# Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2016-afr/20aa3a63-97c7-46d4-a6bd-eadcdca25a9c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2016-afr/20aa3a63-97c7-46d4-a6bd-eadcdca25a9c)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               BESIGHEIDSTUDIES

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

        AFDELING A:       VERPLIGTEND
        AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is nie.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
        wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        die vrae beantwoord.

                AFDELING                    VRAAG           PUNTE            TYD
          A: Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                         1            40         30 minute

          B: VYF direkte/indirekte               2            60         30 minute
             tipe vrae                           3            60         30 minute
             KEUSE (Beantwoord                   4            60         30 minute
             enige DRIE.)                        5            60         30 minute
                                                 6            60         30 minute

          C: VIER opsteltipe vrae             7               40         30 minute
             KEUSE (Beantwoord                8               40         30 minute
             enige TWEE.)                     9               40         30 minute
                                              10              40         30 minute

                     TOTAAL                                  300         180 minute

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             3                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

         1.1.1       Die hoofdoel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998
                     (Wet 97 van 1998):

                     A   Verseker dat besighede hul vaardigheidsontwikkelingsheffing
                         gereeld betaal
                     B   Allokeer toelaes aan werkgewers en opleidingsverskaffers
                     C   Maak voorsiening vir 'n stelsel van krediete wat werknemers
                         ontvang wanneer hulle hul leerlingskappe voltooi
                     D   Moedig werkgewers aan om die werkplek as 'n leeromgewing te
                         gebruik

         1.1.2       ... sien toe dat die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
                     nagekom word.

                     A   'n Skuldberader
                     B   Die Nasionale Kredietreguleerder
                     C   'n Krediet-toepassingsagentskap
                     D   'n Kredietberader

         1.1.3       'n Swanger werknemer kwalifiseer vir 'n maksimum van ... betaalde
                     kraamverlof.

                     A   twee maande
                     B   een maand
                     C   vier maande
                     D   drie maande

         1.1.4       Die vul van vakante poste in 'n besigheid met bestaande
                     werknemers staan as … bekend.

                     A   advertering
                     B   interne werwing
                     C   eksterne werwing
                     D   posspesifikasie

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               4                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

        1.1.5      Felten het R40 000 vir twee jaar teen 8% enkelvoudige rente per jaar
                   in 'n spaarrekening by BOB Bank belê. Felten sal ... rente na twee jaar
                   verdien.

                   A    R6 400
                   B    R46 656
                   C    R46 400
                   D    R6 600

        1.1.6      Denel MSB Bpk. vervaardig weermagtoerusting en het slegs een
                   aandeelhouer, die Suid-Afrikaanse regering. Denel is dus 'n …
                   maatskappy.

                   A    nie-winsgewende
                   B    persoonlike aanspreeklikheids-
                   C    privaat
                   D    staatsbeheerde

        1.1.7      Watter EEN van die volgende handelinge is gerig op die bevordering
                   van menslike gesondheid?

                   A    Ongereelde toetsing van drinkwater
                   B    Vermy kwessies wat met higiëne verband hou
                   C    Stort mediese afval naby woongebiede
                   D    Nakom van omgewingswetgewing

        1.1.8      EEN van die belangrike voordele van spanwerk:

                   A    Behaal groter uitsette deur sinergie
                   B    Tydrowend en duur
                   C    Benodig tegnologie vir sukses
                   D    Moedig individualisme aan

        1.1.9      Vergelyk die werklike prestasie van 'n finansiële bestuurder met
                   sy/haar verwagte prestasie om sodoende sy/haar salaris te verhoog:

                   A    Werwing
                   B    Prestasiebeoordeling
                   C    Berading
                   D    Personeelontwikkeling

        1.1.10 Hierdie Wet moedig vaardigheidsopleiding vir sekere aangewese
               groepe mense aan:

                   A    Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                        1993)
                   B    Wet op Werkloosheidsversekering, 2001 (Wet 63 van 2001)
                   C    Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                        (Wet 53 van 2003)
                   D    Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) (10 x 2)             (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.2      Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

            tien; terugwaartse; videokonferensies; konsensus; voorwaartse;
               laissez-faire; dinamiek; charismatiese; PowerPoint; veertien

         1.2.1       Werkers kan toegelaat word om 'n maksimum van ... uur oortyd per
                     week te werk.

         1.2.2       Werkers met lae moraal kan deur die insig en persoonlikheid van
                     … leiers geïnspireer word.

