# Business Studies Grade 10 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies Paper 2 question paper from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr10-qp-nov2020-afrikaans/8fddfa30-4ada-438f-ab7f-b284a5b339e8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr10-qp-nov2020-afrikaans/8fddfa30-4ada-438f-ab7f-b284a5b339e8)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 10

                    NOVEMBER 2020

                 BESIGHEIDSTUDIES V2
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                               BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

       AFDELING A:     VERPLIGTEND
       AFDELING B:     Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
       AFDELING C:     Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
       vereis word.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
       is nie.

 4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
       antwoord te bepaal.

 6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
       vraag beantwoord.

                                                                                 TYD
                     AFDELING                     VRAAG          PUNTE
                                                                               (minute)
       A: Objektiewe tipe vrae
                                                      1             30            20
          VERPLIGTEND

       B:   DRIE direkte/indirekte tipe               2             40            35
            vrae
            KEUSE: Beantwoord enige                   3             40            35
            TWEE.                                     4             40            35

       C:   TWEE opsteltipe vrae                      5             40            30
            KEUSE: Beantwoord enige
            EEN.                                      6             40            30
                     TOTAAL                                        150            120

 7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
       bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                      BESIGHEIDSTUDIES V2                                   3

 AFDELING A: (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 A.

       1.1.1    Watter EEN van die volgende is belangrik om ŉ doelwit te stel?

                A    Versamel en ontleed inligting
                B    Ontwikkel jouself en moet nooit ophou leer nie
                C    Moenie uitstel nie
                D    Verbeter dienslewering

       1.1.2    Hierdie ondernemingsvorm mag aandele aan die publiek uitreik om
                kapitaal te verkry:

                A    Kia Motors Bpk.
                B    Zukie Fashion Geïnk.
                C    Ink en Shanon Video’s
                D    Spitch (Edms.) Bpk.

       1.1.3    ŉ Manier waarop ŉ werknemer ŉ professionele beeld kan projekteer
                is om ...

                A    in beheer van jou aksies te wees.
                B    beleefd te wees wanneer jy praat.
                C    bewus van jou behoeftes en begeertes te wees.
                D    genoeg slaap te kry.

       1.1.4    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ vereiste vir ŉ wettige kontrak
                NIE?

                A    Al die partye moet kontraktuele bevoegdheid hê.
                B    Daar moet ŉ ooreenkoms tussen die partye wees.
                C    ŉ Persoon moet ten minste 16 jaar oud wees.
                D    Dit moet moontlik wees om die ooreenkoms uit te voer.

       1.1.5    Die beste ontledingsinstrument om uitdagings in die makro-omgewing
                te identifiseer is …

                A    die SSGB-ontleding.
                B    die PESTOW-ontleding.
                C    marknavorsing.
                D    Porter se Vyf Kragte.                                       (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e)in die lys hieronder te gebruik.
     Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

           huurder; geskrewe verslag; korporatiewe sosiale verantwoordelikheid;
       eenmansaak; probleemoplossing; sosiale verantwoordelikheid; videokonferensie;
          maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid; besluitneming; verhuurder

      1.2.1 ŉ Voorbeeld van ŉ nie-verbale aanbieding is inligting aangebied in die
            vorm van ŉ …
      1.2.2 Theron gebruik die … -proses om strategieë te identifiseer om
            verandering teweeg te bring.
      1.2.3 Die persoon wat ŉ eiendom huur word ŉ … genoem.
      1.2.4 Die … het die voordeel van korporatiewe voortbestaan en voortdurende
            kontinuïteit.
      1.2.5 Die verantwoordelikheid van individue en organisasies om by te dra
            staan as … bekend.                                              (5 x 2)        (10)
 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDE-
     BOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

