# Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the Western Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bstd-sep-2019-trial-qp-final-afr/4deeb02b-5c36-4c6a-8747-0995f2ae3305
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Western Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bstd-sep-2019-trial-qp-final-afr/4deeb02b-5c36-4c6a-8747-0995f2ae3305)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Western Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  INSERT LOGO HERE

                                        WKOD

                            NASIONALE SENIOR
                              SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                              BESIGHEIDSTUDIES

                               SEPTEMBER 2019

PUNTE: 300

TYD: 3 ure

                        Die vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai asseblief om

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             2                                   SEPT 2019

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

         AFDELING A:       VERPLIGTEND
         AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae
                           Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae
                           Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

 2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
         wat vereis word.

 3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is nie.

 4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
         van 'n antwoord te bepaal.

 6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
         elke vraag beantwoord.

                                                                              TYD
                     AFDELING                    VRAAG        PUNTE
                                                                            (minute)
          A: Objektiewe tipe vrae
                                                   1             40             30
             VERPLIGTEND

          B: VYF direkte/indirekte tipe            2             60             30
             vrae                                  3             60             30
             KEUSE                                 4             60             30
             (Beantwoord enige DRIE.)              5             60             30
                                                   6             60             30

          C: VIER opsteltipe vrae                 7              40             30
             KEUSE                                8              40             30
             (Beantwoord enige TWEE.)             9              40             30
                                                  10             40             30

                      TOTAAL                                    300            180

 7.        Begin die antwoorde op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG
           1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai asseblief om

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               3                                   SEPT 2019

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
          die antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1.1-
          1.1.10) op jou ANTWOORDBLAD neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

          1.1.1      Hierdie wet dwing die Menslike Hulpbronbestuurder om regverdige kriteria
                     te gebruik wanneer nuwe werkers aangestel word.

                     A   Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD) 1997 (Wet 75 van 1997)
                     B   Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                     C   Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998)
                     D   Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)

          1.1.2      Die funksies van SOOO’s (SETA’s) is om …

                     A   werkers op te lei.
                     B   opleiding van vaardigheidsontwikkelings-fasiliteerders.
                     C   bestuursplanne te ontwikkel.
                     D   leerderskapprogramme te registreer.

          1.1.3      Die versekeraar betaal slegs die gemiddelde tussen die werklike waarde
                     en die versekerde waarde.

                     A   Awery klousule
                     B   Oorversekering
                     C   Uiters goeie trou
                     D   Premie

          1.1.4      Hierdie ondernemingsvorm kan sy aandele verhandel op die
                     Johannesburgse Sekuriteit Beurs

                     A   Sunbird (Edms) Bpk
                     B   Boss en Dogters Prokureurs
                     C   Graaff Diamonds Bpk
                     D   Toto Motors BK

          1.1.5      Watter een van die volgende is NIE ŉ beginsel van die King-kode NIE?

                     A   Deursigtigheid
                     B   Verantwoordelikheid
                     C   Aanspreeklikheid
                     D   Winsgewendheid

          1.1.6      Die … -tegniek kan gebruik word wanneer besluite gemaak word deur
                     hardop met ‘n denkbeeldige persoon te praat.

                     A   Delphi
                     B   SCAMPER
                     C   Leë stoel
                     D   Gedwonge kombinasies
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 4                                    SEPT 2019

          1.1.7      Die vul van vakante poste in 'n besigheid met bestaande werknemers
                     staan as … bekend.
                     A   advertering
                     B   interne werwing
                     C   eksterne werwing
                     D   posspesifikasie

          1.1.8      Die … funksie verseker dat akkurate inligting vir besluitneming vir die
                     bestuur beskikbaar is.
                     A   finansiële
                     B   administratiewe
                     C   openbare-betrekkinge-
                     D   bemarkings-

          1.1.9      Joseph is pas as die instandhoudingtoesighouer by die Blue Waves Hotel
                     aangestel. Hy sal die beleids-en-prosedurehandleiding van die hotel
                     gedurende die …-program ontvang.
                     A   plasings
                     B   induksies
                     C   werwings
                     D   siftings

