# Business Studies Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-afr/64223317-2a75-4af2-b6f0-0b298a116310
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-afr/64223317-2a75-4af2-b6f0-0b298a116310)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                BESIGHEIDSTUDIES

                                          2018

                                                                      PUNTE: 300

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             2                                   DBE/2018
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.

        AFDELING A:       VERPLIGTEND
        AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
        wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                                                                              TYD
                     AFDELING                VRAAG           PUNTE
                                                                            (minute)
         A: Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                           1            40              30

         B: VYF direkte/indirekte tipe            2            60              30
            vrae                                  3            60              30
            KEUSE:                                4            60              30
            Beantwoord enige DRIE.                5            60              30
                                                  6            60              30

         C: VIER opsteltipe vrae                  7             40             30
            KEUSE:                                8             40             30
            Beantwoord enige TWEE.                9             40             30
                                                  10            40             30
                     TOTAAL                                    300             180

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
          bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               3                                DBE/2018
                                              SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.1.11 B.

          1.1.1      Hierdie Wet reguleer die implementering van regstellende aksie
                     wanneer besighede nuwe aanstellings maak:

                     A   Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                     B   Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
                     C   Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                         (Wet 53 van 2003)
                     D   Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 of 1995)

          1.1.2      Yashika Supermark het … beheer oor uitdagings wat verband hou
                     met hul visie- en missiestelling.

                     A   volle
                     B   geen
                     C   beperkte
                     D   'n bietjie

          1.1.3      Dit is verpligtend vir … om 'n algemene jaarvergadering vir hulle
                     aandeelhouers te hou.

                     A   Shark Tale Algemene Handelaars (Edms.) Bpk.
                     B   Shrek Building Appliances BK
                     C   Incredible Toy Store Bpk.
                     D   Healthy Living MSW

          1.1.4      Hierdie aspek moet in gedagte gehou word wanneer 'n multimedia-
                     aanbieding ontwerp word:

                     A   Berei voor vir die terugvoeringsessie
                     B   Dek 'n groot hoeveelheid inligting
                     C   Behou oogkontak met die gehoor
                     D   Kies relevante prente

          1.1.5      Thrums Handelaars het hulle gebou vir R80 000 verseker. Die
                     werklike waarde van die gebou is R100 000. Skade van R50 000 is
                     deur 'n brand veroorsaak. Wat sal die vergoeding vir die verlies
                     wees?

                     A   R100 000
                     B   R80 000
                     C   R62 500
                     D   R40 000

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                4                                  DBE/2018
                                               SSE

          1.1.6      Besighede gebruik spandinamiekteorieë om …

                     A   totale tevredenheid te bevorder.
                     B   take volgens spanlede se rolle toe te wys.
                     C   take aan spanlede met dieselfde persoonlikhede toe te wys.
                     D   mededinging in spanne aan te moedig.

          1.1.7      Wanneer verskille tussen werknemers in die werkplek opgelos word,
                     moet bestuur die …

                     A   werker wat geaffekteer word, afdank.
                     B   blaam verskuif.
                     C   oorsake van die konflik aanpak.
                     D   moeilike werker oorplaas.

          1.1.8      Die proses wat 'n senior bestuurder gebruik om die beste oplossing
                     te kies, staan as … bekend.

                     A   probleemoplossing
                     B   roetinedenke
                     C   besluitneming
                     D   dinkskrum

          1.1.9      'n Raamwerk wat besighede gebruik om sleutelprosesse te bestuur
                     om goeie standaarde te behou:

                     A   Gehaltebeheer
                     B   Gehaltebestuurstelsel
                     C   Gehaltebestuur
                     D   Gehalteprestasie

          1.1.10     Die proses om die vyf geskikste kandidate vir die pos te kies, staan
                     as … bekend.

                     A   onderhoud
                     B   werwing
                     C   referentekontrole
                     D   kortlyssamestelling                                      (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                5                                     DBE/2018
                                               SSE

