# Agricultural Sciences Grade 10 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-qp-nov2020-afrikaans/7a0de959-bd30-4aae-885b-c1020bdc417f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 10 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-qp-nov2020-afrikaans/7a0de959-bd30-4aae-885b-c1020bdc417f)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/45ac7592-4a18-441a-9655-3b4ebbd679f7) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFKAAT

                              GRAAD 10

                       NOVEMBER 2020

                LANDBOUWETENSKAPPE V2
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE: 150

TYD:   2½ uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                 (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Lees AL die vrae korrek en antwoord wat gevra word.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                           LANDBOUWETENSKAPPE V2                           3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraag-
    nommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1    Die proses waar rotse afgebreek word as gevolg van fisiese, chemiese
               en biologiese prosesse:

               A       Sedimentasie
               B       Loging
               C       Verwering
               D       Afskilfering

      1.1.2    Grondwater wat styf teen gronddeeltjies gebind is en nie deur plante
               opgeneem kan word nie:

               A       Vrywater
               B       Gravitasie-water
               C       Higroskopiese water
               D       Kappillêre water

      1.1.3    Minerale wat by lae temperature en druk deur oksidasie gevorm het:

               A       Tersiêre minerale
               B       Primêre minerale
               C       Sekondêre minerale
               D       Edel-minerale

      1.1.4    Metamorfe gesteente grond het die volgende eienskappe:

               (i)     Baie vrugbaar
               (ii)    Swak gedreineer
               (iii)   Swaar en moeilik om te bewerk
               (iv)    Goed deurlug

               Kies die korrekte kombinasie:

               A       (i), (ii) en (iii)
               B       (i), (iii) en (iv)
               C       (i), (ii) en (iv)
               D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.5    ’n Voorbeeld van graangewasse wat meestal deur kommersiële en
               kleinskaalse produsente in Suid-Afrika verbou word:

               A       Koring
               B       Sonneblom
               C       Mielies
               D       Sorghum

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                           LANDBOUWETENSKAPPE V2      (EC/NOVEMBER 2020)

      1.1.6 … is ŉ voergewas wat hoofsaaklik aan plaasdiere gegee word, want
            dit bevat baie proteïene.

              A       Lusern
              B       Kikuyu
              C       Swenkgras
              D       Roggras

      1.1.7 Koring is ŉ gewas wat goed in … omgewings groei.

              A       warm
              B       vogtige
              C       koel
              D       droë

      1.1.8 … bome is immergroen bome soos dennebome en konifere met naald-
            agtige blare.

              A       Sagte hout
              B       Indringer
              C       Loodhout
              D       Harde hout

      1.1.9 Die volgende boerderymetodes veroorsaak gronderosie:

              (i)     Wisselweiding
              (ii)    Monokultuur
              (iii)   Strookbewerking
              (iv)    Oorbeweiding

              Kies die korrekte kombinasie:

              A       (i), (ii) en (iii)
              B       (i), (iii) en (iv)
              C       (i), (ii) en (iv)
              D       (ii), (iii) en (iv)

      1.1.10 Die fase van mitose waar die sitoplasma verdeel om twee nuwe selle
             te vorm:

              A       Anafase
              B       Telofase
              C       Metafase
              D       Profse
                                                                         (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   5

1.2 Kies ŉ woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste by die
    beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die
    vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
    1.2.6 J.

                      KOLOM A                                KOLOM B
      1.2.1    Water word tussen die kleiplate     A   Tuinbou
               geabsorbeer wat dit sagter en
               makliker verweerbaar maak

      1.2.2    ŉ Goeie voorbeeld van ŉ primêre     B   Biotiet
               mineraal

      1.2.3    Die wetenskap en kuns vir die       C   Hidroliese
               groei vrugte, groente, struike en
               blomme

      1.2.4    Gewasse hoofsaaklik gekweek         D   Illiet
               om vee te voer

      1.2.5    ŉ Toestand waar die grond pH        E   Hidrasie
               meestal onder 4,5 is

