# Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2018-afrikaans/6c97a850-db60-4c38-a8a6-e73a56ad9986
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2018-afrikaans/6c97a850-db60-4c38-a8a6-e73a56ad9986)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2018

                   BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                                  *BUSTA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     BESIGHEIDSTUDIES                   (EC/SEPTEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is NIE.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                                              VRAAG         PUNTE             TYD
                     AFDELING
                                                                            (MINUTE)
         A:     Objektiewe tipe vrae
                                                 1             40                30
                VERPLIGTEND

         B:     VYF direkte/indirekte            2             60                30
                tipe vrae                        3             60                30
                KEUSE:                           4             60                30
                Beantwoord enige                 5             60                30
                DRIE.                            6             60                30

         C:     VIER opsteltipe vrae            7              40                30
                KEUSE:                          8              40                30
                Beantwoord                      9              40                30
                enige TWEE.                     10             40                30

                      TOTAAL                                  300               180

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, byvoorbeeld
         VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 BESIGHEIDSTUDIES                                        3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.

        1.1.1    Oor hierdie omgewing het die besigheid geen beheer nie:

                 A      Mikro
                 B      Mark
                 C      Makro
                 D      Mikro en mark

        1.1.2    Redland Bpk. het van hul bates verkoop om hul kontantvloei te
                 verbeter. Hierdie besigheidstrategie staan as … bekend.

                 A      vervreemding/disinvestering/ontbondeling
                 B      likwidasie
                 C      aflegging
                 D      integrasie

        1.1.3    Hierdie Wet verseker en laat verantwoordelike uitlening toe en
                 voorkom roekelose verlening:

                 A      Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                 B      Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
                 C      Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                        (Wet 53 van 2003)
                 D      Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)

        1.1.4    Hierdie ondernemingsvorm gebruik ŉ prospektus om beleggers uit te
                 nooi om aandele te koop:

                 A      Koöperasie
                 B      Private maatskappy
                 C      Beslote korporasie
                 D      Publieke maatskappy

        1.1.5    Simon het R15 000 vir drie jaar teen 5% enkelvoudige rente per jaar
                 in ŉ spaarrekening by ŉ finansiële instelling belê. Simon sal … rente
                 na drie jaar verdien.

                 A      R2 250
                 B      R2 364,38
                 C      R787,50
                 D      R17 250

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2018)

       1.1.6     'n Grafiese voorstelling van ŉ stel verkoopsyfers wat as ŉ reeks
                 reghoeke voorgestel word:

                 A     Tabel
                 B     Diagram
                 C     Kolomgrafiek
                 D     Lyngrafiek

       1.1.7     Gesondheid en veiligheid is een van die komponente van …

                 A     maatskaplike/sosiale bestuur.
                 B     korporatiewe bestuur.
                 C     korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid.
                 D     maatskaplike/sosiale investering/belegging.

       1.1.8     Die probleemoplossingstegniek waar sleutelwoorde vertoon word
                 en dan bymekaar gevoeg word om nuwe, kreatiewe idees te
                 ontwikkel:

                 A     Leë stoel
                 B     Ses Hoede (Dinkhoede)
                 C     Kragveldanalise
                 D     Gedwonge kombinasie

       1.1.9     Hierdie funksie is verantwoordelik vir die werwing van personeel:

                 A     Bemarking
                 B     Algemene bestuur
                 C     Openbare betrekkinge
                 D     Menslike hulpbronne

       1.1.10    Hierdie prosedure bepaal die ooreenstemming tussen die
                 vereistes van die pos en die sterkpunte van die kandidaat:

                 A     Vergoeding
                 B     Plasing
                 C     Werwing
                 D     Keuring
                                                                          (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 BESIGHEIDSTUDIES                                        5

  1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

        diversiteit; Jung; induksieprogram; vennootskap; Verbruikersbeskerming;
        Belbin; onderhoud; koöperasie; Basiese Diensvoorwaardes; diskriminasie

        1.2.1    Die Wet op … verseker dat besighede alle inligting aangaande
                 produkte en prosesse bekend maak/vertoon.

        1.2.2    ŉ … as ŉ ondernemingsvorm het beperkte kontinuïteit.

