# Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr12-qp-sep2014-afr/5f87f0cf-fed8-47c9-b8cd-5b6d424095e0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr12-qp-sep2014-afr/5f87f0cf-fed8-47c9-b8cd-5b6d424095e0)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2014

                    BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                              *BUSTA*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES                            (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die onderwerpe.

       AFDELING A:      VERPLIGTEND
       AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                        Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie
                        afdeling.
       AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie
                        afdeling.

 2.    Lees die instruksies van elke vraag noukeurig deur en neem kennis van wat
       vereis word.

 3.    Nommer die antwoord volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik word.

 4.    Beantwoord al die vrae in VOLSINNE, behalwe waar spesifieke instruksies
       anders gegee word.

 5.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids in die tyd- en puntetoekenning
       wanneer die vrae beantwoord word.

                   AFDELING                 VRAAG        PUNTE             TYD
       A     Meervoudigekeuse-vrae
             Kies die korrekte woord
                                               1            40         30 minute
             Pas-items
             VERPLIGTEND
       B     Beantwoord enige DRIE van          2           60         30 minute
             die vyf vrae.                      3           60         30 minute
                                                4           60         30 minute
                                                5           60         30 minute
                                                6           60         30 minute
       C     Opsteltipe-vrae                    7           40         30 minute
             Beantwoord enige TWEE              8           40         30 minute
             van die vier vrae.                 9           40         30 minute
                                               10           40         30 minute
              TOTAAL                                       300        180 minute

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                        BESIGHEIDSTUDIES                                     3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 VIER moontlike opsies word as antwoord vir die volgende vrae gegee. Kies
     die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.

       1.1.1       Die werklike prestasie van ŉ bestuurder word vergelyk met
                   verwagte prestasie om hy/sy se salarisverhoging te doen. Hierdie
                   proses staan as … bekend.

                   A     plasing
                   B     werwing
                   C     kwaliteitwerkverrigting
                   D     menslik

       1.1.2       ŉ Voorbeeld van onprofessionele en onetiese gedrag is …

                   A     indiensneming van ongeskoolde werkers.
                   B     verhoging van pryse as gevolg van kompetisie.
                   C     vermorsing en uitbuiting van werktyd deur persoonlike dinge
                         te doen.
                   D     om aandag aan werknemers se probleme in die besigheid te
                         gee.

       1.1.3       Mahlomo koop 3 000 aandele teen R4 per aandeel. Die opbrengs
                   wat hy vanaf Telkom sal ontvang is in die vorm van …

                   A     winste.
                   B     voorkeur aandele.
                   C     rente.
                   D     dividende.

       1.1.4       … is die betalingsmetode om ŉ versekeringsmaatskappy te betaal
                   vir enige gebeurlikhede.

                   A     Afslag
                   B     Belasting
                   C     Premie
                   D     Vergoeding

       1.1.5       ŉ Hoofbestuurder gee sy toespraak aan die raad van direkteure
                   sonder om enige hulpmiddels te gebruik. Hierdie is ŉ voorbeeld
                   van ... kommunikasie.

                   A     elektroniese
                   B     nie-verbale
                   C     visuele
                   D     verbale

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES                         (SEPTEMBER 2014)

      1.1.6     Hierdie wet beskerm diensverskaffers teen geen-betaling
                verbruikers.

                A      Verbruikersbeskermingswet
                B      Nasionale Kredietwet
                C      Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging
                D      Vaardigheidsontwikkelingswet

      1.1.7     … word gebruik om ŉ dispuut tussen werkgewer en werknemer te
                help oplos en help om nader aan ŉ oplossing te kom.

