# Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Business Studies memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 47 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2018-memo-afr/3b82e306-4b74-4182-a560-437c0f4ab382
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 47

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2018-memo-afr/3b82e306-4b74-4182-a560-437c0f4ab382)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 47 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                BESIGHEIDSTUDIES

                              FEBRUARIE/MAART 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 300

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 47 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             2                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

NOTAS AAN NASIENERS

INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
verseker:
a)   Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
b)   Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
c)   Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die
     hele land
d)   Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
     skole/onderwysinstellings

1.       Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
         Nasiener:               Rooi
         Senior Nasiener:        Groen
         Adjunkhoofnasiener:     Bruin/Swart/Blou
         Hoofnasiener:           Pienk
         Interne Moderator:      Oranje
         DBE Moderator:          Turkoois

2.       Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
         egter van die aard van die vraag afhang.

3.       Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
         Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
            'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyne gegee word
            Uit 'n ander bron kom
            Oorspronklik is
            'n Ander benadering gebruik
         LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.

4.       Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
         en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord
         onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word,
         byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)

5.       Die woord 'subtotaal' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
         of subvraag te vergemaklik.

6.       Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte)
         aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te
         verseker met die nasien van die skrifte asook met berekeninge/moderering.

7.       Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
         subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte wat aan die einde van
         elke vraag verskyn. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyne/uiteensetting van
         punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn
         langs die toepaslike vraagnommer verskyn.

8.       In 'n indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en
         verband hou met die vraag.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

9.       Foutiewe nommering van antwoorde in Afdeling A en B sal streng gepenaliseer
         word, daarom word korrekte nommering in alle afdelings sterk aanbeveel.

10.      Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
         aan met 'n 'H' of 'R'.

11.      Neem kennis dat geen punte toegeken sal word vir die aanduiding Ja/Nee in
         die evalueringstipe vrae wat motivering of bevestiging vereis nie. (Van
         toepassing op AFDELING B en C.)

12.      Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
         word:

         12.1        Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om
                     te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
                     (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
                     verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
                     hofgedinge.'√

         12.2        Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
                     verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
                     neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
                     geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
                     ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste wat
                     spandeer word√ op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal
                     nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te
                     betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat
                     die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.'√

         LET WEL:       1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'ontleed'.
                        2. Let op die plasing van die merkie(√) in die toekenning van
                           punte.

13.      Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
         kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyne en
         die konteks van elke vraag.

         Kognitiewe werkwoorde, soos:

         13.1        Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel
                     voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in
                     kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
                     stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.

         13.2        Beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, vergelyk, onderskei/toon
                     verskille/differensieer, regverdig, ontwerp, ontwikkel, ontleed,
                     evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer
                     diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus
                     meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering
                     volgens die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid,
                     konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               4                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

14.      Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord
         aangebied het in AFDELING B en C-vrae wat een antwoord vereis.

15.      AFDELING B

15.1     Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
         VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n
         lyn deur die onnagesiende gedeelte te trek en gebruik die woord 'MAKS'.

         LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.

15.2     Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
         kandidaat. Punt 15.1 geld steeds.

15.3     Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te
         gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde
         te finaliseer.

15.4     Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:

         15.4.1      Waar die getal feite wat vereis dat kandidate moet 'verduidelik/
                     bespreek/beskryf', gespesifiseer is, sal dit soos volg nagesien word:
                      Feit              2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
                      Verduideliking 1 punt
                     Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om
                     die toekenning van punte te vergemaklik.

         15.4.2      Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
                     puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
                     maksimum punte in die nasienriglyne toegeken.

15.5     EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
         wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
         scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B
         EN C (waar van toepassing).

16.      AFDELING C

16.1     Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
          Inleiding
                                       Maksimum:
          Inhoud
                                          32
          Gevolgtrekking
          Insig                             8
          TOTAAL                            40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                5                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

16.2      Insig bestaan uit die volgende komponente:
        Struktuur/Uitleg      Is daar 'n inleiding, inhoud en 'n gevolgtrekking?                     2
        Ontleding en          Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-               2
        vertolking            opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
                              wat gevra word, getoon word?

                              Punte toegeken volgens die gids hieronder:

                              Alle opskrifte aangespreek:       1 (Een 'A')
                              Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
        Sintese               Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die           2
                              vrae gebaseer is?
                              Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                              Geen relevante feite: 0 (Twee '-S')
                              'n Paar relevante feite: 1 (Een '-S')
                              Slegs relevante feite: 2 (Geen '-S')
                              Opsie 1:   Waar 'n kandidaat 50% of meer van die vraag met
                                         slegs relevante feite beantwoord het, verskyn geen
                                         '-S' in die linkerkantlyn. Ken die maksimum van
                                         TWEE (2) punte vir sintese toe.
                              Opsie 2:   Waar 'n kandidaat minder as 50% van die vraag
                                         met slegs OF 'n paar relevante feite beantwoord
                                         het, verskyn een '-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n
                                         maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
                              Opsie 3:
                                   Waar 'n kandidaat minder as 50% van die vraag
                                   met geen relevante feite beantwoord het, verskyn
                                   twee '-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n NULPUNT toe
                                   vir sintese.
        Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde, aktuele inligting, huidige                   2
                         neigings en ontwikkelings?
                                                                   TOTAAL VIR INSIG:                  8
                                                                   TOTAAL VIR FEITE:                 32
                                              TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32):                      40

        LET        1.    Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit die
        WEL:             inleiding en gevolgtrekking nie.

