# Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-afr-nov2018/6b2d791c-4a59-4c77-a42a-da89e1b7343a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-afr-nov2018/6b2d791c-4a59-4c77-a42a-da89e1b7343a)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2018

                  BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                               *IBUSTA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    BESIGHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                         Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

 2.     Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
        vereis word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
        gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
        is NIE.

 4.     Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.     Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
        ŉ antwoord te bepaal.

 6.     Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
        vraag beantwoord word.

                     AFDELING                VRAAG        PUNTE              TYD
                                                                           (minute)
        A:     Objektiewe tipe vrae
                                                1            40               30
               VERPLIGTEND

        B:     VYF direkte/indirekte            2            60               30
               tipe vrae                        3            60               30
               KEUSE:                           4            60               30
               Beantwoord enige                 5            60               30
               DRIE.                            6            60               30

        C:     VIER opsteltipe vrae            7             40               30
               KEUSE:                          8             40               30
               Beantwoord                      9             40               30
               enige TWEE.                     10            40               30

                      TOTAAL                                300               180

 7.     Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, byvoorbeeld
        VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  BESIGHEIDSTUDIES                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.

        1.1.1    ŉ Uitdaging in die makro-omgewing:

                 A     Moeilike werknemers
                 B     Tekort aan voorraad
                 C     Veranderinge in verbruikersgedrag
                 D     Politieke veranderinge

        1.1.2    Die besigheid het geen beheer oor hierdie omgewing nie:

                 A     Mikro
                 B     Mark
                 C     Makro
                 D     Mikro en mark

        1.1.3    Interaksie met ander om idees en inligting uit te ruil en om
                 professionele kontakte te maak, staan bekend as …

                 A     netwerking.
                 B     invloedwerwing.
                 C     samesmelting.
                 D     oornames.

        1.1.4    Die regering besit die meeste aandele in hierdie ondernemingsvorm:

                 A     Harry MSB Bpk.
                 B     Babsi (Edms.) Bpk.
                 C     Bekker Bpk.
                 D     Redklip en Seun

        1.1.5    ŉ Voordeel daavan om eie fondse te gebruik as ŉ bron van finansiering
                 vir ŉ besigheid.

                 A     Lae rente word op die fondse betaal
                 B     Geen rente word op die fondse betaal nie
                 C     Lae rente kan onderhandel word
                 D     Geen rente word in die eerste jaar betaal nie

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     BESIGHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2018)

       1.1.6     ŉ Visuele aanbieding van ŉ stel verkoopsyfers wat deur ‘n reeks
                 reghoeke aangedui word:

                 A     Tabel
                 B     Diagram
                 C     Staafgrafiek
                 D     Lyngrafiek

       1.1.7     In ŉ groot groep maak individue lukraak voorstelle oor nuwe idees,
                 sonder enige kritiek, wat op ŉ blaaibord geskryf word:

                 A     Leë stoel
                 B     Dinkskrum
                 C     Gedwonge veldtegniek
                 D     Geforseerde kombinasies

       1.1.8     Spandinamika-teorieë help die besigheid om …

                 A     goeie verhoudings met spanne te ontwikkel.
                 B     take aan spanlede met dieselfde persoonlikhede toe te
                       ken.
                 C     totale bevrediging te bevorder.
                 D     take volgens die rolle van spanlede toe te ken.

       1.1.9     ŉ Voorbeeld van publisiteit:

                 A     Aanlynbemarking
                 B     Strooibiljette
                 C     Uitstallings
                 D     Nuusvrystelling

       1.1.10    Hierdie prosedure verbind die vereistes van die pos met die
                 sterk punte van die kandidaat.

                 A     Vergoeding
                 B     Plasing
                 C     Werwing
                 D     Seleksie
                                                                           (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    BESIGHEIDSTUDIES                                        5

 1.2    Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1-1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                Belbin-rol; koöperasie; sifting; Jung; werksplekforum; verkrygings;
                            maatskappy; alliansie; onderhoud; vakbond

        1.2.1     ŉ … vind plaas wanneer een besigheid ŉ ander besigheid koop.

        1.2.2     ŉ … is ŉ tradisionele manier waarby ŉ groep wat dieselfde belange
                  het, saamkom en hulpbronne, infrastruktuur en koste deel om ŉ beter
                  uitkoms te bereik.

        1.2.3     … kan nie ŉ industriële aksie begin nie.