        1.2.3    Die … spandinamika-teorie fokus op vier pare houdings en funksies.

        1.2.4    … verwys na die verskeidenheid mense wat in diens geneem word
                 op grond van ouderdom/ras/geslag/etniese groep/gestremdheid/
                 materiële rykdom/persoonlikhede/hoe werknemers hulself en andere
                 sien.

        1.2.5    Die … is ŉ formele prosedure wat tussen die gekortlyste kandidate en
                 die werknemer uitgevoer word om ŉ vakante pos te vul.        (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                 KOLOM A                                   KOLOM B
      1.3.1    Porter se vyf kragte/       A   inspeksie van die finale produk om te
               magte                           verseker dat die finale produk aan die
                                               verlangde gehalte voldoen

      1.3.2    Skadeloosstelling/          B   analiseer die makro-omgewing
               Indemnifikasie

      1.3.3    Professionele               C   beskryf sleutelvereistes vir die persoon
               sakepraktyk                     wat die pos vul

      1.3.4    Gehaltebeheer               D   ignoreer die kleredragvereistes (‘dress
                                               code’) van die besigheid

      1.3.5    Posspesifikasie             E   beskryf sleutel prestasie-areas vir 'n
                                               spesifieke pos

                                           F   die versekeraar verskaf dekking aan die
                                               versekerde vir gebeurtenisse wat kan
                                               plaasvind

                                           G   navolging van die besigheidsbeleid ten
                                               alle tye

                                           H   inspeksies word uitgevoer tydens en na
                                               afloop van die produksieproses om te
                                               verseker dat die vereiste standaard by
                                               elke stadium van die proses bereik is

                                           I   analiseer die markomgewing

                                           J   die versekeraar verskaf dekking aan die
                                               versekerde vir gebeurtenisse wat beslis
                                               sal plaasvind
                                                                                (5 x 2)      (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  BESIGHEIDSTUDIES                                         7

 AFDELING B
 Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE
                bladsy, ensovoorts.
 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
 2.1    Noem DRIE soorte besigheidsektore.                                                 (3)
 2.2    Beskryf die strategiese bestuursproses.                                           (10)

 2.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       MEGA BOEKE

        Mark besit ŉ boekwinkel, Mega Boeke. Mark wil sy besigheid diversifiseer
        deur ook koffie en koek in sy boekwinkel te verkoop om meer kliënte te lok.

        2.3.1    Identifiseer die soort diversifikasie van toepassing op Mega Boeke.
                 Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.           (3)

        2.3.2    Evalueer die doeltreffendheid van die diversifikasie-strategie wat in
                 VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is.                                            (6)

 2.4    Onderskei tussen produkontwikkeling en markontwikkeling.                           (4)

 2.5    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 PLAASLIKE BELIGTING

        Plaaslike Beligting spesialiseer in elektriese dienste. Die werkers is baie
        ongelukkig. Die eienaar, Luke, laat nie die werkers toe om aan ŉ vakbond
        van hul keuse te behoort nie.

        2.5.1    Identifiseer die Wet waaraan Plaaslike Beligting nie voldoen nie.
                 Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.                  (3)

        2.5.2    Brei uit op die impak van die Wet, wat in VRAAG 2.5.1
                 geïdentifiseer is, op Plaaslike Beligting as ŉ besigheid.                 (8)

 2.6    Omskryf in breë trekke VYF bepalings van die Wet op Basiese
        Diensvoorwaardes, (WBDV) 1997 (Wet 75 van 1997).                                   (5)

 2.7    Bespreek die voordele van die Wysigingswet op Vergoeding vir
        Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1993 (Wet 130 van 1993) (soos
        gewysig in 1997).                                                                 (10)

 2.8    Regverdig die doeltreffendheid van die Wet op Gelyke Indiensneming
        (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) op besighede.                                        (8)
                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 3.1   Gee DRIE voorbeelde van nie-verbale aanbiedingsmetodes.                          (3)

 3.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Roland, ŉ finansiële bestuurder, moet sy finansiële verslag by die volgende
       bestuursvergadering voorlê. Hy wil hê sy aanbieding moet insiggewend
       wees maar is nie seker of ŉ PowerPoint-voorlegging ŉ doeltreffende visuele
       hulpmiddel sal wees om te gebruik nie.

