# Business Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2013-afr/868247ee-d1f5-435a-bf41-750cd455ab4d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2013-afr/868247ee-d1f5-435a-bf41-750cd455ab4d)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               BESIGHEIDSTUDIES

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             2                            DBE/November 2013
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die leeruitkomste.

          AFDELING A:     VERPLIGTEND
          AFDELING B:     Bestaan uit DRIE VERPLIGTE vrae.
          AFDELING C:     Bestaan uit VIER vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie
                          afdeling.

2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
          van wat vereis word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
          wees.

5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
          van 'n antwoord te bepaal.

6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
          elke vraag beantwoord word.

                   AFDELING                 VRAAG            PUNTE               TYD
          A:   Objektiewe tipe vrae
               VERPLIGTEND                      1               40           30 minute

          B: DRIE direkte/indirekte             2               60           30 minute
             tipe vrae                          3               60           30 minute
             VERPLIGTEND                        4               60           30 minute

          C: VIER opsteltipe vrae               5               40            30 minute
             KEUSE (Beantwoord                  6               40            30 minute
             enige TWEE.)                       7               40            30 minute
                                                8               40            30 minute
                     TOTAAL                                    300           180 minute

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              3                            DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

          1.1.1       'n Aanbevole manier om 'n kandidaat se inligting te bevestig
                      voordat 'n onderhoud plaasvind:

                      A   Nagaan van verwysings (Referentekontrole)
                      B   Psigometriese toets
                      C   Indiensnemingskontrak
                      D   Induksie/Oriëntering

          1.1.2      Watter EEN van die volgende besighede kan onder die tersiêre
                     sektor geklassifiseer word?

                     A    Sishen Ysterertsmyn
                     B    Spier Wynplaas
                     C    SA Meubelvervaardigers
                     D    Eerste Nasionale Bank

          1.1.3      'n Versekeringskontrak sal slegs tot stand kom, indien daar ...

                     A    sekuriteitstelling is.
                     B    'n versekerbare belang is in die voorwerp wat verseker word.
                     C    verspreiding van risiko is.
                     D    'n bybetaling gemaak word.

          1.1.4      Die proses waartydens nuwe werknemers se vaardighede gepas
                     word by die poste waarin hulle aangestel gaan word:

                     A    Induksie/Oriëntering
                     B    Werwing
                     C    Plasing
                     D    Seleksie

          1.1.5      Vodacom het aangedui dat hulle slegs selfoonbatterye met 'n
                     loodinhoud wat aan die telekommunikasiestandaarde en die
                     vereistes van Green Peace voldoen, sal verkoop. Vodacom
                     demonstreer 'n bereidwilligheid om ...

                     A    internasionale menseregte na te kom.
                     B    'n nywerheidsgebruikskode te ignoreer.
                     C    tot inklusiwiteit by te dra.
                     D    omgewingsvriendelike produkte te bemark.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               4                        DBE/November 2013
                                              NSS

          1.1.6      Dit verseker dat aangewese groepe gelyke geleenthede in die
                     werkplek het:

                     A    Regstellende aksie
                     B    Vaardigheidsontwikkeling
                     C    Swart Ekonomiese Bemagtiging
                     D    SOOO's (SETAs)

          1.1.7       Watter EEN van die volgende kan as 'n onetiese besigheidspraktyk
                      beskou word?

                     A    Indiensneming van ongeskoolde werkers
                     B    Die verkoop van substituutprodukte om kompetisie te vermy
                     C    Advertering van tweedehandse produkte as nuwe produkte
                     D    Verhoging van die prys wanneer die produk nie altyd
                          beskikbaar is nie

          1.1.8       'n Besigheid kan totale beheer oor ... hê.

                     A    tegnologie
                     B    klante
                     C    inflasie
                     D    die visie

          1.1.9       Jet Skoene Bpk. het 'n groter kans op sukses as Pat Skoenwinkel
                      omdat ...

                     A    Pat Skoenwinkel vinnige besluite kan neem.
                     B    Jet Skoene Bpk. aandele kan uitreik om meer kapitaal te
                          bekom.
                     C    Pat Skoenwinkel bankoortrekkingfasiliteite in moeilike
                          finansiële tye gebruik.
                     D    Jet Skoene Bpk. die toestemming van al die aandeelhouers
                          nodig het om nuwe geboue aan te koop.

