# Business Studies Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2016-afr/da3a4006-da6b-4c7d-8da4-b8553fc4beed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2016-afr/da3a4006-da6b-4c7d-8da4-b8553fc4beed)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               BESIGHEIDSTUDIES

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            2                          DBE/November 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

        AFDELING A:       VERPLIGTEND
        AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is nie.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
        wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        die vrae beantwoord.

                AFDELING                    VRAAG           PUNTE           TYD
          A: Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                         1            40         30 minute

          B: VYF direkte/indirekte               2            60         30 minute
             tipe vrae                           3            60         30 minute
             KEUSE (Beantwoord                   4            60         30 minute
             enige DRIE.)                        5            60         30 minute
                                                 6            60         30 minute

          C: VIER opsteltipe vrae             7               40         30 minute
             KEUSE (Beantwoord                8               40         30 minute
             enige TWEE.)                     9               40         30 minute
                                              10              40         30 minute

                     TOTAAL                                  300         180 minute

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 3                        DBE/November 2016
                                                NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
          kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

          1.1.11         A           B           C         D

          1.1.1      Hierdie Wet gee verbruikers toegang tot skuldberaders:

                     A   Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet
                         53 van 2003)
                     B   Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
                     C   Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                     D   Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)

          1.1.2      Watter EEN van die volgende besighede kan onder die tersiêre
                     sektor geklassifiseer word?

                     A   AMC Vervoer
                     B   Toekoms Wynlandgoed
                     C   West Meubelvervaardigers
                     D   Bluerock Steenkoolmyn

          1.1.3      'n Nywerheidsontledingsinstrument wat gebruik       word      om die
                     uitdagings in die makro-omgewing te analiseer:

                     A   Porter se Vyf Kragte
                     B   PESTWO
                     C   'SCAMPER'
                     D   Balanstelkaart

          1.1.4      Die …-klousule word toegepas om die bedrag te bepaal wat die
                     versekeraar sal uitbetaal, veral wanneer goedere onderverseker is.

                     A   bybetaling
                     B   herinbesitstelling
                     C   awery
                     D   subrogasie

          1.1.5      Die huidige en vorige direkteure van 'n … maatskappy is gesamentlik
                     en afsonderlik vir die maatskappy se skuld verantwoordelik.

                     A   persoonlikeaanspreeklikheids-
                     B   staatsbeheerde
                     C   publieke
                     D   privaat

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 4                         DBE/November 2016
                                                NSS

          1.1.6      Hierdie aspek moet in ag geneem word wanneer 'n multimedia-
                     aanbieding ontwerp word:

                     A   Inligting moet vorige en huidige feite insluit.
                     B   Kies toepaslike beeldmateriaal.
                     C   Dek 'n groot hoeveelheid inligting.
                     D   Behou oogkontak met die gehoor.

          1.1.7      Telkom Bpk. is nie net oor hulle finansiële posisie besorg nie, maar
                     ook oor hulle maatskaplike/sosiale en omgewingsuksesse. Hulle
                     doen daarom verslag oor hulle ... prestasies.

                     A   winsgewendheids-
                     B   maatskaplike/sosiale
                     C   operasionele/bedryfs-
                     D   drievoudige sleutelaspekte-

          1.1.8      Teorieë oor spandinamika help besighede om …

                     A   take aan spanlede met soortgelyke persoonlikhede toe te ken.
                     B   goeie verhoudings met spanne te vestig.
                     C   totale bevrediging te bevorder.
                     D   take volgens die rolle van spanlede toe te ken.

          1.1.9      Gehaltesirkels is gewoonlik deel van die TGB('TQM')-element van …

                     A   deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
                     B   topbestuurbetrokkenheid.
                     C   spanwerk.
                     D   monitering en evaluering van gehalteprosesse.

          1.1.10 Effektiewe terugvoering behels die …

                     A   beantwoording van vrae na afloop van 'n aanbieding.
                     B   uitdeel van strooibiljette.
                     C   onvermoë om moeilike lede van die gehoor te hanteer.
                     D   insluiting van visuele hulpmiddele by mondelinge aanbiedings.
                                                                                  (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            5                            DBE/November 2016
                                           NSS

1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

          frontering ('fronting'); afgelê; voorkeur; induksieprogram; SAKO ('SAQA');
                nepotisme; gewone; afgedank; onderhoud; KVBA ('CCMA')

         1.2.1       Die … is 'n formele prosedure wat tussen die kandidate op die
                     kortlys en die werkgewer plaasvind om 'n vakante pos te vul.