         1.2.3       Best Clothing Vervaardigers het die … vertikale-integrasie-strategie
                     toegepas deur Cool Clothing Kleinhandelaars oor te neem.

         1.2.4       Groep-... is die metode wat deur spanne gebruik word om
                     eenstemmigheid te bereik.

         1.2.5       … is die ideale aanbiedingsmetode vir groepe in verskillende lande
                     wat van aangesig tot aangesig (persoonlike) kontak moet hê.
                                                                                 (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             6                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
         1.3.1 Koöperasies                  A     projekte wat begin word om die
                                                  gemeenskap te bevoordeel
         1.3.2 Gehaltebeheer
                                            B     die bestuur van mense en hulpbronne
         1.3.3 KMI (KSI)                          volgens voorafingestelde
                                                  beleidsrigtings (beleide)
         1.3.4 Horisontale diversifikasie
                                            C     verkry meer beheer oor lede
         1.3.5 Bestuur
                                            D     'n stelsel wat nie elke afdeling en
                                                  werknemer insluit nie

                                            E     gevorm deur lede wat hulpbronne,
                                                  infrastruktuur en koste deel tot almal
                                                  se voordeel

                                            F     korporatiewe verantwoordelikheid vir
                                                  ekonomiese ontwikkeling

                                            G     'n stelsel wat afwykings van
                                                  voorafbepaalde standaarde van 'n
                                                  vervaardigde produk verminder

                                            H     die voeg van nuwe, onverwante
                                                  produkte by die bestaande
                                                  produklyne wat byval by bestaande
                                                  klante kan vind

                                            I     gebruik sjarme om mense te inspireer

                                            J     deur stigters gevorm om produkte en
                                                  dienste teen 'n wins te lewer
                                                                                (5 x 2)           (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               7                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
              ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

2.1      Identifiseer die element van Porter se Vyf Kragte/Magte-model wat op elk van
         die volgende stellings van toepassing is:

         2.1.1       Klante verkies modieuse tekkies ('sneakers') bo duurder, formele
                     skoene.

         2.1.2       Mpho's Stores het 'n paar gereelde klante wat altyd groot bestellings
                     plaas.

         2.1.3       Ayishaa Bpk. wil 'n eksklusiewe modeboetiek begin wat groot
                     kapitale belegging vereis om hoë stigtingskoste en duur voorraad
                     te dek.

         2.1.4       Sam's Millers is die enigste plek waar bakkerye meel kan koop.

         2.1.5       Jack Hardeware lok meer klante as Tim Hardeware.              (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               8                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

2.2      Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              KREDIETAMNESTIE: MILJOENE VERBRUIKERS SLAAN 'N SLAG

         Ongeveer 3,18 miljoen verbruikers in Suid-Afrika is bevoordeel deur
         regulasies wat die verwydering van verbruikers se negatiewe kredietinligting
         moontlik gemaak het. Ongunstige inligting is uit verbruikers se kredietrekords
         verwyder.

         Bekostigbaarheidsassesseringsregulasies is opgestel om kredietassessering
         deur kredietverskaffers te verskerp om roekelose kredietverlening te voorkom.
         Hierdie regulasies vereis dat verbruikers se verklaarde inkomste nagegaan
         word, dat kredietverslae bekom word en krediet vroegtydig goedgekeur word.

         Volgens die krediet-ombudsman, Manie van Schalkwyk, word nie alle
         negatiewe inligting uit verbruikersprofiele verwyder nie, maar slegs twee
         kategorieë inligting, naamlik ongunstige lysting en opbetaalde vonnisse.

         Ongunstige lysting sluit verbruikers in wat agterstallig is, nalatig is, stadig
         betaal, wegloop en nie kontakbaar is nie. Selfs al word die
         wanbetalingsinligting uit verbruikers se kredietprofiele verwyder, bly hulle
         steeds wetlik verplig om die skuld te betaal. As dit nie gedoen word nie, stel
         hulle hulself bloot aan regstappe deur die kredietverskaffer of om aan
         skuldinvorderaars oorhandig te word.

