# Business Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2017-afr/22c3dceb-a0da-47fb-b826-3d2c5ba47a25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2017-afr/22c3dceb-a0da-47fb-b826-3d2c5ba47a25)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                BESIGHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             2                         DBE/November 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.

        AFDELING A:       VERPLIGTEND
        AFDELING B:       Bestaan uit VYF vrae
                          Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:       Bestaan uit VIER vrae
                          Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
        wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                                                                             TYD
                     AFDELING                VRAAG           PUNTE
                                                                           (minute)
         A: Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                           1            40              30

         B: VYF direkte/indirekte tipe            2            60              30
            vrae                                  3            60              30
            KEUSE:                                4            60              30
            Beantwoord enige DRIE.                5            60              30
                                                  6            60              30

         C: VIER opsteltipe vrae                  7             40            30
            KEUSE:                                8             40            30
            Beantwoord enige TWEE.                9             40            30
                                                  10            40            30
                     TOTAAL                                    300            180

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
          VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               3                          DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

          1.1.1      Die rol van SOOO's ('SETAs') is om …

                     A    werknemers op te lei.
                     B    2% van hul inkomste tot SAID by te dra.
                     C    diskriminasie in die werkplek uit te skakel.
                     D    geakkrediteerde diensverskaffers aan te stel.

          1.1.2      Hierdie Wet voorkom onbillike bemarkingspraktyke:

                     A    Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
                     B    Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                     C    Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
                     D    Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)

          1.1.3      'n … is 'n maatskappy se uitnodiging aan die publiek om aandele
                     te koop.

                     A    Prospektus
                     B    Aandeel
                     C    Dividend
                     D    Skuldbrief

          1.1.4      Die ... leierskapteorie moedig volgelinge aan om onmiddellike
                     verandering in die werkplek te aanvaar.

                     A    situasionele
                     B    leiers-en-volgelinge-
                     C    transformasionele
                     D    karakter-

          1.1.5      'n Visuele aanbieding van 'n stel verkoopsyfers wat as 'n reeks
                     reghoeke voorgestel word:

                     A    Lyngrafiek
                     B    Staafgrafiek
                     C    Tabel
                     D    Diagram

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              4                           DBE/November 2017
                                             NSS

          1.1.6      Thembi laat Joyce 'n rukkie toe om kwaai met haar te praat sonder
                     om aanvallend te wees. Dit is 'n voorbeeld van hoe om 'n ...
                     persoonlikheid te hanteer.

                     A    klaende
                     B    stil
                     C    kundige
                     D    aggressiewe

          1.1.7      'n Besigheid dra tot die welstand van sy werknemers by deur …

                     A    ontspanningsgeriewe te verskaf.
                     B    hulle toe te laat om sonder vergoeding oortyd te werk.
                     C    diegene wat nie fisies geskik is nie, aan te moedig om te
                          bedank.
                     D    hulle van besluitneming uit te sluit.

          1.1.8      Watter EEN van die volgende aspekte word NIE by 'n induksie-/
                     oriënteringsprogram ingesluit NIE?

                     A    Bekendstelling aan senior bestuur en onmiddellike kollegas
                     B    Inligting oor die besigheid se produkte
                     C    Oorsig oor die besigheid
                     D    Beradingsessies

          1.1.9      Besighede gebruik gehalte-… om sleutelprosesse so te rig dat die
                     korrekte gehaltestandaarde bereik word.

                     A    beheer
                     B    bestuurstelsels
                     C    versekering
                     D    prestasie

          1.1.10     Die …-prosedure pas die vereistes van 'n pos by die sterk punte van
                     'n kandidaat.

                     A    vergoedings
                     B    werwings
                     C    plasings
                     D    induksie                                              (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              5                              DBE/November 2017
                                             NSS

1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

              RSA-kleinhandelspaareffekte; makro-; terugwaartse; normering;
            voortdurende verbetering van prosesse en stelsels; mikro-; horisontaal;
                       werkverrigting; bestuur deur feite; voorwaartse

          1.2.1      Die besigheid het geen beheer oor die … omgewing nie.

          1.2.2      'n Minimum van R1 000 word benodig om in ... te belê.

          1.2.3      Spanlede word gedurende die …-fase van spanontwikkeling
                     aangemoedig om saam vir 'n gemeenskaplike doelwit te werk.

