# Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the National November 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/d4c0ac07-3da5-4824-8dc5-020d0bd9aed1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/d4c0ac07-3da5-4824-8dc5-020d0bd9aed1)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · National November · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 11

                              BESIGHEIDSTUDIES V1

                             MODEL NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                              2                      DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 11 Model

INSTRUSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

          AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
                      Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
                      afdeling.
          AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
                      Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
          van wat vereis word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
          verkeerd genommer is NIE.

4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet alle antwoorde in volsinne
          wees.

5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
          van 'n antwoord te bepaal.

6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer
          jy elke vraag beantwoord.

                       AFDELING                       VRAAG    PUNTE         TYD
                                                                           (minute)
          A:     Objektiewe tipe vrae                    1       30           20
                 VERPLIGTEND

          B:     DRIE direkte/indirekte tipe             2       40           35
                 vrae                                    3       40           35
                 KEUSE:                                  4       40           35
                 Beantwoord enige TWEE.

          C:     TWEE opsteltipe vrae                    5       40           30
                 KEUSE:                                  6       40           30
                 Beantwoord enige EEN.

                        TOTAAL                                  150          120

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
          bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            3                        DBE/November 2019
                                     KABV – Graad 11 Model

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

         1.1.1        Die Wet op … vereis dat die menslikehulpbronfunksie gelyke
                      geleenthede en regverdige behandeling in die werksplek moet
                      bevorder.

                      A   Arbeidsverhoudinge
                      B   Gelyke Indiensneming
                      C   Basiese Diensvoorwaardes
                      D   Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes

         1.1.2        Teko Quick Cash gee klein lenings aan klante wat nie by die bank
                      krediet kan kry nie. Dit is 'n uitdaging van die … omgewing.

                      A   primêre
                      B   mark-
                      C   makro-
                      D   mikro-

         1.1.3        Johnny Meubels Bpk. het die beherende aandele van Andries
                      Vervaardigers gekoop. Dit verwys na …

                      A   'n vereniging/samesmelting.
                      B   'n oorname.
                      C   'n alliansie.
                      D   inligtingsbestuur.

         1.1.4        Timmy Vervaardigers het die …-produksiestelsel gebruik toe hulle
                      tafels vervaardig het voordat hulle stoele vervaardig het.

                      A   lot
                      B   stukwerk
                      C   massa
                      D   enkel

         1.1.5        Sizwe Ondernemings het ... gebruik toe hulle gratis monsters van
                      die nuwe handeroom wat hulle bekendstel, weggegee het.

                      A   direkte verkope
                      B   persoonlike verkope
                      C   verkoopsbevordering
                      D   gesamentlike bevordering                              (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                             4                           DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 11 Model

1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord in die lys hieronder te gebruik.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

              seleksie; handelsmerk; werwing; Arbeidsverhoudinge; bruto;
            patent; netto; psigografie; demografie; Vaardigheidsontwikkeling

          1.2.1        Easy Bank het die …-prosedure gebruik toe hulle aansoekers se
                       curricula vitae (CV's) teen voorafbepaalde standaarde gemeet het.

          1.2.2        Mohammed Verspreiders het aan die Wet op … voldoen deur
                       diensverskaffers aan te stel om hulle werknemers op te lei.

          1.2.3        Zabalaza Goudmyn het ZG as hulle simbool geregistreer om hulle
                       produk van ander vervaardigers se produkte te onderskei. Dit
                       staan as 'n … bekend.

          1.2.4        Tammy Ontwerpers het die ingesteldhede/sienswyses en smaak
                       van hulle teikenmark bestudeer. Dit is 'n voorbeeld van …

          1.2.5        Michael het sy … salaris ontvang nadat alle aftrekkings gemaak is.
                                                                                   (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                               5                           DBE/November 2019
                                        KABV – Graad 11 Model

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                       KOLOM A                              KOLOM B
          1.3.1       Kopiereg                 A   belastings wat op goedere wat in die
                                                   land ingebring word, gehef word
          1.3.2       Strategiese alliansie-
                      ooreenkoms               B   dit sluit woorde en simbole in wat wetlik
                                                   deur vervaardigers geregistreer word
          1.3.3       Veranderlike koste           om hulle produkte te onderskei

          1.3.4       Tariewe                  C   stelsel wat 'n verskeidenheid goedere,
                                                   wat byna dieselfde is, in hoeveelhede
          1.3.5       Stukwerk                     produseer

                                               D   belastingverligting om die uitvoer van
                                                   goedere na ander lande aan te moedig

