# Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP

> Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/19a9bef4-9932-4c99-b238-9d7931496d7e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/19a9bef4-9932-4c99-b238-9d7931496d7e)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2017

                     BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

      AFDELING A:       VERPLIGTEND
      AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae.
                        Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

 2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
      wat vereis word.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
      genommer is nie.

 4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
      wees.

 5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
      van ŉ antwoord te bepaal.

 6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer
      elke vraag beantwoord word.

                    AFDELING                    VRAAG        PUNTE          TYD
      A:        Objektiewe tipe vrae
                                                      1         40       30 minute
                VERPLIGTEND
                                                      2         60       30 minute
      B:        VYF direkte/indirekte tipe            3         60       30 minute
                vrae
                                                      4         60       30 minute
                KEUSE (Beantwoord enige
                DRIE.)                                5         60       30 minute
                                                      6         60       30 minute
                                                      7         40       30 minute

      C:        VIER opsteltipe vrae KEUSE            8         40       30 minute
                (Beantwoord enige TWEE.)              9         40       30 minute
                                                      10        40       30 minute

 7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1
      – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   BESIGHEIDSTUDIES                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.

        1.1.1    Uitdaging van die makro-omgewing:

                 A     Moeilike werknemers
                 B     Gebrek aan visie en missie
                 C     Veranderinge in verbruikersgedrag
                 D     Politiese veranderinge

        1.1.2    ... lening verwys na die toestaan van klein lenings aan mense wat nie
                 krediet van banke van kry nie.

                 A     Mikro-
                 B     Mark-
                 C     Makro-
                 D     Primêre

        1.1.3    Tussengangers is in die … sektor van die ekonomie werksaam.

                 A     mark-
                 B     primêre
                 C     sekondêre
                 D     tersiêre

        1.1.4    … van besighede word dikwels gedefinieer as die bestuur van die
                 drievoudige sleutelaspekte.

                 A     Sukses
                 B     Volhoubaarheid
                 C     Winsgewendheid
                 D     Produktiwiteit

        1.1.5    ŉ Vennootskap het …

                 A     beperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.
                 B     onbeperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
                 C     beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
                 D     onbeperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.

        1.1.6    ŉ Voordeel om van eie fondse as ŉ bron van finansiering vir ŉ
                 besigheid gebruik te maak, is:

                 A     Geen rente word op die fondse betaal nie
                 B     Lae rente word op die fondse betaal
                 C     Lae rente kan onderhandel word
                 D     Geen rente word in die eerste jaar betaal nie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2017)

        1.1.7    Die …-teorie bepaal dat besigheidsprosesse verbeter moet word om
                 verandering doeltreffend te hanteer.

                 A     Kaizen-model
                 B     John Kotter se veranderingsmodel
                 C     Totale gehaltebestuur
                 D     Besigheidsproses-herontwerp

        1.1.8    Die Belbin-rolteorie is in drie kategorieë georganiseer, naamlik …

                 A     denke, aksie en koördineerder.
                 B     denke, aksie en mense.
                 C     planter, spesialis en monitor-evalueerder.
                 D     vormer, implementeerder en voltooier.

        1.1.9    Die Wet op ... stipuleer die regte van werknemers en werkgewers en
                 voorsien vir kollektiewe bedinging in die werkplek.

                 A     Basiese Diensvoorwaardes
                 B     Gelyke indiensneming
                 C     Arbeidsverhoudinge
                 D     Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes

        1.1.10   ... is die berekening om te bepaal hoeveel eenhede ŉ besigheid moet
                 verkoop voor ŉ wins gemaak word.

                 A     Wins
                 B     Totale koste
                 C     Koste per eenheid
                 D     Gelykbreekanalise                                          (10 x 2)      (20)

 1.2    Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord mag net EEN keer gebruik word.

          verkryging; afbetalingsverkoopooreenkoms; Belbin-rol; 10; aanstellingsbrief;
                   alliansie; Jungian; 8; werknemerskontrak; verbandlenings

        1.2.1    ŉ … is wanneer een besigheid ŉ ander besigheid koop.

        1.2.2    … finansier die aankoop van vaste eiendom.