          1.2.4      Die TGB-element van … sluit die toepassing van die BDKH('PDCA')-
                     model in.

          1.2.5      Chunky Cheese Bpk. het die … integrasiestrategie gekies toe hulle
                     Daisy Melkplaas oorgeneem het.                            (5 x 2)              (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                               6                           DBE/November 2017
                                              NSS

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
          1.3.1      Kreatiewe denke           A    verskaf opleidingsmateriaal aan
                                                    fasiliteerders
          1.3.2      Nasionale Vaardigheids-
                     ontwikkelingstrategie   B      gebruik roetinemetodes om
                                                    probleme op te los
          1.3.3      Produksiefunksie
                                               C    verandering in tegnologie
          1.3.4      Nieversekerbare risiko
                                               D    die ontwikkeling van 'n morele
          1.3.5      Professionalisme               kompas vir besluitneming

                                               E    verbeter toegang tot
                                                    opleidingsprogramme

                                               F    kies betroubare grondstofverskaffers

                                               G    skade aan eiendom deur
                                                    natuurrampe

                                               H    vervaardig goedere volgens klante
                                                    se spesifikasies

                                               I    handhaaf 'n besigheid se reputasie

                                               J    gebruik nieroetinemetodes om
                                                    probleme op te los
                                                                                     (5 x 2)      (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              7                           DBE/November 2017
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
                byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE
                bladsy, ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1       Noem DRIE soorte besigheidsektore.                                                      (3)

2.2       Beskryf in breë trekke enige VIER stappe in die ontwikkeling van 'n strategie.          (8)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MARTHA & JANE MEUBELS (MJM)

          Martha & Jane Meubels spesialiseer in die verkoop van kantoormeubels.
          Die besigheid se winsgewendheid het weens hoë inflasiekoerse en klante se
          lae inkomstevlakke afgeneem. MJM is 'n swaar boete opgelê omdat hulle nie
          betyds hul handelslisensie hernu het nie.

          Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en beantwoord dan
          die vrae wat volg.

                  UITDAGINGS           PESTWO-ELEMENT              AANBEVELINGS
                     (2.3.1)                (2.3.2)                    (2.3.3)
          (a)
          (b)
          (c)

          2.3.1      Haal DRIE uitdagings vir MJM uit die scenario hierbo aan.                    (3)

          2.3.2      Identifiseer die PESTWO('PESTLE')-element wat met             ELKE
                     uitdaging verbind word, soos in VRAAG 2.3.1 aangehaal.                       (6)

          2.3.3      Beveel EEN manier aan waarop MJM ELKE uitdaging, soos in
                     VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer, kan oplos.                                       (6)

2.4       Bespreek DRIE soorte defensiewe strategieë.                                             (9)

2.5       Verduidelik hoe besighede die volgende magte van Porter se Vyf Kragte-
          model kan toepas:

          2.5.1      Bedingingsmag van kopers/Kopersmag                                           (4)

          2.5.2      Mededingende wedywering                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              8                            DBE/November 2017
                                             NSS

2.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   JOKO TRENDY BAGS (JTB)
          Joko Trendy Bags ontwerp en vervaardig modieuse handsakke. Hulle het
          50 werkers in diens, wat toegelaat word om by 'n vakbond van hulle keuse
          aan te sluit. JTB se bestuur los werkverwante dispute deur statutêre
          versoening, bemiddeling en arbitrasie op.

          2.6.1      Identifiseer die Wet wat op JTB van toepassing is. Haal uit die
                     scenario hierbo aan om jou antwoord te staaf.                                (3)

          2.6.2      Bespreek die negatiewe impak van die Wet wat in VRAAG 2.6.1
                     geïdentifiseer is op JTB as 'n besigheid.                                    (8)

2.7       Stel DRIE praktiese maniere voor waarop besighede aan die Nasionale
          Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) kan voldoen.                                   (6)
                                                                                                  [60]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1       Noem VYF faktore wat in ag geneem kan word wanneer beleggingsbesluite
          geneem word.                                                                            (5)

3.2       Beskryf in breë trekke VIER regte van voorkeuraandeelhouers.                            (8)

3.3       Identifiseer die leierskapstyl wat Kobus Beperk in ELKE geval hieronder
          toegepas het.

          3.3.1      Werknemers word toegelaat om hul eie besluite te neem solank
                     hulle net nie die maatskappybeleid oortree nie.                              (2)

          3.3.2      Werknemers word gevra om gedurende beplanningsessies insette
                     te lewer.                                                                    (2)

          3.3.3      Werknemers word beloon wanneer hulle verkoopteikens bereik en
                     gestraf wanneer hulle nie spertye nakom nie.                                 (2)

3.4       Verduidelik die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap.             (6)

3.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            KADIJAH DRUKKERS (EDMS.) BPK. (KD)
          Kadijah Drukkers (Edms.) Bpk. het groot bedrae kapitaal vir uitbreiding nodig
          gehad. Hul bestuur het besluit om die maatskappy na 'n ander soort
          maatskappy om te skakel sodat hulle op die JSE aandele aan die publiek kon
          verkoop.

