# Business Studies Grade 12 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2012-afr/d98490ee-7653-4d92-a238-69ecdabbedf4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2012-afr/d98490ee-7653-4d92-a238-69ecdabbedf4)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               BESIGHEIDSTUDIES

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             2                            DBE/November 2012
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die leeruitkomste.

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Bestaan uit DRIE VERPLIGTE vrae
          AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae
                           Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie
                           afdeling.

2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
          van wat verlang word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
          wees.

5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
          van 'n antwoord te bepaal.

6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
          elke vraag beantwoord word.

                  AFDELING                  VRAAG            PUNTE            TYD
          A:   Objektiewe tipe vrae
               VERPLIGTEND                        1             40           30 min.

          B: DRIE direkte/indirekte               2             60           30 min.
             tipe vrae                            3             60           30 min.
             VERPLIGTEND                          4             60           30 min.

          C: VIER opsteltipe vrae                 5             40           30 min.
             KEUSE (Beantwoord                    6             40           30 min.
             enige TWEE.)                         7             40           30 min.
                                                  8             40           30 min.

                     TOTAAL                                    300          180 min.

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               3                               DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

          1.1.1       Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van horisontale
                      integrasie?

                      A   Barberton Slagpale koop 'n aantal boekwinkels.
                      B   Nalini Motorvervaardigers koop Tina se Skoenfabriek.
                      C   Dunlop, 'n maatskappy wat motorbande vervaardig, koop 'n
                          motorbandmonteer-onderneming.
                      D   'n Groot boekhandelaar, Glen Boekwinkels, koop 'n aantal
                          klein, onafhanklike boekwinkels.

          1.1.2       Volgens Michael Porter se model, watter EEN van die volgende
                      kragte is verantwoordelik vir mededinging in 'n spesifieke bedryf?

                      A   Onstabiliteit en verandering in die omgewing
                      B   Die invloed van makro-omgewingsveranderlikes
                      C   Die onderhandelingsmag van verskaffers en verbruikers
                      D   Kompleksiteit en 'n onvoorspelbare omgewing

          1.1.3      'n ... is 'n sirkelvormige voorstelling waar die inligting in verskillende
                     segmente ingedeel word en waar elke segment 'n gedeelte van
                     100% voorstel.

                      A   Lyngrafiek
                      B   Histogram
                      C   Sirkelgrafiek
                      D   Staafgrafiek

          1.1.4       Blue and Berry's Selfoonherstelwinkel is 'n ... en het dus
                      onbeperkte aanspreeklikheid.

                      A   vennootskap
                      B   publieke maatskappy
                      C   beslote korporasie
                      D   privaat maatskappy

          1.1.5      Wanneer 'n senior bestuurder 'n junior bestuurder 'onder sy/haar
                     toesig' oplei, staan dit as ... bekend.

                      A   werwing
                      B   plasing
                      C   evaluering
                      D   mentorskap

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              4                           DBE/November 2012
                                             NSS

          1.1.6       Wanneer die werklike prestasie van 'n bestuurder met sy/haar
                      verwagte prestasie vergelyk word om sy/haar salaris te verhoog,
                      staan die proses as ... bekend.

                      A   menslikehulpbron-beplanning
                      B   werwing
                      C   prestasiebeoordeling
                      D   plasing

          1.1.7       Watter EEN van die volgende           is   gedokumenteer in      die
                      verslag van die King III-kode?

                      A   Vennote in 'n vennootskap
                      B   Lede van 'n beslote korporasie
                      C   Die eienaar van 'n eenmansaak
                      D   Die raad van direkteure van 'n maatskappy

          1.1.8      Die proses om iets nuuts te skep wat waardevol en bruikbaar is,
                     word ... genoem.

                      A   konflikbestuur
                      B   kreatiewe denke
                      C   arbeidsverhoudinge
                      D   stresbestuur

          1.1.9       Om vakante poste in 'n sakeonderneming met bestaande
                      werknemers te vul, staan as ... bekend.

                      A   reklame
                      B   interne werwing
                      C   eksterne werwing
                      D   posspesifikasie

          1.1.10      Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het besluit om na
                      laekostemotorhuur uit te brei. Die SAL beplan om hierdie nuwe
                      produkaanbieding binne die volgende vyf jaar bekend te stel. Dit is
                      'n voorbeeld van 'n ... doelwit.

