# Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-afr/57e303a6-87eb-439f-bd05-26288047bee1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-afr/57e303a6-87eb-439f-bd05-26288047bee1)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *AGRSA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLINGTING

1.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.   Lees AL die vrae noukeurig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.

4.   Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringsisteem in die vraestel
     gebruik.

5.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.   Toon AL jou berekeninge, insluitende eenhede en formules, waar van
     toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK byvoorbeeld 1.1.11 A.

       1.1.1      Die volgende area vorm NIE deel van die areas van ŉ varkmaag NIE:

                  A    Kardiese
                  B    Fundus
                  C    Gastriese
                  D    Pilorus

       1.1.2      Sekresie van verteringssappe wat amilase bevat en in die dunderm
                  afgeskei word, geskied in die ...

                  A    lewer.
                  B    pankreas.
                  C    speekselkliere.
                  D    dundermkliere.

       1.1.3      ŉ Voer met totale verteerbare voedingstowwe (TVV) van 85% en ŉ VP
                  van 10% het ...

                  A    hoë vesel en lae VP.
                  B    lae vesel en hoë VP.
                  C    nou NR en ŉ hoë VP.
                  D    wye NR en ŉ lae vesel.

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

     1.1.4     Die skets hieronder toon die proses wat help in die vertering van ŉ
               herkouer.

                                                               Voedsel
                           Spiere trek saam
                                                            Voedsel word
                                                            langsaam gedruk deur
                                                            die sametrekking van
                                                            spiere
                              Spiere ontspan

               Gedurende die proses hierbo gebeur die volgende:

               Kies die korrekte kombinasie:

               (i)     Die spiere bokant die bolus trek saam en stoot die kos afwaarts.

               (ii)    Die spiere onderkant die bolus ontspan en stoot die kos
                       opwaarts.

               (iii)   As die tempo waarteen proses plaasvind vertraag, sal kos stadig
                       beweeg en hardlywigheid veroorsaak.

               (iv)    Die spiere onder die bolus verslap en laat kos afwaarts beweeg.

               A       (i), (iii) en (iv)
               B       (ii), (iii) en (iv)
               C       (i), (ii) en (iv)
               D       (i), (ii) en (iii)

     1.1.5     Plaasdiere is homeotermies want hul liggaamstemperature ...

               A       is gewoonlik effens laer as die omgewing.
               B       is hoog wanneer die omgewingstemperatuur hoog is.
               C       fluktueer saam met die fluktuasie van omgewingstemperatuur.
               D       is gewoonlik effens hoër as omgewingstemperatuur.

     1.1.6     Die eiers van ŉ lewerslak word vanuit die ... in die feses uitgeskei.

               A       gal
               B       bloed
               C       urine
               D       limf

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     5

      1.1.7      Die volgende stellings is verwant aan ekstensiewe diereproduksie
                 sisteem:

                 (i)     Groot area oppervlakgrond met ŉ lae produksie.
                 (ii)    Lae kapitale insette met lae produksie uitsette.
                 (iii)   Min bestuur en beheer van die omgewing.
                 (iv)    Hoë produksie uitsette en hoë insette.

                 Kies die korrekte kombinasie:

                 A       (i), (iii) en (iv)
                 B       (ii), (iii) en (iv)
                 C       (i), (ii) en (iii)
                 D       (i), (ii) en (iv)

      1.1.8      Die stadium van hofmakery tydens paring word gekarakteriseer deur ...

                 A       vrystelling van semen in die voorste gedeelte van die vagina.
                 B       pronkgedrag van manlike dier as gevolg van feromone.
                 C       koei laat toe dat bul op haar klim.
                 D       druk van manlike orgaan deur sigmoïedale spier.

      1.1.9      Die volgende stellings is NIE ŉ nadeel van kunsmatige inseminasie NIE:

                 A       Semen van superieure bulle word gebruik.
                 B       Ongewenste eienskappe word na nageslag oorgedra.
                 C       Toetsing, stoor van semen en inseminering is duur.
                 D       Op-hitte bepaling is moeilik in ekstensiewe kondisies.

