# Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2017-afrikaans/38d527c9-01d4-4407-999f-03bd48528656
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2017-afrikaans/38d527c9-01d4-4407-999f-03bd48528656)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2017

                      BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     BESIGHEIDSTUDIES                  (EC/SEPTEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

         AFDELING A:     VERPLIGTEND
         AFDELING B:     Bestaan uit VYF vrae.
                         Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:     Bestaan uit VIER vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
         nie.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
         antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                  AFDELING                    VRAAG       PUNTE               TYD
         A:     Objektiewe tipe vrae
                                                 1           40            30 minute
                VERPLIGTEND

         B:     VYF direkte/indirekte            2           60            30 minute
                tipe vrae                        3           60            30 minute
                KEUSE (Beantwoord                4           60            30 minute
                enige DRIE.)                     5           60            30 minute
                                                 6           60            30 minute

         C:     VIER opsteltipe vrae            7            40            30 minute
                KEUSE (Beantwoord               8            40            30 minute
                enige TWEE.)                    9            40            30 minute
                                                10           40            30 minute

                      TOTAAL                                300           180 minute

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, byvoorbeeld
         VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    BESIGHEIDSTUDIES                                     3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.

        1.1.1    Werkers is geregtig op … opeenvolgende dae jaarlikse verlof per
                 jaar.

                 A     19
                 B     20
                 C     21
                 D     22

        1.1.2    Hierdie strategie vorm nie deel van die intensiewe strategieë nie.

                 A     Produkpenetrasie
                 B     Produkontwikkeling
                 C     Markontwikkeling
                 D     Markpenetrasie

        1.1.3    Die hoofdoel van die Wet op Arbeidsverhouding (WAV) (Nr. 66 van
                 1995) is om ...

                 A     te verseker dat werkers in ŉ meer geskikte en minder
                       gevaarlike omgewing werk.
                 B     gelyke geleenthede en billike behandeling in die werkplek te
                       bevorder.
                 C     ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike geregtigheid,
                       arbeidsvrede en demokrasie in die werkplek te bevorder.
                 D     te verseker dat gekwalifiseerde mense van aangewese
                       groepe gelyke geleenthede in die werkplek het.

        1.1.4    ŉ Vennootskap het ...

                 A     beperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.
                 B     ongeperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
                 C     beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
                 D     onbeperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.

        1.1.5    Die opbrengs op belegging van aandele word ... genoem.

                 A     dividende
                 B     rente
                 C     kapitaalgroei
                 D     wins

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  BESIGHEIDSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2017)

       1.1.6     Die …-klousule word toegepas om die bedrag te bepaal wat die
                 versekeraar sal uitbetaal, veral wanneer goedere onderverseker
                 is.

                 A      bybetaling
                 B      herinbesitstelling
                 C      subrogasie
                 D      Awery/gemiddelde

       1.1.7     ... beteken die waardering vir mekaar ongeag van status, kultuur of
                 gestemdheid.

                 A      Diskriminasie
                 B      Leierskap
                 C      Diversiteit
                 D      Inklusiwiteit

       1.1.8     Teorieë oor spandinamika help besighede om …

                 A      take aan spanlede met soortgelyke persoonlikhede toe te
                        ken.
                 B      take volgens die rolle van spanlede toe te ken.
                 C      totale bevrediging te bevorder.
                 D      goeie verhoudings met spanne te vestig.

       1.1.9     Hierdie funksie skep ŉ gunstige beeld vir die besigheid.

                 A      Algemene Bestuur
                 B      Menslikehulpbron
                 C      Openbare betrekkinge
                 D      Aankope

       1.1.10    Gehaltesirkels is gewoonlik deel van die TGB ('TQM')-element
                 van …

                 A      deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
                 B      topbestuurbetrokkenheid.
                 C      spanwerk.
                 D      monitering en evaluering van gehalteprosesse.
                                                                              (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  BESIGHEIDSTUDIES                                          5

  1.2 Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

                      JSE; leë stoel; tersiêre;  sifting;      verpligte;
                        sekondêre; KSV; dinkskrum; kortlysing;    by

        1.2.1    Die ... sektor sluit in alle bedrywe wat dienste aan besighede en
                 verbruikers verskaf.

        1.2.2    Die ... gee geleenthede aan finansiële instellings om hul fondse in
                 aandele te belê.

        1.2.3    ... is ŉ kreatiewe probeemoplossingstegniek waar ŉ paar mense aan
                 ŉ enkele probleem dink en idees voorstel wat tot ŉ oplossing kan lei.