          3.5.1      Identifiseer Kadijah Drukkers (Edms.) Bpk. se ondernemingsvorm
                     voordat hulle na 'n ander soort maatskappy omgeskakel is. Motiveer
                     jou antwoord.                                                                (3)

          3.5.2      Verduidelik die funksies van die JSE waar KD hul aandele kan
                     verkoop.                                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              9                            DBE/November 2017
                                             NSS

3.6       Thabo moet 'n sake-aanbieding vir die bestuur voorberei.

          3.6.1      Bespreek die faktore wat Thabo in ag moet neem voordat hy sy
                     aanbieding doen.                                                             (8)

          3.6.2      Gee Thabo raad oor aspekte om in ag te neem wanneer
                     'n multimedia-aanbieding ontwerp word.                                       (6)

3.7       Motiveer waarom 'n maatskappy in staatsbesit (MSB) belangrik is.                        (8)
                                                                                                  [60]

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1       Noem    VYF     komponente     van        korporatiewe     maatskaplike/sosiale
          verantwoordelikheid (KMV/KSV).                                                          (5)

4.2       Bespreek die voordele van korporatiewe maatskaplike/sosiale investering
          (belegging) (KMI/KSI) vir besighede.                                                    (8)

4.3       Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid
          (KMV/KSV en korporatiewe maatskaplike/sosiale investering (belegging)
          (KMI/KSI).                                                                              (4)

4.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  SIBIYA CASH & CARRY (SCC)

          Sommige werknemers van Sibiya Cash & Carry het die besigheid se Internet
          gebruik om musiek en rolprente af te laai. Cindy, 'n bestuurder, het vir Anton
          'n bevorderingspos belowe as hy 'n verhouding met haar sou aanknoop.

          Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en beantwoord dan
          die vrae wat volg.

                ONETIESE                        SOORTE               AANBEVELINGS
           BESIGHEIDSPRAKTYKE                    (4.4.2)                 (4.4.3)
                  (4.4.1)
          (a)
          (b)

          4.4.1      Haal TWEE onetiese besigheidspraktyke uit die scenario hierbo
                     aan.                                                                         (2)

          4.4.2      Identifiseer die soort onetiese besigheidspraktyk vir ELKEEN wat in
                     VRAAG 4.4.1 aangehaal is.                                                    (4)

          4.4.3      Stel praktiese maniere voor wat SCC kan instel om die onetiese
                     besigheidspraktyke wat in VRAAG 4.4.2 geïdentifiseer is, te hanteer.         (8)

4.5       Beskryf DRIE kriteria vir die assessering van suksesvolle spanprestasie.                (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                                10                           DBE/November 2017
                                               NSS

4.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    SMOOTH MEUBELS BPK. (SM)

          Smooth Meubels Bpk. wou van hul meubels se ontwerpe verander.
          Werknemers is versoek om nuwe idees in 'n groot groep voor te stel sonder
          om individueel te werk. Hierdie idees is as inspirasie vir nuwe idees gebruik.
          Die bestuur van SM het die voordele en nadele van elke idee beoordeel.

          4.6.1      Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat Smooth
                     Meubels Bpk. gebruik het. Haal uit die scenario hierbo aan om jou
                     antwoord te staaf.                                                              (6)

          4.6.2      Bespreek die voordele van EEN probleemoplossingstegniek wat in
                     VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is.                                                  (4)

4.7       Mnr. Cloete is onbillik by sy werkplek behandel en het besluit om van die werk
          af weg te bly. Gee mnr. Cloete raad oor die korrekte prosedure om sy grief te
          hanteer.                                                                                   (10)
                                                                                                     [60]

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1       Noem VIER aspekte wat by die indiensnemingskontrak ingesluit moet word.                    (4)

5.2       Beskryf in breë trekke die keuringsprosedure as 'n aktiwiteit van die
          menslikehulpbronfunksie.                                                                   (8)

5.3       Lees die advertensie vir werk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            VAKATURE: FINANSIËLE BESTUURDER

          Postitel:                 Munisipale finansiële bestuurder
          Kwalifikasies:            BCom-graad
          Ondervinding:             Ten minste ses jaar finansiële bestuur op middelvlak
          Sleutelprestasie-areas:   Stel begrotings op en bestuur inkomste en uitgawes
          Totale pakket:            R353 920 per jaar
          Ander:                    Pensioenfonds, mediese hulpfonds en behuisingsubsidie