                      A   strategiese
                      B   bedryfs-
                      C   funksionele
                      D   taktiese                                               (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             5                              DBE/November 2012
                                            NSS

1.2       Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
          slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       (Mark/Produk)-ontwikkeling vind plaas wanneer 'n sake-
                      onderneming nuwe produkte in bestaande markte bekendstel.

          1.2.2       Die koers waarteen die Reserwebank geld aan kommersiële banke
                      leen, staan as die (prima/repo-) koers bekend.

          1.2.3       'n (Dinkskrum/Leë stoel) is 'n kreatiewe probleemoplossingstegniek
                      waar verskillende mense oor een probleem dink en idees voorstel
                      wat tot 'n oplossing kan lei.

          1.2.4       Die (bemarkings/openbarebetrekkinge)-funksie skep 'n gunstige
                      beeld van die besigheid.

          1.2.5       Pos-(beskrywing/spesifikasie) gee 'n oorsig van die pligte en
                      verantwoordelikhede van 'n werknemer.                   (5 x 2)             (10)

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.

                   KOLOM A                                   KOLOM B
          1.3.1 Stakings                    A     Suid-Afrika se inflasiekoers is stabiel
                                                  op 4,6%
          1.3.2 Johannesburgse
                Sekuriteitebeurs            B     meer organisasies soek alternatiewe
                                                  energiebronne soos sonkrag
          1.3.3 Fisiese omgewing
                                            C     werkers werk teen 'n stadiger pas as
          1.3.4 Verbale mishandeling              gewoonlik sodat hulle doelbewus nie
                                                  die produksiekwota haal nie
          1.3.5 Entrepreneur
                                            D     opmerkings wat ongemak of aanstoot
                                                  in die werkplek veroorsaak

                                            E     dien as 'n skakel tussen beleggers en
                                                  entrepreneurs

                                            F     georganiseerde wegblyaksie van die
                                                  werk af deur werkers waardeur hulle
                                                  bereid is om hul inkomste prys te gee

                                            G     neem berekende risiko's
                                                                                    (5 x 2)        (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            6                            DBE/November 2012
                                           NSS

AFDELING B (VERPLIGTEND)

VRAAG 2

2.1       Beskryf VYF maniere waarop 'n aanbieder terugvoer moet hanteer en op vrae
          moet antwoord ná 'n aanbieding.                                                       (10)

2.2       Noem VYF funksies (rol) van die                 Sektorale    Onderwys-       en
          Opleidingsowerhede (SOOO's) ('SETAs').                                                (10)

2.3       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       SLIM SKEPPINGS KLEREVERVAARDIGER (SSK)

          Slim Skeppings Klerevervaardiger is in 'n landelike gebied geleë. Hulle
          vervaardig 'n reeks klere wat gemik is op 'n teikenmark in die 18 tot 28 jaar-
          ouderdomsgroep wat 'n inkomste van meer as R130 000 per jaar verdien. Die
          bestuur het onlangs opgemerk dat verkope afneem en dat hul klante, die
          groot klerehandelaars, klere van China af kan invoer teen 'n baie goedkoper
          prys.

          Slim Skeppings Klerevervaardiger moes personeel uit diens stel (aflê) om met
          die besigheid te kan voortgaan. Werknemers was ongelukkig met die bestuur
          omdat hulle nie die korrekte prosedure gevolg het nie.

          Sommige van die masjinerie by Slim Skeppings is verouderd. Die nuwe
          gerekenariseerde masjinerie uit Japan is te duur, omdat die wisselkoers
          ongunstig is.

          2.3.1       Identifiseer die sektor waarin Slim Skeppings Klerevervaardiger
                      (SSK) bedryf word.                                                        (2)

          2.3.2       SSK Vervaardiger wil evalueer of die strategieë wat hulle
                      geïmplementeer het, suksesvol was. Beskryf DRIE stappe wat Slim
                      Skeppings Klerevervaardiger sal volg wanneer hulle hierdie
                      strategieë evalueer.                                                      (6)
          2.3.3       Gebruik die PESTWO-model om die uitdagings vir Slim Skeppings
                      Klerevervaardiger te identifiseer. Stel 'n strategie voor wat
                      geïmplementeer kan word om elke uitdaging te oorkom.