                                                [Vertaal en aangepas uit Fin24, 3 November 2014]

         2.2.1       Identifiseer die Wet wat op die gevallestudie hierbo van toepassing
                     is.                                                                              (2)

         2.2.2       Haal TWEE kategorieë inligting uit die gevallestudie aan waar
                     verbruikers deur veranderinge aan die Wet bevoordeel is.                         (2)

         2.2.3       Gee VIER voorbeelde van ongunstige lysting in die gevallestudie.                 (4)

         2.2.4       Identifiseer die regte van die kredietverskaffers in die gevallestudie,
                     indien verbruikers versuim om hul skuld te betaal.                               (2)

         2.2.5       Haal uit die gevallestudie            aan     hoe     kredietverskaffers
                     kredietassesserings moet uitvoer.                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             9                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

2.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   JIMMY'S ENTERPRISE (JE)

         Elma en Vusi is werknemers in dieselfde afdeling by Jimmy's Enterprise. Hulle
         doen dieselfde werk, maar Vusi verdien meer as Elma. Sy is ongelukkig en
         eis dat sy dieselfde salaris as Vusi moet verdien. Sy voel dat Jimmy's
         Enterprise nie aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55
         van 1998) voldoen nie.

         2.3.1       Verduidelik die hoofdoel van die Wet op Gelyke Indiensneming
                     (WGI) 1998 (Wet 55 van 1998) met spesifieke verwysing na Elma se
                     bewering dat JE nie aan hierdie Wet voldoen nie.                          (8)

         2.3.2       Noem enige DRIE besigheidshandelinge wat deur die WGI as
                     diskriminerend beskou kan word.                                           (6)

         2.3.3       Analiseer die impak wat die WGI op besighede in die algemeen het.         (10)

2.4      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               PIET MOTORHANDELAARS (PMH)

         Piet Motorhandelaars verkoop nuwe en tweedehandse motors. Die
         handelaarskap het hul teikenmark verloor as gevolg van mededingers wat hul
         motorpryse verlaag het. Piet wil vervreemding/disinvestering as 'n
         besigheidstrategie toepas om die uitdaging van die verlies aan klante te
         oorkom.

         2.4.1       Verduidelik die betekenis van vervreemding/disinvestering as 'n
                     besigheidstrategie.                                                       (4)

         2.4.2       Bespreek die DRIE intensiewe besigheidstrategieë wat PMH kan
                     gebruik om sy klante terug te wen en/of te behou.                         (9)
                                                                                               [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 10                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       As die finansiële bestuurder van Yummy Ice Cream Bpk. is jy genooi om 'n
          verbale/mondelinge voorlegging/aanbieding aan die aandeelhouers van die
          maatskappy te doen.

          3.1.1      Beskryf die faktore wat jy in aanmerking sal neem wanneer jy vir
                     'n voorlegging/aanbieding voorberei.                                        (8)

          3.1.2      Omskryf in breë trekke VIER aspekte om in gedagte te hou wanneer
                     jy vrae ná die voorlegging/aanbieding op 'n nie-aggressiewe en
                     professionele manier beantwoord.                                            (8)

3.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                AZ VELSORG & SKOONHEID (AZ)

          Anet en Zen is vennote in AZ Velsorg & Skoonheid. Hulle produkte is baie
          gewild en hulle wil uitbrei. Hulle oorweeg dit om hul vennootskap in 'n
          maatskappy te omskep wat hulle in staat sal stel om aandele op die
          Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) te verkoop.

          3.2.1      Verduidelik EEN nadeel van 'n vennootskap.                                  (3)

          3.2.2      Stel die soort maatskappy voor wat AZ Velsorg & Skoonheid in staat
                     sal stel om aandele op die JSE te verkoop.                                  (1)

          3.2.3      Beskryf hoe die volgende faktore tot die sukses van die besigheid
                     wat in VRAAG 3.2.2 genoem is, kan bydra:

                     (a)   Kapitaal                                                              (2)

                     (b)   Verdeling van wins                                                    (2)

          3.2.4      Bespreek die funksies van die JSE.                                          (8)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Mahlori besit 'n grasdakhuis wat vir R1 000 000 gewaardeer is. Hy het sy huis
          vir R800 000 by Pro-Cover Versekeraars verseker. 'n Brand in die kombuis
          het skade van R30 000 aangerig.

