# Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2020-afr/a61a52db-ba87-4f60-93f1-8aa7f810b224
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2020-afr/a61a52db-ba87-4f60-93f1-8aa7f810b224)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                              LANDBOUTEGNOLOGIE

                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              2                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1          Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                      en AFDELING B.

         1.2          ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3          Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                      hierdie vraestel gebruik is.

         1.5          Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6          Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1          Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2          Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1          Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2          Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              3                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Aluminium word vir die vervaardiging van gaskoeldrankblikkies
                      verkies, omdat dit …

                      A   lug deurlaat.
                      B   teen sure weerstand bied.
                      C   liggewig is.
                      D   'n elastiese materiaal is.

         1.1.2        Alle werkswinkels moet met brandblussers toegerus wees:

                      A   Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                          1993) ('OHS')
                      B   Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993
                          (Wet 130 van 1993)
                      C   Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
                      D   Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)

         1.1.3        Watter EEN van die volgende is NIE 'n doelwit van die
                      standaardisering van plaasimplemente NIE?

                      A   Maak instandhouding en herstelwerk makliker
                      B   Maak implemente uitruilbaar en makliker om te hanteer
                      C   Voorkom dat een trekkermaatskappy 'n monopolie vorm
                      D   Verminder die koste van onderdele

         1.1.4        Die … tipe kragaftakker (KAT) stel die operateur in staat om die
                      vorentoe-beweging van die trekker te stop sonder om die KAT-
                      aandrywing te stop.

                      A   statiese
                      B   algemene
                      C   lewendige
                      D   dubbelwerkende

         1.1.5        Watter EEN van die volgende word NIE toegelaat wanneer 'n
                      trekker op die plaas gebruik word NIE?

                      A   Installeer 'n rolstaaf op die trekker.
                      B   Laat 'n bykomende passasier op die trekker toe.
                      C   Vertoon 'n stadig-bewegende-voertuig-teken.
                      D   Installeer 'n trurat-alarm.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              4                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

         1.1.6        Die geraas van 'n bystandkragopwekker kan verminder word
                      deur …

                      A   die uitlaatpyp korter te maak.
                      B   'n knaldemper in die uitlaatstelsel te installeer.
                      C   die verkleining van die knaldemper se kas ('silencer box').
                      D   dit tydens donderstorms af te skakel.

         1.1.7        Die meganisme op 'n trekker wat verseker dat die trekker teen 'n
                      konstante diepte werk:

                      A   Stabiliseringskettings
                      B   Nivilleerkas
                      C   Gevoeligheidselement
                      D   KAT-as ('PTO shaft')

         1.1.8        'n Geslote ewenaar verskaf ewe veel … aan elk van die twee wiele
                      op 'n as.

                      A   trekkrag
                      B   drukkrag
                      C   wringkrag
                      D   grypkrag

         1.1.9        'n … is 'n positiewe meganiese koppeling tussen verskillende
                      roterende asse wat die asse in staat stel om teen verskillende
                      hoeke te werk.

                      A   Drukplaat
                      B   Krukas
                      C   Kruiskoppeling
                      D   Boonste stang

         1.1.10       Eweredige verspreiding van die uitvloeiing van die septiese tenk na
                      die dreineringseenheid of logingsput:

                      A   Verspreidingsboks
                      B   Knaldemper
                      C   Mangat
                      D   Verdelingsmuur                                           (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               5                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

1.2      Verander die ONDERSTREEPTE woord in elk van die volgende stellings om
         dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1        Nikkel verander die bandstruktuur van vlekvrye staal en veroorsaak
                      terselfdertyd 'n afname in slaansterkte.

         1.2.2        Brons is 'n allooi wat hoofsaaklik uit titanium bestaan, gewoonlik
                      met tin as die hoofbymiddel.

         1.2.3        Boute word gebruik om drade aan elektriese heiningpale vas te
                      maak om energieverlies deur die pale en grond te voorkom.

         1.2.4        Gegalvaniseerde staal bevat 'n magnesium-laag wat giftige gas
                      produseer wat kanker kan veroorsaak wanneer dit gebrand word.