                      VRAAG 2.3.3 moet volgens die opskrifte in die tabel hieronder
                      beantwoord word.

                          PESTWO-            UITDAGING          STRATEGIE OM
                          FAKTOR                                DIE UITDAGING
                                                                 TE OORKOM
                       Ekonomies
                       Sosiaal
                                                                                                (12)
                       Wetgewing

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              7                            DBE/November 2012
                                             NSS

2.4       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Siyethemba Mvuyane het in 2011 'n huis teen 'n markwaarde van
          R400 000 gekoop. As gevolg van finansiële druk het hy besluit om dit vir
          R300 000 te verseker. Verlede maand is sy huis tydens 'n gemeenskaps-
          betoging in 'n brand beskadig en die skade het R100 000 beloop.

          2.4.1       Die versekeringsmaatskappy het besluit om Siyethemba te
                      vergoed vir die skade wat hy gely het. Bereken die
                      skadevergoeding wat Siyethemba uit hierdie eis sal ontvang.
                      Motiveer waarom hy hierdie bedrag sal ontvang.                             (6)

          2.4.2       Verduidelik aan Siyethemba die beginsel van herinbesitstelling
                      asook waarom dit NIE op sy versekeringseis van toepassing is
                      NIE.                                                                       (4)

2.5       Beantwoord die volgende vrae oor die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998
          (Wet 55 van 1998).

          2.5.1       Noem die hoofdoel van die Wet op Gelyke Indiensneming.                     (2)

          2.5.2       Evalueer die impak van hierdie Wet op sakeondernemings.                    (4)

          2.5.3       Stel TWEE maniere voor waarop die regering tot die suksesvolle
                      implementering van hierdie Wet kan bydra.                                  (4)
                                                                                                 [60]

VRAAG 3

3.1       Noem kortliks die stappe wat 'n werknemer moet volg wanneer hy/sy
          onregverdig deur sy/haar werkgewer afgedank is.                                        (10)

3.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Pieter Williams is 'n bestuurder by ABC Verskaffers. Hy raadpleeg nie sy
          werknemers nie, maar verwag van hulle om opdragte korrek uit te voer. Hy
          neem sy eie besluite wat beïnvloed word deur die reëls en regulasies van die
          besigheid.

          3.2.1      Noem die leierskapstyl wat in die scenario hierbo geïllustreer word.        (2)

          3.2.2       Identifiseer enige DRIE situasies waar die leierskapstyl in VRAAG
                      3.2.1 suksesvol is.                                                        (6)

          3.2.3       Regverdig waarom leiers verskillende bestuurstyle moet gebruik
                      wanneer verskillende uitdagings aangepak word.                             (4)

3.3       Tabuleer TWEE verskille tussen 'n bestuurder en 'n leier.                              (8)

3.4       Onderskei tussen mediasie en arbitrasie.                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              8                          DBE/November 2012
                                             NSS

3.5       Verduidelik kortliks VYF funksies van vakbonde.                                      (10)

3.6       Ondersoek die impak van gehalte op klein en groot ondernemings.                      (10)

3.7       Evalueer die implikasies van die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van
          2005) (NCA) vir besighede.                                                           (6)
                                                                                               [60]

VRAAG 4

4.1       Noem DRIE funksies van werkplekforums.                                               (6)

4.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        AFRIKA-FINANSIERINGSKORPORASIE BEPERK

          Die Afrika-finansieringskorporasie Beperk (AFK Bpk.) het 'n mandaat om
          ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. Hulle primêre fokus is om die
          deelname van swart persone in alle sektore van die ekonomie te verhoog, om
          'n positiewe impak op werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en opleiding te
          hê, asook om voorkeurverkryging aan te moedig. Om dit te kan doen, is AFK
          Bpk. by 'n aantal aktiwiteite in verskillende provinsies betrokke.

