# Business Studies Grade 12 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2017-afr/ea87ad43-ceae-4303-9731-24944fada878
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2017-afr/ea87ad43-ceae-4303-9731-24944fada878)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                BESIGHEIDSTUDIES

                                          2017

                                                                     PUNTE: 300

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            2                                    DBE/2017
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

        AFDELING A:       VERPLIGTEND
        AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is nie.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
        wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                                                                             TYD
                     AFDELING                 VRAAG          PUNTE
                                                                           (minute)
         A: Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                          1              40             30

         B: VYF direkte/indirekte tipe           2              60             30
            vrae                                 3              60             30
            KEUSE                                4              60             30
            (Beantwoord enige DRIE.)             5              60             30
                                                 6              60             30

         C: VIER opsteltipe vrae                 7              40             30
            KEUSE                                8              40             30
            (Beantwoord enige TWEE.)             9              40             30
                                                 10             40             30

                      TOTAAL                                   300            180

7.        Begin die antwoorde op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                3                                DBE/2017
                                               SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
          'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

           1.1.11        A           B          C         D

          1.1.1      Die Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede (SOOO/'SETA')
                     het tot stand gekom om …

                     A   werksgeleenthede te verskaf.
                     B   leerders op skool te onderrig.
                     C   opleiding aan te bied.
                     D   werkplekvaardigheidsplanne goed te keur.

          1.1.2      Hombi Bpk. het van hul bates verkoop om hul kontantvloei te
                     verbeter. Hierdie besigheidstrategie staan as … bekend.

                     A   likwidasie
                     B   aflegging
                     C   ontbondeling/vervreemding
                     D   diversifikasie

          1.1.3      Hierdie Wet maak dit vir verbruikers moontlik om toegang tot
                     skuldberading te kry:

                     A   Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
                     B   Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                     C   Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                         (Wet 53 van 2003)
                     D   Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)

          1.1.4      Die versekerde sal 'n enkelbedrag ontvang wanneer 'n spesifieke
                     ouderdom bereik word. Dit verwys na die versekeringsbeginsel
                     van …

                     A   skadeloosstelling.
                     B   versekerbaarheid.
                     C   sekuriteitstelling.
                     D   goeie trou.

          1.1.5      Inligting in die vorm van 'n … is 'n voorbeeld van 'n nie-verbale
                     aanbieding.

                     A   dataprojektor
                     B   geskrewe verslag
                     C   videokonferensie
                     D   mondelinge verslag
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               4                                   DBE/2017
                                              SSE

          1.1.6      Hierdie spandinamika-teorie fokus op VIER pare houdings en
                     funksies:

                     A   Belbin
                     B   Jungian
                     C   Margerison-McCann
                     D   MTR-I-benadering

          1.1.7      Besighede gebruik hul …-programme om die lewensomstandighede
                     van die gemeenskappe waarbinne hulle bedrywig is, te verbeter.

                     A   maatskaplike bestuur
                     B   maatskaplike beleggings
                     C   korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
                     D   korporatiewe bestuur

          1.1.8      Die prosedure waar alle CV's wat ontvang is teenoor voorafbepaalde
                     kriteria geëvalueer word:

                     A   Opleiding
                     B   Keuring
                     C   Plasing
                     D   Werwing

          1.1.9      Sasha se Haarstudio kan beter gehalte diens lewer, omdat sy ...

                     A   baie talentvolle haarkappers in diens het.
                     B   slegs die beste beskikbare haartoerusting kan bekostig.
                     C   onbeperkte toegang tot beleggers het.
                     D   direk met klante kan kommunikeer om hul tevredenheidsvlakke
                         te bepaal.

          1.1.10     EEN van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger se take:

                     A   Identifiseer moontlike gevare in die werkplek
                     B   Meld foutiewe produkte aan
                     C   Maak 'n geldelike bydrae tot die sentrale fonds
                     D   Kla werkers aan wat nie aan veiligheidsmaatreëls voldoen nie
                                                                                 (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              5                                    DBE/2017
                                             SSE

1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord mag slegs EEN KEER gebruik word.

                   by-; dispuut; Verbruikersbeskerming; aandeelhouers; grief;
                       Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes; dividend;
                                      vennote; huur; verpligte

         1.2.1       Die Wet op … skep 'n raamwerk vir gesonde indiensnemings-
                     praktyke en veiligheidsmaatreëls.

