# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-n12-qp-afr/c54cd5a6-2bad-4c5e-8d85-326fcad7a635
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-n12-qp-afr/c54cd5a6-2bad-4c5e-8d85-326fcad7a635)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     Province of the
                     EASTERN CAPE
                     EDUCATION

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                           NOVEMBER 2012

                LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:    150

TYD:      2½ uur

                              *AGRSA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende ŉ antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae van BEIDE AFDELINGS A en B.

2.   AFDELING A (VRAAG 1) moet op die aangehegte ANTWOORDBLAD
     beantwoord word.

3.   Plaas jou ANTWOORDBLAD vir AFDELING A (VRAAG 1) aan die binnekant
     van jou ANTWOORDEBOEK.

4.   AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
     word.

5.   Begin elke vraag uit AFDELING B op ŉ NUWE bladsy.

6.   Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

8.   MOENIE jou antwoorde op die vrae OPBREEK nie.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
        gegee. Kies die antwoorde en maak ŉ kruisie (X) in die blokkie (A – D)
        langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte
        ANTWOORDBLAD. Geen punte sal toegeken word indien meer as een
        kruisie (X) per antwoord voorkom nie.

        Voorbeeld: 1.1.11           A   B         C     D

        1.1.1     Die pH-waarde van suiwer water is …

                  A      7,0.
                  B      7,5.
                  C      6,5.
                  D      5,0.

        1.1.2     Die formule vir die onderstaande organiese verbinding is …

                                            CH2OH

                                            C            O
                                                                H
                                H           H
                                C                               C
                                            OH           H
                                OH                              OH
                                            C            C
                                            H            OH

                  A      C5H10O5.
                  B      C12H22H11.
                  C      C6H10O5.
                  D      C6H12O6.

        1.1.3     Wanneer grond benat word en lugborrels ontsnap is dit gevolg van ...

                  A      ŉ mengsel van gasse.
                  B      waterstof.
                  C      koolstofdioksied.
                  D      suurstof in die grond.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2012)

    1.1.4   Die deursnit van ŉ kolloïdale partikel varieer tussen …

            A      10 en 100 nm.
            B      10 en 1 000 nm.
            C      1 en 10 nm.
            D      1 000 en 10 000 nm.

    1.1.5   Die kombinasie tussen ŉ A-horison oor ŉ C-horison verteenwoordig
            ŉ…

            A      volwasse grond.
            B      jong grond.
            C      geërodeerde grond.
            D      nat grond.

    1.1.6   Watter van die volgende stellings is ŉ korrekte stelling in verband
            met eienskappe van polipeptiedes?

            A      Polipeptiede is ook vetsure
            B      Polipeptiedes word ook aminosure genoem wat deur middel
                   van glikosiede-bindings geheg word
            C      Die aminosure in die polipeptied word deur peptiedbindings
                   aanmekaar geheg
            D      Elke aminosuur in die polipeptied sal uit ŉ aminogroep en ŉ
                   hidroksielgroep bestaan

    1.1.7   Die tipe kleimineraal wat geneig is om ŉ plaatagtige struktuur te
            vorm is ...

            A      montmorilloniet.
            B      kaoliniet.
            C      illiet.
            D      vermikuliet.

    1.1.8   In die volgende illustrasie van ŉ watermolekule is een van die
            onderstaande antwoorde korrek vir die dele genommer K tot N.

                                      - +
                                 L                         -+
                                      - +
                                            K   M      N
                                                           - +

                       K              L                M                 N
            A       suurstof      waterstof         kohesie           waterstof
            B       waterstof      suurstof         adhesie           suurstof
            C       suurstof      hydrogen      waterstofbinding      suurstof
            D       waterstof      suurstof     waterstofbinding      suurstof

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                      LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  5

        1.1.9      Swart brakgrond bevat ŉ oormaat …

                   A        natriumkarbonaat.
                   B        natriumchloried.
                   C        natriumsulfaat.
                   D        kaliumchloried.

