# Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/as-p2-feb-march-2016-afr/1b52f62b-78d1-429f-aa07-f1f9d26a514f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/as-p2-feb-march-2016-afr/1b52f62b-78d1-429f-aa07-f1f9d26a514f)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LANDBOUWETENSKAPPE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2016

TOTAAL: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                      2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
         AFDELING B.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Toon alle berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                               3                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                   NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

         1.1.1       EEN van die stellings hieronder dui op die prysonelastisiteit van
                     vraag:

                     A       Verbruikers sal hoendervleis koop as die prys van skaapvleis
                             styg.
                     B       Verbruikers sal steeds mielies koop as die prys van mielies
                             styg.
                     C       Verbruikers sal 'n ander tipe pasta koop as die prys van
                             spaghetti styg.
                     D       Verbruikers sal 'n goedkoper sjokoladestafie koop as die prys
                             van 'n witsjokoladestafie styg.

         1.1.2       Die volgende inligting is SLEGS van toepassing                       op
                     Internetbemarking waar transaksies aanlyn gedoen word:

                     A       Die boer stel 'n agent vir bemarkingstake aan.
                     B       Die boer verkoop produkte op die mark.
                     C       Verbruikers wil dalk nie hul kredietkaarte gebruik nie.
                     D       Groot kleinhandelaars soek blootstelling deur opkomende
                             produsente te ondersteun.

         1.1.3       Landboukoöperasies hou die volgende voordele vir kleinskaalse
                     boere in:

                     (i)     Produsente het 'n beter kans om 'n goeie prys te beding.
                     (ii)    Maklike toegang tot fondse.
                     (iii)   Produkpryse fluktueer en produsente word geaffekteer.
                     (iv)    Produsente behou hul markte.

                     Kies die korrekte kombinasie:

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       (i), (ii) en (iv)
                     C       (i), (iii) en (iv)
                     D       (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                                   4            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                       NSS

         1.1.4       Die reguitlyn (Y) stel die … van 'n produk voor.

                                              Y
                                                               X

                         Prys in rand
                                                                   A
                                          X                        Y

                                   0          Hoeveelheid van 'n produk per
                                                      tydseenheid

                     A                  markewewig
                     B                  tekort
                     C                  vraag
                     D                  aanbod

         1.1.5       EEN van die volgende word NIE met arbeidswetgewing geassosieer
                     NIE:

                     A                  Wet op Arbeidsverhoudinge
                     B                  Wet op Basiese Diensvoorwaardes vir Werkloosheid
                     C                  Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid
                     D                  Wet op Vaardigheidsontwikkeling

         1.1.6       Dit is NIE van toepassing op kapitaal as 'n produksiefaktor NIE:

                     A                  Die meeste kapitaalgoedere het 'n beperkte lewensduur.
                     B                  Kapitaalgoedere is duur en moeilik bekombaar.
                     C                  Vukuzenzele Trust bied 'n toelaag aan kleinskaalse boere.
                     D                  Sommige kapitaalgoedere kan nie in die land vervaardig word
                                        nie.

         1.1.7       Voorbeelde van risikostrategieë:

                     (i)                 Versekering teen risiko's
                     (ii)                Diversifikasie
                     (iii)               Spesialisasie
                     (iv)                Toekomstige kontrakte

                     Kies die korrekte kombinasie:

                     A                  (i), (ii) en (iv)
                     B                  (i), (ii) en (iii)
                     C                  (ii), (iii) en (iv)
                     D                  (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        5                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

         1.1.8        EEN van die volgende is NIE 'n ekonomiese kenmerk van grond
                      NIE:

                      A   Beperktheid
                      B   Varieer in produksiepotensiaal
                      C   Waarde verhoog met tyd
                      D   Bron van minerale en grondstowwe

         1.1.9        Beeste het 30 paar chromosome in die selkern. Die getal
                      chromosome in die vroulike gamete is dus ...

                      A   15.
                      B   45.
                      C   60.
                      D   30.

         1.1.10       'n Heterosigotiese Brahmaanbul word gepaar met 'n
                      heterosigotiese koei. Wat sal die verwagte genotipiese verhouding
                      van die F 1 -geslag wees?

