# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agrs-st-p1-gr11-nov2013-qp-afr/b4fd58f2-8c23-4443-bc8d-975fe826c30a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agrs-st-p1-gr11-nov2013-qp-afr/b4fd58f2-8c23-4443-bc8d-975fe826c30a)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                          NOVEMBER 2013

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye insluitend ŉ antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord ALLE vrae van BEIDE TWEE AFDELINGS A en B.

2.   AFDELING A (VRAAG 1) moet op die bygevoegde ANTWOORDBLAD
     beantwoord word.

3.   Plaas jou ANTWOORDBLAD van AFDELING A (VRAAG 1) binne in jou
     ANTWOORDEBOEK.

4.   AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK
     beantwoord word.

5.   Begin elke vraag van AFDELING B op ŉ NUWE bladsy.

6.   Lees die vrae versigtig en maak seker jy antwoord wat gevra word.

7.   Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
     gebruik word.

8.   MOENIE die antwoorde tot vrae OPBREEK NIE.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en maak ŉ kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs
        die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
        GEEN punte sal toegeken word as meer as een kruisie (X) vir ŉ antwoord
        verskyn nie.

        Voorbeeld: 1.1.11         A    B       C       D

        1.1.1     Die kleinste vorm van materie wat op sy eie kan voortbestaan
                  word ŉ … genoem.

                  A     element
                  B     atoom
                  C     isotoop
                  D     verbinding

        1.1.2     Die klein groepe atome wat in molekules voorkom wat
                  verantwoordelik is vir sekere eienskappe van die molekule asook
                  die reaksies waaraan hulle kan deelneem staan as ... bekend.

                  A     ioniese groepe
                  B     fosfaat groepe
                  C     funksionele groepe
                  D     radikale groepe

        1.1.3     Molekules met dieselfde molekulêre formule maar met
                  verskillende rangskikking van atome word isomere genoem. Die
                  volgende illustrasies dui die isomere van ... aan.

                  A     metaan
                  B     propaan
                  C     butaan
                  D     pentaan

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (NOVEMBER 2013)

    1.1.4   Die eenheid van saamklewende grondpartikels wat gevorm word
            deur natuurlike prosesse word … genoem.

            A     gruis
            B     klei
            C     peds
            D     slik

    1.1.5   Die instrument wat gebruik word om die digtheid van water en
            grond te meet word ŉ ... genoem.

            A     fotometer
            B     hidrometer
            C     termometer
            D     barometer

    1.1.6   Die veldmetode om die tekstuur van ŉ grond te bepaal is belangrik
            want daardeur kan die grondeienskappe ook bepaal word. Die
            diagram toon ŉ grond wat bestaan uit ... partikels.

            A      sand
            B      leem
            C      klei-leem
            D      slik

    1.1.7   Die volgende faktore beïnvloed die bulkdigtheid (matriksdigtheid)
            van ŉ grond, behalwe, die ...

            A     hoeveelheid organiese materiaal in die grond.
            B     kleur van die grond.
            C     kompaksie van die gronddeeltjies.
            D     graad van bewerking.

    1.1.8   Die tipe grondwater wat ŉ baie dun lagie rondom die grondpartikels
            vorm en nie toeganklik vir plante is nie.

            A     Higroskopiese water
            B     Gravitasiewater
            C     Kapillêre water
            D     Kohesie water

    1.1.9   ŉ Grondoppervlakhorison wat ŉ tekort aan fyn materiaal het en wat
            lig van kleur is en baie organiese koolstof bevat is ...

            A     orties.
            B     verties.
            C     melanies.
            D     humies.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                     LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     5

        1.1.10     Die proses ontstaan wanneer die stikstofvoorraad in die grond laag
                   is en die grondmikrobes wedywer met plante om die beskikbare
                   stikstof in die grond staan as ... bekend.

