# Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-june2021-afrikaans/972496f4-dc35-4585-b4d1-44fd97ea8006
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-june2021-afrikaans/972496f4-dc35-4585-b4d1-44fd97ea8006)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June · 2021 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                         JUNIE 2021

                 BESIGHEIDSTUDIES V2
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                   (EC/JUNIE 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

     AFDELING A:       VERPLIGTEND
     AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
     AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
     vereis word.

     Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in
     AFDELING C nagesien sal word.
3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
     NIE.

4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
     antwoord te bepaal.

6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
     vraag beantwoord word.

                     AFDELING                   VRAAG         PUNTE              TYD
                                                                               (minute)
     A:     Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                            1             30                20

     B:     DRIE direkte/indirekte tipe vrae       2             40
            KEUSE:                                 3             40                70
            Beantwoord enige TWEE.                 4             40

     C:     TWEE opsteltipe vrae
            KEUSE:                                 5             40                30
            Beantwoord enige EEN.                  6             40
                   TOTAAL                                       150               120

7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
     VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2021)                      BESIGHEIDSTUDIES V2                             3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1 Die … leierskapsteorie moedig volgelinge aan om veranderinge in
             die werkplek te aanvaar.

                  A   situasionele
                  B   leiers en volgelinge
                  C   transformasie
                  D   outokratiese

       1.1.2 ŉ Minimum van R1 000 moet in hierdie vorm van belegging belê
             word:

                  A   Effektetrusts
                  B   Aandele
                  C   Vaste deposito
                  D   RSA Kleinhandelspaareffekte

       1.1.3 Mev. King, die versekerde, moet ŉ sekere bedrag betaal wanneer ŉ
             eis ingedien word:

                  A   Bybetaling/‘Excess’
                  B   Premie
                  C   Boekwaarde
                  D   Rente

       1.1.4 EEN van die stappe wat die besigheid tydens konflikhantering in die
             werkplek kan oorweeg:

                  A   Implementeer dissiplinêre prosedures
                  B   Kies ŉ toepaslike oplossing
                  C   Verskaf ontspanningsgeriewe
                  D   Verskaf byvoordele

       1.1.5 Kreatiewe denke in die werkplek beteken ... om
             besigheidsprobleme op te los.

                  A   om ou maniere te gebruik
                  B   om innoverende idees te genereer
                  C   om roetine-denke te gebruik
                  D   om een werknemer toe te laat
                                                                          (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

4                               BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/JUNIE 2021)

 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
     gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in
     die ANTWOORDEBOEK neer.

        handleiding; Delphi-tegniek; huur; onderversekering; nie-samewerkend;
          dinkskrum; samewerking; dividende; oorversekering; gedragskode

      1.2.1 Besighede/Individue sal nie ŉ uitbetaling ontvang wat groter is as
            die waarde van die verlies teen markwaarde nie. Dit verwys na …

      1.2.2 Inkomste wat verdien word van ŉ belegging in eiendom staan
            bekend as …

      1.2.3 ŉ Besigheid versoek ŉ paneel van kundiges om ŉ stel vraelyste in
            te vul om ŉ komplekse probleem op te los. Dit verwys na ...

      1.2.4 Spanlede stem in om almal na ŉ gemeenskaplike doel te werk en
            dit staan as … bekend.

      1.2.5 Die … is ŉ geskrewe dokument wat die beginsels en waardes wat
            besighede handhaaf, bevat.
                                                                     (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2021)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                 5

 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

               KOLOM A                              KOLOM B
       1.3.1 Assuransie              A   mag of gesag op grond van die
                                         posisie waarin hulle aangestel is

       1.3.2 Likiditeit              B   versoek elke werknemer om eers
                                         idees op sy/haar eie te genereer
                                         voordat dit met die groep gedeel word

       1.3.3 Leierskap               C   beskryf die eskalasie in die waarde of
                                         pryse wat die belegging na 'n periode
                                         van tyd minder werd maak

       1.3.4 Professionalisme        D   versoek werknemers in ŉ groep om
                                         idees lukraak voor te stel en om alle
                                         idees op ŉ blaaibord (‘flipchart’) te
                                         skryf

       1.3.5 Nominale groeptegniek   E   die morele beginsels wat besluite as
                                         reg of verkeerd aandui

