# Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP

> Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-afr/55376153-6aee-49f5-86d5-6ddfc1a2f736
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-qp-afr/55376153-6aee-49f5-86d5-6ddfc1a2f736)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                     NOVEMBER 2013

                  BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES                         (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en alle onderwerpe.

      AFDELING A: Verpligtend

      AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE vrae uit die vyf
                  vrae.

      AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE uit die vier
                  vrae.

2.    Neem die tydtoekenning van elke vraag in ag wanneer die vraag beantwoord
      word.

3.    Lees die instruksies van elke vraag deeglik en beantwoord net wat gevra word.

4.    Nommer die antwoorde korrek en in ooreenstemming met die
      nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.

5.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
      beantwoord word.

6.    Gebruik die puntetoekenning en die aard van elke vraag om die lengte van die
      antwoord vas te stel.

7.    Begin elke antwoord van ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, byvoorbeeld; VRAAG
      2, VRAAG 3 – Nuwe bladsy, ens.

8.    Gebruik die tabel hieronder as gids vir punte- en tydtoekenning wanneer ŉ
      vraag beantwoord word.

                  AFDELING                    VRAAG        PUNTE           TYD
       A. Meervoudigekeuse-vrae, kies           1            40         30 MINUTE
          die korrekte antwoord tussen
          hakies, pas-items
          (VERPLIGTEND)
       B. VYF vrae: Beantwoord enige             2            60         30 MINUTE
          DRIE                                   3            60         30 MINUTE
                                                 4            60         30 MINUTE
                                                 5            60         30 MINUTE
                                                 6            60         30 MINUTE
       C. OPSTELTIPE-vrae:                       7            40         30 MINUTE
          Beantwoord enige TWEE                  8            40         30 MINUTE
                                                 9            40         30 MINUTE
                                                             300        180 MINUTE

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                          BESIGHEIDSTUDIES                                         3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Kies die korrekte antwoord van die gegewe opsies. Skryf net die letter (A–D)
     langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die antwoordeboek, byvoorbeeld
     1.1.11 C.

       1.1.1      Hierdie is die manier hoe mense in ŉ groep saamwerk wanneer hulle ŉ
                  algemene doel wil bereik:

                  A       Konflik
                  B       Span-dinamika
                  C       Direkte distribusie
                  D       Mark-segmentasie

       1.1.2      Hierdie verwys na berging ŉ produk vanaf die tyd dat dit klaar is tot die tyd
                  dat dit aan die klant verkoop word:

                  A       Berging
                  B       Mededinging
                  C       Ligging
                  D       Mark

       1.1.3      Dit beteken dat ŉ persoon verantwoordelik is vir die bedrag geld wat hy/sy
                  in die besigheid stort:

                  A       Registreer van maatskappye
                  B       Vennootskapsooreenkoms
                  C       Onbeperkte aanspreeklikheid
                  D       Beperkte aanspreeklikheid

       1.1.4      Hierdie is die breë, eksterne, sosiale, politieke en ekonomiese konteks
                  waarin die besigheid sake doen:

                  A       Mikro
                  B       Mark
                  C       Makro
                  D       Beide A en B

       1.1.5      Dit is ŉ kollektiewe, georganiseerde ophou van werk deur werknemers om
                  werkgewers te dwing om hul vraagstukke te aanvaar.

                  A       Roofkopiëring
                  B       Storting
                  C       Staking
                  D       Ekonomiese misdaad

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  BESIGHEIDSTUDIES                         (NOVEMBER 2013)

     1.1.6   Is ŉ vorm van wetlike beskerming en wat ŉ persoon verhoed om ŉ ander
             persoon se kreatiewe werke sonder toestemming te gebruik:

             A       Industriële verhoudinge
             B       Kopiereg
             C       Patente-reg
             D       Hulpbron-uitbuiting

     1.1.7   Hierdie beteken onderhandelings tussen bestuur en vakbonde om ŉ
             kollektiewe ooreenkoms te bereik aangaande vergoeding en
             werksomstandighede in die werkplek:

             A       Kollektiewe bedinging
             B       Arbeidsverhoudingswet
             C       KKBA
             D       Basiese Diensvoorwaardeswet

     1.1.8   Die stadium in spanontwikkeling waar spanwerk effektief as ŉ span
             saamwerk as ŉ eenheid:

             A       Vorming
             B       Storming
             C       Norming
             D       Performing

     1.1.9   Hierdie is ŉ metode waar ŉ besigheid kan betaal vir die gebruik vir ŉ bate
             in plaas daarvan om dit self te koop:

             A       Uitkontraktering
             B       Bruikhuur
             C       Tantieme (Royalty)
             D       Straatverkoper

    1.1.10   Hierdie is ŉ besondere teken, handelsnaam of merkteken wat ŉ persoon,
             maatskappy of produk identifiseer:

             A       Verpakking
             B       Winsdeling
             C       Handelsmerk
             D       Wetlike beperkinge                                        (10 x 2)       (20)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                         BESIGHEIDSTUDIES                                         5

 1.2 Kies die korrekte woord(e) van die woord(e) gegee in hakies. Skryf slegs die
     korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die antwoordeboek
     neer.

       1.2.1      (Kwaliteitsirkel/Kwaliteitsversekering) is ŉ groep werknemers wat in
                  verskillende departemente werk, maar wat direk of indirek met dieselfde
                  produk of diens werk.

       1.2.2      (Hiperinflasie/Inflasie) word gedefinieer as ŉ volhoubare en merkbare
                  verhoging in die prys van goedere en dienste.

       1.2.3      (Afdanking/Aflegging) gebeur wanneer die werkgewer die kontrak van die
                  werknemer beëindig as gevolg van die onbevredigende werksverrigting.

       1.2.4      (Publisiteit/Advertering) is die mees gewildste metode vir vervaardigers
                  om hul boodskap aan hul teikenmark en verbruikers oor te kan dra.

       1.2.5      Hierdie is ŉ probleemoplossingstegniek wat kreatiewe denke en kreatiewe
                  probleemoplossing deur idees te gebruik sonder kritiese besprekings:
                  (dinkskrum/delphi-tegnieke)                                      (5 x 2)           (10)

 1.3 Kies ŉ term uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die
     letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die antwoordeboek neer,
     byvoorbeeld 1.3.6 J.

                                KOLOM A                                 KOLOM B
       1.3.1      Ekstra lone bo en behalwe die gewone           A    Veranderlike koste
                  salaris en lone
       1.3.2      Korttermyn-taktieke om verkope te bevorder     B    Keuringstoetse
                  deur potensiële klante te oorreed om die
                  produk te koop
       1.3.3      Proses om ŉ nuwe personeellid aan die          C    Sosiale media
                  besigheid bekend te stel
       1.3.4      Produksie-koste wat verander afhangend         D    Oortyd
                  van die aantal eenhede wat geproduseer is
       1.3.5      Die aantal eenhede waar die besigheid sy       E    Gelykbreekpunt
                  produksiekoste dek, maar nog nie ŉ wins
                  maak nie
                                                                 F    Verkoopspromosie
                                                                 G    Tydverwante pas
                                                                 H    Induksie
                                                                 I    Verbale bemarking

                                                                                       (5 x 2)       (10)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               40

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 BESIGHEIDSTUDIES                          (NOVEMBER 2013)

AFDELING B

Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling in jou antwoordeboek.

VRAAG 2

2.1 Bespreek SES redes vir werkloosheid.                                                      (12)

2.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop volg.

     Local labels is ŉ gesonde, gevestigde besigheid. Die drie eienaars het besluit dat
     hulle die besigheidsidee of -plan aan ander geïnteresseerde potensiële eienaars
     gaan verkoop.

     2.2.1   Identifiseer en verduidelik die TWEE verskillende partye wat betrokke by
             die ooreenkoms sal wees.                                                          (6)

     2.2.2   Evalueer krities hierdie metode ten einde ŉ besigheid te bekom.                  (12)

     2.2.3   Gee ŉ uitleg van VYF aspekte wat ingesluit moet word in die
             besigheidsidee of besigheidsplan wat hulle gaan verkoop.                         (10)

2.3 ŉ Besigheid se betrokkenheid in die makro-omgewing kan voordele vir die
    besigheid inhou.