         1.2.2       Beleggers wat 'n deel van 'n maatskappy besit, word ... genoem.

         1.2.3       'n Werknemer kan 'n … indien wanneer hy/sy nie met die besluit wat
                     senior bestuur geneem het, saamstem nie.

         1.2.4       Inkomste wat uit 'n belegging in eiendom verdien is, staan as
                     ... bekend.

         1.2.5       Addisionele bydraes wat die werkgewer tot die werknemer se
                     mediese hulpskema maak, is 'n voorbeeld van … voordele wat die
                     onderneming aanbied.                                  (5 x 2)                (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               6                                    DBE/2017
                                              SSE

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                      KOLOM A                               KOLOM B
         1.3.1       Bonusaandele         A     vergoeding gebaseer op die aantal items
                                                vervaardig
         1.3.2       Strategie
                                          B     ignoreer die besigheid se
         1.3.3       Professionele              kleredragkode
                     besigheidspraktyk
                                          C     uitgereik deur 'n maatskappy as
         1.3.4       Stukwerk                   vergoeding vir vestigingsdienste

         1.3.5       Maatskaplike regte   D     werknemers kan toegang tot
                                                gesondheidsorg in die werkplek hê

                                          E     'n aksieplan om 'n voorafbepaalde
                                                doel te bereik

                                          F     uitgereik deur 'n maatskappy as
                                                vergoeding vir dividendverliese

                                          G proses om 'n aksieplan te implementeer

                                          H     voldoen te alle tye aan besigheidsbeleid

                                          I     vergoeding gebaseer op 'n
                                                ooreengekome uurlikse tarief

                                          J     werknemers kan godsdienstige
                                                vakansiedae vier
                                                                                    (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               7                                      DBE/2017
                                              SSE

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:           Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                   Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
                   byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE
                   bladsy, ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1      Noem enige VYF aspekte van die PESTWO/'PESTLE'-analisemodel.                                (5)

2.2      Identifiseer 'n besigheidstrategie      wat   deur   ELKE   stelling     hieronder
         verteenwoordig word:

         2.2.1        Peter se Bakkery het al hul bates verkoop om krediteure te betaal
                      en het die besigheid gesluit.

         2.2.2        NTI Bpk. het nuwe takke in Nigerië en Chicago oopgemaak om hul
                      markaandeel te vergroot.

         2.2.3        Die eienaar van Excellency Boekwinkel het besluit om ook koffie en
                      koek in haar winkel te verkoop.

         2.2.4        Vars Sap Onbeperk het Potgieter se druiweplaas gekoop.

         2.2.5        Snow White Winkels het die prys van die nuwe All White-waspoeier
                      verlaag om grootmaataankope aan te moedig.                                     (10)

2.3      Omskryf in breë trekke enige VIER stappe in die evaluering van 'n strategie.                (8)

2.4      Noem die DRIE sakeomgewings en dui die mate aan waartoe 'n onderneming
         elk van hierdie omgewings kan beheer.                                                       (9)

2.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                MEGAN AFRICAN CUISINE (MAC)

         Megan besit 'n restaurant, Megan African Cuisine, wat tradisionele kos teen
         billike pryse verkoop. Die munisipaliteit het MAC genooi om oor naweke 'n
         tradisionele kosstalletjie by die kultuurmark oop te maak. Hierdie mark lok
         baie toeriste en plaaslike klante.

         MAC gebruik 'n ou kasregister wat nie altyd alle kontanttransaksies akkuraat
         aanteken nie. Verskaffers het ook hulle pryse weens inflasie verhoog. MAC
         verloor klante aan Nozizwe Buy & Braai wat pap en vleis teen baie lae pryse
         verkoop. Megan het nie 'n goeie bemarkingstrategie om klante te behou nie.