        1.2.4    ... is om die ongeskikte kandidate vir die posisie te elimineer.

        1.2.5    Mediese bystand is ŉ voorbeeld van ... voordele.                   (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2017)

    1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
        die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                KOLOM A                               KOLOM B
        1.3.1   Wet op Gelyke A          Reg om aan ŉ vakbond te behoort
                Indiensneming

        1.3.2   Herinbesitstelling   B   ŉ Klagte van ’n werknemer oor iets wat hy of
                                         sy as verkeerd of onbillik in die werkplek
                                         beskou

        1.3.3   Konflik              C   Inspeksie van die finale produk om te
                                         verseker dat dit aan die voorgestelde
                                         standaarde voldoen

        1.3.4   Ekonomiese reg       D   ŉ Bepaling ingestel deur die versekeraar
                                         wat van toepassing is wanneer eiendom of
                                         goedere vir minder as hul markwaarde
                                         verseker word

        1.3.5   Gehaltebeheer        E   Verskille in opinies, waardes en houdings

                                     F   ŉ Bepaling waardeur die versekeraar die
                                         verlore of beskadigde eiendom of goedere
                                         kan vervang in plaas van vergoeding

                                     G Inspeksies word uitgevoer gedurende en na
                                       die produksieproses om te verseker dat
                                       daar tydens elke stadium aan die
                                       voorgestelde standaarde voldoen word

                                     H   Implementering van regstellende aksie om
                                         onregverdige diskriminasie te voorkom

                                     I   Verhoog die ekonomiese deelname van
                                         swart mense

                                     J   Reg tot gesondheidsdienste
                                                                                 (5 x 2)   (10)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 BESIGHEIDSTUDIES                                              7

  AFDELING B

  Beantwoord enige DRIE vrae van die volgende vyf vrae in AFDELING B. Begin
  ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

  VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

  2.1 Identifiseer die element van Porter se Vyf Kragte/Magte-model wat op elk
      van die volgende stellings van toepassing is:

        2.1.1    Royal Clothing lok meer klante as Pro Clothing omdat hulle laer
                 pryse bied.

        2.1.2    Local Plastics is die enigste plek waar kleinhandelaars plastiek-
                 sakke kan koop.

        2.1.3    Handsome Stores wil ŉ eksklusiewe modeboetiek begin wat groot
                 kapitale belegging vereis om hoë stigtingskoste en duur voorraad
                 te dek.

        2.1.4    Medi-Care het ŉ paar gereelde klante wat altyd groot bestellings
                 plaas.

        2.1.5    Klante verkies warmer jasse bo duurder, formele baadjies.
                                                                                    (5 x 2)    (10)

  2.2 Noem DRIE besigheidsektore.                                                               (3)

  2.3 Beskryf die strategiese bestuursproses.                                                   (6)

  2.4 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           DIE ROL (FUNKSIES) VAN SOOO’s

        Daar is 25 Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO’s) in Suid-
        Afrika en elkeen is volgens die ekonomiese sektore geklassifiseer. Die
        funksies en verantwoordelikhede van SOOO’s word in die Wet op
        Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) uiteengesit. Die
        Wet noem dat die rol van ŉ SOOO is om ŉ sektorontwikkelingsplan te
        ontwikkel, die plan te implementeer, leerderskappe te ontwikkel en
        administreer. SOOO’s ondersteun ook die implementering van die Nasionale
        Kwalifikasie Raamwerk en onderneem gehalteversekering.
                                  [Vertaal en aangepas uit Mail & Guardian, 23 Oktober 2003]

        2.4.1    Haal aan DRIE rolle/funksies van SOOO’s wat in die bostaande
                 artikel genoem word.                                                           (3)

        2.4.2    Verduidelik die doelwitte van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
                 (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998).                                                 (6)

  2.5 Verduidelik DRIE defensiewe strategieë wat besighede kan gebruik om hul
      uitdagings te oorkom.                                                                     (9)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   BESIGHEIDSTUDIES                   (EC/SEPTEMBER 2017)

    2.6 Bespreek enige DRIE verbruikersregte soos gestipuleer in die Wet op
        Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008).                           (9)

    2.7 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die primêre doel van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging
         (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) (gewysig in 2013) is om die ekonomiese
         deelname van swart mense in die Suid-Afrikaanse ekonomie aan te spreek
         en te verbeter. Dit word bereik deur die implementering van die volgende
         pilare: eienaarskap, bestuur en beheer, vaardigheidsontwikkeling,
         onderneming- en verskafferontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

