# Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2019

                 BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                              *BUSTA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     BESIGHEIDSTUDIES                   (EC/SEPTEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is NIE.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                                                   VRAAG         PUNTE           TYD
                       AFDELING
                                                                               (minute)
         A:     Objektiewe tipe vrae
                                                         1          40             30
                VERPLIGTEND

         B:     VYF direkte/indirekte tipe               2          60             30
                vrae                                     3          60             30
                KEUSE:                                   4          60             30
                Beantwoord enige DRIE.                   5          60             30
                                                         6          60             30

         C:     VIER opsteltipe vrae                 7              40             30
                KEUSE:                               8              40             30
                Beantwoord enige TWEE.               9              40             30
                                                     10             40             30

                                      TOTAAL:                      300            180

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
         bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  BESIGHEIDSTUDIES                                         3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
     die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in
     die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Hierdie Wet is ingestel om eenvoudige prosedures vir die beslegting van
                arbeidsgeskille in die werkplek te bevorder:

                A       Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                B       Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                        (Wet 53 van 2003)
                C       Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
                D       Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)

       1.1.2    Die rol van SOOO’s (SETA’s) is om …

                A       geakkrediteerde diensverskaffers aan te stel.
                B       diskriminasie in die werkplek uit te skakel.
                C       werkers vir werksverwante beserings te vergoed.
                D       werknemers op te lei.

       1.1.3    PB Bank spesialiseer in die verskaffing van finansiële dienste aan
                individue en besighede. Hulle is in die … sektor werksaam.

                A       primêre
                B       sekondêre
                C       tersiêre
                D       openbare

       1.1.4    Michelle het R30 000 vir twee jaar teen 12% saamgestelde rente per
                jaar in ŉ vaste deposito by ŉ finansiële instelling belê. Michelle sal …
                rente na twee jaar verdien.

                A       R7 632
                B       R7 200
                C       R3 600
                D       R37 632

       1.1.5    ŉ … leier motiveer werkers deur hulle te vertrou om dinge op hul
                eie/self te doen.

                A       Burokratiese
                B       Demokratiese
                C       Outokratiese
                D       Laissez-faire-/Vryeteuels-

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   BESIGHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2019)

       1.1.6     ŉ Voorbeeld van ŉ nie-versekerbare risiko:

                 A     Waarborg-/Getrouheidsversekering
                 B     Natuurrampe
                 C     Beserings op persele
                 D     Winkeldiefstal

       1.1.7     Gedurende hierdie stadium van spanontwikkeling word verskille
                 tussen spanlede waardeer en die span bereik hul doelwitte:

                 A     Vorming
                 B     Prestasiestadium
                 C     Normeringstadium
                 D     Bestorming

       1.1.8     Die proses wat ŉ bestuurder gebruik om die beste oplossing te
                 kies, staan as … bekend.

                 A     probleemoplossing
                 B     roetinedenke
                 C     besluitneming
                 D     dinkskrum

       1.1.9     ŉ Deeglike begrip van die bestuur van die voorraad/verskaffings-
                 ketting te hê is ŉ manier om die gehalteprestasie in die …-funksie te
                 verbeter.

                 A     aankope
                 B     algemene bestuur
                 C     openbare betrekkinge
                 D     produksie

       1.1.10    Mnr. Smith het besigheidsprodukte sonder toestemming
                 geneem, daarom was die rede vir die beëindiging van sy
                 indiensnemingskontrak dié van …

                 A     aftrede.
                 B     ontslag.
                 C     bedanking.
                 D     aflegging.
                                                                             (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                BESIGHEIDSTUDIES                                       5

  1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

         videokonferensie; KMV; assosiasie; interne; Wet op Verbruikersbeskerming;
             eksterne; KMI; uitdrukking; Nasionale Krediet; wet geskrewe verslag

        1.2.1    Die … maak voorsiening vir verbruikers om toegang tot skuldberading
                 te kry.

        1.2.2    Inligting in die vorm van ŉ … is ŉ voorbeeld van ŉ nieverbale
                 aanbieding.

        1.2.3    Die … fokus op die verbetering van die beeld sowel as die verhoging
                 van die winste van ŉ besigheid.