          1.1.10     Gehaltesirkels is gewoonlik deel van die TGB('TQM')-element van …
                     A   deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
                     B   topbestuurbetrokkenheid.
                     C   spanwerk.
                     D   monitering en evaluering van gehalteprosesse.
                                                                                                     (20)

 1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys te gebruik. Skryf slegs die
          woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) op jou ANTWOORDBLAD neer.

          kreatiewe denke; byvoordele; primêre; RSA Kleinhandelspaareffekte; aandele;
           tersiêre; vaardigheidsontwikkelingsheffing; verpligtend; werkloosheidsheffing;
                                        probleemoplossing

          1.2.1      Die … sektor sluit alle industrieë wat dienste aan ander besighede en
                     verbruikers, lewer in.
          1.2.2      RNB Vervaardigers betaal 1% van hul salarisrekening oor aan die
                     SAID as ‘n … om werkers op te lei.
          1.2.3      Die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika bied … as ‘n gewaarborgde
                     beleggingsopsie.
          1.2.4      ‘n Senior bestuurder oorweeg bestaande alternatiewe en besluit op
                     die beste oplossing. Hierdie is ‘n voorbeeld van …
          1.2.5      Skaap Stertjies Dagsorgsentrum laat hul werknemers toe om hul eie
                     kleuters gratis by die sentrum in te skryf. Dis ‘n voorbeeld van ‘n …
                                                                                        (5 x 2)      (10)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               5                                 SEPT 2019

 1.3      Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
          letter (A-J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) op die ANTWOORDBLAD neer,
          byvoorbeeld, 1.3.6 K.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          1.3.1      Etiek                     A   stel besighede in staat om lenings by
                                                   beleggers te maak
          1.3.2      Bybetaling
                                               B   gedrag wat deur ‘n stel waardes, wat
          1.3.3      Frontering (‘Fronting’)       moreel aanvaarbaar is, bepaal word

          1.3.4      Skuldbriewe               C   die maandelikse bedrag deur die
                                                   versekerde betaal
          1.3.5      Gelykheid
                                               D   gee werknemers toegang tot mediese sorg

                                               E   goeie oordeel en beleefde optrede wat van
                                                   ‘n persoon verwag word

                                               F   om reg en regverdig op te tree

                                               G verteenwoordig ‘n korttermynlening aan ‘n
                                                 besigheid

                                               H   die aanstelling van swart mense in
                                                   bestuursposisies

                                               I   die bedrag geld wat deur die versekerde
                                                   betaal word wanneer die eis ingedien word

                                               J   wanvoorstelling van ‘n maatskappy se
                                                   SEB-status

                                                                                    (5 x 2) (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A: 40 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 6                                   SEPT 2019

 AFDELING B
 Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:          Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                   antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
                   VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
                   ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1      Noem VIER pilare van die Wet op Breebasis- Swart Ekonomiese
          Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003).                                             (4)

 2.2      Beskryf in breë trekke die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV),
          1995 (Wet 66 van 1995).                                                                  (8)

 2.3      Identifiseer die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
          (WBD), 1997 (Wet 75 van 1997) waaraan Dodge City Diner aan ELK van
          die volgende stellings hieronder voldoen:

          2.3.1      Werknemers word aangeraai om 'n mediese sertifikaat te verskaf
                     indien hulle vir meer as twee opeenvolgende dae van die werk
                     afwesig is.
          2.3.2      Dodge City Diner laat nie werknemers jonger as 18 toe om
                     gevaarlike pligte uit te voer nie.
          2.3.3      Dodge City Diner dwing nie hulle werknemers om meer as drie uur
                     per dag ekstra te werk nie.
          2.3.4      Daar word van werknemers vereis om voldoende kennis te gee
                     voordat hulle hul dienskontrakte kan beëindig.                                (8)

 2.4      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         MABALINGWE SAFARI WILDRESERVAAT (MSR)
          'n Werknemer van Mabalingwe Safari Wildreservaat (MSR) het sy arm
          verloor as gevolg van 'n besering wat hy opgedoen het terwyl hy aan diens
          was. Die bestuur van die wildreservaat weier om die eis by die
          Vergoedingsfonds in te dien omdat hulle nie die werknemer by die
          kommissaris van die Vergoedingsfonds geregistreer het nie.

