# Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/as-p1-feb-march-2016-afr/d75fd15e-80d3-4925-a211-2b2c3526cfcc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/as-p1-feb-march-2016-afr/d75fd15e-80d3-4925-a211-2b2c3526cfcc)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LANDBOUWETENSKAPPE V1

                          FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                      2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon alle berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                              3                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                  NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1        Die biologiese waarde (BW) van proteïen is 'n indeks van die
                      proteïenkwaliteit, wat afhanklik is van die ...

                      A       voedingsverhouding en aminosuurinhoud.
                      B       aminosuurinhoud en die rantsoen waarin dit voorkom.
                      C       aminosuurinhoud en die sagtheid van die proteïen.
                      D       inhoud van nie-essensiële en essensiële aminosure.

         1.1.2        Papille in die rumenwand dien as ...

                      A       verhittingstafies vir die fermentasie van ruvesel.
                      B       afkoelingstafies vir die sintese van vitamiene.
                      C       stafies wat sellulase afskei om ruvesel te hidroliseer.
                      D       verteringstafies en die uitdroging van voer.

         1.1.3        'n Tekort aan hierdie mineraal veroorsaak pika by plaasdiere:

                      A       Kobalt
                      B       Sink
                      C       Kalsium
                      D       Fosfor

         1.1.4        Die proses van afwisselende sametrekkings en verslappings van
                      die spiere wat voedsel deur die spysverteringskanaal stoot:

                      A       Windbreking/Eruktasie
                      B       Uitstuwing/Opbring
                      C       Peristalse
                      D       Opblaas

         1.1.5        Watter van die volgende sal meestal in inheemse boerdery gebruik
                      word?

                      (i)       Bou mure deur klippe op mekaar te stapel
                      (ii)      Verskuifbare elektriese heinings
                      (iii)     Draadheining wat weigebiede verdeel
                      (iv)      Kraal wat van takke gemaak is

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A       (i) en (ii)
                      B       (ii) en (iv)
                      C       (i) en (iv)
                      D       (i) en (iii)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                                 4                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                     NSS

         1.1.6        Die beste metode om varke te hanteer:

                      (i)   Maak jou teenwoordigheid op 'n stil en rustige manier bekend
                            sodat die diere nie verwilderd raak nie.
                      (ii) Gooi koue water oor hulle as jy hulle wakker maak.
                      (iii) Lei die diere met 'n laaghoutbord.
                      (iv) Verskuif hulle van donker na verligte areas sonder skaduwees.

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A        (ii), (iii) en (iv)
                      B        (i), (ii) en (iii)
                      C        (i), (iii) en (iv)
                      D        (ii), (iii) en (iv)

         1.1.7        Die volgende het betrekking op Newcastle-siekte:

                      (i)      'n Virussiekte
                      (ii)     Tas pluimvee van alle ouderdomme aan
                      (iii)    Lei tot hart- en nierversaking
                      (iv)     Geen behandeling vir besmette diere nie

                      Kies die KORREKTE kombinasie:

                      A        (i) en (ii)
                      B        (i), (ii) en (iv)
                      C        (ii), (iii) en (iv)
                      D        Al die bogenoemde

         1.1.8        Die fetus word deur drie membrane omring terwyl dit aan die
                      baarmoeder geheg is. Wat is die korrekte volgorde van die
                      membrane van binne na buite?

                      A        Amnion, allantoïs en chorion
                      B        Chorion, amnion en allantoïs
                      C        Allantoïs, chorion en amnion
                      D        Amnion, chorion en allantoïs

         1.1.9        WATTER EEN van die stellings hieronder oor die normale laktasie
                      van melkkoeie is VERKEERD?

