# Business Studies Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-june-july-2015-afr/b80a0ee5-7583-4305-97cb-871e8513ebe3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-june-july-2015-afr/b80a0ee5-7583-4305-97cb-871e8513ebe3)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                BESIGHEIDSTUDIES

                                          2015

                                                                     PUNTE: 300

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            2                                    DBE/2015
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

        AFDELING A:       VERPLIGTEND
        AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae.
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is nie.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
        wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
        elke vraag beantwoord word.

                 AFDELING                   VRAAG           PUNTE           TYD
          A: Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                         1            40         30 minute

          B: VYF direkte/indirekte               2            60         30 minute
              tipe vrae                          3            60         30 minute
             (KEUSE: Beantwoord                  4            60         30 minute
             enige DRIE.)                        5            60         30 minute
                                                 6            60         30 minute

          C: VIER opsteltipe vrae             7               40         30 minute
             (KEUSE: Beantwoord               8               40         30 minute
             enige TWEE.)                     9               40         30 minute
                                              10              40         30 minute

                     TOTAAL                                  300         180 minute

7.        Begin die antwoorde op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               3                                   DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 B.

          1.1.1      'n Dispuut tussen 'n werkgewer en werknemer(s) oor eise vir beter
                     werksomstandighede kan na die … verwys word.

                     A   onderhoudshof
                     B   KVBA
                     C   ombudsman
                     D   werkplekforum

          1.1.2      Watter EEN van die volgende items sal mees waarskynlik op 'n
                     werknemer se betaalstrokie verskyn?

                     A   Munisipale erfbelasting op private eiendom
                     B   Elektrisiteitsuitgawes
                     C   Bankkoste
                     D   Behuisingstoelaag

          1.1.3      Diversiteit in die sakewêreld beteken dat …

                     A   besighede mense uit verskillende gelowe en kulture behoort in te
                         sluit.
                     B   slegs voorheen benadeelde individue in diens geneem moet
                         word.
                     C   slegs jong mense in diens geneem moet word.
                     D   slegs Engelssprekende mense ingesluit moet word.

          1.1.4      Een van die stappe in die proses om strategieë te ontwikkel om nuwe
                     produkte te verkoop, sluit in die …

                     A   daarstel van administratiewe doelwitte.
                     B   implementering van bemarkingstrategieë.
                     C   vermindering van verkoopspersoneel.
                     D   ignoreer van voortgesette bemarkingsprobleme.

          1.1.5      Tydens die produksie van glashouers word gehalte-… gedurende
                     elke stadium uitgevoer om te verseker dat die voorafgestelde
                     standaarde bereik is.

                     A   sirkel
                     B   versekering
                     C   assuransie
                     D   raad

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               4                                    DBE/2015
                                              SSE

          1.1.6      In die … spandinamika-teorie identifiseer 'n spanbestuurswiel agt
                     rolle wat spanlede verkies om in 'n span te vervul.

                     A   Jungiaanse
                     B   Margerison-McCann-
                     C   groepkonsensus-
                     D   Belbin-rol-

          1.1.7      In die oplossing van … moet bestuur na alle menings luister en alle
                     standpunte in ag neem voordat besluit word wat die beste stappe is
                     om te doen.

                     A   kwaliteit
                     B   spanwerk
                     C   konflik
                     D   strategieë

          1.1.8      Effektiewe terugvoer behels die …

                     A   antwoord van vrae na 'n aanbieding.
                     B   uitdeel van pamflette.
                     C   hantering van moeilike werknemers.
                     D   gebruik van visuele hulpmiddele in verbale aanbiedinge.

          1.1.9      'n Private maatskappy en 'n beslote korporasie het die volgende
                     voordeel:

                     A   Die minimum getal lede is vier
                     B   Albei ondernemings word deur een direkteur bestuur
                     C   Die aanspreeklikheid van aandeelhouers/lede is beperk tot die
                         bedrag van hul beleggings
                     D   Die kontinuïteit van beide ondernemings is beperk

          1.1.10 Hierdie bron van finansiering verteenwoordig 'n langtermynlening aan
                 'n sake-onderneming:

                     A   RSA kleinhandelspaareffekte
                     B   Bankoortrekking
                     C   Verskafferskrediet
                     D   Skuldbriewe                                               (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 5                                      DBE/2015
                                                SSE

1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

          uitsluitings; personeelontwikkeling; bybetaling; ekonomiese; stakings;
                     diskriminasie; mense; plasing; inklusiwiteit; premie

         1.2.1         … verwys na die deel van 'n versekeringseis waarvoor die
                       versekerde verantwoordelik is wanneer 'n eis ingestel word.

