# Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-afr/c3b8b589-9e64-4570-b82b-604d612b5c5d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-afr/c3b8b589-9e64-4570-b82b-604d612b5c5d)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          LANDBOUTEGNOLOGIE

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              2                            DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1         Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

         1.2         ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3         Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

         1.5         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6         Toon ALLE berekeninge.

         1.7         Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2         Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1         Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               3                        DBE/November 2023
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Die ... van die hamermeul fasiliteer die voerproses van die hooi na
                     die masjien.

                     A    sikloon
                     B    glygeut ('hopper')
                     C    waaier
                     D    hamer

         1.1.2       Die toestel wat die kragaftak-as ('PTO shaft') fasiliteer om teen 'n
                     hoek te werk:

                     A    Kruiskoppeling
                     B    Ewenaar
                     C    Stabiliseerketting
                     D    Boonste koppeling

         1.1.3       'n Metode wat gebruik word om 'n trekker se massaverplasing
                     positief te verander:

                     A    Verhoog die spoed van die trekker
                     B    Verkort die as-afstand van die trekker
                     C    Vermeerder die sleepvrag
                     D    Verlaag die trekstang

         1.1.4       Waar kan die trekker se sensitiwiteitselement geïnstalleer word?

                     A    Voor die kragaftak-as ('PTO shaft')
                     B    By die basis waar die opligarms aan die trekker gekonnekteer
                          word
                     C    In die koppelaaromhulsel
                     D    By die punt van die stuurmeganisme

         1.1.5       Die materiaal wat gebruik word om die hoofstruktuur van 'n spilpunt-
                     besproeiingstelsel te vervaardig:

                     A    Vesconite
                     B    Koper
                     C    PVC
                     D    Gegalvaniseerde staal

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                               4                           DBE/November 2023
                                               NSS

         1.1.6       'n Toestel wat gebruik word om die voginhoud van die grond te
                     meet:

                     A    Verdampingspan
                     B    Besproeiingsreguleerder
                     C    Neutronvogstaaf ('probe')
                     D    Termometer

         1.1.7       Reguleer die eenrigtingvloei van water in 'n besproeiingstelsel:

                     A    Eenrigtingklep
                     B    Besproeiingstydreëlaar
                     C    Waterfiltreerder
                     D    Sproeier

         1.1.8       'n ... is nie 'n onderdeel van die oksiasetileen-snyspuitstuk nie.

                     A    Snyhefboom
                     B    Blaaspyp
                     C    Naaldklep
                     D    Wateropvanger

         1.1.9       'n Toestel wat voorkom dat 'n vlam terug in die gasbottel inskiet
                     wanneer daar met die oksiasetileen-snyapparaat gewerk word:

                     A    Terugflitsweerder
                     B    Blaaspyp
                     C    Naaldklep
                     D    Vonk-voorkomer

         1.1.10      Persoonlike beveiligingstoerusting beskerm die sweisoperateur
                     teen ... tydens sweiswerk.

                     A    X-strale
                     B    ultraviolet strale
                     C    gammastrale
                     D    neonstrale                                                (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              5                           DBE/November 2023
                                              NSS

1.2      Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende om die stellings WAAR
         te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1       Die finale aandrywing word in die agter-as van 'n trekker ingebou om
                     die rotasie tussen die agterwiele gelyk te stel.

         1.2.2       Die reguittand-rat draai teen 'n hoek oor die buitenste omtrek van die
                     rat.

         1.2.3       Bakterieë, muf, stof en virusse is voorbeelde van chemiese gevare.

         1.2.4       Die uitvloeisel vanuit die septiese tenk word deur gedraaide pype in
                     'n verspreidingsveld versprei.