     Lys enige VYF voordele van betrokkenheid in die makro-omgewing.                          (10)

2.4 Die Arbeidsverhoudingswet beoog om ekonomiese ontwikkeling, sosiale
    regverdiging, arbeidsvrede en demokrasie in die werkplek te beskerm en te
    bevorder.

     Lys enige VYF hoofdoelwitte van arbeidsverhoudinge.                                      (10)
                                                                                              [60]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                        BESIGHEIDSTUDIES                                        7

 VRAAG 3

 3.1 Noem VYF funksies van vakbonde.                                                               (10)

 3.2 Lees die gevalle-studie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Siya en Naomi het hul eie besigheid, Dila Hoya Lodge in die begin van 2013
       begin. Hulle albei kyk uit na geleenthede wat die 2013 Rugby-wêreldbeker sal
       aanbied.

       Die volgende is ŉ opsomming van hul aktiwiteite vir Februarie 2013:
             Albei het meubels in die eerste en tweede week in Februarie gekoop.
             Vanaf die tweede tot die laaste week van die maand het Naomi eetgerei
              gekoop.
             Sy moes ook ŉ bestelling vir beddegoed en gordyne in die 3de week plaas.
             Siya het sekuriteit vir die besigheid in die laaste week van Februarie vir die
              besigheid gereël.
             Gedurende die eerste twee weke het Siya vir ŉ besigheidslisensie by die
              munisipaliteit aansoek gedoen.

       3.2.1      Teken ŉ Gantt-kaart wat die aktiwiteite van Siya en Naomi as vennote
                  illustreer.                                                                      (24)

       3.2.2      Noem VYF voordele van ŉ Gantt-kaart.                                             (10)

 3.3 Stel VYF faktore voor wat in ag geneem moet word wanneer stres in die werkplek
     bestuur word.                                                                                 (10)

 3.4 Lys enige DRIE stappe wanneer ŉ aanbieding mondelings of skriftelik voorgelê
     word.                                                                                          (6)
                                                                                                   [60]

 VRAAG 4

 4.1 Bestudeer die volgende artikel wat op 10 Desember 2012 in die Citizen
     gepubliseer was.

       “Johannesburg het aangesluit by ŉ internasionale veldtog om ŉ positiewe bydrae
       tot verandering van die aardse-omgewing te maak. Die groen landskap wat ŉ
       beeld daarstel van ŉ omgewingsgesinde hulpmiddel. Die konsep het ontstaan uit
       die eerste wêreldomgewingsaamtrek te Rio De Janeiro in 1990.”

       4.1.1      Wat word met “internasionale veldtog” bedoel?                                     (2)

       4.1.2      Dink jy dat die bogenoemde veldtog deur die stadsraad van
                  Johannesburg ŉ voorbeeld van “raak sosiaal betrokke” is? Motiveer jou
                  antwoord.                                                                         (6)

       4.1.3      Verduidelik die konsep: “organisatoriese of korporatiewe burgerskap”.             (4)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   BESIGHEIDSTUDIES                        (NOVEMBER 2013)

     4.1.4   Gee spesifieke voorbeelde van hoe besighede organisatoriese of
             korporatiewe burgerskap in die volgende area kan uitvoer:

                 Die fisiese omgewing
                 Die werkende omgewing
                 Die gemeenskap
                 Die markomgewing                                                            (16)

4.2 Identifiseer enige VYF kenmerke van ŉ goeie entrepreneur.                                 (10)

4.3 Bestudeer die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop
    volg.

     Esethu Majikijela, die finansiële Bestuurder van Khanya’s BPK het 21
     ondergeskiktes wie daagliks aan hom rapporteer. Dit is die einde van die jaar vir
     die maatskappy, maar Esethu word met moeilike dilemmas gekonfronteer. Die
     senior rekenmeester is met siekteverlof en die junior rekenmeester het bedank.
     Esethu en haar departement het ŉ belangrike sperdatum om te bereik. Derhalwe
     moet sy en haar span belangrike besluite neem om sodoende die sperdatum te
     bereik en die finansiële direkteur met die nodige inligting te voorsien en om
     betyds te rapporteer.