                A      Arbitrasie
                B      Bemiddeling
                C      Gemenereg
                D      Konsiliasie

      1.1.8     Watter EEN is nie ŉ klousule of aanbeveling van die King Kode van
                Beste Sakepraktyk nie?

                A      Verbetering van korporatiewe bestuur
                B      Eksterne ouditering
                C      Ouditkomitees
                D      Risikobestuur

      1.1.9     Besighede moet ... om die uitdagings van veranderde tegnologie te
                kan hanteer.

                A      meer goedere vervaardig
                B      genoeg oortyd toelaat
                C      personeel gereelde indiensopleiding gee
                D      meer werkers aanstel

      1.1.10    Hierdie vorm van eienaarskap het NIE ŉ aparte wettige entiteit NIE.

                A      Eenmansaak en publieke maatskappy
                B      Beslote korporasie en vennootskap
                C      Eenmansaak en vennootskap
                D      Privaat maatskappy en beslote korporasie            (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       BESIGHEIDSTUDIES                                         5

 1.2 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die
     vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1       (Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid/Korporatiewe
                   Burgerskap) beteken dat ŉ besigheidmodel sosiaal verantwoordelik
                   en omgewingsvolhoubaar moet wees.

       1.2.2       Die (vennote/lede) is verantwoordelik vir die bestuur van die
                   korporasie.

       1.2.3       (Die Kragveld-analise/SSGB-analise) is ŉ besluitnemingstegniek wat
                   al die kragte vir, en teen ŉ spesifieke besluit ondersoek.

       1.2.4       Die doel van die (Arbeidsverhoudingswet nr. 66 van 1995/Wet op
                   Basiese Diensvoorwaardes nr. 75 van 1997) is om te verseker dat
                   werkers regverdig in die werkplek behandel word en nie deur
                   werkgewers uitgebuit word nie.

       1.2.5       ŉ Werker is geregtig op (3 maande/4 maande) kraamverlof.
                                                                                   (5 x 2) (10)

 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
     slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.

                        KOLOM A                                KOLOM B
       1.3.1       Interne werwing              A     dien as ŉ barometer van
                                                      ekonomiese aktiwiteite

       1.3.2       Indemnifikasie               B     beskryf die pligte en
                                                      verantwoordelikheid van ŉ
                                                      werknemer van ŉ spesifieke werk

       1.3.3       Johannesburg                 C     die versekeraar dek die
                   Sekuriteitebeurs                   versekerde vir gebeure wat
                                                      moontlik sal plaasvind

       1.3.4       Werksbeskrywing              D     die proses om geskikte werkers
                                                      vir bevorderingsposte in die
                                                      besigheid te identifiseer

       1.3.5       Korporatiewe Sosiale         E     die kennis, vaardighede en
                   Investering                        ervaring wat ŉ persoon nodig het
                                                      om ŉ taak uit te voer

                                                F     besigheid wat ŉ
                                                      gemeenskapsontwikkelingsprojek
                                                      borg

                                                G     die bedrag wat ŉ belegger
                                                      ontvang na gelang van die
                                                      belegging wat gemaak is
                                                                                   (5 x 2) (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     BESIGHEIDSTUDIES                             (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B
 Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae in AFDELING B. Begin ELKE vraag
 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

 2.1 2.1.1     Gee enige DRIE stadiums in die ontwikkeling van ŉ strategie. (3 x 2)                (6)

       2.1.2   Professor Michael E. Porter het die Porter Vyf Kragte-model
               ontwikkel. Noem die VYF kragte wat Porter gebruik om die makro-
               omgewing te analiseer.                                      (5 x 2)               (10)

 2.2 “Daar is geen wit persoon wat verarm word omdat BBSEB ingestel was en die
     effek wat dit het nie.”
                      [Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies – Sunday Times 20/10/2013]

       2.2.1   Waarvoor staan die letters BBSEB?                                                   (2)

       2.2.2   Lys enige DRIE pilare van BBSEB.                                                    (6)

       2.2.3   Regverdig die instelling van die BBSEB-wetgewing deur na enige
               TWEE voorbeelde te verwys.                                                          (6)