         1.2.5        Die gassweismasjien word deur robotte in die motor-
                      vervaardigingsbedryf gebruik om die bakpanele van voertuie
                      te sweis.                                          (5 x 2)                   (10)

1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                             KOLOM A                               KOLOM B
         1.3.1        Skei die gemaalde materiaal van      A   remvloeistof
                      die lug in die hamermeul
                                                           B   kajuit
         1.3.2        Skei die strooi/kaf en die
                      mieliepitte in die stroper           C   rotor

         1.3.3        Komponent wat die handsmering        D   sikloon
                      van bewegende dele op
                      implemente toelaat                   E   transmissie-olie

         1.3.4        'n Hoëviskositeitsvloeistof wat in   F   ghriesnippel
                      die hidrouliese sisteem van 'n
                      voorlaaigraaf gebruik word           G   siwwe

         1.3.5        Beskerm die trekkeroperateur         H   rekenaar
                      teen die opdoen van ernstige
                      beserings indien 'n trekker
                      omslaan
                                                                                       (5 x 2)     (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             6                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1      Die diagram hieronder toon 'n elektriese kabel met isolering en kopergeleiers.

         2.1.1        Verduidelik waarom koper vir die vervaardiging van elektriese
                      kabels geskik is.                                                        (2)
         2.1.2        Bespreek DRIE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word
                      wanneer die elektriese kabels en leidings van elektriese heinings
                      geïnstalleer word.                                                       (3)
         2.1.3        Weerlig wat die elektriese heining tref, kan die energiewekker
                      ernstig beskadig. Maak 'n benoemde skets van 'n weerligafleier
                      wat op 'n elektriese heining geïnstalleer is.
                       Puntetoekenning:
                       Netheid                                                 1
                       Korrekte byskrifte vir TWEE verskillende komponente     2
                       Ontwerp                                                 1               (4)
2.2      Noem DRIE invloede van chroom op vlekvrye staal.                                      (3)
2.3      Die prent hieronder toon Teflon-komponente.

         2.3.1        Maak 'n lys van VIER chemiese stowwe wat geen effek op Teflon-
                      bedekte oppervlakke het nie.                                             (4)
         2.3.2        Noem TWEE komponente wat uit Teflon vervaardig kan word.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            7                        DBE/November 2020
                                          SS/NSS

2.4      Die verkope van 'n plaaslike onderdelevervaardiger het gedaal omdat baie
         van die klante verkies het om Vesconite-busse in plaas van staalbusse te
         koop. Verduidelik aan die eienaar waarom dit meer winsgewend sal wees om
         Vesconite-busse as staalbusse te vervaardig en te verkoop.                          (3)

2.5      Nuwe plastiekveiligheidstekens moet in en om 'n plaas se meganiese
         werkswinkel geïnstalleer word. Noem DRIE kleefmiddels wat 'n boer kan
         gebruik om hierdie veiligheidstekens op die mure aan te bring.                      (3)

2.6      Beskryf die verskil tussen kohesie en adhesie.                                      (2)

2.7      Die prentjie hieronder toon 'n tipiese keramiek-isolator wat in elektriese-
         heininginstallasies gebruik word.

         2.7.1        Noem TWEE tipes materiaal wat as isolators tussen die draad en
                      die staalpaal van 'n elektriese heining gebruik kan word.              (2)

         2.7.2        Die opdrag op waarskuwingsborde vir elektriese heinings moet in
                      swart letters wees en moet die volgende sê: 'WAARSKUWING –
                      ELEKTRIESE HEINING'.

                      Noem DRIE vereistes van waarskuwingsborde vir elektriese
                      heinings.                                                              (3)

2.8      Isoleringsmateriaal wat in die dakke van geboue gebruik word, moet aan
         sekere veiligheidsvereistes voldoen. Bespreek VIER van hierdie
         veiligheidsvereistes.                                                               (4)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              8                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die foto hieronder toon windturbines.

         Maak 'n lys van die VIER hoofonderdele van 'n windturbine.                              (4)

3.2      Noem DRIE faktore wat die doeltreffendheid van 'n elektriese sonpaneel
         bepaal.                                                                                 (3)

3.3      Geotermiese energie is die hitte-energie binne-in die Aarde wat dikwels in
         spuitbronne, warmbronne asook vulkane manifesteer. Dit kan dus baie nuttig
         vir die opwek van elektrisiteit wees.

         3.3.1        Beskryf kortliks die prosedure wat gevolg moet word om
                      geotermiese energie in te span en dit in elektrisiteit om te skakel.       (3)

         3.3.2        Noem TWEE belangrike probleme wat met geotermiese energie
                      geassosieer word.                                                          (2)

3.4      Biobrandstof is enige plant- of dieremateriaal wat as 'n brandstof gebruik kan
         word. Noem VIER nadele van hierdie tipe brandstof.                                      (4)

3.5      Die prentjie hieronder toon 'n songeiser.

         Noem VIER voordele van die songeiser bo 'n gewone elektriese geiser.                    (4)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               9                             DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die prentjie hieronder toon 'n MIG-sweispyp.