                   2.    Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
                         INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
                   3.    Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
                         INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n verduideliking
                         ondersteun word nie.

16.3      Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, S en/of O').

16.4      Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
          nasienriglyne vir elke vraag aangedui.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             6                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

16.5      Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
          afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal
          is.

16.6      Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
          vir insig soos volg aan:
          S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronklikheid
          soos in die tabel hieronder aangedui.
                        INHOUD                      PUNTE
                          Feite                     32 (maks.)
                           S                         2
                           A                         2
                           S                         2
                           O                         2
                        TOTAAL                       40

16.7      Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
          wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
          Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
          (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
          (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

16.8      Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
          steeds punte vir uitleg/struktuur.

16.9      Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
          antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
          subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.

16.10     16.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
                  frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.

          16.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig
                  aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal
                  geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
                  'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie/waar ondernemings poog
                  om nuwe produkte√ in bestaande markte bekend te stel.' √
                     Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
                     kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.

16.11     Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
          in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld
          nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             7                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING A

VRAAG 1

1.1       1.1.1 D√√
          1.1.2 C√√
          1.1.3 B√√
          1.1.4 A√√
          1.1.5 D√√
          1.1.6 D√√
          1.1.7 B√√
          1.1.8 C√√
          1.1.9 B√√
          1.1.10 A√√                                                      (10 x 2)         (20)

1.2       1.2.1    Nasionale Vaardigheids√√
          1.2.2    leier√√
          1.2.3    grief√√
          1.2.4    RSA Kleinhandelspaareffekte√√
          1.2.5    gehaltebestuur√√                                        (5 x 2)         (10)

1.3       1.3.1 I √√
          1.3.2 H√√
          1.3.3 A√√
          1.3.4 G√√
          1.3.5 B√√                                                         (5 x 2)        (10)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            40

                                                            UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                VRAAG 1     PUNTE
                                                                  1.1         20
                                                                  1.2         10
                                                                  1.3         10
                                                                TOTAAL        40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           8                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
Sien SLEGS die EERSTE DRIE antwoorde in hierdie afdeling na.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1    Soorte integrasie strategieë
       - Voorwaartse vertikale integrasie√
       - Terugwaartse vertikale integrasie√
       - Horisontale integrasie√
       LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
                  2. Ken 'n maksimum van EEN (1) punt toe 'vertikale integrasie'.
                                                                           (3 x 1) (3)
2.2    Soorte besigheidsomgewings en beheer
       BESIGHEIDSOMGEWING                             MATE VAN BEHEER
       (a) Mikro√                      Volle beheer√√
       (b) Mark√                       Min/beperkte beheer/Geen beheer, maar kan
                                       beïnvloed√√
       (c) Makro√                      Geen beheer√√
                           (3 x 1) (3)                                        Submaks (6)
      LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                   2. Sien slegs die eerste DRIE (3) besigheidsomgewings na.
                   3. Die mate van beheer moet aan 'n besigheidsomgewing gekoppel
                        wees.
                   4. Ken geen punte toe vir die mate van beheer indien die
                        besigheidsomgewing nie aangedui is nie.
                                                                                   Maks (9)
2.3   WBDV bepalings vir verlof
2.3.1 Siekverlof
      - Werkers is geregtig op 30 dae/6 weke betaalde verlof√ in 'n 3 jaar/36 maande
         siklus.√
      - Gedurende die eerste ses maande van indiensneming√, is werknemers geregtig
         op 1 dag betaalde siekverlof vir elke 26 dae gewerk.√
      - 'n Mediese sertifikaat moet ingedien word√ vir afwesigheid by die werk vir meer as
         2 opeenvolgende dae.√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die WBDV-bepalings vir
         siekverlof.
                                                                              Submaks (2)
2.3.2 Jaarlikse verlof
      - 'n Werknemer is geregtig op 'n minimum van 1 dag√ vir elke 17 dae gewerk.√
      - 'n Werknemer is geregrig op 21√ agtereenvolgende dae jaarlikse verlof.√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die WBDV-bepalings vir
         jaarlikse verlof.
                                                                              Submaks (2)
2.3.3 Kraamverlof
      - 'n Swanger werknemer is geregtig op 4√ agtereenvolgende maande verlof.√
      - 'n Swanger werknemer mag nie toegelaat word om werk√, wat gevaarlik vir haar
         of haar ongebore kind kan wees, te doen nie.√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die WBDV-bepalings vir
         kraamverlof.
                                                                              Submaks (2)
                                                                                  Maks (6)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

2.4   COIDA
2.4.1 Wet op Vergoeding op Beroepsbeserings en -siektes, 1997 (Wet 61 van 1997)/
      Wet op Vergoeding op Beroepsbeserings en -siektes, 1993 (Wet 130 van 1993)/
      Wet op Vergoeding op Beroepsbeserings en -siektes/'COIDA'.√√                         (2)