                   A          mineralisasie
                   B          immobilisasie
                   C          assimilasie
                   D          oplosbaarmaking
                                                                                (10 x 2)      (20)

 1.2    In die tabel hieronder word ŉ beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
        gegee. Besluit of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A,
        slegs B, beide A en B of geeneen van die antwoorde in KOLOM A nie en
        maak ŉ kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die vraagnommer
        (1.2.1–1.2.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

 Voorbeeld:                     KOLOM A                    KOLOM B
                       A:     Oranje
                                                     Basisse of alkali
                       B:     Seep

 Antwoord:             Die stelling verwys na:
                         Slegs A       Slegs B      A en B       Geeneen
                            A             B           C             D

                            KOLOM A              KOLOM B
        1.2.1     A:        Adhesie
                                                 Kragte uitgeoefen deur water
                  B:        Kohesie
        1.2.2     A:        Aminosure
                                                 Monomere van koolhidrate
                  B:        Glukose
        1.2.3     A:        Buffer               Molekules wat groot veranderings in pH
                  B:        Neutraliseerder      teenwerk
        1.2.4     A:        Katabolies           Proses verwys na molekules of
                                                 verbindings wat opgebreek word in
                  B:        Anabolies
                                                 kleiner verbindings
        1.2.5     A:        Homogeen
                                                 Faktore wat grondkleur beïnvloed
                  B:        Nie-homogeen
                                                                                    (5 x 2)   (10)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2013)

1.3   Gee EEN WOORD/FRASE vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
      die woord/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die aangehegte
      ANTWOORDBLAD neer.

      1.3.1   Die reaksie wat plaasvind wanneer ŉ isotoop van ŉ atoom uitbarstings
              van energie afgee

      1.3.2   Die punt waar alle porieë tussen grondpartikels met water gevul word

      1.3.3   ŉ Polimeer wat in ŉ plantsel aangetref word en die plantsel houtagtig
              en stewig sal maak

      1.3.4   Die chemiese reaksie wat plaasvind wanneer water toegevoeg word
              en die bindings opbreek wat die atome aan mekaar verbind

      1.3.5   Die noue, soliede opstapeling van grondpartikels
                                                                               (5 x 2)   (10)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stelling
      om hulle WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die
      vraagnommer (1.4.1–1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

      1.4.1   Elektrone is positief gelaai en word in die kern van ŉ atoom aangetref.

      1.4.2   ŉ Gas het ŉ vasgestelde volume onafhanklik van die vorm van ŉ
              houer waarin dit is.

      1.4.3   Grondpartikels in ŉ aggregaat word aanmekaar gebind deur atomiese
              kragte.

      1.4.4   Neutralisasie is die afbrekingsproses waardeur die verbindings vinnig
              afgebreek word na elemente soos ammonium, swawel, fosfaatione,
              koolstofdioksied en water.

      1.4.5   Die verlies van water vanaf die grondoppervlak na die atmosfeer in
              die vorm van waterdamp word transpirasie genoem.
                                                                            (5 x 1)          (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:               45

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       7

 AFDELING B

 BEGIN HIERDIE VRAAG OP ’N NUWE BLADSY.

 VRAAG 2: BASIESE CHEMIE

 2.1     Voedingskundiges         het    navorsing   gedoen      op     gebruik van
         biobrandstofafvalstowwe in dierevoer, met moontlike voordele vir die
         landelike bevolkings. Die doel is om biobrandstof meer ekonomies te
         produseer en produksie-eenhede in landelike en semi-landelike gebiede te
         vestig. Bogenoemde ontwikkeling kan fabrieke insluit wat die biobrandstof
         vervaardig, sowel as om die neweprodukte soos oliekoekmeel te verwerk om
         verdere waardetoevoeging te verkry.              Bogenoemde prosesse sal
         lugbesoedeling verminder want minder koolstofdioksied word vrygestel en
         sodoende word die kweekhuiseffek ook verminder. Biobrandstofproduksie
         speel ŉ groot rol in die diervoedingsmark en dit neem baie vinnig toe.

