultural Technology · Memo · 2015 · Eng
- [Agricultural Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-feb-march-2015-eng/86e7ae3c-ed59-4c6a-90ad-5a665c06d048) — Agricultural Technology · QP · 2015 · Eng
- [Agricultural Technology Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-feb-march-2015-afr/df80c2e9-512d-4e70-b573-721076c36f7a) — Agricultural Technology · QP · 2015 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-afr/c3b8b589-9e64-4570-b82b-604d612b5c5d) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-eng/86f6afe6-d48c-4deb-850f-b5ecd800d688) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