        1.2.4    Die reg van werknemers om by vakbonde aan te sluit, staan as vryheid
                 van … bekend.

        1.2.5    Netwerkvorming is ŉ voorbeeld van … werwing.
                                                                                (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  BESIGHEIDSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2019)

    1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
        die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                KOLOM A                               KOLOM B
        1.3.1   Ontbondeling        A   ŉ inspeksie wat gedurende en na die
                                        produksieproses uitgevoer word

        1.3.2   Beperkte            B   onderhoudvoering met applikante
                aanspreeklikheid

        1.3.3   Konflik             C   ŉ werknemerklagte wat met swak
                                        werksomstandighede verband hou

        1.3.4   Sifting             D   ŉ inspeksie van die finale produk om te
                                        verseker dat dit aan die vereiste
                                        standaarde voldoen

        1.3.5   Gehalteversekering E    eienaar se persoonlike bates is beskerm
                                        teen die skuld van die besigheid

                                    F   wanneer besighede alle bates verkoop om
                                        hul krediteure te betaal

                                    G   om agtergrond van applikante na te gaan

                                    H   meningsverskil tussen twee of meer partye
                                        in die werkplek

                                    I   eienaar se persoonlike bates kan gevat
                                        word om vir die skuld van die besigheid te
                                        betaal

                                    J   wanneer besighede sommige bates
                                        verkoop wat nie meer winsgewend is nie
                                                                          (5 x 2)      (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES                                       7

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
                VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ens.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1    Noem die DRIE soorte verdedigingstrategieë/defensiewe strategieë.               (3)

 2.2    Omskryf in breë trekke enige VIER stappe in die evaluering van ŉ
        strategie.                                                                      (8)

 2.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        PERFEKTE RAAMVERVAARDIGERS (PRV)

        Perfekte Raamvervaardigers neem tien werkers in diens om deurrame te
        vervaardig. PRV vereis dat hul vroulike werknemers onmiddellik nadat hul
        geboorte gegee het by die werk aanmeld. Werkers mag ook nie tyd af kry
        om die begrafnis van ŉ familielid by te woon nie.

        2.3.1    Identifiseer TWEE bepalings van verlof soos voorgeskryf in die Wet
                 op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997)
                 waaraan PRV nie aan voldoen nie. Motiveer jou antwoord deur uit
                 die scenario hierbo aan te haal.                                       (6)

        Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 2.3.1 te beantwoord.

             BEPALING VAN VERLOF                         MOTIVERING
        1.
        2.

        2.3.2    Evalueer die impak van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
                 (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) op PRV.                                 (8)

 2.4    Beskryf die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van
        1998).                                                                          (6)

 2.5    Verduidelik die Menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie.                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 2.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          KUIKEN HOENDER PLAAS (KHP)

       Kuiken Hoender Plaas spesialiseer in die produksie van pluimvee. Kevin,
       die boer, het geen kennis van pluimveeboerdery nie. KHP het meer as die
       helfte van hul kuikens as gevolg van ŉ swaar reënstorm verloor. Die
       verskaffers van hoenderkos het hulle pryse met 30% verhoog.

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om die vrae wat volg te beantwoord.

            UITDAGINGS      BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER
               (2.6.1)              (2.6.2)          (2.6.3)
       1.
       2.
       3.

       2.6.1    Haal DRIE uitdagings wat KHP moet hanteer uit die scenario
                hierbo aan.                                                           (3)

       2.6.2    Klassifiseer ELKE aangehaalde uitdaging in VRAAG 2.6.1
                volgens die besigheidsomgewing.                                       (3)

       2.6.3    Noem die mate van beheer wat KHP oor ELKE
                besigheidsomgewing het.                                               (3)

 2.7   Bespreek die voordele van intensiewe strategieë vir besighede.                 (6)

 2.8   Gee besighede raad oor hoe die volgende magte van Porter se Vyf Kragte-
       model toegepas kan word:

       2.8.1    Bedingingsmag van kopers/Kopersmag                                    (4)

       2.8.2    Mededingende wedywering                                               (4)
                                                                                     [60]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES                                       9

 VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
 3.1    Noem enige DRIE soorte voorkeuraandele.                                         (3)

 3.2    Omskryf in breë trekke die funksies van die Johannesburgse
        Sekuriteitebeurs Bpk. (JSE).                                                    (8)