        1.1.10     Een van die onderstaande diagramme stel ŉ soetgrond voor:

                                 K                       L                      M

                   A         M
                   B         K en M
                   C         K
                   D         L                                                      (10x2) (20)

 1.2    In die tabel hieronder word ŉ stelling en twee moontlike antwoorde gegee.
        Besluit of die stelling in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs B, beide A
        en B of GEENEEN van die antwoorde nie in KOLOM A. Kies die korrekte
        antwoord en maak ŉ kruisie (X) in die blokkie langs die vraagnommer (1.2.1 –
        1.2.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

 Voorbeeld:                    KOLOM A                       KOLOM B
                       A:     Vitamiene
           1.2.6                                   Organiese verbindings
                       B:     Vette

 Antwoord:       Die stelling verwys na:
                  Slegs A        Slegs B             A en B      Geeneen
           1.2.6
                      A             B                  C            D

                            KOLOM A               KOLOM B
        1.2.1     A:        Sellulose             Disakkaried wat bestaan uit
                  B:        Lignien               monosakkariedes
        1.2.2     A:        O-horison
                                                  Vorm bogrond naby aan die oppervlakte
                  B:        A-horison
        1.2.3     A:        ŉ Series-foto         Grondkaart wat tydens bodemopnames
                  B:        ŉ Lugfoto             gebruik word
        1.2.4     A:        Grondvog              Beïnvloed grondtemperatuur vir optimum
                  B:        Grondlug              gewasproduksie
        1.2.5     A:        Verwelkingspunt       Wanneer al die grondporieë met water en
                  B:        Veldwaterkapasiteit   lug gevul is
                                                                                      (5x2) (10)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2012)

1.3   Gee EEN TERM/FRASE vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
      die term/frase langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte
      ANTWOORDBLAD neer.

      1.3.1   ŉ Swak suur wat gevorm word wanneer koolstofdioksied in water
              opgelos het

      1.3.2   Die vermoë van grond om ŉ bepaalde hoeveelheid water vas te hou
              nadat die grond volledig met water versadig is

      1.3.3   Die aantrekking van positiewe katione in grondwater na die negatiewe
              kleikolloïede om ŉ neutrale lading te verkry

      1.3.4   Die tipe binding wat ontstaan wanneer atome valenselektrone deel

      1.3.5   Die verskynsel waar koolstofdioksied as ŉ kweekhuisgas sonstrale
              deurlaat in die atmosfeer, maar nie toelaat dat hitte ontsnap en dus
              warmer temperature tot gevolg het nie
                                                                                (5x2) (10)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende
      stellings om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord langs die
      vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

      1.4.1   Isomere is atome wat dieselfde atoomgetalle het maar verskillende
              massagetalle.

      1.4.2   Kunsmatige verwydering van oortollige water na swaar reën word
              vermorsing genoem

      1.4.3   Omdop is die fisiese proses waardeur grond behandel word om beter
              toestande vir die groei van plante te verkry

      1.4.4   Kondensasie is die chemiese proses wat plaasvind wanneer ŉ suur-
              oplossing met ŉ alkaliese oplossing gemeng word

      1.4.5   Chitien is ŉ polisakkaried wat in die houtagtige dele van ouer plante
              voorkom                                                           (5x1)    (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           45

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     7

 AFDELING B

 BEGIN ELKE VRAAG OP ŉ NUWE BLADSY

 VRAAG 2          BASIESE CHEMIE

 2.1    Graad 11-leerders het ŉ opdrag gekry om die algemene eienskappe van ŉ
        kolloïdale sisteem te ondersoek. Skoon water en grond is goed gemeng in ŉ
        glasbeker en daarna gelaat om af te sak. Die gesuspendeerde deeltjies het
        na die bodem van die beker afgesak. Die groter deeltjies het eerste uitgesak
        en daarna die kleiner deeltjies totdat geen verdere afsakking plaasgevind het
        nie. Die water het nog steeds troebel vertoon wat ŉ aanduiding was dat al die
        partikels nie uitgesak het nie. Die molekule van ŉ stof wat ŉ oplossing vorm
        is homogeen versprei deur die oplossing.