                      A   1:3:1
                      B   3:1
                      C   1:2:1
                      D   1:1                                                  (10 x 2)        (20)

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
         1.2.1 Totale hoeveelheid van 'n            A     elektroporasie
               kommoditeit wat 'n produsent
               graag wil verkoop                    B     mitose

         1.2.2 Fisiese en verstandelike insette     C     arbeid
               deur mense
                                                    D     aanbod
         1.2.3 Seldeling waartydens gamete
               vorm                                 E     meiose

         1.2.4 'n Elektriese stroom wat deur die    F     geengeweer/pistool
               ontwikkelende
               ontvangerplantselle met die          G     deoksiribonukleïnsuur (DNS)
               gewenste gene gestuur word
                                                    H     bestuur
         1.2.5 Kom voor in die selle van die
               kern en verskaf genetiese            I     motivering
               instruksies vir die funksionering
               van selle                            J     vraag
                                                                                 (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.3      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
         langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1        'n Skriftelike dokument wat toekomstige aktiwiteit met betrekking
                      tot inkomste en uitgawes beskryf gebaseer op projeksies en
                      historiese data

         1.3.2        Die prys van 'n produk op 'n vlak waar die hoeveelheid vereis gelyk
                      is aan die hoeveelheid aan die mark verskaf

         1.3.3        Geld of toerusting geakkumuleer deur besparing en in die
                      produksieproses aangewend

         1.3.4        Die gebruik van biologiese statistiek om genetiese data van 'n
                      individu te ontleed om ware genetika en teelwaarde te beraam

         1.3.5        Wanneer die aksie van een geen deur 'n ander geen gemodifiseer
                      of beheer word                                        (5 x 2)              (10)

1.4      Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
         stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Die vraag-ketting beskryf die vloei van produkte van die
                      produksiepunt tot by die verbruikerspunt.

         1.4.2        Finansiële risiko sluit produksieverliese, arbeidsverwante en
                      tegnologiese risiko's in.

         1.4.3        Bruto binnelandse produk is die totale bruto marge minus die
                      algemene plaasuitgawes.

         1.4.4        Gespesialiseerde take op die plaas word deur formele arbeid
                      uitgevoer.

         1.4.5        Die chromosome verwys na die totaal van die geeneffekte van 'n
                      teeldier, soos deur die prestasie van sy nageslag gemeet. (5 x 1)          (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        7                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1      Die skematies voorstelling hieronder toon verskillende strategieë in die
         ontwikkeling van 'n mark aan.
                       A                                     B

                      Produsent moet
                     bewus wees van                             Produsent
                     wat die verbruiker                      bepaal hoeveel
                           wil hê                             die verbruiker
                                                                sal betaal

                                            Mark

                            C                                      D

                                                            Produsent moet
                      Produsent moet                          inligting oor
                       weet waar die                           die produk
                     verbruiker wil koop                     bekend maak

         2.1.1        Identifiseer die strategieë om 'n mark te ontwikkel soos deur A
                      tot D voorgestel.                                                       (4)

         2.1.2        Noem TWEE faktore wat die produsent in ag moet neem tydens
                      die beplanning van die strategie voorgestel deur A.                     (2)

         2.1.3        Noem TWEE maniere waarop die produsent die strategie deur D
                      voorgestel suksesvol kan implementeer.                                  (2)

         2.1.4        Dui TWEE aspekte aan wat 'n produsent in ag moet neem indien
                      hy op die strategie, voorgestel deur B, besluit.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                              8                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                  NSS

2.2          'n Groep opkomende boere wat groente verbou, het beperkte toegang tot
             fondse. Hulle besluit om die produksie- en bemarkingskoste van hulle
             produkte te deel totdat almal ekonomies lewensvatbaar is.

             2.2.1        Toon die bemarkingstelsel wat deur hierdie boere gebruik word.              (1)

             2.2.2        Noem DRIE voordele van die bemarkingstelsel in VRAAG 2.2.1.                 (3)

             2.2.3        Noem TWEE beginsels wat vir hierdie groep opkomende boere
                          leiding kan gee.                                                            (2)

2.3          Die tabel hieronder toon die hoeveelhede van Landbouproduk 1 en 2 wat teen
             verskillende pryse verskaf word.