         1.2.2         …-regte sluit vryheid van uitdrukking en assosiasie in.

         1.2.3         …-programme is daarop gemik om die vaardighede van bestaande
                       werknemers te verbeter.

         1.2.4         … verhinder werknemers om die werkplek te betree nadat onder-
                       handelinge in die bedingingsraad misluk het.

          1.2.5        … beteken om elke persoon na waarde te ag, ongeag status,
                       kultuur of gestremdheid.                          (5 x 2)                      (10)

1.3      Kies 'n term/afkorting uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 J.

                                  KOLOM A                                KOLOM B
         1.3.1       'n Wettige dokument wat 'n kandidaat in       A    WNNR
                     kennis stel dat hy/sy vir 'n pos aanvaar is
                                                                   B    afdankingsbrief
         1.3.2       'n Organisasie wat inligting rakende
                     verbruikers se vermoë om hul skuld te         C    inkomstebelasting
                     betaal, aan diensverskaffers voorsien
                                                                   D    winste
         1.3.3       Dit word verdien wanneer aandele in 'n
                     maatskappy besit word                         E    dividende

         1.3.4       Die organisasie wat gewoonlik produkte        F    kredietburo
                     toets vir voldoening aan nasionale
                     standaarde                                    G    SABS

         1.3.5       'n Verpligte aftrekking van 'n werknemer      H    aanstellingsbrief
                     se salaris
                                                                                        (5 x 2)       (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             6                                     DBE/2015
                                            SSE

AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoorde op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
              ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

2.1      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 NANA SE DAMESHAARSALON
         Nana besit 'n informele haarsalon wat by 'n plaaslike taxistaanplek sake doen.
         Sy is 'n uitstekende haarkapster. Mans nader haar ook om hulle hare te
         versorg.
         Nana se werknemers is nie opgelei om mans se hare te versorg nie en haar
         salon is ook nie toegerus om sulke dienste te lewer nie. Sy het nie genoeg
         kapitaal om die nodige toerusting aan te koop nie.
         Nana is bekommerd oor die toename in geweld by die taxistaanplek wat haar
         klante kan afskrik om haar besigheid te besoek. Aangesien dit 'n informele
         besigheid is, moet sy die volle kleinhandelprys vir sjampoe en toerusting
         betaal wat sy by Jumbo Groothandelaars koop.

         2.1.1        Noem die sakesektor waarin Nana se Dameshaarsalon bedryf
                      word.                                                                      (1)

         2.1.2        Identifiseer EEN uitdaging vir Nana se besigheid uit ELKE sake-
                      omgewing en klassifiseer dit dienooreenkomstig. Gebruik die tabel
                      hieronder om jou antwoord aan te bied.

                               UITDAGING                     SAKE-OMGEWING

                                                                                                 (9)

         2.1.3        Dui die mate van beheer aan wat Nana se salon gewoonlik kan hê
                      oor elkeen van die sake-omgewings wat in VRAAG 2.1.2 hierbo
                      geïdentifiseer is.                                                         (3)

2.2      2.2.1        Identifiseer die sake-omgewing waarin die Porter se Vyf Kragte-
                      model toegepas kan word.                                                   (1)

         2.2.2        Maak 'n lys van die VYF kragte van Porter se model.                        (5)

2.3      Verduidelik die voordele van die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van
         2005) vir ondernemings.                                                                 (10)

2.4      Bespreek DRIE verbruikersregte soos geïdentifiseer in die Wet op
         Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008).                                          (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              7                                    DBE/2015
                                             SSE

2.5      Beskryf TWEE soorte diversifikasiestrategieë.                                           (6)

2.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    M&U UITRUSTERS BPK.
         M&U Uitrusters Bpk. vervaardig skooltruie en sweetpakke. M&U se werkers
         werk 6 dae per week vanaf 09:00 tot 18:00 sonder ophou, met net een
         15-minute-pouse per dag. Werkers wat siekteverlof neem, word nie betaal nie,
         selfs al dien hulle 'n mediese sertifikaat in.