1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
                   skuldbriefhouers; Jung; administrasie; beskrywing; rente;
                   Belbin; dividend; bemarking; aandeelhouers; spesifikasie
         1.2.1        Die pos-… omskryf die minimum vereistes van 'n vakante pos.
         1.2.2        'n Beloning wat aan aandeelhouers uit die winste van die besigheid
                      uitbetaal word, staan as … bekend.
         1.2.3        Beleggers wat geld aan 'n maatskappy leen, word … genoem.
         1.2.4        Die … teorie is gebaseer op die idee dat mense met voorkeure vir
                      sekere ingesteldhede en funksies gebore word.
          1.2.5       Om besigheidsinligting by te werk, is die verantwoordelikheid van
                      die …-funksie.                                             (5 x 2)            (10)
1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
                       KOLOM A                                   KOLOM B
         1.3.1       Wet op Verbruikers-       A     nuwe kandidate bring nuwe talente en
                     beskerming                      idees na die besigheid
         1.3.2       Leerderskap               B     verplig besighede om slegs op die
                                                     verhoging van winsgewendheid
         1.3.3       Drievoudige                     te fokus
                     sleutelaspekte
                                               C     'n vakante pos wat op die
         1.3.4       Eksterne werwing                kennisgewingbord en in die
         1.3.5       Nasionale Vaardigheids-         nuusbriewe van die besigheid
                     ontwikkelingstrategie           geadverteer word
                                               D     verbruikers kan klagtes by die
                                                     Nasionale Kredietreguleerder indien
                                               E     verkryging van vaardighede sonder
                                                     om 'n formele kwalifikasie te ontvang
                                               F     sluit aksieplanne in om te verseker dat
                                                     die vlak van naskoolse onderwys en
                                                     opleiding verbeter
                                               G     'n raamwerk wat as riglyn vir
                                                     verantwoordelike en volhoubare
                                                     sakepraktyke dien
                                               H     stipuleer dat besighede nie goedere
                                                     teen onregverdige pryse mag bemark
                                                     of verkoop nie
                                               I     'n raamwerk wat die vlakke van
                                                     beroepskwalifikasies klassifiseer
                                               J     sluit praktiese werkservaring as deel
                                                     van die opleiding in
                                                                                      (5 x 2)       (10)
                                                                   TOTAAL AFDELING A:               40
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              6                                   DBE/2018
                                             SSE

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy, ens.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1      Noem enige VIER kragte van Porter se Vyf Kragte-model.                                 (4)

2.2      Beskryf in hooftrekke die rol van SOOO's ('SETAs') in die ondersteuning van
         die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 of 1998).                            (10)

2.3      Identifiseer die pilaar van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
         Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) waaraan Mpho Ouditeure in
         ELK van die stellings hieronder voldoen het:

         2.3.1       Mpho Ouditeure gebruik Themba Shuttle se dienste om hulle
                     werknemers te vervoer.

         2.3.2       Hulle het skootrekenaars aan skole in landelike gebiede geskenk.

         2.3.3       'n Leerderskapprogram is aan al hulle werknemers gebied.

         2.3.4       Mpho Ouditeure het twee swart vrouens as hoofde van verskillende
                     departemente bevorder.

         2.3.5       Hulle het die Bakwena-gemeenskap genooi om aandele in hulle
                     maatskappy te koop.                                                        (10)

2.4      Onderskei tussen produkontwikkeling en markontwikkeling.                               (8)

2.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          MANGO GROOVE VERVAARDIGERS (MGV)

         Mango Groove Vervaardigers het 50 werkers aangestel om kantoormeubels
         te vervaardig. MGV het nie beskermende klere en toerusting aan hulle
         werknemers verskaf nie. Gert het sy arm permanent beseer terwyl hy met 'n
         masjien gewerk het. MGV het hom aangeraai om nie die besering aan te meld
         nie aangesien hulle nie die nodige voorkomingsmaatreëls, volgens die Wet,
         getref het nie.