         1.2.5       Die gasvlam smelt metaal wanneer die plasmasnyer gebruik word.
                                                                               (5 x 2)             (10)

1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
         1.3.1       Die meganisme in die trekker se      A    wisselstroom
                     aandrywingstelsel wat die enjin in
                     staat stel om aandryfkrag te         B    ghries
                     ontkoppel wanneer ratte
                     verwissel word                       C    water/vog

         1.3.2       Die toestel wat 'n afname in     D        koppelaar
                     spoed en 'n toename in wringkrag
                     in 'n trekker veroorsaak         E        gelykstroom

         1.3.3       'n Passtuk wat op 'n                 F    finale aandrywing
                     aandryfstelsel gebruik word om
                     smeermiddels aan te wend             G    ghriesnippel

         1.3.4       'n Tipe stroom wat deur 'n           H    vliegwiel
                     fotovoltaïese sonpaneel opgewek
                     word

         1.3.5       Kan interne boogvorming
                     veroorsaak wat skade aan die
                     brander van 'n plasmasnymasjien
                     veroorsaak
                                                                                     (5 x 2)       (10)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             6                          DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die prente hieronder toon TWEE tipes waterkrippe. Waterkrip A is van
         veselglas gemaak en B van beton.

                              A                             B

         2.1.1       Noem 'n sintetiese materiaal, buiten veselglas, wat gebruik kan word
                     om 'n waterkrip te vervaardig.                                               (1)

         2.1.2       Gee TWEE redes waarom waterkrip A bo waterkrip B verkies sal
                     word.                                                                        (2)

         2.1.3       Noem die toestel wat in die krip geïnstalleer sal word om watervloei
                     na die krip deur te laat wanneer die watervlak daal.                         (1)

2.2      Die prent hieronder toon 'n voorbeeld van 'n tipiese kleefmiddel.

         2.2.1       Wat word met die dravermoë van 'n kleefmiddel bedoel?                        (2)

         2.2.2       Verduidelik hoe die adhesie-eienskappe van 'n kleefmiddel verbeter
                     kan word om die binding tussen twee materiale te verhoog.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            7                        DBE/November 2023
                                            NSS

2.3      Die tabel hieronder toon verskillende sintetiese materiale. Voltooi die tabel
         deur slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.3.1 tot 2.3.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer te skryf.

                                                     PVC              TEFLON
             Verwringingstemperatuur               220 °C              2.3.1
             Effek van hitte                        2.3.2           Geen effek nie
             Toepassings                          Waterpype            2.3.3                 (3)

2.4      Noem TWEE invloede wat nikkel op vlekvrye staal het.                                (2)

2.5      Die prent hieronder toon 'n geelkoperbus.

         2.5.1       Noem TWEE metale wat gebruik word om geelkoper te vervaardig.           (2)

         2.5.2       Noem TWEE permanente hegtingsmetodes wat hitte gebruik om
                     geelkoper te heg.                                                       (2)

         2.5.3       Noem TWEE eienskappe van 'n geelkoper-allooi-bus wat dit meer
                     geskik vir gebruik in 'n spesifieke toepassing maak as 'n suiwer
                     koperbus.                                                               (2)

2.6      Gee DRIE redes waarom 'n Vesconite-bus bo 'n laer verkies word.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             8                          DBE/November 2023
                                             NSS

2.7      Die prent hieronder toon 'n elektriese heining.

         2.7.1       Noem die diepte waarop die aardelektrode die grond moet penetreer
                     wanneer 'n hoë-lewering-energiewekker gebruik word.                         (1)

         2.7.2       Noem 'n kostedoeltreffende metode wat gebruik kan word om
                     staalpale teen roes te beskerm.                                             (1)

         2.7.3       Noem DRIE oorsake van kortsluitings op 'n elektriese heining.               (3)

         2.7.4       Verduidelik waarom koper die voorkeurmateriaal is om die
                     aardpenne wat in 'n elektriese heining gebruik word, mee te
                     vervaardig.                                                                 (3)

2.8      'n Boer moet 'n elektriese heining installeer met ses draadlyne met 'n omtrek
         van 300 meter en met een hek.