          4.2.1       Voorkeurverkryging (-aankope) is een van die pilare in BBSEB.
                      Noem DRIE ander pilare.                                                  (6)

          4.2.2       Verduidelik wat voorkeurverkryging beteken soos in die artikel
                      genoem.                                                                  (4)

          4.2.3       Hoe bevorder AFK Bpk. BBSEB-ontwikkeling in Suid-Afrika?
                      Motiveer jou antwoord.                                                   (4)

4.3       Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) onder die volgende
          opskrifte:

          4.3.1       Die doel van die WVF                                                     (4)

          4.3.2       Hoe bydraes tot hierdie fonds gemaak word                                (4)

4.4       Bespreek hoe die volgende faktore 'n uitwerking op die sukses en/of
          mislukking van 'n maatskappy sal hê:

          4.4.1       Kapitaal                                                                 (4)

          4.4.2       Belasting                                                                (4)

          4.4.3       Wetgewing                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            9                           DBE/November 2012
                                           NSS

4.5       Een van jou werknemers, wat goed gekwalifiseer en ervare is, het 'n
          drankprobleem. Beskryf die maatreëls wat jy as bestuurder sal tref om die
          welstand van die werknemer te verseker.                                              (8)

4.6       Ontleed VIER tipes konflik wat in die werkplek kan voorkom.                          (12)
                                                                                               [60]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               180

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.

LET WEL:      Skryf slegs die VRAAGNOMMER neer. Die antwoord op ELKE vraag
              moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 5 op 'n nuwe
              bladsy, VRAAG 6 op 'n nuwe bladsy, ensovoorts.

VRAAG 5

Suid-Afrika het baie maatskaplike probleme of sosio-ekonomiese kwessies wat sy
burgers raak. Baie besighede help om hierdie probleme op te los deur hul tyd, geld en
vaardighede in maatskaplike programme te belê.

Evalueer die aard, doel en implementering van korporatiewe sosiale investering (KSI).
Ondersoek die impak wat dit op Suid-Afrikaanse besighede en hul gemeenskappe het.              [40]

VRAAG 6

James en Nontokozo bedryf 'n suksesvolle vennootskap in Empangeni wat as
JN Vennote bekend staan. Hulle wil hul rykdom en kapitaal verhoog deur 'n gedeelte
van die besigheid se inkomste wat hulle oor die afgelope vyf jaar verdien het, te belê.

As 'n finansiële raadgewer vir JN Vennote, evalueer die verskillende faktore wat in
aanmerking geneem moet word wanneer ingeligte beleggingsbesluite geneem word.
Verduidelik ook VYF tipes formele beleggingsgeleenthede en brei uit oor die
risikofaktore van elk.                                                                         [40]

VRAAG 7

Party van Shoprite se grootste verskaffers van voedsel- en drankprodukte sluit Pioneer
Foods, Tiger Brands en Premier Foods in. Hierdie verskaffers is dikwels in die nuus
oor prysknoeiery en die uitbuiting van verbruikers.

Met verwysing na die stelling hierbo, verduidelik die term etiek en gee redes waarom
prysknoeiery oneties is. Evalueer ook belasting, die ongemagtigde gebruik van fondse
en die misbruik van werkstyd as kwessies wat uitdagings bied vir etiese gedrag in
besighede, en maak aanbevelings vir die verbetering van elke kwessie.                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                         10                        DBE/November 2012
                                        NSS

VRAAG 8

Zander Fourie is as finansiële bestuurder aangestel. Jy is die menslikehulpbron-
bestuurder. Bespreek Zander se induksieproses en ontleed die hoofbepalings in die
Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) wat op Zander se
aanstelling van toepassing sal wees.                                                   [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:           80
                                                              GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2012-eng/d577602b-646e-40d3-b066-836655344fb7) — Business Studies · QP · 2012 · Eng
- [Business Economics (HG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-economics-hg-english-june-2012-qp/a3767998-dce8-4af7-bc09-fb67981672df) — Business Studies · QP · 2012 · Eng
- [Business Economics (SG) (English) June 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-economics-sg-english-june-2012-qp/ba52fc47-125f-4ad1-993b-e4f665c071cc) — Business Studies · QP · 2012 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/b53659cd-8899-46bf-a192-68cb4bcfe097) — Business Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