                      A       Wanneer melkproduksie op sy hoogste vlak is, is bottervet op
                              sy laagste.
                      B       Hoe hoër die ruveselinhoud in 'n voer is, hoe hoër is die
                              bottervetinhoud.
                      C       Melkproduksie daal voor opdroging.
                      D       Voer met 'n laer ruveselinhoud produseer melk met 'n lae
                              bottervetinhoud.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                             5                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

         1.1.10       Die gemiddelde lengte van die estrusperiode by koeie is ... uur.

                      A    24
                      B    8
                      C    12
                      D    18                                                           (10 x 2)     (20)

1.2      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.2.6 Slegs B.

                           KOLOM A                                   KOLOM B
                      A:    Hawermeel                  Bevat 'n klein persentasie totale
         1.2.1                                         verteerbare voedingstowwe en 'n hoë
                      B:    Hawerstrooi                persentasie ruvesel
                      A:    Halter
         1.2.2                                         Hanteringstoerusting vir diere
                      B:    Elektriese porstok
                      A:    Voetbad                    'n Bosluisbeheermetode waartydens
         1.2.3                                         'n dier heeltemal in 'n diptenk
                      B:    Spuitdip                   onderdompel word
                      A:    Embrio-oorplanting         Die doel van hierdie proses is die
         1.2.4                                         verbetering en die bewaring van die
                      B:    Selkernoordrag             genetiese potensiaal van die kudde
                      A:    Kriptorkidisme             Een of beide testes sak nie deur in
         1.2.5                                         die skrotum nie en bly in die
                      B:    Hipoplasie                 abdominale holte agter
                                                                                       (5 x 2)       (10)

1.3      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         1.3.1        'n Vetoplosbare vitamien wat deur die rumenmikrobes van
                      herkouers vervaardig word

         1.3.2        Die siekte by plaasdiere, wat deur 'n virus veroorsaak word en wat
                      tot aggressiewe gedrag, aanhoudende gebulk, oormatige
                      speeksel- afskeiding en verlamming lei

         1.3.3        Die stappe wat gedoen word om plaasdiere se immuunstelsel te
                      versterk om te voorkom dat hulle siek word

         1.3.4        Die stadium van dragtigheid wat gekenmerk                   word     deur
                      seldifferensiasie in weefsel, organe en stelsels

         1.3.5        Die hormoon wat afgeskei word wanneer die uier gewas word
                      voordat 'n koei gemelk word                         (5 x 2)                    (10)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
         om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
         (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Hooi word geproduseer wanneer 'n groen gewas onder
                      anaërobiese toestande gehou word sodat fermentasie kan
                      plaasvind en melksuur kan vorm.

         1.4.2        Parakeratose word deur 'n tekort aan koper veroorsaak.

         1.4.3        Voervloei is 'n metode wat gebruik word om die presiese
                      hoeveelhede van twee voere te bepaal wat by 'n voermengsel
                      gevoeg moet word kom om die vereiste waarde te verskaf.

         1.4.4        Lintwurm is 'n interne parasiet wat die lewers van skape aantas.

         1.4.5        Tweelinglammers wat uit 'n enkele sigoot ontwikkel, staan as 'n
                      trassie ('freemartin')-tweeling bekend.                  (5 x 1)           (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                            7                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die diagram hieronder toon die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.

              A
                                                        E
             B

             C

             D
                                                                               F

         2.1.1       Identifiseer deel A, D en E.                                                (3)

         2.1.2       Noem TWEE maniere waarop deel C aangepas is om sy funksie te
                     verrig.                                                                     (2)

         2.1.3       Identifiseer deel B en beraam die pH van sy inhoud.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Landbouwetenskappe/V1                                        8                                   DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                             NSS

 2.2       Hieronder is 'n skematiese voorstelling van voerkomponente.

                                                   Voer

                            Water                                   A

                                           Organiese materiaal                      B

                          Koolhidrate                 Proteïen      Vette               C

           2.2.1            Identifiseer die bestanddele wat deur A, B en C voorgestel word.                               (3)
           2.2.2            Onderskei tussen 'n vet en 'n olie.                                                            (2)
           2.2.3            Noem die verteringseindproduk van die volgende in varke:
                            (a)         Koolhidrate                                                                        (1)

                            (b)         Proteïen                                                                           (1)
 2.3      Die tabel hieronder is 'n voervloeiprogram vir 'n tydperk van een jaar.