          5.3.1      Identifiseer TWEE voorbeelde van posbeskrywing en TWEE
                     voorbeelde van posspesifikasie in die advertensie hierbo.                       (4)

          5.3.2      Gee TWEE voorbeelde van byvoordele in die scenario hierbo.                      (2)

          5.3.3      Evalueer die impak van byvoordele op besighede.                                 (8)

5.4       Onderskei tussen die stukwerk- en die tydverwante salarisvasstellingsmetode.               (4)

5.5       Beskryf enige VIER gehalteaanwysers van die aankoopfunksie.                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                              11                          DBE/November 2017
                                             NSS

5.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   COCO VRUGTE BPK. (CVB)

          Coco Vrugte Bpk. verskaf vrugtesappe. Speedy Supermark het by CVB gekla
          dat die sappe baie gou suur word nadat dit afgelewer is.

          Ondersoeke by CVB het aan die lig gebring dat die meeste van hul
          werknemers nie behoorlik opgelei is nie, toerusting verouderd is, 'n
          doeltreffende organisasiestruktuur nie ingestel is nie en dat bestuur kwessies
          ignoreer. Speedy Supermark het besluit om van verskaffer te verander.

          5.6.1      Haal VIER redes uit die scenario aan waarom Speedy Supermark
                     van verskaffer verander het.                                                 (4)

          5.6.2      Verduidelik aan CVB die voordele van monitering en evaluering
                     van gehalteprosesse as 'n element van totale gehaltebestuur
                     (TGB/'TQM').                                                                 (6)

          5.6.3      Gee CVB raad oor die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.            (8)

5.7       Bespreek die belangrikheid van gehaltesirkels in TGB.                                   (4)
                                                                                                  [60]

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

6.1       Identifiseer die bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV),
          1997 (Wet 75 van 1997) waaraan Faaried Bakkery voldoen het in ELKE geval
          hieronder.

          6.1.1      Daar word van werknemers verwag om agt uur per dag vir ses dae
                     te werk.

          6.1.2      Een van die manlike werknemers het drie dae verlof geneem na die
                     geboorte van sy kind.

          6.1.3      Werknemers word toegelaat om 'n 60 minuut-pouse te neem nadat
                     hulle vir vyf uur gewerk het.

          6.1.4      Bestuur neem nie werkers jonger as 16 jaar oud in diens nie.

          6.1.5      Werknemers word gewoonlik nie toegelaat om meer as tien uur
                     ekstra per week te werk nie.                                                 (10)

6.2       Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë om uitdagings in 'n
          besigheid aan te pak.                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             12                          DBE/November 2017
                                            NSS

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.3       Tabuleer die verskille tussen saamgestelde rente en enkelvoudige rente.               (8)

6.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              DITSEPE & SEUNS WINKELS (DSW)

          Ditsepe & Seuns Winkels is 'n suksesvolle vennootskap, maar die vennote wil
          na 'n ondernemingsvorm verander waar dit verpligtend sal wees om finansiële
          verslae te oudit.

          6.4.1      Noem 'n nuwe ondernemingsvorm wat vir DSW geskik sal wees.                 (2)

          6.4.2      Bespreek die voordele     van   die   ondernemingsvorm    wat    in
                     VRAAG 6.4.1 genoem is.                                                     (6)

BESIGHEIDSROLLE

6.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              LIZEL KLEREVERVAARDIGER (LKV)

          Die bestuur van Lizel Klerevervaardiger het gesondheids- en
          veiligheidsverteenwoordigers aangestel. Hulle sal vir die nagaan van die
          doeltreffendheid van LKV se gesondheids- en veiligheidsmaatreëls
          verantwoordelik wees en vir die identifisering van potensiële gevare in die
          werkplek.

          6.5.1      Haal TWEE rolle van die gesondheids-             en   veiligheids-
                     verteenwoordigers uit die scenario hierbo aan.                             (2)

          6.5.2      Beskryf TWEE ander rolle van gesondheids- en veiligheids-
                     verteenwoordigers in die werkplek.                                         (4)

          6.5.3      Verduidelik die verantwoordelikhede van werkers om menslike
                     gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.                      (4)

          6.5.4      Beveel TWEE maniere aan waarop LKV die omgewing en menslike
                     gesondheid kan beskerm.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            13                             DBE/November 2017
                                           NSS

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.6       Identifiseer die element van totale gehaltebestuur (TGB) wat Imvelo Logistiek
          in ELKE geval hieronder toegepas het.