         2.5.1       Noem die Wet wat MGV in die scenario hierbo oortree het.                   (2)

         2.5.2       Bespreek die negatiewe impak van die Wet, wat in VRAAG 2.5.1
                     geïdentifiseer is, op MGV.                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              7                                    DBE/2018
                                             SSE

2.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             SUPER ENERGIE HANDELAARS (SEH)

         Super Energie Handelaars produseer mieliemeel en sagte kitspap. Hulle koop
         hulle grondstowwe by Early Bird Mielieplaas wat soms nie voorraad het nie.
         SEH-werknemers is gereeld afwesig van die werk. Die plaaslike regering het
         die bestuur van SEH beveel om hulle produkte by die Suid-Afrikaanse Buro
         vir Standaarde te registreer.

         2.6.1       Noem die besigheidsektor waarin Super Energie Handelaars handel
                     dryf.                                                                      (1)

         2.6.2       Identifiseer DRIE uitdagings vir SEH se besigheid en klassifiseer
                     ELKE uitdaging volgens die besigheidsomgewing.

                     Gebruik die tabel hieronder om hierdie vraag te beantwoord.

                              UITDAGING                  BESIGHEIDSOMGEWING
                      (a)
                      (b)
                      (c)                                                                       (9)

2.7      Analiseer die impak van die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) op
         besighede.                                                                             (8)
                                                                                                [60]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       Noem enige VIER tipes voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds
          (WVF).                                                                                (4)

3.2       Identifiseer die tipe voorkeuraandeel wat deur ELK van die stellings hieronder
          voorgestel word.

          3.2.1      Aandeelhouers is daarop geregtig om in enige surpluswinste te deel.        (2)

          3.2.2      Aandeelhouers word vir vorige dividende vergoed wat nie uitbetaal
                     is nie omdat winste te laag was om dividende te verklaar.                  (2)

3.3       Noem DRIE ander soorte voorkeuraandele.                                               (6)

3.4       Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE).               (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              8                                 DBE/2018
                                             SSE

3.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  Z EN Q PROKUREURS (Z&Q)
          Zama en Quinton is gekwalifiseerde prokureurs wat 'n besigheid, met die
          naam Z en Q Prokureurs, begin het wat geen kontinuïteit het nie. Hulle wil
          hulle besigheid na 'n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid
          omskakel.

          3.5.1      Noem die ondernemingsvorm wat Zama en Quinton tans bedryf.
                     Ondersteun jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.        (3)

          3.5.2      Beskryf die suksesfaktore van die ondernemingsvorm wat in
                     VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is en dié van 'n maatskappy met
                     persoonlike aanspreeklikheid.

                     Gebruik die tabel en kriteria hieronder om hierdie vraag te
                     beantwoord.

                         KRITERIA         ONDERNEMINGS-        MAATSKAPPY MET
                                              VORM              PERSOONLIKE
                                          GEÏDENTIFISEER      AANSPREEKLIKHEID
                                              (3.5.1)
                      (a) Bestuur
                      (b) Belasting
                      (c) Verdeling van
                          winste                                                              (12)

3.6       Bespreek die transformasionele leierskapsteorie.                                    (6)

3.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    AYISHA SE AANBIEDING
          Ayisha het haar verkoopsyfers aan verskillende belanghebbendes gebied.
          Sy het aan die einde van haar aanbieding seker gemaak dat geen lid van die
          gehoor die besprekings oorheers nie. Sy het verskoning gevra vir 'n fout in
          haar aanbieding en het erkenning aan goeie vrae gegee.