                                                              B
                              A

         4.1.1        Identifiseer A en B.                                                           (2)

         4.1.2        Verduidelik die funksie van A in die prentjie hierbo.                          (2)

         4.1.3        Noem die materiaal wat gebruik word om B te vervaardig.                        (1)

         4.1.4        Verduidelik die oorsake van die klein metaalballetjies wat vorm
                      wanneer met 'n MIG-sweiser gesweis word.                                       (2)

4.2      Die diagram hieronder toon twee stukke metaal wat aanmekaar gesweis moet
         word.

         4.2.1        Verduidelik kortliks hoe 'n boer 'n vertikale stuiksweislas op die
                      twee stukke metaal hierbo getoon, moet uitvoer.                                (5)

         4.2.2        Noem TWEE tipes sweislopies of -patrone wat 'n boer vir
                      sweiswerk kan gebruik.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             10                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

4.3      'n Gat is gegrawe om 'n hoekpaal te installeer, soos hieronder getoon.

         Volume van die paal = 4 700 000 mm³
         Volume van die gat = lengte x breedte x hoogte

                                     300 mm
                                                      300 mm

                          600 mm

         4.3.1        Gebruik die inligting hierbo om die volume van die gat minus die
                      paal te bepaal.                                                              (4)

         4.3.2        Veronderstel dat die kontrakteur voorafbereide beton wil bestel om
                      die vier hoekpale vas te sit. Bereken die volume van die
                      betonmengsel wat bestel moet word.                                           (3)

4.4      Die geweldige hitte wat deur die sweisboog geskep word, kan veroorsaak dat
         metaaldele in verskillende rigtings verwring.

                                A

         4.4.1        Identifiseer die soort krimping wat by pyl A voorkom.                        (1)

         4.4.2        Noem TWEE maniere om die verwringing wat deur die hitte van
                      sweislopies geskep word, te beheer.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            11                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

4.5      Die prentjie hieronder toon die gasreguleerder van 'n oksiasetileenapparaat.

                                  A
                                                             B

         4.5.1        Noem die funksies van die twee meters, A en B.                           (2)

         4.5.2        Beskryf die oksiasetileensnyproses.                                      (4)

4.6      Die prentjie hieronder toon 'n plasmasny-brander.

         4.6.1        Watter soort metaal sal 'n operateur besig wees om te sny as
                      suurstof gebruik word? Gee 'n rede vir jou antwoord.                     (2)

         4.6.2        Die plasmabrander produseer soms 'n boog; en verloor dit dan
                      weer tydens die snyproses. Gee die moontlike oorsaak van hierdie
                      verskynsel en verduidelik hoe jy dit kan oorkom.                         (2)

         4.6.3        Noem die materiaal wat gebruik word om die standaard-plasma-
                      sny-elektrodes te vervaardig.                                            (1)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            12                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1      Beskryf hoe jy die implement hieronder getoon, in stand sal hou.

                                                                                                 (4)

5.2      Die prentjies hieronder toon twee soorte baalmasjiene.

                             A                                     B

         5.2.1        Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor. Voltooi
                      die tabel deur die twee baalmasjiene onder die gegewe opskrifte
                      te vergelyk.

                                               BAALMASJIEN A       BAALMASJIEN B
                       Vervoer van bale
                       Toedraai van kuilvoer
                       Hantering                                                                 (6)

         5.2.2        Hoe word baaldigtheid in BAALMASJIEN B verander?                           (2)

         5.2.3        Bespreek die funksie van die glykoppelaar wat tussen die
                      kragaftak-as ('PTO') en die vliegwiel van BAALMASJIEN B ingesit
                      is.                                                                        (2)

5.3      Beskryf DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer daar
         met die kuilvoerkerwer, hieronder getoon, gewerk word.

                                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             13                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

5.4      Bespreek VYF belangrike probleme wat kan voorkom wanneer koring
         gestroop word met die masjien hieronder getoon.

