# Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-afr/15be5217-bc07-4c09-b6de-b2f2f8e5e259
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-afr/15be5217-bc07-4c09-b6de-b2f2f8e5e259)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               BESIGHEIDSTUDIES

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.       Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
         wat vereis word.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is nie.

4.       Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
         wees.

5.       Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
         van 'n antwoord te bepaal.

6.       Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
         elke vraag beantwoord word.

                  AFDELING                  VRAAG           PUNTE            TYD
          A:   Objektiewe tipe vrae
               VERPLIGTEND                       1            40           30 minute

          B: VYF direkte/indirekte               2            60           30 minute
             tipe vrae                           3            60           30 minute
             KEUSE (Beantwoord                   4            60           30 minute
             enige DRIE.)                        5            60           30 minute
                                                 6            60           30 minute

          C: VIER opsteltipe vrae             7               40           30 minute
             KEUSE (Beantwoord                8               40           30 minute
             enige TWEE.)                     9               40           30 minute
                                              10              40           30 minute

          TOTAAL                                             300          180 minute

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             3                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

          1.1.1       Volgens hierdie leierskapsteorie word werknemers aangemoedig
                      om hard te werk omdat hulle beloning sal ontvang:

                      A   Situasionele
                      B   Charismatiese
                      C   Transaksionele
                      D   Demokratiese

          1.1.2       Die sukses van 'n besigheid word hoofsaaklik toegeskryf aan …

                      A   winsgewendheid.
                      B   maatskaplike projekte.
                      C   BBSEB-tellings.
                      D   insolvensie.

          1.1.3       Hierdie Wet maak voorsiening vir die funksionering van die
                      Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA):

                      A   Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                          (Wet 53 van 2003)
                      B   Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
                      C   Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
                      D   Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)

          1.1.4       'n Regeringsagentskap wat gehaltestandaarde         vir   produkte
                      ontwikkel wat in Suid-Afrika vervaardig word:

                      A   SABC
                      B   SABS
                      C   SARB
                      D   SAKO ('SAQA')

          1.1.5       Werkgewers word wetlik verplig om 'n vaardigheidsheffing te betaal
                      as hul totale jaarlikse salarisuitgawes meer as … beloop.

                      A   R1 miljoen
                      B   R5 miljoen
                      C   R250 000
                      D   R500 000

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              4                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

          1.1.6       Verbruikers voltooi vraelyste nadat hulle IBI Beverage se nuwe
                      vrugtesap geproe het. Dit word … terugvoering genoem.

                      A   implisiete
                      B   geskrewe
                      C   mondelinge
                      D   verbale

          1.1.7       Watter stelling is WAAR ten opsigte van kreatiwiteit?

                      A   Slegs intelligente mense is kreatief.
                      B   Kennis ondersteun nie kreatiwiteit nie.
                      C   Kreatiwiteit is 'n aangebore talent wat ook deur leer bekom kan
                          word.
                      D   Slegs kunssinnige mense is kreatief.

          1.1.8       'n Probleemoplossingstegniek waar 'n span kundiges vraelyste
                      gegee word om hul opinies te kry sonder om hulle byeen te bring:

                      A   Kragveld
                      B   Dinkskrum
                      C   Leë-stoel
                      D   Delphi

          1.1.9       Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van korporatiewe
                      maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid vir 'n onderneming?

                      A   Verhoog finansiële risiko's
                      B   Goeie publisiteit om reputasie te verbeter
                      C   Gedetailleerde verslae moet opgestel word
                      D   Projekte moet voortdurend gemonitor word

          1.1.10      Werknemers het die reg om aan 'n vakbond te behoort. Dit staan
                      as 'n werknemer se reg tot … bekend.

                      A   vryheid van assosiasie
                      B   regverdige behandeling
                      C   gelyke betaling
                      D   waardige behandeling                                       (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              5                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.2       Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
          die    woord(e)    langs    die    vraagnommer      (1.2.1–1.2.5)  in    die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       'n Maksimum van (tien/vyftig) lede kan 'n beslote korporasie stig.

          1.2.2       (Bruto/Netto) vergoeding is 'n bedrag wat 'n werknemer na
                      aftrekkings ontvang.

          1.2.3       Die Departement van Arbeid het die Nasionale (Vaardigheids-
                      ontwikkelingstrategie/Groeistrategie) ingestel om die kwaliteit van
                      onderwys en opleiding te verbeter.

