# Business Studies Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/41632251-4355-4048-a669-15f18d417e33
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/41632251-4355-4048-a669-15f18d417e33)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov2020-afrikaans/d415e57a-74f6-4544-a393-cfee59562c2a) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2020

                  BESIGHEIDSTUDIES V2
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE :   150

TYD :     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING
 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
     AFDELING A:        VERPLIGTEND
     AFDELING B:        Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
     AFDELING C:        Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
    vereis word.
     Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
     in AFDELING C nagesien sal word.

 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
    gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
    is NIE.

 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
    ŉ antwoord te bepaal.

 6. Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
    vraag beantwoord word.

                 AFDELING                   VRAAG         PUNTE              TYD
                                                                          (minute)
     A:     Objektiewe tipe vrae
                                               1             30               20
            VERPLIGTEND

     B:     DRIE direkte/indirekte             2             40               35
            tipe vrae KEUSE:
            (Beantwoord enige                  3             40               35
            TWEE.)                             4             40               35

     C:      TWEE opsteltipe vrae              5             40               30
             KEUSE:
            (Beantwoord enige EEN.)            6             40               30

                     TOTAAL                                 150              120

 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
    bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
 8. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                BESIGHEIDSTUDIES V2                                  3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

       1.1.1 Die geouditeerde finansiële state van … moet aan al die
             aandeelhouers en die publiek beskikbaar gestel word.

              A      Tlali se Athletiese Gimnasium BK
              B      JJ Enterprise (Edms) Bpk.
              C      Vuma en Zonke Handelaars
              D      King Visserye Bpk.

       1.1.2 Effektiewe terugvoering is wanneer die aanbieder …

              A      vrae na ŉ aanbieding beantwoord.
              B      pamflette uitdeel.
              C      onbekwaam is om moeilike lede van die gehoor te hanteer.
              D      visuele hulpmiddels in die verbale aanbieding insluit.

       1.1.3 Weza Gesondheid MSB verskaf gesondheidsdienste soos primêre
             gesondheidsorg. Hierdie maatskappy is ŉ voorbeeld van ŉ …

              A      eenmansaak.
              B      privaat maatskappy.
              C      staatsbeheerde maatskappy.
              D      publieke maatskappy.

       1.1.4 Gideon glo daarin om dinge anders te doen om mededingend te bly.
             Hy pas … denke toe om nuwe idees te genereer.

              A      roetine
              B      kreatiewe
              C      konvensionale
              D      induktiewe

       1.1.5 John P Kotter se agt-stap stelsel om verandering te bestuur word
             gebruik om …

              A      probleem oplossing te skep.
              B      ŉ gevoel van dringendheid te vestig.
              C      ŉ winsgewende besigheid te vestig.
              D      ŉ gekose strategie te implementeer.
                                                                         (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

4                                BESIGHEIDSTUDIES V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

 1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
       gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
       in die ANTWOORDEBOEK neer.

          besluitneming; aflegging; onbeperkte; aksieplan; goeie; beperkte;
            probleemoplossing; regstellende aksie; swak; besigheidsplan

       1.2.1 Die stap in die beplanningsproses wat die uitvoering van die plan
             behels, staan as ŉ … bekend.

       1.2.2 Die … aanspreeklikheidsklousule verduidelik hoe eienaars slegs
             kan verloor wat hulle in die besigheid belê het.

       1.2.3 Global Airways verskaf geleenthede vir voorheen benadeelde
             mense. Hierdie veranderingsbestuur staan as … bekend.

       1.2.4 ŉ … besluit stem ooreen met voldoende inligting wat strook met die
             maatskappy se waardes en etiese beginsels.

       1.2.5 Die proses om ŉ situasie te ontleed om sodoende strategieë te
             identifiseer wat gebruik kan word om die situasie te verander, staan
             as … bekend.
                                                                           (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                BESIGHEIDSTUDIES V2                                  5

 1.3   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                KOLOM A                                 KOLOM B
       1.3.1 Gantt-grafiek                A   skielike en potensiële
                                              rampspoedige gebeure

       1.3.2 Huurkontrak                  B   tegniek waar werknemers
                                              versoek word om baie idees in
                                              stilte op hul eie te genereer

       1.3.3 Akte van oprigting           C   meningsverskil tussen twee of
                                              meer mense

       1.3.4 Kragveld-ontleding           D   dokument wat voltooi en geteken
                                              word wanneer versoek word om
                                              ŉ maatskappy te stig