           KOLOM A                                KOLOM B
      1.3.1 Vooroordeel      A    Onvermoë of onbevoegdheid van ŉ persoon
      1.3.2 Stres            B    Die instrument om in besluitneming te gebruik deur
                                  die sterkpunte, swakpunte, geleenthede en
                                  bedreigings te ontleed
      1.3.3 Bemarkings-      C    Die onregverdige gedrag teenoor ŉ ander spanlid
            plan
      1.3.4 Swakpunte        D    Is ŉ beskrywing van die markontleding insluitend die
                                  teikenmark
      1.3.5 Navorsings-      E    Is die liggaam se reaksie op situasies wat ŉ persoon
            protokol              moeilik vind om te beheer
                             F    Goeie en voordelige kwaliteite of eienskappe van ŉ
                                  persoon
                             G Om ŉ opinie van ŉ spanlid te vorm voordat al die
                               feite in ag geneem word
                             H    Is die vermoë om deur die bewaring van natuurlike
                                  hulpbronne te oorleef
                             I    Bespreek die hiërargie en rolle van werknemers
                             J    Is die reëls wat gevolg moet word om eties en
                                  professioneel te wees wanneer navorsing gedoen
                                  word
                                                                                (5 x 2)    (10)
                                                              TOTAAL AFDELING A:             30
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                     BESIGHEIDSTUDIES V2                                    5

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG
                2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 2.1 Noem VYF entrepreneuriese eienskappe.                                                   (5)

 2.2 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

                           ZIZO SWEMDRAG ONTWERP (ZSO)

       Zizo is ŉ gemotiveerde, jong swemklere-ontwerper in Grahamstad. Sy verkoop
       bekostigbare swemdrag. Sy het ook ŉ graad in besigheidsbestuur. Die vraag
       vir haar produkte het so toegeneem dat sy nuwe takke in Jeffreysbaai en Oos-
       Londen oopgemaak het.

       Go-Simply Boetiek wat ontwerper swemdrag in Port Elizabeth verkoop het, het
       beide hulle takke toegemaak.

       Die munisipaliteit het fase 2 beurtkrag regdeur die provinsie ingestel en die
       voortdurende toename in die brandstofprys het die vervoerkoste tussen die
       takke verhoog.

       Zizo het ŉ nuwe kassier, Sam, wat geen ervaring het in diens geneem. Sam
       behandel klante onprofessioneel.

       2.2.1    Noem TWEE navorsingsinstrumente wat deur ZSO gebruik kan word
                om data in te samel.                                                         (2)

       2.2.2    Beskryf enige DRIE protokolle om navorsing te doen.                          (6)

       2.2.3    Doen ŉ SSGB-analise om die lewensvatbaarheid van ZSO se
                besigheid te bepaal.                                                         (8)

 2.3 Noem VYF tipes kontrakte.                                                               (5)

 2.4 Beskryf in breë trekke die belangrikheid van die besigheid se ligging.                  (6)

 2.5 Bespreek die belangrikheid van sakeverslae.                                            (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                               BESIGHEIDSTUDIES V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

 3.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

                             GREEN CAR VERVAARDIGERS

      Green Car vervaardigers wil so gou as moontlik van binnebrandenjins na
      elektriese motors oorskakel. Werknemers word gevra om eers idees te
      genereer en dan hulle idees met die ander groeplede te deel. Die bestuur het
      ook ontwerp-deskundiges gevra om ŉ vraelys te voltooi oor hoe om die ontwerp
      te verander.

      3.1.1    Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur Green Car
               vervaardigers gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit bostaande
               scenario aan te haal.

               Gebruik die onderstaande tabel as ŉ riglyn om VRAAG 3.1.1 te
               beantwoord.

                     PROBLEEMOPLOSSINGS-                      MOTIVERING
                          TEGNIEKE
                1.
                2.                                                                          (6)

      3.1.2    Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                   (8)

      3.1.3    Beveel maniere aan hoe kreatiewe besigheidsgeleenthede realisties
               geïmplementeer kan word.                                                     (8)

 3.2 Beskryf in breë trekke die inisiatiewe wat besighede kan onderneem om sosio-
     ekonomiese kwessies aan te spreek.                                                     (6)

 3.3 Identifiseer die selfbestuur konsep wat deur ELKEEN van die volgende
     stellings voorgestel word:

      3.3.1    Wanneer jy jou waarde begin sien, is dit moeilik om tussen mense te
               wees wat nie jou waarde besef nie                                            (2)

      3.3.2    Sizwe het nog altyd geglo dat, om jouself te laat groei moet jy weet wat
               jou sterkpunte en swakpunte is                                               (2)

      3.3.3    Toe Nedlim Bpk. se werknemers oor die verandering in bestuur ingelig
               is, het hulle kalm en positief gebly                                         (2)

 3.4 Verduidelik die belangrikheid om jou sterkpunte en swakhede te erken.                 (6)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                      BESIGHEIDSTUDIES V2                               7

 VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1 IdentifIseer die 7 P’s van die bemarkingsresep in die gegewe stellings:

       4.1.1    Die bedrag geld wat die klante moet betaal om die goedere of dienste
                te verkry                                                                (2)

       4.1.2    Die plek waar goedere en dienste verkoop word                            (2)

       4.1.3    Die manier waarop die bemarking en verkope prosesse uitgevoer word       (2)

 4.2 Beskryf in breë DRIE tipes regsvereistes vir ŉ besigheid.                           (6)

 4.3 Onderskei tussen ŉ winsgewende en ŉ nie-winsgewende organisasies.                   (8)

 BESIGHEIDSROLLE

 4.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Werknemers is onder geweldige druk om te presteer. Goeie tydsbestuur asook
       ŉ gebalanseerde lewenstyl is belangrik.

       4.4.1    Definieer die betekenis van tydsbestuur.                                 (2)

       4.4.2    Beskryf kortliks maniere waarop mense ŉ suksesvolle en
                gebalanseerde lewenstyl kan hê.                                          (6)

 4.5 Lys die stappe in die probleemoplossingsiklus.                                      (4)

 4.6 Bespreek hoe besighede die volgende probleemoplossingstegnieke kan
     gebruik om innoverende en entrepreneuriese geleenthede te identifiseer:

       • Breinkaart
       • Dinkskrum                                                                      (8)
                                                                                       [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                              BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
               op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ nuwe bladsy.

 VRAAG 5:      BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME EN
               AANBIEDING VAN SAKE-INLIGTING)

                        JORDEN KLEREVERVAARDIGER

 John, die verkoopsbestuurder van Jorden Klerevervaardiger, moet ŉ aanbieding oor
 die voordele van ŉ publieke maatskappy voorberei. Hy wil visuele hulpmiddels
 gebruik om sy aanbieding te ondersteun.

 Met verwysing na bostaande stelling, beantwoord die volgende:

 • Verduidelik die faktore wat oorweeg moet word wanneer ŉ ondernemingsvorm
   gekies word.
 • Onderskei tussen ŉ privaatmaatskappy en ŉ publieke maatskappy.
 • Bespreek die riglyne om ŉ effektiewe sakeverslag te skryf.
 • Gee advies aan die besighede oor die voordele om grafieke/diagramme en
   simbole/prente in ŉ aanbieding te gebruik.                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                                 9

 VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (VERHOUDINGS EN SPANPRESTASIE)

                      OM ŉ PRESTERENDE SPAN TE BOU

 Om ŉ span te bou wat presteer is ŉ uitdaging vir baie besighede.
 Besighede wat ŉ doelwit het en wat weet hoe hulle werk klante beïnvloed, presteer.
 Om die doel, visie en besigheidsdoelstellings duidelik en voortdurend aan die span
 te kommunikeer is die eerste stap om vertroue in die span te bou.

 Ondersteun die bostaande stelling en skryf ŉ opstel waarin jy die volgende aspekte
 insluit:

 • Brei uit oor die betekenis van besigheidsdoelwitte.
 • Bespreek die voordele van spanwerk.
 • Beskryf kortliks die volgende kriteria vir ŉ suksesvolle spanprestasie.
   ▪ Duidelike doelstellings en ooreengekome doelwitte
   ▪ Wedersydse respek, ondersteuning en vertroue.
   ▪ Openhartigheid
   ▪ Interpersoonlike houdings en gedrag
 • Beveel maniere aan waarop besighede die faktore wat spanverhoudings
   beïnvloed, kan aanspreek.                                                           [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr10-memo-nov2020-afrikaans/6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/7e676337-e79b-48dc-aa1e-f276f879d90e) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a) — Business Studies · QP · 2017 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/5f8c1a26-3040-4657-b18a-8ded54626519) — Business Studies · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Gr 10 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-bus-stu-atp-2023-24/275fdd47-3b44-4afe-9900-15609e39bc03) — ATP
- [GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-sosh-business-studies-grade-10-march-2025-qp-and-memo/55518b1d-484c-4dcc-b0b2-067c148e2449) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-10-june-2025-p1-and-memo/1c1b6cde-1015-47d8-8a45-b8df59b0e497) — QP + Memo · 2025
- [Business Studies Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-10-march-2023-qp-and-memo/0ef398dc-186c-4514-b5f6-61e70e26bee3) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