         2.7.1   Haal die primêre doel van die Wet op BBSEB uit die bostaande
                 stelling aan.                                                         (1)

         2.7.2   Identifiseer enige DRIE pilare van BBSEB wat in die bostaande
                 stelling genoem word.                                                 (3)

         2.7.3   Regverdig die instelling van die Wet op BBSEB.                        (4)

         2.7.4   Evalueer die impak van die Wet op BBSEB op besighede.                 (6)
                                                                                      [60]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                BESIGHEIDSTUDIES                                       9

  VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

  3.1 Identifiseer die ondernemingsvorm wat van toepassing is op die stellings
      hieronder.

        3.1.1    Die naam eindig in (Edms.) Bpk.

        3.1.2    Hierdie maatskappy verkry kapitaal deur aandele aan die publiek te
                 verkoop.

        3.1.3    Maak staat op skenkings en donasies van fondsinsameling as bron
                 van kapitaal.

        3.1.4    Die regering besit 50% van die aandele in hierdie maatskappy.
                                                                             (4 x 2)      (8)

  3.2 Definieer die volgende versekeringskonsepte:

        3.2.1    Bybetaling                                                               (2)

        3.2.2    Premie                                                                   (2)

  3.3 Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede.                        (5)

  3.4 Onderskei tussen versekering en assuransie. Ondersteun jou antwoord met
      behulp van EEN voorbeeld van elk.                                                   (6)

  3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Frank wil R25 000 in ŉ vaste deposito vir drie jaar belê. Die bank bied 15%
        enkelvoudige of 10% saamgestelde rente aan hom.

        3.5.1    Noem die soort belegging wat in die bostaande scenario genoem
                 word.                                                                    (1)

        3.5.2    Analiseer die risiko-faktor van die soort belegging in VRAAG 3.5.1
                 geïdentifiseer.                                                          (3)

        3.5.3    Bereken die bedrag wat Frank se belegging werd sal wees aan die
                 einde van drie jaar as hy die saamgestelde rente opsie kies.             (6)

        3.5.4    Onderskei tussen eenvoudige en saamgestelde rente.                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 BESIGHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2017)

  3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     MEDI-AWAY BPK.

       Medi-away BPK. spesialiseer in die verwydering van mediese afval van
       hospitale en private spreekkamers. Gavin Moore, die eienaar van die
       besigheid, volg al die institusionele reëls en beleide sistematies. Hy maak ook
       seker dat werkers al hierdie reëls streng navolg.

       3.6.1    Identifiseer die soort leierskapstyl wat van toepassing in die
                bostaande scenario is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                aan te haal.                                                                  (3)

       3.6.2    Evalueer die impak van die leierskapstyl geïdentifiseer in
                VRAAG 3.6.1 op leierskap en bestuur.                                          (6)

  3.7 Bespreek die voordele van die transaksionele leierskapstyl.                             (6)

  3.8 Beskryf hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van ŉ
      maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid kan lei:

       3.8.1    Kapitaal                                                                      (4)

       3.8.2    Bestuur                                                                      (4)
                                                                                            [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   BESIGHEIDSTUDIES                                     11

  VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

  4.1 Noem enige DRIE stadiums van spanontwikkeling.                                        (3)

  4.2 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                         (6)

  4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   TRUE BLUE SPORTS (TBS)
        Roy, die eienaar van True Blue Sports, teken nie al sy besigheid se
        transaksies aan soos deur Suid-Afrikaanse Inkomstediens vereis word nie.
        Hy was gekritiseer omdat hy nie sy besigheid nie op ŉ professionele,
        verantwoordelike en eties wyse bedryf nie.

        4.3.1         Identifiseer die onetiese sakepraktyk in die bostaande scenario.
                      Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.              (3)

        4.3.2         Noem enige VIER ander onetiese sakepraktyke.                          (4)

        4.3.3         Beveel DRIE maniere aan waarop TBS sakepraktyke professioneel,
                      verantwoordelik en eties behoort uit te voer.                         (6)

  4.4 Beskryf DRIE kriteria vir suksesvolle spanne.                                         (9)

  4.5 Verduidelik die verskille tussen etiek en professionalisme.                           (6)

  4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          GO TRAVELS
        Go Travels is ŉ reisagentskap wat vervoer en akkommodasie besprekings vir
        internasionale sportspanne bied. Hulle bevind dat meer spanne hulle eie
        besprekings hanteer en is bekommerd dat hulle een van die dae nie meer
        baie besigheid gaan hê nie. Die bestuur van Go Travels het besluit om ŉ
        groep sakekenners te versoek om vraelyste te voltooi om te help om hulle
        probleem op te los.