      1.1.10     Die korrekte volgorde in die ontwikkeling van die ovum na bevrugting
                 is …

                 A       sigoot       blastosiet    morula     inplanting.
                 B       sigoot       inplanting    blastosiet    morula.
                 C       sigoot       morula     inplanting    blastosiet.
                 D       sigoot       morula     blastosiet    inplanting.           (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

6                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

1.2   Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing op
      SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM A is.
      Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer
      (1.2.1 tot 1.2.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 SLEGS B.

                KOLOM A                                 KOLOM B
      1.2.1     A   Abomasum           Mikro-organismes hidroliseer proteïen na
                B   Duodenum           aminosure
      1.2.2     A   Piridoksien        Pyn en swak koördinasie van die agterpote van
                B   Cobalamien         varke
      1.2.3     A   Bestaans
                                       Laer bydraer tot omgewingsbesoedeling
                B   Kommersieel
      1.2.4     A   Rooiwater
                                       Oorgedra deur ŉ drie-gasheer bosluis
                B   Hartwater
      1.2.5     A   Kopulasie          Die proses vervang deur kunsmatige
                B   Ejakulasie         inseminasie
                                                                              (5 x 2)        (10)
1.3   Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      woord/term langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.3.1     ŉ Klier in die spysverteringskanaal wat beide verteringssappe en
                hormone vrystel

      1.3.2     Die aantal hoenders per vierkante meter oppervlak in ŉ braaikuiken
                fasiliteit

      1.3.3     Die tipe mikro-organisme wat bek-en-klouseer veroorsaak in vee

      1.3.4     Die onvermoë van ŉ bul om ŉ koei te dek al toon hy belangstelling

      1.3.5     Die getal sperme in een milliliter van ejakulaat                   (5 x 2)   (10)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in elk van die volgende stellings
      om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer
      (1.4.1 tot 1.4.5 ) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.4.1     Molasse is die stof wat as ŉ goedkoop nie-proteïen bron vir herkouer
                diere gebruik word.

      1.4.2     Die verlies van hitte as ŉ dier met ŉ kouer oppervlak in kontak is word
                ekskresie genoem.

      1.4.3     Ektoderm is ŉ laag wat die embrio omhul waaruit die hart, skelet en
                uro-genitale sisteem ontwikkel.

      1.4.4     Voorstelling verwys na die posisie van die kop en ledemate in
                verhouding met die liggaam.

      1.4.5     Prostaat is ŉ paar kliere wat om die uretra gerangskik is wat vloeistof
                afskei wat die uretra skoonmaak en smeer voor ejakulasie.         (5 x 1)    (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:          45
 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                          7

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1    Diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van ŉ plaasdier.

                       A

                                           D
                              B                                          G
                                     C              E
                                                              F
                                                                              H
                              I

       2.1.1      Klassifiseer die dier voorgestel deur die diagram hierbo.                      (1)

       2.1.2      Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1 sigbaar in die diagram
                  hierbo.                                                                        (1)

2.2    Identifiseer die letter in die diagram hierbo wat die deel verteenwoordig waar die
       volgende gebeur:

       2.2.1      Dit open om die pulp te beweeg                                                 (1)

       2.2.2      Brunnerkliere skei ŉ vloeistof af wat die effek van sure keer                  (1)

       2.2.3      Fermentasie van onverteerde voedsel deur mikro-organismes                      (1)

       2.2.4      Skommel van bolus en gastriese sappe om spysbry te vorm                        (1)

       2.2.5      Voedsel word meestal geabsorbeer                                               (1)

2.3    Ureum en biuret is nie-proteïen stikstof verbindings wat slegs aan herkouers
       gegee word. Ureum moet met baie sorg aan herkouers gegee word.

