# Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-watermark/1c839112-50a7-4c05-82a2-cbfdee775b43
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-watermark/1c839112-50a7-4c05-82a2-cbfdee775b43)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans-watermark/23acc6bb-1aad-4d57-95a2-d9781f97e116) — Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/7668b78b-f627-40e3-a57c-e5de76ae3591) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2023

                 BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
      en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      NIE.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag
      beantwoord word.

                                                  VRAAG        PUNTE            TYD
                     AFDELING
                                                                              (minute)
      A:    Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                               1           30              20

      B:    DRIE direkte/indirekte tipe               2           40
            vrae
                                                      3           40              70
            KEUSE:
            Beantwoord enige TWEE.                    4           40

      C:    TWEE opsteltipe vrae                      5           40              30
            KEUSE:
            Beantwoord enige EEN.                     6           40
                    TOTAAL                                       150             120

7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
      VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2023)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                                      3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

     1.1.1    ŉ ... is ŉ persoon wat sy/haar eie besigheid begin en bestuur.

              A      Waagkapitalis
              B      Uitvoerende bestuurder
              C      Entrepreneur
              D      Direkteur

     1.1.2    Prins en Koningin Prokureurs is gesamentlik en afsonderlik
              aanspreeklik vir die skulde van die besigheid. Hierdie
              ondernemingsvorm staan as ŉ ... bekend.

              A      publieke maatskappy
              B      vennootskap
              C      nie-winsgewende maatskappy
              D      privaat maatskappy

     1.1.3    ŉ … plan is ŉ geskrewe dokument wat ŉ omvattende oorsig van ŉ
              voorgestelde besigheid gee.

              A      Gelyke indiensnemings-
              B      Aksie-
              C      Vyf jaar
              D      Besigheids-

     1.1.4    Besighede gebruik … denke wanneer ou denkpatrone op nuwe
              situasies toegepas word.

              A      roetine
              B      kreatiewe
              C      uiteenlopende
              D      kritiese

     1.1.5    Muzi Onderneming het nie al hul inkomste aan die Suid-Afrikaanse
              Inkomstediens verklaar nie. Hierdie is ŉ voorbeeld van ŉ … besluit.

              A      goeie
              B      morele
              C      slegte
              D      regte
                                                                                (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2023)

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      aflegging;    probleemoplossing; Iyngrafiek; beperkte aanspreeklikheid;
      staafgrafiek; kommunikasie; onbeperkte aanspreeklikheid; besluitneming;
                                etiek; regstellende aksie

      1.2.1 Konga Handelaars (Edms.) Bpk. sal slegs die bedrag geld wat in die
            besigheid belê is, verloor. Dit verwys na …

      1.2.2 Thando Ondernemings het ŉ reeks vertikale reghoeke gebruik, wat as
            ŉ … bekend staan om ŉ stel verkoopsyfers te vertoon.

      1.2.3 Die proses om oplossings vir moeilike kwessies te vind, verwys na …

      1.2.4 Die kode van … beskryf die missie en waardes van die besigheid of
            organisasie.

      1.2.5 Perfekte Konsultante beëindig alle indiensnemingskontrakte van sy
            werknemers om operasionele redes. Dit staan as … bekend.
                                                                        (5 x 2)           (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2023)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                    5

1.3    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

             KOLOM A                               KOLOM B
       1.3.1 Tantieme           A     dokument dien as ŉ grondwet van ŉ besigheid

       1.3.2 Tydlyne            B     deur kreatiewe denke verkry

       1.3.3 Memorandum van     C     besighede is in staat om nasionaal handel te
             Inkorporasie             dryf

       1.3.4 Globalisering      D     betalings aan die franchise-gewer gemaak op
                                      grond van die omset van die besigheid

       1.3.5 Konvensionele      E     beplanningsinstrumente       wat   datums    en
             oplossings               volgorde aandui

                                F     betaling aan die eienaar van die eiendom
                                      gemaak vir die gebruik van ŉ bate

                                G     dokument waarvolgens maatskappy bekend
                                      is deur registrasie en naam

