# Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-qp-nov-2019-afr-d/e2978489-7d5f-40be-9311-a1b6155ecbb3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-qp-nov-2019-afr-d/e2978489-7d5f-40be-9311-a1b6155ecbb3)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                  BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                             *IBUSTA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die
        hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.     Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
        vereis word.

        Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
        in AFDELING C nagesien sal word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

 4.     Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.     Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
        ŉ antwoord te bepaal.

 6.     Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydtoekenning wanneer elke
        vraag beantwoord word.

                                               VRAAG         PUNTE             TYD
                      AFDELING
                                                                             (minute)
        A:   Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                          1             30               30

        B:   DRIE direkte/indirekte tipe          2             40               30
             vrae
             KEUSE:                               3             40               30
             Beantwoord enige TWEE.
                                                  4             40               30

        C:   TWEE opsteltipe vrae                 5             40               30
             KEUSE:
             Beantwoord enige EEN.                6             40               30
                   TOTAAL                                      150              120

 7.     Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
        bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy ens.

 8.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                     3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Top Teikens se werkers het aan ŉ … deelgeneem toe hulle
                 gesamentlik geweier het om te werk.

                 A     uitsluiting
                 B     betoging/protesoptog
                 C     staking
                 D     sloerstaking

        1.1.2    Geld Vinders bied klein lenings aan mense wat nie krediet by banke
                 kan kry nie. Dit is ŉ voorbeeld van ŉ uitdaging van die … omgewing.

                 A     mark-
                 B     makro-
                 C     mikro-
                 D     primêre

        1.1.3    Gesonde Lekkers gebruik … prysbepaling toe hulle ŉ nuwe
                 sjokoladestafie van stapel gestuur het teen ŉ prys laer as ŉ
                 soortgelyke sjokoladestafie wat reeds op die mark is.

                 A     penetrasie-
                 B     mededingende-
                 C     diskonto/afslag-
                 D     gedifferensieerde

        1.1.4    Gugu Sakke produseer 3 500 sakke teen ŉ totale koste van
                 R259 000. Indien hulle 40% wins op kosprys wil maak, sal hulle die
                 sakke teen … per sak moet verkoop.

                 A     R74,00
                 B     R103,60
                 C     R29,60
                 D     R52,86

        1.1.5    Hierdie Wet laat nie vir Futa Kosse toe om toetse en eksamens uit te
                 voer tydens die seleksieproses nie, indien dié diskrimineer teen
                 kandidate op grond van ras, geslag of kultuur:

                 A     Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD), 1997 (Wet 75 van
                       1997)
                 B     Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
                 C     Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                 D     Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
                       (‘COIDA’), 1997 (Wet 61 van 1997)                  (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
       Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

          netwerkvorming; menslike; strategiese bondgenoot; natuurlike; primêre;
          standaardisering; reguleerder; magsverhoudinge; gradering; oorhoofse

       1.2.1    Mega Myne gaan sluit as gevolg van die uitputting van … hulpbronne.

       1.2.2    Die proses om ŉ voordelige verhouding met ander sakelui en kliënte
                te vestig, staan as … bekend.

       1.2.3    Die SABS as ŉ … bevorder standaardisasie in die handel en
                nywerheid.

       1.2.4    Die maandelikse huur wat deur Skoen Wêreld betaal word maak deel
                uit van hul … kostes.

       1.2.5    Leto Vervaardigers gebruik die proses van … om identiese produkte
                met die gebruik van masjinerie te vervaardig.              (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  BESIGHEIDSTUDIES V1                                        5

  1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                 KOLOM A                                KOLOM B
        1.3.1    Storting             A   die proses van beskendstelling van nuwe
                                          werknemers aan die besigheid en sy
                                          verwante aspekte

        1.3.2    Arbeidsbeperking     B   afbreek van die internationale hindernisse
                                          om handel te dryf en die beweging van
                                          goedere en dienste te bevorder om ŉ
                                          globale ekonomie te skep

        1.3.3    Stukwerk             C   die manier waarop die materiaal moet
                                          beweeg van een punt na die volgende
                                          totdat die finale produk voltooi is

        1.3.4    Skedulering          D   ŉ land voer onwettige goedere uit na ŉ
                                          ander land

        1.3.5    Induksie             E   betaal werkers vir die hoeveelheid ure wat
                                          hulle werk

                                      F   die regerings-inisiatief wat dit moeilik maak
                                          om vaardighede internasionaal in te voer,
                                          maar besighede eerder aanmoedig om
                                          iemand plaaslik aan te stel

                                      G die proses waardeur ŉ nuwe werknemer in
                                        ŉ vakante posisie geplaas word