       Motivering:
       'n Werknemer van Barker Ingelyf het sy hand as gevolg van 'n ongeluk verloor terwyl
       hy sy pligte nagekom het/Bestuur weier om die eis by die Vergoedingsfonds in te
       dien/Hulle het nie die werknemer by die Kommissaris van die Vergoedingsfonds
       geregistreer nie.√
                                                                                        (1)
       LET WEL: Ken geen punte toe vir die motivering indien die Wet verkeerd
                    geïdentifiseer is.
                                                                                 Maks (3)

2.4.2 Strafmaatreëls vir nievoldoening
      - Barker Ingelyf kan beboet word√ vir die weiering om die eis in te dien/oortreding
        van die wet.√
      - BI kan gedwing word om groot betalings te maak√ indien hulle nie die nodige
        voorsorgmaatreëls volgens die Wet getref het nie.√
      - BI kan gedwing word om enige herstelkoste te betaal√ wat deur die
        Vergoedingsfonds vereis word.√
      - Die werknemer kan BI hof toe neem√ omdat hy/sy nie by die Kommissaris van die
        Vergoedingsfonds geregistreer is nie.√
      - Indien BI skuldig gevind word aan enige oortreding√, sal hulle groot boetes
        betaal/tronkstraf in die gesig staar.√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strafmaatreëls vir
        nievoldoening van COIDA.
                                                                                   Maks (6)

2.5   Strategiese bestuursproses
2.5.1 Nywerheidsanalise-instrumente
             NYWERHEIDSANALISE-
                                                              AANHALING
                  INSTRUMENTE
      SSGB ('SWOT')-analise√√                 - Baie werknemers is laat vir werk.√
      Porter se Vyf Kragte√√                  - Die Dawn Hotel se pryse vir
                                                soortgelyke dienste is laer.√
       PESTWO-analise√√                       - RSH is geleë in 'n area waar die
                                                werkloosheidsyfer hoog is.√
                                  (3 x 2) (6)                               Submaks (3)
       LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE nywerheidsanalise-instrumente na.
                2. Ken 'n maksimum van TWEE (2) punte toe indien 'n nywerheids-
                    analise-instrument herhaal word.
                3. Die aanhaling moet aan elke korrekte nywerheidsanalise-
                    instrument gekoppel wees.
                4. Ken geen punte toe vir aanhalings indien die nywerheids-
                    analise-instrumente nie genoem is nie.
                                                                               Maks (9)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           10                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

2.5.2 Uitvoering van die strategiese bestuursproses
      OPSIE 1
      - RSH behoort 'n duidelike visie, missieverklaring en meetbare/realistiese doelwitte
         in plek te hê.√√
      - Formuleer alternatiewe strategieë om op die uitdagings te reageer.√√
      - Ontwikkel ('n) aksieplan(ne) wat die take wat gedoen moet word/spertye wat
         behaal moet word/hulpbronne wat verkry moet word, ens. insluit.√√
      - Implementeer die gekose strategieë deur dit aan alle die belanghebbendes te
         kommunikeer/organiseer die besigheid se hulpbronne/motiveer die personeel.√√
      - RSH behoort voortdurend te evalueer, moniteer, strategieë te meet om korrektief
         te kan ingryp.√√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die uitvoering van die
         strategiese bestuurproses.
                                             OF
      OPSIE 2
      - RSH behoort hul visieverklaring te hersien.√√
      - Ontleed/Hersien die missieverklaring.√√
      - Formuleer 'n strategie, soos 'n verdedigende/afleggingstrategie.√√
      - Implementeer 'n strategie, deur 'n templaat soos 'n aksieplan te gebruik.√√
      - Beheer/Evalueer/Moniteer die geïmplementeerde strategie om gapings/afwykings in
         die implementering te identifiseer.√√
      - RSH behoort regstellende stappe te neem om te verseker dat doelstellings/
         doelwitte bereik word.√√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die uitvoering van die
         strategiese bestuurproses.
      LET WEL: 1. Aanvaar stappe in enige volgorde.
                   2. Geen punte moet toegeken word vir 'uitvoering van 'n
                       omgewingsanalise' nie.
                   3. Ken 'n maksimum van TWEE (2) punte toe vir die nywerheids-
                       analise-instrumente, indien dit nie in VRAAG 2.5.1 genoem is
                       nie.
                                                                                  Maks (6)

2.6    Aanbevelings vir die voldoening aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI)
       - Waak teen diskriminerende aanstellings.√√
       - Assesseer die rasse-samestelling van alle werknemers, insluitende senior
         bestuur.√√
       - Verseker dat daar gelyke verteenwoordiging van alle rasgroepe op elke vlak van
         indiensneming is.√√
       - Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling.√√
      - Aanstellingsproses behoort duidelik gedefinieer te wees sodat alle partye deeglik
         ingelig is.√√
       - Gebruik gesertifiseerde psigometriese toetse om kandidate/werknemers te
         assesseer en te verseker dat die geskikte kandidaat aangestel word.√√
       - Verseker dat diversiteit/inklusiwiteit in die werkplek bereik word.√√
       - Implementeer regstellende aksie-maatreëls om nadele wat aangewese groepe
         ervaar het, reg te stel.√√
       - Berei 'n gelyke indiensnemingsplan, in konsultasie met werknemers op.√√
       - Implementeer 'n gelyke indiensnemingsplan.√√
       - Dien die gelyke indiensnemingsplan by die Departement van Arbeid in.√√