         2.6.1        Ontleed die scenario hierbo volgens die bepalings van die Wet op
                      Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) en
                      doen aanbevelings oor hoe M&U Uitrusters Bpk. hul nienakoming
                      van die WBDV kan verbeter.                                                 (12)

         2.6.2        Omskryf kortliks enige TWEE bepalings van die WBDV wat nie in
                      die scenario hierbo genoem word nie.                                       (4)
                                                                                                 [60]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       3.1.1       Noem die instelling wat dit vir beleggers moontlik maak om
                      aandele in Suid-Afrika te koop en te verkoop.                              (1)

          3.1.2       Beskryf die funksies van die instelling waarna in VRAAG 3.1.1
                      hierbo verwys word.                                                        (6)

3.2       Beveel enige TWEE maniere aan om in die instelling, waarna in VRAAG 3.1.1
          verwys word, te belê.                                                                  (4)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     DAWN FUNKSIES MSW
          Vier ou vriende het onlangs afgetree. Hulle het 'n gedeelte van hul
          pensioenuitbetalings gekombineer om Dawn Funksies MSW te stig wat
          spesiale geleenthede/funksies en aktiwiteite vir mense ouer as 60 jaar
          organiseer.

          3.3.1       Identifiseer die ondernemingsvorm in die scenario hierbo.                  (1)

          3.3.2       Noem die stigtingsdokument wat Dawn Funksies MSW moet
                      gebruik om ingevolge die Maatskappyewet, 2008 (Wet 71 van
                      2008) te registreer.                                                       (1)

          3.3.3       Verduidelik hoe die volgende faktore die sukses of mislukking (of
                      beide) van Dawn Funksies MSW sal beïnvloed:

                      (a)      Belasting                                                         (2)

                      (b)      Kapasiteit                                                        (2)

                      (c)      Bestuur                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                   8                                   DBE/2015
                                                  SSE

3.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              VERSEKERINGSEIS
          Sanjay het 4 jaar gelede sy huis vir R600 000 gekoop. Sy huis is onlangs
          teen R1 000 000 en die huishoudelike inhoud teen R500 000 waardeer. Hy
          het sy huis, inhoud ingesluit, vir R1 200 000 verseker.
          Sanjay beskou dit as onnodig om die hoër premie te betaal. Die polis bepaal
          dat in die geval van 'n eis, die versekerde 'n bybetaling van 5% of R3 000 (na
          gelang van wat die hoogste is) moet maak.

          3.4.1       Haal die markwaarde van Sanjay se eiendom aan.                                 (1)

          3.4.2       Is Sanjay se eiendom en huishoudelike inhoud oorverseker of
                      onderverseker? Motiveer jou antwoord.                                          (3)

          3.4.3       Op grond van die versekerde bedrag, noem die klousule wat
                      toegepas sal word as Sanjay 'n versekeringseis instel.                         (1)

          3.4.4       Bespreek enige TWEE beginsels van versekering.                                 (6)

3.5       Beveel TWEE aspekte aan wat oorweeg moet word wanneer 'n suksesvolle
          aanbieding voorberei word.                                                                 (4)

3.6       Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                % Gewildheid van Motorvoertuie

                                                BMW
                                   Mercedes      5%
                                    Benz
                                     10%
                                                             Toyota
                                                              35%
                          Volkswagen
                             10%

                              Opel
                               5%

                                       Ford
                                                        Nissan
                                       20%
                                                         15%

          3.6.1      Identifiseer die soort grafiek wat in die aanbieding hierbo gebruik is.         (1)

          3.6.2      Dui die gewildste motorvoertuig volgens hierdie grafiek aan.
                     Gee EEN rede vir jou antwoord.                                                  (3)

          3.6.3      Evalueer die doeltreffendheid van die gebruik van grafieke om
                     inligting aan te bied.                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              9                                     DBE/2015
                                             SSE

3.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         BELEGGINGSMOONTLIKHEDE EN OPBRENGS
          Twee familielede, Bobo en Sam, het in Januarie 2011 R400 000 en R200 000
          onderskeidelik uit hul oorlede oupa se boedel ontvang.
          Bobo het onmiddellik sy R400 000 in vaste eiendom in Umhlanga, 'n kus-
          dorp naby Durban in KwaZulu-Natal, belê. Die plaaslike regering het in
          September 2013 die oprigting van 'n nuwe winkelkompleks goedgekeur wat
          tot 'n skerp styging in die vraag na eiendom in die omgewing gelei het. Bobo
          het in Desember 2013 'n aanbod van R500 000 aanvaar en sy eiendom
          verkoop.
          Sam het in Januarie 2011 sy R200 000 in 20 000 Gold Reef-aandele teen
          R10 elk belê. Sam het in Desember 2013 al sy aandele teen R20 elk verkoop.