       1.3.5 Krisis                       E   betaling gemaak aan
                                              konsessiegewer deur die
                                              konsessiehouer gebaseer op die
                                              omset

                                          F   groot gebonde rolpapier en elke
                                              bladsy kan omgeblaai word aan
                                              die bokant

                                          G   betaling vir die gebruik van ŉ
                                              bate eerder as om dit te koop

                                          H   beplanningsinstrument wat
                                              datums, duur en volgorde aandui

                                          I   tegniek vir die lys en assessering
                                              van kragte vir en teen ŉ
                                              voorgestelde verandering

                                          J   dokument wat die regte, pligte en
                                              verantwoordelikhede van
                                              aandeelhouers, direkteure ens.
                                              insluit
                                                                         (5 x 2) (10)

                                                        TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

6                                BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin,
                bv. VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 2.1    Noem DRIE bronne van finansiering.                                              (3)

 2.2    Beskryf kortliks DRIE stappe om te volg wanneer ŉ aksieplan opgetrek
        word.                                                                           (6)

 2.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          KAMELISA GEÏNKORPOREER (KG)
        Kamelisa Geïnk. benodig groot hoeveelhede kapitaal vir uitbreiding van hul
        besigheid. KG het besluit om die huidige besigheid na ŉ ander tipe
        maatskappy te verander, sodat hulle aandele op die JEB aan die publiek
        kan verkoop.

        2.3.1    Identisifeer die ondernemingsvorme wat Kamelisa Geïnkorporeer
                 was voordat hulle verander het na ŉ ander tipe maatskappy.
                 Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.        (3)

        2.3.2    Noem die ondernemingsvorm waarna KG toe wil verander.                  (2)

        2.3.3    Onderskei tussen die ondernemingsvorme geïdentifiseer in
                 VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 onderskeidelik.                                   (8)

 2.4    Bespreek die redes hoekom entrepreneurs mag besluit om ŉ bestaande
        besigheid te koop.                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                     7

 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SINDY PASTEI EN BURGERS (SPB)
      Sindy verkoop tuisgemaakte pasteie en burgers. Sy het navorsing gedoen
      oor kliëntediens as ŉ dryfkrag en het geleer deur kostes te sny kan sy haar
      wins vermeerder tot die maksimum.

      2.5.1    Noem TWEE faktore van die scenario hierbo wat Sindy oorweeg
               het voor die begin van SPB.                                            (2)

      2.5.2    Stel EEN moontlike verbetering voor van ELKE faktor genoem in
               VRAAG 2.5.1.                                                           (2)

               Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.5 te
               beantwoord.

                       FAKTORE                        VERBETERINGE
                         2.5.1                            2.5.2
               1.                            1.
               2.                            2.

 2.6 Beveel faktore aan wat die aanbieder moet oorweeg ter voorbereiding van
     ŉ aanbieding.                                                                    (8)
                                                                                     [40]

 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

 3.1 Noem VIER oorsake van konflik in die werkplek.                                   (4)

 3.2 Beskryf kortliks TWEE eksterne oorsake van verandering in die werkplek.          (4)

 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     KHAYA BESIGHEIDSKONSULTANTE (KB)

      Khaya Besigheidskonsultante is ŉ diensonderneming wat advies vir klein
      opkomende besighede bied. Gedurende die vergaderingsessies
      bevraagteken die spanlede mekaar se idees en menings.

      3.3.1    Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat op die scenario
               hierbo van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die
               scenario hierbo aan te haal.                                           (3)

      3.3.2    Verduidelik TWEE ander stadiums van spanontwikkeling.                  (8)

 3.4 Verduidelik die voordele om probleme saam met ander op te los.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                                BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 3.5    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              MIKE KONSTRUKSIE (MK)

        Mike Konstruksie moet ŉ nuwe biblioteek in ŉ klein landelike dorpie bou.
        Die geïdentifiseerde area is ŉ groot probleem vir die dorpsgemeenskap.
        Die raad van direkteure het besluit om kundiges uit te nooi om die
        uitdaging aan te spreek.

        3.5.1   Identifiseer die probleemoplossingstegniek gebruik deur Mike
                Konstruksie. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
                aan te haal.                                                          (3)

        3.5.2   Verduidelik die betekenis van die probleemoplossingstegniek
                geïdentifiseer in VRAAG 3.5.1.                                        (6)

 3.6    Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
        effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word.                            (8)
                                                                                     [40]

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1    Gee DRIE voorbeelde van nie-verbale aanbiedings.                              (3)

 4.2.   Beskryf kortliks die aspekte wat in ŉ prospektus ingesluit moet word.         (8)

 4.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          KUNDIGE MEUBELDIENSTE (KM)

        Kundige Meubeldienste verkoop hoë kwaliteit meubels en kombuis-
        eenhede in Qumbu. Die vervoer van meubels na die nabygeleë dorpies
        is aan Dlamini Afleweringsdienste gegee.