        1.2.4     Die ... spandinamika-teorie fokus op vier paar houdings en funksies.

        1.2.5     Die … is ŉ formele ontmoeting tussen die gekortlyste kandidate en
                  die werkgewer om ŉ vakante pos te vul.
                                                                             (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2018)

 1.3   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K

            KOLOM A                                   KOLOM B
       1.3.1 Storting             A    ŉ meningsverskil in die werkplek

       1.3.2    Konsessie         B    ŉ stelsel wat ŉ verskeidenheid van byna
                (‘Franchising’)        dieselfde produkte in sekere hoeveelhede
                                       produseer

       1.3.3    Konflik           C    ŉ vervaardiger in een land voer goedere uit na
                                       ŉ ander land teen ŉ prys wat baie hoër is as
                                       die prys in die land van herkoms

       1.3.4    Direkte koste     D    ŉ stelsel waar elke produk volgens duidelike
                                       spesifikasies van die klant gemaak word

       1.3.5    Stukwerk          E    die lone van werkers wat die produk maak

                                  F    ŉ lisensie om die naam, idee en prosesse van
                                       ŉ bestaande besigheid in ŉ spesifieke
                                       geografiese gebied te gebruik

                                  G ŉ vervaardiger in een land voer goedere uit na
                                    ŉ ander land teen ŉ prys wat baie laer is as die
                                    prys in die land van herkoms

                                  H    koste wat nie aan ŉ spesifieke produk
                                       toegewys kan word nie

                                  I    ŉ formele, skriftelike klagte aan senior bestuur

                                  J    take, bedrywighede of prosesse wat deur ŉ
                                       buite-kontrakteur verrig word
                                                                              (5 x 2)      (10)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   BESIGHEIDSTUDIES                                      7

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
          Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
          byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE
          bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1    Noem die DRIE besigheidsomgewings/sake-omgewings.                              (3)

 2.2    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          HOEK MEUBEL VERVAARDIGER (HMV)

        Hoek Meubel Vervaardiger (HMV) spesialiseer in die vervaardiging van
        kantoormeubels. Die bestuur van HMV het onduidelike doelwitte ontwikkel
        wat personeel verwar oor die rigting waarin die besigheid beweeg.
        HMV het besluit om vir Zuko en Sophia te bevorder as bestuurders al het
        hulle nie die nodige vaardighede om hul take effektief uit te voer nie.
        Sommige werkers het besluit om te staak nadat hulle hul vakbonde
        geraadpleeg het omdat hulle gevoel het dat die aanstellingsproses nie
        deursigtig en regverdig was nie. HMV is nie vertroud met die funksies van
        vakbonde nie.

        2.2.1    Noem die besigheidsektor waarin HMV handel dryf. Motiveer jou
                 antwoord.                                                           (3)

        2.2.2    Identifiseer DRIE uitdagings van die mikro-omgewing in
                 bostaande scenario. Motiveer jou antwoord deur uit die
                 scenario hierbo aan te haal.
                 Gebruik die tabel hieronder om hierdie vraag te beantwoord.

                     Uitdagings van die mikro-    Motivering
                     omgewing
                     (a)
                     (b)
                     (c)                                                             (9)

        2.2.3    Gee raad aan HMV oor die funksies van vakbonde.                     (6)

 2.3    Verduidelik die verskil tussen stakings en sloerstakings.                    (4)

 2.4    Beskryf die volgende maniere waarop besighede by die uitdagings in die
        makro-omgewing kan aanpas:

        2.4.1    Inligtingsbestuur                                                   (4)

        2.4.2    Organisasie-ontwerp en aanpasbaarheid                               (4)

 2.5    Bespreek die maniere waarop besighede magsverhoudings kan vorm.              (6)

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2018)

 2.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MAAK DIT REG (MDR)

       Me. Makatesi is die eienaar van Maak Dit Reg (MDR) ŉ winkel wat
       televisies herstel. Me. Makatesi sukkel met ŉ ongelukkige werksmag wat
       gereeld dreig om te staak. Haar besigheid word ook geraak deur ŉ hoë
       koers van armoede, werkloosheid, misdaad en MIV/Vigs.

       2.6.1    Identifiseer DRIE sosio-ekonomiese kwessies uit die bostaande
                scenario.                                                         (3)

       2.6.2    Verduidelik die impak van misdaad op MDR.                         (6)

       2.6.3    Stel maniere voor waarop MDR MIV/Vigs kan aanspreek.              (6)

 2.7   Bespreek die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) 1995 (Wet
       66 van 1995).                                                               (6)
                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  BESIGHEIDSTUDIES                                       9

 VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 3.1 Noem      DRIE    sleutel/deurslaggewende           suksesfaktore     vir    ŉ
     besigheidsgeleentheid.                                                             (3)

 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           NDODA SE HUISWERKSENTRUM

       Mev. Ndoda het vir baie jare as ŉ onderwyser gewerk en het besef dat baie
       kinders sukkel om hul huiswerk te voltooi. Sy het ŉ berekende risiko geneem
       deur uit haar onderwyspos te bedank en haar eie huiswerksentrum oop te
       maak om ouers en kinders te help om daagliks hulle huiswerk te doen.