       3.2.1    Omskryf in breë trekke DRIE aspekte wat Roland moet oorweeg
                wanneer ŉ multimedia-aanbieding ontwerp word.                            (6)

       3.2.2    Verduidelik die voordele van ŉ PowerPoint-voorlegging.                   (6)

       3.2.3    Bespreek die faktore wat Roland gedurende sy aanbieding in               (6)
                gedagte moet hou.

 3.3   Identifiseer die leierskapstyle wat op ELK van die volgende situasies van
       toepassing is:

       3.3.1    Thabo beloon sy werknemers vir die produksie van hoë gehalte
                produkte en straf hulle as teikens nie bereik word nie.

       3.3.2    Ketso versoek werknemers gereeld om idees by te dra hoe om
                besigheidswinste te verhoog.

       3.3.3    Zuko het die vermoë om ander te beïnvloed deur persoonlike
                sjarme en inspirasie.

       3.3.4    Lule het oormatige en onnodige reëls in haar besigheid ingestel.
                                                                           (4 x 2)       (8)

 3.4   Verduidelik die rol van persoonlike ingesteldheid/houding in suksesvolle
       leierskap.                                                                        (6)

 3.5   Analiseer die impak van ŉ outokratiese leierskapstyl op besigheid.                (8)

 3.6   Verduidelik hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van ŉ
       maatskappy sonder winsopslag kan bydra:

       3.6.1    Kapitaal                                                                 (4)

       3.6.2    Bestuur                                                                  (4)

 3.7   Bespreek enige DRIE voordele wat deur die
       Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) aan werknemers verskaf word.                 (9)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                BESIGHEIDSTUDIES                                        9

  VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

  4.1 Noem VYF oorsake van konflik in die werkplek.                                     (5)

  4.2 Noem enige VIER kriteria vir suksesvolle spanprestasie.                           (4)

  4.3 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat in ELKE stelling
      hieronder van toepassing is:

        4.3.1    Spanlede maak oop teenoor mekaar en konfronteer mekaar se
                 idees en perspektiewe.

        4.3.2    Verskille tussen spanlede word waardeer en gebruik om die span
                 se prestasie te verbeter.

        4.3.3    Individue fokus daarop om met roetine-take besig te wees, soos
                 spanorganisering, wie doen wat, wanneer vergader gaan word,
                 ens.                                                      (3 x 2)      (6)

  4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  A PLUS REKENAARS

        A Plus Rekenaars verskaf rekenaardienste aan klein besighede. Die
        bestuurder moet die personeel gereeld daarvan verwittig dat hulle moet
        ophou om sosiale media te gebruik en persoonlike e-posse te beantwoord
        tydens werktyd.

        4.4.1    Haal EEN onetiese besigheidspraktyk uit die scenario hierbo aan.       (1)

        4.4.2    Identifiseer die soort onetiese besigheidspraktyk wat in VRAAG
                 4.4.1 aangehaal is.                                                    (2)

        4.4.3    Stel praktiese maniere voor wat A Plus Rekenaars kan instel om
                 die onetiese besigheidspraktyk wat in VRAAG 4.4.2 geïdentifiseer
                 is, te hanteer.                                                        (6)

  4.5 Verduidelik hoe besighede die volgende King-Kode-beginsels moet toepas:

        4.5.1    Verantwoordbaarheid                                                    (4)

        4.5.2    Deursigtigheid                                                         (4)

  4.6 Verduidelik die verantwoordelikheid van werkers om menslike gesondheid
      en veiligheid by die werkplek te bevorder.                                        (4)

  4.7 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              BLOKKE BOU (EDMS.) BPK.

      Blokke Bou (Edms.) Bpk. bestuur hulle besigheidsbedrywighede sodat dit ŉ
      positiewe impak op al die belanghebbendes het.

