# Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/a0b8a3a5-09c8-41d3-a332-8666364b87ec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/a0b8a3a5-09c8-41d3-a332-8666364b87ec)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2023

                 BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                            BESIGHEIDSTUDIES V2                          (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
      en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      NIE.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag
      beantwoord word.

                                               VRAAG           PUNTE              TYD
                     AFDELING
                                                                                (minute)
      A: Objektiewe tipe vrae
         VERPLIGTEND                               1              30               20

      B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae          2              40
         KEUSE:                                    3              40               70
         Beantwoord enige TWEE.                    4              40

      C: TWEE opsteltipe vrae                      5              40
         KEUSE:                                                                    30
         Beantwoord enige EEN.                     6              40
                 TOTAAL                                          150               120

7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – NUWE bladsy,
      VRAAG 2 – NUWE bladsy.

8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                        BESIGHEIDSTUDIES V2                                  3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
       1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1 Jabu, die spanleier by Groep Projekte, gebruik ŉ … leierskapstyl wanneer
             besluite geïmplementeer word sonder om werknemers te raadpleeg.

               A      transaksionele
               B      charismatiese
               C      demokratiese
               D      outokratiese

       1.1.2 Sizani & Paul Prokureurs is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir
             die skulde van die besigheid. Hierdie ondernemingsvorm staan as ŉ ...
             bekend.

               A      maatskappy sonder winsoogmerk
               B      vennootskap
               C      privaat maatskappy
               D      publieke maatskappy

       1.1.3 Nicky het die terugvoersessie ná sy aanbieding op ŉ professionele wyse
             hanteer toe hy ...

               A      sy foute verdedig het wat deur die gehoor uitgewys is.
               B      slegs die persoon aangespreek wat die vraag gestel het.
               C      die hoofpunte van die aanbieding opgesom het.
               D      sy antwoorde kort en saaklik gehou het.

       1.1.4 Masande Bpk. het … as een van hul fokusareas van korporatiewe
             maatskaplike investering (KSI) geïdentifiseer.

               A      landelike ontwikkeling
               B      gelyke indiensneming
               C      besigheidsetiek
               D      voorsieningskettings

       1.1.5 Die proses wat ŉ bestuurder gebruik om die beste oplossing te kies, staan
             as … bekend.

               A      probleemoplossing
               B      roetine denke
               C      besluitneming
               D      dinkskrums
                                                                                    (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                             BESIGHEIDSTUDIES V2                            (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

                taal; grafieke; herinbesitstelling; kundige; tabelle;
               aweryklousule; belastingontwyking; aggressiewe; ras;
                                 belastingontduiking

      1.2.1 Goeie Versekerings BPK. het … toegepas toe goedere deur Fred
            Handelaars vir meer as die markwaarde daarvan verseker is.

      1.2.2 Steven, ŉ verkoopsbestuurder by YX Traders, gebruik … om
            verkoopssyfers in kolomme en rye te vertoon tydens sy aanbieding aan
            bestuur.

      1.2.3 ŉ Besigheid wat ŉ tolk vir vergaderings aanstel, spreek … as ŉ
            diversiteitskwessie aan.

      1.2.4 Kevin Logistieke hanteer … as ŉ tipe onetiese sakepraktyk deur alle
            belastingopgawes betyds by SAID in te dien.

      1.2.5 Bestuurders hanteer ... persoonlikhede deur hulle genoeg tyd te gee
            om te praat sonder om ander te intimideer.
                                                                         (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                5

1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                KOLOM A                             KOLOM B
     1.3.1    Skuldbriewe            A    handhaaf morele standaarde wanneer
                                          sake gedoen word

     1.3.2    Padongelukkefonds      B    bevorder die beeld van die besigheid en
                                          verhoog winste

     1.3.3    Staatsbeheerde         C    uitgereik om eie kapitaal      by   die
              maatskappye                 aandeelhouers te verkry

     1.3.4    Korporatiewe           D    vergoed voetgangers vir beserings
              maatskaplike                opgedoen as gevolg van nalatige
              verantwoordelikheid         bestuurders

     1.3.5    Etiese gedrag          E    verliese moet deur die direkteure gedek
                                          word

                                     F    uitgereik om leningskapitaal by die
                                          publiek te verkry

                                     G    bevorder die lewenstandaard van die
                                          gemeenskap sonder opbrengs op
                                          beleggings

                                     H    verliese moet deur die belastingbetaler
                                          gedek word

                                     I    handhaaf die gedragskode van ŉ
                                          spesifieke professie

                                     J    vergoed werknemers vir beserings wat
                                          in die werkplek opgedoen
                                                                        (5 x 2)      (10)

                                                        TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                             BESIGHEIDSTUDIES V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin, bv.
               VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1   Noem enige DRIE voorbeelde van korttermynversekering.                                (3)

2.2   Beskryf kortliks die aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ŉ
      multimedia-aanbieding ontwerp word.                                                  (4)

2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Inzalo Onderneming het ŉ bedrag van R15 000 oor ŉ tydperk van twee jaar
      teen 8% saamgestelde rente per jaar in ŉ vaste deposito belê.

      Bereken die rente wat Inzalo Onderneming na TWEE jaar sal ontvang.
      Toon ALLE berekeninge.                                                               (4)

2.4   Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede.                         (6)

2.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             PERFEKTE HANDELAARS (PH)

      Emihle, die verkoopsbestuurder by Perfekte Handelaars, het ŉ aanbieding aan
      die raad van direkteure gemaak. Sy het voor die aanvang van haar aanbieding
      harde kopieë van die verkoopsyfers aan hulle versprei.

