# Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-qp-afr-d-watermark/00dd28a5-2de2-4aed-bbf2-38b7754d9503
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-qp-afr-d-watermark/00dd28a5-2de2-4aed-bbf2-38b7754d9503)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                     NOVEMBER 2024

                 BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE: 150

TYD:   2 uur

                           *IBUSTA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

     AFDELING A:       VERPLIGTEND
     AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
     AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
     vereis word.

     Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en
     die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
     NIE.

4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
     antwoord te bepaal.

6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte-en tydstoekenning wanneer elke vraag
     beantwoord word.

                                                                                TYD
                     AFDELING                     VRAAG        PUNTE
                                                                              (minute)
     A:     Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                                 1         30             20

     B:     DRIE direkte/indirekte tipe vrae            2         40
            KEUSE:                                                               70
                                                        3         40
            Beantwoord enige TWEE.
                                                        4         40

     C:     TWEE opsteltipe vrae KEUSE:                 5         40             30
            Beantwoord enige EEN.                       6         40
                      TOTAAL                                     150             120

7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe
     bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                     BESIGHEIDSTUDIES V2                                 3

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1    ŉ Maatskappy waarin die direkteure gesamentlik en afsonderlik
                aanspreeklik is vir al die skulde en laste van die besigheid:

                A     Privaatmaatskappy
                B     Publieke maatskappy
                C     Staatsbeheerde maatskappy
                D     Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid

       1.1.2    Vusi het die reg om die naam en handelsmerk van VS Kosse te gebruik
                aan Tony verkoop, in ruil vir ŉ tantieme fooi. Vusi staan as die ...
                bekend

                A     franchisegewer
                B     franchisenemer
                C     verhuurder
                D     huurder

       1.1.3    ŉ Besigheid wat tydelike werknemers aanstel of onafhanklike
                kontrakteurs gebruik, dink aan ... as ŉ faktor wat oorweeg moet word
                voordat ŉ besigheid begin word.

                A     die kultuur van die organisasie
                B     besigheidsgroei
                C     kostebesparing
                D     kliëntediens

       1.1.4    Zonke Konstruksie gebruik … wanneer alternatiewe oplossings
                gegenereer en geëvalueer word in reaksie op probleme.

                A     probleemoplossing
                B     kragveldontleding
                C     Delphi-tegniek
                D     roetine denke

       1.1.5    Die manier waarop die liggaam reageer op situasies wat ŉ persoon
                moeilik vind om te beheer, staan as ... bekend.
                A     krisis
                B     stres
                C     verandering
                D     konflik                                                (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                BESIGHEIDSTUDIES V2                          (EC/NOVEMBER 2024)

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf
    slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

        normfase; passie; griewe; prestasiefase; vennootskap; inligtingstukke;
               konflik; beslote korporasie; plakkate; deursettingsvermoë

     1.2.1   ŉ … het nie ‘n regspersoon nie en het dus geen kontinuïteit nie.
     1.2.2   Dlamini het … as ŉ entrepreneurseienskap getoon toe sy nie moed
             opgegee het nie, ten spyte van die uitdagings wat sy in haar besigheid in
             die gesig gestaar het.
     1.2.3   Nico het ... as ŉ tipe visuele hulpmiddel na sy aanbieding aan die gehoor
             verskaf om hulle aan die sleutelpunte te herinner.
     1.2.4   ŉ Onenigheid tussen twee partye staan as ... bekend.
     1.2.5   Tydens die ... as ŉ stadium van spanontwikkeling, kom spanlede tot ŉ
             ooreenkoms en bereik hulle ŉ konsensus.                                          (10)

1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

             KOLOM A                                    KOLOM B
     1.3.1   Verbale aanbieding A        belastingopgawes betyds ingedien en maak
                                         gereelde belastingbetalings
     1.3.2   Ekwiteitskapitaal      B    voldoen aan die Suid-Afrikaanse Buro vir
                                         Standaarde
     1.3.3   Nie-konvensionele      C    belastingbetalings word aangepas om hoë
             oplossings                  belastingbetalings te vermy
     1.3.4   Globalisering          D    geld en bates van die eienaars wat in ŉ
                                         besigheid belê is
     1.3.5   Goeie besluit          E    inligting wat deur middel van gedrukte materiaal
                                         gekommunikeer word
                                    F    daar is uiteenlopende oplossings vir             ŉ
                                         probleem
                                    G    geld wat deur die regering beskikbaar gestel
                                         word vir klein ontwikkelende besighede
                                    H    inligting wat deur middel van ŉ mondelinge
                                         aanbieding gekommunikeer word
                                    I    daar is net een oplossing vir ŉ probleem
                                    J    voldoen aan internasionale standaarde van
                                         gehalte
                                                                             (5 x 2)          (10)
                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                      BESIGHEIDSTUDIES V2                                5