          3.3.1      Bereken die bedrag wat Pro-Cover Versekeraars aan Mahlori sal
                     uitbetaal om die skade te dek. Toon ALLE berekeninge.                       (4)

          3.3.2      Verduidelik kortliks waarom Mahlori nie vir die volle bedrag van die
                     skade wat gely is, gekwalifiseer het nie.                                   (4)

3.4       Tabuleer TWEE verskille tussen dividende en rente.                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               11                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

3.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 FOAMBRIGHT (EDMS.) BPK. (FB)
          Jozi en Jane is bestuurders by 'n groot wassery-onderneming, FoamBright
          (Edms.) Bpk., in Kimberley.
          Jozi bestuur die wassery en droogskoonmaakafdeling en verander gewoonlik
          haar leierskapstyl om by die taak voor haar aan te pas.
          Jane is die bemarkings-, administrasie- en afleweringsbestuurder en glo dat
          tyd geld is. Sy het 'n wasgoed 'oplaai-en-aflewer'-diens ingestel wat 'n
          verhoging in inkomste sal verseker. Sy bied aansporingslone aan om
          werknemers te motiveer om weeklikse teikens en spertye te haal. Indien
          werknemers nie spertye haal nie, kan hulle nie hulle hele aansporingsloon
          ontvang nie.

          3.5.1      Jozi is 'n tipiese voorbeeld van 'n situasionele leier. Haal uit die
                     scenario hierbo aan om hierdie stelling te ondersteun.                        (1)

          3.5.2      Identifiseer die soort leierskap wat Jane meestal as bestuurder in
                     haar afdeling toepas. Motiveer jou antwoord deur inligting in die
                     scenario hierbo te gebruik.                                                   (3)

          3.5.3      Evalueer die impak van Jane se tipe leierskap, waarna in
                     VRAAG 3.5.2 verwys word, op sakebedrywighede.                                 (6)

3.6       Analiseer die toepassing van die burokratiese leierskapstyl in die werkplek.             (6)
                                                                                                   [60]

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    MOYENI SUPERMARK (MS)
          Tsakani koop gereeld kruideniersware by Moyeni Supermark, die enigste
          kruidenierswinkel in haar dorpie. Nadat Tsakani teruggekeer het van 'n
          besoek aan haar vriend in die stad, het sy by mnr. Moyeni oor die hoë pryse
          van sy produkte gekla.
          Mnr. Moyeni dink dat sy produkte goedkoop is, omdat klante nie nodig het om
          stad toe te ry vir kruideniersware nie, maar belowe om sy supermark se
          prysvlakke te ondersoek.

          4.1.1      Identifiseer die onetiese sakepraktyk in die scenario hierbo.                 (1)

          4.1.2      Beveel maniere aan waarop Moyeni Supermark die onetiese
                     sakepraktyk, geïdentifiseer in VRAAG 4.1.1, kan oplos.                        (6)

          4.1.3      Stel ander maniere voor (NIE in die scenario NIE), waarop Moyeni
                     Supermark professioneel, verantwoordelik en eties sake kan doen.              (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

4.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          JJ Opleiding & Ontwikkeling (JJ) spandeer ongeveer R1 miljoen (R1 000 000)
          aan korporatiewe maatskaplike/sosiale investering (KMI/KSI)-projekte, wat hul
          kontantvloei negatief beïnvloed. Jack, die eienaar, is van mening dat dit nie sy
          besigheid se verantwoordelikheid is om KMI/KSI-projekte te finansier nie.

          Regverdig Jack se opinie met spesifieke verwysing na die impak van KMI/KSI
          op besighede.                                                                           (10)

4.3       Beskryf die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.                    (8)

4.4       Stel maniere voor waarop besighede die volgende diversiteitskwessies in die
          werkplek kan oplos:

          4.4.1      Taal                                                                         (2)

          4.4.2      Ouderdom                                                                     (2)

          4.4.3      Gestremdheid                                                                 (2)

4.5       Verduidelik hoe besighede die beginsels van verantwoordbaarheid en
          deursigtigheid moet toepas om etiese sakepraktyke te bevorder.                          (8)

4.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                TONIE SE FABRIEKE BPK. (TFB)

          Tonie se Fabrieke Bpk. vervaardig en verkoop boumateriaal. Die vraag na
          boumateriaal is besig om te styg en TFB wil nog 'n fabriek in Thula Town
          oprig. Dit sal werksgeleenthede vir die gemeenskap skep, terwyl beurse vir
          tersiêre onderrig aan leerders in plaaslike skole aangebied sal word.

          Sommige Thula Town-inwoners is bekommerd dat Tonie se fabriek geraas,
          lugbesoedeling en misdaad in die gemeenskap kan verhoog, terwyl ander
          redeneer dat hulle nie meer so ver hoef te ry om boumateriaal te koop nie.
          Tonie se Fabrieke beplan ook om entrepreneursprogramme vir jong,
          opkomende entrepreneurs aan te bied.