          3.7.1      Haal DRIE maniere uit die scenario aan waarop Ayisha na haar
                     aanbieding op vrae gereageer het.                                        (3)

          3.7.2      Gee Ayisha raad oor ander maniere om na 'n aanbieding op vrae
                     te reageer.                                                              (8)

3.8       Bespreek die volgende faktore wat in ag geneem moet word wanneer
          beleggingsbesluite geneem word.

          3.8.1      Inflasie                                                                 (2)
          3.8.2      Beleggingstydperk                                                        (2)
          3.8.3      Opbrengs op belegging                                                    (2)
                                                                                              [60]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              9                                       DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1       Noem DRIE King-kode-beginsels van goeie korporatiewe bestuur.                             (3)

4.2       Noem DRIE oorsake van konflik in die werkplek.                                            (3)

4.3       Identifiseer die diversiteitskwessie wat Nedlim Bpk. in ELKE stelling hieronder
          aangepak het:

          4.3.1      Nedlim Bpk. bied 'n spyskaart         aan     wat   vir    verskillende
                     bevolkingsgroepe voorsiening maak.

          4.3.2      Die personeel bestaan uit jong en ou mense.

          4.3.3      Daar is spesiale geriewe vir fisies gestremde werknemers.

          4.3.4      Nedlim Bpk. het 'n tolk aangestel sodat alle werknemers kan
                     verstaan wat tydens vergaderings gesê word.                                    (8)

4.4       Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike             verantwoordelikheid       en
          korporatiewe maatskaplike investering.                                                    (4)

4.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           DROOMSPAN (DS)

          Droomspan is 'n groep gegradueerde rekenaarwetenskap-studente wat 'n
          navorsingsprojek wil onderneem. Hulle was tydens hulle eerste vergadering
          gemaklik met mekaar.

          4.5.1      Identifiseer die spanontwikkelingsfase wat op die scenario hierbo
                      van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan
                      te haal.                                                                      (3)

          4.5.2      Bespreek DRIE ander fases van spanontwikkeling.                                (9)

          4.5.3      Gee DS se spanleier raad oor die gevolge van gelykheid, respek en
                     waardigheid op besighede.                                                      (6)

4.6       Verduidelik die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.                  (8)

4.7       Beveel maniere aan waarop besighede tot die welstand van hulle
          werknemers kan bydra.                                                                     (8)

4.8       Stel TWEE strategieë voor wat besighede kan gebruik om die volgende
          onetiese kwessies te hanteer:

          4.8.1      Seksuele teistering                                                            (4)

          4.8.2      Prysbepaling in landelike gebiede                                              (4)
                                                                                                    [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              10                                    DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1       Noem SES aspekte wat by 'n induksieprogram ingesluit moet word.                         (6)

5.2       Beskryf in hooftrekke die keuringsprosedure as 'n aktiwiteit van die
          menslikehulpbron-funksie.                                                               (6)

5.3       Beskryf die rol van die aansoeker/applikant gedurende 'n onderhoud.                     (8)

5.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 EZWENI MEUBILEERDERS (EM)
          Ezweni Meubileerders het Themba en Thoko as verkoopsbestuurders
          aangestel. Hulle word albei betaal volgens die aantal eenhede verkoop. Hulle
          geniet ook byvoordele wat deur EM aangebied word.

          5.4.1      Identifiseer die metode wat deur EM gebruik word om Themba en
                     Thoko se salarisse te bepaal. Motiveer jou antwoord deur uit die
                     scenario aan te haal.                                                        (3)

          5.4.2      Evalueer die impak van byvoordele op besighede.                              (8)

5.5       Verduidelik die verskil tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur.                      (4)

5.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    NAIDOO SPESERYE (NS)
          Naidoo Speserye is 'n groot besigheid wat spesialiseer in die verkoop van
          verskillende soorte speserye. Die bestuur van NS versoek altyd hulle kopers
          om 'n vraelys oor die gehalte van hulle produkte en dienste in te vul.
          NS het hulle gehaltesirkels versoek om voorstelle te maak oor hoe om die
          gehalte van hulle produkte te verbeter. Werknemers word ook versoek om
          nuwe en innoverende idees te bring oor hoe om die behoeftes van die kliënte
          te bevredig.