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv. VRAAG
               2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1 Noem enige VIER sleutelsuksesfaktore in ŉ besigheid.                                 (4)

2.2 Beskryf kortliks die aspekte wat oorweeg moet word wanneer ŉ besigheid
    begin word.                                                                          (6)

2.3 Identifiseer die tipes visuele hulpmiddels wat Thandi tydens sy aanbieding in
    ELKE stelling hieronder gebruik het:

     2.3.1     Hy het kolomme en rye gebruik om die verskillende opsies wat vir
               beleggers beskikbaar is te vergelyk.                                      (2)

     2.3.2     Hy het die verband tussen twee veranderlikes oor ŉ tydperk aangetoon.     (2)

2.4 Verduidelik die prosedure vir die stigting van maatskappye.                          (6)

2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                 EGTE BEHUISING (EB)

     Egte Behuising besit eiendomme regoor die land. Hulle laat besighede toe om ŉ
     ooreenkoms aan te gaan en ŉ maandelikse betaling vir die gebruik van hierdie
     eiendomme te maak. EB bied ook inligtingstegnologiedienste aan hierdie
     besighede om hulle in staat te stel om op belangrike sakeaktiwiteite te fokus.

     Identifiseer TWEE maniere van verkryging van besighede wat RE gebruik het.
     Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

     Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.5 te beantwoord.

      VERKRYGINGS VAN BESIGHEDE                          MOTIVERINGS
     1.
     2.                                                                                  (6)

2.6 Bespreek die volgende voordele van die stigting van ŉ maatskappy teenoor
    ander ondernemingsvorme:

     2.6.1     Wetlike status en aanspreeklikheid                                        (4)

     2.6.2     Eienaarskap en bestuur                                                    (4)

2.7 Stel redes voor waarom entrepreneurs mag besluit om ŉ bestaande besigheid
    te koop.                                                                             (6)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                               BESIGHEIDSTUDIES V2                        (EC/NOVEMBER 2024)

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1 Noem enige VIER interne oorsake van verandering.                                     (4)

3.2 Beskryf kortliks die belangrikheid van stresbestuur in die werkplek.                 (6)

3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             ASSOP VERVAARDIGER (AV)

     Assop Vervaardiger spesialiseer in die vervaardiging van elektriese motors en
     pas die beginsels van professionalisme en etiek toe. Hulle fokus daarop om
     hulpbronne verantwoordelik te gebruik om te verseker dat daar na die omgewing
     omgesien word. AV beoefen ook sosiale verantwoordelikheid deur terug te gee
     aan arm gemeenskappe. Die bestuur van AV is ook bewus van die verskille
     tussen professionalisme en etiek.

     3.3.1    Haal TWEE beginsels van professionalisme en etiek aan wat AM in die
              scenario hierbo openbaar.                                                  (2)

     3.3.2    Verduidelik die verskil tussen professionalisme en etiek.                  (4)

3.4 Bespreek die funksies van werkplekforums.                                            (6)

3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                OOSTELIKE HOTEL (OH)

     Oostelike Hotel is aan moeilike ekonomiese toestande blootgestel en moet dus
     groot veranderinge hanteer. Hulle het die aantal werknemers by die hotel
     verminder om hul kostes te verlaag. OH bied ook gelyke geleenthede aan mense
     uit voorheen benadeelde groepe as ŉ wetlike bepaling.

     Identifiseer TWEE groot veranderinge wat mense en besighede moet hanteer
     in die scenario hierbo. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan
     te haal.

     Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord.