      4.8.1    Verduidelik die voordele van korporatiewe maatskaplike/sosiale
               belegging/investering (KMI/KSI) vir Blokke Bou (Edms.) Bpk.              (10)

      4.8.2    Beveel DRIE maniere aan waarop Blokke Bou (Edms.) Bpk. met tyd
               en moeite hul werknemers se welstand kan bevorder.                        (6)
                                                                                        [60]

 VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 5.1 Noem TWEE soorte werwing.                                                            (2)
 5.2 Omskryf in breë trekke DRIE aspekte wat by 'n induksieprogram ingesluit
     moet word.                                                                           (6)
 5.3 Verduidelik die keuringsprosedure as een van die aktiwiteite van die
     menslikehulpbronfunksie.                                                             (6)
 5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                TYD KLEDING BPK (TK)

      Tony werk by Tyd Kleding Bpk. Hy ontvang ŉ maandelikse salaris en ook ŉ
      reistoelae en ŉ behuisingsubsidie.

      5.4.1    Noem die TWEE soorte byvoordele wat deur TK aangebied word.                (2)

      5.4.2    Bespreek die voordele van byvoordele vir TK.                               (4)
 5.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                KONSTRUKSIE WȆRELD

      Konstruksie Wêreld spesialiseer in klein bouveranderings. George, die
      eienaar is besorg oor die onvermoë van die werknemers om die hulpbronne
      doeltreffend te gebruik. Hy besef dat die werknemers opleiding benodig en
      die besigheid moet voldoen aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO)
      om sy besigheid in die toekoms suksesvol te maak.

      5.5.1    Brei uit oor die belangrikheid van opleiding/vaardigheidsontwikkeling
               vir Konstruksie Wêreld.                                                    (4)

      5.5.2    Bespreek die implikasies van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
               (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) op die Menslikehulpbronfunksie met
               George.                                                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  BESIGHEIDSTUDIES                                    11

 5.6 Omskryf in breë trekke hoe die gehalte van prestasie binne die volgende
     besigheidsfunksies die sleutel tot ŉ suksesvolle besigheid sal wees:

       5.6.1    Algemene Bestuur                                                       (6)

       5.6.2    Bemarking                                                              (6)

 5.7 Bespreek die negatiewe impak op besighede indien Totale Gehaltebestuur
     (TGB) swak geïmplementeer word.                                                  (10)

 5.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      BREË NETWERK

       Breë Netwerk is ŉ telekommunikasiedienste-verskaffer wat internetdienste
       aan individue en besighede bied. Onlangs het hulle klagtes van kliënte
       ontvang oor die swak konneksie tydens besigheidsure.

       5.8.1    Gee Breë Netwerk raad oor hoe hulle die BDKH (‘PDCA’) -model/-
                siklus kan toepas om die gehalte van hul dienste te verbeter.          (8)
                                                                                      [60]

 VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 6.1 Noem die SES aspekte van die PESTWOL/’PESTLE’-analisemodel.                       (6)

 6.2 Onderskei tussen Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en Breëbasis-
     Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB).                                             (8)

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 6.3 Identifiseer die tipe langtermynversekering wat in ELK van die stellings
     hieronder geïllustreer word:

       6.3.1    Die enkelbedrag word uitbetaal wanneer die versekerde persoon
                sterf.

       6.3.2    Die polis is vir ŉ spesifieke tydperk.

       6.3.3    ŉ Manier van spaar vir ŉ persoon wanneer hy/sy aftree en nie meer
                ŉ salaris verdien nie.                                     (3 x 2)     (6)

 6.4 Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk.
     (JSE).                                                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 BESIGHEIDSROLLE

 6.5    Noem VIER ekonomiese regte van werknemers in die werkplek.                       (4)

 6.6    Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
        effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word.                         (6)

 6.7    Beveel EEN strategie aan wat gebruik kan word om die volgende moeilike
        persoonlikhede te hanteer:

        6.7.1   Deskundige                                                               (2)

        6.7.2   Klaer                                                                    (2)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 6.8    Identifiseer die besigheidsfunksie wat vir die verbetering van gehalte-
        prestasie in ELKE stelling hieronder verantwoordelik is:

        6.8.1   Pete (Edms.) Bpk. is nie in staat om geskikte verskaffers wat
                kwaliteit goedere en dienste kan bekom en lewer, te identifiseer
                nie.