          3.7.1      Bepaal watter familielid se belegging die hoogste opbrengskoers
                     verdien het. Toon berekeninge om jou antwoord te staaf.                      (10)
          3.7.2      Ontleed elke familielid se belegging ten opsigte van die risikofaktor
                     vir die beleggingsperiode.                                                   (6)
                                                                                                  [60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Maatskappye se direkteure moet tydens die Algemene Jaarvergadering (AJV)
          alle verwante finansiële inligting aan aandeelhouers bekend maak.

          4.1.1       Identifiseer die beginsel van goeie korporatiewe bestuur waarna in
                      die scenario hierbo verwys word, soos in die King-kode aangedui.            (1)

          4.1.2       Omskryf kortliks enige DRIE ander King-kode-beginsels vir goeie
                      korporatiewe bestuur.                                                       (3)

4.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     AHA KONSULTANTE BK
          Jane werk reeds die afgelope drie jaar by AHA Konsultante BK en is 'n
          betroubare, ervare en gekwalifiseerde werknemer.
          Die besigheid het 'n senior bestuurspos geadverteer. Vusi, die menslike-
          hulpbron-bestuurder, het belowe om Jane aan te stel in ruil vir seksuele
          gunste en soms gebruik hy ook die besigheid se hulpbronne vir sy eie gewin.

          4.2.1       Haal TWEE situasies uit die scenario aan wat as onetiese
                      sakepraktyke beskou kan word.                                               (2)
          4.2.2       Beveel maniere aan waarop die TWEE situasies wat in
                      VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is, aangepak kan word.                           (8)
          4.2.3       Beskryf enige TWEE ander kwessies wat as onetiese en
                      onprofessionele sakepraktyke beskou kan word.                               (6)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            10                                   DBE/2015
                                           SSE

4.3       Tabuleer die verskille tussen etiek en professionalisme in 'n sake-
          onderneming.                                                                         (8)

4.4       Bespreek maniere waarop professionele, etiese en effektiewe besigheids-
          praktyke in 'n uitdagende sake-omgewing bedryf behoort te word.                      (10)

4.5       Beveel maniere aan waarop 'n besigheid 'n omgewing kan skep wat vir
          kreatiewe denke bevorderlik is.                                                      (8)

4.6       Onderskei tussen die nominalegroep- en die Delphi-probleemoplossings-
          tegnieke.                                                                            (8)

4.7       Bespreek die verband tussen drievoudige sleutelaspekte ('triple bottom line')
          en die maatskaplike (sosiale) verantwoordelikheid van 'n onderneming.                (6)
                                                                                               [60]

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1       Hullets Hout Edms. (Bpk.) het 'n vakante pos vir 'n finansiële rekenmeester.
          Beskryf die werwingsprosedure wat die menslikehulpbron-bestuurder behoort
          te volg om die vakante pos te vul.                                                   (9)

5.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        ZAMA KLEDING
          Zama Kleding het 'n vakante pos vir 'n mode-ontwerper. Hulle het hierdie
          pos geadverteer met behulp van die personeelkennisgewingsbord, interne
          e-posse/memorandums en omsendskrywes. Toesighouers in verskeie
          departemente is ook versoek om geskikte kandidate uit hulle huidige
          personeel te nomineer.

          5.2.1       Identifiseer die soort werwing wat Zama Kleding in die scenario
                      gebruik het. Motiveer jou antwoord.                                      (3)

          5.2.2       Evalueer die soort werwing waarna in VRAAG 5.2.1 hierbo verwys
                      word.                                                                    (8)

5.3       Jy word versoek om as voorsitter tydens 'n onderhoud op te tree. Bespreek
          jou rol voordat die onderhoud gehou word.                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             11                                 DBE/2015
                                            SSE

5.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Shireez, wat 'n glasmonteringsonderneming bedryf, wil drie nuwe werkers in
          diens neem. Sy is nie seker hoe om wettige indiensnemingskontrakte vir
          hierdie werkers op te stel nie.