         Gebruik die volgende inligting en bereken die totale koste van die heining:

          Vier hoekpale en twee hekpale                        R180,00 per paal
          Eenhonderd sparre                                    R13,00 per spar
          Draadlyn                                             R1,50 per meter
          Isolators                                            R5,00 per isolator                (5)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             9                            DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Voltooi die tabel hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
         (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    TIPE ALTERNATIEWE                   BRON VAN BRANDSTOF
                        BRANDSTOF
                           Etanol                                 3.1.1
                           3.1.2                    Houtagtige plantvesel, steenkool of
                                                              natuurlike gas
                         Metaangas                                3.1.3                             (3)

3.2      Die illustrasie hieronder toon die interne dele van 'n windturbine.

                                                                B      A
         3.2.1        Benoem deel A.                                                                (1)

         3.2.2        Beskryf die funksie van die ratkas wat as deel B gemerk is.                   (2)

         3.2.3        Noem die deel wat op 'n windturbine geïnstalleer word om
                      windspoed te meet.                                                            (1)

         3.2.4        Verduidelik die effek wat 'n verandering in die hoek van die
                      rotorlemme op die windturbine het.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              10                         DBE/November 2023
                                              NSS

3.3      Bestudeer die prent van 'n sonkragstelsel hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

         3.3.1       Identifiseer VIER aspekte wat 'n negatiewe invloed op die
                     opwekkingsdoeltreffendheid van die sonpaneelstelsel het.                    (4)

         3.3.2       Verduidelik aan 'n boer waarom 'n sonkrag- elektriese stelsel verkies
                     word bo elektrisiteit wat deur die nasionale elektrisiteitsnetwerk
                     voorsien word.                                                              (3)

         3.3.3       Noem DRIE beskermingsmaatreëls wat geïnstalleer kan word om
                     die sonkragstelsel teen diefstal en vandalisme te beskerm.                  (3)

3.4      Noem EEN voorsorgmaatreël wat geïmplementeer moet word om
         oorverkoeling van die hittebron by 'n geotermiese energieaanleg te voorkom.             (1)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                              11                        DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Veiligheidsmaatreëls is van die belangrikste aspekte wanneer take in die
         werkswinkel, soos hieronder getoon, uitgevoer word.

         4.1.1       Maak 'n lys van VIER veiligheidstoerustingitems wat teenwoordig
                     moet wees voordat enige taak in die werkswinkel uitgevoer word.            (4)

         4.1.2       Bespreek VYF maniere waarop 'n boer risiko's kan verlaag en die
                     veiligheid van werkers kan verbeter wanneer daar met gastoerusting
                     in 'n werkswinkel gewerk word.                                             (5)

         4.1.3       Verduidelik waarom dit nie aanbeveel word dat take uitgevoer word
                     wanneer 'n persoon alleen in 'n werkswinkel is nie.                        (2)

4.2      Prente A en B hieronder toon twee verskillende tipes sweismasjiene.

                                 A                                   B

         4.2.1       Identifiseer die tipe sweismasjien by A en B.                              (2)

         4.2.2       Dui aan watter EEN van die sweismasjiene hierbo meer tegniese
                     vaardighede sal vereis om mee te werk. Motiveer jou antwoord.              (2)

         4.2.3       Verduidelik waarom dit nie aanbeveel word om met sweismasjien A
                     in 'n oop area te werk nie.                                                (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            12                           DBE/November 2023
                                            NSS

4.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                C

         4.3.1       Die gasdrukreguleerder wat hierbo getoon word, moet met 'n
                     skroefdraadkoppelstuk (C) aan die CO2-silinder gekoppel word.

                     Dui aan of die skroefdraadkoppelstuk kloksgewys of antikloksgewys
                     moet wees.                                                                  (1)

         4.3.2       Identifiseer die komponent (A of B) wat die spoed aandui waarteen
                     die gas vloei.                                                              (1)

         4.3.3       Noem 'n defek wat sal voorkom wanneer die werkende druk van die
                     gas te laag is.                                                             (1)

4.4      Die tabel hieronder toon algemene MIG-sweisdefekte. Voltooi die tabel deur
         slegs die antwoord langs die vraagnommers (4.4.1 tot 4.4.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer te skryf.