         2.5.1        Stel 'n SSGB ('SWOT')-analise vir MAC saam.                                    (8)

         2.5.2        Beveel maniere aan waarop MAC ELKE swak punt wat in
                      VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, kan oplos.                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              8                                     DBE/2017
                                             SSE

2.6      Verduidelik hoe ondernemings die volgende verbruikersregte kan bevorder:

         2.6.1       Reg om te kies                                                                (4)

         2.6.2       Reg tot inligting                                                             (4)

2.7      Bespreek die impak van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998
         (Wet 55 van 1998) op ondernemings.                                                        (8)
                                                                                                   [60]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       Gee VYF voorbeelde van langtermynversekering.                                            (5)

3.2       Klassifiseer ELKE stelling hieronder as verpligte of nie-verpligte versekering:

          3.2.1      Sam het by die Padongelukkefonds geëis omdat hy sy arm in 'n
                     motorongeluk verloor het.

          3.2.2      Yugo Vervaardigers het hul werkers teen beserings en siektes, wat
                     in die werksplek kan voorkom, verseker.

          3.2.3      Floyd Teëls het hul gebou teen diefstal en brand verseker.

          3.2.4      James het by die Werkloosheidsversekeringsfonds geëis in die
                     tydperk wat hy werkloos was.

          3.2.5      Lisa het haar lewe teen enige gebeurlikheid wat haar ongeskik vir
                     werk kan maak, verseker.                                                      (10)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          John het R350 000 by sy ma geërf. Hy wil hierdie bedrag in 'n veilige lae-
          risiko-beleggingsopsie belê met 'n gewaarborgde opbrengs waar geen koste,
          fooie of kommissie betaalbaar is nie.

          3.3.1      Identifiseer die soort belegging wat aan John se vereistes sal
                     voldoen. Motiveer jou antwoord.                                               (3)

          3.3.2      Verduidelik die voordele van        die   soort   belegging   wat   in
                     VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is.                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              9                                       DBE/2017
                                             SSE

3.4       Identifiseer die leierskapstyle wat op die volgende situasies van toepassing is:

          3.4.1      Georgina inspireer werknemers met haar persoonlikheid om meer te
                     doen as wat gewoonlik van hulle verwag word.

          3.4.2      Die HUB van Trevor Pendeldienste ('Shuttle Services') het ervare
                     werknemers versoek om hul idees te deel wanneer belangrike
                     besluite geneem moet word.

          3.4.3      Die werknemers van Sizwe Bemarking Bpk. mag hul eie
                     werksmetodes kies, solank dit nie met maatskappybeleid strydig is
                     nie.                                                                            (6)

3.5       Analiseer die impak van 'n outokratiese leierskapstyl op besigheid.                        (8)

3.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Marie en Tsolo het elk R10 000 by dieselfde bank belê wat 10% rente per jaar
          aan beide gebied het. Die bank het verskillende metodes gebruik om hul
          onderskeie rente-opbrengste te bereken. Marie het R2 000 en Tsolo R2 100
          na twee jaar ontvang.

          3.6.1      Identifiseer die metodes wat die bank gebruik het om Marie en Tsolo
                     se rente te bereken. Motiveer jou antwoord.                                     (6)

          3.6.2      Verduidelik die verskille tussen die metodes wat gebruik is om die
                     rente wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is, te bereken.                         (8)

3.7       Gee Mishaak Onderdele Bpk. raad oor hoe die faktore hieronder tot die
          sukses en/of mislukking van hul onderneming kan bydra:

          3.7.1      Bestuur                                                                         (4)

          3.7.2      Kapitaal                                                                        (4)
                                                                                                     [60]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               10                                     DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1       Omskryf in breë trekke enige DRIE ekonomiese regte van werknemers.                        (3)

4.2       Noem VIER onetiese kwessies wat vir besighede 'n uitdaging kan wees.                      (4)

4.3       Verduidelik hoe ondernemings tyd en energie kan bydra om die volgende
          belangegroepe se welstand te verbeter:

          4.3.1      Werknemers                                                                     (4)

          4.3.2      Gemeenskap                                                                     (4)

4.4       Onderskei tussen besluitneming en probleemoplossing.                                      (4)

4.5       Bespreek die voordele van die Delphi-tegniek om sakeprobleme op te los.                   (8)

4.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        SAFARI TOERE (ST)

          Safari Toere neem werkers van verskillende kulturele agtergrond en ras in
          diens. Party werkers is onverdraagsaam teenoor mekaar wat tot laer
          produktiwiteit lei. ST se bestuur het aangekondig dat daar van alle werkers
          verwag word om Engels tydens vergaderings te praat alhoewel party sukkel
          om die taal te praat.

          Themba, een van die werkers, is ongelukkig oor hierdie besluit en het
          gevolglik van die werk af weggebly sonder om die korrekte grieweprosedure
          te volg.

          4.6.1      Identifiseer DRIE diversiteitskwessies in die scenario hierbo.                 (3)

          4.6.2      Gee ST se bestuur raad oor hoe hulle ELKE diversiteitskwessie wat
                     in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, moet hanteer.                                (6)

          4.6.3      Verduidelik die korrekte grieweprosedure wat Themba moet volg.                 (8)

4.7       Beveel maniere aan waarop 'n besigheid 'n omgewing kan skep wat
          kreatiewe denke stimuleer.                                                                (8)

4.8       Stel TWEE strategieë voor wat besighede kan gebruik om ELK van die
          volgende sosio-ekonomiese kwessie te hanteer:

          4.8.1      HIV/Vigs                                                                       (4)

          4.8.2      Werkloosheid                                                                   (4)
                                                                                                    [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             11                                      DBE/2017
                                            SSE

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  JONES HANDELAARS (JH)

          Jones Handelaars het 'n vakature vir 'n senior administratiewe sekretaresse
          op hul kennisgewingbord geadverteer. Die suksesvolle kandidaat moet aan
          die volgende vereistes voldoen:

          •    Goeie interpersoonlike verhoudinge
          •    Koördinering van indiensopleiding vir personeel
          •    Uitstekende rekenaarvaardighede
          •    Opstel van verslae en gee betyds terugvoering

          5.1.1      Haal TWEE voorbeelde ELK van posbeskrywing en posspesifikasie
                     uit die scenario hierbo aan. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                          POSBESKRYWING                      POSSPESIFIKASIE

                                                                                                    (4)

          5.1.2      Identifiseer die soort werwing wat JH gebruik het toe hulle die
                     vakante pos geadverteer het. Motiveer jou antwoord.                            (3)

          5.1.3      Gee TWEE ander bronne van die soort werwing wat in
                     VRAAG 5.1.2 geïdentifiseer is.                                                 (2)

          5.1.4      Verduidelik die prosedure wat JH behoort te volg om die nuwe
                     werknemer te plaas.                                                            (6)

5.2       Gee Jane, die menslikehulpbronbestuurder, raad oor haar rol as die
          onderhoudvoerder wanneer sy vir 'n onderhoud voorberei.                                   (8)

5.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   EASY HANDELAARS (EH)

          Emma is 'n werknemer by Easy Handelaars. Sy was gereeld laat vir werk en
          het soms besigheidsprodukte sonder toestemming geneem. Emma het
          geweier om haar negatiewe gedrag te verander ten spyte daarvan dat bestuur
          hierdie kwessies met haar bespreek het. EH se bestuur het besluit om Emma
          se indiensnemingskontrak te beëindig.