        2.1.1     Gee ŉ naam vir die partikels wat groter as molekules is, maar nie
                  groot genoeg om deur die aarde se aantrekkingskrag aangetrek te
                  word nie.                                                              (1)

        2.1.2     Identifiseer die gedeelte in die bostaande gedeelte wat ŉ molekulêre
                  oplossing beskryf.                                                     (2)

        2.1.3     Onderskei tussen kolloïdale dispersies en kolloïdale suspensies soos
                  aangetoon in die leesstuk.                                             (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                             (NOVEMBER 2012)

2.2   Bestudeer die volgende struktuurformules van verskillende organiese
      verbindings en beantwoord dan die volgende vrae:

                                                    H        H       H

      P       CH3CH3                Q       H       C        C       C        H
                                                    OH       OH      OH

                                    H       O                CH3     O
      R              H       N      C       C       N        C       C        OH
                             H      H               H        H

      S
                         CH2OH
                                                                         CH2OH
                         C              O
                                                                         C          O
                         H
                 H                              H                H       H                 H
                 C                              C        O       C                         C
                OH
                         OH             H                                OH          H     OH
                         C              C                                C           C
                         H              OH                               H           OH

      2.2.1   Identifiseer verbinding P.                                                         (1)
      2.2.2   Dui die TWEE funksionele groepe van struktuur R hierbo aan.                        (2)
      2.2.3   Identifiseer die binding wat tussen die dele in struktuur R van die
              bogenoemde organiese verbinding voorkom.                                           (1)
      2.2.4   Tot watter groep organiese verbinding word struktuur S
              geklassifiseer?                                                                    (1)
      2.2.5   Dui die molekulêre formule vir struktuur S aan.                                    (1)
      2.2.6   Dui die naam van die organiese verbinding wat deur struktuur Q
              gevorm word, aan.                                                                  (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      9

 2.3    Lees die volgende gevallestudie en beantwoord dan die vrae wat volg:

        Dit is gevaarlik vir die mens om te veel versadigde vette in te neem aangesien
        dit die cholesterolvlak in die bloed verhoog. Om te voorkom dat die
        cholesterolvlak styg en moontlik hartaanvalle veroorsaak, word aanbeveel dat
        die totale vetinhoud in ŉ dieet verlaag word deur versadigde vette met
        onversadigde vette te vervang. Die volgende tabel toon die totale vetinhoud
        van verskillende tipes vleis.

        Vleis                           Totale vetinhoud        Versadigde vetinhoud
                                            (g/100g)                  (g/100g)
        Varkvleis                              2,7                       1,1
        Varkboud                               9,6                       4,2
        Ekstra laevet
                                               2,2                        0,9
        beesmaalvleis
        Bees kruisskyf                         4,1                        1,7
        Bees binneboud                         3,4                        1,2

        2.3.1     Trek ŉ staafgrafiek om die totale versadigde vetinhoud sowel as die
                  totale vetinhoud van die verskillende tipe vleis aan te toon (op
                  dieselfde assestelsel).                                                 (6)

        2.3.2     Dui TWEE negatiewe effekte van ŉ te hoë vetinname op die mens se
                  gesondheid aan.                                                         (2)

        2.3.3     Lipiede verrig belangrike funksies in die menslike liggaam. Regverdig
                  bogenoemde stelling.                                                    (2)

 2.4    Alle materie bestaan uit baie klien deeltjies wat atome genoem word. Atome
        kan saamgevoeg word om molekule en verbindings te vorm. Onderskei
        tussen materie en ŉ atoom.                                                        (4)