                                        MOONTLIKE
                    DEFEK                                              OPLOSSING
                                         OORSAAK
                     4.4.1              Stroom te laag                    4.4.2
                                     Wortelgaping te klein
                    Spatsels       Onvoldoende induktansie                4.4.3
                                   Geroeste of geverfde plaat
            Te veel metaal in                4.4.4                  Verlaag draadspoed
             die sweispoel
                                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                            13                      DBE/November 2023
                                            NSS

4.5      Voorsien byskrifte vir onderdele A, B, C, D en E in die MIG-sweisdiagram
         hieronder.

                                                                                             (5)

4.6      Die prent hieronder toon 'n boogsweis-T-las.

         4.6.1       Noem die korrekte hoek van die sweiselektrode in verhouding met
                     die werkstuk wanneer 'n T-las gesweis word. Gee 'n rede vir jou
                     antwoord.                                                               (2)

         4.6.2       Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om krimping en
                     verwringing te voorkom wanneer twee stukke metaal gesweis word.         (2)

4.7      Verduidelik ELK van die volgende tipes metaalverswakking:

         4.7.1       Wrywing                                                                 (1)

         4.7.2       Metaalvermoeidheid                                                      (1)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             14                        DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

5.1     Die prent hieronder toon 'n randsnyer.

        5.1.1        Noem DRIE items van persoonlike beveiligingstoerusting wat gedra
                     moet word wanneer met 'n randsnyer gewerk word.                           (3)

        5.1.2        Maak 'n lys van VIER veiligheidswenke wanneer daar met 'n
                     randsnyer gewerk word.                                                    (4)

5.2     Die prent hieronder toon 'n hidrouliese silinder wat op 'n plaasimplement
        gemonteer is.

        5.2.1        Identifiseer die tipe hidrouliese silinder wat in die prent hierbo
                     getoon word.                                                              (1)

        5.2.2        Noem VIER voordele van die transmissie-olie wat in die hidrouliese
                     silinder gebruik word.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             15                        DBE/November 2023
                                             NSS

5.3     Die illustrasie hieronder toon 'n band-en-katrolstelsel wat op 'n stroper gevind
        word.

        5.3.1        Verduidelik, deur na die illustrasie hierbo te verwys, waarom 'n
                     V-band bo 'n platband verkies sal word.                                    (3)

        5.3.2        Bereken die spoed van katrol B indien die spoed van katrol A
                     100 r/min is. Die diameter van katrol A is 300 mm en die diameter
                     van katrol B is 120 mm.
                     Gebruik die volgende formule:

                     Na x Da = Ng x Dg
                     Na = spoed van dryfkatrol
                     Da = diameter van dryfkatrol
                     Ng = spoed van gedrewe katrol
                     Dg = diameter van gedrewe katrol                                           (4)

        5.3.3        Benoem katrol C en verduidelik die funksie daarvan soos dit in
                     hierdie stelsel toegepas word.                                             (3)

5.4     Die prente hieronder toon verskillende probleme wat met die aanhaak van 'n
        implement geassosieer kan word.

        Voltooi die tabel deur die antwoorde langs die vraagnommers (5.4.1 tot 5.4.3)
        in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf.

                                             PROBLEEM               OPLOSSING
                                           Die agterkant van           5.4.1
                                            die implement
                                           penetreer nie die
                                               grond nie.

                                          Die implement werk            5.4.2
                                           teen 'n verkeerde
                                             kruishoek ten
                                            opsigte van die
                                                trekker.

                                           Die voorkant van             5.4.3
                                           die trekker lig op.

                                                                                                (3)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             16                         DBE/November 2023
                                             NSS

5.5     Die illustrasie hieronder toon 'n rondebaler wat gebruik kan word om ronde
        bale vir dierevoer te baal. Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae
        wat volg.