      TYD-       PRYS       PRODUK 1       PRODUK 2      % VERANDERING       % VERANDERING
      PERK        (R)      HOEVEELHEID    HOEVEELHEID      IN AANBOD             IN PRYS
                           VERSKAF (kg)     VERSKAF
                                              (kg)
                                                         PRODUK    PRODUK       PRYS      PRYS
                                                            1         2           1         2
      Aug.
      2011           10       11 500         11 500
      Mrt.
      2012           15       12 000         12 100
      Des.
      2013           20       13 000         16 000        13         39        20         20
      Des.
      2014           30       14 500         18 000
      Des.
      2015           40       16 000         22 000

             2.3.1        Formuleer die hipotese gebaseer op die data van die hoeveelhede
                          wat vanaf Augustus 2011 tot Maart 2012 verskaf is.                          (2)

             2.3.2        Bereken die pryselastisiteit van Produk 1 en Produk 2 vir die
                          tydperk tussen Augustus 2011 en Desember 2013.

                          Gebruik die formule:        % verandering in aanbod
                                                       % verandering in prys                          (4)

             2.3.3        Vertolk die pryselastisiteit van aanbod vir Produk 1 en Produk 2.           (2)

             2.3.4        Noem TWEE faktore wat die aanbod van hierdie produkte kon
                          beïnvloed het.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                           9                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

2.4      Lede van die gemeenskap het beoog om 'n sakeonderneming op 400 ha
         gemeenskaplike grond te begin, maar het 'n gebrek aan kapitaal en
         vaardighede gehad. Die gebied ervaar ook slegte weerstoestande. 'n
         Florerende projek in 'n nabygeleë dorpie het hulle gemotiveer om die
         onderneming te begin. Hulle beplan om met beeste te boer wat hulle aan die
         plaaslike inwoners vir tradisionele seremonies kan verkoop en skape om aan
         'n plaaslike supermark te verkoop. Hulle wil ook groente kweek om aan die
         plaaslike skool te verskaf. Hulle beplan om die dienste van die landbou-
         voorligtingsbeampte vir die raad te gebruik.

         2.4.1        Gebruik 'n SWOT-analise en identifiseer:

                      (a)   TWEE sterk punte                                                    (2)
                      (b)   EEN swak punt                                                       (1)
                      (c)   EEN geleentheid                                                     (1)
                      (d)   TWEE bedreigings                                                    (2)

         2.4.2        Beveel DRIE stappe aan om die bedreigings                 wat     in
                      VRAAG 2.4.1(d) geïdentifiseer is, reg te stel.                            (3)
                                                                                                [35]

VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1      'n Groep werklose jongmense in 'n landelike gemeenskap het 50 ha grond by
         'n plaaslike hoofman gekry om 'n inkomste vir hulself te skep. Hulle het
         mielies verbou wat hulle kon verkoop. In die eerste twee jaar het die grond 'n
         opbrengs van 5 ton per ha gelewer wat in die volgende twee jaar tot 6 en
         7 ton per ha gestyg het as gevolg van kunsmistoediening. In die vyfde jaar het
         die opbrengs egter gedaal, ten spyte van die toediening van kunsmis.

         3.1.1        Identifiseer TWEE ekonomiese kenmerke van die grond in die
                      gevallestudie.                                                            (2)

         3.1.2        Verduidelik die kenmerk in VRAAG 3.1.1 wat met kunsmis en
                      opbrengs verband hou.                                                     (2)

         3.1.3        Noem TWEE funksies van grond in die gevallestudie.                        (2)

         3.1.4        Dui TWEE maniere aan waarop die groep jongmense die
                      produksiepotensiaal van die grond kan verhoog.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                                                  10                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                      NSS

