# Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-afr/f4723cfb-5760-424c-a00a-2c0e3b5e5dbb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-technology) › [Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-afr/f4723cfb-5760-424c-a00a-2c0e3b5e5dbb)

## About this document

Agricultural Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          LANDBOUTEGNOLOGIE

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Landboutegnologie                              2                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING

         1.1         Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
                     en AFDELING B.

         1.2         ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.

         1.3         Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
                     hierdie vraestel gebruik is.

         1.5         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

         1.6         Toon ALLE berekeninge.

         1.7         Skryf netjies en leesbaar.

2.       AFDELING A: KORTVRAE

         2.1         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.

         2.2         Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.

3.       AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE

         3.1         Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.

         3.2         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Landboutegnologie                             3                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.       Nov

         1.1.1       'n Toestel wat gebruik word om die weidingspatroon van 'n
                     plaasdier te bepaal:

                     A   Tweerigtingradio
                     B   GPS
                     C   VTT
                     D   RFID

         1.1.2       'n Watersuiweringsmetode wat water deur twee verskillende
                     vloeistowwe, geskei deur 'n deurlatende lagie, stuur en water op 'n
                     molekulêre vlak deurlaat:

                     A   Sandfilter
                     B   Waterversagter
                     C   Koolstoffilter
                     D   Omgekeerde osmose

         1.1.3       Onvoldoende ... sal spatsels klein metaalballetjies gedurende die
                     sweisproses veroorsaak en sal die sweislas na die kleure bruin en
                     groen verkleur.

                     A   draadspoed
                     B   afskermgas
                     C   stroomsterkte
                     D   hitte

         1.1.4       EEN van die volgende is NIE deel               van    die       driepunt-
                     koppelingsmeganisme van 'n trekker NIE:

                     A   Nivelleerkas
                     B   Opligarms
                     C   Kragaftak-as ('PTO shaft')
                     D   Stabiliseerkettings

         1.1.5       Lopende kapitaal sluit implemente en ... in.

                     A   brandstof
                     B   boorgate
                     C   plaasgereedskap
                     D   herstelwerk

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Landboutegnologie                               4                     DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

         1.1.6       Die funksie van die outomatiese dieptebeheermeganisme van 'n
                     trekker is om die ... aan te pas.

                     A   agterkant van die ploeg
                     B   ploegdiepte volgens die grondtoestande
                     C   hoek van die implement ten opsigte van die trekker se
                         beweging
                     D   kruishoek van die implement ten opsigte van die trekker

         1.1.7       … is enige plant- of dieremateriaal wat brandbaar is en as 'n
                     alternatiewe brandstof gebruik kan word.

                     A   Biobrandstof
                     B   Steenkool
                     C   Fossielbrandstof
                     D   Petroleum

         1.1.8       Die proses om geelkoper te las:

                     A   Silwersoldering
                     B   Sweissoldering
                     C   Plasma-las
                     D   MIG-sweising

         1.1.9       EEN van die volgende moet in ag geneem word wanneer 'n
                     kleefmiddel gekies word vir aanwending in toestande waar uiterste
                     hitte 'n groot rol speel:

                     A   Hitteweerstand
                     B   Vlambaarheid
                     C   Ontvlambaarheid
                     D   Al die bogenoemde

         1.1.10      … word as 'n kleefvrye materiaal gebruik om ruitveërlemme te
                     vervaardig.

                     A   Bakeliet
                     B   Teflon
                     C   Vesconite
                     D   PVC                                                   (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Landboutegnologie                             5                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

1.2      Verander die onderstreepte woord in die volgende om die stellings WAAR
         te maak. Skryf slegs die toepaslike woord langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.

         1.2.1       'n Reguittandrat draai teen 'n hoek oor die buitenste omtrek van die
                     rat.

         1.2.2       Hidro-energie word diep onder die aardoppervlak ontgin en as een
                     van die mees volhoubare energiebronne beskou.

         1.2.3       Die kant van 'n hidrouliese silinder, wat die suier bevat, skep 'n
                     baie swakker stootkrag as die teenoorgestelde kant.