         1.2.2       Dividende betaalbaar aan … aandeelhouers loop op indien die
                     maatskappy gedurende 'n betrokke finansiële jaar nie genoeg wins
                     gemaak het nie.

         1.2.3       'n Werknemer wat onbillik behandel is, kan sy/haar dispuut vir 'n
                     beslissing na die ... verwys.

         1.2.4       Mnr. Ngcobo se naam verskyn op Hubar Bpk. se lys van direkteure,
                     alhoewel hy as 'n drywer aangestel is. Hierdie praktyk word ...
                     genoem.

         1.2.5       Sammy is … nadat hy aan bedrog skuldig bevind is.            (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                 6                            DBE/November 2016
                                                NSS

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                      KOLOM A                                    KOLOM B
         1.3.1       KMI/KMB                A     lei tot 'n formele kwalifikasie

         1.3.2       Onetiese sakepraktyk   B     maatreëls wat deur 'n besigheid getref
                                                  word om die omgewing te beskerm
         1.3.3       Leerlingskappe
                                            C     maak inligting bekend oor 'n produk se
         1.3.4       Grief                        bestanddele wat vir verbruikers skadelik
                                                  kan wees
         1.3.5       Openbarebetrekkinge-
                     funksie                D     'n meningsverskil tussen twee persone

                                            E     oorbeklemtoon produkinligting wat nie
                                                  getoets is nie

                                            F     'n werknemerklagte wat met swak
                                                  werksomstandighede verband hou

                                            G ooreenkoms tussen die werkgewer en
                                              werknemer

                                            H     identifiseer, beplan en bestuur
                                                  ontwikkelingsprojekte vir die
                                                  gemeenskap

                                            I     doen navorsing oor verbruikers se
                                                  behoeftes

                                            J     maak gereelde, positiewe mediaberigte
                                                  oor die besigheid bekend
                                                                                  (5 x 2)            (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                7                           DBE/November 2016
                                               NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
              byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE
              bladsy, ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1      Noem VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
         (Wet 75 van 1997).                                                                        (4)

2.2      Beskryf in breë trekke die rol van SOOO's ('SETAs') in die ondersteuning van
         die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998).                              (8)

2.3      Identifiseer die verbruikersreg wat op ELK van die volgende beleidsbepalings
         van Zonke Winkels van toepassing is:

         2.3.1       Klante sal vir foutiewe produkte terugbetaal word.

         2.3.2       Klante het die keuse om onwelkome direkte bemarking te stop.

         2.3.3       Zonke Winkels sal nie vals verklarings oor hulle produkte en dienste
                     publiseer nie.

         2.3.4       Zonke Winkels      sal kredietbewyse     en   voorafbetaalde   dienste
                     eerbiedig.

         2.3.5       Klante sal skriftelik in kennis gestel word van aangepaste klousules in
                     hulle kontrakte wat hulle regte kan inperk.                     (5 x 2)       (10)

2.4      Verduidelik die verskil tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie
         en die Menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie.                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           8                            DBE/November 2016
                                          NSS

2.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 TEDDY STEENWERKE (TSW)

         Teddy Steenwerke spesialiseer in die vervaardiging van bakstene. Een van
         hulle verskaffers is Sand & Klip, wat soms nie voorraad het nie. TSW se
         werknemers is gereeld van die werk afwesig. Die besigheid het onlangs 'n
         lening teen 'n hoë rentekoers by Cash Bank gekry.

         2.5.1     Noem die besigheidsektor waarin TSW bedrywig is. Motiveer jou
                   antwoord.                                                                   (3)

         2.5.2     Klassifiseer TSW se uitdagings volgens die DRIE besigheids-
                   omgewings. Dui die mate van beheer wat TSW oor elke omgewing
                   het, aan. Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor
                   om jou antwoord aan te bied.

                       UITDAGING              BESIGHEIDS-           MATE VAN
                                               OMGEWING              BEHEER

                                                                                               (9)

2.6      Stel praktiese maniere voor waarop besighede aan die Wet op Gelyke
         Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen.                                    (6)

2.7      Beveel maniere aan waarop besighede die volgende pilare van die Wet op
         Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van
         2003) kan toepas:

         2.7.1     Ondernemingsontwikkeling                                                    (4)

         2.7.2     Bestuur                                                                     (4)

         2.7.3     Voorkeurverkryging                                                          (4)
                                                                                               [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               9                           DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       Definieer die term versekering en gee TWEE voorbeelde van versekerbare
          risiko's.                                                                               (4)

3.2       Noem VIER faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggingsbesluite
          geneem word.                                                                            (4)

3.3       Beskryf in breë trekke DRIE voordele van gewone aandele.                                (6)

3.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           ANDRIES EN TSHIDI SE BELEGGINGSOPSIES

          Andries en Tshidi het elk R3 000 om te belê. Andries belê sy geld in 'n
          spaarrekening by 'n bank waar hy 10% rente per jaar, betaalbaar elke ses
          maande, sal ontvang. Tshidi belê in 'n fleksiedepositorekening by 'n bank vir
          twee jaar teen 10% rente, jaarliks saamgestel.