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           11                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

       - Benoem een of meer bestuurders aan wat sal verseker dat gelyke
         indiensnemingsplanne geïmplementeer en gemonitor sal word.√√
       - Elimineer versperrings wat 'n negatiewe impak op aangewese groepe het.√√
       - Akkommodeer mense van verskillende aangewese groepe.√√
       - Behou/Ontwikkel/Gee opleiding aan aangewese groepe, insluitend
         vaardigheidsontwikkeling.√√
       - Lewer verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering in die
         implementering van die gelykheidsplan.√√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met praktiese maniere waarop
         besighede aan die WGI kan voldoen.
                                                                               Maks (8)

2.7    Impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) op besighede
       Positiewe/Voordele
       - Verhoog die aantal gekwalifiseerde werknemers√ met skaars vaardighede.√
       - Verbeter produktiwiteit√ in die werkplek.√
       - Verbeter globale√ mededingendheid.√
       - Verhoog belegging in onderwys en opleiding√ in die arbeidsmark.√
       - Verhoogde belegging in onderwys en opleiding in die arbeidsmark√ verhoog die
         winste/opbrengs op belegging.√
       - Volgehoue vaardigheidsontwikkeling, leer en die verkryging van nuwe
         vaardighede word aangemoedig√ om die volhoubaarheid van
         vaardigheidsontwikkeling te verseker.√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met 'n positiewe impak van die
         WVO op besighede.
                                            EN/OF
       Negatiewe/Nadele
       - Die WVO se prosesse is voorskriftelik en vereis groot hoeveelhede papierwerk en
         administrasie√ wat tyd en geld kos.√
       - Vaardigheidsontwikkelingsheffing kan 'n ekstra las√ op ondernemings, wat reeds
         finansieel sukkel, plaas.√
       - Dit kan gemonitor en beheer word deur regeringsdepartemente√ wat nie onderwys
         en opleiding as hul hoofprioriteite beskou nie.√
       - SOOO's/'SETAs' is dalk nie goed georganiseerd nie√ en sommige kursusse wat
         by maatskappye aangebied word, kan dalk nie eenheidstandaarde hê wat by
         kursusinhoud inskakel nie.√
       - Verskeie diensverskaffers wat opleidingsdienste verskaf√ is nie by SAKO
         geakkrediteer nie.√
       - Baie besighede mag dalk nie hierdie regeringsinisiatief√ ondersteun nie.√
       - Implementering van die WVO√ kan moeilik wees om te monitor en te beheer.√
       - Daar word van werkers verwag om leerderskappe gedurende werksure by te
         woon√, wat die produksieproses/produktiwiteit kan beïnvloed.√
       - Dit kan duur wees vir besighede√ om 'n persoon wat leerderskappe moet
         implementeer, bestuur en beheer, in diens te neem.√
       - Tyd en geld gespandeer op die verbetering van werkers se vaardighede is
         vermors√ as hulle die onderneming verlaat.√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak van
         die WVO op besighede.
                                                                                 Maks (10)
                                                                                      [60]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

                                                            UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                 VRAAG 2    PUNTE
                                                                    2.1        3
                                                                    2.2        9
                                                                   2.3.        6
                                                                   2.4.1       3
                                                                   2.4.2       6
                                                                   2.5.1       9
                                                                   2.5.2       6
                                                                    2.6        8
                                                                    2.7       10
                                                                 TOTAAL       60

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1     Visuele hulpmiddels
3.1.1   PowerPoint/Dataprojektor√√
3.1.2   Tabelle√√
3.1.3   Videokonferensie/Skype√√
                                                                                 (3 x 2) (6)

3.2     Faktore om in gedagte te hou tydens 'n aanbieding
        - Skep geloofwaardigheid deur jouself aan die begin voor te stel.√√
        - Noem/Toon die belangrikste inligting eerste.√√
        - Maak die doel/hoofpunte van die aanbieding duidelik/bekend aan die begin van
          die aanbieding.√√
        - Gebruik toepaslike afdelingtitels/opskrifte/sub-opskrifte/'bullets'.√√
        - Som die hoofpunte van die aanbieding weer aan die einde ter afsluiting op.√√
        - Staan in 'n goeie plek/regop, waar die gehoor die aanbieding/aanbieder duidelik
          kan sien.√√
        - Vermy dit om agter die toerusting weg te kruip.√√
        - Moenie aan die begin rammel/mompel nie, om te verhoed dat die gehoor verlore
          raak/belangstelling verloor.√√
        - Vang/Behou luisteraars se aandag/Betrek die gehoor met 'n verskeidenheid van
          metodes, bv. kort video-grepe/klankeffekte/humor√√, ens.
        - Behou oogkontak met die gehoor.√√
        - Wees hoorbaar vir alle luisteraars/gehoor.√√
        - Pas jou stemtoon/tempo in sekere afdelings aan om eentonigheid te vermy.√√
        - Maak die aanbieding interessant met visuele hulpmiddele/aanhalings/voorbeelde/
          gebruik visuele hulpmiddele effektief.√√
        - Gebruik toepaslike gebare, bv. die hande om sekere punte te beklemtoon.√√
        - Praat met energie en entoesiasme.√√
        - Behou jou tempo/Moenie te vinnig vorder of te stadig praat nie.√√
        - Hou die aanbieding kort en eenvoudig.√√
        - Sluit af met 'n sterk/treffende slot wat onthou sal word.√√