                                                                                                 (5)

5.5      Die prentjie hieronder toon 'n dubbelwerkende hidrouliese silinder.

         5.5.1        Beskryf kortliks hoe die dubbelwerkende hidrouliese silinder werk.         (4)

         5.5.2        Watter kant van die dubbelwerkende hidrouliese silinder is die
                      sterkste? Motiveer jou antwoord.                                           (2)

5.6      Die prentjie hieronder toon 'n trekker wat 'n ploeg trek.

         5.6.1        Beskryf DRIE maniere om 'n trekker se gewigsverplasing positief
                      te verander.                                                               (3)

         5.6.2        Wat sal gebeur as die boonste stang tussen die trekker en die
                      ploeg verwyder word?                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             14                            DBE/November 2020
                                            SS/NSS

5.7      Bestudeer die prentjies van die twee trekkers hieronder noukeurig.

                               A                                        B

         5.7.1        Kies die trekker, A of B, wat die geskikste vir die montering van 'n
                      voorlaaigraafstelsel sal wees. Motiveer jou antwoord.                        (3)

         5.7.2        Die kragstuurpompe van albei trekkers word deur 'n V-band-
                      aandrywingstelsel aangedryf. Hoekom word V-bande bo platbande
                      verkies?                                                                     (3)

         5.7.3        Hoekom is die uitlaatpyp van die trekker langer as die
                      luginlaatpyp?                                                                (1)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             15                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 6: WATERBESTUUR

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1      Die prentjie hieronder toon 'n spilpuntbesproeiingstelsel.

         6.1.1        Die besproeiingstelsel hierbo het krag nodig om die wiele aan te
                      dryf. Noem TWEE van hierdie aandrywingsmetodes.                             (2)

         6.1.2        Noem 'n metode om die metaalgedeeltes van die besproeiing-
                      stelsel teen roes te beskerm.                                               (1)

         6.1.3        Gee 'n rede waarom die waterdruk vanaf die middelpunt van die
                      spilpunt tot by die punt van die spilpunt konstant gehou moet word.         (2)

         6.1.4        Noem 'n toestel wat 'n boer kan installeer om die stelsel
                      outomaties aan en af te skakel, soos benodig.                               (1)

6.2      Gee DRIE redes vir die gebruik van waterskedulering.                                     (3)

6.3      Noem TWEE tipes toerusting wat gebruik kan word om verdamp-
         transpirasie van gewasse doeltreffend te meet.                                           (2)

6.4      Die diagram hieronder toon 'n afvalwaterbestuurstelsel.

         6.4.1        Identifiseer A, B, C, D en E in die diagram hierbo getoon.                  (5)

         6.4.2        Beskryf die hooffunksie van die bakterieë wat in die stelsel
                      teenwoordig is.                                                             (1)

         6.4.3        Rioolwater wat in riviere en damme inlek, kan mense en diere
                      benadeel. Verduidelik die voorsorgmaatreëls wat in ag geneem
                      moet word wanneer 'n septiese tenk gebou word.                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                           16                        DBE/November 2020
                                          SS/NSS

6.5      Identifiseer die waterdreineringstelsel hieronder getoon.

                                                                                          (1)

6.6      Verduidelik kortliks hoe water deur omgekeerde osmose gesuiwer word.             (3)

6.7      Noem TWEE kommunikasiestelsels wat gebruik kan word om die
         weidingspatrone van lewende hawe te monitor.                                     (2)

6.8      Herrangskik, in die korrekte volgorde, die volgende stappe in die integrering
         van data deur 'n Geografiese Inligtingstelsel:

             Die opbrengsinligting vanaf die monitor word met gereelde tussenposes
              opgeneem en gestoor.
             Geografiese Inligtingstelsel-sagteware neem die opbrengsdata en
              produseer opbrengskaarte.
             Installeer opbrengsmonitors en meettoestelle op die oestoerusting.          (3)
                                                                                          [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:         160
                                                                   GROOTTOTAAL:           200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology Nov 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2021-mg-eng/e95c9d3e-42d8-4b28-93e1-74c3dbc81895) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2021-mg-afr/b56ea494-1ea0-4d26-859f-b3a8c275c181) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2021-mg-eng-1/e56e9c83-29a3-414a-bec7-7b25adaa372f) — Agricultural Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-afr/7ffbeef7-3f87-4cff-a5d4-5a92f3861dd1) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Afr
- [Agricultural Technology May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2021-eng/3f54a9c3-3e0a-4cf0-a219-4664361b8bd4) — Agricultural Technology · QP · 2021 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-afr/c3b8b589-9e64-4570-b82b-604d612b5c5d) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