               Opbrengs   Oppervlakte   Jul.   Aug.   Sep.   Okt.   Nov.    Des.   Jan.   Feb.   Mrt.   Apr.   Mei   Jun.   DM totaal

                 (t/ha)      (ha)                                                                                              (t)
                                         (t)    (t)    (t)    (t)    (t)     (t)    (t)    (t)    (t)    (t)   (t)    (t)

 KRITERIA
Veld             4          25,5                             10     12      20     20       15   13      12                  A
Weiding/        10           30                                     30      30     38       39   43      44    44            300
Giers
Lusern          15          19,6         40    35     54     46     17      30     20       10    -       -    10     32         B
TOTALE                                   40    35     54     56     59      80     78       64   56      56    54     32
VOER
Voervereiste                             63    65     66     60     56      56     49       49   49      49    54     59
van vee
TEKORT                                   23    30      C      4                                                 -     27
SURPLUS                                                                 3                   15    7      7      -
                                                                            D       E

          2.3.1            Bereken die verskil tussen die voervereistes en die beskikbare voer
                           vir September en Januarie.                                                                      (2)
           2.3.2            Bereken die totale droë materiaal (DM) beskikbaar vir B.                                       (2)

           2.3.3            Lei die maand waarin die veld 15 ton voer produseer het, uit die
                            tabel af.                                                                                      (1)

 Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          9                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

2.4      'n Totaal van 2,5 kg groen lusern met 'n voginhoud van 60% word vir 'n dier
         gevoer. Die dier skei 0,255 kg droë materiaal in die mis uit.

         2.4.1        Bepaal die verteerbaarheidskoëffisiënt van die groen lusern.               (5)

         2.4.2        Noem die spesifieke voedingstof wat die beste by elk van die
                      volgende beskrywings pas:

                      (a)   'n Mikrovoedingstof in groen blaarvoer wat noodsaaklik is vir
                            die vervoer van suurstof en koolstofdioksied in die
                            liggaamsvloeistowwe van diere                                        (1)

                      (b)   Die mineraal wat noodsaaklik is vir die vorming van
                            vitamien B 12                                                        (1)

                      (c)   'n Vitamien wat verantwoordelik is vir gesonde vel, hare en
                            bindweefsel                                                          (1)

                      (d)   Die mineraal wat melkkoors en bros bene by melkkoeie
                            voorkom                                                              (1)

 2.5     Die tabel hieronder verteenwoordig die laboratoriumuitslae van DRIE voere.
                 VOER               TVV (%)             VP (%)               VV
                   1                  84                  12                 1:6
                   2                  75                  15
                   3                  70                   7                 1:9

         2.5.1        Bereken die voedingsverhouding (VV) van voer 2.                            (3)

         2.5.2        Beveel 'n voer (1, 2 of 3) vir melkproduksie by 'n melkkudde aan.          (1)

         2.5.3        Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 2.5.2.                              (1)

         2.5.4        Verwys na die tabel en identifiseer die goedkoopste voer.                  (1)

         2.5.5        Motiveer die antwoord op VRAAG 2.5.4.                                      (1)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          10                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      Die prent hieronder           toon   'n     behoorlike     behuisingstruktuur       vir
         braaikuikenproduksie.

                                                                      A

         3.1.1        Noem TWEE vereistes waaraan die dakmateriaal moet voldoen om
                      die temperatuur in die behuisingstruktuur hierbo te beheer.                     (2)

         3.1.2        Buiten die dakmateriaal, stel TWEE ander maniere voor waarop
                      temperatuur in die braaikuikenproduksie-eenheid gereguleer kan
                      word.                                                                           (2)

         3.1.3        Noem die beste oriëntasie vir die braaikuikenhuis in Suid-Afrika en
                      gee 'n rede vir die antwoord.                                                   (2)

         3.1.4        Gee TWEE redes vir            die   gebruik   van   deel     A   in   die
                      behuisingstruktuur hierbo.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                        11                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

3.2      Skuilings word in beide intensiewe en ekstensiewe boerderystelsels gebruik.
         Buiten om diere teen ongunstige weerstoestande en wilde diere te beskerm,
         is dit ook 'n metode om veediefstal te voorkom en om plae in sekere situasies
         te voorkom.