        5.5.1        Identifiseer die tipe rondebaler in die illustrasie hierbo en gee 'n
                     rede vir jou antwoord.                                                      (2)

        5.5.2        Gee TWEE redes vir die installering van 'n glykoppelaar op die
                     kragaftakas ('PTO shaft') van die rondebaler.                               (2)

        5.5.3        Verduidelik VIER take wat voltooi moet word wanneer 'n baler vir
                     die baalseisoen voorberei word.                                             (4)

        5.5.4        Stel voor wat gedoen moet word om te voorkom dat bale wegrol
                     wanneer daar teen 'n helling gebaal word.                                   (2)

5.6     Die prent hieronder toon 'n stroper wat gebruik word om koring te oes.

        5.6.1        Beskryf die werking van die stroper vanaf die oomblik wat die koring
                     gesny en in die stroper ingevoer word totdat die geoeste koring in
                     die trok val.                                                               (3)

        5.6.2        Verduidelik die nadele daarvan as 'n stroper NIE korrek ingestel is
                     voordat die koring gestroop word NIE.                                       (2)
                                                                                                 [40]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             17                         DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 6: WATERBESTUUR

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1      Die foto hieronder toon 'n besproeiing-sproeier wat aan 'n veranderliketempo-
         toepassing gekonnekteer is.

         6.1.1       Noem die voordele van hierdie tipe besproeiing-sproeier.                   (3)

         6.1.2       Noem TWEE tipes materiaal wat hierdie tipe besproeiing-sproeier
                     kan blokkeer of versper.                                                   (2)

         6.1.3       Noem 'n toestel wat in die besproeiingstelsel geïnstalleer kan word
                     om blokkasies te voorkom.                                                  (1)

         6.1.4       Noem 'n spesifieke toestel wat in 'n land geplaas word om te bepaal
                     wanneer die spilpuntbesproeiingstelsel moet aanskakel om 'n
                     sekere hoeveelheid water volgens die behoeftes aan die gewasse
                     toe te dien.                                                               (1)

6.2      Die spilpuntbesproeiingstelsel hieronder neig om in baie nat kleigrond vas
         te sit. Stel TWEE maniere voor waarop dit voorkom kan word.

                                                                                                (2)

6.3      Gee die term wat gebruik word om die korrekte frekwensie en duur van
         besproeiing in 'n land te beskryf.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie                             18                        DBE/November 2023
                                             NSS

6.4      Verduidelik wat verdamp-transpirasie is en noem 'n toestel wat gebruik word
         om dit te meet.                                                                    (2)

6.5      Die prent hieronder toon 'n septiese tenk wat gebruik word om afvalwater
         vanaf die plaashuis te behandel.

         6.5.1       Wat is die doel van die twee ronde strukture bo-op die septiese
                     tenk?                                                                  (1)

         6.5.2       Noem DRIE tipes stof wat in die eerste kompartement van 'n
                     septiesetenkstelsel gevind kan word.                                   (3)

         6.5.3       Gee TWEE bruikbare wenke wat in ag geneem moet word wanneer
                     instandhouding op 'n septiese tenk gedoen word.                        (2)

         6.5.4       Verduidelik die funksies van bruikbare bakterieë wat in 'n septiese
                     tenk gevind word.                                                      (3)

6.6      Bespreek die funksie van die GPS-toestel wat op 'n trekker geïnstalleer word.      (2)

6.7      Verduidelik die rol van besproeiingsagteware in gewasproduksie.                    (5)

6.8      Gee die naam van ELK van die volgende watersuiweringstelsels:

         6.8.1       Verwyder onsuiwerhede uit water deur 'n proses van kook en
                     kondensering                                                           (1)

         6.8.2       Water word deur twee verskillende vloeistowwe gestuur, deur 'n
                     deurlatende lagie geskei, wat slegs water op molekulêre vlak
                     deurlaat                                                               (1)
                                                                                            [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          160
                                                                    GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2023-eng/86f6afe6-d48c-4deb-850f-b5ecd800d688) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2022-mg-afr/5ad9323a-6205-448b-a33a-62918ebd56aa) — Agricultural Technology · Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2022 MG Final](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2022-mg-final/2963d23d-2657-4839-bed7-da61fa157261) — Agricultural Technology · Memo · 2023
- [Agricultural Technology May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-eng/6e72892b-deb8-4820-8758-b91c5592448a) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-afr/0a79565a-1cf4-4b59-bd47-7c7ae750b4f3) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2022-eng/c3d21a49-1d99-4db4-89e1-881053003584) — Agricultural Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