          3.4.1      Bereken die rentebedrag wat Andries na 2 jaar sal ontvang.                   (3)

          3.4.2      Bereken die rentebedrag wat Tshidi na 2 jaar sal ontvang.                    (4)

          3.4.3      Identifiseer die beste beleggingsopsie en motiveer die antwoord.             (3)

3.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       HOPE SE AANBIEDING

          Hope, 'n finansiële bestuurder, moet haar finansiële verslag by die volgende
          bestuursvergadering voorlê. Sy beplan om elektroniese skyfies te gebruik en
          sal gedrukte kopieë van die finansiële verslag verskaf.

          3.5.1      Identifiseer TWEE visuele hulpmiddels in die scenario hierbo.                (2)

          3.5.2      Kies EEN van die visuele hulpmiddels wat in VRAAG 3.5.1
                     geïdentifiseer is en verduidelik waarom dit doeltreffend is.                 (8)

          3.5.3      Stel faktore voor wat Hope in gedagte moet hou tydens die
                     aanbieding van haar verslag.                                                 (10)

3.6       Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid/houding in suksesvolle
          leierskap.                                                                              (8)

3.7       Verduidelik hoe die volgende faktore tot die sukses of mislukking van 'n
          vennootskap kan bydra:

          3.7.1      Bestuur                                                                      (4)

          3.7.2      Belasting                                                                    (4)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                10                          DBE/November 2016
                                               NSS

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1       Noem VIER oorsake van konflik in die werkplek.                                           (4)

4.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      ELSABE DRUKKERS (ED)

          Elsabe Drukkers het meer manlike as vroulike werkers in diens. Hulle gebou
          het nie geriewe vir mense wat rolstoele gebruik nie. Slegs Engels word as
          kommunikasiemedium in die werkplek toegelaat, ondanks die feit dat
          sommige werknemers dit nie kan verstaan of praat nie.

          4.2.1      Identifiseer TWEE diversiteitskwessies waarna in die scenario hierbo
                     verwys word en motiveer jou antwoord.                                         (6)

          4.2.2      Beveel TWEE maniere aan waarop ED elke diversiteitskwessie wat in
                     VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is, moet hanteer.                                  (8)

4.3       Verduidelik hoe besighede kulturele regte in die werkplek kan bevorder.                  (6)

4.4       Bespreek die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers om te
          verseker dat 'n werksomgewing gesond en veilig is.                                       (6)

4.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  MAHABIR CASH & CARRY (MCC)

          MCC verskaf gesubsidieerde behuising en akkommodasie aan hulle
          werknemers. Hulle moedig werknemers aan om fiks en gesond te bly deur
          hulle by stresverminderingsaktiwiteite te betrek.

          4.5.1      Haal TWEE maniere aan waarop MCC tot die welstand van hulle
                     werknemers bydra.                                                             (2)

          4.5.2      Gee MCC raad oor DRIE ander maniere waarop hulle tot die
                     welstand van hulle werkers kan bydra.                                         (6)

4.6       Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat in ELKE stelling hieronder
          van toepassing is:

          4.6.1      Spanlede bevraagteken mekaar se idees en opinies.

          4.6.2      Die span het rigting sonder inmenging van die leier.

          4.6.3      Spanlede is gemaklik en leer meer oor mekaar.                   (3 x 2)       (6)

4.7       Bespreek die negatiewe impak van korporatiewe maatskaplike investering/
          belegging (KMI/KMB) op gemeenskappe.                                                     (6)

4.8       Beveel strategieë aan wat besighede kan instel om werknemers wat werktyd
          misbruik, te hanteer.                                                                    (10)
                                                                                                   [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               11                         DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  MARGARET GASTEHUIS (MGH)

          Margaret Gastehuis het 'n pos vir 'n ontvangspersoon in die plaaslike koerant
          geadverteer. Die advertensie het die volgende aspekte met betrekking tot die
          pos bevat:
          • Die ontvangspersoon is verantwoordelik vir besprekings en die reël van
              vervoer vir gaste.
          • Hy/Sy bestuur die stelsel vir die veilige bewaring van gaste se
              waardevolle artikels.
          • Aansoekers moet oor 'n diploma in administratiewe bestuur beskik.
          • Praat-, lees- en skryfvaardighede in Engels is 'n vereiste.
          • Drie jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf sal 'n voordeel wees.