 3.3    Identifiseer die tipe beleggingsgeleentheid wat vir Fred beskikbaar is in
        ELKE stelling hieronder:

        3.3.1     Fred sal ŉ stem ontvang en die reg om ŉ dividend te ontvang.
        3.3.2     Fred koop ŉ stuk grond en ontvang huur van Eco Plase.
        3.3.3     Fred se belegging word saamgevoeg met ŉ aantal beleggers en
                  word deur ŉ fondsbestuurder bestuur.
        3.3.4     Fred word uitgenooi om R500 in Masikhule Spaarskema te belê.
                                                                         (4 x 2)        (8)

 3.4    Verduidelik die belangrikheid/voordele van versekering vir besighede.           (6)

 3.5    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                LUKE LEER SAKKIES (LLP)

        Luke Leer Sakkies spesialiseer in die vervaardiging van leer selfoon-
        sakkies. Luke is die enigste eienaar van die besigheid en is ook
        aanspreeklik vir al die besigheidskuld.

        3.5.1     Noem die ondernemingsvorm van LLP. Motiveer jou antwoord deur
                  uit die scenario hierbo aan te haal.                                  (3)

        3.5.2     Beskryf die suksesfaktore van die ondernemingsvorm wat in
                  VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is en dié van ŉ private maatskappy.

        Gebruik die tabel en kriteria hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 3.5.2 te
        beantwoord.

              KRITERIA          ONDERNEMINGSVORM                 PRIVATE
                                  GEÏDENTIFISEER               MAATSKAPPY
                                      (3.5.1)
        (a)     Bestuur
        (b)     Wetgewing
        (c)     Verdeling van
                winste                                                                 (12)

 3.6    Verduidelik die faktore wat ter voorbereiding van ŉ aanbieding in ag
        geneem moet word.                                                               (8)

 3.7    Beveel TWEE situasies aan waarin ŉ demokratiese leierskapstyl in die
        werkplek toegepas kan word.                                                     (4)

 3.8    Analiseer die impak van ŉ outokratiese leierskapstyl op ŉ besigheid.            (8)
                                                                                       [60]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

 4.1   Gee VIER voorbeelde van onbillike reklame.                                      (4)

 4.2   Omskryf in breë trekke die oorsake van konflik in die werkplek.                 (8)

 4.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                                                                       .
                                 MOOI MOTORS (MM)

       Mooi Motors wil die ontwerp van sommige van hul motors verander.
       Werknemers word versoek om eers hul eie idees te genereer en om dit dan
       met ander groepslede te deel. Die bestuur het ook ontwerpdeskundiges
       genader om ŉ vraelys te voltooi oor hoe om die ontwerpe te verander.

       4.3.1    Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur Mooi
                Motors gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                hierbo aan te haal.                                                   (6)

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 4.3.1 te beantwoord.

                   PROBLEEM-                            MOTIVERING
               OPLOSSINGSTEGNIEK
       1.
       2.

       4.3.2    Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.             (8)

 4.4   Verduidelik die positiewe impak van korporatiewe maatskaplike/sosiale
       verantwoordelikheid (KMV/KSV) op gemeenskappe.                                  (6)

 4.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 JUWEEL MYNE (JM)

       Juweel Myne spesialiseer in die ontginning van edelstene. Die bestuur is
       baie trots op die manier waarop die werknemers verantwoordelikheid neem
       vir hul eie veiligheid. Die werknemers rapporteer ook onveilige en
       ongesonde toestande aan die bestuur.

       4.5.1    Haal TWEE verantwoordelikhede van werknemers om menslike
                gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder uit die
                scenario aan.                                                          (2)

       4.5.2    Verduidelik ander verantwoordelikhede van werknemers om
                menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek by Juweel Myne
                te bevorder.                                                           (6)

       4.5.3    Stel strategieë voor wat Juweel Myne kan gebruik om die
                omgewing en menslike gesondheid in die werkplek te beskerm.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                BESIGHEIDSTUDIES                                          11

 4.6    Verduidelik hoe besighede die volgende diversiteitskwessies in die
        werkplek kan hanteer:

        4.6.1    Taal                                                                     (4)

        4.6.2    Ouderdom                                                                 (4)

 4.7    Gee besighede raad oor hoe hulle konflik by die werkplek moet hanteer.            (8)
                                                                                          [60]

 VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 5.1    Noem TWEE soorte salarisvasstellingsmetodes.                                       (2)

 5.2    Omskryf in breë trekke die plasingsprosedure wat besighede behoort te
        volg om ŉ nuwe werknemer te plaas.                                                 (6)

 5.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 TIER NAGKLERE (TN)

        Maggie is uitgenooi na ŉ onderhoud by Tier Nagklere. Tydens die
        onderhoud het Maggie aandagtig geluister na die vrae voor sy hulle
        geantwoord het. Sy het oogkontak met die onderhoudvoerder gemaak en
        het vrae gevra om meer duidelikheid te verkry.