          GROOT VERANDERINGE WAT                          MOTIVERINGS
          MENSE EN BESIGHEDE MOET
                  HANTEER
     1.
     2.                                                                                  (6)

3.6 Bespreek die belangrikheid van spanwerk.                                             (6)

3.7 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
    effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word.                             (6)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                                  7

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1 Noem enige VIER stappe van ŉ aksieplan/stappe om te volg wanneer ŉ
    aksieplan opgestel word.                                                             (4)

4.2 Brei uit oor die betekenis van memorandum van inkorporasie.                          (4)

4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                RONALD PAKHUISE (RP)

     Ronald Pakhuise is besig om stoorfasiliteite rondom Johannesburg te vestig.
     Hulle het befondsing van ŉ ryk entrepreneur ontvang in ruil vir ŉ aandeel in die
     besigheid. RP is ook bewus van die vele redes waarom besighede finansiering
     benodig.

     4.3.1     Identifiseer die bron van befondsing wat RW in die scenario hierbo
               ontvang het.                                                              (2)

     4.3.2     Verduidelik die redes hoekom besighede finansiering benodig.              (6)

4.4 Beveel faktore aan wat die aanbieder moet oorweeg wanneer ŉ aanbieding
    voorberei word.                                                                      (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.5 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek.                            (6)

4.6 Identifiseer die stadiums van spanontwikkeling wat Donald Konstruksie in
    ELKE stelling hieronder ervaar.

     4.6.1     Die nuut aangestelde lede van die bemarkingspan was gemaklik met
               mekaar tydens hul eerste ontmoeting.                                      (2)

     4.6.2     Rowena, die spanleier van die skoonmaakspan, het verseker dat alle
               take afgehandel is voordat die span finaal geskei het.                    (2)

4.7 Bespreek enige TWEE teorieë van etiek wat van toepassing is op die werkplek.         (6)

4.8 Beveel maniere aan waarop besighede krisisse in die werkplek kan hanteer.            (4)
                                                                                        [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:       80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2024)

AFDELING C:

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
             antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op
             ŉ NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (OMSKAKELING VAN ’N
         BESIGHEIDSPLAN IN ’N AKSIEPLAN)

Besighede wat die projekbeplanningstappe volg, sal die voltooiing van hul take
verseker. ŉ Besigheidsplan is noodsaaklik om te verseker dat die voorgestelde
besigheidsdoelwitte bereik word. Beplanningsinstrumente verskaf riglyne oor hoe om
ŉ sakeplan in ŉ aksieplan te omskep en besighede gebruik aksieplanne om hul
aktiwiteite te organiseer.

Skryf ŉ opstel oor die omskakeling van ŉ besigheidsplan in ŉ aksieplan waarby jy
die volgende aspekte insluit:

x   Beskryf kortliks die projekbeplanningstappe.
x   Verduidelik die doel van ŉ besigheidsplan.
x   Bespreek die belangrikheid van tydlyne en Gantt-kaarte/Werksindelingstrukture
    (WIS)
x   Gee besighede raad oor die belangrikheid van ŉ aksieplan.                          [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN
         PROBLEEMOPLOSSING)

Besighede gebruik roetinedenke en kreatiewe denke om hul probleme op te los.
Kreatiewe denke hou baie voordele in en besighede kan ook die Delphi-tegniek en
die kragveldontleding as probleemoplossingstegnieke toepas. Besighede moet ŉ
omgewing skep wat kreatiewe denke in die werkplek stimuleer.

Skryf ŉ opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarby jy die volgende
aspekte insluit:

x   Beskryf kortliks die verskille tussen roetinedenke en kreatiewe denke.
x   Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.
x   Bespreek hoe besighede die volgende probleemoplossingstegnieke kan toepas:
    o Delphi-tegniek
    o Kragveldontleding
x   Beveel maniere aan waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
    denke in die werkplek stimuleer.                                                   [40]
                                                           TOTAAL AFDELING C:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                     Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans-watermark/23acc6bb-1aad-4d57-95a2-d9781f97e116) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/7668b78b-f627-40e3-a57c-e5de76ae3591) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Business Studies · Memo · 2024 · Eng
- [BUSINESS STUDIES GR11 NOV 15 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-question-paper-afrikaans/663e22eb-e4da-4e92-b2c5-03a4b3558020) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/41632251-4355-4048-a669-15f18d417e33) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans/7d3c4d6c-19c9-4bb5-ad4e-4e7748c698c7) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans-watermark/937f19de-bbb3-49bc-8029-e946e63d5d18) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