        2.1.1     Stel die rol voor wat biobrandstofvervaardiging in die verbetering van
                  dierevoeding kan speel.                                                      (1)

        2.1.2     Hoe kan die biobrandstof-industrie tot voordeel van landelike gebiede
                  en kleinboere wees?                                                          (1)

        2.1.3     Meld die voordele van die gebruik biobrandstowwe vir die omgewing
                  inhou.                                                                       (1)

        2.1.4     Verduidelik waarom daar ŉ toename in die vervaardiging van
                  biobrandstof is.                                                             (1)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (NOVEMBER 2013)

2.2   Gebruik die onderstaande periodieke tabel om die volgende vrae te
      beantwoord.

      2.2.1   Identifiseer die ligste element in die periodieke tabel.                    (1)

      2.2.2   Groep 18 op die periodieke tabel is saamgestel uit gasse wat chemies
              onaktief is, en kan nie reageer met andere soos in die periodieke
              tabel groepering aangedui nie. Stel ŉ naam vir hierdie groep voor en
              noem dan TWEE voorbeelde.                                            (3)

      2.2.3   Teken en voltooi die onderstaande tabel in jou antwoordeboek.

              ELEMENT            VALENS-            ATOOM-               MASSA-
                                 ELEKTRONE          GETAL                GETAL
              Magnesium
              Swawel                                                                           (6)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     9

 2.3    Die onderstaande diagramme toon die soorte chemiese bindings.
        Beantwoord die vrae wat op die diagramme gebaseer is.

                        DIAGRAM A                               DIAGRAM B

        2.3.1     Dui die tipe binding wat deur diagramme A en B voorgestel word.             (2)

        2.3.2     Differensieer tussen die twee bindings A en B soos in VRAAG 2.3.1
                  genoem.                                                                     (2)

        2.3.3     Teken die Lewis-struktuur van natriumchloried (NaCl) en
                  magnesiumoksied (MgO) en dui aan hoe die binding tussen die
                  katione en anione gevorm word.                                              (4)

 2.4    Die onderstaande tabel toon die vetinhoud en verskillende voedingswaardes
        van vette. Analiseer dit en beantwoord dan die volgende vrae.

        Voedingswaarde           Olyfolie     Sonneblom        Harde         Botter (g)
        per 100 g                  (g)            (g)         margarien
        Totale vet                 98            91,6            80              81
        Versadigde vet             14            12,0            42              51
        Onversadigde vet           73            17,0            28              20
        Poli-onversadig            11            59,0            10              03

        2.4.1     Trek ŉ staafgrafiek om die versadigde, onversadigde en
                  poliversadigde vette wat in lipiede voorkom soos geanaliseer in die
                  bostaande tabel.                                                            (6)

        2.4.2     Differensieer tussen ŉ versadigde en ŉ onversadigde vet.                    (2)

        2.4.3     Noem enige TWEE funksies van vette/lipiede in lewende organismes.           (2)

 2.5    Die onderstaande struktuur toon die struktuurformule van ŉ onvolledige
        polipeptiedketting.

        2.5.1     Voltooi die struktuur en dui aan hoe peptiedbindings gevorm word.           (1)

        2.5.2     Definieer polipeptied.                                                   (2)
                                                                                          [35]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                           (NOVEMBER 2013)

BEGIN HIERDIE VRAAG OP ’N NUWE BLADSY.

VRAAG 3: GRONDKUNDE

3.1   Die sifmetode is een van die belangrikste metodes om grondtekstuur mee te
      bepaal. Voordat die grond gesif word, word dit eers geweeg en daarna word
      dit die boonste sif geplaas. Die totale aantal siwwe vibreer outomaties of dit
      word met die hand geskud. Grondmonsters moet eers platgedruk word om die
      peds op te breek voor sifting. Die grondmonster word eers gedroog en enige
      vorm van organiese materiaal moet verwyder of verband word. Nadat die
      grond gesif is, word die individuele gewigte bereken as ŉ persentasie van die
      totale gewig. In ŉ eksperiment is 3 800 g grond geneem om die verskillende
      groottes te bepaal en die resultaat was as volg: 1 700 g sand 1 200 g klei en
      900 g slik.