          5.3.1      Haal DRIE redes uit die scenario aan waarom Emma se
                     indiensnemingskontrak deur die bestuur beëindig is.                            (3)

          5.3.2      Gee enige ander redes           vir   die   beëindiging      van     'n
                     indiensnemingskontrak.                                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              12                                   DBE/2017
                                             SSE

5.4       Omskryf in breë trekke DRIE gehalte-aanwysers van die bemarkingsfunksie.                (6)

5.5       Verduidelik die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                     (4)

5.6       Brei uit op die betekenis van gehaltesirkels.                                           (4)

5.7       Identifiseer die besigheidsfunksie wat vir die verbetering van gehalteprestasie
          in ELKE stelling hieronder verantwoordelik is:

          5.7.1      Gerald Bpk. is nie in staat om ervare werknemers te lok en te
                     behou nie.

          5.7.2      Pro Vervaardigers se klante het foutiewe produkte as gevolg van
                     fabrieksfoute teruggebring.

          5.7.3      Thabo Konsultante se rekords is nie akkuraat nie omdat hulle 'n
                     verouderde inligtingstegnologiestelsel (ITS) gebruik.                        (6)

5.8       Bespreek die positiewe impak wat die monitering en evaluering van
          gehalteprosesse as 'n TGB-element op groot besighede het.                               (8)
                                                                                                  [60]

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

6.1       Identifiseer die Wet wat op ELKE stelling hieronder van toepassing is:

          6.1.1      Duncan Bosbou se werknemers word toegelaat om aan 'n vakunie
                     van hul keuse te behoort.

          6.1.2      Victor Ondernemings het hul werknemers vir leerderskapprogramme
                     geregistreer.

          6.1.3      Carlo Kommunikasie Bpk. het tot die ontwikkeling van plaaslike
                     swart verskaffers bygedra.                                                   (6)

6.2       Bepreek die volgende Porter se Vyf Magte:

          6.2.1      Mag van kopers                                                               (4)

          6.2.2      Mededingende wedywering/Mag van mededingers                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              13                                   DBE/2017
                                             SSE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.3       Verduidelik die verskille tussen vennootskappe en privaat maatskappye.                  (8)

6.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       VENTER (EDMS.) BPK.

          Venter (Edms.) Bpk. word suksesvol as 'n privaat maatskappy bedryf, maar
          wil nou omskakel na 'n publieke maatskappy sodat hulle genoteer/gelys kan
          word. Dit sal hulle in staat stel om die publiek te nooi om aandele te koop.

          6.4.1      Noem die instelling wat verantwoordelik is vir die notering van
                     publieke maatskappye.                                                        (2)

          6.4.2      Omskryf in breë trekke enige DRIE funksies van die instelling wat in
                     VRAAG 6.4.1 geïdentifiseer is.                                               (6)

BESIGHEIDSROLLE

6.5       Noem enige VIER probleemoplossingstappe.                                                (4)

6.6       Verduidelik die voordele van korporatiewe maatskaplike beleggings (KMB) vir
          besighede.                                                                              (6)

6.7       Stel EEN strategie voor om ELK van die volgende moeilike persoonlikhede te
          hanteer:

          6.7.1      Klaer                                                                        (2)

          6.7.2      Aggressiewe persoon                                                          (2)

          6.7.3      Stil persoon                                                                 (2)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.8       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    TOMMY SE INDUKSIEPROGRAM

         Tommy het 'n induksieprogram vir nuut aangestelde werknemers ontwikkel.
         Hulle word gewoonlik op 'n toer van die perseel geneem en aan senior
         bestuur en kollegas voorgestel.

         6.8.1       Haal TWEE aspekte uit die scenario aan wat Tommy in sy
                     induksieprogram ingesluit het.                                               (2)

         6.8.2       Gee Tommy raad oor enige ander DRIE aspekte wat in 'n
                     induksieprogram ingesluit behoort te word.                                   (6)

6.9      Bespreek die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.                                (6)
                                                                                                  [60]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              14                                   DBE/2017
                                             SSE

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:           Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                   antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
                   byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
                   bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) is ingestel
om die basiese indiensnemingsvoorwaardes af te dwing. Besighede wat nie aan
hierdie Wet voldoen nie, sal gepenaliseer word.