        5.3.1    Haal DRIE van Maggie se rolle gedurende die onderhoud aan.                (3)

        5.3.2    Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder gedurende die
                 onderhoud.                                                                (8)

 5.4    Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie.                                 (8)

 5.5    Verduidelik hoe gehalte-aanwysers in die finansiële-funksie tot die
        onderneming se sukses kan bydra.                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2019)

 5.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 FAHIM SKOENE (FS)

       Fahim Skoene is ŉ groot besigheid wat spesialiseer in die vervaardiging
       van kwaliteit ontwerperskoene. Die bestuur verseker altyd dat
       kliënteklagtes binne ŉ kort periode gehanteer word. Die werknemers woon
       gereeld opleidingskursusse by. Die bestuur laat personeel ook toe om
       insette tydens ontwerpersessies te lewer.

       5.6.1    Identifiseer DRIE totale gehaltebestuurs-elemente (TGB/‘TQM’)
                wat deur Fahim Skoene toegepas is. Motiveer jou antwoord deur
                uit die scenario hierbo aan te haal.                                  (9)

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 5.6.1 te beantwoord.

               TGB/‘TQM’-ELEMENTE                       MOTIVERING
       1.
       2.
       3.

       5.6.2    Gee Fahim Skoene raad oor die voordele van ŉ goeie
                gehaltebestuurstelsel.                                                (6)

 5.7   Bespreek die negatiewe impak op besighede indien TGB swak
       geïmplementeer word.                                                           (6)

 5.8   Evalueer die impak van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
       op groot besighede.                                                            (6)
                                                                                     [60]

 VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 6.1   Identifiseer die betrokke pilaar van die Wet op Breëbasis-Swart
       Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) waaraan ABC
       Boeke Bpk. in ELKE geval hieronder voldoen het:

       6.1.1    Die aankoopbestuurder gebruik Gelukkige Boek Verskaffers wat
                aan BBSEB voldoen.

       6.1.2    ABC Boeke Bpk. skenk boeke aan ŉ plaaslike landelike skool.

       6.1.3    Die bestuur reik aandele uit aan al hul langdienende werknemers.

       6.1.4    Litha, ŉ storieboekskrywer, word aangemoedig om ŉ kreatiewe
                skryfwerkwinkel by te woon.
                                                                         (4 x 2)      (8)

 6.2   Verduidelik die verskille tussen markontwikkeling en produkontwikkeling.       (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                    BESIGHEIDSTUDIES                                      13

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 6.3      Identifiseer die ondernemingsvorm in ELK van die stellings hieronder
          geïllustreer word:

          6.3.1       Khan Bpk. mag die publiek uitnooi om aandele te koop.

          6.3.2       Die direkteure van Hello PAM is gesamentlik en afsonderlik
                      aanspreeklik vir die skuld van die besigheid.

          6.3.3       Sout Speserye word deur Sarah en Sive besit en bestuur en hulle
                      is persoonlik aanspreeklik vir die besigheid se skulde.
                                                                              (3 x 2)      (6)

 6.4      Beskryf die rol van persoonlike ingesteldheid/houding in suksesvolle
          leierskap.                                                                       (8)

 BESIGHEIDSROLLE

 6.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     KRISTAL BRILLE (KB)

          Kristal Brille neem werkers van verskillende kulturele agtergrond en ras
          in diens. Die werknemers het goeie interpersoonlike verhoudings en toon
          wedersydse respek teenoor mekaar ten spyte van hul verskille. Die
          werkers ondersteun en vertrou mekaar en het eerlike besprekings wat
          aanleiding gee tot effektiewe oplossings van probleme.