          4.6.1      Pas die kragveldanalise-instrument toe om die lewensvatbaarheid
                     van TFB se nuwe fabriek in Thula Town te assesseer.                          (7)

          4.6.2      Verwys na jou bevindinge in VRAAG 4.6.1 en regverdig die oprigting
                     van TFB se nuwe fabriek in Thula Town.                                       (2)

4.7       Evalueer die doeltreffendheid van die Delphi-tegniek in die oplossing van
          sakeprobleme.                                                                           (4)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            13                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            RAINMAKER MYN (EDMS.) BPK. (RMM)
          Rainmaker Myn (Edms.) Bpk. het 120 mynwerkers in diens. Jacob, die
          menslikehulpbron-bestuurder, neem gereeld belangrike besluite sonder om
          die werkers te raadpleeg.
          Die werkers het besluit om 'n vakbond te stig sodat hulle in die
          besluitnemingsproses verteenwoordig kan word. Jacob is van mening dat dit
          die maatskappy se reg is om eensydige besluite te neem. Hy het gedreig om
          die werkers af te dank as hulle 'n vakbond stig.

          5.1.1       Noem die Wet wat Jacob oortree.                                           (2)

          5.1.2       Omskryf in breë trekke die impak van die Wet waarna in
                      VRAAG 5.1.1 verwys word, op die menslikehulpbron-funksie
                      van RMM.                                                                  (10)

5.2       Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie.                                    (8)

5.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  MEMPS FABRIEK BPK. (MF)

          Thabo werk vyf dae per week by MEMPS Fabriek Bpk. Buiten sy weeklikse
          loon ontvang hy ook 'n selfoon- en behuisingstoelaag.

          5.3.1       Haal TWEE soorte byvoordele aan wat aan Thabo betaal word.                (2)

          5.3.2       Verduidelik verskillende metodes wat MEMPS Fabriek kan gebruik
                      om Thabo se loon te bepaal.                                               (4)

          5.3.3       Evalueer die impak van byvoordele op MEMPS Fabriek Bpk.                   (8)

5.4       Bespreek die positiewe impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
          (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) op die menslikehulpbron-funksie.                        (8)

5.5       Beskryf die voordele wat 'n besigheid kan geniet wanneer hulle 'n hoë gehalte
          bestuurstelsel implementeer.                                                          (10)

5.6       Gee raad aan besighede oor hoe die deurlopende verbetering van prosesse
          en stelselsiklus die gehalte van produkte en dienste kan verbeter.                    (8)
                                                                                                [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               14                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1      Identifiseer die Wet wat op elke scenario hieronder van toepassing is.
         6.1.1       Choco Sweets waarsku klante nie oor die moontlike newe-effekte
                     wanneer hulle van hul lekkers en sjokolade eet nie.
         6.1.2       Andries Konsultasie-agentskap laat nie hul vakbondverteen-
                     woordigers tyd toe om aan vakbondsake aandag te gee nie.
         6.1.3       Smith Groothandelaars Bpk. bied entrepreneursprogramme vir klein
                     besighede aan om vir regeringstenders te kan kwalifiseer.
         6.1.4       Zafe Sekuriteit het nie afskrifte van die indiensnemingskontrakte aan
                     hul werkers gegee nadat daaroor ooreengekom en dit geteken is nie.
                                                                                    (4 x 2)        (8)
6.2      Evalueer die impak van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
         Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) (aangepas in 2013) op besighede.                      (6)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3      Verduidelik die voordele van die gebruik van visuele hulpmiddels in enige
         voorlegging/aanbieding.                                                                   (8)
6.4      Tabuleer die verskille tussen skadeloosstelling/indemnifikasie en sekuriteit as
         beginsels van 'n wettige versekeringskontrak.                                             (8)
BESIGHEIDSROLLE
6.5      Noem VIER hindernisse tot kreatiewe denke in die werkplek.                                (8)
6.6      Bespreek die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid in die
         werkplek.                                                                                 (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.7      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                    ZIG-N-ZAG-FABRIEK (ZZF)
         Frenchy het onlangs by Zig-n-Zag-fabriek begin werk. Op sy eerste werksdag
         is hy na sy werkstasie geneem en aangesê om sy pligte uit te voer sonder
         enige leiding of toesig. Hy het toe vir deeglike induksie/oriëntering gevra.
         6.7.1       Beskryf wat bedoel word met deeglike induksie/oriëntering in
                     die scenario hierbo.                                                          (2)
         6.7.2       Noem die voordele van 'n doeltreffende induksieprogram vir
                     Zig-n-Zag-fabriek.                                                            (8)
6.8      Bespreek hoe die gehalte van werkverrigting van die algemenebestuur-funksie
         die sukses van die besigheid sal verseker.                                                (6)
                                                                                                   [60]
                                                                  TOTAAL AFDELING B:               180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           15                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
              byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
              bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1997
(Wet 61 van 1997) erken dat sekere beroepe gevaarlik is en werkers aan
gesondheidsrisiko's blootstel. Daar is dus koste-implikasies vir beide werkgewers en
werknemers wanneer werkplekverwante ongelukke of siektes plaasvind.