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              13                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

       - Maak seker dat die gehoor weggaan met spesifieke inligting/voordele.√√
       - Sluit af met 'n stelling/aanhaling wat tot 'n professionele/treffende einde sal lei.√√
       - Bestuur tyd doeltreffend om tyd vir vrae toe te laat. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met faktore wat die aanbieder
         tydens 'n aanbieding in gedagte moet hou.
       LET WEL: 1. Aanvaar slegs faktore wat TYDENS die aanbieding oorweeg
                         kan word.
                    2. Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                                                                                      (4 x 2) (8)

3.3    Verskille tussen die demokratiese en outokratiese leierskapstyle
                      DEMOKRATIES                                   OUTOKRATIES
       - Die leier betrek die werknemers√ in die      - 'n Leier neem al die besluite alleen√
         besluitnemingsproses.√                         sonder om werknemers te betrek.√
       - Duidelike/Tweerigting kommunikasie√          - Die lyn van bevel/kommunikasie is
         verseker die groep se toewyding tot            duidelik√ omdat dit van bo na onder is/
         finale besluit(e).√                            volgelinge weet duidelik wat om te
                                                        doen.√
       - Mensgeoriënteerd√, aangesien werk-           - Taakgeoriënteerd√ aangesien die
         nemers se gevoelens en opinies                 opinies van werknemers nie oorweeg
         oorweeg word.√                                 word nie.√
       - Werkers voel bemagtig√ omdat hulle           - Nuwe werknemers het selfvertroue/
         deel van die besluitnemingsproses is.√         voel veilig√ aangesien sterk leierskap
                                                        verskaf word.√
       - Nuttig wanneer die leier op die insette√     - Nuttig in 'n krisis/noodsituasie√, bv. na
         van ervare volgelinge staatmaak.√              'n ongeluk/om kort sperdatums te
                                                        bereik.√
       - Hanteer konfliksituasies deur volgelinge     - Hanteer konfliksituasies deur volgelinge
         te betrek√ om die beste oplossing te           te vertel√ wat hulle moet doen.√
         kry.√
       - Enige ander relevante antwoord wat       - Enige ander relevante antwoord wat
         verband hou met die demokratiese           verband hou met die outokratiese
         leierskapstyl.                             leierskapstyl.
                                     Submaks (4)                             Submaks (4)

       LET WEL:       1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie, maar die
                         onderskeiding moet duidelik wees.
                      2. Ken 'n maksimum van VIER (4) punte toe indien die onderskeid
                         nie duidelik is nie/Sien slegs demokratiese of outokratiese styl
                         na.
                                                                                 Maks (8)
3.4    Betekenis van saamgestelde rente
       - Rente word in elke periode bereken√ op die oorspronklike/hoofsom plus rente.√
       - Rente word by die oorspronklike bedrag/hoofsom bygetel√ en rente word op rente
         verdien vir elke gedefinieerde periode.√
       - Aangesien rente by die belegging getel word√, verhoog die kapitaal.√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van
         saamgestelde rente.
                                                                                 Maks (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             14                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