          5.1.1      Noem TWEE posontledingskomponente wat MGH gebruik het om die
                     advertensie saam te stel. Haal TWEE voorbeelde van ELKE
                     komponent uit die scenario hierbo aan. Teken die tabel hieronder in
                     die ANTWOORDEBOEK oor om jou antwoord aan te bied.

                          KOMPONENTE                          VOORBEELDE
                     A.                          1.
                                                 2.
                     B.                          1.
                                                 2.                                               (8)

          5.1.2      Noem die tipe werwing wat MGH gebruik het om geskikte kandidate
                     vir die vakante pos te vind. Motiveer jou antwoord.                          (3)

          5.1.3      MGH het kandidate op die kortlys vir 'n onderhoud genooi. Verduidelik
                     die rol van die aansoeker/applikant gedurende die onderhoud.                 (8)

5.2       Verduidelik sifting as deel van die keuringsproses.                                     (4)

5.3       Bespreek die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.                               (8)

5.4       Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                                   (4)

5.5       Beveel gehalteaanwysers vir ELK van die volgende besigheidsfunksies aan:

          5.5.1      Algemene bestuur                                                             (4)

          5.5.2      Aankoopfunksie                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                12                           DBE/November 2016
                                               NSS

5.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           COMFI LEER (CL)

          Comfi Leer vervaardig en verkoop leerprodukte. Die bemarkingsafdeling het
          klante-opnames gedoen om die behoeftes van klante wat CL se reis- en
          skooltasse gebruik, te ontleed. Klante is versoek om kommentaar te lewer oor
          die gehalte van CL se tasse en hulle naverkoopdiens.

          5.6.1      Noem die TGB('TQM')-element wat op die scenario hierbo van
                     toepassing is. Motiveer jou antwoord.                                           (3)

          5.6.2      Evalueer die impak van die TGB('TQM')-element, wat in VRAAG 5.6.1
                     geïdentifiseer is, op CL as 'n groot besigheid.                                 (6)

          5.6.3      Verduidelik hoe CL die BDKH('PDCA')-model/siklus kan gebruik om
                     hulle prosesse en stelsels deurlopend te verbeter.                              (8)
                                                                                                     [60]

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

6.1       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Besighede is verplig om seker te maak dat werknemers in 'n veilige
          omgewing werk en dat werkplekbeserings aangemeld word.

          6.1.1      Identifiseer die Wet wat op die stelling hierbo van toepassing is.              (2)

          6.1.2      Beskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend
                     beskou kan word, met verwysing na die Wet wat in VRAAG 6.1.1
                     geïdentifiseer is.                                                              (6)

6.2       Beskryf die strategiese bestuursproses.                                                    (8)

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.3       Noem DRIE tipes verpligte versekering.                                                     (3)

6.4       Identifiseer ELKE tipe belegging wat hieronder beskryf word:

          6.4.1      Rente is gewaarborg en word twee keer per jaar uitbetaal of herbelê.

          6.4.2      'n Kombinasie van verskillende aandele en sekuriteite word deur 'n
                     fondsbestuurder as 'n gebalanseerde portefeulje uitgesoek en
                     bestuur.                                                    (2 x 2)             (4)

6.5       Tabuleer die verskille tussen 'n privaat en 'n publieke/openbare maatskappy.               (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               13                         DBE/November 2016
                                              NSS

BESIGHEIDSROLLE

6.6       Beveel EEN strategie aan wat gebruik kan word om die volgende moeilike
          persoonlikhede te hanteer:

          6.6.1      Aggressief                                                                   (2)

          6.6.2      Klaer                                                                        (2)

6.7       Verduidelik die kenmerke van suksesvolle spanne.                                        (4)

6.8       Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
          effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word.                                (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.9       Identifiseer die besigheidsfunksie wat vir die aktiwiteite in ELK van die
          volgende scenario's verantwoordelik is:

          6.9.1      Sam verseker dat besigheidsdokumente in 'n veilige plek gehou word.

          6.9.2      Smart Cell hou veldtogte vir handelsmerkbewusmaking in die
                     gemeenskap waarin hulle bedrywig is.