 2.5    Die meeste plaasdiere is afhanklik van ruvesel as ŉ bron van kos. Die
        hoofbestanddeel van ruvesel is sellulose. Dui die algemene naam van die
        groep diere aan wat in staat is om ruvesel af te breek en energie daaruit op te
        bou.                                                                              (2)

 2.6    Lees die onderstaande gevalle studie en beantwoord dan die vrae wat volg:

        Umqombothi is ŉ inheemse bedwelmende mengsel wat as alkoholies drankie
        tydens tradisionele feesviering en seremonies in Suider Afrika-lande gedrink
        word. Die maak daarvan behels die vermenging van mielies en sorghum met
        water waarby ŉ bietjie gis gevoeg word. Nadat die mengsel vir ŉ paar dae
        gelos is om te gis is dit gereed vir gebruik.

        2.6.1     Dui die proses aan wat tot gevolg het dat die bestanddele in ŉ
                  alkoholiese drank mengsel verander.                                     (1)

        2.6.2     Teken die struktuurformule van ŉ alkohol wat in die drank voorkom en
                  benoem dit.                                                             (3)

        2.6.3     Voorspel wat die moontlike gevolg sal wees as al die plaaswerkers op
                  ŉ spesifieke plaas aan bogenoemde alkohol verslaaf raak.                 (3)
                                                                                          [35]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2012)

BEGIN ELKE VRAAG OP ŉ NUWE BLADSY

VRAAG 3       GRONDKUNDE

3.1   Analiseer die diagram en beantwoord dan die vrae wat volg:

      3.1.1    Stel ŉ moontlike opskrif vir die proses voor.                               (1)

      3.1.2    Watter proses word deur D aangedui?                                         (1)

      3.1.3    Gee die naam van die proses wat C genommer is waardeer plant-
               koolstof na dierkoolstof verander word.                                     (1)

      3.1.4    Wat word deur A voorgestel?                                                 (1)

      3.1.5    Noem enige TWEE nadelige uitwerkings indien letter A nie meer in
               die atmosfeer gevorm kan word nie.                                          (2)

3.2   Vergelyk ŉ klei- en ŉ sandtekstuurgrond ten opsigte van die volgende
      eienskappe:

      3.2.1    Kohesie                                                                     (2)

      3.2.2    Kapillariteit                                                               (2)

      3.2.3    Watervashoukapasiteit                                                       (2)

3.3   Grondklassifikasie word volgens ŉ binominale stelsel gedoen.

      3.3.1    Verduidelik kortliks wat die binominale klassifikasie-stelsel van
               grondklassifikasie behels.                                                  (1)

      3.3.2    Verduidelik TWEE redes waarom grond geklassifiseer word.                    (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    11

 3.4    ŉ Groep graad 11-leerders word van toerusting voorsien om fisiese
        grondontledings op ŉ spesifieke plaas te doen.

        Nadat hulle ŉ hoeveelheid grond wat al drie hooffraksies bevat versamel het,
        moes hulle van ŉ tekstuurdiagram gebruik maak om die verskillende
        tekstuurklasse te bepaal.

        Tekstuur-diagram in RSA gebruik.

                                            % Sand

            Die tabel hieronder toon sommige van die resultate wat hulle verkry het.
                   GRONDMONSTER          % SAND        % SLIK        % KLEI
                            A               55            25             20
                            B               95             3              2
                            C               30            20             50

        3.4.1     Bepaal die tekstuurklasse van die grondmonsters A, B en C.            (3)

        3.4.2     Watter van die bogenoemde grondmonsters in die tabel hierbo sal jy
                  aanbeveel as die geskikste vir die verbouing van gewasse?             (1)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (NOVEMBER 2012)

3.5   Die onderstaande diagram toon ŉ vrou wat van inheemse kennis gebruik
      maak om artikels uit klei te vervaardig. Die diagram aan die regterkant toon
      grond wat in worsies gerol word. Die vrou versamel die klei in haar omgewing
      nie ver van haar woning nie, waar sy deur ouer vroue geleer word om die
      artikels te vervaardig.