        6.8.2   Die betaal-soos-jy-verdien (‘Pay As You Earn’) van Aqua Bpk. is
                nie akkuraat bereken nie en die betalings word laat gemaak.

        6.8.3   Die kliënte van Gaan Vinnig Internetdienste het oor onbetroubare
                na-verkoopdienste (‘after-sales services’) gekla.          (3 x 2)       (6)

 6.9    Verduidelik redes vir die beëindiging van ŉ indiensnemingskontrak.               (6)

 6.10   Onderskei tussen die stukwerk- en die tydverwante salaris-
        vasstellingsmetode.                                                              (4)
                                                                                        [60]

                                                           TOTAAL AFDELING B:           180

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                BESIGHEIDSTUDIES                                      13

 AFDELING C

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
          antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, byvoorbeeld
          VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) skryf
 verskillende maniere van beroepsgerigte leer deur bevordering van leerderskappe
 en vaardigheidsprogramme deur die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede
 (SOOOs)/(‘SETA’) voor. SOOOs/(‘SETA’) streef die implementering van die
 Nasionale     Vaardigheidsontwikkelingstrategie   en   die    Menslikehulpbron-
 ontwikkelingstrategie na.

 As 'n arbeidsverhoudinge-kenner, moet jy ‘n verslag saamstel oor vaardigheids-
 ontwikkeling. Die volgende aspekte moet in jou verslag ingesluit word:

 •   Omskryf in breë trekke die rol van SOOO/(‘SETA’).
 •   Verduidelik die verskille tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie
     en die Menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie.
 •   Verduidelik die doel van die WVO.
 •   Evalueer die impak van hierdie Wet op werknemers.                                   [40]

 VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 Mev. Malotana is ŉ finansiële adviseur by Finkom. Sy moet ŉ aanbieding doen oor
 die verskillende tipes beleggingsprodukte by ŉ vergadering van plaaslike
 besigheidseienaars. Daar word ook van haar verwag om gedetailleerde inligting oor
 gewone aandele op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk. (JSE) en RSA
 Kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandelseffekte in te sluit.

 Mev. Malotana moet besonderhede oor die volgende aspekte in haar aanbieding
 insluit. Sy vereis dat jy die volgende doen:

 • Bespreek die faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggingsbesluite
   geneem word.
 • Verskaf ŉ beskrywing van aandele en RSA-kleinhandelspaareffekte/
   Regeringskleinhandeleffekte as geskikte beleggingsvorme en brei uit oor die
   risikofaktor van albei.
 • Evalueer die impak van RSA-kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandel-
   effekte op beleggers.
 • Stel maniere voor waarop Mev. Malotana op ŉ professionele wyse op
   terugvoering kan reageer.                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 BESIGHEIDSTUDIES                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE

 Besighede kan werknemers versoek om die dinkskrum en Delphi-kreatiewe denke
 tegnieke te gebruik om nuwe, kreatiewe idees te genereer om probleme wat
 besighede ervaar effektief op te los.

 Met verwysing na die stelling hierbo:

 • Omskryf in breë trekke die stappe in probleemoplossing.
 • Verduidelik die voordele van kreatiewe denke.
 • Verduidelik hoe besighede die dinkskrum en Delphi-tegnieke kan toepas om hulle
   besigheid se probleme op te los.
 • Stel maniere voor waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe denke
   stimuleer.                                                                        [40]

 VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 Gehalte van prestasie is in alle besighede noodsaaklik. Sonder totale
 gehaltebestuur (TGB) sal ŉ besigheid probleme ervaar. Gehalte moet daarom
 voortdurend verbeter word om totale klante-tevredenheid te handhaaf.

 Met verwysing na die stelling hierbo:

 • Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur.
 • Verduidelik die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.
 • Bespreek die impak van die volgende elemente van TGB op groot besighede:
   o Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
   o Totale klante/kliënte-tevredenheid
   o Deurlopende vaardigheidsontwikkeling
 • Gee besighede raad oor die belangrikheid van gehaltesirkels in TGB.
                                                                                     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:            80
                                                             GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2018-afrikaans/46acac40-0106-4611-ada9-80a9818cd49a) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2018-afr-d/163b0f8b-86a9-42fa-99f5-eb8039a4aa3b) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