3.5   Versekering
3.5.1 Voorbeelde van versekerbare risiko's aangehaal uit die scenario
      - Diefstal√
      - Skade√
      - Vuur√
      - Inbrake√
      LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
                                                                                   (3 x 1) (3)
3.5.2 Nie-versekerbare risiko's
      - Hierdie risiko's word nie deur versekeringsmaatskappye verseker nie√ aangesien
        die koste/risiko te hoog is/die verantwoordelikheid van die besigheid bly.√
                                                                                 Submaks (2)
      Voorbeeld
      - Verliese veroorsaak deur oorlog.√
      - Meeste risiko's wat bestaan tussen die plaas van bestellings en ontvangs van
        goedere.√
      - Veranderinge in mode.√
      - Verliese veroorsaak deur bemarkingswanpraktyke deur die besigheid.√
      - Verbetering in tegnologie/ontwikkeling van nuwe masjiene.√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van nie-
        versekerbare risiko's.
      LET WEL: Sien slegs die EERSTE voorbeeld na.
                                                                                 Submaks (1)
                                                                                     Maks (3)
3.5.3 Belangrikheid van versekering vir besighede
      - Verplaas die risiko van die besigheid/versekerde na 'n versekeringsmaatskappy/
        versekeraar.√√
      - Verplasing van die risiko is onderhewig aan die terme en voorwaardes van die
        versekeringskontrak.√√
      - Beskerm die onderneming teen diefstal en verlies van voorraad en/of skade
        veroorsaak deur natuurrampe soos vloede, stormskade, ens.√√
      - Die besigheid sal vergoed word vir versekerbare verliese.√√
      - Waardevolle besigheidsbates, bv. voertuie/toerusting/geboue behoort verseker te
        wees teen skade en/of diefstal.√√
      - Besighede is beskerm teen 'n verlies aan inkomste, bv. stakings deur werknemers
        wat kan lei tot verliese van miljoene rande se inkomste.√√
      - Beskerm besighede teen die oneerlike dade van werknemers.√√
      - Versekering kan uitgeneem word op die lewe van vennote in 'n vennootskap, om
        verlies aan kapitaal te beperk.√√
      - Indien die dienste van sleutelpersoneel weens ongelukke/dood verlore raak, kan
        die opbrengs uit 'n versekeringspolis aan die onderneming/begunstigdes uitbetaal
        word.√√
      - Vervangingskoste van beskadigde masjinerie/toerusting is baie hoog en daarom
        kan versekering sodanige koste verminder/dek.√√
      - Beskerm die besigheid teen verliese as gevolg van die dood van 'n debiteur/
        skuldenaar.√√
      - Versekeringspolisse kan aan finansiële instellings as sekuriteit/kollateraal vir lenings
        gesedeer word.√√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid van
        versekering vir besighede.
                                                                                     Maks (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            15                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

3.6    Voordele van WVF
       - Werkloosheidsvoordele√√
         o Werkers wat werkloos geraak het/afgelê is as gevolg van herstrukturering/
            kontrak wat beëindig is, kan binne 6 maande na hulle werkloos geraak het, eis.√
         o Werklose werknemers kan slegs eis as hulle 'n bydrae tot WVF gemaak het.√
         o Werklose werknemers geniet hierdie voordele totdat die toegewysde fondse
            uitgeput geraak het.√
         o Indien 'n werknemer vrywillig sy/haar kontrak beëindig, kan hy/sy nie eis nie.√
         o Geen belasting word betaal op werkloosheidsvoordele nie.√
         o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met werkloosheidsvoordele van
            WVF.                                                               Voordeel (2)
                                                                          Verduideliking (1)
                                                                               Submaks (3)
       - Siektevoordele√√
         o Werkers kan hierdie voordele ontvang indien hulle nie in staat is om vir meer
            as 14 dae te werk sonder om 'n salaris/gedeelte van 'n salaris te ontvang nie.√
         o Werkers kan nie hierdie voordele eis as hulle mediese behandeling weier nie.√
         o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met siektevoordele van WVF.
                                                                               Voordeel (2)
                                                                          Verduideliking (1)
                                                                               Submaks (3)
       - Kraamvoordele√√
         o Swanger werkers ontvang hierdie voordele vir tot op 4 opeenvolgende
            maande.√
         o Indien 'n persoon 'n miskraam gehad het, kan sy eis vir tot ses weke/42 dae.√
         o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met kraamvoordele van
            WVF.
                                                                               Voordeel (2)
                                                                          Verduideliking (1)
                                                                               Submaks (3)
       - Aanneemvoordele√√
         o Werknemers kan hierdie voordele ontvang as hulle 'n kind jonger as twee jaar
            aanneem.√
         o Werknemers wat onbetaalde verlof neem/kan 'n gedeelte van hulle salaris
            ontvang terwyl die kind tuis versorg word.√
         o Slegs een ouer/maat kan eis.√
         o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aanneemvoordele van
            WVF.                                                               Voordeel (2)
                                                                          Verduideliking (1)
                                                                               Submaks (3)
       - Voordele vir afhanklikes√√
         o Afhanklikes kan aansoek doen vir hierdie voordele indien die broodwinner, wat
            bygedra het tot WVF, sterf.√
         o Die eggenoot van die oorledene kan eis al is hy/sy werkloos of nie.√
         o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voordele vir afhanklikes
            van WVF.                                                           Voordeel (2)
                                                                          Verduideliking (1)
                                                                               Submaks (3)
       LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
                  2. Die voordeel kan in die verduideliking geïntegreer wees.
                                                                                  (3 x 3) (9)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             16                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

3.7    Ondernemingsvorme
3.7.1 Eenmansaak√√                                                               Submaks (2)

       Motivering:
       'Mapule is die enigste eienaar van die besigheid/is (ook) vir alle sakerisiko's
       verantwoordelik.'√
                                                                                   Submaks (1)
       LET WEL: Ken geen punte toe vir die motivering indien die ondrnemingsvorm
                       nie korrek geïdentifiseer is nie.
                                                                                       Maks (3)