      2.5.1    Identifiseer die visuele hulpmiddel wat Emihle tydens haar aanbieding
               gebruik het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
               haal.                                                                       (3)

      2.5.2    Beskryf die positiewe impak van die visuele hulpmiddel wat in
               VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is.                                              (4)

2.6   Onderskei tussen bestuur en leierskap.                                               (4)

2.7   Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van ŉ
      publieke maatskappy kan bydra:

      2.7.1    Bestuur                                                                     (4)

      2.7.2    Wetgewing                                                                   (4)

2.8   Stel situasies voor waarop die laissez-faire-/vryeteuels-leierskapstyl in die
      werkplek toegepas kan word.                                                         (4)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                       BESIGHEIDSTUDIES V2                               7

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1    Noem enige TWEE menseregte in die werkplek.                                         (2)

3.2    Beskryf kortliks die voordele van diversiteit in die werkplek.                      (6)

3.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  ZINTLE BAKSTENE (ZB)

       Zintle Bakstene spesialiseer in die vervaardiging van gehalte bakstene. ZB
       verskaf persoonlike beskermende klere aan werkers. Die werknemers van ZB
       sorg vir hul eie gesondheid en veiligheid wanneer bakstene vervaardig word.
       Hulle meld alle ongelukke wat plaasgevind het teen die einde van die dag by
       die bestuur aan.

       3.3.1    Haal TWEE verantwoordelikhede van die werknemers van ZB om
                menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder vanuit
                die scenario hierbo aan.                                                   (2)

       3.3.2    Gee ZB raad oor ander verantwoordelikhede van die werknemers om
                menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.             (4)

3.4    Verduidelik hoe misbruik van werktyd as ŉ tipe onprofessionele sakepraktyk,
       uitdagings vir besighede inhou.                                                     (6)

3.5    Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                          (4)

3.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                               BOORGAT TEGNOLOGIE (BT)

       Boorgat Tegnologie beoog om ŉ nuwe elektroniese boorstelsel bekend te stel.
       Hulle het al die voor- en nadele vir die verandering na die nuwe stelsel
       oorweeg. BT het ook ŉ paneel kundiges versoek om navorsing oor die
       uitdagings van hierdie stelsel te doen.

       3.6.1    Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur BT gebruik
                is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

                Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te
                beantwoord.

                      PROBLEEMOPLOSSINGS-                     MOTIVERINGS
                           TEGNIEKE
                1.
                2.                                                                         (6)

3.7    Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.               (6)

3.8    Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
       effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word.                                 (4)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                            BESIGHEIDSTUDIES V2                          (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1   Noem enige TWEE leierskapsteorieë.                                                  (2)

4.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                             KAMESH HANDELAARS (KH)
      Kamesh Handelaars het 'n versekeringskontrak by Veilige Versekeraars
      uitgeneem. KH was eerlik toe die kontrak aangegaan is deur alle relevante feite
      bekend te maak. Kamesh het homself ook in die geval van lewensverlies
      verseker.

      4.2.1    Identifiseer TWEE beginsels van versekering van toepassing op KH.
               Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
               Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2.1 te
               beantwoord.

               BEGINSELS VAN VERSEKERING                     MOTIVERINGS
               1.
               2.                                                                         (6)

4.3   Bespreek faktore wat oorweeg moet word wanneer ŉ aanbieding voorberei
      word.                                                                               (6)

4.4   Evalueer die impak van vaste deposito’s van ŉ beleggingsvorm.                       (6)

BESIGHEIDSROLLE
4.5   Noem enige TWEE King-kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur.                 (2)

4.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             MEGA VERVAARDIGING (MV)
      Mega Vervaardiging spesialiseer in die vervaardiging van skoolskoene. MV
      verskaf basiese onderwys vir volwassenes. Hulle belê ook in
      werkskeppingsprojekte in hul gemeenskap. MV streef daarna om 'n balans
      tussen die elemente van die drievoudige sleutelaspekte te handhaaf.

      4.6.1    Haal TWEE voorbeelde van KMI-projekte in die scenario hierbo aan.          (2)
      4.6.2    Verduidelik die verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid
               en drievoudige sleutelaspekte.                                             (6)
4.7   Bespreek hoe besighede armoede as ŉ diversiteitskwessie in die werkplek kan
      hanteer.                                                                            (6)

4.8   Beveel maniere aan waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
      denke in die werkplek bevorder.                                                    (4)
                                                                                        [40]
                                                            TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                      BESIGHEIDSTUDIES V2                                 9

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
              VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

Besighede belê in ŉ verskeidenheid aandele, insluitend gewone en voorkeuraandele
vir toekomstige groei. Sommige besighede oorweeg beleggingsfaktore voordat hulle
hul surplusfondse in effektetrusts belê. Besighede moet dus bewus wees van die
funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs.

Skryf ŉ opstel oor beleggingsekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit:

•   Beskryf kortliks die verskille tussen gewone en voorkeuraandele.
•   Verduidelik enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer
    beleggingsbesluite geneem word.
•   Bespreek die impak van effektetrusts as ŉ beleggingsvorm.
•   Gee besighede raad oor die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs
    (JSE).                                                                                [40]

VRAAG 6:      BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKBESTUUR)

Konflik kan ontstaan wanneer verskillende mense saamwerk daarom moet
besighede konflik kan hanteer. Besighede moet hulself vergewis van die stadiums
van spanontwikkeling en ook maniere vind om moeilike werknemers te hanteer.

Skryf ŉ opstel oor spanprestasie en konflikbestuur waarby jy die volgende aspekte
insluit:

•   Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek.
•   Verduidelik hoe besighede konflik in die werkplek kan hanteer.
•   Bespreek DRIE stadiums van spanontwikkeling.
•   Stel verskillende maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die
    werkplek kan hanteer.                                                                 [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2023-eng/57a811d0-088b-46fe-8e70-76637c58ad93) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