                                      H   bereken die vereiste tyd om elke aktiwiteit
                                          uit te voer en teen wanneer die proses
                                          voltooi moet wees

                                      I   betaal werkers vir die aantal produkte/items
                                          wat hulle vervaardig

                                      J   ŉ vervaardiger in een land voer goedere uit
                                          na ŉ ander land teen ŉ prys wat heelwat
                                          laer is as die prys wat dit in sy tuismark vra
                                                                                   (5 x 2)   (10)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
               VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy ens.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1   Noem DRIE soorte besigheidsektore.                                              (3)

 2.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                JOE SUPERMARK (JS)

       Joe Supermark het ŉ bestuurder in diens geneem wat ŉ gebrek aan
       bestuursvaardighede het. Die verhoging in die minimum lone van werkers
       wat deur wetgewing afgedwing word, maak dit ook moeilik om ŉ wins te
       maak. Onlangs het ŉ nuwe 24-uur supermark oorkant die straat van Joe
       Supermark oopgemaak.

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om die vrae wat volg te beantwoord.

            UITDAGINGS              BESIGHEIDS-           MATE VAN BEHEER
               (2.2.1)              OMGEWINGS                   (2.2.2)
                                       Mikro
                                       Mark
                                       Makro

       2.2.1    Haal EEN uitdaging in elke besigheidsomgewing wat JS moet
                hanteer uit die scenario hierbo aan.                                   (3)

       2.2.2    Noem die mate van beheer wat JS oor ELKE besigheidsomgewing
                het.                                                                   (3)

 2.3   Verduidelik die impak van stakings as ŉ sosio-ekonomiese kwessie op
       besighede.                                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                     7

 2.4    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     UITKYK MYNE

        Uitkyk Myne spesialiseer in die ontginning van goud. Die mynwerkers
        behoort almal aan ŉ vakbond. Die vakbond ontmoet gereeld met die
        bestuur van die myn in ŉ poging om die werksomstandighede van die
        werkers te verbeter.

        Die vakbond verskaf ook wetlike en finansiële advies aan hul lede. Onlangs
        het die vakbond die regering se besluit beïnvloed om die veilige gebruik
        van plofstowwe in myne te verseker.

        2.4.1    Haal DRIE funksies van ŉ vakbond uit die scenario hierbo aan.         (3)

        2.4.2    Beskryf in breë trekke ander funksies van ŉ vakbond.                  (6)

 2.5    Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) 1995 (Wet
        66 van 1995).                                                                  (6)

 2.6    Bespreek maniere waarop besighede werkloosheid as ŉ sosio-ekonomiese
        kwessie kan hanteer.                                                           (4)

 2.7    Stel maniere voor waarop ŉ besigheid homself van sy mededingers kan
        onderskei.                                                                     (6)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1   Noem die DRIE kategorieë van verbruikersgoedere.                                  (3)

 3.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              HELDER BESKUITJIES (HB)

       Helder Beskuitjies verkoop verskillende soorte beskuitjies. Hulle beskuitjies
       word verpak in lugdigte houers wat ook gebruik kan word om ander items
       te stoor wanneer die beskuitjies op is. Onlangs het Helder Beskuitjies ook
       lekkers en beskuitjies saam verpak en as ŉ spesiale aanbieding verkoop.

       3.2.1    Identifeer die TWEE soorte verpakking wat deur Helder Beskuitjies
                gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
                aan te haal.                                                             (6)

                Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 3.2.1 te
                beantwoord.

                      SOORT VERPAKKING                     MOTIVERING
                1.
                2.

       3.2.2    Verduidelik die doel van verpakking van produkte.                        (6)

 3.3   Bespreek maniere waarop Suid-Afrikaanse besighede ŉ buitelandse mark
       kan betree.                                                                       (6)

 3.4   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  KASTE VIR AFRIKA

       Kaste vir Afrika spesialiseer in die maak van ingeboude kaste. Hulle maak
       die kaste volgens die presiese spesifikasies van ŉ spesifieke kliënt.

       3.4.1    Identifiseer die produksiestelsel wat deur Kaste vir Afrika gebruik
                word. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario
                hierbo.                                                                  (3)

       3.4.2    Verduidelik die nadele van die produksiestelsel, wat in
                VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is, op besighede.                             (6)

 3.5   Beskryf totale gehaltebestuur (TGB/’TQM’) as deel van gehaltebestuur-
       sisteme.                                                                          (4)

 3.6   Gee besighede raad oor die aspekte wat tydens produksiebeheer oorweeg
       moet word.                                                                        (6)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                        9

  VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

  BESIGHEIDSOMGEWINGS

  4.1 Identifiseer moonlike oplossings vir Deftige Voete om rowery (‘piracy’) te
      hanteer in elke stelling hieronder:

        4.1.1    Deftige Voete gebruik ŉ spesiale simbool van twee voete met
                 vlerke om kliënte in staat te stel om hulle skoene te identifiseer.