                                                  W                              X

                                                  Y                          Z

      3.5.1   Die vrou toets elke keer of die klei wat sy versamel het in ŉ worsie
              kan rol. Watter van die worsies (W – Z) sal die mees geskikte wees
              om haar artikels mee te vervaardig?                                        (1)

      3.5.2   Dui die moontlike temperatuur aan van die grond wat die vrou vir
              haar artikels aanwend vergeleke met grond in daardie omgewing.             (1)

3.6   Grond is die resultaat van verskillende grondvormende faktore.
      Grondvormingsprosesse word deur die volgende vergelyking voorgestel.
      G = f (P, R, Cl, O, T)                                  (Hans Jenny, 1941)

      3.6.1   Dui die betekenis van elk van die letters of die afkortings soos
              aangedui in hakkies in die vergelyking hierbo aan.                         (5)

3.7   Lees die gevallestudie en beantwoord dan die vrae:

      Die term digtheid word gebruik om die massa per volume van enige stof aan
      te dui. Deur die massa van ŉ spesifieke volume grond te bereken kan bepaal
      word hoe dig die gronddeeltjies opgestapel is. Die graad 11-leerders van
      Hoërskool Lushington het ŉ eksperiment gedoen om die Massadigtheid
      (bulkdigtheid) van ŉ grondmonster te bepaal. Die monster oondgedroogte
      grond het ŉ massa van 680 g en ŉ volume van 80 cm3.

      3.7.1   Gebruik bostaande inligting en bereken die massadigtheid van die
              grondmonsters.                                                             (3)

      3.7.2   Dui die ideale verhouding tussen die vaste gronddeeltjies, die makro-
              en mikroporieë van ŉ goeie landbougrond aan, uitgedruk as
              persentasies.                                                              (1)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                13

 3.8    Die volgende diagramme (A – D) dui verkillende tipes grondstrukture aan.
        Analiseer die diagramme en beantwoord die onderstaande vrae.

                  A                        B                          D

                                                          C

        3.8.1     Identifiseer die struktuurtipes genommer A – D.                   (4)

        3.8.2     Noem ENIGE faktor wat ŉ rol speel tydens die ontwikkeling van
                  grondstruktuur.                                                   (1)
                                                                                   [35]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2012)

BEGIN ELKE VRAAG OP ŉ NUWE BLADSY

VRAAG 4       GRONDKUNDE

4.1   Die onderstaande diagram toon aan hoe water uit die grond verlore gaan:

      4.1.1    Dui die verskillende maniere aan hoe water verlore kan gaan uit die
               grond sowel as uit plante genommer a – d.                                 (4)

      4.1.2    Stel TWEE maniere voor waardeur waterverliese beperk kan word
               soos aangedui deur die letter d.                                          (2)

      4.1.3    Onderskei tussen wegsyfer en kapillariteit.                               (2)

4.2   Analiseer die gegewe grafieke rakende die voorkoms van klei en die
      ooreenkomstige porieruimtes in die grond:

      4.2.1    Dui TWEE belangrike tipes porieë in die grond aan.                        (2)

      4.2.2    Hoe sal jy die tipe grondtekstuur beskryf soos voorgestel deur die
               grafiek?                                                                  (1)

      4.2.3    Bespreek kortliks die negatiewe effek van ŉ grond met ŉ kleitekstuur
               op gewasverbouing.                                                        (4)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  15

 4.3    Bestudeer die onderstaande diagram wat die faktore illustreer wat ŉ invloed
        op grondtemperatuur het, en beantwoord dan die vrae wat volg:

        4.3.1      Identifiseer die faktore genommer A – D hierbo geïllustreer.         (4)

        4.3.2      Verduidelik kortliks die algemene invloed wat temperatuur op
                   gewasverbouing het.                                                  (2)

 4.4    Lees die onderstaande uittreksel noukeurig en beantwoord dan die vrae:

        Grondsuurheid word geassosieer met die teenwoordigheid van H+-ione.
        Suurheid of alkaliniteit word aangetoon deur ŉ pH-waarde wat wissel tussen 0
        – 14. Die pH van grond verwys na die suurheid en alkaliniteit van die
        grondoplossing. Grond kan in die volgende ses pH-klasse verdeel word.