                                                   F   Akwakultuur

                                                   G   Versuring

                                                   H   Voer

                                                   I   Versouting
                                                                                (5 x 2)    (10)

1.3   Gee EEN woord/term/konsep/frase vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf SLEGS die term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.3.1    Die opbou van materiaal wat van boonste horisonne uitgeloog het

      1.3.2    Plantspesies wat ŉ betekenisvolle verlies aan inheemse flora en
               fauna veroorsaak

      1.3.3    Die skielike toename in voedingstowwe in watermassas wat lei tot die
               groei van algebloei

      1.3.4    ŉ Groot ronde liggaam wat in die sitoplasma gevind word wat
               genetiese inligting bevat

      1.3.5    Die seldelingsproses wat veroorsaak dat vier haploïede dogterselle
               vorm                                                          (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                               LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
    om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
    (1.4.1-1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

     1.4.1 Klontvorming is die meng van sediment deur grawende organismes.

     1.4.2 Appels is vrugte gewasse wat hoofsaaklik in wynproduksie gebruik word.

     1.4.3 Chemiese agteruitgang van grond vind plaas wanneer die grondstruktuur
           vernietig word.

     1.4.4 Kariokinese is waar die sitoplasma wat al die organelle bevat in twee
           selle verdeel.

     1.4.5 ŉ Gameet is ŉ genetiese eenheid wat spesifieke eienskappe wat van
           ouers oorgeërf is, bevat.
                                                                         (5 x 1)          (5)

                                                          TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                      LANDBOUWETENSKAPPE V2                                   7

AFDELING B

VRAAG 2: GRONDKUNDE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

2.1 Die onderstaande prent toon die verhouding tussen grond, plante en diere.

      2.1.1 Beskryf TWEE maniere hoe grond uit plante voordeel trek.                            (2)

      2.1.2 Gee TWEE funksies van grond aan plante.                                             (2)

      2.1.3 Verduidelik TWEE maniere hoe diere deur grond voordeel trek.                        (2)

      2.1.4 Identifiseer die grondkomponent en die persentasie wat uit lewende en
            nie-lewende diere en plantmateriaal bestaan.                                        (2)

2.2 Die tabel onderaan toon voorbeelde van minerale van twee groepe.

                        GROEP A                             GROEP B
                          Kwarts                        Kaoliniet (candites)
                     Mika (Muskoviet)                    Montmorilloniet
                          Kalsiet                          Vermikuliet

      2.2.1 Identifiseer die klas van minerale in groep A en groep B uit die bostaande
            tabel.                                                                              (2)

      2.2.2 Verduidelik hoe minerale in groep B gevorm word.                                    (1)

      2.2.3 Gee TWEE eienskappe waarvoor minerale hoofsaaklik in grond
            verantwoordelik is.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

     2.2.4 Gee EEN voorbeeld vir elk van die volgende:

            (a)      Edelstene                                                                (1)

            (b)      Minerale erts                                                            (1)

     2.2.5 Voorsien TWEE hoofeienskappe wat deur geoloë gebruik word om
           minerale te identifiseer.                                                          (2)

2.3 Die onderstaande tabel toon DRIE verskillende tipes rotse:

              sedimentêre rots; stollingsgesteentes; metamorfiese gesteentes

     2.3.1 Dui die tipe rots uit die bostaande tabel aan wat van toepassing is op elk
           van die volgende stellings:

            (a) Gevorm uit lae rots en organiese materiaal onder kragte van
                gravitasie                                                                    (1)

            (b) Gevorm wanneer vulkane uitbars                                                (1)

            (c) Voorbeelde sluit basalt en graniet in                                         (1)

            (d) Grond gevorm uit hierdie rots is nie diep nie, want dit is maklik
                kompakteerbaar                                                                (1)

