# Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/6434d2ac-2494-47da-bebd-ea47cf6be73e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/6434d2ac-2494-47da-bebd-ea47cf6be73e)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                    BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

     AFDELING A:       VERPLIGTEND
     AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
     AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
     vereis word.

     Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in
     AFDELING C nagesien sal word.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
     NIE.

4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
     antwoord te bepaal.

6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag
     beantwoord word.

                                                                                TYD
                     AFDELING                 VRAAG        PUNTE              (minute)
     A: Objektiewe tipe vrae                    1            30                  30
        VERPLIGTEND

     B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae         2           40                  30
        KEUSE:                                   3           40                  30
        Beantwoord enige TWEE.                   4           40                  30

     C: TWEE opsteltipe vrae                     5           40                  30
        KEUSE:
        Beantwoord enige EEN.                    6           40                  30
                          TOTAAL                             150                120

7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
     VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                   3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1 Werkers met ŉ lae moraal kan deur die insig en persoonlikheid van …
             leiers geïnspireer word.

                A     demokratiese
                B     outokratiese
                C     laissez-faire/vrye-teuels
                D     charismatiese

       1.1.2 ŉ Visuele aanbieding van ŉ stel verkoopsyfers wat as ŉ reeks
             reghoeke voorgestel word:

                A     Lyngrafiek
                B     Staafgrafiek
                C     Tabel
                D     Diagram

       1.1.3 Salon Mandy se werknemers het van die …-fonds tydens die
             Covid-19 vlak 5-inperking geëis.

                A     Werkloosheidsversekerings
                B     Vergoeding vir beserings en siektes
                C     Padongelukke
                D     Vergoedings

       1.1.4 Samewerking beteken dat die spanlede …

                A     nie op mekaar staatmaak nie.
                B     werk doeltreffend op hulle eie.
                C     bereidwillig is om in die span saam te werk om doelwitte te
                      bereik.
                D     aanspreeklik vir hul optrede gehou word.

       1.1.5 Die beginsel van die King-kode waar daar gereelde kommunikasie
             tussen bestuur en die belanghebbers moet wees, word na as …
             verwys.

                A     deursigtigheid
                B     verantwoordbaarheid
                C     verantwoordelikheid
                D     dissipline
                                                                                (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

        diskriminasie; nominale groep; dividende; konflik; subrogasie; bybetaling;
                         kapitaalwins; leë stoel; inklusiwiteit; grief

      1.2.1 Die gedeelte van ŉ versekeringseis wat Donald Handelaars moet
            betaal wanneer die besigheid die eis indien, word na as … verwys.

      1.2.2 Pablo het aandele teen R10 elk van Caller Mobile twee jaar gelede
            gekoop. Die aandele is nou R20 werd. Hierdie opbrengs op belegging
            staan as … bekend.

      1.2.3 Die …-tegniek verskaf bestuurders tyd om oor die vraag in stilte na te
            dink voordat hulle reageer.

      1.2.4 Lunga kan ŉ ... aanmeld wanneer hy nie met die resolusie wat deur
            die senior bestuur geneem is, saamstem nie.

      1.2.5 Indiensneming van mense van verskillende agtergronde, staan as …
            bekend.
                                                                        (5 x 2)           (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                   5

1.3    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                KOLOM A                                KOLOM B
       1.3.1 Leierskap                 A   werknemers maak oop teenoor mekaar
                                           en konfronteer mekaar se idees

       1.3.2 Likiditeit                B   alternatiewe oplossings word
                                           gegenereer en krities geëvalueer

       1.3.3 Herinbesitstelling        C   werknemers kom tot ŉ ooreenkoms en
                                           bereik konsensus

       1.3.4 Besluitneming             D   van toepassing wanneer eiendom/
                                           goedere onderverseker is

       1.3.5 Bestorming                E   beheer sisteme en stelsels om die taak
                                           afgehandel te kry

                                       F   alternatiewe word oorweeg voordat die
                                           beste een gekies word

                                       G   bates word verkoop om krediteure te
                                           betaal as gevolg van ŉ kapitaaltekort of
                                           ŉ kontantvloeiprobleem