       2.3.1      Gee ŉ rede hoekom ureum meer giftig as biuret is.                              (1)

       2.3.2      Verskaf ŉ voorsorgmaatreël wat ŉ boer kan toepas om
                  ureumvergiftiging in lekke te voorkom.                                         (1)

       2.3.3      Noem TWEE maniere hoe ŉ boer ureum op ŉ veilige, korrekte manier
                  kan supplementeer.                                                             (2)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                               LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

2.4   Jong kalfies is nie regtig herkouers as hulle gebore word nie. Funksioneel is
      hulle monogastries.

      2.4.1     Stel TWEE redes voor vir die stelling hierbo.                               (2)

      2.4.2     Gee die periode wanneer die mikrobiese populasie in die kalfie
                ontwikkel.                                                                  (1)

      2.4.3     Gee TWEE maniere hoe die kalfie ŉ uit die teenwoordigheid van ŉ
                mikrobiese populasie voordeel trek.                                         (2)

2.5   Die tabel hieronder toon die bruto energiewaardes sowel as die energieverliese
      per kg in ŉ 5 kg voer gevreet deur ŉ koei

      ENERGIE                          WAARDES (J/kg)           WAARDES (J/5 kg)
      Bruto energie                        18,5                      92,5
      Energie in feses                      8,5                      42,5
      Energie in urine                      1,2                       6
      Energie verlies in hitte              1,8                       9
      Energie in metaan                     2,5                      12,5

      2.5.1     Bereken die verteerbare energiewaarde in 5 kg voer ingeneem deur
                die koei.                                                                   (2)

      2.5.2     Bepaal die hoeveelheid energie wat vir groei en produksie beskikbaar
                sal wees.                                                                   (3)

2.6   ŉ Suiwelboer meng mieliemeel en grondboontjieoliekoekmeel in ŉ verhouding
      22 : 7,5 om ŉ voer met ŉ DP van 18% te maak.

      Bereken die persentasie grondboontjieoliekoekmeel in die mengsel.                     (3)

2.7   ŉ Suiwelboer het 100 koeie op ŉ 500 ha weiveld wat 1 200 kg DM per dag vir
      die eerste 6 maande en 650kg/dag gedurende die laaste 6 maande verskaf.
      Die gemiddelde daaglikse behoefte om optimaal te produseer is 60 kg met 70%
      konsentraat en 30% vesel vir die dier.

      2.7.1     Bereken die maandelikse konsentraat vereistes vir hierdie koeie.            (3)

      2.7.2     Bereken die voerbehoeftes benodig teenoor die voer beskikbaar
                tydens die laaste 6 maande in ton.                                          (4)

      2.7.3     Lewer kommentaar op die hoeveelheid weiveld beskikbaar gedurende
                die laaste ses maande en of dit genoeg vir die melkkoeie is.                (2)

2.8   Identifiseer die supplement wat die boer kan oorweeg om in die volgende
      gevalle te gebruik:

      2.8.1     Om beeste in ŉ voerkraal te kalmeer                                         (1)

      2.8.2     Beheer skadelike mikro-organismes in hoenders om groei te bevorder          (1)
                                                                                           [35]

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                            9

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin die vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1    Die diagramme hieronder illustreer die fasiliteite gebruik in ŉ produksiesisteem.

                                A                                                    B

            diere

                                                            stumring            2m

                                                                       10,6 m
                                          opening om
                                          voer te bring

               diere                                                                        1,3 m

                                                                                         swaaihek

       3.1.1           Identifiseer die fasiliteite gemerk A en B.                                       (2)

       3.1.2           Wys die fasiliteit uit die diagram hierbo wat gebruik kan word vir elk
                       van die volgende doeleindes:

                       (a)   Sorteer diere tydens veeveiling                                             (1)

                       (b)   Voer van diere volgens hul spesifieke behoeftes                             (1)

       3.1.3           Die fasiliteit in B kan gebruik word om diere na ŉ vervoertrok te lei.

                       Noem DRIE riglyne om te onthou as koeie met kalfies geskuif word.                 (3)

3.2    Plaasdiere moet reg hanteer word wanneer sekere bestuurpraktyke toegepas
       word.

       Gee ŉ rede vir elkeen van die voorsorgmaatreëls wanneer diere hanteer word:

       3.2.1           Gebruik van ŉ herkenbare stimuli bv. aanraking van die koei                       (1)

       3.2.2           Nie skree wanneer jy met diere werk                                               (1)

       3.2.3           Groepering van diere voor hulle vervoer word                                      (1)

 Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                            (EC/SEPTEMBER 2016)

3.3   Die illustrasie hieronder toon verskillende areas om in gedagte te hou wanneer ŉ
      dier benader word.

                                                                      A

                                                                          B

                                                                  C
                      D

      Gee die letter wat die volgende posisies aandui:

      3.3.1     Die afstand wat die diere tussen hulleself en ŉ moontlike gevaar
                handhaaf                                                                       (1)

      3.3.2     Die punt van balans                                                            (1)

      3.3.3     Die area vanwaar ŉ dier sal skop wanneer dit benader word                      (1)

      3.3.4     Die hanteerder beweging inisieer                                               (1)

3.4   Vergelyk in ŉ tabel bestaansboerdery en kommersiële produksie-sisteem aan
      die hand van die volgende:

      3.4.1     Doel                                                                           (2)

      3.4.2     Bestuur                                                                        (2)

3.5   Die ernstigheid van ŉ siekte hang af van hoe lank die toestand duur en hoe
      vinnig dit ontwikkel. Die tabel hieronder toon die vlakke van ernstigheid van die
      siektes.

          Vlakke van ernstigheid             Tydperk van siekte       Impak op dier
                    A                          Langer periode               Matig
                Per-akuut                            B                   Nie-dodelik
                    C                           Kort periode                  D

      3.5.1     Identifiseer A, B, C en D.                                                     (4)

      3.5.2     Identifiseer die bakteriese siekte wat dodelik is binne ŉ paar uur na
                infeksie indien dit nie dadelik raakgesien word nie.                           (1)

      3.5.3     Stel TWEE maniere voor waarop ŉ boer die verspreiding van siekte
                genoem in VRAAG 3.5.2 uit die dooie dier kan voorkom.                          (2)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      11

3.6    Die prentjie hieronder toon die lewensiklus van ŉ algemene parasiet gevind in
       skape.

                                                        A

                                                    B

       3.6.1      Gee die naam van die parasiet hierbo.                                       (1)

       3.6.2      Gee die letter wat die deel verteenwoordig waar die volgende
                  plaasvind:

                  (a)   Die larwe papies uitbroei                                             (1)

                  (b)   Die eiers in die neusholte gedeponeer word                            (1)

       3.6.3      Voorspel in watter seisoen die parasiet gewoonlik voorkom.                  (1)

       3.6.4      Die parasiet-infestasie is sigbaar in die gasheer.

                  Noem DRIE tekens wat sigbaar is wanneer ŉ skaap met die parasiet
                  infesteer is.                                                               (3)

3.7    Omskryf die rol van die staat om die volgende te verseker:

       3.7.1      Vleis word nie gekontamineer tydens die slagproses nie                      (1)

       3.7.2      Voorkoming van siektes vanaf oorsese diere                                  (1)

       3.7.3      Voorkoming van die uitbreek van aanmeldbare aansteeklike siektes             (1)
                                                                                              [35]

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin die vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1   Die illustrasie hieronder toon die stappe betrokke in ŉ reproduktiewe proses.

                                                B                 C
                       A

                Embrio herwinning
                                                                   D
                                            E

                Nie-chirurgies                                   Kalf 9 maande
                                      Swangerskaptoets
                                       1 tot 3 maande

      4.1.1     Identifiseer die reproduktiewe proses hierbo getoon.                        (1)

      4.1.2     Noem TWEE hormone wat stap A inisieer.                                      (2)

      4.1.3     Verskaf die naam gegee aan die dier gemerk A.                               (1)

      4.1.4     Gee die temperatuurvereiste by punt D as die prosedure vir tot 8 ure
                vertraag word.                                                              (1)