      3.1.1   Bereken die persentasie gewig van die sand in die grondmonster.                  (3)

      3.1.2   Behalwe vir die sifmetode, noem die ander TWEE metodes wat
              aangewend kan word om die tekstuur van grond te bepaal.                          (2)

      3.1.3   Waarom moet ŉ boer weet watter tipe tekstuur sy/haar grond het?                  (1)

3.2   Die onderstaande illustrasie toon die verskillende struktuurtipes wat ons in
      grond aantref.

                 A                           B                           C

                 D                           E                           F

      3.2.1   Identifiseer die grondstruktuurtipes A–F.                                        (6)

      3.2.2   Stel TWEE faktore voor wat die ontwikkeling van grondstruktuur
              beïnvloed.                                                                       (2)

      3.2.3   Dui TWEE metodes aan wat ŉ boer kan toepas om grondstruktuur te
              verbeter.                                                                        (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   11

 3.3    Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van die meeste horisonte
        sowel as ŉ grondprofiel daarvan. Beantwoord die vrae daarop.

        Gebruik die diagram en verbind die verskillende horisonte met die volgende
        eienskappe:

        3.3.1     Die horisonte wat gevorm word as gevolg van ŉ verlies aan
                  grondstruktuur                                                            (1)

        3.3.2     Minerale deeltjies word in hierdie horisont aangetref                     (1)

        3.3.3     Bevat slegs anorganiese materiaal                                         (1)

        3.3.4     Bevat ŉ mengsel van anorganiese sowel as ten volle ontbinde
                  organiese materiaal                                                       (1)

        3.3.5     Grond word uit hierdie materiaal gevorm                                   (1)

        3.3.6     Fisiese verwering kom daarin voor                                         (1)

 3.4    Koolstofdioksied afkomstig van wortelrespirasie en die vertering van
        organiese materiaal verbind met water om organiese materiaal met water en
        koolsuur te vorm. Koolstofdioksied in die lug verbind met reënwater en vorm
        ook koolsuur.

        3.4.1     Koolstofdioksied + water = koolsuur

                  Dui bogenoemde aan as ŉ chemiese vergelyking.                             (2)

        3.4.2     Dui DRIE funksies van koolstofdioksied in grond aan.                      (3)

 3.5    Grondkleur het ŉ groot invloed op die vrugbaarheid en produktiwiteit van
        grond.

        3.5.1     Vergelyk die interpretasie van lig gekleurde en ŉ donker gekleurde
                  grond ten opsigte van gewasproduksie.                                     (4)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (NOVEMBER 2013)

3.6   Bulkdigtheid is die massa per volume eenheid van ŉ stof. ŉ Monster-oond
      gedroogde grond het ŉ massa van 560 g en ŉ volume van 75 cm3.

      3.6.1    Gebruik bostaande inligting en bereken die bulkdigtheid van die
               grondmonster.                                                                  (4)

      3.6.2    Dui EEN faktore aan wat ŉ invloed op die bulkdigtheid van ŉ grond
               sal hê.                                                                    (1)
                                                                                         [35]

BEGIN HIERDIE VRAAG OP ’N NUWE BLADSY.

VRAAG 4: GRONDKUNDEë

4.1   Analiseer die struktuur wat die stikstofsiklus voorstel.

      Dui die proses in die stikstofsiklus aan wat die volgende tot gevolg sal hê:

      4.1.1    Omskakeling van anorganiese stikstof na nog ŉ anorganiese vorm.                (1)

      4.1.2    Omskakeling van organiese stikstof na anorganiese stikstof.                    (1)

      4.1.3    Omskakeling van anorganiese stikstof na organiese stikstof.                    (1)

      4.1.4    Beskryf kortliks die verskynsel in die stikstofsiklus wat water na ŉ
               groen kleur verander wat deur die groei van alge veroorsaak word.              (2)

      4.1.5    Differensieer tussen nitrifikasie en denitrifikasie.                           (2)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)               LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       13