                                       H   van toepassing wanneer        eiendom/
                                           goedere oorverseker is

                                       I   inspireer personeel om mekaar te vertrou
                                           en te ondersteun

                                       J   bate of sekuriteit kan vinnig gekoop of
                                           verkoop word en maklik in kontant
                                           omskep word
                                                                            (5 x 2) (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
              VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1   Noem enige TWEE faktore wat in ag geneem moet word wanneer
      beleggingsbesluite geneem word.                                                    (2)
2.2   Identifiseer die leierskapstyl toegepas deur Mpilo (Edms.) Bpk. in ELKE geval
      hieronder.
      2.2.1    Mpilo verseker dat werknemers versoek word om insette tydens
               beplanningsessies lewer.                                                  (2)
      2.2.2    Werknemers word toegelaat om hul eie besluite te neem solank hulle
               nie die besigheid se beleid skade aandoen nie.                            (2)
      2.2.3    Werknemers word beloon om hul teikens te bereik en gestraf indien
               hul nie by spertye hou nie.                                               (2)

2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
      Mzimasi het ŉ besigheidsperseel ter waarde van R500 000 gekoop en het dit
      vir R200 000 verseker. ŉ Brand het ŉ gedeelte van die eiendom ter waarde
      van R50 000 verwoes.
      2.3.1   Noem die versekeringsklousule wat op die scenario hierbo van
              toepassing is.                                                             (2)

      2.3.2   Bereken die bedrag wat Mzimasi van die versekeraar as vergoeding
              sal ontvang. Toon ALLE berekeninge.                                        (4)

2.4   Verduidelik TWEE soorte voorkeuraandele.                                           (6)
2.5   Bespreek die belangrikheid van versekering aan besighede.                          (6)
2.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Lynnette het R50 000 van haar oorlede moeder se boedel geërf. Sy het besluit
      om die geld in ŉ vaste deposito by Safe Bank teen 12% saamgestelde
      jaarlikse rente oor ŉ tydperk van twee jaar te belê.

      2.6.1    Definieer ŉ vaste deposito as ŉ tipe belegging.                           (2)
      2.6.2    Bereken die bedrag rente wat Lynnette na twee jaar sal ontvang.
               Toon ALLE berekeninge.                                                    (4)
2.7   Stel ŉ situasie in die werkplek voor waar die outokratiese leierskapstyl
      toegepas kan word.                                                                (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                    7

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1    Noem VIER komponente van Korporatiewe Maatskaplike/Sosiale
       Verantwoordelikheid (KMV/KSV).                                                  (4)
3.2    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                             KONING SAAGMEULE (KSM)
       Koning Saagmeule vervaardig huishoudelike en industriële hout. KSM het
       50 werknemers in diens en gereelde mediese ondersoeke word uitgevoer.
       Daar word op ŉ daaglikse basis na die gesondheid van werknemers
       omgesien. KSM verskaf ook veiligheidsopleiding aan werknemers om
       ongelukke te voorkom.

       3.2.1    Identifiseer TWEE rolle van die gesondheids- en veiligheids-
                verteenwoordigers vanuit die bostaande scenario.                        (2)

       3.2.2    Verduidelik die verantwoordelikhede van werknemers om menslike
                gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.                   (6)

3.3    Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.                           (6)

3.4    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           MOZE & JOE ONTGINNING (MJO)
       ŉ Tender is aan Moze en Joe toegeken vir die ontginning van natuurlike
       gasse langs die suidoos-kus en die Karoo. Moze stel daarin belang om ŉ
       paneel van deskundiges uit te nooi om die impak van die projek op die
       omgewing te evalueer, terwyl Joe al die dryf- en remkragte wil lys.