                                     F   verwys na ŉ ooreenkoms met ŉ
                                         versekeraar om finansieel vir risiko’s
                                         soos skade of verlies van eiendom te
                                         vergoed

                                     G   die    internasionale   aanvaarbare
                                         standaarde/verwagtinge van mense
                                         se gedrag en vlakke van bevoegdheid
                                         in die werkplek

                                     H   verwys na ŉ ooreenkoms met ŉ
                                         versekeraar  om     finansieel vir
                                         beserings of verlies van lewe te
                                         vergoed

                                     I   mag of invloed op grond van sy/haar
                                         kennis of intelligensie of vaardighede

                                     J   beskryf die gemak en spoed waarteen
                                         beleggers ŉ belegging in kontant kan
                                         omskakel
                                                                       (5 x 2)     (10)

                                                      TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

6                                BESIGHEIDSTUDIES V2                      (EC/JUNIE 2021)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
               VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ens.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 2.1 Gee DRIE voorbeelde van nieversekerbare risiko’s.                                  (3)

 2.2 Identifiseer die tipe aandele verteenwoordig deur ELK van die stellings
     hieronder.

      2.2.1 Hierdie aandele word uitgereik aan die aandeelhouers wat die
            maatskappy begin het.                                                       (2)

      2.2.2 Aandele wat uitgereik word aan die bestaande aandeelhouers vir
            vergoeding van verlies aan dividende.                                       (2)

 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     NJOLI SKRYFBEHOEFTE VERSKAFFERS (NSV)

      Bizzah is die eienaar van Njoli Skryfbehoefte Verskaffers. Hy beloon
      werknemers wanneer hulle hul verkoopsteikens bereik en straf hulle
      wanneer hulle nie spertye nakom nie.

      2.3.1 Identifiseer die leierskapstyl deur Bizzah gebruik. Motiveer jou
            antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                          (3)

      2.3.2 Bespreek die impak van Bizzah se leierskapstyl soos in
            VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is.                                              (8)

 2.4 Beveel situasies aan waarop die volgende leierskapstyle in die werkplek
     toegepas kan word:

      2.4.1 Demokratiese                                                                (4)

      2.4.2 Laissez-Faire/Vrye-teuels                                                   (4)

 2.5 Verduidelik die betekenis van skuldbriewe.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2021)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                 7

 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Kwezi het ŉ besigheidseiendom gekoop teen ŉ waarde van R800 000,
       maar hy het dit verseker teen R500 000. ŉ Orkaan het ŉ gedeelte van die
       eiendom vernietig en die skade is beraam teen R300 000.

       2.6.1 Noem die versekeringsklousule wat van toepassing is op die
             scenario hierbo.                                                       (2)

       2.6.2 Bereken die bedrag wat Kwezi van die versekeraar as vergoeding
             sal ontvang. Toon ALLE berekeninge.                                    (4)

 2.7 Tabuleer die verskille tussen enkelvoudige en saamgestelde rente.              (4)
                                                                                   [40]

 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

 3.1 Gee DRIE praktiese voorbeelde van onetiese gedrag.                             (3)

 3.2 Identifiseer die onetiese besigheidspraktyk wat in elk van die volgende
     scenario’s geïllustreer word:

       3.2.1 Madiba Cash en Carry vra meer vir dieselfde goedere in die
             dorpie as in die stedelike gebiede.                                    (2)

       3.2.2 Mnr. Siza, die finansiële bestuurder by Jakes Toebehore, het nie
             al hul inkomste aan SAID verklaar nie.                                 (2)

 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           RUBIN STAALFABRIEK (RSF)

       Rubin Staal Fabriek ervaar ŉ hoë aanvraag vir staalmateriaal en RSF wil
       sy besigheidsidee uitbrei deur nog ŉ fabriek in Mosselbaai op te rig. RSF
       moet na beide die voor- en nadele van sy besigheidsidee kyk voordat hulle
       nog ŉ fabriek oprig.

       3.3.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat deur Rubin Staal-
             fabriek gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
             hierbo aan te haal.                                                    (3)

       3.3.2 Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek wat in
             VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is.                                         (8)

 3.4 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/JUNIE 2021)

 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       PURE KONTANT FINANSIERING (PKF)

      Pure Kontant Finansiering glo dat goeie korporatiewe bestuur, wat
      deursigtigheid en verantwoordbaarheid/aanspreeklikheid insluit, die sleutel
      is tot die integriteit van hulle organisasie en hul vermoë om risiko te bestuur
      en op optimale vlakke te presteer.