         1.2.4       Elektriese heinings moet nie diagonaal onder oorhoofse kraglyne
                     opgerig word nie.

         1.2.5       'n Weerligstraal vind altyd die langste pad na die grond.        (5 x 2)       (10)

1.3      Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                       KOLOM A                                      KOLOM B
         1.3.1 'n Toestel wat elektriese energie          A   standaardisering
               deur fotovoltaïese tegnologie
               produseer                                  B   windturbines

         1.3.2 'n Voorbeeld van pneumatiese               C   omsetter
               toerusting wat in 'n plaas se
               werkswinkel gebruik word                   D   alternator

         1.3.3 'n Toestel wat direkte stroom na           E   sonpanele
               wisselstroom verander
                                                          F   meganisasie
         1.3.4 'n Toestel wat energie, wat deur
               'n windturbine opgewek word,               G   kompressor
               stoor
                                                          H   battery
         1.3.5 Maak dit moontlik om onderdele
               by enige agent te koop, in plaas           I   anemometer
               van by 'n spesifieke een
                                                                                        (5 x 2)     (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Landboutegnologie                           6                              DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Verskeie allooi-elemente het 'n positiewe invloed op vlekvrye staal.

         Kies die invloed op vlekvrye staal (KOLOM B) wat by die allooi-element
         (KOLOM A) pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers
         (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.4 F.

                   KOLOM A                                   KOLOM B
                ALLOOI-ELEMENT                    INVLOED OP VLEKVRYE STAAL
         2.1.1 Mangaan                          A   bevorder die verharding van staal

         2.1.2 Nikkel                           B       verhoog magnetisme

         2.1.3 Chroom                           C       verlaag sterktes

                                                D       gee 'n redelike mate van taaiheid
                                                        by lae temperature

                                                E       gee aan staal 'n growwer struktuur
                                                                                    (3 x 1)       (3)

2.2      Voltooi die volgende tabel deur 'n woord/frase uit die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord/frase langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.6) in die
         ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord/frase mag slegs EEN keer gebruik
         word.

                     hamer; sag; brons; oppervlakbedekking vir blikkieskos;
                                   koper; silwerwit metaal

                NAAM VAN
           NIE-YSTERHOUDENDE                    EIENSKAP                    GEBRUIK
                 METAAL
                   2.2.1                            2.2.2                   Elektriese
                                                                             geleiers
                      2.2.3               Genereer nie 'n vonk                2.2.4
                                        wanneer dit teen 'n harde
                                        oppervlak gekap word nie
                       Tin                        2.2.5                       2.2.6
                                                                                                  (6)

2.3      Noem TWEE belangrike faktore wat in ag geneem moet word by die keuse
         van 'n kleefmiddel vir 'n spesifieke taak.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Landboutegnologie                           7                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

2.4      Die prent hieronder toon 'n beskadigde veselglas-bootromp.

         2.4.1       Gee 'n rede waarom veselglas gebruik word om beskadigde
                     bootrompe te herstel.                                                     (1)

         2.4.2       Maak 'n lys van DRIE items wat vir persoonlike beskerming
                     benodig word wanneer daar met veselglas gewerk word.                      (3)

         2.4.3       Noem 'n skoonmaakmiddel wat gebruik kan word om hars of
                     katalisator van jou vel te verwyder wanneer daar met veselglas
                     gewerk word.                                                              (1)

2.5      Gee EEN gebruik van Vesconite vir ELK van die gebruike deur 'n term uit die
         lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers
         (2.5.1 tot 2.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke term mag slegs EEN
         keer gebruik word.

            spilpunt-bus;    opligarm-bus;    metaal-teen-metaal-bus;    sluitpenbus

         2.5.1       Trekkers                                                                  (1)

         2.5.2       Windpomp                                                                  (1)

         2.5.3       Trekkersleepwaens                                                         (1)

         2.5.4       Besproeiingstoerusting                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Landboutegnologie                              8                          DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

2.6      Die prente hieronder toon verskillende tipes elektriese plaasheinings.
                            A                                        B