       3.2.1     Haal aan uit die scenario waarom mev. Ndoda as ŉ entrepreneur
                 geklassifiseer kan word.                                               (1)

       3.2.2     Noem VIER ander eienskappe van ŉ entrepreneur.                         (4)

 3.3 Omskryf in breë trekke VIER faktore wat in ag geneem moet word voordat ŉ
     besigheid begin word.                                                              (8)

 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             JABU TREK STYL AAN (JTSA)

       Jabu het ŉ goeie besigheidsidee om aandrokke op bestelling te ontwerp en
       te maak. Sy het ŉ klein lening van haar plaaslike bank ontvang, nadat sy ŉ
       besigheidsplan saam met haar aansoek om ŉ lening ingehandig het. Sy is
       desperaat om befondsing te bekom om haar besigheid te begin en het geen
       kennis oor hoe om haar besigheidsplan in ŉ aksieplan te omskep nie.

       3.4.1     Brei uit oor die betekenis van ŉ aksieplan.                            (4)

       3.4.2     Verduidelik aan Jabu die belangrikheid van ŉ aksieplan.                (8)

       3.4.3     Beveel VIER ander bronne van finansiering aan wat Jabu kan
                 gebruik.                                                               (8)

 3.5 Onderskei tussen ŉ privaatmaatskappy en ŉ publieke/openbare
     maatskappy.                                                                       (12)

 3.6 Bespreek die voordele van die stigting van ŉ maatskappy teenoor ander
     ondernemingsvorme.                                                                 (8)

 3.7 Stel TWEE redes voor waarom ŉ entrepreneur kan besluit om ŉ bestaande
     besigheid te koop.                                                                 (4)
                                                                                       [60]

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  BESIGHEIDSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
 4.1 Noem VIER stadiums van spanontwikkeling.                                              (4)

 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Sesethu is ŉ projekbestuurder vir ŉ konstruksie-maatskappy. Haar werkers is
      nie tevrede met die tekort aan hulpbronne nie. Meeste van die werkers is
      gefrustreerd met die swak kommunikasie en aanhoudende veranderings. Die
      bestuur stel voor dat hulle hul werkplekforum gebruik om hul konflik op te los.

      4.2.1    Identifiseer DRIE oorsake van konflik uit bostaande scenario.               (3)

      4.2.2    Gee raad aan Sesethu oor die funksies van werkplekforums om
               konflik op te los.                                                          (8)

 4.3 Beskryf die hedendaagse konflikbestuurteorie. (‘contemporary conflict
     management theory’)                                                                   (6)

 4.4 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg.

      Die veranderde omgewings waarin besighede bedryf word, word toenemend
      stresvol. Besighede moet krisisverwante kwessies hanteer.

      4.4.1    Brei uit oor die betekenis van stres en krisisse.                           (4)

      4.4.2    Beskryf in hooftrekke         die   oorsake     van   stres     in   die
               besigheidsomgewing.                                                         (6)

      4.4.3    Beveel maniere aan waarop besighede besigheids-verwante
               krisisse kan aanspreek/hanteer.                                             (6)

 4.5 Verduidelik die regte-gebaseerde benadering as een van die teorieë van
     etiek.                                                                                (8)

 4.6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg

                           OOS-KAAPSE HARDEWARE (OH)
      Oos-Kaapse Hardeware staan mishandelde vroue en kinders in landelike
      gebiede direk by. Hulle bied groepsberading, regsadvies en entrepreneurs-
      programme aan mishandelde vroue en kinders.

      4.6.1    Identifiseer DRIE maniere waarop Oos-Kaapse Hardeware vroue en
               kinders bystaan.                                                            (3)

      4.6.2    Omskryf    in    breë trekke   VIER            burgerskapsrolle      en
               verantwoordelikhede wat Oos-Kaapse              Hardeware in         die
               besigheidsomgewing moet nakom.                                              (4)

      4.6.3    Verduidelik die rol wat Oos-Kaapse Hardeware kan speel in die
               sosiale en ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe.                       (8)
                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 BESIGHEIDSTUDIES                                       11

 VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 5.1 Noem VIER aspekte wat in ‘n indiensnemingskontrak ingesluit moet word.               (4)

 5.2 Verduidelik die doel van induksie.                                                   (8)

 5.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg

                                 HOOP ARGITEKTE (HA)

       Hoop Argitekte het ‘n pos vir ‘n ontvangsdame in die plaaslike koerant
       geadverteer.