                                H     verkry    deur      logiese          analitiese
                                      probleemoplossingsmetodes

                                I     beplanningsinstrument wat gebruik kan word
                                      om ŉ idee in ŉ aksieplan te omskep

                                J     besighede is in staat         om    handel    in
                                      verskillende lande te dryf
                                                                              (5 x 2) (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
             antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv. VRAAG
             2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige DRIE aspekte wat oorweeg moet word wanneer ŉ besigheid begin
    word.                                                                                    (3)
2.2 Beskryf kortliks strategieë wat besighede kan gebruik om te verseker dat hulle
    winsgewend en volhoubaar bly.                                                            (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                 MUZI EIENDOMME (ME)
     Muzi Eiendomme is ŉ eiendomsagentskap. ME koop plase en laat die gebruiker
     toe om die eiendom met gereelde betaling volgens hul kontrak te benut. Onlangs
     het ME ook ’n bestaande slaghuis gekoop.
     2.3.1   Identifiseer die verkryging van ŉ besighede wat deur ME toegepas is.
             Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                 (3)

     2.3.2   Verduidelik die redes waarom entrepreneurs mag besluit om ŉ bestaande
             besigheid te koop.                                                              (4)

2.4 Bespreek die prosedure vir die stigting van maatskappye.                                 (6)

2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                 RADI MELKPLAAS (RM)
     Radi Melkplaas sal die volgende aktiwiteite verrig tydens die oprigting van hul
     besigheid gedurende Desember. Mzala sal die melkkoeie in die eerste week
     aankoop. Gedurende die tweede en derde week gaan Kenny die melkmasjiene
     opstel.
     2.5.1   Trek ŉ Gantt-kaart op deur die inligting wat in die scenario verskaf is, te
             gebruik.
             Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.5.1 te
             beantwoord.
              AKTIWITEITE                  WEKE                        PERSOON
                                                                   VERANTWOORDELIK
                              WEEK 1      WEEK 2       WEEK 3

                                                                                              (6)

2.6 Bespreek enige TWEE faktore wat die keuse van befondsing beïnvloed.                      (6)
2.7 Stel voor hoe die aanbieder die volgende visuele hulpmiddels moet voorberei:
     2.7.1   Transparante/skyfies                                                            (4)
     2.7.2   Uitdeelstukke                                                                   (4)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2023)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                                  7

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem DRIE teorieë van etiek wat van toepassing is op die werkplek.                     (3)

3.2 Beskryf kortliks die beginsels van professionalisme.                                   (6)

3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                              UMBANE TEGNOLOGIE (UT)
     Umbane Tegnologie is ŉ besigheid wat elektrisiteit verskaf. Hulle is besig om ŉ
     kernkragstasie aan die Jeffreysbaai-kuslyn te bou. Hulle het al die
     ondersteunende en teenwerkende idees vir hierdie ontwikkeling oorweeg. UT het
     besluit om kundiges uit te nooi om hulle te help om hul uitdagings te hanteer.

     3.3.1    Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur UT gebruik is.
              Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
              Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.3.1 te
              beantwoord.

               PROBLEEMOPLOSSINGS-                         MOTIVERINGS
                    TEGNIEKE
              1.
              2.                                                                           (6)

3.4 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                          (4)

3.5 Bespreek die volgende groot veranderinge wat mense en besighede moet
    hanteer:

     3.5.1    Werkloosheid                                                                 (4)

     3.5.2    Regstellende aksie                                                           (4)

3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           KONINGS BEVRORE KOSSE (KBK)

     Konings Bevrore Kosse het ŉ ernstige uitdaging van fase agt beurtkrag teëgekom.
     Swaar reën het ook hul stoorkamer beskadig. Die werknemers van KBK verskil
     ook dikwels met mekaar. Die bestuur van KBK moet maniere vind om al hul
     krisisse te hanteer.