        1.2.3    … se spandinamika-teorie is op vier funksionele tipes gebaseer,
                 naamlik denke, gevoel, sensasie en intuïsie.

        1.2.4    Werknemers kan slegs ŉ maksimum van ... ure per week oortyd werk.

        1.2.5    … is ŉ geskrewe aanbod van indiensneming wat aan die suksesvolle
                 kandidaat gemaak word.                                   (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    BESIGHEIDSTUDIES                                    5

 1.3    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
        letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
        neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                       KOLOM A                               KOLOM B
        1.3.1    Strategiese bondgenoot-        A    ŉ Voorbeeld van ŉ groepkonsensus
                 ooreenkoms

        1.3.2    Oortrokke                      B    ŉ Voorbeeld van magsverhoudings
                 bankrekeningfasiliteit

        1.3.3    Konflik                        C    Die toename in beweging van
                                                     mense, goedere, kapitaal en idees
                                                     oor landsgrense

        1.3.4    Globalisering                  D    Om onregverdige diskriminasie te
                                                     uit te skakel

        1.3.5    Interne werwing                E    Korttermynlening van die bank

                                                F    Om nuwe werkers buite die
                                                     besigheid te kry

                                                G    ŉ Voorbeeld van sonering

                                                H    ŉ Meningsverskil tussen mense

                                                 I   Langtermynlening van ŉ bank

                                                 J   Om werkers binne die besigheid te
                                                     kry

                                                                                 (5 x 2) (10)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  BESIGHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
         antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
         VRAAG 2 op ŉ nuwe bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessies wat van toepassing is op elk van die
    onderstaande scenario’s.
     2.1.1   ŉ Verhoging in die prys van brandstof, kunsmis en landbouprodukte.
     2.1.2   Mnr Green stuur seksuele beelde aan ŉ vroulike kollega.
     2.1.3   Slegs die eienaar van intellektuele eiendom het die reg om dit te vervaardig
             en kopieer.
     2.1.4   Soms sal ander lande hulle oortollige, goedkoop produkte na Suid-
             Afrikaanse markte bring.
     2.1.5   NUMSA geaffilieerde lede weier om te werk in ŉ poging om die werkgewers
             te dwing om aan hul eise te voldoen.                                               (10)
2.2 Omskryf in breë trekke VIER uitdagings in die mikro-omgewing.                                 (8)
2.3 Verduidelik maniere waarop besighede invloedwerwing kan gebruik om wedersydse
    vertroue te verkry.                                                           (10)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   BLUE SKY LUGREDERYE
     Blue Sky-lugrederye staar ŉ 30 persent verhoging in brandstofkoste in die gesig.
     Hulle verloor besprekings aan Cape Coast Lugrederye en hulle kontantvloei is
     krities van aard.

     2.4.1   Noem die besigheidsektor waarin Blue Sky-lugrederye bedryf word.
             Motiveer jou antwoord.                                                               (3)
     2.4.2   Klassifiseer die uitdagings van Blue Sky-lugrederye volgens die DRIE
             besigheidsomgewings. Dui die mate van beheer wat Blue Sky-lugrederye
             oor elke omgewing het. Teken die onderstaande tabel in die
             ANTWOORDEBOEK om jou antwoord aan te bied.

                       Uitdaging          Omgewing                Mate van beheer
                                          Mikro
                                          Mark
                                          Makro                                                   (9)

2.5 Verduidelik hoe besighede magsverhoudinge vorm.                                               (8)
2.6 Beskryf die impak van rowery op besighede.                                                    (6)
2.7 Stel maniere voor waarop besighede ŉ sterk verhouding met verskaffers kan
    ontwikkel.                                                                                   (6)
                                                                                                [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  BESIGHEIDSTUDIES                                       7

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1 Noem VIER eienskappe van ŉ suksesvolle entrepreneur.                                       (4)

3.2 Identifiseer die ondernemingsvorm wat in elkeen van die volgende onderstaande
    stellings van toepassing is.

     3.2.1    Die instelling fokus nie op optimale wins nie, maar verskaf ŉ diens aan sy
              lede.

     3.2.2    Al die direkteure is gesamentlik en afsonderlik saam die besigheid
              aanspreeklik vir die skuld van die besigheid.