 4.2    Die onderstaande grafiek verteenwoordig grondtemperature wat op
        verskillende dieptes in grond geneem is.

        4.2.1     Dui die gronddieptes aan waar die minste verandering tussen dag en
                  nagtemperature voorkom.                                                       (1)

        4.2.2     Beskryf die verskil in grondtemperatuur in ŉ grond op ŉ diepte van
                  1 cm en 10 cm.                                                                (2)

        4.2.3     Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 4.2.2 hierbo.                            (2)

        4.2.4     Identifiseer DRIE faktore wat grondtemperatuur beïnvloed, behalwe
                  die een wat in die grafiek voorkom.                                           (3)

 4.3    Tabuleer enige DRIE menslike aktiwiteite wat die organiese materiaalinhoud
        van grond kan verminder of vermeerder.                                                  (6)

 4.4    Boere klassifiseer grond volgens tekstuur, struktuur en vrugbaarheid.

        4.4.1     Verduidelik kortliks VIER redes waarom grond geklassifiseer moet
                  word.                                                                         (4)

        4.4.2     Herrangskik die volgende stappe in die grondklassifikasie-proses in
                  die regte volgorde.

                     Vasstelling van grondvorm
                     Baken die grondseries af
                     Maak ŉ profielgat of maak ŉ bestaande een skoon
                     Identifiseer die series-eienskappe van ŉ grond
                     Baken meesterhorisonte af
                     Identifiseer diagnostiese horisonte                                       (6)

 4.5.   Kompos is ŉ baie gewilde en beskikbare organiese bemestingstof wat van
        huishoudelike afvalstowwe gemaak kan word.

        4.5.1     Verduidelik die proses wat gevolg moet word om ŉ komposhoop te
                  beplan en te maak om stikstofassimilasie maksimaal te laat plaasvind.         (4)
                                                                                               [35]
                                                                TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                    GROOTTOTAAL:               150

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   (NOVEMBER 2013)

ANTWOORDBLAD                   LANDBOUWETENSKAPPE V1

NAAM EN VAN:

AFDELING A

VRAAG 1.1                               VRAAG 1.2

     1.1.1   A    B    C        D

                                                                       BEIDE A en B
                                                  SLEGS A   SLEGS B
     1.1.2   A    B    C        D
     1.1.3   A    B    C        D                                                     Geen
     1.1.4   A    B    C        D
     1.1.5   A    B    C        D
     1.1.6   A    B    C        D        1.2.1     A         B           C            D
     1.1.7   A    B    C        D        1.2.2     A         B           C            D
     1.1.8   A    B    C        D        1.2.3     A         B           C            D
     1.1.9   A    B    C        D        1.2.4     A         B           C            D
 1.1.10      A    B    C         D       1.2.5     A         B          C      D
                      (10 x 2) (20)                                   (5 x 2) (10)

VRAAG 1.3                               VRAAG 1.4

     1.3.1                                1.4.1

     1.3.2                                1.4.2

     1.3.3                                1.4.3

     1.3.4                                1.4.4

     1.3.5                                1.4.5
                       (5 x 2) (10)                                     (5 x 1) (5)

                                                                                      45

## Related documents

- [AGRS P1 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-qp-eng/144b0679-0d95-41dd-8589-15b93aace261) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Eng
- [AGRS P1 GR11 MEMO (Afr) NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-gr11-memo-afr-nov2013/fc5cd3cb-a9ba-45d9-8881-c5b42cfa0bca) — Agricultural Sciences · Memo · 2013 · Afr
- [AGRS P1 GR11 MEMO (Eng) NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-gr11-memo-eng-nov2013/94ea52f2-e943-4c2c-82cc-fc71b5a76fec) — Agricultural Sciences · Memo · 2013 · Eng
- [AGRS P2 GR11 NOV2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p2-gr11-nov2013-qp-afr/eb6435d7-fc0e-4ca9-a4a6-7b41f3eda6cc) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [AGRS P2 GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p2-gr11-nov2013-qp-eng/75bae53b-5d5a-4fb3-a9cb-2bc51c4225a2) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