          5.4.1       Definieer die term indiensnemingskontrak.                               (2)

          5.4.2       Omskryf kortliks aspekte wat Shireez in 'n indiensnemingskontrak
                      behoort in te sluit.                                                    (10)

          5.4.3       Stel enige TWEE moontlike redes vir die beëindiging van 'n
                      indiensnemingskontrak vir Shireez voor.                                 (4)

5.5       Verduidelik die voordele van die implementering van 'n hoë gehalte-
          bestuurstelsel in 'n besigheid.                                                     (8)

5.6       Ontleed die impak van totale gehaltebestuur (TGB/'TQM') op groot besigheid
          met verwysing na deurlopende vaardigheidsontwikkeling.                              (8)
                                                                                              [60]

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

6.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      JAMES VRUGTE-&-GROENTE-ONDERNEMING BPK.
          James Vrugte-&-Groente-Onderneming Bpk. is 'n groot vrugte-en-groente-
          kleinhandelaar wat in 'n middelklaswoonbuurt geleë is waar die meeste
          mense gehalteprodukte kan bekostig. Hulle lewer gratis af binne 'n omtrek
          van 10 km. James Vrugte-&-Groente-Onderneming Bpk. het nie groot
          opbergingsfasiliteite nie as gevolg van 'n gebrek aan kapitaal. Sommige
          werknemers het nie die ondervinding om vrugte en groente te hanteer nie.
          Die aanbod van buiteseisoenvrugte en -groente is traag en sommige
          mededingers voer vrugte en groente uit ander lande teen laer pryse in.
          Die menslikehulpbron-bestuurder is genoodsaak om aan die Wet op Basiese
          Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) te voldoen ten opsigte van die
          betaling van minimum lone, ongeag werkers se prestasie.
          Daar is 'n toenemende vraag na vars vrugtesap deur gesondheidsbewuste
          klante. Soos wat klante se salarisse verhoog, sal hulle hoër pryse kan
          bekostig en moontlik duurder vrugte en groente aanvra.

          6.1.1       Stel 'n SSGB('SWOT')-analise saam vir James Vrugte-&-Groente-
                      Onderneming Bpk. wat op die scenario gegrond is.                        (8)

          6.1.2       Beveel TWEE strategieë aan wat James Vrugte-&-Groente-
                      Onderneming Bpk. kan gebruik om hul swak punte, soos in die
                      SSGB-analise in VRAAG 6.1.1 geïdentifiseer, te oorkom.                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             12                                      DBE/2015
                                            SSE

6.2       Beveel maniere aan waarop besighede die volgende sosio-ekonomiese
          kwessies deur korporatiewe maatskaplike (sosiale) investerings(KMI/KSI)-
          programme kan aanpak:

          6.2.1       MIV/Vigs                                                                  (4)

          6.2.2       Werkloosheid                                                              (4)

6.3       Jy wil R3 000 in RSA Kleinhandelspaareffekte belê in plaas van in
          effektetrusts.

          6.3.1       Onderskei tussen RSA Kleinhandelspaareffekte en effektetrusts.            (4)

          6.3.2       Verduidelik die voordele daarvan om in RSA Kleinhandel-
                      spaareffekte te belê.                                                     (8)

6.4       Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap.              (8)

6.5       Identifiseer die stadiums/fases van spanontwikkeling wat in die volgende
          scenario's geïllustreer word:

          6.5.1       Spanlede het meningsverskille, maar los dit gou op sodat hulle
                      hulle doelwitte kan bereik.                                               (1)

          6.5.2       Spanlede werk nie saam nie, omdat hulle om die spanleier se
                      posisie meeding.                                                          (1)

6.6       Bespreek die volgende as kriteria wat gebruik kan word om suksesvolle
          spanprestasie te beoordeel:

          6.6.1       Interpersoonlike houding/ingesteldheid en gedrag                          (6)

          6.6.2       Gedeelde waardes                                                          (6)

6.7       Evalueer die impak van byvoordele in die werkplek.                                    (6)
                                                                                                [60]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               180

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             13                                  DBE/2015
                                            SSE

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:           Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                   antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
                   byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
                   bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1988 (Wet 97 van 1988) (WVO) skryf
verskillende wyses van beroepsgerigte leer voor deur die bevordering van
leerderskappe,   vaardigheidsprogramme en       deur Sektorale       Onderwys-en-
Opleidingsowerhede (SOOO's/'SETAs'). Die doel van SOOO's/'SETAs' is die
implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslike-
hulpbron-ontwikkelingstrategie.