          1.2.4       (Aandeel/Obligasie)-houers is krediteure van 'n maatskappy.

          1.2.5       Die (Belbin/Jung)-spanteorie is gebaseer op die idee dat mense
                      met 'n voorkeur vir sekere houdings en funksies gebore word.
                                                                                 (5 x 2)            (10)

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 J.

                    KOLOM A                                    KOLOM B
          1.3.1 Aftreeannuïteit               A     besluite gewoonlik deur topvlak-
                                                    bestuurders geneem
          1.3.2 Bybetaling
                                              B     gewoonlik deur keuse gevolg
          1.3.3 Bestuurders
                                              C     bedrag geld wat deur die versekerde
          1.3.4 Strategiese besluite                betaal word wanneer die eis ingedien
                                                    word
          1.3.5 Menslikehulpbron-
                afdeling                      D     voorsien finansiële sekuriteit vir die
                                                    belegger wanneer hy sy aftree-
                                                    ouderdom bereik

                                              E     verantwoordelik vir die bemarking van
                                                    besigheidsprodukte/-dienste

                                              F     besluite gewoonlik deur middelvlak-
                                                    bestuurders geneem

                                              G     verantwoordelik vir die werwing van
                                                    personeel

                                              H     oefen gesag uit om dinge in 'n
                                                    onderneming op grond van hul posisie
                                                    gedoen te kry
                                                                                   (5 x 2)           (10)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
              ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

2.1       Identifiseer die PESTWO-elemente wat in elke scenario hieronder geïllustreer
          is:

          2.1.1        Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die repokoers
                       onveranderd te laat

          2.1.2        Die regering het die regstellende-aksie-beleid ingestel om die
                       ongelykhede van die verlede te oorbrug

          2.1.3        Regeringsaansporings wat aan maatskappye gegee word om
                       natuurbewaringsprogramme te borg

          2.1.4        Ondernemings bevorder aanlynhandel om papierwerk te verminder

          2.1.5        Die instelling van die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68
                       van 2008) skakel uitbuiting van verbruikers deur ondernemings uit        (10)

2.2       Voltooi die tabel oor ekonomiese sektore hieronder. Skryf slegs die korrekte
          woord(e) langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

           SEKTOR           BESKRYWING           NYWERHEID/         VOORBEELD VAN
                                                   BEDRYF           'N ONDERNEMING
              2.2.1          Ontgin grond-          Bosbou                2.2.2
                      (1)    stowwe uit die                                      (2)
                                 natuur
          Sekondêre               2.2.3               2.2.4           ABC Meubel-
                                           (2)                (1)     vervaardigers
              2.2.5          Lewer 'n diens         Gasvryheid            2.2.6
                      (1)                                                             (2)       (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.3       BB Aartappelplaas verskaf aartappels aan plaaslike groentewinkels sowel as
          aan Zimba Bpk. wat bros aartappelskyfies vervaardig en landwyd verskaf.

          2.3.1       Verduidelik hoe BB Aartappelplaas vertikale integrasie kan toepas.
                      Met verwysing na die scenario hierbo, watter soort vertikale
                      integrasie kon hulle toegepas het?                                         (4)

          2.3.2       Beskryf hoe Zimba Bpk. vertikale integrasie kan toepas. Met
                      verwysing na die scenario hierbo, watter soort vertikale integrasie
                      kon hulle toegepas het?                                                    (4)

          2.3.3       Onderskei tussen horisontale integrasie en horisontale
                      diversifikasie. Gee 'n praktiese voorbeeld van elk met gebruik van
                      die scenario hierbo.                                                       (6)

2.4       Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) het ten doel
          om die werksomstandighede van werkers in Suid-Afrika te verbeter. Bespreek
          die volgende met betrekking tot hierdie Wet:

          2.4.1       DRIE soorte verlof                                                         (9)

          2.4.2       TWEE nadele van hierdie Wet vir ondernemings                               (6)

2.5       Analiseer die impak van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
          -siektes ('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997), soos gewysig, op beide
          werkgewers en werknemers.                                                              (12)
                                                                                                 [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              8                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      HOE MTETO NYATI SE LEIERSKAP MICROSOFT SA
                        IN 'N 'BESTE WERKGEWER' VERANDER HET
          Mteto Nyati lei nie net Microsoft SA om sy markaandeel in Afrika te vergroot
          nie, hy wen ook sake-toekennings.
          Nyati glo dat die enigste manier om hoë vlakke van uitnemendheid te bereik,
          is deur hoë leierskapstandaarde te hê. Hy glo ook dat leiers duidelike riglyne
          moet hê en nie vir kritiek bang moet wees nie. Leiers moet eerlik wees en
          presies weet wat hulle wil bereik.
          Nyati vergader elke maand met sy span met die doel om terugvoering en
          insette te kry oor waarheen die maatskappy op pad is. 'Ek vra twee dinge van
          elkeen: waarmee moet ons aanhou en wat moet ons verander om te verbeter.
          Almal moet idees bydra.' Lewensvatbare idees word dan geïmplementeer.
                                              [Aangepas uit Succeed Magazine, Februarie 2013]

          3.1.1       Identifiseer DRIE eienskappe van 'n suksesvolle leier uit die
                      gevallestudie hierbo.                                                        (3)
          3.1.2       Mteto Nyati is 'n demokratiese leier. Ondersteun hierdie stelling
                      deur DRIE karaktereienskappe uit die gevallestudie aan te haal.              (3)
          3.1.3       Evalueer die demokratiese leierskapstyl.                                     (8)

3.2       Koöperasies word deur 'n groep belanghebbendes gestig sodat daar aan
          hulle ekonomiese en maatskaplike behoeftes voldoen kan word deur 'n
          onderneming wat gesamentlik besit word.

          3.2.1       Noem VIER soorte koöperasies.                                                (4)
          3.2.2       Verduidelik enige DRIE voordele van hierdie ondernemingsvorm.                (9)

3.3       Onderskei tussen enkelvoudige en saamgestelde rente.                                     (4)

3.4       Annette het drie jaar gelede R10 000 in 'n vaste deposito belê en het R11 800
          ontvang toe dit verval het. Sy bedryf ook 'n kleinerige snoepwinkel by 'n
          plaaslike skool waarin sy aanvanklik R10 000 as aanvangskapitaal belê het.
          Die snoepwinkel het 'n wins van R3 600 in totaal oor die afgelope drie jaar
          gegenereer.

          3.4.1       Bereken die opbrengskoers per jaar (%) wat Annette op die vaste
                      deposito ontvang het.                                                        (5)
          3.4.2       Bereken die opbrengskoers per jaar (%) op Annette se belegging
                      in haar onderneming.                                                         (5)
          3.4.3       Die vaste deposito het nou verval en sy het die opsie om dit in die
                      bank te herbelê of om dit in haar onderneming vir uitbreiding te
                      gebruik. Maak 'n aanbeveling en motiveer wat die beste
                      beleggingsopsie vir Annette sal wees.                                        (5)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            9                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

3.5       Analiseer die volgende beleggingsvorme wat op die Johannesburgse
          Sekuriteitebeurs Bpk. (die JSE) beskikbaar is:

          3.5.1       Voorkeuraandele                                                          (8)

          3.5.2       RSA-kleinhandeleffekte                                                   (6)
                                                                                               [60]

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          CC Kreatiewe Ontwerp is 'n suksesvolle grafiese ontwerponderneming wat
          spesialiseer in die ontwerp van kreatiewe sosialemedia-bemarking en
          reklameveldtogte. Sam Mamabulo, die eienaar, glo dat 'n werksomgewing
          wat voortdurend verander kreatiewe denke aanmoedig. Hy het onlangs al die
          vloerteëls in hul Kaapstadse kantore met nagemaakte gras vervang. Alle
          werknemers moet gedurende werkstyd kaalvoet loop. Kantoorure is buigbaar
          so personeel kan hul eie werksure kies solank hulle hul spertye nakom.
          Sam sê: 'Kreatiewe denke ondersoek idees en idees is geleenthede.'