3.7.2 Sukses en/of mislukkingsfaktore van 'n eenmansaak
                          SUKSES                                  MISLUKKING
Verde-       - Eienaar ontvang alle winste√ van      - Winste kan te min wees√ vir
ling van       die besigheid.√                         uitbreiding.√
winste       - Die eienaar kan die wins gebruik√     - Winste kan te min wees√ om alle
               om die besigheid uit te brei.√          besigheidskuld te delg√/Eienaar mag
                                                       besluit√ om nie uit te brei nie.√
             - Enige ander relevante antwoord        - Enige ander relevante antwoord wat
               wat verband hou met die invloed         verband hou met die invloed van die
               van die verdeling van winste op         verdeling van winste op die mislukking
               die sukses van 'n eenmansaak.           van 'n eenmansaak.
                                                                                Submaks (4)

                            SUKSES                            MISLUKKING
Wetge-       - Dit is maklik/goedkoop√ om te    - Besighede kan slegs kwalifiseer vir
wing           begin.√                            meer lenings√ indien hulle 'n lisensie
                                                  het√/Dit is nie maklik√ om lenings te
                                                  kry nie.√
          - Daar is beperkte wetlike vereistes√ - Besigheid het geen regspersoon
            ten opsigte van die naam van die      nie/onbeperkte aanspreeklikheid√ en
            besigheid.√                           die eienaar kan gedagvaar word/
                                                  verantwoordelik gehou word vir die
                                                  besigheid se skuld.√
          - Dit is nie verpligtend√ om          - Besigheid het geen kontinuïteit nie√
            finansiële state te oudit nie.√       aangesien dit van die lewe van die
                                                  eienaar afhang.√
          - Enige ander relevante antwoord      - Enige ander relevante antwoord wat
            wat verband hou met die invloed       verband hou met die invloed van
            van wetgewing op die sukses van       wetgewing op die mislukking van 'n
            'n eenmansaak.                        eenmansaak.
                                                                           Submaks (4)
                                                                               Maks (8)
      LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                 2. Die sukses en/of mislukkingsfaktore moet met die eenmansaak
                      verband hou.
                                                                                    [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            17                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

                                                            UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                              VRAAG 3      PUNTE
                                                                 3.1         6
                                                                 3.2         8
                                                                 3.3         8
                                                                 3.4         4
                                                                3.5.1        3
                                                                3.5.2        3
                                                                3.5.3        8
                                                                 3.6         9
                                                                3.7.1        3
                                                                3.7.2        8
                                                               TOTAAL        60

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1     Menseregte in die werkplek
        - Privaatheid√
        - Respek/Waardigheid√
        - Gelykheid√
        - Vryheid van spraak en uitdrukking√
        - Inligting√
        - Vryheid van assosiasie√
        - Vrye keuse in handel/beroep/professie√
        - Arbeidsregte/Reg tot byeenkomste/Reg om te protesteer√
        - Vryheid van oortuiging en godsdiens√
        - Gesondheidsorg/voedsel/water en maatskaplike bystand√
        - Billike arbeidspraktyke√
        - Toegang tot arbeidshowe/-instellings√
        - Onderwys en opleiding/universele reg tot basiese onderwys√
        - Veiligheid/Sekuriteit en beskerming/Lewe√
        - Vryheid van slawerny, knegskap of gedwonge arbeid√
        - Stem√
        - Vryheid van beweging√
        - Kinderregte√
        - Vryheid om jou eie taal te kies/deel te neem aan eie kultuurlewe√
        LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                                                                                  (4 x 1) (4)

4.2     Onetiese of onprofessionele sakepraktyk
4.2.1   Onetiese√√
4.2.2   Onprofessionele√√
4.2.3   Onprofessionele√√
4.2.4   Onetiese√√
4.2.5   Onetiese√√
                                                                                   Maks (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           18                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

4.3    Nadele van KMI/KSI vir gemeenskappe
       - Verspreiding van skaars KMI/KMB-hulpbronne aan geselekteerde begunstigdes in
         die gemeenskap√ kan probleme soos diskriminasie veroorsaak.√
       - Die voordele van die programme mag dalk nie die persone, vir wie dit bedoel is√
         in die gemeenskap, bereik nie.√
       - Programme wat nie al die behoeftes van die gemeenskap bevredig nie√ kan dalk
         nie ondersteun word nie.√
       - Uitdeelprogramme ontmoedig plaaslike inwoners om eie inisiatief te neem√ deur
         hulle afhanklik te maak van KMI/KMB-programme.√
       - Om projekte vol te hou nadat besighede hulle bystand onttrek het√, is soms
         moeilik sonder die regte kundigheid.√
       - Om geld op KMI/KSI te spandeer beteken dat die besigheid kostes deur hoër
         pryse moet verhaal√ wat 'n negatiewe impak op die gemeenskap/ekonomie het.√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die nadele van KMI/KMB vir
         gemeenskappe.
                                                                                  Maks (8)