3.2      Die tabel hieronder toon 'n kontantvloeibegroting van braaikuikens en eiers op
         'n pluimveeplaas.

                                           ITEM               VERKOPE PER WEEK                 MAANDELIKSE
                                                                                                  KOSTE
           Eiers                                                       R8 000
           Braaikuikens                                                R12 500
           Totaal                                                                                R39 000

         3.2.1                             Verduidelik die manier waarop 'n kontantvloeibegroting 'n boer help
                                           om 'n pluimvee-boerdery te bedryf.                                            (2)

         3.2.2                             Bepaal die totale maandelikse inkomste waarvoor die boer kan
                                           begroot om hierdie onderneming suksesvol te bedryf.
                                           (Toon ALLE berekeninge.)                                                      (3)

         3.2.3                             Dui aan of die boer met die onderneming moet voortgaan of nie.                (1)

         3.2.4                             Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.2.3 gebaseer op die
                                           berekening.                                                                   (2)

         3.2.5                             Verwys na die tabel en identifiseer TWEE vorme van kapitaal op
                                           die plaas.                                                                    (2)

3.3      Die grafiek hieronder toon die vaardighede van 'n plaaswerker en
         'n plaasbestuurder.

                                                              Vaardigheidsvlakke van 'n
                                                          plaaswerker en 'n plaasbestuurder            Bestuurder

            Vaardigheidspersentasie (%)
                                                                                                       Werker

                                             Beplanning         Entrepreneurs-    Tegniese
                                                                 vaardighede     vaardighede

                                                              Vaardighede

         3.3.1                             Verwys na die grafiek en identifiseer TWEE                  belangrike
                                           vaardighede waaroor 'n plaasbestuurder moet beskik.                           (2)

         3.3.2                             Noem EEN belangrike vaardigheid wat 'n plaaswerker in staat sal
                                           stel om 'n taak te verrig.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                        11                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

         3.3.3        Motiveer die antwoord op VRAAG 3.3.2.                                      (2)

         3.3.4        Noem TWEE bestuursvaardighede, buiten die vaardighede in die
                      grafiek, wat baie belangrik vir die plaasbestuurder is.                    (2)

         3.3.5        Noem TWEE bestuursvaardighede wat 'n boer in die boerdery-
                      onderneming moet toepas.                                                   (2)

3.4      Identifiseer die tipe verlof wat deur elk van die scenario's hieronder voorgestel
         word, soos dit deur wetgewing voorgeskryf is.

         3.4.1        Werknemers is geregtig op 21 opeenvolgende dae verlof of een
                      dag verlof vir elke 17 dae wat elke jaar gewerk is.                        (1)

         3.4.2        Vroulike plaaswerkers is geregtig op 4 maande verlof om na hul
                      babas om te sien, afhangend van die ooreenkoms wat tussen die
                      werkgewer en die werknemer geteken is.                                     (1)

         3.4.3        Die werknemer was afwesig weens griep.                                     (1)

3.5      'n Plaaswerker het op drie openbare vakansiedae gewerk. Die daaglikse
         toelaag vir gewone werksdae is R111,72 per dag. Die toelaag vir openbare
         vakansiedae is dubbel die tarief vir gewone werksdae. Die werkgewer het
         hierdie werknemer R400,00 in totaal vir die drie openbare vakansiedae
         betaal.

         3.5.1        Bereken die bedrag waarop hierdie werker geregtig is vir die werk
                      wat op die drie openbare vakansiedae gedoen is.                            (2)

         3.5.2        Noem of dit regverdige arbeidspraktyk teenoor die plaaswerker
                      was.                                                                       (1)

         3.5.3        Verwys na die arbeidswette wat werk op openbare vakansiedae
                      beheer om die antwoord op VRAAG 3.5.2 te motiveer.                         (2)
                                                                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                            12                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1      Die tabel hieronder toon die gemete voorspeense groeitempo (g/dag) van
         sekere beeskruisings.