        4.3.1   Identifiseer die manier om ŉ besigheid te verkry soos in die
                scenario hierbo voorgestel. Motiveer jou antwoord deur uit die
                scenario hierbo aan te haal.                                          (3)

        4.3.2   Bespreek die voordele van die manier om ŉ besigheid te verkry
                wat in VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is.                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                   9

 BESIGHEIDSROLLE

 4.4   Gee DRIE voorbeelde van etiese besigheidspraktyke.                           (3)

 4.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Jabu, ŉ apteker, het onlangs sy apteek oopgemaak en sy verwagtinge vir
       sukses is om sy besigheid se etiese gedragkode na te kom. Jabu moet
       binne die wette handel wanneer medisyne uitgereik word, beskerming van
       vertroulike kliënte inligting en hulpbronne verantwoordelik gebruik met
       inagneming van die omgewing.

       4.5.1   Noem DRIE beginsels van professionalisme in die scenario hierbo.     (3)

       4.5.2   Onderskei tussen professionalisme en etiek.                          (4)

 4.6   Beveel maniere aan hoe besighede veranderinge in die werkplek kan
       hanteer.                                                                     (8)
                                                                                   [40]

                                                       TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

10                                BESIGHEIDSTUDIES V2                  (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING C

 Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
               VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ’n NUWE bladsy.

 VRAAG 5:      BESIGHEIDSGELEENTHEDE (MANIERE OM ’N BESIGHEID TE
               VERKRY EN AANBIEDINGS)

 Phumlo, HUB van African Business Corporation het ŉ aanbieding gemaak
 geondersteun deur visuele hulpmiddels oor hoe om ŉ konsessie (franchise) te
 koop en die kontraktuele verpligtinge daarvan. Na afloop van sy aanbieding, moet
 hy ŉ verslag oor die uitkoms en sukses aan die raad van direkteure skryf.

 Skryf ŉ opstel waarin jy die volgende aspekte insluit:

    Beskryf kortliks die kontraktuele implikasies van ŉ konsessie-besigheid.
    Verduidelik die voordele en nadele van die verkryging van ŉ konsessie.
    Bespreek hoe die aanbieder die volgende visuele hulpmiddels moet voorberei:

     o     Transparante
     o     Uitdeelstukke
     o     Plakkate

  Beveel aan Phumlo die stappe om te volg wanneer hy ŉ verslag aan die raad
   van direkteure skryf.                                                             [40]

VRAAG 6:      BESIGHEIDSROLLE (STRES, KRISISBESTUUR EN KREATIEWE
              DENKE)

 Queen Hoender Kos (QHK) is ŉ hoenderprodusent wat 50 werknemers in diens
 neem. Werknemers werk nagskof en geen vervoer of beskermingstoerusting word
 aan hulle verskaf nie. Sommige werknemers het bedank en ander het verlof
 geneem as gevolg van stres. QHK gebruik kreatiewe denke om die
 besigheidskrisis aan te spreek om hul besigheidsprobleme op te los.

 Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf ŉ opstel waarby jy die volgende
 aspekte insluit:

    Beskryf kortliks die oorsake van stres in die besigheidsomgewing.
    Verduidelik die voordele van die gebruik van kreatiewe denke in die
     werkplek.
    Bespreek die belangrikheid van die hantering van stres in die werkplek.
    Stel maniere voor waarop besighede krisisse in die werkplek kan hanteer.        [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:          40
                                                              GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/c6f575df-eade-4046-9d99-5fb712a4c087) — Business Studies · QP · 2023 · Afr
- [BSTD GR 11 P1 QP 2020](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-qp-2020/b4fce3dd-b79a-4190-a1ba-d6ed00dde995) — Business Studies · QP · 2020
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans-watermark/23acc6bb-1aad-4d57-95a2-d9781f97e116) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/7668b78b-f627-40e3-a57c-e5de76ae3591) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 GRADE11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-grade11-memo-nov2022-afrikaans/6b60fe94-5fba-4194-9528-9569d502b977) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr
- [AFR BSTD GR 11 P1 MEMO 2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-memo-2020/813e51ab-e4d7-497a-923d-a2d7989e1ee5) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