          6.5.1       Haal aan VIER karaktereienskappe van ŉ suksesvolle span wat
                      die werkers van Kristal Brille ten toon stel.                        (4)

          6.5.2       Bespreek die voordele daarvan dat Kristal Brille ŉ diverse
                      werksmag het.                                                        (6)

 6.6      Stel maniere voor waarop besighede die kulturele regte in die werkplek
          kan bevorder.                                                                    (6)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 6.7     Omskryf in breë trekke die belangrikheid van gehaltesirkels.                      (4)

 6.9     Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur.                              (4)

 6.10    Gee besighede raad oor hoe totale gehaltebestuur (TGB/’TQM’) ŉ impak
         op die vermindering van die koste van gehalte kan hê.                             (6)
                                                                                          [60]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  BESIGHEIDSTUDIES                   (EC/SEPTEMBER 2019)

  AFDELING C

  Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

  LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik
                  aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy
                  begin, bv. VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ NUWE
                  bladsy, ens.

  VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

  Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (‘COIDA’),
  1997 (Wet 61 van 1997) erken dat werkers aan gesondheidsrisiko's in die
  werkplek blootgestel is en dat werkplekverwante ongelukke kan plaasvind.
  Besighede wat nie aan hierdie Wet voldoen nie, sal gepenaliseer word.

  As ŉ kenner oor huidige wetgewing, skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

        Verduidelik die doel van ‘COIDA’.
        Bespreek die strafmaatreëls/gevolge wat vir nie-voldoening aan ‘COIDA’
         opgelê kan word.
        Analiseer die impak van ‘COIDA’ op besighede.
        Beveel maniere aan waarop besighede aan ‘COIDA’ kan voldoen.                [40]

  VRAAG 8:        BESIGHEIDSGELEENTHEDE (VERSEKERING EN
                  AANBIEDING)

  Me. Witbooi is die besturende direkteur van Verseker Sukses Bpk. Sy moet ŉ
  aanbieding oor die verskillende tipes versekering by ŉ vergadering van
  besigheidseienaars doen. Sy wil ŉ PowerPoint aanbieding en inligtingstukke
  gebruik om haar aanbieding se kwaliteit te verbeter. Sy is kundig oor
  versekeringsaspekte, maar sy het nie die nodige selfvertroue om die gehoor se
  vrae te beantwoord nie.

  Skryf ŉ opstel waarin jy aan die volgende aspekte aandag gee:

        Onderskei tussen verpligte en nie-verpligte versekering.
        Verduidelik TWEE soorte verpligte versekering behalwe COIDA.
        Evalueer ŉ PowerPoints-aanbieding en inligtingstukke as visuele
         hulpmiddels om haar aanbieding te verbeter.
        Stel maniere voor waarop me. Witbooi op ŉ professionele wyse op
         terugvoering kan reageer.
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                BESIGHEIDSTUDIES                                      15

  VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE

  Die uitdagings wat binne die besigheidsomgewing bestaan toets dikwels die etiese
  waardes en beginsels van organisasies en besigheidsmense. Die wyse waarop
  besighede sake doen moet professioneel, verantwoordelik en eties wees.
  Besighede moet die King-Kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur toepas.

  Met verwysing na die stelling hierbo:

     Onderskei tussen professionele gedrag en etiese gedrag.
     Verduidelik hoe besighede die King-Kode-beginsels van deursigtigheid en
      verantwoordbaarheid/aanspreeklikheid moet toepas om hulle korporatiewe
      bestuur te verbeter.
     Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
      effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word.
     Beveel maniere aan waarop besighede misbruik van werktyd en prysbepaling
      van goedere in landelike gebiede as onetiese sakepraktyke kan aanspreek.          [40]

  VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

                           BLOU BAAI VISSERYE (BBV)

  Blou Baai Visserye het onlangs vir Samar as hulle produksiebestuurder aangestel.
  Samar het ŉ indiensnemingskontrak ontvang wat byvoordele ingesluit het. Die
  bestuur het ook ŉ induksie-program vir Samar opgestel.

  Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

     Omskryf in breë trekke die wetlike vereistes van ŉ indiensnemingskontrak.
     Bespreek die impak van byvoordele op Blou Baai Visserye.
     Verduidelik die doel van induksie as ŉ menslikehulpbronne aktiwiteit.
     Gee besighede raad oor die voordele van induksie.                                 [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:             80
                                                               GROOTTOTAAL:              300

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2019-afrikaans-final/4e150678-ce65-4ac4-b3ad-3aa0d78f5810) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2018-afrikaans/46acac40-0106-4611-ada9-80a9818cd49a) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/288aaf6a-7e79-4850-8b58-cad69359bba4) — Business Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