          1.1.10     Die doel van hierdie Wet is om te verseker dat werknemers in 'n
                     geskikter en minder gevaarlike omgewing werk:

                     A    Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
                     B    Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)
                     C    Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993
                          (Wet 130 van 1993)
                     D    Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
                          1993)                                               (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             5                            DBE/November 2013
                                            NSS

1.2       Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
          die    woord(e)    langs    die    vraagnommer      (1.2.1–1.2.5)  in    die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       (Versekering/Assuransie) dek die verlies as gevolg van 'n
                      gebeurtenis wat definitief gaan plaasvind.

          1.2.2       (Opvolgingsbeplanning/Aftreebeplanning) identifiseer en lei werk-
                      nemers vir toekomstige leierskapposisies op.

          1.2.3       'n Verhoging in die brandstofprys is 'n voorbeeld van 'n
                      (makro/mark)-omgewingsuitdaging vir 'n besigheid.

          1.2.4       'n (Professionele gedragskode/Onetiese gedragskode)           bevat
                      kodes vir verwagte gedrag in spesifieke beroepe.

          1.2.5       (Kollektiewe bedinging/Protes aanteken) verwys na onder-
                      handelinge tussen bestuur en werknemerverteenwoordigers.
                                                                               (5 x 2)         (10)

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
          1.3.1 Volhoubaarheid                 A     meet besighede se voldoening aan
                                                     BBSEB
          1.3.2 Werkplekforum
                                               B     verskille in opinies, waardes en
          1.3.3 Konflik                              houdings

          1.3.4 Balanstelkaart                 C     gestig in enige besigheid met meer
                                                     as 100 werknemers
          1.3.5 Roofkopiëring
                                               D     verseker dat party werknemers
                                                     gelyke geleenthede in die werkplek
                                                     gebied word

                                               E     ongemagtigde kopiëring

                                               F     vermoë van 'n besigheid om voort
                                                     te bestaan selfs in tye van
                                                     ekonomiese teenspoed

                                               G     bestuursinstrument wat 'n
                                                     besigheid se werkverrigting meet
                                                                                 (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             6                           DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING B (VERPLIGTEND)

VRAAG 2

2.1       Noem VIER van die kragte/magte wat Michael Porter (Vyf Kragte/Magte)
          gebruik het om die markomgewing te ontleed.                                         (8)

2.2       Maak 'n lys van VIER fokusareas vir korporatiewe maatskaplike investering
          (KMI).                                                                              (8)

2.3       Noem TWEE metodes wat besighede kan toepas om werknemers se
          stresvlakke te verminder.                                                           (4)

2.4       Identifiseer 'n spesifieke besigheidstrategie in elk van die scenario's
          hieronder:

          2.4.1       Die Virgin Group-maatskappye besit, onder meer, Virgin Records
                      (musiekbedryf), Virgin Atlantic (lugdiensbedryf) en Virgin Active
                      (ontspanningsbedryf).

          2.4.2       Foster D het sy besigheid in Saoedi-Arabië begin en die Suid-
                      Afrikaanse selfoonmark betree.

          2.4.3       Toyota SA ('n motorvervaardigingsbesigheid) het eienaarskap van
                      Raylite-motorbatterye bekom.

          2.4.4       Grace Bpk. het al sy bates verkoop in 'n poging om krediteure
                      te betaal.

          2.4.5       Sizwe Klerewinkels het Easy Klerewinkels oorgeneem.                     (10)

2.5       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      THANDI SE BOETIEK

          Thandi is die eienaar van Thandi se Boetiek wat in Durban geleë is. Sy
          verkoop bekostigbare pakke vir mans en dames, asook ingevoerde skoene
          en ontwerpersbaadjies. Sy het 'n graad in besigheidsbestuur en haar
          verkoopsbestuurder het 'n diploma in bemarking. Die vraag na haar produkte
          het in so 'n mate toegeneem dat sy nuwe takke in Kaapstad en Johannesburg
          oopgemaak het.

          BS Boetiek wat ontwerpersklere in Durban en Johannesburg verkoop het, het
          beide hulle takke gesluit.