         2.6.1       Identifiseer die tipe elektriese heining wat in prent A en in prent B
                     getoon word.                                                                (2)
         2.6.2       Noem 'n voordeel van die elektriese heining in prent A.                     (1)
         2.6.3       Verduidelik waarom doring- of lemmetjiesdraad nooit in die
                     oprigting van 'n elektriese heining gebruik moet word nie.                  (2)

2.7      Voltooi die tabel hieronder oor spesifikasies van elektriese heinings. Skryf
         slegs die korrekte antwoord langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                                                         VRYHOOGTE TUSSEN
            VOORGESKREWE SPANNING                     ELEKTRIESE HEINING EN DIE
                                                       OORHOOFSE KRAGDRAAD

                           2.7.1                           3 meter-vryhoogte

              Tussen 1 000 en 33 000 volt                         2.7.2

                           2.7.3                           8 meter-vryhoogte
                                                                                                 (3)
2.8      Ontwerp 'n netjiese waarskuwingsteken, met byskrifte, wat op 'n elektriese
         heining geplaas moet word om mense teen onmiddellike gevaar te waarsku.
         Sluit die vereiste teken en afmetings op die waarskuwingsteken in, soos in die
         Wet op BGV vervat.

         Gebruik die volgende kriteria:

          Afmetings wat die werklike grootte van die teken aandui           2 punte
          Beskrywing/Inskripsie                                             2 punte
          Korrekte tekening op die waarskuwingsteken                         1 punt              (5)

2.9      Die aardingstelsel van die energieopwekker moet ten minste 5 meter van die
         hoofkragbron af wees. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou
         antwoord.                                                                               (2)
                                                                                                 [35]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Landboutegnologie                           9                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 3: ENERGIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Noem VIER verskillende hernubare alternatiewe energiebronne wat op 'n
         plaas gebruik kan word om vir beurtkrag voorsiening te maak.                       (4)

3.2      Die prent hieronder toon 'n windturbine.

         3.2.1       Noem 'n toestel wat op 'n windturbine geïnstalleer word om die
                     turbine in die rigting van die aankomende wind te rig.                 (1)

         3.2.2       Noem DRIE belangrike vereistes om te oorweeg voordat 'n
                     windturbine gekies word om elektrisiteit op 'n plaas op te wek.        (3)

         3.2.3       Noem TWEE faktore wat kan veroorsaak dat 'n windturbine onklaar
                     raak.                                                                  (2)

3.3      Tabuleer TWEE voordele en TWEE nadele van sonenergie.                              (4)

3.4      Die prent hieronder toon metanol.

                                             Metanol
                                             CH3OH

         3.4.1       Noem 'n brandstof waarin metanol maklik omgeskakel kan word.           (1)

         3.4.2       Noem TWEE natuurlike bronne wat op 'n plaas beskikbaar is, wat
                     gebruik kan word om metanol te vervaardig.                             (2)

3.5      Beskryf die vervaardigingsproses van biodiesel.                                    (3)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Landboutegnologie                            10                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die prent hieronder toon 'n MIG-sweismasjien.

         4.1.1       Wat verteenwoordig ELK van die letters in die afkorting MIG?               (3)

         4.1.2       Benoem dele A tot D van die MIG-sweismasjien in die prent hierbo.          (4)

         4.1.3       Verduidelik die rol wat gas in die MIG-sweisproses speel.                  (2)

         4.1.4       Verduidelik die doel van puntsweising.                                     (2)

4.2      Verduidelik die uitwerking van gravitasie op die vertikaal opwaartse
         boogsweisproses en noem TWEE metodes wat gebruik kan word om hierdie
         uitwerking te beheer.                                                                  (3)

4.3      Wat word die sweisproses genoem waar verslete onderdele van 'n
         padskraperlem met 'n slytbestande metaal opgebou word?                                 (1)

4.4      Beskryf die proses om 'n gebreekte gietysteronderdeel voor te berei voordat
         die sweisproses begin.                                                                 (5)

4.5      Noem TWEE tipes slytasie waaraan metale onderwerp kan word.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Landboutegnologie                           11                     DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