          5.6.1      Haal DRIE stellings uit die scenario hierbo aan en koppel ELKEEN
                     aan 'n spesifieke element van totale gehaltebestuur (TGB).
                     Gebruik die tabel hieronder om hierdie vraag te beantwoord.

                       STELLING UIT DIE SCENARIO               TGB-ELEMENTE

                                                                                                  (9)

          5.6.2      Bespreek die belangrikheid van gehaltesirkels in TGB.                        (8)

5.7       Stel maniere voor waarop          besighede    die   gehalteprestasie    in   die
          aankoopfunksie kan verbeter.                                                            (8)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              11                                     DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

6.1       Identifiseer die tipe besigheidstrategie wat in ELK van die stellings hieronder
          geïllustreer word.

          6.1.1      Alex Klerevervaardigers het Klas Klerekleinhandelaars              vir
                     effektiwiteit en winsgewendheid oorgeneem.

          6.1.2      Moyeni Supermarkte in Potchefstroom het die pryse van hulle
                     produkte verlaag om verkope te verhoog.

          6.1.3      Eksklusiewe Boeke het hulle besigheid               uitgebrei    deur
                     skryfbehoeftes te verkoop om nuwe klante te lok.                            (6)

6.2       Bespreek die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van
          1995) op besighede.                                                                    (8)

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.3       Onderskei tussen beperkte en onbeperkte aanspreeklikheid.                              (4)

6.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         RETHABILE OPLEIDING EN LOGISTIEK (ROL)

          Rethabile Opleiding en Logistiek het hulle getal kliënte laat toeneem as
          gevolg van die gehalte van die dienste wat deur die besigheid gelewer word.
          ROL se bestuur het die bank aangesê om hulle belegging te bestuur in 'n
          diverse portefeulje wat deur 'n spesialis bestuur word.

          6.4.1      Identifiseer die tipe beleggingsopsie wat op die scenario hierbo van
                     toepassing is.                                                              (2)

          6.4.2      Bespreek die voordele van die tipe belegging wat in VRAAG 6.4.1
                     geïdentifiseer is.                                                          (6)

6.5       Identifiseer die tipe verpligte versekering wat op ELKE stelling hieronder van
          toepassing is.

          6.5.1      Nathalie het haar been gebreek toe haar motor teen 'n ander motor
                     gebots het en sy eis vergoeding.                                            (2)

          6.5.2      Piet het sy werk as gevolg van aflegging verloor en hy eis
                     vergoeding by die Departement van Arbeid.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              12                                 DBE/2018
                                             SSE

BESIGHEIDSROLLE

6.6       Noem enige VIER soorte probleemoplossingstegnieke.                                   (4)

6.7       Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                           (6)

6.8       Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
          effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word.                                   (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.9       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            NIVEN GEROOSTERDE HOENDER (NGH)

         Niven Geroosterde Hoender (NGH) het geroosterde hoender aan 'n
         verskeidenheid klante verkoop. NGH was bekend vir die hoë gehalte van hulle
         hoender en het 'n groot markaandeel gehad. Die bestuur van NGH het toe die
         implementering van sekere totale gehaltebestuur(TGB)-elemente afgeskeep.
         NGH het slegte publisiteit gekry as gevolg van die lae gehalte van sommige
         produkte. Hulle winste het ook gedaal wat daartoe gelei het dat beleggers
         hulle geld onttrek het.

         6.9.1       Haal TWEE gevolge van die swak implementering van TGB deur
                     NGH uit die scenario hierbo aan.                                          (2)

         6.9.2       Verduidelik die impak indien besighede TGB swak implementeer,
                     behalwe dit wat in VRAAG 6.9.1 genoem is.                                 (6)

         6.9.3       Gee NGH raad oor die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.         (6)
                                                                                               [60]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              180

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             13                                   DBE/2018
                                            SSE

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE bladsy, ens.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)

                             ZYL VERVAARDIGERS (ZV)

ZV spesialiseer in die vervaardiging van mansklere. Die besigheid sukkel om hulle
krediteure te betaal as gevolg van die hoë inflasiekoers. ZV moet die strategiese
bestuursproses uitvoer om die beste strategie te ontwikkel wat hulle sal help om die
uitdagings in die makro-omgewing te oorkom.