         Skuilings kan in die vorm van aangeplante bome, geboude krale of
         sementmuurstrukture met sinkdakke aanneem.

         Diere wat aan ongunstige weerstoestande blootgestel word, is geneig om
         meer energie te verbruik, veral teen baie lae temperature.

         3.2.1        Verwys na die scenario hierbo en noem TWEE tipes skuilings wat
                      inheemse boere kan gebruik.                                              (2)

         3.2.2        Identifiseer DRIE nadelige gevolge wat 'n totale gebrek aan
                      skuiling op 'n ekstensiewe boerderystelsel sal hê.                       (3)

         3.2.3        Gee 'n rede waarom diere wat aan baie lae temperature
                      blootgestel word, geneig is om meer energie te verbruik.                 (1)

3.3       Die skematiese voorstelling hieronder toon die lewensiklus van twee eksterne
          parasiete (bosluis A en B).

         3.3.1        Verwys na die grafiek hierbo en dui aan hoe lank dit bosluis A se
                      eiers sal neem om uit te broei.                                          (1)

         3.3.2        Beide bosluise (A en B) het lang monddele. Gee TWEE redes
                      waarom dit vir beeste nadelig is.                                        (2)

         3.3.3        Gee TWEE redes waarom veeboere parasietbesmetting by vee
                      moet voorkom.                                                            (2)

         3.3.4        Die beste beheermaatreël vir bosluise is om die volwasse bosluise
                      te vernietig voordat hulle eiers lê. Noem TWEE redes waarom dit
                      moeilik sal wees om bosluis B se getalle te beheer.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          12                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

 3.4     Die Suid-Afrikaanse regering speel 'n belangrike rol in die regulering van
         boerderypraktyke. Dit verseker kwarantyndienste en beheermaatreëls oor die
         invoer en uitvoer van diere. Hulle doen ook navorsing en voorsien
         veeartsenykundige dienste.

         3.4.1        Dui DRIE tipes dieregesondheidsnavorsing aan wat by die
                      Veeartsenykundige Instituut gedoen word.                                    (3)

         3.4.2        Wat is die doel van 'n kwarantynstasie?                                     (2)

         3.4.3        Buiten die rolle wat in die uittreksel hierbo genoem is, noem TWEE
                      ander rolle wat die staat speel om die Suid-Afrikaanse veebedryf te
                      beskerm.                                                                    (2)

3.5      Die tabel hieronder toon die           temperatuursvereistes vir    verskillende
         plaasdiere.

                 PLAASDIER                LAER KRITIESE              OPTIMALE
                                          TEMPERATUUR              TEMPERATUUR
                                              (OC)                     (OC)
          Koei                                  2                       12
          Kalf                                 10                       15
          Varkie                               20                       27
          Lêhen                                 7                       12
          Braaikuiken                          15                       18

         3.5.1        Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n staafgrafiek om die
                      laer kritiese temperatuur- en die optimale temperatuurvereistes
                      van die plaasdiere voor te stel.                                            (6)

         3.5.2        Watter plaasdier op die grafiek het die hoogste optimale
                      temperatuurvereistes?                                                       (1)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           13                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die grafiek hieronder toon die stadia van die estrussiklus van 'n koei.