          2.4.1       Identifiseer die Wet wat werknemers in staat stel om vir
                      werkplekbeserings te eis. Motiveer jou antwoord deur uit die
                      scenario hierbo aan te haal.                                                 (3)

          2.4.2       Bespreek die strafmaatreëls wat teen MSR ingestel kan word omdat
                      hulle nie voldoen het aan die Wet wat in VRAAG 2.4.1
                      geïdentifiseer is nie.                                                       (4)

          2.4.3       Beveel maniere aan waarop MSR kan voldoen aan die Wet genoem
                      in VRAAG 2.4.1.                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                  7                                 SEPT 2019

 2.5      Beskryf DRIE soorte diversifikasiestrategieë.                                            (9)

 2.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                RICHMOND SUIKERPRODUSENT (RSP)
          Richmond Suikerprodusent (RSP) is 'n prominente suikerprodusent in
          Kwazulu Natal. 'n Onlangse sikloon het 40% van die produsent se
          suikerrietgewasse vernietig. Produksie in die fabriek het tot stilstand gekom
          nadat toerusting gebreek het as gevolg van geen onderhoud. Die vraag na
          suikerprodukte het afgeneem aangesien hul kliënte op soek is na gesonder
          alternatiewe.

          Gebruik die tabel as ‘n riglyn om die vrae wat volg, te beantwoord:

                                             BESIGHEIDS-            MATE VAN
                     UITDAGINGS
                                             OMGEWING                BEHEER
                   (a)
                   (b)
                   (c)

          2.6.1      Haal DRIE uitdagings wat Richmond Suikerprodusent (RSP) moet
                     hanteer uit die scenario hierbo aan.                                          (3)
          2.6.2      Klassifiseer RSP se uitdagings volgens die DRIE besigheids-
                     omgewings.                                                                    (6)
          2.6.3      Noem die mate van beheer wat RSP oor ELKE besigheids-
                     omgewing in VRAAG 2.6.2 het.                                                  (3)

 2.7      Gee besighede raad oor hoe om hul strategiese bestuursproses uit te voer.                (6)
                                                                                                   [60]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 3.1      Lys enige TWEE faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggings-
          besluite geneem word.                                                                    (2)

 3.2      Evalueer die Regering/RSA-keinhandeleffekte as ‘n soort belegging.                       (8)

 3.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 CRAZY RAZOR HAARKAPPERS (CRH)
          Crazy Razor Haarknippers (CRH) spesialiseer in die nuutste haarstyle.
          Mandla is die alleeneienaar van die besigheid en is ook vir alle sakerisiko’s
          verantwoordelik.

          3.3.1          Identifiseer CRH se ondernemingsvorm. Motiveer jou antwoord
                         deur uit die scenario hierbo aan te haal.                                 (3)
          3.3.2          Verduidelik hoe verdeling van winste, wetgewing en belasting die
                         sukses en/of mislukking van die ondernemingsvorm wat in VRAAG
                         3.3.1 geïdentifiseer is, kan beïvloed.                                    (12)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 8                                   SEPT 2019

 3.4      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Leicester wil R50 000 vir twee jaar in 'n vaste deposito belê. Hy het twee
          banke genader. Oos Bank het hom 9% enkelvoudige rente per jaar aangebied
          en Wes Bank 9% saamgestelde rente per jaar.

          3.4.1      Bereken die rentebedrag wat Leicester na twee jaar sal ontvang
                     indien hy by Oos Bank belê.                                                    (3)
          3.4.2      Bereken die rentebedrag wat Leicester na twee jaar sal ontvang
                     indien hy by Wes Bank belê.                                                    (4)
          3.4.3      Beveel die beste beleggingsopsie vir Leicester aan. Motiveer jou
                     antwoord.                                                                      (3)

 3.5      Evalueer die impak van die volgende leierskapstyle:

          3.5.1      Outokratiese leierskap                                                         (4)
          3.5.2      Transaksionele leierskap                                                       (4)

 3.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            BEPLAN ‘n PIEKNIEK SPYSENIERING (BPS)

          Beplan ‘n Piekniek (BPS) is ‘n besigheid wat kosmandjies verpak en
          verkoop op bestelling. BPS is gevra om hul reeks produkte aan ‘n nuwe
          kliënt voor te lê. Gedurende die voorlegging is voorstelle van die nuwe klient
          op ‘n bord aangeteken, gestoor en per epos aan die aankoopdepartement
          van BPS gestuur.