      4.1.5     Verduidelik hoe die boer voordeel kan trek uit die proses deur die
                volgende:

                (a)   Nie-produserende en ouer koeie                                        (1)

                (b)   Ekonomiese voordeel                                                   (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     13

4.2    In vroulike diere gebeur daar talle reproduktiewe en hormoonveranderings van
       die een hitte-periode tot die volgende. Die veranderings geskied in fases en
       word gekenmerk deur kenmerkende eienskappe. Hieronder is die eienskappe vir
       elke stadium:

                        A                                                 B
       Estrogeen bereik sy hoogste vlak                      Corpus luteum bereik sy
       en stimuleer die afskeiding van                       piek en FSH-vlakke is laag
       luteniseringshormoon.                                 vir ongeveer 280 dae.

       Dit hou 2 tot 3 dae en corpus                         Lae vlakke van estrogeen
       luteum breek af. Are van                              en progesteroon vlakke
       voortplanting vermeerder.                             begin styg.
                        D                                                C

       4.2.1      Pas die eienskappe gemerk A, B, C en D by die fases van die siklus.       (4)

       4.2.2      Toon die letter wat die stadium verteenwoordig waar die volgende
                  gebeur:

                  (a)   Graafse follikel bars oop om ovum vry te stel                       (1)

                  (b)   Ovum gaan Fallopiusbuis binne vir bevrugting en die gebarste
                        follikel vorm corpus luteum                                         (1)

4.3    Die diagram hieronder is die reproduktiewe sisteem van die bul.

                                          F
                                                                 A

                                                        B

                                                   C
                                          E

                                              D

       4.3.1      Sê wat word voorgestel deur dele gemerk B, D en F in die diagram
                  hierbo.                                                                   (3)

       4.3.2      Stel TWEE aangebore defekte in die deel gemerk E voor wat tot totale
                  verlies van fertiliteit in bulle kan lei.                                 (2)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

4.4   Die bul mag gesond en normaal voorkom, maar het geen belangstelling in koeie
      nie as gevolg van verskeie faktore.

      Noem die faktor wat geassosieer word vir elk van die volgende gevalle:

      4.4.1     Bul word gebruik regdeur die ploegseisoen                                    (1)

      4.4.2     Ongebalanseerde bul/koei verhouding                                          (1)

      4.4.3     Jong bul wat in isolasie grootgemaak word                                    (1)

      4.4.4     Verkeerde hantering en sorg                                                  (1)

4.5   Die tabel hieronder toon die melkproduksie in twee groepe lakterende koeie oor
      25 weke.
                                              MELKPRODUKSIE (liters)
                WEKE                     GROEP 1                    GROEP 2
                   1                         5                          10
                   5                        10                          15
                   7                        30                          35
                  10                        25                          20
                  15                        15                          10
                  20                        13                          7
                  25                        10                          5

      4.5.1     Teken ŉ lyngrafiek om die melkproduksie van ALTWEE groepe te toon
                oor die 25 weke.                                                             (6)

      4.5.2     Toon die tendens van melkproduksie vir beide groepe oor die 25 weke.         (1)

4.6   Die diagram hieronder toon die lae wat die fetus omring.

                                                 A

                                                                  B

                        D                                         C

                         E
                                                            F

      Skryf neer die letter en die naam van die laag waar die volgende gebeur:

      4.6.1     Versamel die urine van die ongebore kalf                                     (2)

      4.6.2     Laat nutriëntopname toe, afval eliminasie deur die moeder                    (2)

      4.6.3     Heg die fetus aan die vratjies                                               (2)
                                                                                            [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:         105
                                                                     GROOTTOTAAL:           150

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRS P1 S12 2016 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-eng/b786fba1-80ec-468a-9151-c135e2046c84) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Eng
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-english/ecc125f9-b956-45f0-b947-431bae97cf54) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2019 ENG R](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2019-eng-r/f22147e3-e7cb-4eb1-9d79-c38cb853eb82) — Agricultural Sciences · QP · 2019 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/4379ae16-13ca-424a-98cb-6909cbc90cfa) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
