# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-qp-afr-nov2015/553d08d8-09d9-47c2-ac8b-6b68446d4631
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-qp-afr-nov2015/553d08d8-09d9-47c2-ac8b-6b68446d4631)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2015

               LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                  (EC/NOVEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.    Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.

 4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik is.

 5.    ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

 6.    Toon AL jou berekeninge, insluitend eenhede en formules waar van
       toepassing.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                 3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1    Een van die by (newe)-produkte van fotosintese is suurstof, wat in
               die atmosfeer deur die… van die blare vrygestel word.

               A       mesofil
               B       stomata
               C       chloroplaste
               D       kutikels

      1.1.2    ŉ Grondbewerkingsisteem waar grond klonte afgebreek word in
               kleiner partikels, deur die gebruik van implemente soos byvoorbeeld
               harke om die grond gelyk en plat te kry vir plant, word … genoem.

               A       egging
               B       deklaagbewerking
               C       rysterploegwerk
               D       skoonbewerking

      1.1.3    Plante wat aan ŉ fosfortekort lei:

               (i)     Het verswakte blomme, sade en vrugte en lewer swak oeste
               (ii)    Raak verdwerg met dun, lang stamme
               (iii)   Ouer blare word amper swart met rooierige of pers skynsels
               (iv)    Gaan dood as lote verskyn

               Kies die korrekte kombinasie:

               A       (i), (ii) en (iii)
               B       (ii), (iii) en (iv)
               C       (ii), (iii) en (v)
               D       (i), (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

      1.1.4    Faktore noodsaaklik vir die ontkieming van saad in hidroponika is …

               A      grond, koolstofdioksied, lig en gunstige temperatuur.
               B      kleigrond, humus, water en lig.
               C      water, suurstof, gunstige temperatuur en lig.
               D      organiese bemesting, donker grond, landboukalk en water.

      1.1.5    Wortelvrot in groentegewasse word deur … veroorsaak.

               A      stikstoftekort
               B      beroking
               C      hoë ysterkonsentrasies in die grond
               D      oorbesproeiing of vloede

      1.1.6    Vrugte wat ontwikkel uit of afkomstig uit blomme met baie ovaria is
               ...

               A      vlesige, eenvoudige vrugte.
               B      nie-oopspringende, droë vrugte.
               C      byvrugte.
               D      saamgestelde vrugte.

      1.1.7    … verwys na die opbreek of krap van die saadhuid om dormansie te
               onderbreek.

               A      Afspening
               B      Skraping
               C      Ontkieming
               D      Bestuiwing

      1.1.8    ŉ Besproeiingsisteem waar water gelei word om te vloei in klein/nou
               kanale tussen rye gewasse eerder as oor die hele area versprei
               word.

               A      Sprinkelbesproeiing
               B      Leivore
               C      Drupbesproeiing
               D      Lugbesproeiing

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)             LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      5

      1.1.9     Die diagram van die plant hieronder is ŉ voorbeeld van ...
                voortplanting.

                A     bol-
                B     risoom-
                C     gerokte knol-
                D     uitloper-

      1.1.10 Die seisoenale klimaatsveranderinge in Suid-Afrika beperk
             akwatiese boere om met alle visspesies te boer. Dit kan wees ...

                A     as gevolg van vloede en droogtes in die somer en winter
                      onderskeidelik.
                B     omdat boere te lui is om in die winter met water te werk.
                C     omdat watertemperature so erg fluktueer.
                D     omdat baie plante verlep in winter en dan is voeding skaars.
                                                                              (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

 1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B wat die beste by die term/frase in KOLOM
     A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in
     die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld1.2.6 I.

                   KOLOM A                               KOLOM B
      1.2.1    afspening                    A    grondlose tegniek om plante te
                                                 groei

      1.2.2    biotegnologie                B    langdurige effek op grond

      1.2.3    stamper                      C    helmdraad en helmknop

      1.2.4    floëem                       D    water en opgeloste nutriënte
                                                 vervoer van wortels tot blare

      1.2.5    organiese bemesting          E    afval van blomme en vrugte na
                                                 bestuiwing

                                            F    wetenskaplike tegniek om
                                                 organismes te verander

                                            G    stempel, styl en vrugbeginsel

                                            H    nutriënt vervoer na alle dele van
                                                 die plant
                                                                              (5 x 2) (10)

 1.3 Skryf die landbou-term/frase neer vir elkeen van die volgende beskrywings.
     Skryf slegs die term/frase langs die korrekte nommer (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK.