                   Baie suur, suur, effens suur, alkalies, sterk alkalies, neutraal

        4.4.1     Gebruik die onderstaande pH-waardes en identifiseer die pH-klasse
                  wat in die bostaande blok voorkom.

                  (a)    pH 4,6 – 5,5                                                   (1)

                  (b)    pH 8,6 – 10,0                                                  (1)

                  (c)    pH 3,0 – 4,5                                                   (1)

                  (d)    pH 7,6 – 8,5                                                   (1)

                  (e)    pH 5,6 – 6,5                                                   (1)

        4.4.2     Dui die pH-waardes van ŉ neutrale grond aan.                          (1)

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2012)

4.5   Organiese materiaal is ŉ aktiewe en belangrike bestanddeel van grond.
      Grond in Suid-Afrika is gewoonlik laag in organiese materiaal as gevolg van
      hoë temperature en lae reënval. Hoër temperature aktiveer grondmikrobes
      en maak die situasie geskik ten einde hulle funksie beter te verrig. Organiese
      materiaal kom hoofsaaklik in bo-grond voor en beïnvloed dus die eienskappe
      van grond.

      4.5.1 Verduidelik kortliks die fisiese uitwerking van organiese materiaal op
            grond.                                                                       (2)

      4.5.2 Identifiseer die VIER hoofgroepe mikro-organismes wat in ŉ grond
            voorkom.                                                                     (4)

      4.5.3 Dui die funksies aan wat die mikro-organismes in VRAAG 4.5.2 in die
            grond verrig.                                                                (2)
                                                                                        [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:          105

                                                                  GROOTTOTAAL:          150

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)        LANDBOUWETENSKAPPE V1                                                  17

 ANTWOORBLAD                   LANDBOUWETENSKAPPE V1

 NAAM EN VAN

 AFDELING A

 VRAAG 1.1                             VRAAG 1.2

  1.1.1      A     B   C       D

                                                                     BEIDE A en B
                                                 SLEGS A   SLEGS B                  Geeneen
  1.1.2      A     B   C       D
  1.1.3      A     B   C       D
  1.1.4      A     B   C       D
  1.1.5      A     B   C       D
  1.1.6      A     B   C       D        1.2.1     A         B          C             D
  1.1.7      A     B   C       D        1.2.2     A         B          C             D
  1.1.8      A     B   C       D        1.2.3     A         B          C             D
  1.1.9      A     B   C       D        1.2.4     A         B          C             D
 1.1.10      A     B   C        D       1.2.5     A         B         C      D
                       (10x2) (20)                                    (5x2) (10)

 VRAAG 1.3                             VRAAG 1.4

   1.3.1                                 1.4.1

   1.3.2                                 1.4.2

   1.3.3                                 1.4.3

   1.3.4                                 1.4.4

   1.3.5                                 1.4.5
                        (5x2) (10)                                           (5x1) (5)

                                                                                    45

## Related documents

- [AGRS P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-n12-qp-eng-1/027ffdd8-252b-422b-9897-77fbcc61d978) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [AGRS P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-n12-qp-eng/744d586b-1180-4f9c-a279-b624d076b98c) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [AGRS P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-n12-memo-afr/de9d51f1-f39d-4e87-9e0d-af59d0ae1c77) — Agricultural Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [AGRS P1 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-n12-memo-eng/614fece2-caca-4752-91d0-7ffdeeea1ea5) — Agricultural Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [AGRIC-P2-QP-ENG-NOV 2012](https://www.hlayiso.com/library/agric-p2-qp-eng-nov-2012/0e2593d5-7328-411c-9391-be712b38d38d) — Agricultural Sciences · QP · 2012 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