     3.2.3    Afhanklik van skenkings en donasies van fondsinsamelings as ŉ bron van
              kapitaal.

     3.2.4    Die naam eindig op (Edms.) Bpk.

     3.2.5    Die besigheid word deur een persoon besit en het onbeperkte
              aanspreeklikheid.                                           (10)

3.3 Beskryf die volgende beplanningsmiddele was nodig is om ŉ besigheidsplan in ŉ
    aksieplan te omskep:

     3.3.1    Gantt-grafieke                                                                   (4)

     3.3.2    Tydlyne                                                                          (4)

     3.3.3    Projekbeplanning                                                                 (4)

3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MEGA HANDELAARS

     Mega Handelaars maak van strooibiljette gebruik om hulle produkte te adverteer.
     Die rede waarom Dube, die eienaar van strooibiljette gebruik maak is omdat dit
     goedkoop is en hy self die strooibiljet kan ontwerp.

     3.4.1    Haal TWEE redes uit die scenario aan vir Dube se besluit om strooibiljette
              te gebruik om Mega Handelaars se produkte te adverteer.                            (2)

     3.4.2    Noem VIER riglyne wat Dube in gedagte moet hou wanneer ŉ strooibiljet
              ontwerp word.                                                                      (8)

3.5 Verduidelik hoe om terugvoer na ŉ aanbieding in ŉ nie-aggressiewe en
    professionele manier te hanteer.                                     (10)

3.6 Bespreek die voordele van ŉ verhuringsooreenkoms/bruikhuur.                                  (6)

3.7 Stel faktore voor wat oorweeg moet word voordat ŉ besigheid begin word.                     (8)
                                                                                               [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                BESIGHEIDSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

 4.1 Noem enige VYF oorsake van konflik in die werkplek.                                          (5)

 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        FLYING HIGH

      Flying High is ŉ reisagentskap wat vervoer- en akkommodasie-besprekings vir
      internasionale sportspanne bied. Hulle bevind dat meer spanne hulle eie
      besprekings hanteer en is bekommerd dat hulle een van die dae nie meer baie
      besigheid gaan hê nie. Die bestuur van Flying High het besluit om ŉ groep
      sakekenners te versoek om vraelyste te voltooi om te help om hulle probleem op
      te los.

      4.2.1    Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Flying High gebruik is
               om hul probleem op te los. Motiveer jou antwoord.                                  (3)

      4.2.2    Verduidelik aan Flying High die voordele van die probleemoplossings-
               tegniek in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer.                                             (6)

 4.3 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                                (10)

 4.4 Onderskei tussen etiek en professionaliteit.                                                 (8)

 4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    ABSA WWK-PROJEK

      Die projek ondersteun weeskinders en weerlose kinders (WWK) in die
      Gqebera/Walmer-woongebied deur die stigting van ŉ Kinderomgee-forum. Die
      projek behels die identifisering van 80 WWK families as begunstigdes van die
      Absa program en die opleiding van 15 versorgers wat aan die huishoudings
      toegewys sal word om die vordering van die kinders te monitor.
                                                         [Bron: The Small Projects Foundation]

      4.5.1    Identifiseer DRIE maniere waarop hierdie projek direkte hulp aan wees-
               en weerlose kinders in Gqebera/Walmer-woongebied verskaf.                             (3)

      4.5.2    Gee VYF burgerskaprolle en verantwoordelikhede wat ABSA binne die
               besigheidsomgewing moet uitvoer.                                                      (5)

      4.5.3    Analiseer die rol wat ABSA kan speel in die sosiale en ekonomiese
               ontwikkeling van gemeenskappe.                                                        (4)

 4.6 Bespreek die volgende teorieë van etiek:

      4.6.1    Konsekwensieteorie                                                                    (4)

      4.6.2    Die algemene goeie benadering                                                         (4)

 4.7 Stel strategieë voor wat besighede kan gebruik om regstellende aksie te hanteer.              (8)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   BESIGHEIDSTUDIES                                         9

 VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 5.1 Lys VIER komponente van die bemarkingskommunikasiebeleid.                                    (4)

 5.2 Identifiseer die bemarkingsaktiwiteit wat van toepassing op die volgende stellings
     is:

       5.2.1    Die veilige bewaring van produkte totdat die verbruikers dit benodig

       5.2.2    Die verkryging van betroubare inligting van verbruikers aan wie die
                besigheid sy produkte verkoop

       5.2.3    Om die besigheid te dek teen verliese wat die besigheid mag lei as gevolg
                van menslike, fisiese of ekonomiese risiko’s                      (3 x 2)         (6)

 5.3 Onderskei tussen advertering en publisiteit.                                                 (8)

 5.4 Bespreek die belangrikheid van handelsmerke vir ’n besigheid.                                (8)

 5.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     RED TIN (EDMS.) BPK.

       Red Tin (Edms.) Bpk. vervaardig groot hoeveelhede identiese blikke deur van
       massaproduksie gebruik te maak. Hulle gebruik enkeldoelige masjiene. Die
       masjiene moet gebalanseer word sodat daar ŉ konstante vloei van goedere is en
       die vloeroppervlak effektief benut word.

       5.5.1    Identifiseer VIER karaktereienskappe van massaproduksie in die
                bostaande scenario.                                                               (4)

       5.5.2    Verduidelik die voordele van massaproduksie.                                      (10)

       5.5.3    Beveel voorkomende maatreëls wat Red Tin (Edms.) Bpk. ten opsigte van
                masjinerie kan gebruik.                                                           (8)

 5.6 Verduidelik die verskille tussen stukwerk- en tydverwante salarisbepalingstelsel.            (4)

 5.7 Beveel maniere waarop ŉ besigheid aan die Wet op Beroepsgesondheid en -
     veiligheid, (Wet nr. 85 van 1993) kan voldoen.                                                (8)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               BESIGHEIDSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 6: VERSKILLENDE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWING

 6.1    Identifiseer die komponent van die makro omgewing wat op elkeen van die
        volgende uitdagings van toepassing is:

        6.1.1   Nuwe tegnologie maak bestaande produkte nutteloos

        6.1.2   Invloed van hoë of lae rentekoerse

        6.1.3   Indiensnemingsbeperking

        6.1.4   Die graad van staatsinmenging in die ekonomie

        6.1.5   Die verval van morele waardes wat lei na korrupsie en ander misdade             (10)

 6.2    Stel TWEE maniere voor waarop ŉ besigheid homself van sy mededingers kan
        onderskei.                                                                              (4)

 BESIGHEIDSGELEENTHEID

 6.3    Identifiseer die visuele hulpmiddel wat van toepassing op die onderstaande
        stellings is.

        6.3.1   Word gebruik waar die inligting baie detail bevat en die aanbieder wil hê
                dat die gehoor ŉ volledige weergawe van die aanbieding het.

        6.3.2   Word gebruik om ŉ proses of prosedure te vertoon.

        6.3.3   Skyfies met inligting wat op ŉ skerm gewys word.

        6.3.4   Dit word gebruik om die hele eenheid sowel as die proporsies van sy
                komponente aan te toon.                                                         (8)

 6.4    Verduidelik bronne van finansiering vir besighede.                                      (8)

 BESIGHEIDSROLLE

 6.5    Identifiseer die spanontwikkelingstadium wat van toepassing is op elkeen van die
        stellings hieronder:

        6.5.1   Gedurende hierdie stadium ontmoet en leer ken die spanlede mekaar.

        6.5.2   Die stadium waar die ware karakter van ŉ persoon na vore kom.

        6.5.3   Spanlede is gemotiveer en werk saam.                                              (6)

 6.6    Adviseer besighede oor die rol van werkplekforums om konflik op te los.                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   BESIGHEIDSTUDIES                                    11

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 6.7    Noem VYF tipes verpakking.                                                            (5)

 6.8    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 CLEAR WATER (EDMS.) BPK.

        Clear Water (Edms.) Bpk. botteleer en versprei gebottelde water. Die totale
        koste om 10 000 bottels water te produseer is R40 000.