4.6      Noem die effek van ELK van die volgende aksies wanneer snywerk met die
         oksiasetileen-snytoestel gedoen word:

         4.6.1       Beweeg die snybrander te vinnig                                       (1)

         4.6.2       Beweeg die snybrander te stadig                                       (1)

4.7      Die prent hieronder toon 'n plasmasnymasjien.

         4.7.1       Noem TWEE faktore wat oorweeg moet word voordat 'n
                     plasmasnymasjien gekoop word.                                         (2)

         4.7.2       Noem TWEE gasse wat in die plasmasnyproses gebruik kan word
                     om die gesmelte metaal te verwyder.                                   (2)

         4.7.3       Verduidelik die plasmasnyproses.                                      (4)

         4.7.4       Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat in gedagte gehou moet word
                     wanneer daar met 'n plasmasnymasjien gewerk word.                     (3)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Landboutegnologie                            12                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1      Die prent hieronder toon 'n baalmasjien wat gebruik word om ronde bale te
         maak.

         5.1.1       Noem die tipe baalvormingstelsel wat in die prent hierbo gebruik
                     word.                                                                      (1)

         5.1.2       Beskryf die baalvormingsproses in die baalkamer van hierdie tipe
                     baalmasjien.                                                               (5)

         5.1.3       Noem DRIE take wat uitgevoer moet word                    wanneer
                     instandhouding op hierdie baalmasjien gedoen word.                         (3)
         5.1.4       Ronde bale het die vermoë om teen 'n heuwel af te rol. Verduidelik
                     TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word
                     wanneer ronde bale teen 'n heuwel uitgelaat word.                          (2)
5.2      Voltooi die tabel hieronder deur die wrywingskoppelaar met die hidrouliese
         koppelaar te vergelyk. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die
         vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                            WRYWINGS-             HIDROULIESE
                                            KOPPELAAR             KOPPELAAR
             TOEPASSING                        5.2.1                  5.2.3
             LADINGSKAPASITEIT                 5.2.2                  5.2.4                     (4)
5.3      Gee VIER voorbeelde van onverantwoordelike menslike gedrag wat kan
         veroorsaak dat 'n trekker omslaan.                                                     (4)
5.4      Verduidelik die gevolge van die volgende installasiefoute:
         5.4.1       Die massa van bewegende dele van 'n hamermeul is nie eweredig
                     oor die laers versprei nie                                                 (2)

         5.4.2       Die sikloon van die hamermeul hang nie waterpas nie                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Landboutegnologie                             13                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

5.5      Noem die tipe hidrouliese silinder wat in die kragstuurmeganisme van 'n
         trekker geïnstalleer word. Motiveer jou antwoord.                                      (2)

5.6      Die diagram hieronder toon 'n V-band-katrolstelsel.

                                                             C
                                         B
                                  A

         5.6.1       Noem 'n toestel wat tussen onderdeel A en B geïnstalleer moet
                     word om dit as 'n eenheid te laat draai.                                   (1)

         5.6.2       Bereken die spoedverhouding van die katrolstelsel, as katrol B
                     teen 'n spoed van 1 200 r/min draai en katrol C teen 'n spoed van
                     600 r/min draai. Toon ALLE berekeninge.                                    (4)

         5.6.3       Noem DRIE nadele van V-bande.                                              (3)

5.7      Die prent hieronder toon 'n ratkas wat op 'n spilpuntbesproeiingstelsel
         geïnstalleer is.

         5.7.1       Identifiseer die tipe ratte wat A en B gemerk is.                          (2)

         5.7.2       Noem TWEE funksies van hierdie tipe ratsamestelling.                       (2)

         5.7.3       Dui aan watter middel in hierdie ratkas gebruik word om slytasie en
                     wrywing te verminder.                                                      (1)

5.8      Noem TWEE voordele van meganisasie in moderne landbou.                                 (2)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Landboutegnologie                             14                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 6: WATERBESTUUR

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

6.1      Bestudeer die prente van twee verskillende besproeiingstelsels hieronder en
         beantwoord die vrae wat volg.