 2.3                           KAYO SKOENVERVAARDIGER
       Mathomo is ŉ plaas wat naby Berlin tot stand gekom het, wat spesialiseer in
       veeboerdery. Die plaasboer verkoop die velle van die geslagte diere aan
       Kayo-skoenevervaardiger. Kayo-skoenvervaardiger is ŉ skoenfabriek naby
       King William’s Town in die Oos-Kaap. Kayo-skoene het onlangs ŉ
       skoenwinkel in King William’s Town oopgemaak. Die skoenwinkel het
       bekendheid en gewildheid vir die gerieflike informele skoene en formele
       skoene wat hulle verkoop verwerf.
       ŉ Ander maatskappy, Smith-vervaardigers (Edms.) Bpk. verkoop ŉ wye reeks
       leer- en rubberprodukte aan Kayo en ander tekstielvervaardigers regoor die
       land.

       2.3.1   Identifiseer die sektore waaraan die verskillende besighede genoem
               in bogenoemde scenario behoort.
               Motiveer jou antwoord.                                                              (9)

       2.3.2   Verduidelik in watter mate Kayo-skoene die mikro-besigheid
               omgewing van die drie sektore wat geïdentifiseer was in
               VRAAG 2.3.1, kan beïnvloed.                                                         (9)

 2.4 Never Give up, ŉ nieregeringsorganisasie het sosiale verantwoordelikheids-
     projekte in die gebied geloods.
       Beskryf VIER voordele vir Never Give Up omdat hulle die gemeenskap se
       projekte ondersteun.                                               (4 x 2)                  (8)

 2.5 Noem enige TWEE sleutelbeginsels wat deur Regter Mervyn King in die King-
     verslag geïdentifiseer word.                                       (2 x 2)                   (4)
                                                                                                 [60]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       BESIGHEIDSTUDIES                                          7

 VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 3.1 “Leierskapstyle verwys na die manier hoe ŉ leier optree wanneer hy/sy
     leierskapstake verrig. Hierdie is die resultaat van die leier se oortuigings,
     persoonlikheid en ervaring.”

       3.1.1       Gee enige VYF verskille tussen leierskap-en bestuurrolle in
                   tabelvorm.                                                                   (10)

       3.1.2       Behoort leiers slegs een leierskapstyl toe te pas?
                   Motiveer jou antwoord.                                                        (4)

 3.2 Paul het R30 000 by ŉ finansiële instelling vir ŉ tydperk van 3 jaar belê. Die
     rente wat die finansiële instelling aanbied was 3% per jaar, saamgestelde
     rente.

       3.2.1       Deur gebruik te maak van die saamgestelde renteberekening,
                   bereken wat Paul oor ŉ drie jaar periode sal verdien. (Toon alle
                   berekeninge.)                                                                 (8)

       3.2.2       Tabuleer die verskille tussen saamgestelde rente en enkelvoudige
                   rente.                                                                        (8)

 3.3 Bespreek die impak wat die volgende faktore op die sukses en mislukkings
     van ŉ besigheid het:

       3.3.1       Kapitaal                                                                      (4)

       3.3.2       Belasting                                                                     (4)

       3.3.3       Wetgewing                                                                     (4)

 3.4 P. Paul is ŉ nuut aangestelde finansiële bestuurder wat ŉ nieverbale
     aanbieding moet doen. Help Paul deur DRIE maniere te lys om inligting aan
     te bied. Stel ook DRIE maniere voor hoe hy terugvoering kan hanteer.                       (12)

 3.5 Lys enige DRIE maniere hoe daar in aandele as ŉ vorm van belegging belê
     kan word.                                                                                   (6)
                                                                                                [60]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES                        (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

 4.1 Vergelyk die Delphi-tegniek en die Kragveldontleding-tegniek in tabelvorm,
     en noem ook voorbeelde van besigheidsprobleme wat die beste deur elkeen
     van die tegnieke opgelos kan word.                                    (8 x 2)    (16)

 4.2 Verduidelik hoe ongemagtigde gebruik van fondse en die prysverskille in
     plattelandse gebiede etiese en professionele gedrag kan beïnvloed, en stel
     ook maniere voor oor hoe hierdie onetiese gedrag deur besighede
     aangespreek kan word.                                                            (12)