     3.6.1    Haal DRIE voorbeelde van krisisse uit die scenario hierbo aan.               (3)

     3.6.2    Verduidelik maniere waarop besighede krisisse in die werkplek kan
              hanteer.                                                                     (4)

3.7 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
    besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word.                                          (6)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                                BESIGHEIDSTUDIES V2                      (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1 Noem enige TWEE projekbeplanning stappe.                                               (2)

4.2 Beskryf kortliks die eienskappe van ŉ entrepreneur                                     (4)

4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             KUNGAWO GLAS BPK. (KGB)

     Kungawo Glas Bpk. spesialiseer in die vervaardiging van glas. KGB het ŉ
     dokument uitgereik waarin die publiek uitgenooi word om aandele te koop.

     4.3.1   Noem die dokument in die scenario hierbo wat deur KGB uitgereik is.           (2)

     4.3.2   Beskryf kortliks die aspekte wat ingesluit moet word in die dokument wat
             in VRAAG 4.3.1 genoem is.                                                     (4)

4.4 Verduidelik die redes hoekom besighede finansiering benodig.                           (4)

4.5 Bespreek die voordele van uitkontraktering.                                            (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.6 Beskryf kortliks die voordele van etiese besigheidsgeleenthede.                        (4)

4.7 Bespreek die voordele daarvan om probleme saam met ander op te los.                    (6)

4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               SUIWERSTE WATER (SW)

     Sizwe is ŉ werknemer by Suiwerste Water. Hy het ŉ swaar werkslading en werk
     lang ure. Sizwe sukkel om die stres by die werk te hanteer.

     4.8.1   Noem TWEE oorsake van stres ervaar deur Sizwe in die scenario hierbo.         (2)

     4.8.2   Stel maniere voor waarop werknemers stres in die werkplek kan hanteer.        (4)

4.9 Beveel maniere aan waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
    denke in die werkplek stimuleer.                                                       (4)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2023)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                    9

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
              VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5:      BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING VAN
              BESIGHEIDSINLIGTING)

ŉ Goed beplande aanbieding met huidige en betroubare inligting is noodsaaklik vir
belanghebbendes. Die sukses van ŉ aanbieding hang af van die voorbereiding van
die aanbieding. Besigheidsverslae moet op skrif gestel word en aanbieders moet
terugvoer op ŉ nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer.

Skryf ŉ opstel oor aanbieding van besigheidsinligting waarby jy die volgende aspekte
insluit:

•   Beskryf kortliks die belangrikheid van die aanbieding van besigheidsinligting.
•   Verduidelik die faktore wat die aanbieder moet oorweeg ter voorbereiding van ŉ
    aanbieding.
•   Bespreek die stappe in die skryf van ŉ verslag.
•   Gee besighede raad oor hoe om na afloop van ŉ aanbieding terugvoering op ŉ
    nie-aggressiewe en professionele wyse te hanteer.
                                                                                         [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SPANDINAMIKA EN KONFLIKBESTUUR)

Besighede neem mense van uiteenlopende agtergronde in diens wat soms tot konflik
kan lei. Dit is belangrik vir die besigheid om deur die stadiums van spanontwikkeling
te gaan om ŉ gemeenskaplike doelwit te bereik. Besighede gebruik werkplekforums
om hul verskille op te los voordat dit tot ernstiger probleme lei.

Skryf ŉ opstel oor spandinamika en konflikbestuur waarby jy die volgende aspekte
insluit:

•   Beskryf kortliks die belangrikheid van spanwerk.
•   Verduidelik die oorsake van konflik in die besigheid.
•   Bespreek VIER stadiums van spanontwikkeling.
•   Gee besighede raad oor die funksies van werkplekforums.
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans/7d3c4d6c-19c9-4bb5-ad4e-4e7748c698c7) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans-watermark/937f19de-bbb3-49bc-8029-e946e63d5d18) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR11 NOV 15 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-question-paper-afrikaans/663e22eb-e4da-4e92-b2c5-03a4b3558020) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/41632251-4355-4048-a669-15f18d417e33) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSNESS STUDIES GR11 NOV 15 MEMO-AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-memorandum-afrikaans/1abe246e-c384-4f04-871e-899584884ac5) — Business Studies · Memo · 2015 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 GRADE11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-grade11-memo-nov2022-afrikaans/6b60fe94-5fba-4194-9528-9569d502b977) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