                                               E   ooreenkoms tussen besighede wat tot
                                                   wedersydse voordele lei

                                               F   koste wat konstant bly ongeag die
                                                   aantal items geproduseer

                                               G   eksklusiewe wetlike reg aan die
                                                   ontwerper/skepper gegee om te druk, te
                                                   publiseer, uit te voer of op te neem

                                               H   ooreenkoms tussen maatskappye om
                                                   kragte saam te span om mededinging in
                                                   die mark te oorkom

                                               I   stelsels waar elke produk volgens die
                                                   presiese spesifikasies van die klant
                                                   gemaak word

                                               J   koste verander volgens die aantal
                                                   produkte vervaardig
                                                                                       (5 x 2)        (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            6                          DBE/November 2019
                                     KABV – Graad 11 Model

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
                op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1       Gee     VYF     voorbeelde    van     kontemporêre         wetgewing        wat
          besigheidsbedrywighede kan beïnvloed.                                                   (5)

2.2       Bespreek DRIE tipes invloedwerwing wat besighede kan gebruik om by die
          uitdagings van die besigheidsomgewing aan te pas.                                       (9)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                VASHNIE MODEONTWERPERS (VMO)

          Vashnie Modeontwerpers het modeontwerpers in diens wat altyd laat is vir
          werk ten spyte van verskeie waarskuwings. Die regering het invoertariewe
          verhoog, wat dit vir VMO moeilik maak om voort te gaan om ontwerpersklere
          uit China in te voer. VMO koop hulle grondstowwe by Ditebogo
          Klerevervaardigers wat gewoonlik uit voorraad is.

          Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om die volgende vrae te beantwoord.

                  UITDAGING                BESIGHEIDS-          MATE VAN BEHEER
                                           OMGEWING
                      (2.3.1)                 (2.3.2)                    (2.3.3)
          (a)
          (b)
          (c)

          2.3.1        Haal DRIE uitdagings uit die scenario hierbo aan wat deur VMO in
                       die gesig gestaar word.                                                    (3)

          2.3.2        Klassifiseer  ELKE        uitdaging    volgens      die      DRIE
                       besigheidsomgewings.                                                       (6)

          2.3.3        Noem die mate van beheer wat VMO het oor                    ELKE
                       besigheidsomgewing wat in VRAAG 2.3.2 geïdentifiseer is.                   (3)

2.4       Verduidelik die voordele van besighede wat by die makro-omgewing
          betrokke is.                                                                            (8)

2.5       Gee besighede raad oor die verhouding tussen die primêre, sekondêre en
          tersiêre sektore.                                                                       (6)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                             7                         DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 11 Model

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1       Beskryf in breë trekke DRIE aspekte wat by die indiensnemingskontrak
          ingesluit moet word.                                                                    (3)

3.2       Onderskei tussen stukwerk- en tydsverwante salarisbepalingstelsels.                     (4)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              THOMAS FINANSIËLE DIENSTE (TFD)

          Thomas Finansiële Dienste het 'n pos vir 'n rekenmeester op die
          kennisgewingsbord geadverteer.

          3.3.1        Identifiseer die werwingsmetode wat TFD gebruik het. Motiveer jou
                       antwoord deur uit die scenario aan te haal.                                (3)

          3.3.2        Verduidelik ander werwingstappe/-prosedures wat TFD moes
                       gevolg het.                                                                (6)

          3.3.3        Gee die bestuur van TFD raad oor enige TWEE rolle van die
                       onderhoudvoerder tydens die onderhoud.                                     (4)

3.4                    CLEAR WATER BOTTELVERVAARDIGERS (CWBV)

          Clear Water Bottelvervaardigers spesialiseer in die vervaardigings van
          waterbottels. Die totale koste om 10 000 bottels water te vervaardig,
          is R40 000.

          3.4.1        Bereken die produksiekoste per bottel.                                     (3)

          3.4.2        Bereken die verkoopsprys per bottel as hulle 40% wins op kosprys
                       wil maak.                                                                  (4)

3.5       Beskryf in breë trekke enige DRIE aspekte wat tydens produksiebeplanning in
          ag geneem moet word.                                                                    (3)

3.6       Bespreek die vereistes van 'n veilige omgewing by die werksplek.                        (4)

3.7       Beveel maniere aan waarop besighede aan die Wet op Beroepsgesondheid
          en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993) kan voldoen.                                      (6)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            8                          DBE/November 2019
                                     KABV – Graad 11 Model

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWING

4.1       Beskryf in breë trekke die uitdagings van die mikro-omgewing.                          (8)

4.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               STEVEN MUSIEKPRODUKSIE (SMP)

          Steven Musiekproduksies verloor verkope en inkomste as gevolg van mense
          wat op onwettige wyse sy musiekalbums dupliseer en versprei. Dit lei tot
          werksverlies in die musiekbedryf.