      1.3.1    Organismes wat siektes of parasiete van plant tot plant oordra

      1.3.2    Die middelste vleiserige gedeelte van vrugte wat ons gewoonlik eet

      1.3.3    Stamme wat op die grondoppervlak of net onder die oppervlak groei,
               wat deel vorm van die wortels by die nodes en nuwe plante wat by
               die knoppe voortspruit

      1.3.4    ŉ Instrument wat deur boere gebruik word om direk die voginhoud te
               meet of te bepaal hoe hard die plant moet werk om vog van die
               grond in te neem

      1.3.5    Die kunsmatige verwydering van water uit die wortelsone van ŉ plant
               uit die grond
                                                                            (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)            LANDBOUWETENSKAPPE V2                                        7

 1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in elke van die volgende stellings om
     hulle waar te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer
     (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.4.1    Aktiewe vervoer is die spontane beweging van molekules van ŉ area
               met ŉ hoë konsentrasie, na ŉ area met ŉ lae konsentrasie.

      1.4.2    Chemiese beheer sluit die gebruik van spesie-spesifieke insekte of
               ander ongewerweldes en siektes, om onkruidgewasse te beheer.

      1.4.3    In vloedbesproeiing word water stadig en presies in die vorm van
               druppels, dun straaltjies of motreën toegedien.

      1.4.4    ŉ Produksiesisteem waar plante in ŉ nutriënt-oplossing met of
               sonder kunsmatige groeimediums vir meganiese ondersteuning
               gegroei word, word akwakultuur genoem.

      1.4.5    Kelk (‘Calyx’) is die steriele kleurvolle blare van die blom wat diere lok,
               om met bestuiwing te help.                                        (5 x 1) (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:           45

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING B

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: PLANTVOEDING

 2.1    Die stoororgaan is ŉ deel van die plant wat gemodifiseer is om water en
        koolhidrate te stoor of berg. Die meeste stoororgane word gewoonlik
        ondergronds gekry waar hulle beskerm is.

        2.1.1   Verskaf DRIE dele van ŉ plant wat as stoororgane gemodifiseer is.       (3)

        2.1.2   Verwys na EEN chemiese proses wat lei na die vorming en berging
                van koolhidrate in plante.                                              (1)

        2.1.3   Gee TWEE vereistes vir die proses in VRAAG 2.1 genoem.                  (2)

        2.1.4   Identifiseer EEN produk van die proses in VRAAG 2.1.1 aangedui
                wat in plante geberg word.                                              (1)

 2.2    Die beweging van water vanaf die wortels na die stamme en blare is baie
        belangrik. Water bevat broodnodige minerale elemente. Op hierdie manier
        word nutriënte na verskillende organe van die plant vervoer. Sommige van
        die prosesse vind plaas deur osmose en ander deur diffusie.

        2.2.1   Lei af DRIE faktore wat die opwaartse beweging van water in plante
                beïnvloed.                                                              (3)

        2.2.2   Maak ŉ opsomming van die rol wat xileemvate in die opwaartse
                beweging van water in plante speel.                                     (2)

        2.2.3   Lys TWEE funksies van water in plante.                                  (2)

        2.2.4   Onderskei tussen osmose en diffusie.                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)             LANDBOUWETENSKAPPE V2                                         9

 2.3    Die volgende plantnutriënt tekort simptome is aanwesig in sommige groente-
        gewasse:

        (a)     Groei van die hele plant is vertraag en beperk
        (b)     Blaarrande en punte word bruin en nekroties
        (c)     Swak blaar- en wortelontwikkeling

        2.3.1    Pas die mineraal-elemente in die tabel hieronder by die tekort
                 simptome in VRAAG 2.3 genoem.

                                                Swael
                                               Kalsium
                                               Stikstof
                                               Kalium                                         (3)

 2.4    ŉ Boer het twee verskillende sakke saamgestelde kunsmis gekoop. Een
        sak (Sak A) is 8:1:3 (30) gemerk. Die tweede sak (Sak B) was 1:2:7.(28)
        gemerk. Die boer wil graag blaaragtige groente soos byvoorbeeld blaarslaai
        en spinasie verbou.

        2.4.1    Watter sak kunsmis sal jy aanbeveel wat ŉ beter opbrengs vir
                 blaaragtige gewasse vir die boer sal lewer?                                  (1)

        2.4.2    Regverdig jou keuse van die sak kunsmis in VRAAG 2.4.1 met
                 TWEE redes.                                                                  (2)

        2.4.3    Gee die implikasies van die getal “30” in hakies op die Sak A
                 8:1:3 (30) in VRAAG 2.4.                                                     (2)

 2.5    Vier graad 11-leerders het navorsing gedoen op die oes-prestasie van
        verskillende organiese bemestingstowwe. Die opbrengs van mielies op
        twee hektaar grond is gemeet. Die resultate van die navorsing vir opbrengs
        word hieronder getoon:

                   Bemestingstof                          Opbrengs in sakke
                       Kompos                                    35
                   Groenbemesting                                30
                       Plaasmis                                  45
                  Huishoudelike hope                             25

        2.5.1    Maak ŉ grafiese voorstelling van die resultate. Gee jou grafiek ŉ
                 gepaste opskrif.                                                             (5)

 2.6    Gee ŉ uiteensetting van die verskille tussen aktiewe ioon-opname en
        passiewe ioon-opname van nutriënte in plante.                                         (4)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

 VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 ŉ Boer het drie plantseisoene gebruik vir ŉ plant-teelproses. Na die eerste
     seisoen het die plant ŉ klein kop geproduseer. Na die tweede teelseisoen
     was die kop groter met baie sade. Na die derde teelseisoen was daar twee
     groot koppe aan elke plant soos gewys in die prentjie hieronder.

      3.1.1    Lei af die tipe plantteelsisteem in 3.1 gebruik.                         (1)

      3.1.2    Regverdig jou keuse in VRAAG 3.1.2 met EEN rede as die
               opbrengste van die mielies vergelyk word.                                (2)

      3.1.3    Gee TWEE voordele van die proses in VRAAG 3.1.1.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)             LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    11

 3.2 Die skets hieronder is ŉ tweesaadlobbige blom.

      3.2.1     Identifiseer die dele gemerk 9, 3 en 4.                                   (3)

      3.2.2     Beskryf die hooffunksie van die deel gemerk 5.                            (1)

      3.2.3     Voorspel DRIE klimaatstoestande wat tot die afspening van blomme
                van ŉ vrugteboom kan lei.                                                 (3)

 3.3 Boere gebruik verskillende metodes van plantvermeerdering op hul plase.
     Twee van die plantvermeerderingmetodes word in die illustrasies hieronder
     vertoon.

      3.3.1     Identifiseer die plantvermeerderingsmetodes in FIGUUR A en
                FIGUUR B.                                                                 (2)

      3.3.2     Stel DRIE redes voor om opkomende boere te oortuig om hierdie
                metodes in VRAAG 3.3 te volg.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2015)

 3.4 Die inligting in die tabel hieronder verwys na siekte-veroorsakende
     organismes.

                                         Bakterieë
                                      Fungi / Swamme
                                          Virusse
                                          Vektore

      Kies die mikro-organisme uit die inligting bo wat die beste by die beskrywings
      in VRAAG 3.4.1 pas.

      3.4.1    (a)    Die kleinste aansteeklike organisme wat siektes veroorsaak
               (b)    Sapsuigende insekte
               (c)    Veroorsaak abnormale groei soos byvoorbeeld galbulte
               (d)    Veroorsaak meeste plantsiektes                                           (4)

      3.4.2    Gee DRIE maatreëls om die verspreiding van die organismes in
               VRAAG 3.4.1 in plante te bekamp.                                               (3)

 3.5 Plantteling sluit die ontwikkeling van nuwe plantvariëteite/kultivars vir
     gewasproduksie, en gebruik in. Dit word gedoen deur genetiese variasie van
     plante wat of natuurlike, of kunsmatig geskied. Sommige metodes sluit
     seleksie, hibridisasie, geen-mutasie of genetiese modifisering in. Genetiese
     modifisering het die produksie van BT (Bacillus thuringeinsis) gewasse tot
     gevolg gehad wat tot ŉ toename in uitvoere gelei het.

      3.5.1    Verduidelik die onderstreepte konsep in VRAAG 3.5.                              (2)

      3.5.2    Gee DRIE voordele van geenmutasie in plantteling.                               (3)

      3.5.3    Noem TWEE belangrike BT (Bacillus thuringeinsis) gewasse in Suid-
               Afrika.                                                                         (2)

      3.5.4    Identifiseer die teelsisteem uit die scenario hierbo wat beide
               natuurlike en kunsmatig kan wees.                                               (1)

 3.6 Formuleer DRIE redes hoekom boere onkruid op hul plase behoort te beheer.                (3)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)             LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      13

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONNE

 4.1    ŉ Moderne boerderysisteem maak gebruik van rekenaars, globale satelliet
        posisioneringssisteme en afstand-waarnemingstoestelle om die korrekte
        omgewingstoestande vir optimale gewasproduksie te bepaal. Die boerdery
        sisteem gebruik ook tegnologies gevorderde toepassings soos GPS
        (Geographic Positioning System) (Geografiese posisioneringssisteem) en
        GIS (Geografiese Inligtingssisteem) om al die moontlike faktore wat die
        produksie kan beïnvloed, te bepaal.