       5.3.1    Noem die tipe werwing wat HA gebruik het om ‘n geskikte kandidaat
                vir ‘n vakante pos te kry. Motiveer jou antwoord.                         (3)

       5.3.2    Bespreek die rol van die applikant gedurende die onderhoud.               (8)

       5.3.3    Beveel die prosedure aan wat HA moet volg om die nuwe werknemer
                te plaas.                                                                 (6)

 5.4 Omskryf in breë trekke VIER aspekte wat in ag geneem moet word gedurende
     produksiebeplanning.                                                                 (4)

 5.5 Bespreek die kenmerke van massaproduksie.                                            (8)

 5.6 Stel maniere voor hoe besighede aan die Wet op Beroepsgesondheid en
     Veiligheid kan voldoen.                                                              (6)

 5.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

                               TOP KLEDING BPK. (TKB)

       Top Kleding Bpk vervaardig aktiewe drag. Hulle wil hul verkope verhoog. Hulle
       oorweeg ‘n gesamentlike promosie met Elite Aktief, ‘n plaaslike
       fiksheidsentrum.

       5.7.1    Noem die komponent van bemarking wat Top Kleding Bpk. oorweeg.
                Motiveer jou antwoord deur aan te haal vanuit bostaande scenario.         (3)

       5.7.2    Verduidelik die doel van die bemarkingskomponent, geïdentifiseer in
                VRAAG 5.7.1, om verkope te verhoog.                                       (4)

 5.8 Bespreek die voordele van elektroniese bemarking.                                   (6)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 6.1 Identifiseer die tipe etiese wangedrag in ELKEEN van die volgende
     gevalle:

      6.1.1    Jane bied Sipho ŉ verhoging aan as hy ŉ verhouding met haar sal
               aanknoop.

      6.1.2    Justin aanvaar omkoopgeld om seker te maak dat Delta Bpk. se
               tenderaansoek suksesvol sal wees.

      6.1.3    Die HUB van Sakke Bpk. verkwis die maatskappy se geld deur vir
               sy persoonlike uitgawes te betaal.
                                                                       (3 x 2)        (6)

 6.2 Verduidelik maniere waarop die besigheid invloedwerwing kan gebruik om
     wedersydse vertroue te verkry.                                                   (6)

 6.3 Beveel maniere aan waarop die besigheid in die makro-omgewing betrokke
     kan raak.                                                                        (4)

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 6.4 Identifiseer die tipe beplanningsinstrument in ELKEEN van die volgende
     gevalle wat gebruik kan word om die besigheidsplan in ŉ aksieplan te
     omskep:

      6.4.1    Jack dui die sperdatum of datum van voltooiing vir elk van die
               korttermyndoelwitte en take op ŉ lineêre skaal aan.                    (2)

      6.4.2    Gugu gebruik ŉ staafgrafiek wat die tydsduur van elke taak teenoor
               die tydsverloop daarvan toon.                                          (2)

 6.5 Bespreek die voordele van verhuringsooreenkoms/bruikhuur.                       (10)

 BESIGHEIDSROLLE

 6.6 Onderskei tussen etiek en professionalisme.                                      (8)

 6.7 Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
     effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word.                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 BESIGHEIDSTUDIES                                       13

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 6.8    Identifiseer die prystegniek wat in ELKEEN van die volgende gevalle
        gebruik word:

        6.8.1    Krag (Edms.) Bpk. verkoop hulle herlaaibare gloeilampe teen R10
                 met die doel om ŉ nuwe mark te betree.

        6.8.2    Sport Beurt het ŉ einde-van-die reeks uitverkoping deur ŉ ‘koop-
                 een-kry-een-verniet’-uitverkoping.

        6.8.3    Coffee Beans verlaag hulle verkoopsprys sodat dit laer is as Mega
                 Coffee.                                                                (6)

 6.9    Brei uit oor die betekenis van gelykbreekpunt.                                  (2)

 6.10   Verduidelik redes waarom vervaardigers kan verkies om van direkte
        verspreiding gebruik te maak.                                                   (4)

 6.11   Onderskei tussen stukwerk- en die tydverwante salarisvasstellingsmetode.        (4)
                                                                                       [60]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           180

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING C

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
          antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
          byvoorbeeld VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ NUWE
          bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 Besighede word blootgestel aan uitdagings in al drie omgewings. Die sukses van
 besighede lê daarin om te kan aanpas by die uitdagings in die markomgewing
 deur hulself van hul mededingers te kan onderskei en om ŉ sterk verhouding met
 verskaffers te ontwikkel.