2.4 Verwering van rotse is wanneer rotse tot kleiner deeltjies afgebreek word.

     2.4.1 Gee TWEE redes waarom die verwering van rots belangrik is.                         (2)

     2.4.2 Onderskei tussen hidroliese en karbonisasie.                                       (2)

2.5 Bestudeer die onderstaande diagram van ŉ topografiese faktor en beantwoord
    die vrae wat volg.

     2.5.1 Identifiseer die helling wat die warmste sal wees.                                 (1)

     2.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                              (1)

     2.5.3 Noem die topografiese faktor wat deur die bostaande diagram vertoon
           word.                                                                              (1)

     2.5.4 Verduidelik hoe die topografiese faktor genoem in VRAAG 2.5.3
           grondvorming op die noordelike helling sal affekteer.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    9

      2.5.5 Noem enige TWEE klimaatsfaktore wat grondvorming affekteer.                       (2)

2.6 Die onderstaande prent toon een van die grondvormingsprosesse.

      2.6.1 Identifiseer die horison waar die volgende prosesse plaasvind:

             (a)     Elluviasie                                                               (1)

             (b)     Illuviasie                                                               (1)

      2.6.2 Verduidelik die effek van loging van minerale op landbouproduksie.               (1)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 3: PLANTSTUDIES

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.1 Die onderstaande grafiek toon die produksie volume van sommige veld- en
    tuinbougewasse in 2008 geproduseer.

      3.1.1 Identifiseer die volgende vanuit die grafiek:

            (a) Veldgewas met die hoogste aanvraag in die bakkery industrie                (1)

            (b) Die veldgewas wat die hoof-stapelvoedsel in Suid-Afrika is                 (1)

      3.1.2 Analiseer die bostaande grafiek en bereken die totale produksie volume
            van al die tuinbougewasse. Toon ALLE bewerkings.                               (2)

      3.1.3 Gee TWEE basiese grondvereistes vir verbouing van aartappels.                  (2)

      3.1.4 Verwerk die inligting van die veldgewasse in die bostaande grafiek na ŉ
            tabel vorm.                                                                    (5)

      3.1.5 Verduidelik DRIE maniere hoe gewasse tot die ekonomie van Suid-
            Afrika bydra.                                                                  (3)

3.2   ŉ Industriële gewas is ŉ gewas wat gekweek word om te verkoop eerder as
      om deur die produsent geëet te word.

      3.2.1 Identifiseer enige TWEE hoof industriële gewasse wat in Suid-Afrika
            verbou word.                                                                   (2)

      3.2.2 Voorsien die eindproduk van elk van die industriële gewasse in
            VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer.                                                    (2)

      3.2.3 Gee EEN gebruik van voergewasse en gee EEN voorbeeld van ŉ
            peulplant-voergewas.                                                           (2)

      3.2.4 Beskryf TWEE redes om die groei van beskermde bome te bevorder.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                  LANDBOUWETENSKAPPE V2                                 11

3.3 Die onderstaande tabel toon verskillende klasse groente en hul voorbeelde.

                       A                               B

                        C                                  D

      3.3.1 Klassifiseer die groente in hul agronomiese eienskappe wat A, B, C en D
            in die tabel voorstel.                                                        (4)

      3.3.2 Noem die tekstuurklas van grond wat die beste geskik is om die gewas
            wat deur D voorgestel word, te verbou.                                        (1)

      3.3.3 Klassifiseer appels en piesangs as tropies, subtropies of bladwisselende
            vrugtegewasse.                                                                (2)

      3.3.4 Gee die produksie area waar appels in Suid-Afrika hoofsaaklik verbou
            word.                                                                         (1)

      3.3.5 Noem enige TWEE gebruike van druiwe.                                          (2)

      3.3.6 Noem EEN klimaatstoestand wat gunstig is vir die produksie van druiwe.        (1)

      3.3.7 Gee TWEE redes waarom die verbouing van proteas belangrik is.                 (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 4:      VOLHOUBARE NATUURLIKE HULPBRONBENUTTING EN
              BIOLOGIESE KONSEPTE

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.1 Landbou hulpbronne is alles insette wat noodsaaklik vir landbouproduksie is.