     4.3.1   Beskryf die probleemoplossingsproses wat Esethu moet toepas om
             sodoende haar sperdatum te bereik.                            (6 x 2)            (12)

     4.3.2   Verduidelik VYF strategieë wat Esethu kan gebruik om haar stres te kan
             bestuur.                                                                         (10)
                                                                                              [60]

VRAAG 5

5.1 Back street-fabriek het 100 sellulêre fone gedurende Augustus 2013 vervaardig.
    Hulle kostes vir die maand van Augustus 2013 was soos volg.

     Direkte arbeidskoste                                            R40 000
     Direkte materiaalkoste                                         R210 000
     Vaste oorhoofse koste                                           R10 000
     Veranderlike oorhoofse koste                                     R2 500

     Bepaal die eenheidskoste van ŉ Back street-sellulêre foon. Toon alle
     berekeninge.                                                                              (6)

5.2 Waarvoor staan die afkorting “CV”?                                                         (2)

5.3 Benoem VYF hoofpunte wat in ŉ CV ingesluit moet word.                                     (10)

5.4 “Deur te leer om in spanne te werk is een van die mees belangrikste vaardighede
    wat ŉ persoon kan bemeester. Dit is deur goeie spanwerk dat besighede sukses
    behaal.”

     Beskryf die VIER stadiums van ontwikkeling wat spanne gewoonlik deurmaak om
     sodoende sukses in die besigheid te bereik.                        4 + (4 x 4)           (20)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                        BESIGHEIDSTUDIES                                     9

 5.5 ŉ Onderhoudvoerder wat onvoorbereid is se bydrae tydens ŉ onderhoud is
     oneffektief.

       Beskryf enige VYF faktore wat in ag geneem moet word wanneer die
       onderhoudvoerder vir ŉ onderhoud voorberei.                                              (10)

 5.6                               INDIENSNEMINGSKONTRAK

       Dit is bindend deur beide partye, wat elkeen ŉ afskrif van die kontrak moet hou.
       Die doel van die kontrak van indiensneming is om duidelik oor die dienste en
       verpligtinge/verantwoordelikhede van beide werkgewer en werknemer te hê.
       Hierdie kontrak moet in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse
       Arbeidswetgewing wees.

       5.6.1      Omskryf die term: dienskontrak.                                                (2)

       5.6.2      Gee ŉ lys van die minimum inligting (VYF) wat ŉ dienskontrak moet
                  bevat.                                                                        (10)
                                                                                                [60]
 VRAAG 6

 6.1 Stel VYF soorte krisisse wat ŉ besigheid ervaar.                                           (10)

 6.2 Lys enige VYF voordele van die informele sektor.                                           (10)

 6.3 “Die King’s kode 111 was in September 2009 vrygestel wat daarna strewe om
     Suid-Afrika op die voor front van goeie bestuur te plaas.”

       Noem enige SES kenmerke van die King’s kode 111 aangaande goeie bestuur.                 (12)

 6.4 Lys enige VYF kenmerke van die volwasse stadium van ŉ produk se lewensiklus.               (10)

 6.5 Omskryf enige VIER voordele van ŉ eenmansaak/alleeneienaar.                                 (8)

 6.6 Verduidelik kortliks die voordele van uitkontraktering omdat dit oor die jare gewild
     geword het.                                                                                (10)
                                                                                                [60]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            180

 AFDELING C

 Beantwoord TWEE vrae uit hierdie afdeling.

 VRAAG 7

 Siphosihle en haar nege vriende het ŉ borgskap van Vodacom vir ŉ
 konsessie/franchise-besigheid vir mobiele sellulêre fone gekry. Sy het ŉ borgskap van
 R200 000 ontvang, en nou wil hulle ŉ besigheid met ŉ maksimum van tien lede begin.