        4.6.1    Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Go Travels
                 gebruik is om hul probleem op te los. Motiveer jou antwoord.               (3)

        4.6.2    Verduidelik aan Go Travels die voordele van die
                 probleemoplossingstegniek in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer.                   (6)

  4.7 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.                                (6)

  4.8 Stel manier voor waarop besighede die volgende diversiteitkwessies in die
      werkplek kan hanteer:

        4.8.1    Ouderdom                                                                   (4)

        4.8.2    Gestremdheid                                                              (4)
                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2017)

  VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

  5.1 Noem DRIE metodes van eksterne werwing.                                            (3)

  5.2 Omskryf in breë trekke die plasingsprosedure wat oorweeg moet word
      wanneer ŉ werker in sy/haar nuwe posisie geplaas word.                             (6)

  5.3 Verduidelik die voordele van ŉ induksie-/oriënteringsprogram op besighede.         (6)

  5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   REAL CLEAN BPK.

       Real Clean BPK. het Jane as ŉ skoonmaker aangestel. Real Clean BPK. het
       ŉ     indiensnemingskontrak    met      Jane    geteken     wat    hulle
       indiensnemingsverhouding reguleer. Real Clean BPK. het aan Jane die
       besonderhede van die beëindig van die indiensnemingskontrak gegee.

       5.4.1    Identifiseer die werkgewer en die werknemer in die
                indiensnemingskontrak. Ondersteun jou antwoord deur uit die
                scenario aan te haal.                                                    (4)

       5.4.2    Noem VIER aspekte wat in ŉ indiensnemingskontrak ingesluit moet          (4)
                word.

       5.4.3    Gee Jane raad oor die redes van die beëindig van die
                indiensnemingskontrak.                                                   (6)

  5.5 Verduidelik die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.                        (6)

  5.6 Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur.                               (8)

  5.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   JP CLOTHING BPK.

       JP Clothing BPK. vervaardig ontwerpersklere vir mammas en kleuters. Jabu,
       die eienaar en bestuurder, weet dat die gehalte van haar produkte haar
       verkope gaan bepaal. Kliënte skryf altyd die gehalte van die klere baie hoog
       aan.

       5.7.1    Identifiseer die Totale Gehalte Bestuurselement (TGB) wat van
                toepassing op die bostaande scenario is. Motiveer jou antwoord deur
                uit die scenario aan te haal.                                            (3)

       5.7.2    Bespreek die impak van die TGB-element geïdentifiseer in
                VRAAG 5.7.1 op JP Clothing Bpk. as ŉ groot besigheid het.                (6)

  5.8 Gee raad aan besighede hoe om die BDKH-siklus toe te pas om die gehalte
      van produkte en dienste te verbeter.                                              (8)
                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 BESIGHEIDSTUDIES                                     13

  VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

  BESIGHEIDSOMGEWINGS

  6.1 Noem DRIE bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
      (Wet 75 van 1997).                                                                  (3)

  6.2 Omskryf in breë trekke enige DRIE stappe in evaluering van ŉ strategie.             (6)

  6.3 Evalueer die impak van Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
      -siektes (COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997) op besighede.                              (6)

  BESIGHEIDSGELEENTHEDE

  6.4 Noem enige DRIE faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggingsbesluite
      geneem word.                                                                        (3)

  6.5 Identifiseer die soort aandele wat deur ELKE stelling hieronder verteenwoordig
      word.

        6.5.1    Hierdie aandeelhouers kan meer dividende ontvang wanneer die
                 maatskappy groter winste maak.

        6.5.2    Aandele word aan bestaande aandeelhouer as vergoeding vir ŉ verlies
                 aan dividende uitgereik.

        6.5.3    Hierdie aandele word aan aandeelhouers uitgereik wat die maatskappy
                 begin het.                                                    (3 x 2)    (6)

  6.6 Verduidelik die voordele van koöperasies.                                           (6)

  BESIGHEIDSROLLE

  6.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     DEEP EARTH (DE)

        Die visie van Deep Earth, een van die wêreldse se grootste myngroepe, is
        geïnspireer deur ŉ stelling wat deur die maatskappy se stigter gemaak is. Hy
        het gesê: “Die doel van hierdie groep was nog altyd om ŉ wins en ŉ permanente
        bydrae tot die welstand van ons werknemers te maak.”