          3.6.1      Haal bewyse uit bostaande scenario aan wat daarop dui dat BPS
                     van ‘n interaktiewe witbord/slimbord gebruik gemaak het tydens hul
                     aanbieding.                                                                    (1)
          3.6.2      Evalueer die effektiwiteit van interaktiewe witborde/slimborde as 'n
                     visuele hulpmiddel.                                                            (8)
          3.6.3      Gee advies aan ŉ aanbieder oor aspekte wat hy/sy in ag moet neem
                     tydens ŉ aanbieding.                                                           (8)
                                                                                                    [60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

 4.1       Omskryf in breë trekke enige DRIE ekonomiese regte van werknemers.                       (3)

 4.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           LUSH KOSMETIESE VERVAARDIGERS (LKV)
           Charney, is die bestuurder van Lush Kosmetiese Vervaardigers (LKV). Sy
           wil ŉ intieme verhouding met Ben hê in ruil vir bevordering. Charney
           gebruik ook die besigheid se petrolkaart vir persoonlike ritte. Charney se
           senior bestuurder het ook opgemerk dat sy gereeld op Vrydae afwesig is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               9                                   SEPT 2019

           Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord.

           ONETIESE PRAKTYK                    TIPE                AANBEVELING
                 4.2.1                         4.2.2                   4.2.3

           4.2.1     Haal DRIE onetiese praktyke uit die bostaande scenario aan.                 (3)
           4.2.2     Identifiseer die tipe onetiese besigheidspraktyk vir ELKEEN soos
                     uitgewys in VRAAG 4.2.1.                                                    (6)
           4.2.3     Beveel EEN strategie aan hoe LKV die onetiese praktyk in
                     VRAAG 4.2.2 kan hanteer.                                                    (6)

 4.3       Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike investering (KMI) op
           besighede.                                                                            (8)

 4.4       Verduidelik enige DRIE stadia van spanontwikkeling.                                   (9)

 4.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 MOVIE BUSTERS KLUB (MBK)

           Movie Block Busters (MBK) ervaar 'n afname in verkope en 'n verlies aan
           winste. Bestuur het kundiges versoek om maniere voor te stel om hulle
           besigheidsprobleme op te los. Werknemers word ook aangemoedig om
           kreatiewe denkvaardighede te gebruik om nuwe idees te ontwikkel om
           verkope te laat toeneem.

           4.5.1     Noem die probleemoplossingstegniek wat deur MBK gebruik word.
                     Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.             (3)
           4.5.2     Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek
                     geïdentifiseer in VRAAG 4.5.1.                                              (8)
           4.5.3     Gee aan die bestuur van MBK raad oor maniere waarop hulle 'n
                     omgewing in die werksplek kan skep wat kreatiewe denke
                     stimuleer.                                                                  (6)

 4.6       Brei uit oor die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.             (8)

                                                                                                 [60]
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 5.1       Identifiseer VIER aspekte wat by 'n induksieprogram ingesluit moet word.              (4)

 5.2       Bespreek die rol van die onderhoudvoerder en die kandidaat gedurende die
           onderhoud.                                                                            (4)

 5.3       Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie.                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               10                                    SEPT 2019

 5.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  MONDI PAPIER DEPOT (MPD)
           Mondi Papier Depot (MPD) het 'n vakante pos op die onderneming se
           sosiale mediablad geadverteer. Baie applikante het hulle aansoeke
           ingedien. MPD het voorlopige onderhoude gevoer om geskikte kandidate te
           kies en het 'n kortlys van drie kandidate saamgestel. 'n Geskrewe aanbod
           is aan die beste kandidaat gemaak.