Met verwysing na die stelling hierbo:

•   Bespreek die aard van 'COIDA'.
•   Verduidelik die regte van werknemers soos dit in die Wet uiteengesit is.
•   Omskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend beskou kan word.
•   Analiseer die impak van hierdie Wet op besighede.
•   Beveel maniere aan waarop besighede aan 'COIDA' kan voldoen.                             [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS)

Besighede word in dinamiese en riskante omgewings bedryf. Versekering sal altyd 'n
noodsaaklike rol speel om te verseker dat hulle volhoubaar is.

Gant Bpk. glo dat versekering 'n goeie belegging is en wil ingeligte besluite oor hul
versekering en beleggings neem.

Gant Bpk. het jou as 'n onafhanklike finansiële beleggingsadviseur genader. Jou
advies moet die volgende insluit:

•   Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede.
•   Onderskei tussen verpligte versekering en nieverpligte versekering en gee TWEE
    voorbeelde van elk.
•   Gee advies aan die maatskappy deur enige VIER geskikte beleggingsvorme te
    beskryf. Brei uit op die risikofaktor van ELK.                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            16                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (KONFLIK)

Besighede neem werkers uit verskillende kulturele agtergronde en oortuigings in diens,
wat tot konflik in die werkplek kan lei. Daar word ook van werknemers verwag om in
spanne saam te werk wat konflik kan vererger.

Verwys na die stelling hierbo en gee aandag aan die volgende kwessies in die
werkplek:

•   Bespreek die moontlike oorsake van konflik.
•   Identifiseer en verduidelik die spanontwikkelingstadium waarin konflik die
    waarskynlikste sal voorkom.
•   Stel maniere voor waarop besighede moeilike mense kan hanteer.
•   Analiseer die voordele van 'n diverse arbeidsmag vir besighede.                           [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

'n Produksiebestuurder by Lonin Myn (Edms.) Bpk. het onlangs uit sy pos bedank om
by 'n ander maatskappy aan te sluit. Mnr. Amla, die menslikehulpbron-bestuurder by
Lonin Myn, het opdrag gekry om 'n nuwe produksiebestuurder aan te stel.

Verwys na die scenario hierbo en skryf 'n opstel waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Verduidelik die keuringsprosedure wat mnr. Amla behoort te volg om die geskikste
  kandidaat te identifiseer.
• Bespreek die wetlike vereistes van die indiensnemingskontrak waaroor beide Lonin
  Myn (Edms.) Bpk. en die nuwe werknemer moet ooreenkom.
• Adviseer mnr. Amla oor redes vir die beëindiging van werknemers se indiens-
  nemingskontrakte.                                                                           [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:             80
                                                                   GROOTTOTAAL:               300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2016-afr/888088dd-a9ad-4b1f-a75e-6ccf006de91f) — Business Studies · QP · 2016 · Afr
- [Bstd Qp Eng June2016](https://www.hlayiso.com/library/bstd-qp-eng-june2016/65a5c0a4-d937-4fb6-ac9b-dcf154fbbcb9) — Business Studies · QP · 2016 · Eng
- [Business Studies May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2016-afr/104546ae-8c4a-4997-a492-4b62a4717ca1) — Business Studies · QP · 2016 · Afr
- [Business Studies Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2016-afr/da3a4006-da6b-4c7d-8da4-b8553fc4beed) — Business Studies · QP · 2016 · Afr
- [Business Studies Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-eng/a15d5d2f-02be-48cc-b60e-3d943e640065) — Business Studies · QP · 2015 · Eng
- [Business Studies Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-afr/15be5217-bc07-4c09-b6de-b2f2f8e5e259) — Business Studies · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