 Met verwysing na die stelling hierbo, beantwoord die volgende vrae:

    Verduidelik die komponente van die markomgewing.
    Bespreek VIER uitdagings van die markomgewing.
    Beskryf maniere waarop ŉ besigheid homself van sy mededingers kan
     onderskei.
    Stel maniere voor waarop besighede ŉ sterk verhouding met verskaffers kan
     ontwikkel.                                                                     [40]

 VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

                            DROOM MOTORS BPK

 Mnr. Luke is die verkoopsbestuurder van Droom Motors Bpk. Hy moet ŉ
 aanbieding oor die nuutste produkreeks aan voornemende kopers doen. Hy wil
 gebruik maak van visuele hulpmiddels tydens sy aanbieding. Die
 bemarkingsbestuurder stel voor dat hy ŉ strooibiljet ontwerp en ŉ skriftelike
 verslag saamstel om sy aanbieding te ondersteun.

 Mnr. Luke het besonderhede van die volgende aspekte nodig, dus vereis hy dat
 jy die volgende moet doen:

  Omskryf in breë trekke VIER verskillende tipes visuele hulpmiddels.
  Verduidelik faktore wat oorweeg moet word wanneer ŉ strooibiljet ontwerp
   word.
  Bespreek die stappe in verslagskrywing.
  Stel maniere voor waarop mnr. Luke op ŉ professionele manier op
   terugvoering kan reageer.                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                BESIGHEIDSTUDIES                                      15

 VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE

                        UITSTEKENDE SUPERMARK (US)

 Die bestuur van Uitstekende Supermark wil die kwaliteit van hul dienste verbeter
 as gevolg van verskeie klagtes van hul verbruikers. Hulle het hul werknemers
 versoek om nuwe, kreatiewe idees te genereer oor hoe om hul dienste te verbeter
 om hul verbruikers se behoeftes te bevredig.

 Verwys na bostaande scenario en skryf ŉ opstel waarin jy die volgende aspekte
 insluit:

  Brei uit oor die betekenis van probleemoplossing.
  Onderskei tussen roetine denke en kreatiewe denke.
  Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die oplos van Uitstekende
   Supermark se probleem.
  Stel voor hoe Uitstekende Supermark die Delphi-tegniek en Kragveldanalise kan
   toepas om hulle besigheidsprobleem op te los.                                       [40]

 VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

                                BONS (EDMS) BPK

 Bons (Edms.) Bpk. vervaardig verskillende tipes sportballe. Hulle ontwerp op die
 oomblik ŉ nuwe bal, wat in staat sal wees om opgeplaas en afgeblaas te word tot
 verskillende groottes sodat dit vir verskillende sportsoorte gebruik kan word.

 Verwys na bostaande scenario en skryf ŉ opstel waarin jy die volgende aspekte
 insluit:

       Omskryf in breë trekke die komponente van die produkbeleid wat deur Bons
        (Edms.) Bpk. gebruik kan word.
       Verduidelik die stappe wat Bons (Edms.) Bpk. in die ontwerp van hierdie bal
        moet toepas.
       Bespreek die vereistes van goeie verpakking vir hulle finale produk.
       Beskryf die belangrikheid van ŉ handelsmerk vir Bons (Edms.) Bpk.              [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            80
                                                               GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [BSTD GR11 QP AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-afr-nov2018-d/150857ee-3d09-4817-adbd-d2f320424d1d) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BSTD GR11 QP ENG NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-eng-nov2018-d/88d7b7ca-3d2e-4dcd-8b17-2422d573df8d) — Business Studies · QP · 2018 · Eng
- [BSTD GR11 QP ENG NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-eng-nov2018/5871edec-978d-4ccf-8278-448ae80d213b) — Business Studies · QP · 2018 · Eng
- [BSTD GR11 MEMO ENG NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-memo-eng-nov2018/ad4cd946-ab18-48f2-a0b4-3d5de0705441) — Business Studies · Memo · 2018 · Eng
- [BSTD GR 11 MEMO AFR NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-memo-afr-nov2018/0d14ced7-09a4-4305-b530-a50e366ff495) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Business Studies GR 11 Paper](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-paper/6fee9abd-5b15-4289-bb3e-c91a1d68467a) — Business Studies · QP · 2018

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