           5.4.1     Identifiseer die tipe werwing wat deur MPD gebruik is. Motiveer jou
                     antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                             (3)
           5.4.2     Haal die keuringsprosedure/stappe wat MPD gevolg het uit die
                     scenario hierbo aan.                                                           (3)
           5.4.3     Gee die bestuur van MPD raad oor enige ander keuringsprosedure/
                     -stappe wat hulle in ag kan neem.                                              (8)

 5.5       Identifiseer die besigheidsfunksie wat in elk van die volgende stellings
           verantwoordelik is vir die verbetering van die kwaliteit van prestasie:

           5.5.1     Die bestuur van Hoera Speelgoedwinkel gebruik verouderde
                     inligting om strategiese besluite te neem.

           5.5.2     Spike Skoenfabriek koop grondstowwe by Suede Verskaffers wat
                     nie betyds aflewer nie.

           5.5.3     Foodie Spyseniers sukkel om hul debiteure in te vorder.

           5.5.4     Supa Savers verloor van hul klante omdat hulle nie ‘n
                     lojaliteitsprogram bied waarmee hul klante afslag kan verdien nie.             (8)

 5.6       Verduidelik die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                      (8)

 5.7       Gee aan besighede raad oor die rol van gehaltesirkels om sodoende die
           gehalte van hul produkte en dienste te verbeter.                                         (6)

 5.8       Verduidelik hoe totale gehaltebestuur (TGB/TQM) ‘n impak op die
           vermindering van die koste van gehalte kan hê.                                           (8)

                                                                                                    [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              11                                  SEPT 2019

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 6.1      Noem DRIE defensiewe strategieë.                                                       (3)

 6.2      Identifiseer die nywerheidsanalise-instrument wat deur besighede
          aangewend kan word tydens ‘n omgewingsanalise vir elk van die volgende
          uitdagings:

          6.2.1    Werkers wat gereeld afwesig is.
          6.2.2    Die besigheid is geleë in ‘n area met ‘n hoë misdaadsyfer.
          6.2.3    ‘n Onderneming wat soorgelyke produkte in die area verkoop, het
                   gesluit.                                                                      (6)

 6.3      Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë.                                    (6)

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 6.4      Vergelyk leierskap met bestuur.                                                        (8)

 6.5      Verduidelik enige DRIE faktore wat ‘n aanbieder in ag moet neem tydens die
          voorbereiding van die voorlegging.                                                     (6)

 BESIGHEIDSROLLE

 6.6      Noem enige VIER probleemoplossingstappe.                                               (4)

 6.7      Beskryf in breë trekke DRIE verantwoordelikhede van werknemers om die
          werksomgewing te beskerm.                                                              (6)

 6.8      Stel EEN strategie voor om ELK van die volgende moeilike persoonlikhede
          te hanteer:

          6.8.1      Klaer                                                                       (2)

          6.8.2      Aggressiewe persoon                                                         (2)

          6.8.3      Stil persoon                                                                (2)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 6.9      Gee DRIE redes vir die beëindiging van ‘n dienskontrak.                                (3)

 6.10     Bespreek die implikasie van die Vaardigheidsontwikkelingswet op die                    (6)
          menslike hulpbronfunksie.

 6.11     Verduidelik die voordele van ‘n goeie gehaltebeheerstelsel.                            (6)

                                                                                                 [60]
                                                                TOTAAL AFDELING B:               180

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            12                                     SEPT 2019

 AFDELING C

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 NOTA: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
       antwoord op ELKE vraag moet bo-aan ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
       VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (ONLANGSE WETGEWING)

 Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1997 (Wet
 61 van 1997) erken dat sekere beroepe gevaarlik is en werkers aan gesondheidsrisiko's
 blootstel. Daar is dus koste-implikasies vir beide werkgewers en werknemers wanneer
 werkplekverwante ongelukke of siektes plaasvind.

 Met verwysing na die stelling hierbo:
 • Bespreek die aard van 'COIDA'.
 • Verduidelik die regte van werknemers soos dit in die Wet uiteengesit is.
 • Omskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend beskou kan word.
 • Analiseer die impak van hierdie Wet op besighede.
 • Beveel maniere aan waarop besighede aan 'COIDA' kan voldoen.                                   [40]

 VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME & LEIERSKAP)

                             OTWA TUINDIENSTE (OTD)