          4.1.1       Haal 'n strategie uit die scenario hierbo aan wat toon hoe Sam
                      kreatiewe denke aanmoedig.                                               (1)

          4.1.2       Noem enige VIER struikelblokke wat kan voorkom dat Sam
                      Mamabulo kreatief dink.                                                  (8)

4.2       Elke scenario hieronder toon onprofessionele sakepraktyke. Stel EEN metode
          voor waarop die onderneming elke scenario kan hanteer:

          4.2.1       Middelvlakbestuurders bespreek werksverwante sake op sosiale
                      media.                                                                   (2)

          4.2.2       Die sekretaresse van die HUB in 'n groot maatskappy is ongeskik
                      wanneer sy die telefoon antwoord.                                        (2)

          4.2.3       Die HUB het 'n gewoonte om laat by raadsvergaderings op te daag
                      en almal moet wag voordat dringende sake bespreek kan word.              (2)

4.3       Beskryf wat met etiese gedrag bedoel word.                                           (4)

4.4       Identifiseer VIER diversiteitskwessies in die werkplek wat uniek aan Suid-
          Afrikaanse besighede is. Stel EEN strategie voor om elke kwessie op te los.          (12)

4.5       Beveel enige VIER stappe aan wat werkgewers en werknemers moet volg in
          die hantering van griewe in die werksplek.                                           (8)

4.6       Bespreek DRIE beginsels van professionalisme.                                        (9)

4.7       Ontleed VIER voordele van korporatiewe maatskaplike investerings (KMI)-
          projekte vir gemeenskappe.                                                           (12)
                                                                                               [60]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              10                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Jeff Bande (Edms.) Bpk. adverteer 'n pos vir 'n werkswinkelbestuurder in 'n
          nasionale koerant. Die advertensie het die posvereistes en -spesifikasies
          gespesifiseer en ook genoem dat alle kandidate op die kortlys aan
          siftingstoetse onderwerp sal word. Daar sal van suksesvolle kandidate
          verwag word om 'n indiensnemingskontrak te teken.

          5.1.1       Maak 'n lys van DRIE items wat in 'n posspesifikasie vir 'n
                      werkswinkelbestuurder ingesluit behoort te word.                         (3)

          5.1.2       Noem     DRIE   besonderhede      wat    as    inhoud    in    die
                      indiensnemingskontrak ingesluit moet word.                               (3)

          5.1.3       Beskryf die prosedure wat Jeff Bande (Edms.) Bpk. behoort te volg
                      tydens die keuring van kandidate.                                        (6)

5.2       Onderskei duidelik tussen stukwerk- en tydstariefvergoeding.                         (4)

5.3       Bespreek TWEE redes waarom 'n werker se dienskontrak beëindig kan word.              (6)

5.4       Verduidelik die volgende elemente van totale gehaltebestuur (TGB/'TQM'):

          5.4.1       Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding               (6)

          5.4.2       Totale klante- /kliëntetevredenheid                                      (6)

          5.4.3       Deurlopende verbetering van stelsels en prosesse                         (6)

5.5       Beskryf hoe die gehalte van prestasie in die besigheidsfunksies hieronder die
          sleutel tot 'n suksesvolle onderneming kan wees:

          5.5.1       Bemarking                                                                (6)

          5.5.2       Aankope                                                                  (6)

5.6       Analiseer die impak van totale gehaltebestuur (TGB/'TQM') op groot
          ondernemings.                                                                        (8)
                                                                                               [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

6.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die e-tolstelsel is onlangs op Gauteng-paaie ingestel. Die Suid-Afrikaanse
          Nasionale Padagentskap SBO Bpk. (SANRAL) ondervind groot probleme om
          die uitstaande tolgeld in te vorder. Motoriste wat weier om te betaal en
          vervalste voertuignommerplate is van hul grootste uitdagings. SANRAL moet
          besluit hoe hulle hierdie probleme gaan oplos en maatreëls aandui wat hulle
          moet implementeer om dit te voorkom.

          6.1.1       Verwys na die scenario hierbo en identifiseer enige TWEE
                      uitdagings wat die Suid-Afrikaanse Padagentskap ondervind.               (2)

          6.1.2       Noem die stappe wat SANRAL behoort te volg om die
                      geïdentifiseerde probleme op te los.                                     (10)

6.2       Geïmplementeerde strategieë moet voortdurend geëvalueer word. Maak 'n
          lys van die stappe wat in hierdie evalueringsproses gebruik word.                    (8)

6.3       Beskryf in breë trekke die voordele wat die implementering van 'n goeie
          gehaltebeheerstelsel vir 'n onderneming inhou.                                       (10)

6.4       Beskryf die konsep beskermde staking soos uiteengesit in die Wet op
          Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 of 1995).                                           (6)

6.5       Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk. (die
          JSE).                                                                                (8)

6.6       Beveel VIER maniere aan waarop 'n onderneming die welstand van hul
          werkers kan bevorder.                                                                (8)

6.7       Evalueer PowerPoint as 'n aanbiedingsmetode.                                         (8)
                                                                                               [60]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               180

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
              byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
              bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS

Susan verkoop toebroodjies uit 'n klein winkeltjie in 'n besige kantoorblok. Haar
toebroodjies is baie gewild want sy gebruik slegs hoë gehalte vars bestanddele wat
daagliks afgelewer word. Sy wil na ander kantoorblokke in die omgewing uitbrei, wat
verder weg van haar verskaffers en nader aan ander kitskosrestaurante is.