          Die munisipaliteite in twee van die stede het handelsure met een uur verkort
          en hulle tariefheffings verhoog. Gereelde brandstofprysverhogings het
          vervoerkoste tussen takke laat styg. Die algehele impak is dat die boetiek se
          winste gedaal het.

          Thandi het Sam, 'n nuwe kassier met geen ondervinding nie, in diens
          geneem. Sam behandel die klante op 'n onprofessionele wyse.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              7                             DBE/November 2013
                                             NSS

          2.5.1       Stel 'n SSGB-('SWOT'-)analise vir Thandi se Boetiek saam.                  (16)

          2.5.2       Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)
                      maak voorsiening dat Sam se vaardighede verbeter kan word.
                      Verduidelik uitdagings wat Thandi kan ervaar met die
                      implementering van hierdie Wet.                                            (6)

2.6       Regverdig enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer
          'n loopbaan gekies word.                                                               (8)
                                                                                                 [60]

VRAAG 3

3.1       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       WOOLWORTHS

          Max Sonnenburg, sy seun Richard en Fred Kossuth het Woolworths in 1931
          in Kaapstad begin toe die ekonomie nie gunstig vir die vestiging van 'n nuwe
          besigheid was nie. Hulle visie, passie en vasberadenheid het die publiek se
          verbeelding aangegryp met 'n winkelbeleid wat Woolworths ver voor hulle
          mededingers geplaas het.

          'n Paar jaar later het hulle nog drie winkels oopgemaak en is op die
          Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSB/JEB) genoteer.
                                                        [Bron: www.woolworthsholdings.co.za]

          3.1.1       Uit die gevallestudie hierbo, identifiseer DRIE eienskappe van
                      'n suksesvolle entrepreneur.                                               (6)

          3.1.2       Wat word bedoel met is op die JSB/JEB genoteer?                            (2)

          3.1.3       Beskryf VIER funksies van die JSB/JEB.                                     (8)

3.2       Bespreek enige VIER menseregtekwessies wat besighede in die werkplek
          moet bevorder.                                                                         (12)

3.3       Anele het R5 000 belê vir 3 jaar, teen 10% rente per jaar, jaarliks saamgestel,
          by Kapitaal Bank. (Toon ALLE bewerkinge.)

          3.3.1       Bereken die bedrag wat Anele na drie jaar sal ontvang.                     (6)

          3.3.2       Bereken die rentebedrag wat Anele sal verdien.                             (4)

          3.3.3       Stel TWEE ander tipes beleggings voor wat Anele kon gebruik het.           (4)

3.4       Bespreek enige VIER maniere waarop besighede professionele,
          verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke behoort te bedryf.           (12)

3.5       Dink jy dat persoonlike ingesteldheid/houding belangrik is vir 'n leier se
          sukses in 'n besigheid? Motiveer jou antwoord.                                         (6)
                                                                                                 [60]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               8                           DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 4

4.1       Fabriekswerkers by Shiny Tekstiel Bpk. het vir twee weke onwettig gestaak
          en op hoër salarisse en beter werksomstandighede aangedring.

          4.1.1       Onderskei tussen 'n beskermde en 'n onbeskermde staking.                  (4)

          4.1.2       Bespreek die stappe in die grieweprosedure wat die werkers moes
                      gevolg het.                                                               (10)

4.2       Werknemers kan met hulle werkgewers reël dat aftrekkings van hulle
          salarisse gemaak word.

          4.2.1       Gee TWEE voorbeelde van vrywillige aftrekkings.                           (4)

          4.2.2       Definieer die konsep verpligte aftrekking en gee EEN voorbeeld.           (4)

          4.2.3       Dink jy 'n besigheid is verplig om byvoordele aan hulle werknemers
                      te bied? Motiveer jou antwoord.                                           (8)

4.3       Lees die indiensnemingskontrak hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   INDIENSNEMINGSKONTRAK

          Naam van Werknemer: Tshepo Mabe
          Geslag: Manlik                                              Ouderdom: 30 jaar

          BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN DIE KONTRAK

          •        Jaarlikse verlof is op die werknemer se werksverrigting gebaseer.
          •        Werksure: Volgens die bedryfsure van die besigheid.