 Adviseer Siphosihle omtrent die ondernemingsvorm wat deur een tot tien lede gevorm
 kan word. Sluit ook die kenmerke, voordele en nadele in wanneer ŉ persoon die soort
 besigheid besit.                                                                               [40]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                BESIGHEIDSTUDIES                         (NOVEMBER 2013)

VRAAG 8

Baie mense het teorieë voorgestel oor hoe om verandering te bestuur wanneer
besigheidsverwante-teorieë hanteer word. Oor die algemeen hou mense nie van
verandering nie. Dit is ŉ menslike geaardheid om verandering teen te staan. Om
verandering suksesvol te implementeer, moet bestuurders bewus wees waarom mense
verandering teenstaan. John Kotter is een van die mense wie hierdie teorieë voorgestel
het.

Identifiseer die stappe wat geneem moet word om verandering suksesvol te bestuur.
Bespreek die redes vir die teenstaan van verandering en die stadiums vir aanpassing.         [40]

VRAAG 9

Verpakking kan ŉ groot verskil maak in die verkope want unieke, kreatiewe en
promosie-verpakking trek die aandag van die verbruiker.

Gebaseer op die bogenoemde stelling, identifiseer die funksies en vereistes van
verpakking en bespreek ook die verskillende vorme/soorte verpakking.                         [40]

VRAAG 10

Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                                         Save bank
          ŉ Bank in Ugie, in die Oos-Kaap, nooi applikante vir die posisie van
                                     Bankbestuurder
                                Salaris: R250 000 p.j. (ond.)
                                 Ervaring en kwalifikasies
 Net kandidate met drie jaar ondervinding in ŉ bestuurposisie kan aansoek doen. Die
     suksesvolle kandidate moet ŉ honneursgraad in Finansiële Bestuur besit. Die
   suksesvolle kandidaat moet in staat wees om konflik te kan bestuur binne ŉ span
                             situasie om sinergie te bevorder.
      Pos of e-pos aansoeke asseblief, saam met ŉ volledige CV en die name en
telefoonnommers of twee verwysings, aan Mev. Nosipho Dlamini. Geen aansoeke wat
                             gefaks is, sal aanvaar word nie.
                                   Kontakbesonderhede
                                          Posbus 7
                                         Elliot 5460
                                  Telefoon: 089 767 6089
                                 E-pos:hr@savebank.co.za
SAVE Bank behou die reg om nie met die vul van die pos voort te gaan nie.
ŉ Aansoek in sigself is nie toelating tot ŉ onderhoud nie.

Bespreek die volgende punte wat verband hou met die gevallestudie.
 Die keuringsproses wat sal plaasvind om die mees geskikste kandidaat vir die
  vakante betrekking by SAVE bank te vind.
 Sluit die belangrikheid van spanwerk en die oorsake van konflikbestuur as vereistes
  wat benodig word om as ŉ algemene bestuurder aangestel te word.                            [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:              80
                                                                  GROOTTOTAAL:               300

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [BSTD QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/bstd-qp-eng/7f198b78-d2e9-4e58-8426-f7f7ffbad6c8) — Business Studies · QP · 2013 · Eng
- [BSTD GR11 MEMO (Eng) NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr11-memo-eng-nov2013/e5db8663-55fb-4623-b30f-331071a2409f) — Business Studies · Memo · 2013 · Eng
- [BUSINESS STUDIES QP GR11 NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-qp-gr11-nov2022-english/bbfce0f1-08cc-44e0-a58f-43f93bce977d) — Business Studies · QP · 2022 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/0fde7f10-1ecf-4183-a62b-1173e101cd03) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [AFR BSTD GR 11 P1 QP 2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-qp-2020/6aa8adc8-9cef-4679-ae34-ec033da2ba98) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [AFR BSTD GR 11 P1 QP 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-qp-2020-d/8bfdf2b2-f860-4752-b01e-f875e2aa71aa) — Business Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