 4.3 Beskryf die stappe wat ŉ bestuurder kan neem om probleme in ŉ
     besigheidsonderneming op te los.                                                 (12)

 4.4 Beskryf enige VIER kenmerke van ŉ suksesvolle span.                   (4 x 2)     (8)

 4.5 B. Pillay werk onder kwaai stres, omdat sy onmiddellike toesighouer ŉ groot
     werklading aan hom gegee het wat nie deel van sy werksbeskrywing uitmaak
     nie. B. Pillay het onmiddellik ŉ grieweprosedure aanhangig gemaak.

      Verduidelik die VIER hoofstappe wat ŉ besigheid moet volg om die grief te
      hanteer.                                                            (4 x 3)     (12)
                                                                                      [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       BESIGHEIDSTUDIES                                       9

 VRAAG 5: BESIGHEIDSOPERASIES

 5.1 Bespreek die hoofdoelwitte van die volgende wette:

       5.1.1       Die Arbeidsverhoudingswet (Wet. 66 van 1997)                              (8)

       5.1.2       Die Nasionale Kredietwet (Wet. 34 van 2005)                               (8)

 5.2 5.2.1         Verduidelik waarom ŉ dienskontrak belangrik is en noem enige VIER
                   klousules wat in ŉ dienskontrak vervat moet word.                       (10)

       5.2.2       Beskryf enige TWEE maniere hoe ŉ dienskontrak beëindig kan word.          (4)

 5.3 Bespreek risikobestuur en hoe hierdie funksie se kwaliteitwerkverrigting tot
     die sukses van die besigheid kan bydra.                                               (10)

 5.4 “James Small besit ŉ klein sakeonderneming in Oos-Londen. Hy wil graag ŉ
     kantoorassistent indiens neem wat verskaffers kan kontak, dokumente en
     lêers in orde hou en met die groter publiek kan kommunikeer. Aansoekers
     moet ervaring in Microsoft Office-kantoorpakket het en moet ook goeie
     kommunikasievermoë het. Die minimum kwalifikasie wat die aansoeker
     moet besit is ŉ graad 12-sertifikaat.”

       5.4.1       Help mnr. Small om ŉ werksontleding vir die posisie op te stel onder
                   die volgende subhoofde:

                   (a)   Pligte                                                              (2)
                   (b)   Persoonlikheidseienskappe                                           (2)

       5.4.2       Lys enige VYF stappe wat mnr. Small tydens die seleksieproses van
                   die mees geskikte kandidaat moet volg.                                  (10)

 5.5 “Dit is die plig van die werkgewer om by die Vergoedingskommesaris te
     registreer wanneer hulle hul besigheid begin.”

       Lys enige TWEE begunstigdes wat voordele uit die Wet Op
       Beroepsbeserings- en Siektes (Wet 61 van 1997) kan ontvang.                           (4)

 5.6 Omskryf die term, ‘Lopende Betaalstelsel’.                                             (2)
                                                                                           [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 BESIGHEIDSTUDIES                      (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 6: DIVERSE ONDERWERPE

 6.1 6.1.1     Vergelyk DRIE voordele en DRIE nadele van sosiale
               verantwoordelikheid vir ŉ besigheid.                                  (12)

      6.1.2    Definieer die term, korporatiewe sosiale belegging.                    (4)

 6.2 “Die Arbeidsverhoudingewet (Wet 66 van 1995) is van toepassing op alle
     besighede en maak voorsiening vir die KVBA om dispute op te los wat nie in
     die werkplek opgelos kan word nie.”

      6.2.1    Skryf die afkorting KVBA voluit.                                       (2)

      6.2.2    Noem VIER maniere hoe arbeidsdispute opgelos kan word.                 (8)

      6.2.3    Onderskei tussen bemiddeling en arbitrasie.                            (4)

 6.3 Beskryf kortliks die stappe wat die menslikehulpbronnebestuurder moet volg
     voor ŉ nuwe werker indiens geneem word.                                         (14)

 6.4 “Die JSB is ŉ aandelemark waar sekuriteite verhandel word met aandele as
     die hoofkommoditeit.”