          4.3.1       Identifiseer enige VYF aspekte wat in 'n indiensnemingskontrak
                      ingesluit behoort te word.                                                (10)

          4.3.2       Evalueer die bepalings en voorwaardes van die kontrak wat in die
                      scenario hierbo genoem word, krities. Maak aanbevelings wat
                      ooreenkom met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
                      (Wet 75 van 1997).                                                        (10)

4.4       Bespreek seksuele teistering as 'n onetiese besigheidsuitdaging en stel
          maniere voor waarop besighede dit moet hanteer.                                       (10)
                                                                                                [60]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             180

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            9                           DBE/November 2013
                                           NSS

AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
LET WEL:      Skryf slegs die VRAAGNOMMER neer. Die antwoord op ELKE VRAAG
              moet op 'n NUWE BLADSY begin, byvoorbeeld VRAAG 5 op 'n NUWE
              bladsy, VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 5

Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) is
uitgevaardig om Suid-Afrikaanse besighede te verander om deelname van voorheen
benadeelde mense aan die ekonomie in te sluit.

Ontleed die impak van enige VYF pilare van BBSEB op besighede krities en lewer
kommentaar op die rol van die regering om hierdie Wet te bevorder.                           [40]
VRAAG 6

John moet binne twee dae sy besigheidsplan voorberei en vir 'n groep
belanghebbendes en potensiële beleggers aanbied.

Gee John raad oor sy aanbieding van die besigheidsplan sodat dit van hoë gehalte en
uiters suksesvol in die bereiking van die doelwitte is.
Jy moet die volgende aspekte in jou antwoord insluit:
•      Hoe moet John vir die aanbieding voorberei?
•      Evalueer enige VIER metodes wat hy kan gebruik om die inligting aan te bied.
•      Stel maniere voor om terugvoer op 'n professionele wyse te hanteer.
•      Beveel moontlike fokuspunte aan wat die gehalte van John se aanbieding sal
       verbeter.                                                                             [40]
VRAAG 7

Jorden Klerevervaardigers (JKV) ondervind lae produktiwiteit. Om mededingend te
wees moet hulle hierdie probleem proaktief en kreatief oplos voordat dit 'n negatiewe
impak op hulle winsgewendheid het.

As 'n konsultant van Jorden Klerevervaardigers glo jy vas dat die uitdagings wat JKV in
die gesig staar, oorkom kan word. Regverdig hoe dit gedoen kan word in 'n goed
gebalanseerde verslag.
Sluit die volgende aspekte in om jou antwoord te ondersteun:
•      Verduidelik die rol van kreatiewe denke in die oplos van komplekse
       besigheidsprobleme.
•      Noem stappe wat JKV-bestuur kan doen om die uitdagings hierbo aan te pak.
•      Evalueer die Delphi- en dinkskrumtegnieke wat Jorden Klerevervaardigers kan
       gebruik om hulle probleme op te los.
•      Identifiseer moontlike hindernisse wat kan voorkom dat JKV hierdie probleme
       oplos.                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            10                          DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 8

Zama (Edms.) Bpk. is 'n besigheid wat vyf jaar gelede gestig is. Die besigheid presteer
nie goed op die volgende terreine nie:

•      Die teikenmark is nie bereik nie.
•      Dit is nie in staat om skuld te bestuur nie.
•      Dit slaag nie daarin om vaardige werknemers te lok en te behou nie.
•      Die beeld van die onderneming word nie bemark nie.
•      Verouderde rekordhouding word nog steeds gebruik.

Beveel DRIE maniere aan waarop Zama (Edms.) Bpk. die gehalte van prestasie van
elk van die uitdagings wat in die scenario hierbo voorkom, kan verbeter. Bespreek ook
hoe die gehalte van prestasie van die algemene bestuurfunksie die sukses van die
besigheid sal verseker.                                                                     [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            80
                                                                  GROOTTOTAAL:              300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Economics SG 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-economics-sg-2013-qp/68e1cc1d-a845-4f6e-9a66-69d18b886c05) — Business Studies · QP · 2013
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/b53659cd-8899-46bf-a192-68cb4bcfe097) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [Business Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-eng-2/10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [Business Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2017-eng/2c04338c-5fa0-40b9-a589-8ad8769bd67e) — Business Studies · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