 Otwa besit Otwa Tuindienste BK. Hy het gehoor dat die Wet op Beslote Korporasies
 en die Maatskappyewet verander is en dat beide ‘n invloed op sy besigheid het. Otwa
 het na sy prokureursvriend, James, gegaan en hom vir raad oor die veranderinge van
 hierdie wette gevra. James het ‘n omsendbrief van Cox Yeats Prokureurs in Junie
 2011 gedruk waarin die volgende geskryf is:
 “Die Nuwe Maatskappyewet het nie die Wet op Beslote Korporasies No 69 van 1984
 vervang nie, en dit het ook nie van beslote korporasies ontslae geraak nie. Dit sal
 egter:
 • uiteindelik lei tot die uitfasering van beslote korporasies;
 • voorsiening maak vir die omskakeling van beslote korporasies in maatskappye; en
 • die Wet op Beslote Korporasies verander sodat sekere bepalings in die Nuwe
     Maatskappyewet beslote korporasies en maatskappye reguleer.”
 Otwa het jou vir raad gevra oor watter maatskappy sy besigheid die beste sal pas.
                                      https://www.coxyeats.co.za>Omsendbrief 2 van Junie 2011

 Met verwysing na die scenario hierbo, skryf ‘n opstel waarin jy die volgende aspekte
 aanraak:
 • Vergelyk ‘n beslote korporasie met ‘n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
   sodat die verskille duidelik is.
 • Bespreek hoe bestuur, belasting, wetgewing en kapitaal tot die sukses en/of
   mislukking van ‘n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy kan bydra.
 • Regverdig/Motiveer hoekom Otwa na ‘n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
   moet verander.
 • Bespreek die rol van Otwa se persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap.               [40]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             13                                  SEPT 2019

 VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (DIVERSITEIT EN KONFLIKBESTUUR)

 Besighede neem mense in diens wat dinge verskillend doen, wat tot konflik kan lei. Dit
 is belangrik dat besighede diversiteitskwessies identifiseer en maniere vind om dit op te
 los. Besighede moet deeglik ingelig wees oor konflikhantering by die werkplek.

 Skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

 • Bespreek die voordele van 'n diverse arbeidsmag.
 • Stel maniere voor waarop besighede taal en ouderdom as diversiteitskwessies by
   die werkplek kan aanraak.
 • Verduidelik die oorsake van konflik by die werkplek.
 • Gee aan besighede raad oor hoe hulle konflik by die werkplek moet hanteer.                   [40]

 VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE EN
 GEHALTEPRESTASIE)

                           SUIDER SEE SWEMDRAG (SSS)
 Suider See Swemdrag (SSS) ontwerp en vervaardig swembroeke om swemmers te
 ondersteun met swemkompetisies. By die aanstelling van nuwe personeellede sorg
 SSS dat die werwingsprosedure goed gestruktureer is en dat hul aanloklike byvoordele
 vir hul werknemers bied. SSS verstaan dat alle swemmers gedrewe is om te wen en
 daarom verbeter SSS hul prosesse en stelsels voortdurend. Die vervaardiging van hoë
 gehalte swemdrag is hul hoofdoel.

 Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor menslike hulpbronne en
 gehalteprestasie oor die volgende aspekte:

 • Beskryf in breë trekke die werwingsprosedure.
 • Verduidelik die impak van byvoordele op besighede.
 • Bespreek die impak van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels op groot
   besighede.
 • Gee die produksiebestuurder raad oor die gehalteaanwysers van die
   produksiefunksie.                                                                            [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             80
                                                                     GROOTTOTAAL:               300

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai asseblief om

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-english-final/f1b22b1d-4898-4983-9fb3-966c9e21d65e) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Business Studies (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/f1d89609-1512-40e6-af1e-b2ab02f94182) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [2019 KZN Prelim QP](https://www.hlayiso.com/library/2019-kzn-prelim-qp/e2378b69-eb2d-40c8-bfc1-a14132e2eab9) — Business Studies · QP · 2019
- [BSTD SEP 2020 TRIAL QP 1 FINAL AFR](https://www.hlayiso.com/library/bstd-sep-2020-trial-qp-1-final-afr/3259091b-9d9f-495f-9680-916ae43e71c6) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2019-afrikaans-final/4e150678-ce65-4ac4-b3ad-3aa0d78f5810) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