Analiseer Susan se idee om haar onderneming uit te brei deur Porter se Vyf Kragte-
model te gebruik. Verduidelik hoe Susan die DRIE intensiewe strategieë kan aanwend
om die uitdagings wat sy kan ondervind wanneer sy na ander gebiede uitbrei, te
oorkom.                                                                                       [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

Ongelukke en rampe is deel van die lewe en as ondernemings nie verseker is nie, kan
dit tot finansiële verliese ly.

Jy, as 'n versekeringsmakelaar, word uitgenooi om 'n groep sake-eienaars oor
versekering te adviseer. Jy moet die volgende aspekte by jou aanbieding insluit:

•     Die belangrikheid van versekering vir 'n onderneming
•     Die onderskeid tussen versekering en assuransie
•     Beskrywing van enige TWEE beginsels van versekering
•     Verduideliking van die verskil tussen versekerbare en nie-versekerbare risiko's.
      Gee TWEE praktiese voorbeelde van elk.
•     Analise van die voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en die
      Padongelukkefonds (POF) vir ondernemings                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           13                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE

Chicky Fried Chicken verkoop wegneemhoenderetes. Hulle grootste verskaffer van
vars hoender het gesluit en 'n nuwe verskaffer moet dringend gevind word.

Zama, die eienaar, het besluit om die finansiële bestuurder, die bemarkingsbestuurder
en die aankoopbestuurder te vra om as 'n span die probleem om 'n nuwe verskaffer te
vind, saam op te los. Dit moet effektief en sonder konflik gedoen word.

Skryf 'n volledige verslag aan die bestuurders van Chicky Fried Chicken waarin jy die
volgende aspekte insluit:

•     'n Verduideliking van die stadiums van spanontwikkeling
•     'n Bespreking van moontlike oorsake van konflik in 'n span
•     'n Voorstel rakende die prosedure wat toegepas kan word om konflik, wat spanne
      gewoonlik ondervind, te oorkom
•     Aanbevelings oor die kriteria wat spanlede kan gebruik om hul span se sukses te
      meet                                                                                 [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

Ben is die menslikehulpbron-bestuurder by Mangaliso Bpk. Hy is verantwoordelik vir
die werwing van en onderhoudvoering met voornemende kandidate vir die pos van 'n
boekhouer. Mangaliso Bpk. moet aanstellings maak binne die voorskrifte van die Wet
op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998).

Ondersteun Ben met die werwingsprosedure waarna in die scenario hierbo verwys
word.

Jy moet die volgende aspekte by jou aanbieding insluit:

•     'n Kritiese analise van die tipes werwing
•     'n Verduideliking van die doel van onderhoudsvoering en sy rol as 'n onderhoud-
      voerder
•     'n Bespreking van die impak van die WGI op Mangaliso Bpk. wanneer hulle nuwe
      aanstellings maak                                                                    [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            80
                                                                 GROOTTOTAAL:              300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-eng/a15d5d2f-02be-48cc-b60e-3d943e640065) — Business Studies · QP · 2015 · Eng
- [Business Studies June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-june-july-2015-afr/b80a0ee5-7583-4305-97cb-871e8513ebe3) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [Business Studies Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2015-afr/22b77106-5494-4617-8fd2-507aea407e81) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [2015 KZN June Memo](https://www.hlayiso.com/library/2015-kzn-june-memo/191e5700-78f0-4427-baf1-f32fdc7266a6) — Business Studies · Memo · 2015
- [BUS.ST-March-QP Memo-2015-Gr12-internal](https://www.hlayiso.com/library/bus-st-march-qp-memo-2015-gr12-internal/f9dad818-bce4-4e4b-86e2-1baeaa72d3a2) — Business Studies · Memo · 2015
- [Business Studies Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2015-memo-eng/4fcd1fa0-56e1-4454-83c1-1c4bb42cb8d8) — Business Studies · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