          6.6.1      Gereelde marknavorsing word gedoen om verbruikers se behoeftes
                     te bepaal.

          6.6.2      Voldoende kapitaal en toerusting is beskikbaar om gehaltediens
                     te lewer.

          6.6.3      Werknemers word gereeld opgelei om die nuutste tegnologie te
                     gebruik.

          6.6.4      Die HUB neem op alle vlakke van die maatskappy aan
                     besluitneming deel.                                                          (8)

6.7       Bespreek die negatiewe        impak    op   besighede   indien    TGB     swak
          geïmplementeer word.                                                                    (6)
                                                                                                  [60]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                  180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                            14                           DBE/November 2017
                                           NSS

AFDELING C

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
              byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
              bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van
2003) (in 2013 gewysig) is ingestel om die uitdagings van Swart Ekonomiese
Bemagtiging (SEB) te oorbrug. Besighede word nou verplig om aan hierdie Wet te
voldoen. Die regering gebruik ook die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998
(Wet 97 van 1998) om die implementering van BBSEB te ondersteun.

Jy spesialiseer in die begeleiding van besighede om die BBSEB te implementeer.
Skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

•   Onderskei tussen SEB en BBSEB.
•   Evalueer die impak van BBSEB op besighede.
•   Bespreek die implikasies van eienaarskap, bestuur en OVO ('ESD'/ondernemings-
    en verskafferontwikkeling) as BBSEB-pilare van besighede.
•   Analiseer die doeltreffendheid van die WVO om die suksesvolle implementering
    van die BBSEB te ondersteun.                                                                [40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (VERSEKERING)

Versekeringsmaatskappye bied 'n verskeidenheid versekeringsprodukte aan wat vir
besighede noodsaaklik is. Sommige besighede is van mening dat versekering en
assuransie hul wins verminder, terwyl ander meen dat versekeringsprodukte
gemoedsrus vir enige gebeurlikheid verskaf. Besighede word ook verplig om tot
verpligte versekering by te dra.

Met verwysing na die scenario hierbo, skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

•   Onderskei tussen versekering en assuransie.
•   Bespreek die DRIE soorte verpligte versekering.
•   Brei uit op die betekenis van die aweryklousule en verduidelik hoe dit bereken
    word.
•   Evalueer die positiewe impak van versekering op besighede.                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies                             15                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE EN DIVERSITEIT)

Daar word nie net van besighede verwag om mense- en kultuurregte in die werkplek te
eerbiedig nie, maar ook om te verseker dat die werkplek divers en inklusief is. Baie
besighede respekteer en ondersteun die Grondwet van Suid-Afrika.

Verwys na die stellings hierbo en skryf 'n opstel waarby jy die volgende aspekte insluit:

•   Bespreek die implikasies van die volgende menseregte in die werkplek:
    o Privaatheid
    o Gelykheid
    o Vryheid van spraak en uitdrukking
    o Inligting
•   Verduidelik hoe besighede enige DRIE diversiteitskwessies in die werkplek kan
    hanteer.
•   Brei uit op die voordele van diversiteit in die werkplek.
•   Beveel maniere aan waarop besighede kultuurregte in die werkplek kan bevorder.           [40]

VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

Menslikehulpbronbestuurders bestee baie tyd, moeite en fondse om die beste
werknemers te werf en te keur. Hulle besef dat hul doelstellings en doelwitte slegs
bereik kan word deur vaardige en gekwalifiseerde werknemers in diens te neem. Hulle
neem ook die feit in ag dat hul werwingsbeleid aan die Wet op Gelyke Indiensneming
(WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) moet voldoen.

Gee 'n uitvoerige beskrywing van die volgende aspekte van menslike hulpbronne:

•   Verduidelik die betekenis van werwing.
•   Analiseer die impak van eksterne werwing op besighede.
•   Bespreek die rol van die onderhoudvoerder en die kandidaat gedurende die
    onderhoud.
•   Stel maniere voor waarop die menslikehulpbronfunksie aan die WGI kan voldoen.            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           80
                                                                    GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nov-2017-eng/2c04338c-5fa0-40b9-a589-8ad8769bd67e) — Business Studies · QP · 2017 · Eng
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2017-english/56248840-7127-4799-a24d-dbe74b3aa37e) — Business Studies · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Business Studies X10 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-x10-preparatory-2017-question-paper/bc24b739-a550-4098-b9f8-2c2ee5f161df) — Business Studies · QP · 2017
- [2017 KZN June QP](https://www.hlayiso.com/library/2017-kzn-june-qp/2d10cf93-2d3e-483d-8374-9d92356cf6b4) — Business Studies · QP · 2017
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