                             A                                          B

         6.1.1       Identifiseer die tipe besproeiingstelsel in prent A.                          (1)

         6.1.2       Noem 'n tipe filterstelsel wat in 'n besproeiingstelsel geïnstalleer
                     kan word om blokkasie van die sproeier-spuitkoppe te voorkom.                 (1)

         6.1.3       Gee DRIE redes waarom 'n boer besproeiingstelsel A in plaas van
                     besproeiingstelsel B sou verkies.                                             (3)

         6.1.4       Verduidelik die funksie van die afvoerpype wat aan die gansnekke
                     op besproeiingstelsel B gekoppel is.                                          (2)

6.2      Noem TWEE voordele van                'n   besproeiingstydreëlaar    wat    in    'n
         besproeiingstelsel geïnstalleer is.                                                       (2)

6.3      Verduidelik die ontwerp van 'n septiese tenk soos dit in 'n huishoudelike
         rioolstelsel gebruik word.                                                                (5)

6.4      Ontwerp 'n verspreidingsveld wat gebruik word om die afvalwater eweredig
         vanaf 'n septiese tenk na die absorpsieveld te versprei.

         Die tekening moet die volgende insluit:

                                 Verspreidingsboks           1 punt
                                 Afmetings                   1 punt
                                 Byskrifte                   1 punt
                                 Vloeirigting                1 punt
                                 Pypstelsel                  1 punt                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Landboutegnologie                           15                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

6.5      'n Plaaswerker gebruik 'n waterpomp om 'n watertenk vol te maak. Die
         watertenk het 'n kapasiteit van 10 000 liter. Dit neem 1 uur 20 minute om die
         tenk vol te maak.

         Gebruik die volgende formule om die vloeitempo van die water deur die
         stelsel te bereken.

         Formule: Vloeitempo = Inhoud
                                 Tyd                                                       (3)

6.6      Die prente hieronder toon verskeie komponente wat in 'n besproeiingstelsel
         gevind word.

                            A                                      B

                            C                                      D

         6.6.1       Noem TWEE verskillende stelsels wat gebruik kan word om die
                     motor in prent A aan die sentrifugale pomp in prent B te koppel.      (2)

         6.6.2       Prent C toon 'n drupper wat in 'n drupbesproeiingstelsel gebruik
                     word. Noem VIER nadele van hierdie tipe besproeiingstelsel.           (4)

         6.6.3       Prent D toon 'n binnelyn-waterfilter wat 'n sif gebruik om
                     onsuiwerhede uit die water te filtreer. Noem TWEE ander
                     waterfiltrasiemetodes wat gebruik kan word om besproeiingswater
                     te filtreer.                                                          (2)
                                                                                           [30]
                                                              TOTAAL AFDELING B:           160
                                                                  GROOTTOTAAL:             200
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-eng/5735a5ce-d167-4c13-bf13-9b5b710aed67) — Agricultural Technology · Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-nov-2024-mg-afr/fce88f27-4539-47d4-b4b5-d7ddad4cd2a6) — Agricultural Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/3365189d-e03a-49db-801a-0b473132a0f4) — Agricultural Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/57faf85a-afb6-414c-bf66-0e0ede28ff4b) — Agricultural Technology · Memo · 2024 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-eng/6e72892b-deb8-4820-8758-b91c5592448a) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Eng
- [Agricultural Technology May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-afr/0a79565a-1cf4-4b59-bd47-7c7ae750b4f3) — Agricultural Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Technology

- [Gr 12 Agric Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-tech-atp-2023-24/9d982b07-0af2-4c43-8efe-886b4631bf17) — ATP
- [Agricultural Technology May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2025-mg-afr/5f3f1dd7-8ba2-41ba-97bd-f8a4f9dfbdd5) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/69e68c35-b84c-4320-b0d8-58fcb6116f22) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-agricultural-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/84499f01-76f1-43ac-8b53-d844857b9e13) — Memo · 2025 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-mg-afr/49b9303d-33e4-4f5e-adbe-90dbadf7c5b7) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Technology May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-technology-may-june-2023-mg-eng/db10383d-7cc4-41f6-9140-68d351a16776) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