As 'n kenner van die implementering van die WBDV in die werkplek, skryf 'n opstel oor
die volgende:

•   Verduidelik die doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV).
•   Bespreek enige VIER bepalings van hierdie Wet.
•   Omskryf in breë trekke die strafmaatreëls vir besighede wat nie hierdie Wet
    nakom nie.
•   Evalueer die positiewe impak van hierdie Wet op besighede.                                    [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING)

                            WISE FINANSIËLE DIENSTE (WFD)

Wiseman, 'n finansiële adviseur, wil sy sakeplan aan verskeie beleggers voorlê deur
middel van 'n PowerPoint-skyfievertoning, 'n oorhoofse projektor en inligtingstukke om
sy aanbieding se kwaliteit te verbeter. Hy is nie seker of sy aanbieding doeltreffend sal
wees nie, want hy het nog nooit so iets so aangebied nie. Hy het ook nie die nodige
selfvertroue om die gehoor se vrae te beantwoord nie.

Gee aan Wiseman gedetailleerde inligting oor die volgende:

•   Omskryf in breë trekke die aspekte wat Wiseman moet oorweeg wanneer 'n
    multimedia-aanbieding ontwerp word.
•   Bespreek die voordele van PowerPoint-skyfies, 'n oorhoofse projektor en
    inligtingstukke as tipes visuele hulpmiddels.
•   Verduidelik die faktore wat hy gedurende sy aanbieding in gedagte moet hou.
•   Brei uit oor die aspekte wat hy behoort te oorweeg wanneer hy professioneel en op
    'n nie-aggressiewe manier vrae beantwoord.                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Business Studies                              15                              DBE/2017
                                             SCE

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKHANTERING)

Spanwerk speel 'n belangrike rol in die bereiking van sakedoelstellings en doelwitte.
Ondernemings spandeer groot bedrae geld en baie tyd aan spanbou-oefeninge en
projekte. Spanne kan bestaan uit mense vanuit diverse agtergronde, wat soms konflik
kan veroorsaak.

As 'n spanprestasie-analis, gee gedetailleerde inligting oor die volgende:

•   Verduidelik enige DRIE kriteria vir suksesvolle spanprestasie.
•   Bespreek die verskillende stadiums van spanontwikkeling.
•   Beskryf die oorsake van konflik wat in die werkplek kan ontstaan.
•   Gee besighede raad oor die stappe wat toegepas behoort te word om konflik in 'n
    span op te los.                                                                      [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)

Groot en klein ondernemings besef dat totale gehaltebeheer (TGB) deurslaggewend is
om klante se lojaliteit te wen en om volhoubaar te bly. Alle besigheidsfunksies speel
'n belangrike rol in die strewe na gehalte van prestasie in hul onderskeie afdelings.

Skryf 'n opstel oor gehalte van prestasie en sluit die volgende in:

•   Beskryf die term totale gehaltebeheer (TGB).
•   Bespreek die impak van die volgende TGB-elemente op groot besighede:
     o Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
     o Totale klante/kliënte-tevredenheid
     o Deurlopende vaardigheidsontwikkeling
•   Verduidelik hoe die gehalte van prestasie in die finansiële- en
    openbarebetrekkinge-funksies tot die onderneming se sukses kan bydra.
•   Analiseer die negatiewe impak van TGB indien dit swak geïmplementeer word
    deur besighede.                                                                      [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:      80
                                                                     GROOTTOTAAL:        300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2017-english/56248840-7127-4799-a24d-dbe74b3aa37e) — Business Studies · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Business Studies X10 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-x10-preparatory-2017-question-paper/bc24b739-a550-4098-b9f8-2c2ee5f161df) — Business Studies · QP · 2017
- [2017 KZN June QP](https://www.hlayiso.com/library/2017-kzn-june-qp/2d10cf93-2d3e-483d-8374-9d92356cf6b4) — Business Studies · QP · 2017
- [Business Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2017-eng/2c04338c-5fa0-40b9-a589-8ad8769bd67e) — Business Studies · QP · 2017 · Eng
- [Gr 12 Business Studies P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-english-june-2024-question-paper/49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Business Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2023-eng/9c6b7c03-092f-4346-9872-9b1f344ea678) — Business Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