Skryf 'n opstel oor die strategiese bestuursproses. Sluit die volgende aspekte by jou
antwoord in:

•   Beskryf in hooftrekke TWEE aspekte wat gedurende die aanvanklike fases van die
    strategiese bestuursproses in ag geneem moet word.
•   Verduidelik hoe ZV die PESTWO-model kan toepas om die uitdagings in die
    makro-omgewing te hanteer.
•   Beskryf DRIE soorte verdedigingstrategieë wat besighede kan gebruik om
    uitdagings in die besigheidsomgewing te hanteer.
•   Gee ZV raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer hulle strategieë
    evalueer.                                                                                   [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Bestuurders en leiers het besef dat hulle beide bestuurs- en leierskapsvaardighede vir
suksesvolle besigheidsgeleenthede nodig het. Hulle stem ook saam dat persoonlike
ingesteldheid 'n belangrike rol in die bevordering van goeie spangees speel.

Met verwysing na die stelling hierbo, skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

•   Gee DRIE verskille tussen leierskap en bestuur.
•   Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap.
•   Analiseer die impak van demokratiese en laissez-faire/vrye teuels-leierskapstyle op
    besighede.
•   Beveel situasies aan waar die bogenoemde leierskapstyle in die werkplek
    toegepas kan word.                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            14                                    DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 9:      BESIGHEIDSROLLE        (EKONOMIESE       REGTE      EN   OMGEWINGS-
              KWESSIES)

Besighede moet verseker dat die ekonomiese regte van werknemers ten alle tye
nagekom en gerespekteer word. Werknemers het egter ook 'n verantwoordelikheid
om, met die ondersteuning van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers, die
werksomgewing te beskerm.

As 'n spesialis in ekonomiese-regte- en omgewingskwessies, gee aandag aan die
volgende aspekte in jou opstel:

•   Beskryf in hooftrekke die ekonomiese regte van werknemers in die werkplek.
•   Verduidelik die verantwoordelikhede van werkgewers en werknemers in die
    beskerming van die werksomgewing.
•   Bespreek die rolle van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers om die
    werksomgewing te beskerm.
•   Stel maniere voor waarop besighede die omgewing en menslike gesondheid in die
    werkplek kan beskerm.                                                                    [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

                        TOMMY FINANSIËLE DIENSTE (TFD)

Tommy Finansiële Dienste spesialiseer in rekeningkundige en belastingdienste en is
op soek na 'n ervare rekenmeester in die besigheid. Daar sal van die nuwe werknemer
verwag word om 'n indiensnemingskontrak te teken en om geplaas te word waar hy/sy
doeltreffend sal funksioneer. Die nuwe werknemer sal ook indiensopleiding moet
ondergaan.

Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

•   Bespreek die impak van interne werwing op besighede.
•   Verduidelik die regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak aan TFD.
•   Gee TFD raad oor die korrekte plasingsprosedure.
•   Brei uit oor die implikasies van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998
    (Wet 97 van 1998) vir die menslikehulpbron-funksie.                                      [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             80
                                                                  GROOTTOTAAL:               300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-eng/7f6264ec-8f70-4a8f-977a-0b918dcb6b04) — Business Studies · QP · 2018 · Eng
- [Business Studies May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-memo-afr/2fab4f7a-be20-43f3-88e0-743da003323d) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Business Studies May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2018-memo-eng/39a81640-6fb6-439a-8a91-43244a231815) — Business Studies · Memo · 2018 · Eng
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2018-afr-d/163b0f8b-86a9-42fa-99f5-eb8039a4aa3b) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [Gr 12 Business Studies P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-english-june-2024-question-paper/49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Business Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2023-eng/9c6b7c03-092f-4346-9872-9b1f344ea678) — Business Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