             OUERS VAN KALWERS                         VELDTOESTANDE
                 UIT KRUISING                   SWAK     GEMIDDELD       GOED
             NR.    BULLE KOEIE                GEMIDDELDE DAAGLIKSE TOENAME
                                                     VAN KALWERS (g/dag)
             1        H         H                425        704           827
             2        B         B                658        713           770
             3        B         H                468        773           884
             4        H         B                738        780           872
             5        B         F1               716        848           858
             6        H         F1               734        848           880
             7        F1        B                698        747           821
             8        F1        H                446        739           855
             9        F1        F1               725        848           869
         Sleutel:
         • F 1 – Eerste kruising
         • H – Hereford
         • B – Brahmaan

         4.1.1        Identifiseer die tipe teelstelsel in die tabel hierbo.                         (1)

         4.1.2        Verwys na die tabel hierbo en kies die ouers wat kalwers
                      geproduseer het met die hoogste gemiddelde daaglikse toename
                      in veld in 'n swak toestand.                                                   (1)

         4.1.3        Gee TWEE redes om die antwoord op VRAAG 4.1.2 te steun.                        (2)

         4.1.4        Teken 'n staafgrafiek om die prestasies van kruising 1, 2 en 9
                      onder swak, gemiddelde en goeie veldtoestande voor te stel.                    (6)

 4.2     Die melkproduksie van 'n Jerseykoei word deur twee paar gene beheer.
         Die genotipe aabb gee 'n melkopbrengs van 200 liter. Elke additiewe
         dominante geen lewer 'n ekstra 20 liter melk.

         4.2.1 Dui die tipe oorerflikheid aan wat die melkproduksie van 'n Jerseykoei
               beheer.                                                                               (1)

         4.2.2 Bereken die melkproduksie van 'n Jerseykoei met die AAbb-genotipe.                    (3)

         4.2.3 Werk die genotipiese en fenotipiese verhoudings van die F 1 -generasie
               uit indien die kruising tussen AABB en aabb is.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2                         13                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

4.3      Die prent hieronder toon 'n oorerwingspatroon in plaasdiere.

                                                               Swart en    Swart en
                                                               wit kalf    wit kalf

                     Swart en
                                             Swart en
                     wit koei                                  Rooi en
                                             wit bul                      Swart en
                                                               wit kalf   wit kalf

         4.3.1 Identifiseer die verskynsel hierbo.                                             (1)

         4.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.1.                                    (2)

         4.3.3 Gee die alternatiewe naam van die verskynsel in VRAAG 4.3.1.                    (1)

4.4      Drie belangrike aspekte word in ag geneem wanneer individue vir
         teelprogramme gekies word, naamlik biometrie, oorerflikheid en beraamde
         teelwaardes. Geselekteerde individue kan met verskillende teelstelsels, soos
         vreemdkruising, spesiekruising en kruisteling, gepaar word.

         4.4.1         Onderskei tussen seleksie en oorerfbaarheid.                            (4)

         4.4.2         Noem TWEE voordele van spesiekruising.                                  (2)

         4.4.3         Noem TWEE verwante teelstelsels wat nie in die gevallestudie
                       genoem word nie.                                                        (2)

         4.4.4         Verduidelik die belangrikheid van die gebruik van beraamde
                       teelwaardes in teling.                                                  (2)

4.5      Mutagene verander die genetiese materiaal van 'n organisme en veroorsaak
         foute in die gene van organismes. Hoe sal die volgende mutageniese agente
         die DNA-struktuur van die geen affekteer?

         4.5.1         Gamma- en X-strale                                                      (1)

         4.5.2         Metaal soos nikkel en chroom                                            (1)

         4.5.3         Alkaloïede                                                              (1)

         4.5.4         Virusse                                                                 (1)
                                                                                               [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             105
                                                                    GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AS P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/as-p2-feb-march-2016-memo-afr/fdb023bc-6e6b-4af5-9406-a7b854da7ee4) — Agricultural Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/agric-sc-p2-gr12-sept-2016-qp-afr/13d79f00-3351-405f-9c30-bd0e6ded9e4f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2016-afr/b4a82b78-d842-43dc-91b9-9f649ad70d0f) — Agricultural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-afr/b60fd853-0e19-4159-b790-13647b415a99) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2018-eng/1724b701-1e5b-4836-8fbd-0e695a045aab) — Agricultural Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7ab4b716-4de0-4433-bf09-762cbf175b7e) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