As 'n kenner van arbeidswetgewing word jy versoek om 'n verslag oor vaardigheids-
ontwikkeling saam te stel. Die volgende aspekte moet by jou verslag ingesluit word:

•   Verduidelik die doelwitte van die WVO
•   Evalueer die impak van hierdie Wet op besighede en werknemers
•   Omskryf kortliks die rol van SOOO's/'SETAs'
•   Beskryf die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslike-
    hulpbron-ontwikkelingstrategie
•   Beveel TWEE maniere aan waarop besighede hierdie Wet kan nakom                             [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (LEIERSKAPSTYLE/-TEORIEË)

                                LEIERS vs. BESTUURDERS

Volgens 'n onlangse studie is dit redelik 'gevaarlik' om tussen leiers en bestuurders te
onderskei, omdat die een nie minderwaardig of ondergeskik aan die ander een is nie.

Entrepreneurs in klein ondernemings, sowel as dié in groot maatskappye, kan
doeltreffende bestuurders en suksesvolle leiers wees.

Bestuur word in baie tersiêre kursusse bestudeer en leierskap kan ook deur studie of
opleiding bekom word.

Bespreek die volgende kwessies met inagneming van die scenario hierbo:

•   Vergelyk leierskap met bestuur
•   Evalueer die outokratiese, demokratiese en laissez-faire-/vrye-teuels-leierskapstyle
•   Verduidelik die situasionele en transformasionele bestuurs- en leierskapsteorieë
•   Beskryf 'n situasie waarin hierdie twee teorieë in die werkplek toegepas kan word          [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             14                                     DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (KMV/KSV)

Ben Potgieter besit Phola b.&o. ('B&B'), 'n bed-en-ontbyt-gastehuis in 'n plaaslike
township. Hy stel nie net in die bedryf van 'n onderneming belang nie, maar wil ook by
die opheffing van die gemeenskap waar hy sake doen, betrokke raak.

Gee Ben Potgieter advies oor hoe hy sy korporatiewe maatskaplike
verantwoordelikheids(KMV/KSV)-drome kan verwesenlik deur die volgende te
bespreek:

•   Verduidelik die aard van KMV/KSV
•   Bespreek die voordele van KMV/KSV vir besighede
•   Beskryf moontlike uitdagings van KMV/KSV vir die gemeenskap
•   Stel maniere voor waarop Ben tyd en energie kan bydra om die welstand van die
    gemeenskap uit 'n sake-oogpunt te verbeter                                                 [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)

Rainbow Konstruksie spesialiseer in die bou van huise en paaie. Hulle bestuur is
bekommerd oor die gehalte van prestasie in sekere afdelings van die onderneming.

Jy is 'n kundige in die bestuur van totale gehalte en prestasie in die werkplek. Skryf 'n
verslag aan die bestuur van Rainbow Konstruksie en bespreek hoe die gehalte van
prestasie in die volgende besigheidsfunksies tot die sukses van hul onderneming kan
bydra:

•   Produksie
•   Bemarking
•   Aankope
•   Algemene bestuur

Ontleed hoe die voortdurende verbetering van prosesse en stelsels die gehalte van
Rainbow Konstruksie se huise en paaie kan verbeter.                                            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:             80
                                                                    GROOTTOTAAL:               300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2015-afr/22b77106-5494-4617-8fd2-507aea407e81) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [Business Studies Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-eng/a15d5d2f-02be-48cc-b60e-3d943e640065) — Business Studies · QP · 2015 · Eng
- [Business Studies Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-feb-march-2015-afr/15be5217-bc07-4c09-b6de-b2f2f8e5e259) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [Gr 12 Business Studies P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-english-june-2024-question-paper/49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Business Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2023-eng/9c6b7c03-092f-4346-9872-9b1f344ea678) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Business Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2023-eng/57a811d0-088b-46fe-8e70-76637c58ad93) — Business Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