        4.1.1    Identifiseer die tipe boerderysisteem in 4.1 beskryf.                      (1)

        4.1.2    Regverdig met TWEE redes die gebruik van rekenaars,
                 afstandbeheer-sisteme en satelliete in die scenario in 4.1.                (2)

        4.1.3    Verduidelik hoekom die volgende ultra-moderne tegnologie op
                 trekkers in presisieboerdery geïnstalleer word.

                 (a)    Geografiese Posisioneringssisteem (GPS)                             (1)

                 (b)    Geografiese Inligtingssisteem (GIS)                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2015)

 4.2    In die diagram hieronder, vorm reënwater afloop wat na strome beweeg.
        Die strome vloei in groter riviere in en dit vloei weer na die oseane of mere.
        Boere kan sommige van die water vir vloedbesproeiing opdam.

        4.2.1   Bepaal die beste waterbron vir volhoubare besproeiing uit die
                illustrasie in 4.2.                                                        (1)

        4.2.2   Identifiseer EEN waterbron wat nie goed vir besproeiing is nie.            (1)

        4.2.3   Gee TWEE kriteria om die waterkwaliteit vir besproeiing te bepaal.         (2)

        4.2.4   Noem EEN voorbeeld van vloedbesproeiing.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)            LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      15

 4.3    Sommige plaaslike boere gebruik oop sugslote (oop dreine) om
        landbougrond te herwin.      Kommersiële boere gebruik dikwels ander
        dreineringssisteme op hul grond. Die sketse hieronder verteenwoordig
        dreineringssisteme wat deur sommige boere gebruik word om landbougrond
        te herwin.

        4.3.1    Identifiseer die dreinerigs-uitlegte gemerk A en B in VRAAG 4.3.          (2)

        4.3.2    Beveel TWEE faktore aan om te oorweeg voordat ŉ
                 pypdreineringssisteem geïnstalleer word.                                  (2)

        4.3.2    Lys TWEE nadele van oop dreineringsslote (sugslote) op ŉ plaas.           (2)

 4.4    Plantnutriënt-opname en siektebeheer in ŉ monokultuur en wisselbou
        gewasproduksie-sisteme is nie dieselfde nie. Verskaf die mees gepaste
        verskille om die tabel in VRAAG 4.4.1 te voltooi.

        4.4.1                                              Verskille
                 Aspek                       Monokulture               Wisselbou
                 Plantnutriënt-opname           (a)                       (b)
                 Siektebeheer                   (c)                       (d)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

 4.5    Onderskei tussen primêre en sekondêre grondbewerking.                          (4)

 4.6    Akwakultuur is die beheerde produksie van akwatiese organismes. Dit
        mag in die see of in varswater geskied. Gereelde toevoeging, voeding en
        beskerming teen predatore vorm deel van goeie bestuurpraktyke om
        produksie te verhoog.

        4.6.1   Identifiseer TWEE akwakultuur bestuurpraktyke vanaf die scenario
                wat tot verhoogde produksie in die akwakultuur-industrie kan lei.      (2)

        4.6.2   Lys TWEE algemene spesies van akwakultuur-spesies waarmee in
                Suid-Afrika geboer word.                                               (2)

        4.6.3   Beskryf die oopvloei-sisteem van akwakultuur vir ŉ voornemende
                boer.                                                                  (2)

 4.7

        4.7.1   Identifiseer die struktuur in VRAAG 4.7.                               (1)

        4.7.2   Gee TWEE omgewingsfaktore wat in ag geneem moet word
                wanneer jy area oorweeg om die struktuur in 4.7 vir gewas-
                produksie op te rig.                                                   (2)

        4.7.3   Stel TWEE materiale voor wat as die buitenste bedekking van ŉ
                kweekhuis soos in 4.7 gebruik kan word.                                (2)
                                                                                      [35]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         105
                                                               GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AGRSC P2 GR11 QP ENG NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-qp-eng-nov2015/00d5ea13-d047-4d3e-a3a6-5d0eb4e9d350) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Eng
- [AGRSC P2 GR11 MEMO AFR SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-memo-afr-sept2015/8173faea-8d22-4a74-a4ed-b986edf4f29a) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [AGRSC P2 GR11 MEMO ENG SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-memo-eng-sept2015/920ccb6f-e40c-44b4-9f9b-486e4ea64bcd) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [Gr11-AGRIC SC P1 -N15-QP-Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agric-sc-p1-n15-qp-afr/8eee1d29-78a9-40b8-b247-ad3332616e59) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Gr11-AGRIC SC P1-N15-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agric-sc-p1-n15-qp-eng/ebe59eb8-8005-47bb-ae02-8eb32a511ca5) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