4.4    Implikasies van ekwiteit, respek en waardigheid vir besighede
       - Besighede behoort al hulle werknemers gelyk te behandel√, ongeag hulle ras/
         kleur/ouderdom/geslag/gestremdheid√,ens.
       - Alle werknemers moet toegang√ tot gelyke geleenthede/posisies/hulpbronne hê.√
       - Werkgewers en werknemers moet wetgewing nakom√ ten opsigte van gelyke
         geleenthede/menseregte in die werkplek.√
       - Besighede moet ekwiteitsprogramme/strategieë bevorder√ om te verseker dat alle
         werknemers gelyk behandel word, ongeag status/rang/mag.√
       - Missiestelling moet die waardes van gelykheid/respek√ insluit.√
       - Opleiding/Inligting/Besigheidsbeleide√ behoort kwessies soos diversiteit/
         diskriminasie/teistering in te sluit.√
       - Werknemers moet vinnig en regverdig reageer√ om gevalle van diskriminasie in
         die werkplek te rapporteer.√
       - Verseker dat werknemers in 'n omgewing werk√ wat bevorderlik is vir veiligheid/
         regverdigheid/vry van verleentheid.√
       - Bestellings/Take moet met respek gegee word√ en die ontvanger/werknemer
         moet 'n sê hê in die manier hoe die taak uitgevoer moet word.√
       - Behandel werknemers met respek/waardigheid√ deur erkenning te gee aan goeie
         werk/die waarde van menslike kapitaal.√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die implikasies van ekwiteit,
         respek en waardigheid vir besighede.
                                                                                   Maks (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            19                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

4.5    King-Kode-beginsels
          SWAK
                            KING KODE-
   KORPORATIEWE                                              TOEPASSING
                             BEGINSEL
       BESTUUR                                                  4.5.3
                               4.5.2
           4.5.1
Die aandeelhouers het     Deursigtigheid √√ - Gereelde oudits moet gedoen word om die
by fluitjieblasers                            effektiwiteit van die besigheid te bepaal.√√
uitgevind dat die                           - Oudit- en ander verslae moet akkuraat/
maatskappy se swak                            beskikbaar wees aan aandeelhouers/
prestasie die gevolg                          werkers.√√
van 'n gebrek aan                           - Saketransaksies moet openlik gedoen word
bevoegdheid in die                            sodat daar geen aanduiding/teken van
direksie is.√                                 oneerlikheid/korrupsie is nie.√√
                                            - Personeelvoorsiening en ander prosesse
                                              moet oop en deursigtig wees.√√
                                            - Werknemers/Aandeelhouers/Direkteure moet
                                              bewus wees van die indiensnemingsbeleide
                                              van die besigheid.√√
                                            - Enige ander relevante toepassing van
                                              deursigtigheid as 'n King-Kode-beginsel.
                                                                                  Submaks (4)
Die direkteure van       Verantwoord-       - Daar moet gereelde kommunikasie tussen
DFD ontken hierdie       baarheid/            bestuur en belanghebbendes, bv. aandeel-
aantyging.√              Aanspreeklikheid     houers wees.√√
                         √√                 - Maatskappy moet interne en eksterne
                                              ouditeure aanstel om finansiële state te
                                              oudit.√√
                                            - Die raad moet verseker dat besigheid se etiek
                                              effektief geïmplementeer word.√√
                                            - Enige ander relevante toepassing van
                                              verantwoordbaarheid/aanspreeklikheid as 'n
                                              King-Kode-beginsel.
                                                                                  Submaks (4)
             (2 x 1) (2)        (2 x 2) (4)                                          Maks (8)

LET WEL:       1.    Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
               2.    Sien die eerste TWEE (2) voorbeelde en beginsels na in VRAE 4.5.1
                     en 4.5.2 onderskeidelik.
               3.    Ken 'n maksimum van TWEE (2) punte toe indien die toepasssing
                     gebaseer is op die voorbeelde van swak korporatiewe bestuur in
                     VRAAG 4.5.1 aangehaal.
               4.    Ken TWEE (2) punte toe vir die King Kode-beginsel in VRAAG 4.5.2
                     geïdentifiseer, indien die voorbeeld van swak korporatiewe bestuur
                     nie direk aangehaal is nie, maar wel op die scenario gebaseer is.
               5.    Die toepassing in VRAAG 4.5.3 moet verband hou met die korrekte
                     King Kode-beginsel in VRAAG 4.5.2.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2018-afrikaans/46acac40-0106-4611-ada9-80a9818cd49a) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [2018 KZN June Memo](https://www.hlayiso.com/library/2018-kzn-june-memo/f6e45212-c30e-41ff-840d-f57a10e1be6b) — Business Studies · Memo · 2018
- [Business Studies May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-memo-afr/2fab4f7a-be20-43f3-88e0-743da003323d) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Business Studies May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-memo-eng/39a81640-6fb6-439a-8a91-43244a231815) — Business Studies · Memo · 2018 · Eng
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2018-afr-d/163b0f8b-86a9-42fa-99f5-eb8039a4aa3b) — Business Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [BUS STUDIES P1 QP JCT 2025 ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p1-qp-jct-2025-eng-d-watermark/bb80e211-d0d0-4667-b7d8-68f2e1736d30) — QP · 2025 · Eng
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/be417aa7-c023-4ad6-8033-44444fbd8660) — QP · 2025
- [Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-afrikaans-june-2025-possible-asnwers/4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4) — QP · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025
- [Business Studies P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2025-eng/103fd17a-6f6d-48de-ac3d-b580e4233fb9) — QP · 2025 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-business-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/e6a157da-01c9-4da3-bd98-38371acfd429) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