      3.5.1 Noem TWEE King-kode beginsels vir goeie korporatiewe bestuur
            vanuit die scenario hierbo.                                                   (2)

      3.5.2 Gee PKF raad oor hoe elke King-kode beginsel, wat in VRAAG
            3.5.1 geïdentifiseer is, toegepas kan word om hulle korporatiewe
            bestuur te verbeter.                                                          (8)

 3.6 Verduidelik hoe besighede die dinkskrumtegniek kan toepas om hul
     besigheidsprobleme op te los.                                                        (8)
                                                                                         [40]

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1 Noem DRIE beginsels van versekering.                                                 (3)

 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Kelly en Keith het R5 000 in twee aparte rekening belê. Kelly het in ŉ lopende
      rekening by ŉ bouvereniging belê en ontvang 12% enkelvoudige rente per
      jaar. Keith het in ŉ vaste deposito by Khula Bank teen 12% saamgestelde
      rente per jaar belê. Die beleggingsperiode van hul rekeninge is twee jaar.

      4.2.1 Bereken die rentebedrag wat Kelly na 2 jaar sal ontvang.                      (3)

      4.2.2 Bereken die rentebedrag wat Keith na 2 jaar sal ontvang.                      (4)

      4.2.3 Noem die beter beleggingsopsie en motiveer die antwoord.                      (2)

 4.3 Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid/houding vir suksesvolle
     leierskap.                                                                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2021)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                 9

 BESIGHEIDSROLLE

 4.4 Identifiseer die tipe moeilike persoonlikhede wat op ELK van die stellings
     hieronder van toepassing is.

       4.4.1 Mnr. Ingwe vertraag die hele proses totdat ŉ perfekte oplossing
             bereik word.                                                             (2)

       4.4.2 Sizwe, ŉ tegnikus, is ontevrede alhoewel die bestuur die
             werknemers se salarisse en werkstoestande verbeter het.                  (2)

       4.4.3 Die toesighouer praat hard en gebruik lelike woorde en
             boelietaktiek wat ŉ vyandige omgewing tydens besprekings skep.           (2)

 4.5 Beskryf die belangrikheid van spandinamika-teorieë vir die verbetering
     van spanprestasie.                                                               (6)

 4.6 Beveel strategieë aan wat besighede kan instel om die misbruik van
     werktyd deur werknemers te hanteer.                                             (8)
                                                                                    [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

10                               BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/JUNIE 2021)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                bv. VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

 Zuki het onlangs R10 miljoen in die lotterye gewen. Sy oorweeg dit om óf in
 voorkeuraandele óf effektetrusts op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk.
 (JSE) te belê.

 Skryf ŉ opstel om Zuki leiding te gee oor die volgende beleggingsaspekte.

     Beskryf kortliks die funksies van die JSE.
     Verduidelik VIER soorte voorkeuraandele.
     Bespreek die volgende faktore wat in ag geneem moet word wanneer
     beleggingsbesluite geneem word:
     o Opbrengs op belegging
     o Belasting
     o Inflasiekoers
     Gee Zuki raad oor die doeltreffendheid van effektetrusts as ŉ goeie
     belegging.                                                                       [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKBESTUUR)

 Onverdraagsaamheid tussen werknemers as gevolg van ongelukkigheid en
 konflik dra tot laer produktiwiteit by. Daarom bly werknemers soms weg van die
 werk sonder om die korrekte grieweprosedures te volg. Besighede spandeer groot
 bedrae geld en tyd aan spanbousessies en -projekte.

 Hou die stelling hierbo in gedagte en skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte van
 spanprestasie.

     Onderskei tussen griewe en konflik.
     Verduidelik DRIE kriteria vir suksesvolle spanprestasie.
     Bespreek die verskillende stadiums van spanontwikkeling.
     Gee werknemers raad oor die korrekte prosedure om griewe in die werkplek
     te hanteer.                                                                      [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C: 40
                                                             GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR12 JUNE 2023](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr12-june-2023-1/448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40) — Business Studies · Memo · 2023
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