        Bereken die volgende:

        6.8.1    Produksiekoste per bottel                                                    (3)

        6.8.2    Verkoopprys per bottel as hulle 40% wins op die kosprys wil maak             (4)

        6.8.3    Wins as hulle al 10 000 bottels verkoop                            (4)
                                                                                   [60]
                                                                TOTAAL AFDELING B: 180

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2017)

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
         antwoord op elke vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
         VRAAG 7 op ŉ nuwe bladsy, VRAAG 8 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWING

Arbeidsverhoudinge reguleer die verhouding tussen werkgewers en werknemers.
Vakbonde bevorder arbeidsverhoudinge, maar werknemers kan industriële aksie in die
vorm van stakings en sloerstakings neem.

Met verwysing na bostaande stelling:

    Verduidelik die verskil tussen ŉ staking en ŉ sloerstaking.
    Bespreek die negatiewe impak van stakings op besighede.
    Beskryf die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
    Adviseer besighede oor die funksies van vakbonde in die bevordering van
     arbeidsverhoudinge.                                                     [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

                                  SNOWY BAKKERY

Rick en Jacob bestuur ŉ bakkery die afgelope vyf jaar. Hulle stem saam dat hulle hul
besigheid wil uitbrei. Rick het voorgestel dat hulle meer takke in ander stede moet
oopmaak. Jacob dink dit sal beter wees om hulle besigheid as ŉ konsessie (franchise) te
registreer. Hulle besluit hulle het meer inligting oor konsessies (franchises) nodig.

Snowy Bakkery het jou as onafhanklike besigheidskonsultant gevra om hulle van meer
inligting te voorsien. Jou verslag moet die volgende insluit:

    Brei uit op die betekenis van konsessie (franchise).
    Verduidelik die voor- en nadele van die konsessie (franchise).
    Bespreek die TWEE partyebetrokke by ŉ konsessie (franchise).
    Adviseer Snowy Bakkery oor die kontraktuele implikasies van ŉ konsessie
     (franchise).                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 BESIGHEIDSTUDIES                                    13

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE

Die veranderende omgewings waarin besighede sake doen is baie stresvol. Besighede
moet krisisverwante kwessies kan hanteer.

Met verwysing na die bostaande stelling:

   Brei uit oor die betekenis van stres en krisis.
   Verduidelik die effek wat stres op ŉ besigheid het.
   Bespreek VIER redes waarom daar weerstand teen verandering kan wees.
   Beveel maniere aan waarop besighede besigheidsverwante krisisse kan hanteer.            [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

Brian het onlangs van Komani Electrical bedank om by Wild Coast Electrical as
bestuurder aan te sluit. Komani Electrical moet die nuwe posisie adverteer en moet die
Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet nr. 55 van 1998) in ag neem wanneer die
nuwe aanstelling gemaak word.

Verwys na die bostaande scenario en skryf ŉ opstel wat die volgende aspekte dek:

 Omskryf in breë trekke die seleksieprosedure wat gevolg moet word om die mees
  geskikte kandidaat te identifiseer.
 Verduidelik die wettige vereistes van die indiensnemingskontrak waaroor beide
  Komani Electrical en die nuwe werknemer moet saamstem.
 Beskryf die aspekte wat in ŉ induksieprogram ingesluit moet word.
 Adviseer Komani Electrical oor hoe om aan die Wet op Gelyke indiensneming te
  voldoen wanneer nuwe aanstellings gemaak word.                                [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C: 80
                                                                  GROOTTOTAAL: 300

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUS STUDIES GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-gr11-memo-nov2017-afrikaans/6bed611b-a43c-4766-bd4c-bb9812fe2f1f) — Business Studies · Memo · 2017 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/0fde7f10-1ecf-4183-a62b-1173e101cd03) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/84d648ba-dfe3-4a69-9d00-34f8f358eba7) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 GRADE11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-grade11-memo-nov2022-afrikaans/6b60fe94-5fba-4194-9528-9569d502b977) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr11-nov2019-afrikaans/276d73b5-805d-4a66-8f13-3236894f6ae5) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/c6f575df-eade-4046-9d99-5fb712a4c087) — Business Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