      6.4.1    Lys enige VIER funksies van die JSB.                       (4 x 2)     (8)

      6.4.2    Tabuleer die verskille tussen voorkeuraandele en gewone aandele.
                                                                          (4 x 2)     (8)
                                                                                     [60]

                                                             TOTAAL AFDELING B:      180

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                      BESIGHEIDSTUDIES                                   11

 AFDELING C

 Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.

 LET WEL:          Begin elke vraag op ŉ skoon bladsy en nommer die vraag soos op
                   die vraestel, bv. VRAAG 11.

 VRAAG 7

 Vaardigheidsontwikkeling is van die uiterste belang om ekonomiese groei in Suid-
 Afrika te bevorder.

 Is hierdie stelling waar? Bespreek die egtheid van bogenoemde stelling deur die
 Vaardigheidsontwikkelingswet (VOW), 1998 (Wet 97 van 1998) te evalueer, deur
 te verwys na die doel van die wet, hoe dit befonds word en die oogmerke van die
 Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie.                                          [40]

 VRAAG 8

 In Suid-Afrika is daar baie besigheidspersone wat hoogs suksesvol in hul
 besigsondernemings is. Goeie bestuur en leierskap het ŉ direkte invloed op die
 suksesse van die organisasies en ondernemings.

 Kortliks onderskei tussen bestuur en leierskap en bespreek DRIE soorte bestuur-
 en leierskapstyle wat in besighede toegepas word om uitstaande sukses in ŉ
 besigheid te verseker. Gebruik voorbeelde en verduidelik hoe hierdie style
 suksesvol in die werkplek toegepas kan word.                                          [40]

 VRAAG 9

 James en John is projekbestuurders by ŉ groot tekstielvervaardiger. Onder hulle
 leiding is ŉ groep ontwerpers en kwaliteitbeheerders. Sommige kere voel dit vir
 hulle dat elkeen in die groep sy eie ding wil doen, en as gevolg van konflik in die
 span word niks uitgerig nie. Spertye moet bereik word, maar dit lyk onmoontlik
 omdat sommige werkers net moeilik is.

 Jy is ŉ professionele onderhandelaar. Bespreek die oorsake asook die soorte
 konflikte, en evalueer dan die rol van bestuur, werkplekforums, asook vakbonde
 om konflik in die werkplek te verminder.                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                BESIGHEIDSTUDIES                        (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 10

 Yellow Supermark het sekere besigheid- en bestuursfunksies wat deur
 verskillende bestuurders van verskillende departemente in die besigheid
 uitgevoer word. By die algemene jaarvergadering het mnr. M. Zonke, die
 algemene bestuurder gesê dat kwaliteitwerkverrigting binne elkeen van die
 besigheidsfunksies, tot die sukses van die besigheid kan bydra.

 Analiseer en bespreek hoe die kwaliteitwerkverrigtinge van die volgende funksies
 tot die sukses van die besigheid kan bydra:

  Bemarking
  Openbare betrekking
  Algemene bestuur
  Menslike hulpbronne
 
 Gebruik praktiese voorbeelde om jou antwoord te staaf.                               [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:           80
                                                              GROOTTOTAAL:            300

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES JUNE 2014 GRADE 12 GREY](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-june-2014-grade-12-grey/46c9927f-5f52-4df5-9c95-760d385d6932) — Business Studies · QP · 2014
- [Business Studies Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2014-afr/1791b1f1-3b20-48bc-8393-6591349def41) — Business Studies · QP · 2014 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2023-english/b6e44396-0eba-4aae-b5a3-a91c94c0effd) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-english/e01236b0-b022-4ca1-907c-563887483b75) — Business Studies · QP · 2022 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-eng-final-d/4e9c0538-8fd6-4ca0-89c3-640e69a1a87f) — Business Studies · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