       3.4.1    Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur MJO
                toegepas is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan
                te haal.
                Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.4.1 te
                beantwoord.
        PROBLEEMOPLOSSINGSTEGNIEK                          MOTIVERING
       1.
       2.                                                                               (6)

       3.4.2    Bespreek die voordele van EEN van die probleemoplossings-
                tegnieke in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer.                                 (4)

3.5    Beskryf hoe besighede die dinkskrumtegniek kan toepas om komplekse
       sakeprobleme op te los.                                                          (4)

3.6    Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek
       kan hanteer.                                                                     (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1   Gee enige TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedinge.                              (2)
4.2   Identifiseer die tipe belegging wat deur GG Ingenieurs in elke stelling
      hieronder beskryf, gebruik is.
      4.2.1    GG Ingenieurs het ŉ minimum van R1 000 teen ŉ vaste koers in
               die fonds met gewaarborgde opbrengste, geen risiko verbonde,
               belê.
      4.2.2    GG Ingenieurs het in ŉ kombinasie van verskillende aandele en
               sekuriteite belê wat deur ŉ fondsbestuurder bestuur word.                 (4)
4.3   Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburg Sekuriteit/Effektebeurs
      (JSE).                                                                             (4)
4.4   Bespreek die volgende beginsels van versekering:
      4.4.1    Skadeloosstelling/Indemnifikasie                                          (4)
      4.4.2    Sekuriteitstelling/Sekerheid                                              (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5   Klassifiseer ELKE geval hieronder of dit ŉ onetiese of onprofessionele
      sakepraktyk voorstel.
      4.5.1    Die verkoopsverteenwoordiger van         Queen    Holdings       speel
               rekenaarspeletjies tydens werkstyd.                                       (2)

      4.5.2    Power Wiele adverteer tweedehandse bande as nuut.                         (2)

4.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           EKHAYA BOS SAFARI’S (EBS)
      Vusi is die menslike-hulpbronnebestuurder van Ekhaya Bos Safari’s. EBS
      het Kate, Judy en Simon as kelners in diens geneem. Vusi hou nie van
      Simon nie en behandel hom anders as die twee vroulike werknemers. Hy
      ontmoet selde met sy werknemers om terugvoering te gee. Simon is
      ongelukkig en is van voorneme om te bedank.

      4.6.1    Haal TWEE oorsake van konflik uit die scenario hierbo aan.                (2)

      4.6.2    Gee EBS raad oor hoe hulle konflik in die werkplek moet hanteer.          (8)

4.7   Verduidelik die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid op
      besighede.                                                                         (4)
4.8   Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                         (4)
                                                                                        [40]
                                                         TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                    9

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op die vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
              VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING)

Lindy, Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) van Afrika Minerale Bpk., beplan om ŉ
aanbieding by ŉ besigheidskonferensie te maak. Sy berei PowerPoint-skyfies
en inligtingstukke voor om haar aanbieding te ondersteun. Sy is nie iemand wat
daarvan hou om in die openbaar te praat nie en het ŉ gebrek aan selfvertroue in
die beantwoording van vrae wat deur die gehoor gestel word.

Met verwysing na die scenario hierbo, skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

 Beskryf kortliks die aspekte wat Lindy met die ontwerp van ŉ multimedia
  aanbieding moet oorweeg.
 Verduidelik die faktore wat Lindy tydens die aanbieding in ag moet neem.
 Bespreek die voordele van PowerPoint-skyfies en inligtingstukke as tipes
  visuele hulpmiddels.
 Gee Lindy raad oor hoe om na ŉ aanbieding op vrae te reageer.                      [40]

VRAAG 6:      BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE
              VERANTWOORDELIKHEID, KMV EN KMI)

Suid-Afrika beleef talle sosio-ekonomiese kwessies wat al sy burgers raak. Baie
besighede probeer hierdie uitdagings oplos deur hul tyd, geld en vaardighede in
sosiale programme te belê deur korporatiewe maatskaplike/sosiale investering
(KMI/KSI). Korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid moedig
besighede aan om aan die vereistes van drievoudige sleutelaspekte (‘triple bottom
line’) te voldoen.

Hou die stelling hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

 Beskryf kortliks die doel van KMI/KSI.
 Verduidelik die verband tussen maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid en
  drievoudige sleutelaspekte (‘triple bottom line’).
 Evalueer die impak van KMI/KSI op besighede.
 Stel maniere voor waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
  welstand van werknemers te bevorder.                                               [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:           40
                                                             GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [Business Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-eng-2/10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