        4.1.2    Deftige Voete het hul uitvinding om die hoogte van hul hakke van
                 hul skoene te verander deur slegs verskillende lengtes hakke aan
                 te knip geregistreer.                                                     (4)

  4.2 Verduidelik voordele van besighede wat betrokke in die makro-omgewing
      is.                                                                                  (6)

  4.3 Bespreek hoe kontemporêre wetgewing besigheidsbedrywighede kan
      affekteer.                                                                           (4)

  4.4 Beveel maniere aan waarop besighede in die makro-omgewing betrokke
      kan wees.                                                                            (6)

  BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

  4.5   Noem DRIE werknemervoordele.                                                       (3)

  4.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   ELITE SWEETPAKKE
        Elite Sweetpakke verkoop sweetpakke in Oos-Londen. Hulle plaas altyd ŉ
        advertensie in die plaaslike koerant om hul weeklikse spesiale aanbiedings
        te adverteer. Onlangs het hulle ook ŉ foto in die koerant gehad van die
        plaaslike sokkerspan se sweetpakke wat hulle borg.

        4.6.1    Identifiseer TWEE komponente van die bemarkingskommunikasie
                 /promosie-beleid wat deur Elite Sweetpakke gebruik word.                  (4)

        4.6.2    Noem enige ander EEN komponent van die bemarkings-
                 kommuniksie/promosie-beleid wat deur Elite Sweetpakke gebruik
                 kan word.                                                                 (1)

  4.7   Verduidelik die nadele van elektroniese bemarking vir besighede.                   (4)

  4.8   Brei uit oor die betekenis van gehaltebeheer as ŉ gehaltekonsep.                   (4)

  4.9   Beveel voorkomingsmaatreëls aan wat besighede behoort te neem
        wanneer masjinerie tydens die produksieproses gebruik word.                        (4)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
               VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 Besighede moet voortdurend aanpas by die uitdagings van die mikro-, mark- en
 makro-besigheidsomgewings. Invloedwerwing en magsverhoudinge kan deur
 besighede gebruik word om by die uitdagings aan te pas.

 Skryf ŉ opstel waarin jy die volgende aspekte aanspreek:

  Verduidelik VIER maniere waarop besighede kan aanpas by uitdagings in die
   makro-omgewing
  Bespreek DRIE soorte invloedwerwing
  Beskryf maniere waarop besighede magsverhoudinge kan vorm
  Stel maniere voor waarop besighede ŉ direkte invloed op die omgewing kan
   hê                                                                               [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

                         KRISTAL KONSTRUKSIE (KK)

 Kristal Konstruksie het interne en eksterne werwing gebruik voordat hulle
 onderhoude gevoer het met drie kandidate wat op die kortlys geplaas is tydens
 die seleksieproses. Die bestuur sal ook ŉ indiensnemingskontrak vir die verkose
 kandidaat moet voorberei.

 As ŉ menslike hulpbronne konsultant, skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

  Onderskei tussen interne en eksterne werwing; sluit in ŉ voorbeeld van elke
   tipe werwing
  Verduidelik die seleksieproses
  Gee Kristal Konstruksie raad oor die rol van die onderhoudvoerder tydens die
   onderhoud
  Beveel Kristal Konstruksie aan oor die aspekte wat in die
   indiensnemingskontrak van die gekose kandidaat ingesluit moet wees               [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C:           40
                                                            GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [BUSINESS STD P1 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-qp-nov-2019-eng-d/bcfe215a-4707-49a6-8652-de2b56a621e9) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STD P1 MEMO NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-memo-nov-2019-afr-d/3c553b35-1420-4bb5-9b2f-5ed1285bccbc) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STD P1 MEMO NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-memo-nov-2019-eng-d/3ecaaee1-a414-4e37-8d1b-b529a19c5d32) — Business Studies · Memo · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 QP GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr11-nov2019-eng-d/6d8383b6-37b1-460d-b08d-303ee6050476) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 QP GR11 NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr11-nov2019-afr-d/2ddc56cc-ed06-4d9b-8261-275bad54c70e) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [Business Studies P1 GR 11 Exemplar Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/d4c0ac07-3da5-4824-8dc5-020d0bd9aed1) — Business Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