          6.9.3      Die bestuur van Tshepi Slaghuis verseker dat toerusting en masjinerie
                     gereeld in stand gehou word.                                 (3 x 2)         (6)

6.10      Gee besighede raad oor hoe Totale Gehaltebestuur (TGB) die koste van
          gehalte kan verminder.                                                                  (9)
                                                                                                  [60]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                           14                         DBE/November 2016
                                          NSS

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
              byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
              bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (STRATEGIEË)

Die mark- en makro-omgewings hou baie uitdagings in vir besigheidsbedrywighede
wat 'n negatiewe impak op 'n besigheid se sukses kan hê. Dit is belangrik dat hierdie
uitdagings geïdentifiseer word en dat strategieë geformuleer word om dit te kan
hanteer.

Met inagneming van die scenario hierbo, skryf gedetailleerde aantekeninge oor die
volgende aspekte:

•   Verduidelik hoe besighede Porter se Vyf Kragte-model kan gebruik om die
    markomgewing te ontleed.
•   Beskryf DRIE tipes defensiewe strategieë wat besighede kan aanwend om
    uitdagings in die makro-omgewing te hanteer.
•   Bespreek die doeltreffendheid van intensiewe strategieë om sake-uitdagings aan
    te pak.
•   Stel stappe voor wat besighede kan gebruik om 'n strategie te evalueer.                  [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Suksesvolle besighede glo dat leierskap en bestuur 'n integrale deel van hulle sukses
uitmaak. Ander voer aan dat bestuur 'n belangriker rol as leierskap in besighede se
sukses speel.

Ondersteun die standpunte hierbo deur in jou antwoord na die volgende aspekte te
verwys:

•   Gee TWEE verskille tussen leierskap en bestuur.
•   Bespreek die situasionele en transformasionele leierskapsteorieë.
•   Evalueer die impak van outokratiese en transaksionele leierskapstyle op besighede
    en stel situasies voor waarin elke leierskapstyl toegepas kan word.                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            15                          DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE)

                                    MOJO VERWE

Mojo Verwe se bestuur wil die gehalte van hulle verwe verbeter as gevolg van verskeie
klagtes deur hulle klante. Hulle het hulle werknemers versoek om met nuwe, kreatiewe
idees vorendag te kom oor hoe om hulle produkte te verbeter om sodoende klante se
behoeftes te bevredig.

Verwys na die scenario hierbo en skryf 'n opstel waarby jy die volgende aspekte insluit:

•   Onderskei tussen besluitneming en probleemoplossing.
•   Verduidelik hoe Mojo Verwe die Delphi-tegniek en nominalegroep-tegniek kan
    toepas om hulle besigheid se probleem op te los.
•   Bespreek die voordele van kreatiewe denke.
•   Beveel praktiese maniere aan waarop Mojo Verwe 'n omgewing kan skep wat
    kreatiewe denke stimuleer.                                                              [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

                                SIPHO HANDELAARS

Die bestuur van Sipho Handelaars het onlangs Kobie as hulle bemarkingsbestuurder
aangestel. Die besigheid is veronderstel om Kobie te oriënteer en dienooreenkomstig
te plaas. Kobie verwag van Sipho Handelaars om sy bestuursvaardighede te
ontwikkel.

As 'n menslikehulpbron-konsultant, gee 'n gedetailleerde verslag oor die volgende
menslikehulpbron-aktiwiteite:

•   Verduidelik die doel van induksie en noem VYF aspekte wat by 'n induksieprogram
    ingesluit moet word.
•   Gee Sipho Handelaars raad oor die plasingsprosedure wat hulle moet volg.
•   Bespreek die implikasies van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998
    (Wet 97 van 1998) op die menslikehulpbron-funksie.
•   Beveel SES aspekte aan wat by Kobie se indiensnemingskontrak ingesluit moet
    word.                                                                                   [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           80
                                                                   GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2016-afr/888088dd-a9ad-4b1f-a75e-6ccf006de91f) — Business Studies · QP · 2016 · Afr
- [Bstd Qp Eng June2016](https://www.hlayiso.com/library/bstd-qp-eng-june2016/65a5c0a4-d937-4fb6-ac9b-dcf154fbbcb9) — Business Studies · QP · 2016 · Eng
- [Business Studies May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-may-june-2016-afr/104546ae-8c4a-4997-a492-4b62a4717ca1) — Business Studies · QP · 2016 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/b53659cd-8899-46bf-a192-68cb4bcfe097) — Business Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