          4.2.1        Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessie wat in die scenario
                       hierbo van toepassing is.                                                 (2)

          4.2.2        Haal TWEE invloede van die sosio-ekonomiese kwessie wat in
                       VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is uit die scenario hierbo aan.                (2)

          4.2.3        Gee SMP raad oor ander negatiewe invloede van die sosio-
                       ekonomiese kwessie wat in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is.                  (8)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.3       Identifiseer die bemarkingsaktiwiteite wat deur Uniliva (Edms.) Bpk. in ELKE
          scenario hieronder toegepas is:

          4.3.1        Uniliva (Edms.) Bpk. het 'n bewaarkluis gehuur waarin hulle
                       produkte veilig bewaar word totdat verbruikers dit nodig het.

          4.3.2        Klante van Uniliva (Edms.) Bpk. word versoek om vraelyste in te
                       vul oor nuwe produkte wat hulle wil bekend stel.

          4.3.3        Uniliva (Edms.) Bpk. gebruik verskillende lugrederye om voorraad
                       in die VK af te lewer.                                                    (6)

4.4       Verduidelik die doel van oriëntering/induksie.                                         (6)

4.5       Gee die menslikehulpbronbestuurder raad oor die implikasies van die Wet op
          Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) wanneer nuwe
          aanstellings gemaak word.                                                              (8)
                                                                                                 [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                          9                          DBE/November 2019
                                   KABV – Graad 11 Model

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op die vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy of VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS

Die Suid-Afrikaanse Konstitusie erken die reg van elke werker om by 'n vakbond aan
te sluit. Werkgewerorganisasies en vakbonde moet kollektiewe ooreenkomste
aangaan om stakings en sloerstakings te vermy, soos in die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) uiteengesit.

Skryf 'n opstel waarby die volgende aspekte ingesluit word:

   Beskryf in breë trekke die redes vir die stigting van vakbonde.
   Beskryf die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
   Onderskei tussen 'n staking en 'n sloerstaking.
   Gee besighede raad oor die funksies van vakbonde.                                       [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

                         BEST VERFVERVAARDIGERS (BVV)

Best Verfvervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van hoë-gehalte-verf vir hulle
klante. BVV besef dat goeie verpakking en prystegnieke nuwe klante kan lok en hulle
markaandeel kan vergroot. Die bestuur van BVV doen altyd navorsing oor verskillende
kategorieë verbruikersgoedere om aan die behoeftes van hulle klante te voldoen.

As 'n deskundige van bemarkingsbeleidinstrumente, skryf 'n opstel oor die volgende
aspekte:

   Verduidelik enige TWEE kategorieë van verbruikersgoedere.
   Verduidelik die doel van verpakking.
   Bespreek enige DRIE vorms van verpakking.
   Gee BVV raad oor hoe om klante te lok met gebruik van die volgende
    prysbepalingstrategieë:
    o Penetrasieprysbepaling
    o Afroomprysbepaling
    o Kortingprysbepaling
    o Mededingende prysbepaling                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [2019 Grade 11 November Paper 1 Exemplar Question Paper National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-1-exemplar-question-paper-national-dbe-business-studies-english/eba23fc8-e0fd-4479-b743-dc81b5e6fd8d) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [Business Studies P1 GR 11 Exemplar Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-memo-afr/5ce6b63b-7144-402b-bcdf-2a8d4d9a6115) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [2019 Grade 11 November Paper 1 Exemplar Memorandum National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-1-exemplar-memorandum-national-dbe-business-studies-english/9f59e3e5-9852-4c04-bac6-50f39452a4ca) — Business Studies · Memo · 2019 · Eng
- [Business Studies P2 GR 11 Exemplar Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/7ecd5c65-ab87-4978-b7cf-966867656f51) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [2019 Grade 11 November Paper 2 Exemplar Question Paper National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-2-exemplar-question-paper-national-dbe-business-studies-english/632b70dd-ad52-4ac2-9918-dabeec6d4e57) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STD P1 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-qp-nov-2019-eng-d/bcfe215a-4707-49a6-8652-de2b56a621e9) — Business Studies · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