     4.1.1 Verduidelik die verskil tussen primêre en sekondêre hulpbronne en gee
           EEN voorbeeld van elk.                                                        (4)

     4.1.2 Verduidelik waarom grond as ŉ nie-hernubare hulpbron geklassifiseer
           word.                                                                         (1)

     4.1.3 Stel DRIE metodes voor hoe boere water in ŉ volhoubare manier kan
           gebruik.                                                                      (3)

4.2 Analiseer die onderstaande diagram wat drie tipes gronddegredasie toon.

     4.2.1 Identifiseer ander voorbeelde van gronddegredasie wat deur letter A, B en
           C in die bostaande diagram, voorgestel word.                                  (3)

     4.2.2 Gee TWEE landbou-praktyke wat gronddegredasie in landbougrond
           veroorsaak.                                                                   (2)

     4.2.3 Stel TWEE beheermaatreëls voor wat ingestel kan word om oppervlak-
           afloop in verweerbare lande te verminder.                                     (2)

     4.2.4 Beskryf in breë trekke TWEE hoofkwessies wat deur die Nasionale
           Waterwet van Suid-Afrika aangespreek word.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  13

4.3 Die onderstaade diagram toon die basiese struktuur van ŉ diersel.

      4.3.1 Identifiseer die organelle aangedui as A, B en C op die diagram hierbo.         (3)

      4.3.2 Skryf die naam van die struktuur waar die volgende plaasvind neer:

             (a)     Breek glukose gedurende die proses van respirasie af                   (1)

             (b)     Hou die sel bymekaar en gee dit vorm                                   (1)

      4.3.3 Tabuleer TWEE hoofverskille tussen dierselle en plantselle.                     (4)

      4.3.4 Verduidelik, met ŉ voorbeeld, wat gespesialiseerde dierselle is.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

4.4 Seldeling is ŉ proses waar ŉ enkele sel verdeel om nuwe selle genaamd
    dogterselle, te vorm.

     4.4.1 Identifiseer die tipe seldeling wat deur die volgende verduidelik word:

            (a)      Vorming van haploïede dogterselle                                     (1)

            (b)      Verdeling wat diploïede dogterselle vorm                              (1)

     4.4.2 Gee TWEE redes waarom die seldeling wat diploïede dogterselle vorm,
           belangrik is.                                                                   (2)

     4.4.3 Beskryf wat in Metafase 1 by selle wat verdeel, gebeur, om haploïede
           selle te vorm.                                                                  (2)

     4.4.4 Identifiseer ŉ gedeelte van ŉ DNS-/DNA-molekule wat inligting rakende
           ŉ spesifieke genetiese eienskap bevat.                                          (1)
                                                                                          [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:        105
                                                                    GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-qp-nov2018-afrikaans/ce5c1034-4dce-4caa-b868-3d33b7d0028d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Grade 10 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-grade-10-2017-afrikaans/5e537047-6b1d-46d1-aace-cecc78e7302e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/8a907289-485b-454c-9cc0-2afc0a4f1d23) — Agricultural Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/94edc054-2638-42f9-bf57-ceef7744699c) — Agricultural Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/f781edfd-29fc-411e-aec4-880948617232) — Agricultural Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr10-memo-nov2017-afrikaans/92765419-6241-4801-a6b0-96e6862991ba) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Agricultural Sciences

- [Gr10-Agricultural-Sciences-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-agricultural-sciences-sg-lr/35da6b9e-51f8-4383-bb6d-6ba8a092e2c8) — Guide
- [Gr 10 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-agric-sci-atp-2023-24/ce6113de-3032-4c3d-9c3f-cd321c0d906a) — ATP
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/66f1e4d8-a249-4e80-9dfc-7d66ad4a5890) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/90731281-5655-4ac5-aafd-e2831c2da8dd) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1c562852-516e-4a55-8732-80c1df639ffd) — Memo · 2019 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-agricultural-sciences-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/4de5d043-b6f0-4450-a904-f1ea204533ac) — QP · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