        Gee raad aan Deep Earth hoe om ŉ bydrae tot die welstand van hulle
        werknemers te lewer.                                                              (8)

  6.8 Noem enige DRIE moontlike oorsake van konflik in die werkplek.                      (3)

  6.9 Stel TWEE maniere voor waarop ŉ besigheid moeilike mense kan hanteer.               (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                BESIGHEIDSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2017)

  BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

  6.10   Onderskei tussen stukwerk/loon en tydstarief-vergoeding.                       (4)

  6.11   Bespreek die negatiewe impak van Totale Gehaltebestuur indien besighede
         dit swak implementeer.                                                         (5)

  6.12   Stel DRIE gehalte-aanwysers voor van die administratiewe funksie.             (6)
                                                                                      [60]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           180

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 BESIGHEIDSTUDIES                                      15

 AFDELING C

 Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                byvoorbeeld VRAAG 7 op ŉ nuwe bladsy, VRAAG 8 op ŉ nuwe bladsy,
                ensovoorts.

 VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 Die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NKW) beskerm die verbruiker
 in die kredietmark en maak krediet en bankdienste meer toeganklik. Die Wet help
 om beheer te verbeter vir ŉ beter en meer verantwoordelike kredietpraktyke en
 bedryf.

 Met verwysing na die stelling hierbo:

    Bespreek die doel van die Nasionale Kredietwet
    Verduidelik die verbruikersregte soos dit in die Wet uiteengesit is
    Analiseer die impak van die Wet op besighede
    Stel maniere voor waarop besighede aan die Wet kan voldoen                          [40]

 VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 Ann Watson, die nuwe hoof uitvoerende beampte (CEO) van Main Tech moes
 onlangs die jaarlikse finansiële resultate vir die bestuursraad voorberei en aanbied.

 Adviseer Ann oor haar voorlegging van die finansiële resultate. Jy moet die volgende
 aspekte in jou antwoord insluit:

  Omskryf in breë trekke VIER aspekte wat in aanmerking geneem moet word met
   die ontwerp van ŉ multimedi-aanbieding
  Evalueer die gebruik van ŉ PowerPoint-voorlegging en plakkate as toepaslike
   tipes visuele hulpmiddels wat haar voorlegging kan ondersteun
  Stel maniere voor waarop Ann op ŉ professionele wyse op terugvoering kan
   reageer
  Gee raad aan Ann hoe om op haar volgende voorlegging te verbeter                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2017)

  VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE

                             READ MORE BOOKS (RMB)

  Read More Books (RMB) is ŉ goed gevestigde boekwinkel. RMB will hulle beeld
  verbeter en tot die welstand van die gemeenskap en die omgewing bydra deur op
  sosiale verantwoordelikheid te fokus.

  RMB het met jou as ŉ besigheidsadviseer kontak gemaak om hulle te help met hul
  uitdagings rakende hulle korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (KSV) en
  korporatiewe sosiale investering (KSI). Jou advies moet die volgende insluit:

      Brei uit oor die betekenis van KSV en KSI
      Verduidelik die verhouding tussen sosiale verantwoordelikheid en drievoudige
       sleutelaspekte/triple bottom line
      Evalueer die impak van KSV op besighede
      Gee in breë trekke VYF praktiese maniere waarop RMB se Korporatiewe
       Maatskaplike/Sosiale Investeringsprojekte (KMI/KSI) tot die gemeenskap kan
       bydra                                                                           [40]

  VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

  Die finansiële bestuurder van Wow (Edms.) Bpk. het onlangs sy aftrede
  aangekondig. Peter, die menslikehulpbronbestuurder benodig ŉ nuwe finansiële
  bestuurder. Peter het ŉ posbeskrywing en posspesifikasie opgestel voor hy die
  posisie geadverteer het. Hy het die posisie op die besigheid se aansteekbord
  geadverteer. Hy is ook verantwoordelik vir al die reëlings tydens die
  keuringsproses.

  Verwys na die bostaande scenario en skryf ŉ opstel wat die volgende aspekte
  insluit:

      Verduidelik die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie
      Bespreek die impak van interne werwing op besighede
      Verduidelik die keuringsprosedures wat Peter moet volg om die geskikste
       kandidaat te identifiseer
      Adviseer Peter oor die doel van die onderhoud en die rol van die
       onderhoudvoerder                                                                [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            80
                                                                GROOTTOTAL:             300

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/288aaf6a-7e79-4850-8b58-cad69359bba4) — Business Studies · Memo · 2017 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2019-afrikaans-final/4e150678-ce65-4ac4-b3ad-3aa0d78f5810) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2018-afrikaans/46acac40-0106-4611-ada9-80a9818cd49a) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