                               B
                                                                      C

                                                                      D (Met-estrus)
                      A

         4.1.1       Skryf die letter (A–D) neer van die stadium waar die volgende
                     plaasvind:

                     (a)   Verhoogde vaginale en servikale slymproduksie                          (1)

                     (b)   Vinnige groei van follikels                                            (1)

                     (c)   Corpus luteum verklein indien geen bevrugting plaasvind nie            (1)

         4.1.2       Die vlakke van twee hormone verander tydens stadium C. Noem die
                     hormoon wat:

                     (a)   Van 'n hoër na 'n laer vlak begin afneem                               (1)

                     (b)   Sy hoogste vlak bereik                                                 (1)

         4.1.3       Gee die rol van die hormoon in VRAAG 4.1.2(b).                               (1)

         4.1.4       Noem die stadium in die estrussiklus wat deur B voorgestel word.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

 4.2      Die diagram hieronder verteenwoordig die vroulike voortplantingstelsel.

                                B                           C

                                                                    D

                            A                               E

                                                            F

                                                            G

         4.2.1        Skryf die letter (A–G) neer van die struktuur waar semen
                      gedeponeer word tydens:

                      (a)   Natuurlike dektoestande                                              (1)

                      (b)   Kunsmatige inseminasie (KI)                                          (1)

         4.2.2        Skryf die letter (A–G) en die naam van die struktuur neer wat:

                      (a)   Die ryp follikel na ovulasie opvang                                  (2)

                      (b)   Dien as die plek waar bevrugting plaasvind                           (2)

         4.2.3        Verduidelik die term ovulasie.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                         15                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

4.3     Die diagram hieronder verteenwoordig die proses van spermatogenese.

                                   2n                           A

                            n                                   B

                                                                 C

                                                                    D

         4.3.1        Verwys na die diagram hierbo en identifiseer die tipe selverdeling
                      wat plaasvind wanneer sel A in die selle by B verdeel. Motiveer die
                      antwoord.                                                                 (2)

         4.3.2        Noem die stadiums van spermatogenese soos voorgestel deur C
                      en D onderskeidelik.                                                      (2)

         4.3.3        Noem die deel van die testes waar die spermatogenese-proses
                      plaasvind.                                                                (1)

         4.3.4        Noem die deel van die voortplantingsorgaan waar die spermatosoë
                      beweeglikheid bereik.                                                     (1)

         4.3.5        Wat is die ooreenkoms tussen spermatogenese en oögenese?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1                           16                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

4.4      Gewoonlik, nadat die boer tekens van bronstigheid by die koei waargeneem
         het, neem hy 'n bul na die koei sodat paring kan plaasvind.

         4.4.1       Buiten waarneembare en gedragstekens by koeie, noem DRIE
                     apparate wat 'n boer kan gebruik om bronstigheid by 'n koei waar te
                     neem.                                                                     (3)

         4.4.2       Noem VIER voortplantingshormone, in die korrekte volgorde, wat 'n
                     koei van dragtigheid af tot geboorte vrystel.                             (4)

4.5      Die aanvanklike stadiums van embrio-oorplanting (EO) behels die
         behandeling van geneties superieure koeie om te superovuleer. Hierdie koeie
         word dan met semen van beproefde bulle geïnsemineer.

         4.5.1       Definieer die term superovuleer.                                          (2)

         4.5.2       Noem DRIE voordele van die proses van embrio-oorplanting (EO).            (3)

         4.5.3       Gee 'n rede vir die gebruik van beproefde bulle.                          (1)
                                                                                               [35]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                       GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AS P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/as-p1-feb-march-2016-memo-afr/f5ff4710-f469-4d9c-a165-8107de0ba573) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [AGRS P1 S12 2016 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-eng/b786fba1-80ec-468a-9151-c135e2046c84) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Eng
- [AGRS P1 S12 2016 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-s12-2016-qp-afr/57e303a6-87eb-439f-bd05-26288047bee1) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-eng/557b84d6-f26b-4d84-bdc8-0dc724e77299) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2018-afr/0d5d4676-1f00-4198-802d-58086868263d) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-feb-march-2017-afr/0646fbde-1a69-42a2-9a2a-97025d79b2d7) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
